01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

mees toepaslike rekeningkundige standaarde vir niewinsgewende organisasies behels.

Hierdie standaarde is vergelyk word met die standaarde oor AARP, soos uitgereik deur die

SAIGR, ten einde aan te dui waar standaarde oor AARP aangepas behoort te word sodat dit

meer toepaslik sal wees vir niewinsgewende organisasies in Suid-Afrika.

Voortvloeiend uit die literatuurstudie en 'n ontleding van bestaande rekeningkundige

standaarde is die bestaande praktyk van die NG Kerk in die Vrystaat ondersoek deur middel

van onderhoude wat gevoer is met die personeel van die Sinodale Kerkkantoor en die

Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (SKDB) van die NG Kerk in die Vrystaat. ‘n

Onderhoud is op 20 Julie 2005 met mnr. Hennie van der Walt, hoofrekenmeester van die

sinode van die NG Kerk in die Vrystaat gevoer (kyk bylae A). Die onderhoud met me. Tharina

Engelbrecht, senior administratiewe beampte van die SKDB, wat ook verantwoordelik is vir

die teboekstelling van die transaksies, is op 30 September 2005 gevoer (kyk bylae B).

Tydens hierdie onderhoud het sy aangedui dat sy geen opleiding in Rekeningkunde gehad

het nie, en dat dit ook goed sal wees om ‘n onderhoud te voer met mnr. Ben du Plessis, wat

tans as ‘n CFA (SA) praktiseer en wat voorheen die Direkteur: Bestuurshulpdiens van die

SKDB was. Na hierdie onderhoud en bestudering van die rekeningkundige handleiding van

die SKDB is daar op 27 Oktober 2005 ‘n onderhoud met mnr. Du Plessis gevoer (kyk bylae

C).

Meer besonderhede oor die werking van NG Kerk in die Vrystaat word in hoofstuk 2 (par.

2.7.2) aangedui. Laastens is vraelyste aan al die ouditeure van gemeentes en

welsynsorganisasies van die NG Kerk in die Vrystaat gestuur. Hierdie vraelyste is gebruik om

die rekeningkundige verslagdoeningsbehoeftes van die organisasies te bepaal, asook om

praktiese aanvaarding van geïdentifiseerde rekeningkundige standaarde te toets. Die

vraelyste is aan die ouditeure van die organisasies gestuur, aangesien baie van die vrae

tegnies van aard is. Uit vorige empiriese navorsing (vergelyk Lubbe, Rossouw en Prinsloo

2002:151 – kyk ook par. 2.2.4 in hoofstuk 2 hierna) is daar ook bevind dat slegs 3% van die

persone wat die boeke van die organisasies self hanteer, gespesialiseerde opleiding in

Rekeningkunde gehad het. Die ouditeure is vanaf die rekords van die Sinodale Kerkkantoor

van die NG Kerk in die Vrystaat en die Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid

geïdentifiseer. Afsonderlike vraelyste is aan die ouditeure van die NG gemeentes en die

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!