24.12.2012 Views

Rowers teiken Klein - Letaba Herald

Rowers teiken Klein - Letaba Herald

Rowers teiken Klein - Letaba Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NUUS

Katte vrek in strikke

Deur: Bertus de Bruyn.

‘n VETE tussen diereliefhebbers en ‘n vermeende

dierehater is besig om KAT-estrofiese

gevolge aan te neem.

Verskeie inwoners van Premierpark in die

omgewing van Adshade en Pearlman strate se

katte word blykbaar deur ‘n diere(kat)hater in

strikke gevang, met die doel om hulle glo uit te

wis.

‘n Inwoner wat anoniem wil bly vertel

emosioneel dat hulle met hulle eie "speurwerk"

‘n sterk vermoede het wie agter die

wrede dade sit. Hy is deur twee inwoners op 1

Januarie 2008 gekonfronteer, waarop hy blykbaar

aggressief herken het dat hy strikke vir die

katte stel, maar dat hy nog nie suksesvol was

nie.

Volgens die inwoner is sy verweer dat die

katte die wilde voëltjies vang.

Hy het blykbaar voëlvoerders in sy tuin

aangebring.

Verskeie inwoners hier het vertel dat hulle al

by nadere ondersoek by ‘n sekere erf ‘n rol

draad gesien het.

Dit is glo onduidelik waarvoor dit ingespan

word!(?)

Tog is dit snaaks dat van die katte wat wel die

strikke "vryspring" duidelik gesien kan word

dat hulle in ‘n strik gevang was. Erge skaaf

merke in die vel en op die pels is duidelik

s i g b a a r.

Die aangedane inwoner sê: "Die katte ly nie

honger nie. Hulle kry drie keer per dag kos. Dit

is in ‘n kat se natuur om voëls te vang, dis hoe

hulle geskape is. "

Gaan jy ‘n leeu stop om ‘n bok te vang?

Sy vertel verder dat al 18 "katte-kinders"

aangeneem is.

"Dit was straat katte wat een vir een by ons

aangekom het. Ons het hulle begin voer. Van

hulle het so mak geword dat vier nou al in my

huis woon. Al 18 is op eie onkoste gesteriliseer

by twee veeartse in Tzaneen. Ons het die

kostes wat duisende beloop self gedek. Soms

het dit broekskeur gegaan, net ter wille van die

katte vir wie ek so lief geword het," vertel sy

h a r t s e e r.

Nog ‘n inwoner, wat in dieselfde kompleks

woon is besig om met sy nege katte te trek.

Hy vertel woedend dat een van sy katte

kinders, Queenie, sowat ‘n jaar gelede by die

huis aangekom het met ‘n draad strik om haar

lyfie.

Kleintjie het ook met skraap merke van ‘n

draad tuisgekom, en Skefies het ook ‘n draad

strik om haar lyf gehad.

Vince en Patroon het nooit weer huistoe

gekom nie.

Nog ‘n inwoner se twee katte is spoorloos,

Meisiekind en Baba.

Hulle beplan blykbaar ook om te trek.

Die DBV het op 8 Mei 25 briewe in die

geteisterde omgewing aan huisbewoners uitgedeel.

Spesifiek aan die een waar daar vermoed

word dié dade gepleeg word.

Letaba Herald is in besit van die brief.

Dieremishandeling is strafbaar.

Die aangedane vrou vertel dat sy na ‘n

"vierkantige skuur" sonder ‘n plafon wat nou

gerestoureer word deur haar vriend, trek.

"Ek laat my pragtige huis agter. Ek is bereid

om te trek ter wille van die katte waarvoor ek

so lief is."

Die diereliefhebbers in die omgewing doen

‘n beroep op die persoon om asseblief met sy

gru dade op te hou.

Ellie Potgieter van die DBV sê: "Daar moet

absolute bewyse wees voor ‘n persoon

aangekla kan word vir dieremishandeling.

Gewoonlik kry ‘n eerste oortreder slegs ‘n

waarskuwing. Boete betaling kan betrokke

wees en ‘n kriminele oortreding kan teen jou

naam geskryf word.

Potgieter sê dat strikke en vergiftiging onder

diere groot kommer wek in Tzaneen.

Sy waarsku persone dat die DBV nie skroom

om persone wat skuldig is aan dieremishandeling

aan die pen te laat ry nie.

Blykbaar kan oortreders tussen R400 tot R10

000 boete of drie tot ses jaar tronkstraf opgelê

word.

‘n Persoon kan dalk van mening wees, dat

iemand met so mentaliteit van dieremishandeling

eerder in ‘n skuur sonder ‘n plafon moet

woon, met beperkte beweging, vas aan ‘n

halsband van lemmetjies draad...

"One can measure the greatness and the

moral progress of a nation by looking at how

it treats her animals." Ghandi.

LETABA HERALD - Vrydag 22 Mei 2009

DAMAGE caused to a parked BMW in Peace

Street on Monday morning.

PAGE 3

Collision

causes grief

A TRUCK driver caused much grief on Monday

morning when he drove into the back of a

parked BMW in Peace Street.

Ironically, at the time of the accident, the

owner of the vehicle was visiting Mercurius

Motors in search of another car.

The owner had left two of her friends in the

back seat of the BMW, who phoned her

immediately after the incident.

She bought the BMW 530i last year September,

and was distraught to find her vehicle’s

boot, bumper, and all the back right lights

destroyed.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!