20.11.2017 Views

Debtfree Magazine November 2017

The November 2017 Issue of Debtfree Magazine. We discuss working with a PDA and getting ready for December.

The November 2017 Issue of Debtfree Magazine. We discuss working with a PDA and getting ready for December.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Mafiatipes vanuit die Ooste beheer. Kinder en vrouegeweld is ‘n teken van

‘n siek gemeenskap. Plaasaanvalle en moorde bereik ongekende vlakke.

Dan is daar nog die daaglikse misdaad soos roof, kapings, inbrake,

aanranding, verkragting en padwoede wat net aanhou.

Ons is ‘n gelowige ou Volkie wat in die meeste gevalle van dag tot dag wil

bestaan en in vrede aan die einde van die dag rustig met familie en vriende

wil verkeer sonder dat ‘n doodse vrees op ons neerdaal. Die sosiale media,

wat nou almal se beste vriend en kenner van alles is, oorheers ons denke.

Dit is oorlaai van fop en valse berigte wat ons vir soetkoek opvreet en

opsweep totdat emosies normale denke oorheers, dan wil ons saamstaan

maar nie altyd vir rasionele en wel deurdagte redes nie, opsweep is aan

die orde van die dag.

Sport was nog altyd ons trots maar die Springbokke en Bafana se prestasies

of eerder gebrek daaraan wil ‘n mens laat gryp vir vlugsout of miskien iets

sterker. Op die politieke front is daar so ‘n magdom woelinge waarmee

‘n mens sukkel om tred te hou, magspeletjies wat seker niks positief vir

ons as Jan Alleman inhou nie. Twee boeke het onlangs die lig gesien, The

President’s Keepers deur Jacques Pauw en A Simple Man deur Ronnie

Kasrils, ongelukkig is dit nie fiksie nie en daar is seker nog baie ander

vergrype wat na vore gaan kom. SARS, SASSA, ESCOM, PRASA, SAL en

menigte ander instellings is blootgelê. Die land se ekonomie raak net al

meer onstabieler met die uiteinde ons as verbruikers gaan vir die gelag

betaal. Tekorte van miljarde en verduistering en selfs diefstal van meer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!