06.05.2013 Views

Bien Donné Farm - Agri Promo

Bien Donné Farm - Agri Promo

Bien Donné Farm - Agri Promo

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoe pas ROOIVLEIS by

die hedendaagse dieet in?

Prof. Hettie Schönfeldt,

Bestuurder - Administrasie:

Rooivleis

Navorsing en Ontwikkeling

Suid-Afrika

(RMRDSA).

O

ns verwag baie van ons kos - ons vereis

waarde vir geld, verbeterde gesondheid, maksimum

voeding en omgewingsveiligheid; en

dring daarop aan dat ons kos van goeie kwaliteit,

veilig, gerieflik, en smaaklik moet wees.

Die kos wat ons eet, kan belangrike oorsaaklike of

voorkomende rolle by baie siektes soos obesiteit,

hartsiekte, diabetes, en kanker, speel.

Die inname van ‘n groot verskeidenheid voedingstofryke

kosse, insluitend maer rooivleis, as deel van ‘n

gesonde leefwyse, kan help om die risiko van ontwikkeling

van chroniese siektes te verlaag.

Is rooivleis gepas as ek probeer gewig verloor?

- Wetenskaplike bewyse dui aan dat hoë kwaliteit proteïne

‘n positiewe rol speel in gewigsbeheer, deurdat

dit jou langer versadig laat voel en spierweefsel beskerm.

- Maer rooivleis, soos Suid-Afrikaanse lams- en

skaapvleis, is laag in vet en kilojoules (energie), en

hoog in proteïne, en kan as deel van ‘n verslankingsdieet

ingesluit word.

Wenk: Om die energiebydrae so laag as moontlik te

hou, kies maer snitte en sny alle sigbare vet af.

En as ek swanger is?

- Suid-Afrikaanse lams- en skaapvleis is goeie bronne

van hoë kwaliteit proteïne, yster, sink en B-vitamiene,

wat daagliks nodig is vir die groei en ontwikkeling van

jou baba.

- Vitamien B12 help om genetiese materiaal te maak,

en is baie belangrik. Hierdie vitamien word slegs in

kosse wat van diere afkomstig is, soos rooivleis,

aangetref.

- Daar is verskillende soorte yster in ons dieet - die

yster in rooivleis word makliker deur die liggaam gebruik

as die yster in grane en groente. Een porsie

maer Suid-Afrikaanse skaapvleis (80-90g) verskaf net

soveel yster as een heelgraan brood of twee blikkies

sousbone.

Wenk: Swangerskap dreineer ‘n vrou se ysterstatus,

daarom is dit belangrik om gereeld ysterryke kosse,

soos rooivleis, te eet.

Hoe baat bejaardes by rooivleis?

- Energiebehoeftes neem gewoonlik af met toene-

BIEN DONNÉ AGRI CAPE WEEK 2012

mende ouderdom, veral as fisiese aktiwiteit beperk

word, maar die behoefte aan proteïne, vitamiene en

minerale bly dieselfde.

- Proteïne verskaf ‘n bron van genesing en regenerasie,

en onderhou ‘n noodvoorraad van energie in die

liggaam in geval van siekte.

- Bloedarmoede kom algemeen in ouer volwassenes

voor, as gevolg van swak absorpsie van yster. Veranderinge

in die spysverteringskanaal, bloedverlies en

die gebruik van sekere geneesmiddels, asook swak

dieetinname, het dit tot gevolg. Rooivleis is ‘n goeie

bron van yster.

Wenk: Ouer persone het dikwels ‘n verminderde aptyt

en moet baie voedingstowwe deur ‘n klein hoeveelheid

kos inneem. Voedsel met ‘n hoë voedingstofdigtheid,

soos Suid-Afrikaanse lams- en skaapvleis,

verskaf “baie in min”.

Wat van rooivleis en kanker?

- Daar is geen grondige wetenskaplike bewyse wat

die inname van maer rooivleis met die ontwikkeling

van kankers verbind nie.

- Die oorsake van kanker is veelvoudig en kompleks.

Algemene eetgewoontes en leefwyse is belangriker

as om op een spesifieke kos te fokus.

- Obesiteit en ‘n gebrek aan fisiese aktiwiteit word erken

as die belangrikste risikofaktore vir dieetverwante

kankers.

Wenk: Die Wêreld Kanker Navorsingsfonds beveel

aan dat tot 500g gaar rooivleis per week ingeneem

kan word, wat ooreenstem met die Suid-Afrikaanse

Voedsel-Gebaseerde Dieetriglyne.

Behoort mense met hoë cholesterol rooivleis te eet?

- ’n Aantal studies het bewys dat maer rooivleis as

deel van ‘n cholesterol-verlagende dieet ingeneem

kan word.

- Die soorte vet in die dieet het ‘n groter effek op

die hoeveelheid cholesterol in die bloedstroom, as

die hoeveelheid cholesterol wat in ‘n voedselproduk

aangetref word.

- Minder as die helfte van die vet in maer rooivleis

bestaan uit cholesterol-verhogende vetsure (versadigde

vet). Die res van die vet is hoofsaaklik

voordelige mono- en poli-onversadigde vetsure wat

cholesterol kan verlaag.

Wenk: Om ‘n laevet vleiskeuse te verseker, kies vleis

met min sigbare vet of sny die oormatige vet af.

Wat is die gevolge as ek nie rooivleis eet nie?

- ‘n Dieet wat rooivleis uitsluit, kan voedsaam wees,

maar dit vereis versigtige beplanning om te verseker

dat daar aan al die voedingstofbehoeftes voldoen

word.

- Vier voedingstowwe (yster, sink, proteïen en vitamien

B12) het spesiale aandag nodig.

- As vleis met plantaardige proteïene, soos peulgroente

vervang word, sal dit die inname van yster- en

sink-inhibeerders (fitate) verhoog. Dit sal dus nodig

wees om tot soveel as 80% meer yster, en 50% meer

sink, in te neem.

Wenk: Daar is geen grondige wetenskaplike bewyse

dat ‘n matige inname van maer rooivleis enige negatiewe

effek op gesondheid het nie.

Rooivleis het ‘n hoë voedingstofdigtheid.

‘n 90g eetbare porsie maer Suid-Afrikaanse lams- en

skaapvleis (ongeveer twee lamstjops), maak die volgende

bydrae tot jou Aanbevole Dieettoelae (ADT):

- Minder as 10% vir energie.

- Meer as 30% vir proteïen, sink, vitamien B3 (niasien)

en vitamien B12.

- Meer as 10% vir yster.

22 www.agrimega.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!