Attention! Your ePaper is waiting for publication!
By publishing your document, the content will be optimally indexed by Google via AI and sorted into the right category for over 500 million ePaper readers on YUMPU.
This will ensure high visibility and many readers!
H oërskool G ebeure Pieter van Wyk - Operasionele Hoof Wat ʼn voorreg om, deur leerlinge, personeel en ouers, as deel van die Curro-familie verwelkom te word. Vanuit die staanspoor, was daar ʼn ontvanklikheid met die welkome belofte van samewerking. Wie kan dan nie anders as om vroegoggend met ʼn lied in die hart skool toe te ry nie. Ek is getroud met Renée wat sedert 2008 in diens van Midstream College staan. Ons oudste, Divan, is tans in graad 12 (graad 12-ouers ek besef terdeë waardeur julle gaan) en dan my jongste en hart se punt, Leandrie, wat tans in graad 10 is. Tydens my dienstydperk van 7 jaar by Southdowns College, is ‘n baie goeie fondasie gelê rakende die werkinge van ‘n privaatskool. Desnieteenstaande die feit dat privaatskoolonderrig duur is en dienslewering ononderhandelbaar is, bestaan daar ʼn miskonsepsie waaroor ek baie sterk voel. Ons is steeds in vennootskap om die beste vir ons kinders te bewerkstellig. Daarom is eienaarskap van ons ouergemeenskap, onderwysers en leerlinge nodig, om dit wat ons aanpak, deur te voer. Ons kry te veel gevalle waar ouers en leerlinge deel vorm van ʼn span en op nommer 99, vir welke rede ook al, onttrek. Dit laat ONS skool sleg lyk. Curro Roodeplaat kom dan ongeorganiseerd voor en dit laat ʼn slegte smaak in die mond van potensiële kliënte agter. Hou asseblief by die program wat weekliks uitgestuur word. Daar sal ook in die toekoms ʼn kwartaalprogram uitgestuur word om sodoende u beplanning te vergemaklik. In die bestek van drie kort weke, was ek verras met prestasies van ondermeer die o/15- en 1ste rugbyspanne wat albei ligawenners in die groter Pretoria-streek is. Die spelers het ook in die uitspeel van die Virseker Beker-toernooi, hulle man gestaan. Die 1ste span het onder die vier beste spanne in die kompetisie vir kleinskole geëindig. Baie geluk aan die bergfietsryers wat baie goed presteer het tydens hulle laaste twee ekskursies. Die o/16 dogtershokkiespan verdien ook spesiale melding wat in die Noord-Gauteng-liga vir kleinskole as wenners uit die stryd getree het. Die krieketseisoen is tans in volle swang. Baie geluk aan die 1ste span met hulle onlangse oorwinning oor die Hoërskool Montana. Die sokkermanne speel gereeld met gemengde welslae. ‘n Spesiale woord van geluk aan die manne na hul wedstryd teen Curro Academy. Dis voorwaar ‘n prestasie gemeet aan verlede jaar se eindtelling. Curro Roodeplaat se ruiters is ook besig om vir hulle self naam te maak deur verskeie toekennings tydens top kompetisies te verwerf. Alhoewel my voertuig om leerlinge te bereik hoofsaaklik sportgedrewe was, het ek ʼn voorliefde vir die skone kunste. Die lewe gaan oor balans en waardering van uitnemendheid. Dis kultuurmaand en oudisies is gehou in al die formate van die uitvoerende kunste met die oog op ons kultuur galaaand. Dit volg op die rug van Curro Kuesta wat verlede naweek plaasgevind het. Die terugvoer was pragtig en verskeie van ons leerlinge KWARTAAL 3 Designed by sales-squad.com 6 <strong>NUUS</strong>BRIEF 8/<strong>2017</strong> info@salessquad.co.za 7