23.04.2018 Views

NUUS_T1-April 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BOODSKAP UIT DIE KANTOOR

Baie welkom terug

na die welverdiende

Paasvakansie.

Dit is my gebed dat die

Heer ons skool, ons

ouers, ons leerders en

ons onderwysers ryklik

gedurende kwartaal 2, sal

seën. Ek bedank graag

al ons rugby-, netbal- en

hokkiespelers wat, ter

voorbereiding van die

komende ligawedstryde,

op toer gegaan het. Ek is

oortuig dat ons getuies sal

wees van jul harde werk

tydens die seisoen. ’n

Spesiale woord van dank

aan al ons onderwysers

en afrigters wat hul

kosbare tyd opgeoffer het

in die voorbereiding van

ons spanne. Baie geluk

aan Abby Welch, Liam

Whitehead en Jacques

Mouton wat provinsiale

kleure verwerf het. Sien

onder die onderskeie skole

se nuus hul uitsonderlike

prestasies. Baie geluk

aan hulle!

Die leerders het nou almal

hulle eerste kwartaal

rapporte ontvang en

alhoewel u die geleentheid

gehad het om onderwysers

tydens die oueraande te

kon ontmoet, beklemtoon

ek graag die noodsaak

van samewerking tussen

ouers en onderwysers in

die geval van algemene

of akademiese probleme.

Kontak tussen ouers

en onderwysers hoef

nie beperk te wees tot

oueraande nie en ek nooi

graag al ons ouers opnuut

uit om te skakel met

ons onderwysers indien

ondersteuning en hulp

verlang word.

Op Donderdag, 19 April het

ons die amptelike opening

van ons hoërskool gehad.

Ons was bevoorreg om

die Adjunkminister van

Sport, sy Edele Mnr. Gert

Oosthuizen sowel as die

Hoof-Finansiële beampte

van Curro Holdings, Mnr.

Bernardt van der Linde as

gasspreker tydnes hierdie

geleentheid te kon hê. Ek

wil die hoop uitspreek dat

ons skool in jare wat kom

sal voldoen aan die drome

wat die gemeenskap vir

ons koester.

Ek is baie bly om aan

te kondig dat mnr. Dirk

Steenkamp aangestel is as

die nuwe VOO-Fasehoof

by ons hoërskool. Ek

wens hom graag sterkte

toe op die pad vorentoe.

Die volgende personeel

is ook vanaf kwartaal 2 by

ons aangestel:

Laerskool: Me.

Tarryn Krige en Me Azelia

Zill

Hoërskool: Me.

Casey-Lee de Beer en

Me. Nicola Robbertse.

Ek wens hul graag sterkte

toe in hul onderskeie

klasse.

As deel van ons

bemarking, hou ons skool

vanaf 8-13 Mei ’n uitstalling

in die Kolonnadewinkelsentrum.

U is

welkom om ons te kom

besoek, maar ek wil u

graag aanmoedig om ons

skool aktief te bemark en

ook voornemende ouers

aan te moedig om ons

stalletjie te kom besoek.

Vriendelike groete,

Ferdi Niemand

APR 2018

PROUDLY DESIGNED BY SALES-SQUAD.COM 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!