02.05.2013 Views

Non Dignum Est Ek wil wegdoen van die sorge, pyne, smart van ...

Non Dignum Est Ek wil wegdoen van die sorge, pyne, smart van ...

Non Dignum Est Ek wil wegdoen van die sorge, pyne, smart van ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Requiem en Sosiale Verbod

“Dit is alles leuens”, het ek myself herinner. Ek het die objek

hard neer gesit. Harder as gewoonlik. In my klein glaskas

kompartement het ek rondgekruip en die wêreld daar buite

betrag. Alles ’n mengelmoes, alles is deurmekaar. Miskien

gaan ek nog eendag versuip in hierdie verraad en traak-my-nie

agtige houding wat almal openbaar. Of miskien, dalk net

miskien, word ek ook een van hulle. Hierdie gedagte maak my

naar en ek hoop van harte dat ek nooit so sal wees nie, nooit

nie. Asseblief Here, help my om nederig te bly en te wees nes

ek is. Help my om net myself te wees. Ek wil nie beïnvloed

word deur dit daar buite nie. Ek is gatvol vir die gemors daar

buite.

’n Klop aan die deur.

“Het jy nou so geskreeu?” vra die ou grysaard. Hy lyk

heeltemal verwilderd.

“Nee, ek het nie geskreeu nie”, antwoord ek. Ek het regtig nie.

Nie waarvan ek weet nie. Of ken ek dalk nie meer myself nie?

Is ek dalk nie meer bewus van dit wat ek sê en doen nie? Het

die wêreld miskien nou maar net eenmaal te veel met my kop

gesmokkel en nou is ek dalk heeltemal kranksinnig?

Hy skud sy kop en versigtig staan hy nader. Hy bind my om

“veiligheidsredes” weer met die kettings vas. Ek is sprakeloos.

Die deur gaan weer toe.

Ek sit alleen. Die kettings waarin ek gebind is, wil nie los nie.

Ek spook en spartel, maar niks gebeur. Hoe wil ek in elk geval

uit hierdie kettings kom? Partymaal hou ek net nie op dink nie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!