06.05.2013 Views

Bien Donné Farm - Agri Promo

Bien Donné Farm - Agri Promo

Bien Donné Farm - Agri Promo

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hieroor kan die Rooivleisbedryf

positief wees

John Durr

Voorsitter RPO

Wes-Kaap

D

ie nasionale Rooivleisprodusente-organisasie

(RPO) is baie optimisties oor die bedryf in

terme van die groeiende vraag na die produk

op die medium- en die langtermyn en dit geld ook op

internasionale gebied. Ten spyte van die feit dat die

verbruiker tans onder druk is, is ons optimisties dat

die produsentepryse van rooivleis effens kan styg in

die jaar wat kom. Daar sal egter druk op die speenkalf

prys wees as gevolg van die redelik drastiese styging

in die mielieprys.

Die bedryf is ook optimisties oor die feit dat daar heelwat

wetenskaplike navorsing is wat daarop dui dat

rooivleis deel kan vorm van ‘n gesonde dieet en dat

rooivleis vier keer per week verbruik kan word in terme

van ‘n cholesterol-verlagende dieet en ‘n dieet om

vetsug te bekamp.

Die Dieregesondheidsforum het ná die uitbreking

van bek-en-klouseer wat in 2011 in KwaZulu-Natal

voorgekom het, weer van die grond af gekom. Dit

bestaan uit verteenwoordigers van al die rolspelers in

die bedryf en speel ‘n belangrike rol om te verseker

dat Suid-Afrika se nasionale kuddes beskerm word.

Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf beskik oor ‘n

bedryfstruktuur wat die besondere uitdagings in die

bedryf se waardeketting kan aanspreek. Die nasionale

RPO het die regte struktuur om dienste te lewer

en inspraak te hê in die bedryf.

Die rooivleisbedryf kan onder meer positief wees oor

die volgende:

• Die vraag na rooivleis is plaaslik en internasionaal

baie hoog. Suid-Afrika bly ‘n netto-invoerder en kan

selfs ‘n groter invoerder word as produksie nie verhoog

nie. Produksiedoeltreffendheid kan egter nog

baie verhoog word om in die groterwordende vraag

te voorsien.

BIEN DONNÉ AGRI CAPE WEEK 2012

• Afrika se hoë bevolkingsaanwas bly ‘n geleentheid

vir die toekoms.

• Die opkomende verbruiker koop meer rooivleis en

soos wat inkomstes verhoog, sal verbruik ook verhoog.

• Die voedingsamestelling van rooivleis kan ‘n groot

bydrae lewer in voedingsekuriteit en ‘n gebalanseerde

dieet.

• Sowat 40% van alle vee behoort aan ontwikkelende

produsente. Verhoogde effektiwiteit in dié sektor kan

produksie drasties verhoog. Die RPO en die Nasionale

Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie

(NERPO) werk saam om doelwitte te bereik in sake

van gemeenskaplike belang.

• Die bedryf belê tans jaarliks R10miljoen in navorsing

en ontwikkeling en dit sal in die toekoms beslis vrugte

afwerp.

• Die rooivleisbedryf is gestruktureer in die vorm van

die Vleisbedryfsforum, wat die hele waardeketting verteenwoordig.

Daar is ‘n statutêre heffing in plek wat

kapasiteit skep om sekere behoeftes in die bedryf

aan te spreek, naamlik verbruikersgemoedsrus, verbruikersopvoeding,

navorsing en ontwikkeling, transformasie

en produksie-ontwikkeling.

• Die RPO en NERPO het ‘n Kode van Beste Praktyk

ontwikkel, wat verantwoordelikheid aanvaar vir belangrike

aspekte, soos die bewaring van natuurlike

hulpbronne, dierewelsyn, arbeidspraktyk, asook die

koolstof- en watervoetspoor van veeboerdery.

Die bedryf is baie optimisties oor sy toekoms, wat

die medium- en langtermyn betref, daarom neem die

RPO met vrymoedigheid deel aan ‘n belangrike platform

soos die Bien Donné Agri Cape Week 2012.

16 www.agrimega.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!