01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ekordhouding swak is, en dat hulle nie verstaan dat donateurs dalk wil sien wat van hul geld

geword het nie. Hy argumenteer dat welsynsorganisasies min inligting aan die publiek

bekend maak en dat hulle baie geheimhoudend is, indien na hul sake uitgevra word. Hulle

verstaan nie dat hoe meer hulle aan die groter publiek bekend is, hoe meer sal hulle vertrou

word en hoe meer sal hulle ondersteun word. Lyons, soos aangehaal deur Parker, voer aan

dat rekenmeesters 'n groot rol hierin te speel het. Lyons doen verder 'n beroep op die

professie om nuwe reëls en riglyne te ontwikkel om die unieke aard van niewinsgewende

organisasies te weerspieël. Hierdie reëls sal verder daartoe bydra dat lede van

niewinsgewende organisasies en donateurs wel die inligting verkry wat hulle verlang

(vergelyk CPA Australia 2000 en Parker 2001:46-47).

Die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters in Australië (CPA Australia 2000) het op

19 Julie 2000 'n persverklaring uitgereik en 'n beroep gedoen op die opstellers van

rekeningkundige standaarde om hul aandag te vestig op die niewinsgewende sektor, wat

welsynsorganisasies, versorgingstehuise, universiteite, kerke, en politieke partye insluit. Die

hoof uitvoerende beampte van CPA Australia, David Edwards, het gesê dat hierdie sektor

belangrik is, maar tog vergete bly in die Australiese ekonomie, en dat hulle 'n ontsaglike

behoefte het aan hul eie riglyne vir finansiële verslagdoening. Daar bestaan duidelike reëls

vir besighede en owerhede, maar die niewinsgewende organisasies word geïgnoreer as dit

by finansiële verslagdoening kom. Hy voer aan dat daar byvoorbeeld geen reëls vir

niewinsgewende organisasies ten opsigte van beloftes tot donasies en die ontvangs

daarvan, of die tyd wat vrywilligers kosteloos aan die organisasie beskikbaar stel, is nie.

Spesifieke probleme bestaan ook in die erkenning van inkomste (donasies in natura, beloftes

vooruit, skenking van bates), verantwoording van waardevermindering en herstelwerk, en

die gebruik van fondse en reserwes (vergelyk ook Flynne et al. 2000:hfst 5 en Leo en

Addison 2000(a):56-58). Volgens Edwards (in CPA Australia 2000) is dit gevolglik nie

moontlik om die volledige prentjie van die finansiële stand en bedrywighede van hierdie

organisasies te bepaal nie. Hy stel dit verder dat rekenpligtigheid ("accountability") in

hierdie organisasies van groot belang is, aangesien hulle geld van owerhede en private

donateurs ontvang, en omdat hulle waarskynlik belastingvrystelling geniet. Dit is verder

belangrik dat hul finansiële verslae betekenisvolle en relevante inligting aan hul donateurs en

ander belanghebbendes verskaf.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!