01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Waar niewinsgewende organisasies wel poog om Standaarde oor AARP toe te pas, ondervind

hulle sekere probleme daarmee. Sommige probleme spruit voort uit die teoretiese

ontoepaslikheid van Standaarde oor AARP, terwyl ander probleme meer prakties van aard is.

Die kernprobleem wat ondervind word, setel in die vraagstuk of die kontantbasis of die

toevallingsgrondslag die geskikste vir niewinsgewende organisasies is.

“Fondsrekeningkunde” is verder kenmerkend aan niewinsgewende organisasies, maar daar

bestaan geen rekeningkundige standaard vir die verantwoording van “fondse” nie. Verskeie

probleme word verder ook met die erkenning van bates, waardedaling en

waardevermindering op bates ondervind, as gevolg van die feit dat die definisie van “bates”

en die maatstawwe vir die erkenning van bogenoemde, nie die unieke aard van

niewinsgewende organisasies in ag neem nie.

Verskeie vraagstukke bestaan oor die erkenning van ontvangstes as inkomste. Die

kernvraag is veral of donasies wat vir ‘n spesifieke doel ontvang is, donasies wat eers in ‘n

volgende jaar aangewend mag word, asook kapitale skenkings, as inkomste, laste of direk in

fondse verantwoord moet word. Niewinsgewende organisasies ondervind ook probleme met

die erkenning van sogenaamde “in natura” ontvangste, asook probleme met die erkenning

en aanbieding van ander vorme van inkomstes. Gegewe die aard en kenmerke van

niewinsgewende organisasies is prestasieverslagdoening ook problematies, aangesien die

“winssyfer” en ander gerapporteerde finansiële inligting dikwels nie die werklike “prestasie”

(bereiking van doelwitte) van niewinsgewende organisasies weerspieël nie. Verder is sekere

terminologieë van AARP ook nie toepaslik vir niewinsgewende organisasies nie.

In sommige lande is daar reeds eiesoortige rekeningkundige standaarde spesifiek vir

niewinsgewende organisasies ontwikkel en uitgereik. Die standaarde van Amerika, die

Verenigde Koninkryk, Kanada en Australië is ontleed en vergelyk om toepaslike

rekeningkundige beginsels vir niewinsgewende organisasies te bepaal. Die rekeningkundige

praktyk wat in bogenoemde lande toegepas word, is deur middel van empiriese toetse onder

gemeentes en welsynsorganisasies van die NG Kerk in die Vrystaat nagevors.

ii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!