05.05.2013 Views

Matlou: new mayor - Letaba Herald

Matlou: new mayor - Letaba Herald

Matlou: new mayor - Letaba Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

CALENDER

Soekie visits

SOEKIE Krog, presenter of "In die spieël" on

Radiokansel, will be visiting the youth of

Tzaneen very soon.

This accomplished musician, who is dedicated

to bringing "the Word of God" to all, has

released several CD’s, and helped with two of

Jan de Wet’s "Loflaaitie" CD’s.

Join Krog at the Tzaneen-Wolkberg Church

on Friday, May 29.

All nursery schools and playgroups are

invited, as well as all Gr 0 - 3 learners.

Entrance is R5 per child, and the performance

will start at 11:00.

Krog will be entertaining the children for

about an hour at the Wolkberg Church.

For any enquiries, contact the church office

on: 015 307 4062.

Pinksterfees

PINKSTERFEES word Saterdag aangebied deur

die Yadah Dansgroep onder leiding van Izak

Coetzee van Eden Ministries.

Die fees word by die NG Moedergemeente

Kerksaal, Agathastr. Tzaneen gehou om 18:30

vir 19:00. Almal is welkom en toegang is

gratis. Kontak besonderhede: Lindie 082 451

9717 Anne-Marie 079 494 4172 Amanda 084

580 1839.

Tuinbou byeen

DIE Letaba Tuinbouklub vergader Vrydag in

die tuin van Susan Vorster.

Dit begin om 14:00 vir 14:30.

Jacoline Meyer van Du Roi kwekery tree as

gasspreker op en sal oor Weefselkultuur praat.

Draai by Blomskuur en die Katolieke kerk se

bordjie links. Susan se huis is net na die

Katolieke kerk op regterkant.

Lede moet stoele saam neem. Gaste en

belangstellendes is welkom teen R20 per kop,

verversings ingesluit. Skakel Suzette de la Rey

by 083 305 3816 vir meer inligting.

Pieter sing hier

‘n PLAASLIKE talentvolle inwoner,

Pieter Kotzé tree op 19 Junie

by Fairview Lodge op.

Hy gaan beslis die hartsnare

roer, die voete laat jeuk en herinneringe

oproep met sy vertoning:

"Vensters ... van die

verrelede tot die hede."

Die aand gaan bestaan uit ‘n

keurspel van liedere wat treffers

was oor die afgelope 60 jaar,

vanaf 1950 tot en met 2009.

Met sy fluweelsagte stem gaan

hy vertolkings doen van gunstelinge

soos "All I have to do is

dream" van die Everly Brothers,

"Bachelor Boy" van Sir Cliff

Richard, "Nikita" van Sir Elton

John, "Drift Away" van Dobie

Grey en ook nuwe Afrikaanse

treffers van top kunstenaars van-

BOK van Blerk tree eersdaags hier in

Tzaneen op by Laerskool Tzaneen.

Bok kuier hier

LAERSKOOL Tzaneen se rugbyveld gaan op

23 Mei blêr!

Die bekende sanger, Bok van Blerk tree dan

daar op. Die fondse wat tydens die funksie

ingesamel word sal ten bate van die skool se

welwillendheidsfonds aangewend word.

Kaartjies beloop R100 p/p. Verversings sal

te koop aangebied word.

Die vertoning skop om 18:30 vir 19:00 af.

Daar is beperkte kaartjies beskikbaar.

Skakel Marinda Ceronio op 082 651 6211

of Laerskool Tzaneen by (015) 307 3601.

dag, om maar net ‘n paar te

noem.

Die vertoning gaan in die Barnyard-styl

gedoen word. Gaste kan

reeds om 18:30 begin om gesellig

te verkeer. Neem eie kos saam of

bespreek verversings by Fairview.

‘n Kontantkroeg sal beskikbaar

wees. Geen eie drinkgoed word

toegelaat nie.

Die vertoning sal stiptelik om

20:00 begin.

Kaartjies kos R100 elk en is

beskikbaar by Inge-Mari, 083 456

3465 of Van Heerden Apteek,

(015) 307-4301 of Tzaneng

Apteek by (015) 307-4174.

Tafels van 10 persone kan ook

bespreek word.

Bespreek onmiddellik om

teleurstelling te voorkom.

LETABA HERALD - Vrydag 15 Mei 2009

BEN Vorster se klas van 1999

gaan 6 Junie saam nostalgies

word.

Alle matriek leerders van

1999 word uitgenooi om by

Ben Vorster om 11:20 bymekaar

te kom, en om dan

die eerste rugbyspan tydens

die Merensky-Ben Vorster

Dag te ondersteun.

Daarna gaan die groep ou

herinneringe oproep met ‘n

roete deur die skool.

Die groot bymekaarkoms

vind egter eers die aand van

die 6de by die Ivory Tusk

PAGE 7

1990-Vossies hou reünie

Kaartjies vir spog

aand beskikbaar

TYD loop uit om kaartjies vir

dié gala-aand van die jaar, nl

die viering van Tzaneen

Sakekamer se 50ste

herdenking in die hande te

kry!

Skakel Rona McGaffin by 079

898 0408 om te bespreek vir

die spog-geleentheid oor

twee weke.

23 Mei moet in groot rooi

letters afgemerk word vir die

makietie van die jaar!

Dié aand vier die Tzaneense

Sakekamer sy vyftigste

bestaansjaar en die goewerneur

van die Reserwebank,

Tito Mboweni, het

reeds bevestig dat hy die

gasspreker by die spog-geleentheid

gaan wees.

Die tema van die aand is

Gatsby, en dis een formele

geleentheid vanjaar waar

inwoners die geleentheid

gaan kry om behoorlik uit te

hang.

Die Gatsby-tema leen hom

ideaal tot verbeeldingryke,

dog beskikbare en be-

Lodge plaas, wanneer almal

lekker saam gaan kuier.

Vir verdere inligting kan

Rachélle Slabbert by 083 630

3604 geskakel word, of e-pos

haar na rachelle@venbeck.co.za.

kostigbare uitrustings en dit

gaan ongetwyfeld die prestige

funksie van die jaar

wees. Kaartjies sal binnekort

beskikbaar wees en die prys is

spesiaal laag gehou om almal

die geleentheid te gee om dit

by te woon. Teen R200 per

persoon, wat 'n spog-ete en

wyn insluit, is dit uitstekende

waarde vir geld.

Intussen word belangstellende

borge genooi om die

prestige funksie te ondersteun.

Daar is verskillende

vlakke van borgskap en gewis

die ideale geleentheid om

klein en groot besighede se

profiel 'n groot hupstoot te

gee. Skakel Rona McGaffin

op 079 898 0408 vir meer

besonderhede.

‘Poppe’ speel mevrou-mevrou

SAVF Tzaneen Kleuterskool

hou Vrydag ‘n poppetee in

die saal van die kleuterskool.

Dit begin om 14:00.

Toegang beloop R50, ‘n foto

ingesluit.

Kleuters en kinders tussen 3

en 9 jaar moet soos ‘n mevrou

aantrek en hulle poppe saam

neem. Daar is ongelukkig nie

plek vir stootwaentjies nie.

Charlene Lingenvelder sal

as gaskunstenaar optree.

Kaartjies is ook by Eileen

Engelbrecht by Laerskool

Tzaneen beskikbaar.

Skakel SAVF Tzaneen Kleuterskool

by (015) 307-4255 of

(015) 307-2943 vir verdere

navrae.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!