Kindertuin Leier Onderwys Gids Les 12
Kindertuin Leier Onderwys Gids Les 12
Kindertuin Leier Onderwys Gids Les 12
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Genade

Bybelverhaal: ‘n Wyse Keuse

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2

Kindertuin - Jaar B - Kwartaal 2 - Les 12

Tema vir die Maand: God ken ons en sorg vir ons.

Verwysings: Genesis 41; Patriarge en Profete, bl. 219-224

Geheueteks: “Nie ek nie! God gee die goeie antwoord vir u.” (Genesis 41:16).

Doelstellings

Die kinders sal:

Weet dat God ‘n spesiale werk het vir elke persoon om vir Hom te doen.

Voel dat God ons sal help om te doen wat Hy ons vra om te doen.

Reageer deur gewillig te wees om iets spesiaal vir God te doen.

Die Boodskap: God kan ons help om enigiets te doen.

Maak Gereed om die Les aan te bied

Die Bybelles in ‘n Oogopslag

Farao het ‘n droom. Hy weet dit is belangrik, maar hy weet nie wat dit beteken nie. Sy wyse manne kan ook

nie die droom verduidelik nie. Dan onthou sy skinker dat Josef van drome weet. Farao laat Josef roep. God sê

vir Josef wat die droom beteken, en Josef gee God die krediet. Farao is so in sy skik met Josef dat hy hom uit

die tronk vrylaat en hom in bevel plaas van alles in Egipte. God seën Josef omdat hy gewillig is om gebruik te

word om God se wil te doen.

Hierdie is ‘n les oor genade.

Ons weet nie wat God vir ons lewens beplan het nie, maar indien ons gewillig is om deur God gelei te word, kan

Hy ons help om enigiets te doen.

Verryking vir Onderwyser

“Uit die kerker is Josef tot heerser van Egipteland bevorder. Dit was ‘n betrekking van hoë waardigheid, maar

dit was ook deur moeilikhede en gevare omring. ... Maar Josef se karakter het die toets van sowel voorspoed as

teenspoed verduur. In die paleis van die Farao’s het Josef hom net so getrou aan God gedra as in die

gevangenis. Hy was nog ‘n vreemdeling in ‘n heidense land, ver van sy familie en van die aanbidders van God

geskei; maar hy het vas geglo dat die hand van God sy skrede gerig het, en met voortdurende vertroue op God

het hy die pligte van sy amp nagekom. Deur Josef is die aandag van Farao en die vername manne van Egipte op

God gevestig; en hoewel hulle nog met hulle afgodediens aangehou het, het hulle die beginsels wat in die lewe

en karakter van die aanbidder van Jehova geopenbaar is, gerespekteer” (Patriarge en Profete, bl. 223).

Vertrou ons ook soos Josef op God om in ons lewens te werk ooreenkomstig Sy wil? Is ons daarop bedag om

God se leiding te volg en Hom volkome beheer te gee?

1
Klaskamerversierings

Gebruik die “troonkamer” uit Les 8. Gaan voort om die “tronk” uit Les 11 te gebruik.

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2

Programoorsig

Les Afdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Verwelkoming Deurlopend Groet student by deur; luister

na bly/bekommerd

1.Gereedheidsopsies Tot 10 A. Dit is God

Geen

B. Sending moontlik Papier, skêre

Gebed en Lof* Tot 10 Samesyn

Sangboeke

Sending

Offergawe

Gebed

2. Bybelles Tot 20 Ervaar die Verhaal

Bybelstudie

Geheueteks

2

Geen

Little Voices Praise Him

Kindersending

Kussings, komberse

Bybel, Little Voices

Praise Him sangboek

3. Toepassing vd Les Tot 15 Maar God Kan Geen

4. Deel die les Tot 15 Josef se ketting Patroon, geel, oranje, of

goue papier, skêre,

krammasjien of

kleefband

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Verwelkoming

Verwelkom elke kind op hulle naam wanneer hulle by die deur inkom. Vra hulle uit oor hulle week. Moedig

hulle aan om enige ondervindings uit verlede week se Iesstudie te deel. Laat hulle met die gereedheidsaktiwiteit

van u keuse begin.

1.GEREEDHEIDSAKTIWITEITE

Kies die aktiwiteit of aktiwiteite wat die beste by u situasie pas.

A. Dit Is God

Leer die kinders die volgende vingerspel. Gaan ‘n paar keer daardeur.

Wie laat die son skyn? Sit arms uit en beweeg in groot sirkel.

Dit is God, Dit is God. Lug arms in lug; wikkel vingers en hande.

Wie laat die reën val? Lug arms en laat dit sak en wikkel die vingers soos reën wat val.

Dit is God, Dit is God. Lug arms in lug; wikkel vingers en hande.

Wie laat die gras groei? Sit hande op die grond; wikkel vingers terwyl julle die hande op bring.

Dit is God, Dit is God. Lug arms in lug; wikkel vingers en hande.

Wie laat die wind waai? Beweeg arms vorentoe en agtertoe soos wind wat waai.

Dit is God, Dit is God. Lug arms in lug; wikkel vingers en hande.
Alternatief: Vra die vrae terwyl die kinders dit uitbeeld, en laat hulle met die antwoord reageer, “Dit is God, Dit

is God.”

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Kan julle die son laat skyn, of die reën laat val, of die gras laat groei of die

wind laat waai? Nee, maar God kan. Somtyds is dinge vir ons onmoontlik om te doen. En somtyds is daar

dinge wat ons gevra word om te doen wat baie moeilik lyk! Ons dink net dat ons dit nie kan doen nie.

Wanneer dinge moeilik lyk, kan God ons help. Ons Bybelverhaal is van Josef wat moeilike dinge moes doen

wat God wou hê dat hy moes doen, en God het hom gehelp om dit te doen. Vandag se boodskap is:

GOD KAN ONS HELP OM ENIGIETS TE DOEN.

Sê dit saam met my.

B. Sending Moontlik

U Benodig:

• 2 stukke gewone A4 papier

• Skêre

Oefen hierdie voor die tyd. Vou ‘n A4 stuk papier in die lengte in die helfte. Maak 9 gedeeltelike snitte wat

omtrent 2cm van die kant van die papier af kom van die gevoude kant af. Vou die papier oor en maak agt

soortgelyke snitte. Sonder om elke eindstuk te sny, sny langs die vou van die binnekantste stukke om ‘n

papierboog te maak wat groot genoeg is om deur te loop.

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Wie van julle dink dat ek deur hierdie stuk papier kan loop? Dink julle nie

dat ek daarin sal pas nie? Kan julle daarin pas? Sny ‘n groot gat in die middel van een stuk papier en probeer

om dit oor ‘n kind te pas (maar moenie dit laat werk nie). Dit lyk of dit onmoontlik is, maar kyk net hier. Sny

‘n ander papier (dieselfde grootte) soos wat u geoefen het en loop daardeur. Laat die kinders een op ‘n keer

toe om ook deur u papier te loop.

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Dit het onmoontlik geklink toe ek gesê het dat ek deur daardie stuk

papier kan loop, het dit nie? Somtyds is daar dinge wat ons gevra word om te doen wat lyk asof dit baie

moeilik is! Ons dink net nie dat ons dit kan doen nie. Julle het ook nie gedink dat julle deur die klein stukkie

papier sal pas nie, maar almal van julle het! Wanneer dinge moeilik lyk, kan God ons help. Ons Bybelverhaal

is van Josef wat baie moeilike dinge moes doen wat God wou hê dat hy moes doen en waarmee God hom

gehelp het. Vandag se boodskap is:

GOD KAN ONS HELP OM ENIGIETS TE DOEN.

Sê dit saam met my.

Gebed en Lof*

Samesyn

Vertel van die studente se vreugdes en hartseer (bly en bekommerd) soos wat hulle by die deur aan u vertel het

(soos vanpas). Laat tyd toe om ondervindings uit verlede week se lesstudie te deel en hersien die geheueteks.

Meld enige verjaarsdae, spesiale geleenthede, of prestasies. Groet alle besoekers hartlik.

Voorgestelde Liedjies

“Hy’s Magtig” (Little Voices Praise Him, No. 93)

“Jesus Never Fails” (Little Voices Praise Him, No. 108)

3

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2
“My God Is So Great” (Little Voices Praise Him, No. 112)

“Wonder Song” (Little Voices Praise Him, No. 74)

“Jesus Loves Me” (Little Voices Praise Him, No. 102)

Sending

Gebruik Kindersending of ander sendingverhaal wat u beskikbaar het. Vra: Hoe het God Sy liefde vir mense in

die verhaal van vandag gewys?

Offergawe

Sê: God kan ons help om enigiets te doen. Een ding wat ons kan doen, is om ons offergawe met andere te

deel.

Gebed

Sit ouer en jonger kinders saam of kinders saam met volwassenes. Gee vir elke paar ‘n prent of ‘n voorwerp

van iets waarvoor hulle God wil dank (diere, familie, kos, bed, sonskyn, ens.). Laat hulle saam bid en God dank

vir die dinge in hulle prent.

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Ervaar die Verhaal

U Benodig:

• kussings

• komberse

OF

• groot handdoeke

2. BYBELLES

Voorsien ‘n kussing en kombers (of handdoek) vir elke kind. Sê: Elke keer wat ek die woord droom sê, moet

julle albei julle hande saam sit en dit teen die kant van julle kop hou asof julle slaap. Kom en sit in die

“tronk” en maak asof julle by Josef in die tronk is terwyl ons na die verhaal luister.

Een nag het Josef lekker geslaap. Kan ons almal gaan lê en maak asof ons slaap? Skielik, was daar die geluid

van voetstappe. Sommige van Farao se diensknegte (Farao was die koning) het tot by Josef se bed gekom.

Hulle het gesê, “Josef! Word wakker. Farao wil jou dadelik sien! Hy het ‘n paar drome in die nag gehad en

niemand kan vir hom vertel wat dit beteken nie. Farao se skinker het gesê dat jy die betekenis van drome kan

vertel.”

Wat dink julle het Josef gedoen? [Laat antwoorde toe.] Josef het uit die bed gespring en saam met Farao se

diensknegte na die paleis gegaan - dit is die groot huis waarin Farao gebly het. [Laat die klas uit die “tronk” gaan

en na hulle sitplekke gaan.] Maar Josef moes eers iets doen voordat hy na Farao kon gaan. In die tronk het

hulle heelwaarskynlik nie elke dag gebad nie, en daarom het Josef dalk nie te lekker geruik nie. Hy het ook vir ‘n

lang tyd nie geskeer nie en sy klere was vuil. Kom ons maak asof ons onsself skoonmaak soos wat Josef gedoen

het. Was ons hare en gesig, trek mooi skoon klere aan. Farao se diensknegte het vir Josef gehelp om homself

skoon te kry. Toe het hulle vir Josef na Farao geneem. [Beweeg na die “troonkamer” toneel.]

Farao het gesê, “Hulle sê vir my dat jy vir my kan vertel wat my drome beteken, is dit waar?” Josef het sy kop

geskud. “Nee,” het hy gesê. “Ek kan dit nie doen nie, maar God kan dit doen. God weet wat u drome

beteken.”

Farao het vir Josef van sy drome vertel. In die eerste droom het Farao op die wal van die rivier gestaan en uit

4

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2
die rivier het daar sewe groot en gesonde koeie gekom. [Kom ons maak aosf ons linkerhand ‘n groot, gesonde

koei is wat aanstap.] Toe het daar sewe lelike, maer, sieklike koeie uit die rivier gekom. [Kom ons maak asof

hierdie hand (regterhand) ‘n maer, sieklike koei is.] Kan julle raai wat volgende gebeur het? Die maer koeie het

die vet koeie opgevreet! [Laat julle regterhand, maer koei julle linkerhand, vet koei opeet. Laat die kinders dit

ook doen.] Maar, weet julle wat? Die maer koeie was nog steeds maer en het nog steeds sieklik gelyk!

Farao het nog ‘n droom ook gehad. In hierdie een, was daar ‘n koringaar met sewe, vet, en gesonde koppe

graan [Gebruik julle hande soos voorheen om hierdie deel uit te beeld. Hou julle vingers reguit uit vir die

gesonde graan.] Dan as daar ‘n aar met sewe klein, flopperige koppe graan. [Gebruik ander hand.] Kan julle raai

wat gebeur het? Die klein, flopperige koppe graan het die gesonde regop graan opgeëet!

Farao het vir Josef gesê, “Ek het my wyse manne gevra om vir my te vertel wat my drome beteken, maar hulle

kon my nie help nie! Hulle het nie geweet nie. Weet jy?”

Josef het vir Farao gesê, “God gee vir u ‘n boodskap. Hy het vir u die drome gestuur om vir u te sê wat Hy gaan

doen. U drome beteken altwee dieselfde ding. Die sewe vet, gesonde koeie beteken dat u sewe goeie jare sal

hê waar alles mooi sal groei. Daar sal baie reën wees en baie kos om te eet. Die sewe maer koeie beteken dat

u sewe slegte jare sal hê na die goeie jare. Daar sal baie min reën wes, en die goed op u lande sal nie goed

groei nie. Dit sal ‘n tyd van hongersnood wees. Mense sal honger wees. Die mense sal nie al die goeie jare

onthou nie. God vertel hierdie vir u sodat u voorbereid kan wees.”

Josef het vir Farao gesê dat hy iemand in bevel moet plaas om gedurende die sewe goeie jare kos bymekaar te

maak sodat die mense kos sou hê om te eet gedurende die sewe slegte jare. Farao het gedink dat dit ‘n baie

goeie idee was en het vir Josef gevra om die werk te doen! Farao het vir Josef in bevel geplaas van die hele land

van Egipte. Farao het vir Josef ‘n spesiale ring gegee asook pragtige klere. Farao het ‘n goue ketting rondom

Josef se nek gehang wat beteken het dat hy in bevel was. En dit het dan gebeur dat Josef dwarsdeur die land

gegaan het en die mense gehelp het om kos op te gaar.

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Hoe dink julle het Josef gevoel toe hy geroep was om na Farao te kom?

Hoe dink julle het Farao gevoel om iemand wat in die tronk was te vra om hom te help toe sy eie wyse

manne dit nie kon doen nie? Het Farao geweet wat sy drome beteken het? Het Farao se wyse manne

geweet wat sy drome beteken het? Wie het vir Josef gesê wat Farao se drome beteken het? Wat het die

beteken? Watter werk het Farao vir Josef gegee? Het die koning ‘n wyse keuse gemaak? Hoe dink julle het

Josef gevoel? Sou dit ‘n groot werk vir Josef wees om te doen? Wie sou hom help? God help ook vir jou

wanneer jy groot dinge het om te doen wat baie moeilik lyk. Hy is altyd by jou, om jou te help en lief te hê.

Onthou julle ons boodskap?

GOD KAN ONS HELP OM ENIGIETS TE DOEN.

Sê dit saam met my.

Bybelstudie

U Benodig:

• Bybel

Maak u Bybel by Genesis 41 oop. Wys na die gedeelte en sê: Dit is waar vandag se verhaal in God se Woord,

die Bybel, gevind word. Lees uitgesoekte versies hardop, parafraseer waar nodig.

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Dink julle dat Josef gedink het dat die skinker heeltemal van hom daar in

die tronk vergeet het? Dit was al twee jaar van Josef die skinker gesê het wat sy droom beteken en vir hom

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2

5
gevra het om Farao van hom te vertel. Wie het nie van Josef vergeet nie? (God) God vergeet ook nooit van

jou nie. Wie het vir Josef gehelp om vir Farao te vertel wat sy drome beteken het? Wie het vir Josef met sy

nuwe werk gehelp? God wil julle ook help wanneer julle groot dinge het om te doen wat moeilik lyk.

Onthou ...

GOD KAN ONS HELP OM ENIGIETS TE DOEN.

Sê dit saam met my.

Geheueteks

U Benodig:

• Bybel

Blaai na Genesis 41:16 en sê: Dis waar ons ons geheueteks in God se Woord, die Bybel, vind. Lees die versie

hardop: “Nie ek nie! God gee die goeie antwoord vir u.” Gaan dan voort om die geheueteks te leer soos

hieronder uiteengesit:

Maar God Kan

Nie ek nie (Wys na self en wuif vinger agtertoe en vorentoe “nee.”)

God gee die goeie antwoord vir u. (Wys boontoe, en skud dan kop “ja.”)

Genesis 41:16 (Palms saam, dan oop.)

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2

3. TOEPASSING VAN DIE LES

Laat die kinders staan en in die kamer uitsprei. Sê: Daar is baie dinge wat ek kan doen, en sommige dinge wat

net God kan doen. Kom ons kyk wat ek kan doen! Ek gaan vir julle vra, “Kan ek ....?” As julle kan, doen wat

ek sê. As julle dit nie kan doen nie, laat ons saam sê, “Nee, maar God kan!”

Roep die volgende uit en doen die aksies saam:

Kan julle ... Driekeer op en af spring? Glimlag en giggel? Die son laat skyn?

NEE, maar God kan!

Kan julle ... Aan julle tone vat? “Dankie” sê? Die reën laat val?

NEE, maar God kan!

Kan julle ... Omdraai? Julle hande klap? Die gras laat groei?

NEE, maar God kan!

Kan julle ... Aan julle ore vat? Na die kant toe buig? Die wind laat waai?

Nee, maar God kan!

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Wat is sommige dinge waarvan julle regtig hou om te doen? Julle is almal

groot seuns en dogters, en daar is baie dinge wat julle kan doen, maar daar is ook dinge wat julle nie kan

6
doen nie. Wat is sommige van die dinge waarmee julle nog hulp nodig het? (Skoene vasmaak, ‘n fiets met

klein wieletjies ry, by ‘n hoë rak bykom, julle bed opmaak, ens.) Daar is ook dinge wat mammas en pappas ook

nie kan doen nie, maar God kan! Wat is sommige dinge wat net God kan doen? Somtyds vra God vir julle om

dinge te doen wat moeilik lyk, soos om vinnig en met ‘n glimlag te gehoosaam, of om te onthou om nie julle

sokkerbal buite te los nie, of om julle speelgoed met julle vriend te deel, of om julle maatjie eerste te laat

deelneem in die speletjie wat julle speel. Kan julle aan enige nader dinge ding soos die wat ek genoem het

wat vir julle moeilik is om te doen? God sal altyd by julle wees om julle te help om die dinge te doen wat

nogal moeilik lyk. Dit is goed om te onthou:

GOD KAN ONS HELP OM ENIGIETS TE DOEN.

Sê dit saam met my

Josef se Ketting

4. DEEL DIE LES

U Benodig:

• geheueteks en boodskap patroon (vergelyk hieronder)

• geel, oranje, of goue papier

• skêre

• krammasjien of kleefband

NIE

NIE

GEE

GOEIE

VIR

GENESIS 41:16

Opsomming

Sê: Dit ketting wat julle gemaak het, herinner julle aan die goue ketting wat Farao vir Josef gegee het toe hy

hom in beheer van die hele Egipte aangestel het! Julle kan dit huis toe neem en hierdie week met iemand

deel terwyl julle vir hulle van Josef vertel en julle geheueteks vir hulle opsê. Maak seker om te vertel hoe

God Josef gehelp het wanneer hy groot take gehad het om te doen. Hy sal julle ook help, as julle Hom net

7

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2

EK

GOD

DIE

ANTWOORD

Maak voor die tyd afskrifte van die patroon (vergelyk hierbo) op geel, oranje, of goue papier, een vir elke kind.

Sny die kettingpatroon langs die stippellyne om 16 stroke papier te maak (twee sal skoon wees om die

geheueteks van die boodskap te skei). Sê: Julle gaan ‘n ketting uit papier maak. Ons al julle help om die

papierstroke in die regte orde te sit, en dan begin om ‘n ketting te maak deur die eerste geheueteks woord

strook in ‘n lus te maak en dit vas te kram of te plak. Neem dan die volgende woord van julle geheueteks en

steek die strook (woorde aan die buitekant) deur die eerste een en kram of plak dit vas. Sit ‘n skoon lus in na

die geheueteks, voordat julle met die boodskap begin. Sit dan nog ‘n skoon lus na die laaste woord van die

boodskap en voor die eerste strook van die geheueteks en kram of plak hulle aanmekaar om ‘n volledige

ketting te maak.

U.
vra. Hy sal julle graag wil help. Kom ons sê ons boodskap nog een laaste keer saam:

GOD KAN ONS HELP OM ENIGIETS TE DOEN.

Afsluiting

Moedig ‘n kind aan om te bid om af te sluit. Wens almal ‘n goeie week toe en herinner hulle daaraan om die

verhaal met hulle familie by die huis te deel.

Kind LOG Jaar B Kwartaal 2

8