01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOOFSTUK 2 - DIE AARD VAN NIEWINSGEWENDE ORGANISASIES EN HUL

2.1. INLEIDING

FINANSIËLE VERSLAGDOENING

Alvorens die finansiële rekeningkunde en verslagdoening van niewinsgewende organisasies

bespreek word, behoort daar gekyk te word na die onderskeidende aard en kenmerke van

niewinsgewende organisasies, aangesien die rede tot differensiële rekeningkunde vir hierdie

entiteite juis in hul aard lê. Vervolgens word daar in hierdie afdeling eerstens die

onderskeidende kenmerke van niewinsgewende organisasies bespreek, waarna verskille

tussen niewinsgewende organisasies en besighede toegelig word. Daarna word daar verwys

na die gebruikers van die finansiële state van niewinsgewende organisasies en die finansiële

inligting wat aangebied behoort te word om aan hul behoeftes te voldoen. Telkens sal die

implikasies van bogenoemde op algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk uitgewys

word.

2.2. AARD VAN NIEWINSGEWENDE ORGANISASIES

2.2.1. Agtergrond

In hierdie dokument word daar na organisasies wat nie die maak van winste ten doel het nie,

verwys as "niewinsgewende organisasies". Uit die literatuurstudie blyk hierdie term tegnies

foutief te wees, aangesien hierdie organisasies wel "winsgewend" kan wees. Die term

"niewinsbejagorganisasies" sou eerder meer korrek wees, aangesien die onderskeidende

kenmerk eerder die gebrek aan 'n winsmotief is. Besighede met 'n winsmotief kan ook nie

winsgewend wees nie (met ander woorde as hulle nie 'n wins realiseer nie). Daar is egter

volgehou met die term "niewinsgewende organisasie ", aangesien dit die algemeenste in die

omgangstaal gebruik word.

Dit is egter belangrik om daarop te let dat die term "niewinsgewende organisasies" nie

impliseer dat hierdie organisasies nie veronderstel is om 'n "wins" te genereer nie (Faul et al.

2004:647). Sommige belanghebbendes glo selfs dat hierdie organisasie net gelyk behoort te

breek en dat alle winste in die organisasie teruggeploeg moet word. Die persepsie bestaan

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!