16.09.2013 Views

Kindertuin_AFR_LOG_LES 11_JrB_K1_2013_LR

Kindertuin_AFR_LOG_LES 11_JrB_K1_2013_LR

Kindertuin_AFR_LOG_LES 11_JrB_K1_2013_LR

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Aanbidding

Kindertuin - Jaar B – Kwartaal 1 - Les 11

Bybelverhaal: Jesus het my lief.

Tema vir die Maand: Ons loof Jesus vir wat Hy vir ons gedoen het.

Verwysings : Lukas 22:39-46, 54-23:25; Die Koning van die Eeue, bl. 577-600..

Geheueteks: "Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te

ontvang." (Openbaring 4:11).

Doelstellings

Die kinders sal:

Weet dat Jesus ons so lief het dat Hy vir ons gely het.

Jammer voel omdat mense wrede dinge aan Jesus gedoen het.

Reageer deur vir iemand te vertel dat Jesus hulle ook liefhet.

Die Boodskap: Ons loof Jesus omdat Hy moeilike dinge vir ons gedoen het.

Maak Gereed om die Les aan te bied

Die Bybelles in 'n Oogopslag

Jesus en Sy dissipels is in die Tuin van Getsemane. Hy weet dat Hy binnekort gaan sterf. Hy vra Sy

vriende om saam met Hom te bid, maar hulle raak aan die slaap. Hy vrees skeiding van Sy Vader.

God stuur 'n engel om Hom te troos. Jesus sê vir God dat Hy gewillig is om te doen wat daar ookal

van Hom verwag word om te doen. Soldate neem Jesus weg. Hulle mishandel Hom, slaan Hom, en

noem Hom name. Petrus ontken dat hy Jesus ken. Die skare skree lelike dinge vir Hom, maar Jesus

baklei nie terug nie. In plaas daarvan kry Hy hulle jammer.

Hierdie is 'n les oor aanbidding.

Jesus het deur vreeslike dinge vir ons gegaan. Hy was deur Sy vriende verlaat en misken, deur ‘n

dissipel verraai, gemartel en gespot deur diegene wat Hy geskape het, en het gedink dat Hy dalk vir

ewig van Sy Vader geskei sou word. Omdat Jesus ons so liefgehad het, het Hy al hierdie dinge

verduur om ons te red.

Verryking vir Onderwyser

"Christus se Iyding het nie daar opgehou nie, maar die terneergedruktheid en moedeloosheid het

Hom verlaat. Die storm het nog geensins bedaar nie, maar Hy om wie dit gewoed het, was versterk

om dit te trotseer. Hy het kalm en bedaard daar uitgekom met "n hemelse vrede op Sy

bloedbevlekte gelaat. Hy het verduur wat geen mens ooit sou kon verduur nie; want Hy het die

Iyding van die dood vir elke mens gesmaak." (Die Koning van die Eeue, bl. 583).

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 1

"Christus ... het gely in verhouding tot Sy volmaakte heiligheid en afkeer van die sonde." (Die Koning

van die Eeue, bl. 589).

"Om te sien hoe Sy dissipel sy integriteit sou opoffer, en sy Meester sou misken, het die hart van

Jesus gewond. Toe het die Here omgedraai, en met 'n blik van meegevoel gemeng met hartseer, na

Petrus gekyk, en daardie blik het Petrus se hart gebreek. Hy het onthou wat Jesus vir hom gesê het,

dat voordat die haan sou kraai, hy Hom driekeer sou verloën, en hy het die hofsaal in skaamte en

verdriet verlaat. Hy het hom na die Tuin van Getsemane gehaas en homself op dieselfde plek waar

Jesus in angs gebid het, neergegooi, daar waar die bloedsweet die aarde benat het, en daar het hy

bitterlik gehuil. Jesus het dieangs van sy hart gesien en Petrus vergewe vir sy sonde. So is dit

wanneer ‘n sondaar ookal in berou en boetvaardigheid van siel nader aan God kom, kom Jesus ook

nader aan hom; want wanneer 'n siel berou het, is dit 'n bewys dat Jesus hom nader aan Homself

trek" (Advent Review and Sabbath Herald, 12 Julie, 1892, "The Privilege of the Follower of Christ,"

paragraaf 8).

Watter verskil maak dit in u lewe om te weet dat Jesus al hierdie dinge vir u gely het?

Klaskamerversierings

Gaan voort om die Palesteinse huis en Tempel versierings van verlede week te gebruik. Maak ook "n

gedeelte vir "n "Tuin van Eden" met nagemaakte bome, bosse en blomme.

Programoorsig

Les Afdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Verwelkoming Deurlopend Groet student by deur;

luister na bly/bekommerd

1.Gereedheidsopsies Tot 10 A. Gebedshorlosies

Gebed en Lof* Tot 10

B. Foppery

C. Blare

Samesyn

Sangboeke

Sending

Offergawe

Gebed

2. Bybelles Tot 20 Ervaar die Verhaal

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 2

Geen

Papierborde, merker,

potlode, karton, skêre,

papiervasmakers

Drie klein balle

Geen

Geen

Little Voices Praise Him

Kindersending

Volwasse man akteur,

Bybeltydse kostuum vir

volwasse man

Bybelstudie

Bybel

Geheueteks

Bybel

3. Toepassing vd Les Tot 15 Moeilike dinge wat ek vir Groot papier of karton of

Jesus sal doen

wit/swartbord, merker

4. Deel die les Tot 15 Doringkroon deurhanger Klein papierborde,

gekleurde karton, skêre,

merker, gomstokkies

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Verwelkoming

Verwelkom die kinders by die deur. Vra hoe hulle week was - waaroor is hulle bly/bekommerd.

Moedig hulle aan om enige ondervindings uit verlede week se lesstudie te deel. Laat hulle met die

gereedheidsaktiwiteit van u keuse begin.

1. GEREEDHEIDSAKTIWITEITE

Kies die aktiwiteit of aktiwiteite wat die beste by u situasie pas.

A. Gebedshorlosies

U Benodig:

papierborde

merker

potlode

karton

skêre

papiervasmakers

Skryf voor die tyd vir elke kind horlosiesyfers om die kant van 'n papierbord. Trek in die Sabbatskool

die kind se hand met die vingers bymekaar op 'n stuk karton af en help hulle om dit uit te sny. Help

hulle omop die hand te skryf (of skryf vir hulle): "Tyd om te Bid." Help hulle om ‘n papiervasmaker te

gebruik om die hand in die middel van die bord vas te maak sodat die hand uitwaarts na 'n syfer

wys. Hulle kan hulle hand om die gesig van die horlosie beweeg.

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Watter syfers is op die horlosie? Dit sê "Tyd om te Bid."

Wanneer bid julle? Wanneer is 'n goeie tyd om te bid? Vandag gaan ons 'n Bybelverhaal hoor oor

Jesus wat in 'n tuin gebid het. Jesus het vir Sy dissipels en vir ons gebid. Hy het vir Homself ook

gebid, want Hy was op die punt om jets baie moeilik te doen. Omdat Jesus ons liefhet, het Hy

moeilike dinge vir ons gedoen. En ons wil Hom daarvoor dank. Ons boodskap sê:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Sê dit saam met my.

B. Foppery

U Benodig:

drie klein balletjies

Nadat u (of 'n ander volwassene) gedemonstreer het hoe, laat die kinders probeer om die drie balle

gelyktydig te gooi.

Opsomming

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u vra: Het julle dit geniet om te probeer om die balle gelyktydig te

gooi? Was dit maklik of moeilik? Moeilike dinge herinner my aan ons Bybelverhaal vir vandag. Dit

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 3

gaan oor moeilike dinge wat Jesus vir ons moes doen. Sy vriende het Hom alleen gelaat. En Hy

was deur sommige mense baie sleg behandel. Jesus het deur dit alles gegaan omdat Hy vir ons lief

is. Ons wil Jesus loof omdat Hy ons so liefhet. Vandag se boodskap sê vir ons iets baie belangrik:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Sê dit saam met my.

C. Blare

Laat die kinders buitetoe gaan, indien moontlik, en 'n paar blare bymekaar maak. Wanneer u weer

terug in die klaskamer is, kyk na die verskillende vorms, groottes en kleure van die blare.

Opsomming

Laat tyd vir reaksie toe terwyl u vra: Waarvoor is blare goed? (Skaduwee, Iyk mooi) Het julle geweet

dat blare ook help om ons lug skoon te hou? Haal diep asem en blaas dit uit. Julle blaas iets uit

wat 'n mens koolstofdoksied noem, en dit is sleg vir ons om dit in te asem. Blare absorbeer die

koolstofdioksied uit die lug. Dan gee hulle suurstof af, wat goed is vir ons om in te asem. Dit is

baie soos ons Bybelverhaal vandag. Dit gaan oor hoe mense Jesus wreed behandel het, maar hoe

Hy vir hulle jammer gevoel het en hulle vriendelik behandel het. Jesus moes baie moeilike goed

vir ons doen, maar Hy het daardie dinge gedoen omdat Hy ons liefhet. Vandag se boodskap is:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Sê dit saam met my.

Gebed en Lof*

Samesyn

Vertel van die studente se vreugdes en hartseer (bly en bekommerd) soos wat hulle by die deur aan

u vertel het (soos vanpas). Laat tyd toe om ondervindings uit verlede week se lesstudie te deel en

hersien die geheueteks. Meld enige verjaarsdae, spesiale geleenthede, of prestasies. Groet alle

besoekers hartlik.

Voorgestelde Liedjies

"Praise Him, Praise Him" (Little Voices Praise Him, No. 221)

"God Is So Good" (Little Voices Praise Him, No. 88)

"Thank You, Jesus" (Little Voices Praise Him, No. 243)

"Jesus Smiles and Forgives" (Little Voices Praise Him, No. 77)

Sending

Sê: Jesus het baie moeilike goed vir ons gedoen. En daar is sendelinge dwarsoor die hele wêreld

wat moeilike dinge doen omdat hulle Jesus liefhet. Vandag gaan ons leer hoe (naam) Jesus geloof

het deur vir Hom te werk. Gebruik 'n verhaal uit Kindersending.

Offergawe

Sê: Julle het vandag julle offergawes gebring sodat andere kan leer hoe lief Jesus hulle het. Dan

kan hulle ook vir Jesus loof.

Gebed

Sê: Vandag in ons verhaal gaan ons hoor dat Jesus sleg en onregverdig behandel was net omdat

Hy ons so liefgehad het. Kom ons dank Hom dat Hy ons liefhet en moeilike dinge vir ons doen.

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 4

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Ervaar die Verhaal

U Benodig:

volwasse mansakteur

Bybeltydse kostuum vir volwasse man

2. BYBELLES

Laat dieselfde persoon van verlede week (wat soos Petrus aangetrek was) die Bybelverhaal vertel.

Sê voor die tyd vir die kinders hoe om op gegewe tye te reageer en gee vir hulle 'n wenk wanneer

hulle dit moet doen. Laat die kinders oefen om te sê, "Maar Jesus het hulle liefgehad" en "Maar

Jesus het jou liefgehad." U sal dalk wil hê dat 'n volwasse persoon die kinders moet lei terwyl die

verhaal gedeel word.

Haai! Ek is Petrus. Dit is lekker om julle weer vandag te sien. Julie sal onthou dat ek een van Jesus se

vriende is. Ek wil julle vertel van die nag toe Jesus van ons weggeneem is. Na ons spesiale aandete

saam het ons almal saam na een van Jesus se geliefkoosde plekke gestap, 'n tuin vol pragtige

olyfbome. "Ons moet bid vir krag teen Satan," het Jesus gese. "Bid asseblief saam met my."

Jesus het 'n entjie van ons af gaan bid. Hy het geweet dat Hy binnekort sou sterf. Dit was die rede

waarom God vir Jesus na die wêreld gestuur het. Hy sou vir almal se sonde sterf. Ons het gehoor hoe

Jesus bid en vir God sê dat dit vir Hom baie, baie moeilik was om dit vir ons te doen. "Vader," het Hy

gebid, "Ek wil nie Iy nie. Maar as dit U wil is, sal Ek dit doen." Jesus het dwarsdeur die nag gebid en

gebid.

God het 'n engel uit die hemel gestuur om met Sy dierbare Seun te praat. Die engel het vriendelike

woorde van troos en hoop met Jesus gepraat. Sy stem het so os soet musiek geklink. Jesus het toe

geweet dat Hy sou kon doen wat God gevra het. Hy sou moeilike dinge vir ons doen.

Toe Jesus teruggekom het nadat Hy gebid het, het Hy ons almal aan die slaap gekry. Kan julle dit

glo? Net toe Jesus ons die nodigste gehad het, het ons geslaap! [Kinders sê, "Maar Jesus het hulle

liefgehad!']

Wel, die Joodse leiers en priesters het met sold ate na die tuin gekom om Jesus te kom vang. Hulle

het Hom na die Hoepriester se huis geneem. Ek het ver agter gevolg. Jesus sou daarvan gehou het

om my by Hom te hê, maar ek was bang. [Kinders sê, "Maar Jesus het Jou liefgehad!']

Ek het hulle gevolg tot in die voorhof van die groot huis en naby die vuur wat die wagte gemaak het

om hulleself warm te hou, gaan sit. 'n Diensmeisie het my in die skaduwees sien sit. Sy het na my

gewys en gesê, “Dit is een van Jesus se volgelinge!"

My hart het byna gaan staan! Ek was so bang. "Ek ken nie eers vir Jesus nie!" het ek uitgeroep.

[Kinders sê, "Maar Jesus het Jou liefgehad!']

Driekeer het mense vir my gevra of ek Jesus geken het, en al driekeer het ek gese Nee! [Kinders sê,

"Maar Jesus het Jou liefgehad!]

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 5

Aan die anderkant van die voorhof het Jesus my woorde gehoor. Na die derde keer het Hy

omgedraai en reguit na my gekyk. Sy oë was vol hartseer, maar ook vergifnis en liefde. [Kinders sê,

"Maar Jesus het jou liefgehad.]

Skielik het ek nie meer bang gevoel nie. Ek het sleg en skaam gevoel dat ek gesê het dat ek Jesus nie

geken het nie! Ek het begin huil. Ek het uit die voorhof gehardloop en gehuil, en gehuil.

Toe die son begin opkom het, het die leiers van die Jode bymekaar gekom. Hulle wou hê dat Jesus

moes sterf omdat Hy gesê het dat Hy die Seun van God was. Hulle het gedink dat dit die regte ding

was om te doen met iemand wat Homself God genoem het. [Kinders sê, "Maar Jesus het hulle

liefgehad.]

Die Joodse leiers het Jesus na die Romeinse heerser, Pilatus, geneem en vir hom leuens oor Jesus

vertel. Pilatus het nie die leuens geglo nie, maar hy was bang vir die Joodse leiers, en daarom was hy

bang om Jesus te laat vry gaan. [Kinders sê, "Maar Jesus het hom liefgehad.]

Buitekant het 'n groot skare mense geskree, "Kruisig Hom! Kruisig Hom!"[Kinders sê, "Maar Jesus

het hulle liefgehad.]

Uiteindelik het Pilatus ingestem om te doen wat die Joodse leiers en die skare wou hê. Pilatus het 'n

Soldaat opdrag gegee om Jesus te slaan! en toe het ander soldate Hom weggeneem. [Kinders sê,

"Maar Jesus het hulle liefgehad.]

Die soldate het vir Jesus ‘n pers kleed aangetrek wat soos ‘n koning se kleed gelyk het. Hulle het ‘n

kroon van dorings gemaak en dit op Sy kop gesit soos wat ‘n koning sou dra. Hulle het neergekniel

en gemaak asof hulle Jesus aanbid - en dan het hulle op Hom gespoeg! [Kinders sê, "Maar Jesus het

hulle liefgehad.”]

Jesus het nie probeer ontsnap nie. Hy het nie terugbaklei, of met hulle oor die leunes wat hulle oor

Hom vertel het, gestry nie. Jesus se hart het gebreek van verdriet, maar Hy was nie kwaad vir die

leiers, of diesoldate, of die mense in die skare nie. Jesus het my en die andere wat Hom liefgehad

het, maar bang was, vergewe.

Jesus was gewillig om te doen wat Hy ookal moes doen, om ons te red. Loof Jesus vir die moeilike

dinge wat Hy gedoen het om ons te red! Loof Jesus dat Hy ons vergewe en ons liefhet!

Opsomming

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u vra: Hoe sou julle gevoel het indien julle Petrus was en julle het

nou net vir mense gese dat julle nie vir Jesus ken nie? Wat sou julle gedoen het as julle omring

was deur die skare wat geskree het dat Jesus gekruisig moes word? Wat dink julle van die manier

waarop Jesus vir die mense omgegee het wat Horn seergemaak het? Was dit maklik vir Jesus om

moeilike dinge vir Sy vriende en vir ons te doen? Net toe Hy Sy vriende die nodigste gehad het,

het hulle Hom verlaat. Sy liggaam was seer en mense het oor Hom gelieg. Jesus het daardie

moeilike dinge gedoen sodat ons sondes vergewe kan word en ons gered kan word. Onthou julle

ons boodskap?

Kom ons sê dit saam:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 6

U Benodig:

Bybel

BYBELSTUDIE

Maak u Bybel by Lukas 22:39-46, 54-23:25 oop. Wys na die gedeelte en sê: Dit is hier waar ons

vandag se verhaal in God se Woord, die Bybel, vind. Lees gekose gedeeltes, parafraseer waar

nodig. Vra: Waarheen het Jesus gegaan om te bid? Vir wie het Hy gevra om vir Hom te bid? Wat

het Jesus se vriende in plaas daarvan gedoen? Hoe het die Joodse leiers vir Jesus behandel. Hoe

het Jesus hulle behandel? Jesus het vir ons gely omdat Hy ons liefhet. Hy was gewillig om te doen

wat dit ookal geneem het om ons van sonde te red. Ek is so bly dat Hy hierdie moeilike dinge

gedoen het, is julle nie ook nie? Kom ons sê ons boodskap saam:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Geheueteks

U Benodig:

Bybel

Blaai na Openbaring 4:11 en sê: En dit is waar ons ons geheueteks kry. Lees die teks hardop. "Here,

ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang." Jesus is waardig om

heerlikheid en eer en krag te ontvang, omdat Hy die Seun van God is. Hy is ook waardig omdat Hy

die moeilike dinge vir ons gedoen het om ons te red. Gaan dan aan om die geheueteks te leer soos

hieronder uiteengesit.

Verdeel die kinders in drie groepe. Gee die woord "Heerlikheid" vir die eerste groep, "Eer" vir die

tweede groep en "Krag" vir die derde groep. Almal se, "Here, ons God, U is waardig om ... te

ontvang" en wys dan na elke groep sod at hulle hulle woord kan uitroep om die teksvers te voltooi.

Ruil die woorde vir die groepe nou om en herhaal totdat die kinders die versie ken.

EN/OF

Doen die volgende aksies terwyl die geheueteks herhaal word:

Here, ons God, U is waardig (Wys boontoe.)

om die heerlikheid en eer (Wikkel vingers terwyl hande van middellyf na bors

gebring word.)

en krag (Hou arms op asof armspiere wys.)

te ontvang. (Reik vorentoe met beide hande en trek dan terug.)

Openbaring 4:11 (Palms saam, dan oop.)

Moeilike Dinge wat Ek vir Jesus sal Doen

3. TOEPASSING VAN DIE LES

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 7

U Benodig:

groot papier of karton of wit/swartbord

merker

Laat die kinders probeer om In tongknoper soos volg te herhaal: Sannie sleep sewe swaar sakke

sout. Laat hulle oefen om dit 'n paar keer vinnig te sê. Vra: Was dit moeilik? Sommige dinge is vir

ons moeilik om te doen. Ek gaan op hierdie bord "Moeilike Dinge Wat Ek Vir Jesus Sal Doen" skryf.

Nou moet julle vir my idees gee van sommige dinge wat julle vir Jesus sal doen, self al is dit

moeilik, omdat julle Hom liefhet. Sodanige dinge kan insluit: gehoorsaam wees vir pappa of

mamma, vriendelik met kleiner kinders wees, gesonde kos eet waarvan hulle nie hou nie, vriendelik

wees met mense wat nie met hulle vriendelik is nie, help met take soos om asblik leeg te maak, ens.

Opsomming

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u vra: Hoe is hierdie dinge net soos (of nie soos) die moeilike dinge

wat Jesus vir ons gedoen het nie? Hoe sal hierdie dinge julle help om meer soos Jesus te wees?

Dinkjulle dat julle hierdie week sommige van hierdie dinge kan doen? Jesus het ons so lief dat Hy

baie moeilike dinge vir ons gedoen het. Ons loof Hom omdat Hy daardie moeilike dinge gedoen

het. As Hy dit nie gedoen het nie, sou ons sondes nie vergewe geword en ons gered geword het

nie. Kom ons sê vandag se boodskap saam:

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Doringkroon Deurhanger

U Benodig:

klein papierborde

gekleurde karton

skere

merker

gomstokkies

4. DEEL DIE LES

Sny voor die tyd die middel van 'n klein papierbord vir elke kind uit en laat ‘n randjie van 2-5 cm; sny

driehoekige "dorings" uit verskillende kleure karton; sny stroke gekleurde papier uit en skryf daarop

"Loof Hom" vir In lint. Help die kinders om die "dorings" op die bard vas te plak rondom die rond sod

at hulle uitwaarts steek. Laat hulle die "Loof Hom" lint op die onderkant vasplak (vergelyk

illustrasie).

Opsomming

Sê: Julle het nou net 'n doringkroon gemaak om ons te herinner aan die een wat die soldate op

Jesus se kop gesit het. Jesus se kroon was van regte dorings gemaak wat baie skerp was. Hoe dink

julle sal dit voel wanneer regte dorings in julle kop ingedruk word? Julle kan julle kroon hierdie

week met iemand deel terwyl julle vir hulle vertel van die moeilike dinge wat Jesus gedoen het

omdat Hy ons liefhet. Kom ons sê ons boodskap nog een laaste keer saam:

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 8

ONS LOOF JESUS OMDAT HY MOEILIKE DINGE VIR ONS GEDOEN HET.

Afsluiting

Sê: Liewe Jesus, dankie dat U die moeilike dinge vir ons gedoen het. Help ons om moeilike dinge

vir U te doen. Ons het U lief. Amen.

Kind LOG - Jaar B – Kwartaal 1 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!