06.05.2013 Views

Bien Donné Farm - Agri Promo

Bien Donné Farm - Agri Promo

Bien Donné Farm - Agri Promo

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Klimaatsverandering:

Nie-volhoubare landboupraktyke

verg aanpassings

Leensie Streicher

AMG Media &

Promotions

S

legs sowat 1% van die wêreld se water is

beskikbaar vir menslike gebruik. Met 2%

opgesluit in die ysgebiede rondom die Noorden

Suidpool en die ander 97% wat in die oseane

voorkom, is water ‘n skaars kommoditeit wat met respek

gebruik moet word.

In Suid-Afrika moet ons selfs meer ekonomies met

water omgaan, aangesien ons laer gemiddelde reënval,

gekonsentreerd oor 5 maande van die jaar, ons

water beskikbaarheid onder druk plaas. Suid-Afrika

se gemiddelde jaarlikse reënval is slegs 470mm per

jaar, en in vergelyking met die wêreld gemiddeld van

857mm per jaar, is ons ver onder die gemiddeld.

Veral met die realiteit van klimaatsverandering wat ‘n

merkbare verandering in weerpatrone en gemiddelde

temperature teweeg bring, moet gebruikers van water,

veral landbou, waterbestuurspraktyke aanpas om te

verseker dat die gebruik van skaars waterbronne vol-

BIEN DONNÉ AGRI CAPE WEEK 2012

houbaar is en ons nie onkant gevang word nie.

Volgens André Roux, Direkteur: Volhoubare Hulpbronbestuur

van die Wes-Kaapse Departement van Landbou,

het dié departement verskeie projekte wat die

effektiewe gebruik van water in landboubesproeiing

verhoog.

Dit sluit in die gebruik van satellietbeelde, projekte in

samewerking met WaterWatch (Nederland), asook

Grapelook, ‘n projek om aan tafeldruifprodusente

‘n aanbeveling te voorsien van hul gewasse se besproeiingsbehoeftes

op ‘n weeklikse basis. Die beginsels

van Grapelook is intussen al uitgebrei na aartappelproduksie

in die Sandveld, waar dit ook goeie

resultate toon, en is uitgebrei na Fruitlook waar weeklikse

terugvoer gedurende die groeiseisoen (Oktober

– April) aan vrugteboere voorsien word.

Grondbewerkingspraktyke word verder opnuut ondersoek,

nie net as gevolg van die voordelige finansiële

implikasies op insetkoste nie, maar ook wat betref

die waterhouvermoë van grond. Minimum- of geengrondbewerkingsmetodes

help om gronderosie as

gevolg van afloopwater te beveg en veroorsaak so

dat kosbare water nie verlore gaan nie, en verhoed

ook dat bogrond wegspoel.

Roux verduidelik dat volhoubare boerdery uit drie

komponente bestaan, naamlik dekgewasse, geenbewerking

en gewasrotasie, en die positiewe impak

hiervan is al ervaar met eksperimentele proewe op

gewasse soos rooibostee.

Die realiteit van klimaatsverandering kan nie weggeredeneer

word nie, maar met goeie bestuur en navorsing

na beter praktyke kan skaars hulpbronne soos

water bewaar en volhoubaar benut word.

Die Bien Donné Agri Cape Week 2012 is die ideale

platform waar sake soos hierdie met produsente bespreek

behoort te word.

24 www.agrimega.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!