01.05.2013 Views

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk vir niewinsgewende

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Russel (2000:9) ook daarna dat, benewens die feit die daar geen oogmerk tot wins is nie,

daar ook geen oogmerk tot ander kommersiële voordele is nie.

Ten einde hul beskikbare fondse uit te brei, kan niewinsgewende organisasies egter ook

winsgewende aktiwiteite beoefen om fondse te genereer, deur byvoorbeeld

fondsinsamelingsveldtogte te hou. Die primêre oogmerk bly steeds nie om 'n wins te maak

nie, maar hulle gebruik hierdie fondse juis in die verwesenliking van hul bestaansdoel (Flynn

en Weil 1991:745, Mautz 1994:7 en Flynn en Koornhof 2005:hfst. 25 bl.3) of om 'n "buffer"

te vorm vir tydperke wat die niewinsgewende organisasie finansieel kan sukkel (Ives et al.

2004:4), of om die effek van inflasie teen te werk (Flynn en Koornhof 2005:hfst. 25 bl.4).

Winste wat mag ontstaan uit die aktiwiteite van die organisasie word nie onder die lede

verdeel nie, maar word teruggeploeg in die organisasie vir die uitbreiding en verbetering van

die organisasie se bestaande geriewe (Faul et al. 2004:647 en Flynn en Koornhof 2005:hfst.

25 bl.4), wat dan tot voordeel van die lede of breë gemeenskap strek (Dempsey en Pieters

2002:301).

Hierbo is die winsgewendheid en verdeling van winste van niewinsgewende organisasies

bespreek. ‘n Aspek wat saamhang met die verdeling van winste is die eienaarskap van

niewinsgewende organisasies. Gevolglik word die eienaarskap en beheer van

niewinsgewende organisasies bespreek.

2.2.4. Eienaarskap en beheer van niewinsgewende organisasies

'n Onderskeidende eienskap van niewinsgewende organisasies is die feit dat daar geen

eienaars bestaan wat met likwidasie enige verdeling van fondse sal ontvang nie (vergelyk

FASB 1980 – SFAC 4:par. 5, Flynn en Weil 1991:745 en Wilson en Kattelus 2004:530). Geen

persoon het dus 'n wetlike reg om enige verdeling van fondse te ontvang nie (Engstrom en

Copley 2004:300). Daar is dus geen eienaars wat in "winste" of surplusse deel nie (Flynne

et al. 2000:hfst.2 bl.6,14), en daarom het niewinsgewende organisasies gevolglik nie

ekwiteitsaandele wat verhandel kan word nie (Henke 1988:4-5), en transaksies met

ekwiteitdeelnemers ontbreek dus (Ives et al. 2004:3). Niewinsgewende organisasies kan

gevolg nie "verkoop" word nie (Granof 2001:7). Selfs waar niewinsgewende organisasies

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!