01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

hierdie feit bestaan, aangesien bestuur 'n vasgestelde vergoeding ontvang. Hierdie

organisasies het geen verdeelbare winste nie, en volgens Falk ook nie bonusstelsels vir

bestuur nie. Gevolglik is daar geen aansporing om fondse te onderbestee nie. In die praktyk

vind wanbesteding van fondse egter tog plaas, en daar is tog bonusstelsels in sekere

omstandighede. Gesonde finansiële kontroles en verslagdoening van finansië le

aangeleenthede is toepaslik en ook belangrik by hierdie organisasies.

Weens die gebrek aan ekwiteitsbelang en die gepaardgaande beleggingsrisiko wat nie in

hierdie organisasies bestaan nie, is die vereistes van AARP wat gemik is op die beskerming

van beleggersbelange minder toepaslik. Die fokus van finansiële verslagdoening behoort

hier dus eerder op die teboekstelling van die aktiwiteite te val, sodat die rentmeesterskap

van die bestuurders deur die belanghebbendes beoordeel kan word. Die rekeningkundige

stelreëls behoort dus ook baie eenvoudig te wees sodat die transaksie maklik te boek gestel

kan word sonder dat spesialiskennis vereis word.

Hierbo is daar uiteengesit dat niewinsgewende organisasies nie eienaars het nie, en dit laat

die vraag ontstaan waar hierdie organisasies fondse vandaan kry. Die volgende aspek van

die unieke aard van niewinsgewende organisasies wat dus bespreek word, is bydraes tot

niewinsgewende organisasies.

2.2.5. Bydraes tot niewinsgewende organisasies

Een van die vernaamste kenmerke wat niewinsgewende organisasies van besighede

onderskei, is dat die persone wat bydraes tot hierdie organisasies lewer dit doen met geen

verwagting of begeerte vir enige ekonomiese teenprestasie nie (FASB 1980 –

SFAC 4:par. 5,15-16, Wilson en Kattelus 2004:530 en Engstrom en Copley 2004:1).

Gevolglik kry niewinsgewende organisasies sekere toekennings en bydraes wat besighede

nie ontvang nie (Ives et al. 2004:3). Die bydraes wat persone tot niewinsgewende

organisasies maak, verteenwoordig derhalwe nie 'n ruiltransaksie waarin beide partye

dieselfde "waarde" ontvang nie. Die "waarde" wat 'n donateur ontvang deur 'n bydrae tot 'n

niewinsgewende organisasie te maak, is dalk net erkenning daarvoor, "goodwill" of slegs 'n

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!