24.12.2012 Views

Rowers teiken Klein - Letaba Herald

Rowers teiken Klein - Letaba Herald

Rowers teiken Klein - Letaba Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

S KO L E N U U S

MERENSKY se A en C - spanne, vlnr: Tertius Erasmus, Quinton Crause,

Niekie J van Rensburg, Werner Venter, Sammy Odendaal, Kit

Labuschagne.

Plasies vaar goed met gholf

DIE A-span van Hoërskool Merensky

het as wenners uit die stryd

getree tydens die gholfliga wedstryde

wat Vrydag, 15 Mei, op

Louis Trichardt gespeel is.

Megan Bisset en Quinton

Crause het albei baie goed

gespeel om die Plasies se oorwinning

te verseker.

Die C-span het gelykop teen die

span van Louis Trichardt

gespeel.

Hokkiespelers kry kleure

LEERLINGE van Ben Vorster wat provinsiale kleure in hokkie verwerf

het. Vlnr: Louis Camphor (0/16 B), Creynauw van Zyl (0/16 B), Dieter

Botha (0/16 B), Leon de Beer (0/18 A), Willie van Vuuren (0/16 A) en

JP de Lange (0/16 A.)

LETABA HERALD - Vrydag 22 Mei 2009

DIE graad 9 dansers van Hoërskool Merensky tydens hul optrede in die

Letters en Liggies Revue.

EEN van die graad 10 groepe wat houding gegooi het tydens Hoërskool

Merensky se Letters en Liggies vertoning.

Merensky vat vlam met

‘Letters en Liggies’

DIE Plasie kultuurverhoog het die afgelope week behoorlik vlamgevat

tydens die energieke, lewenslustige Letters en Liggies produksie.

Die kleurvolle dansers van die verskillende graadgroepe het verskillende

dansgenres uitgebeeld, van hip hop

tot baldanse, waarmee hulle die gehoor heerlik

vermaak het.

Die gehoor kon identifiseer met die grys

hoofkarakters wat ook kleur in hulle lewe

begeer het, en die pittige, interessante dialoog

het die lagspiere behoorlik geprikkel.

Die storielyn - raak betrokke en geniet jou

lewe - is relevant veral vir die jeug van vandag

en ons bedank graag vir Helmi du Plessis,

Mari Weber en die Merensky personeel wat

die keurige produksie op die planke gebring

het.

PAGE 31

JACO van Rensburg het Saterdag 8 paaltjies

vir 30 lopies in sy toegelate nege beurte

geneem.

Jaco blink met bal

Buffels verslaan PHS

JACO van Rensburg was Saterdag die ster van

die wedstryd toe hy 8 paaltjies in die eerste

winterliga wedstryd gekry het.

Ben Vorster se Winterbuffels het die wedstryd

teen PHS van Polokwane gespeel.

Die wedstryd het by die Pietersburg

Krieketklub se B-veld plaasgevind. Dewald

Joubert, kaptein van Ben Vorster het loot

gewen en PHS gevra om eerste te kolf.

Die Vossie boulers het vroeg toegeslaan en

die druk end uit volgehou.

PHS is vir 88 lopies in die 27ste beurt

uitgeboul.

Jaco van Rensburg het die rare voorreg

gehad om agt paaltjies vir slegs dertig lopies te

neem in sy toegelate nege beurte waarvan drie

leeg was.

Werner du Toit en Pieter Devenish het die

ander paaltjies geneem.

Na ‘n 10 minute breek het Ben Vorster die

telling begin jaag.

Drie vinnige paaltjies het vir ‘n ligte geskarrel

gesorg, maar John Viljoen en Hennie

Botes het die skip na veilige waters gestuur.

Ben Vorster het slegs 16.2 beurte nodig

gehad om die wedstryd met 4 paatjies te

wen.

Kolwers wat lopies aangeteken het was

Marnus Booyens met 20 van 21 balle en JC

Cloete met 19 lopies.

John Viljoen het 15 nie uit aangteken.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!