01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

volgens die tipe entiteit wat die transaksie aangaan. Nogtans is daar sekere verskille in die

bedryfsdoel van verskillende entiteite en inligting wat aangebied word, moet hierdie verskille

weerspieël (vergelyk Lee en Teixeira 2004:21-24). Die aanvaarding van IFRS in

Nieu-Seeland vanaf 1 Januarie 2007 (opsioneel vanaf 2005) vir winsgewende besighede en

niewinsgewende organisasies bied gevolglik sekere uitdagings aan die Nieu-Seelandse

rekenmeesters, wat gewoond was aan hierdie "sector-neutral" standaarde. Volgens

Simpkins (2003:23-25) sal hul denkwyse waarskynlik moet verander en voer aan dat daar in

die toekoms gedink sal moet word aan "winsgedrewe entiteite" en "niewinsgewende

entiteite". Alhoewel die Nieu-Seelande Instituut steeds glo dat IFRSs op 'n "sector-neutral"

basis opgestel moet word, is hul van mening dat sekere bykomende vereistes en riglyne vir

niewinsgewende organisasies nodig is, aangesien IFRS vir winsgedrewe entiteite opgestel is

(vergelyk Simpkin 2003:23-25 en Lee en Teixeira 2004:21-24). Hierdie spesifieke riglyne sal

waarskynlik "boxed insert" in IFRS wees, waar spesifieke riglyne vir niewinsgewende

organisasies in die gewone standaarde ingevoeg sal word. Die benadering sal waarskynlik

wees om met IFRS te begin en dan vas te stel of 'n ander benadering vir niewinsgewende

organisasies geregverdig is (vergelyk Simpkins 2003:23-25). Volgens Jones (2005),

voorsitter van die Not-for-Profit Convenors Special Interest Group, Auckland Branch,

Institute of Chartered Accountants of New Zealand, is IFRSs van 1 Januarie 2007 ook

volledig van toepassing op niewinsgewende organisasies in Nieu-Seeland. Volgens haar

word die Nieu-Seelandse Financial Reporting Act tans hersien, en daar is voorstelle vir sekere

toegewings aan kleiner entiteite en niewinsgewende organisasies, maar dit sal nog geruime

tyd duur voor die wet finaal gewysig sal word.

Volgens Benjamin-Swales, voorsitter van die Public Accountants' and Auditors’ Board (PAAB)

is daar 'n groot uitdaging vir niewinsgewende organisasies in Suid-Afrika, aangesien daar

tans geen rekeningkundige raamwerk of standaarde bestaan wat spesifiek van toepassing is

op niewinsgewende organisasies nie (Temkin in Business Day 9 November 2004). Daar is

egter wel 'n poging om rekeningkundige standaarde vir klein en mediumgrootte besighede

(“SME's” na die Engels "small and medium entities") op te stel. Besprekingsdokument

(BD) 16 (SAICA 2000) was die eerste stap in hierdie rigting, en hierdie aangeleentheid word

meer breedvoerig in hoofstuk 3 bespreek.

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!