23.04.2018 Views

NUUS_T1-April 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ROODIES ADVENTURE NIGHT RACE

Die eerste jaarlikse Roodies Night Race het Saterdag by

Gabbata Lodge plaasgevind. WOW! Wat ‘n wonderlike

opkoms van beide kinders en ouers. ‘n Ligte reënbui,

wat almal afgekoel het, het bygedra tot die avontuur. Die

wedloop het met ‘n oomblik van stilte vir wyle me Winnie

Mandela begin.

Met die geluid van die sirene was die opwinding in die

lug elektries. Die entoesiastiese hoërskoolleerders het al

langs die roete gesing en alle deelnemers aangemoedig.

Die bos, klippe en bokke het tot die avontuur bygedra.

Die eerste hoërskool seun en meisie-atlete was Blessings

Mandandara en Donae van Deventer. Die eerste

laerskool-atleet was, Armand Vivier wat dan ook algeheel

derde eindig. Baie geluk!

Na afloop van die wedloop is die honger, moeë atlete

en toeskouers na die kosstalletjies gelok. Die atmosfeer

was aansteeklik.

Ons hartlike dank aan alle deelnemers, toeskouers en

helpers asook Gabbata Lodge wat hul deure oop gemaak

het sodat Curro Roodeplaat ‘n wonderlike byeenkoms

kon aanbied.

NETBAL

Die netbalseisoen het op

‘n positiewe noot begin

met netbaloefeninge

asook ‘n netbalkamp

gedurende Februarie.

Ons het in kwartaal

1 ‘n paar vriendelike

netbalwedstryde gespeel

teen skole waarvan

Laerskool Wonderboom

en Laerskool Danie Malan

deel was. Hierdie was baie

goeie geleenthede vir die

dogters om die seisoen

mee te begin.

Ons ligawedstryde vind

plaas gedurende April tot

Junie (sien “Belangrike

datums”). Uitslae vir die

eerste ligawedstryde

gespeel op Dinsdag,

17 April teen Laerskool

Cullinan, is as volg:

o.10 A – (Gelyk) 6 - 6

o.10 B – (Verloor) 10 - 4

o.11 A – (Gelyk) 3 – 3

o.12 A – (Wen) 11 – 6

o.12 B – (Gelyk) 4 – 4

o.13 A – (Wen) 20 - 6

o.13 B – (Verloor) 16 – 8

APR 2018

PROUDLY DESIGNED BY SALES-SQUAD.COM 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!