03.03.2021 Views

AA REISIGER HERFS 2021

AA Reisiger. The magazine for the Automobile Association South Africa. Afrikaans edition.

AA Reisiger. The magazine for the Automobile Association South Africa. Afrikaans edition.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

eisiger

R45

NCAP-BOTSTOETSE

Daar is goeie en

slegte uitslae

HERFS 2021

VERKEN JOU PLEK

• Besoek die juweel

van Gauteng

• Tem die Draak van

die Drakensberg

• Alles wat jy moet weet

oor rolstoelvriendelike

verblyf

AARTO

Hoe raak

die nuwe

wet jou?

RESEPTE

Die lekkerste

eenpotgeregte

Op die spoor van

K galagadi

Cleopootra in die

10033467JB/ JHB/A JHB/E

DIE NUWE KRAGTIGER

ERVAAR DIE LUUKSHEID VAN VRYHEID

MODEL VERTOON: 2.8 GD-6 4x4 VX AT

Ontdek die betekenis van die Weelde van Vryheid in die nuwe Fortuner. Met ’n kragtiger 2.8-liter enjin,

die mees gevorderde veiligheidstoerusting* nog en die enorme nuwe swart binneruim, sal jy nie ’n meer

bekwame en luukse vennoot vir die langpad kry nie.

MODELREEKS: 2.4 GD-6 RB MT | 2.4 GD-6 RB AT | 2.4 GD-6 4X4 AT | 2.8 GD-6 RB AT | 2.8 GD-6 4X4 AT | 2.8 GD-6 RB VX AT | 2.8 GD-6 4X4 VX AT

BESPREEK VANDAG NOG ’N TOETSRIT BY TOYOTA.CO.ZA

* Beskikbaar op spesifieke modelle.

Van die redakteur

REDAKTEUR

Gerda Engelbrecht

gerda.engelbrecht@media24.com

KUNSHOOF

Sally Cronjé

ASSISTENTREDAKTEUR

Petro-Anne Vlok

REPRODUKSIE

Dewald Spies

PRODUKSIE

Kerry Nash

Kurt Ohlson

UITVOERENDE HOOF: MEDIA24

Ishmet Davidson

UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA

Rika Swart

HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL

Minette Ferreira

HOOFBESTUURDER: KOMMERSIEEL

Nerisa Coetzee

FINANSIËLE HOOF

Jameelah Conway

SIRKULASIEBESTUURDER

Armand Kasselman

ADVERTENSIES

Danie Nell

danie.nell@media24.com

ALGEMENE NAVRAE

Amina Essop

amina.essop@media24.com

VOORBLADFOTO

GERDA ENGELBRECHT

GEDRUK DEUR

CTP PRINTERS

VERSPREI DEUR

ON THE DOT

Gepubliseer deur Media24,

'n afdeling van NASPERS.

40 Heerengraght,

Kaapstad 8001

ALLE REGTE VOORBEHOU

Die winteruitgawe

van

AA Reisiger word

in die eerste

week van Junie

versprei.

Gee jou oor aan

die nostalgie

Wat begin het met ’n ligte fassinasie, ’n eenvoudige “wat as …”, het

momemtum gekry tot die punt waar ek soos ’n verliefde skoolmeisie

gedagdroom het. Oor ’n Vespa. In die hoop dat ek die reisgogga effens in

toom kon hou, het ek in die maande van isolasie ou gunstelingreisboeke

afgestof en herlees, en na skaars 20 bladsye van Peter Moore se A Vroom

with a View, het ek op die internet begin kyk na tweedehandse Vespas. Die

koeël was deur die kerk. In die boek vertel Peter (’n Australiër) hoe hy vir sy

veertigste verjaardag ’n veertig jaar oue Vespa in Italië koop en die platteland daarmee platry.

Dis idillies. Die omgewing! Die dorpies! Die kos! Die avonture! In my gedagtes was ek weer

’n student op Stellenbosch waar ek met ’n poeierblou 80 CC-poegie klas toe gery het. Ek het

die wêreld aan my voete gehad... met R7 per week se petrolgeld!

Ek is nie een wat oornag goed besluit nie en het vir my stappe gestel om seker te maak die

Vespa-verliefdheid is eg. Ek het die lang ry by die verkeerdsdepartement getrotseer en weer

’n leerlingrybewys gaan skryf. Ek het ’n paar gaan toetsbestuur. Maar ek kon nie die verlange

na ’n Vespa afskud nie. Die hart het sy redes waarvan die verstand niks weet nie. Dit was asof

daardie droom, om weer plekke te verken op die rug van ’n poegie, my gehelp het om weer

’n toekoms te sien. Vespa in Kaapstad het my ’n tweedehandse een help opspoor, wat ek

sedertdien Sophia (Loren) gedoop het.

Ek lees die ander dag ’n interessante artikel op National Geographic se webwerf, “The

surprising way nostalgia can help us cope with the pandemic”. Ek herken baie van myself in die

artikel. Die WAT definieer nostalgie as ’n “sentimentele of soms buitensporige verlange na

’n dikwels geromantiseerde of geïdealiseerde tydperk in die verlede”.

Volgens die artikel is nostalgie tot in die twintigste eeu as ’n siekte beskou. In die 1600’s, teen

die einde van die Dertig Jaar Oorlog (1618-1648), is dit in ’n mediese joernaal as die “boosheid

van die hart” beskryf. Dit was die Switser Johannes Hofer wat dit in 1688 nostalgie begin noem

het, na aanleiding van die twee Griekse woorde nostos (“tuiskoms”) en algos (“pyn”). Hofer het

egter in sy navorsing bevind nostalgie, waarin soldate terugverlang het na hul vorige lewens, is

’n serebrale siekte met ’n demoniese oorsprong. Een Russiese bevelvoerder (in ’n ander oorlog)

het glo sy troepe lewend begrawe as hulle nie dié sieklike verlange huis toe kon afskud nie.

Dis eers aan die einde van die 19de eeu wat wetenskaplikes nostalgie as ’n geestestoestand, en

nie ’n mediese een nie, begin beskryf het, en self toe was hulle nie dadelik positief daaroor nie.

In 1995 is daar egter by die Le Moyne College in Syracreuse, New York, ’n omvattende studie

gedoen oor nostalgie. Dit was een van die eerstes wat dit positief beskryf het. Nostalgie gee

vir ons ’n buffer teen eksistensiële bedreigings. Dit is ’n manier waarop ons vir onsself hoop en

inspirasie vir die toekoms gee. “Nostalgia mobilizes us for the future. It increases our desire to

pursue important life goals and our confidence that we can accomplish them.”

Dit gaan nog maande, dalk jare wees voordat ek weer ’n lang staptog oorsee kan

geniet of vertonings op Broadway kan kyk. Intussen sal Sophia my help om weer ’n slag

op Riebeek-Kasteel te kom, ontbyt te eet op Franschhoek of ’n nag oor te slaap in die

Breedekloof of die Hemel-en-aarde-vallei. Met R60-petrolgeld per tenk!

Gerda

Gerda_travel

*Een van Sophia se eerste bykomstighede was die AA-paniekknop. Die

knoppie verbind aan die slimfoon-app vir AA Armed Response, wat 180

veiligheidsmaatskappye landwyd gebruik sodat jy hulp op enige plek kan

ontbied. Die diens kos ’n billike R35 per maand en die knoppie eenmalig R460

(by AA-winkels landwyd). Jy kan ook hulp ontbied deur ’n knoppie op jou foon

te druk. Fietsryers plak sommer die knop op hul helms sodat hulp naby is.

Het jy terugvoer oor hierdie uitgawe? Skryf aan ons by aa@media24.com

3

HERFS 2021 | AA Reisiger

20

68

Inhoud

46

4

3

Hoe nostalgie jou kan red

Herinneringe kan jou hoop gee

7 Brief van die uitvoerende hoof

Die AA beweeg altyd

vorentoe, vir jóú

8

Layton sê

Die AA wil nie net kla nie,

maar alternatiewe gee

9

Die Global NCAP-botstoetse

Daar is goeie én slegte resultate

29

Voëls van eenderse vere

Die AA word Birdlife SA se

bewaringsvennoot

REIS

12

Ver in die ou Kgalagadi

Gerda het 'n spesiale ervaring

met ’n jagluiperdwyfie en

haar welpies gehad

30

Kies koers berge toe

Hier is 9 lekker dagstappe

in 9 provinsies

36

Die wraak van die draak

As jy in die Drakensberg stap, moet

jy op alles voorbereid wees

42

Verblyf vir mense met

mobiliteitsprobleme

Mense wat moeilik loop of in

rolstoel is, wil ook vakansie hou.

’n Kenner help jou verblyf kies

46

Die stilte van Robberg

Hierdie hut kan jy nie eens

per motor bereik nie

LEEFSTYL

52

As die son water trek

Sam het raad vir die perfekte

sonsondergangfoto’s

RYGOED

68

Rygoed vir kampeerders

Hier is 7 lekker voertuie waarmee

jy die wêreld kan invaar

74

Eerste indrukke

Ons toetsbestuur die VW T-Roc,

Honda WR-V, Hyundai Creta en

die Toyota Starlet en Agya

78 Goeie aarde, hier kom Aarto

Die AA verduidelik die

knelpunte in dié konsepwet

80

Speel-speel

Vul ons blokraai in en

doen ons vasvra

82

Veels geluk, liewe Vespa

Ons onthou waar dié ikoniese

bromponie begin het

20

Kom rus langs die Oranje

’n Local sê waar jy in dié

Namibiese streek moet bly en ry

56

Eet al fresco

Hier is die lekkerste toerusting

om buite te kook

24

Kuier op Cullinan

Mia ontdek die juweel van Gauteng

62

Eenpotwonders

Die lekkerste potjies en bredies

vir die kombuis of vuur

AA Reisiger | HERFS 2021

BESKERM U GELIEFDES

MET DIE DRUK VAN’ N

KNOPPIE

WEES VEILIG. ORAL. ALTYD.

Kry toegang tot AA Rescue Me, wat insluit

persoonlike gewapende veiligheidsbeamptes,

padbystand en mediese bystand, 24 uur per

dag, enige plek in die land. R25 p.m. vir AA-lede

en R15 elk per ekstra afhanklike (maksimum 3).

Die AA tot jou diens

GEAKKREDITEERDE

AGENTE

BLY

OP DATUM

Om jou AA-lidmaatskapbesonderhede

by te

werk, bel 0861 000 234,

stuur e-pos na

aasa@aasa.co.za of

besoek aa.co.za

OOS-KAAP

Travel Experience Port Elizabeth,

041-368-6452

Harvey World Travel Oos-Londen,

043-726-0601

VRYSTAAT

Travel Experience Bloemfontein,

051-444-0571

6

DIE AA IS 24/7 BESKIKBAAR

BY 0861 000 234

BESTUUR JOU VLOOT – MET AA CONNECTED CAR

'n AA Connected Car-toestel in jou

voertuig help jou met soveel meer

as net voertuigopsporing. Dit gee

jou gemoedsrus met die wete dat

die AA saam met jou op die pad is.

AA Connected Car is 'n kombinasie

van hardeware en sagteware wat

voertuigeienaars en vlootbestuurders

toelaat om 'n oog op rygedrag en

voertuigverrigting te hou. 'n Klein

toestel word binne minute in jou

voertuig geïnstalleer en sagteware,

wat jy op jou rekenaar of selfoon

kan laai, gee jou toegang tot 'n

verskeidenheid van inligting, wat alles

direk van die voertuig verkry word.

Die belangrikste kenmerk van AA

Connected Car is dat die inligting wat

ingesamel word, joune is. Niemand

anders het daartoe toegang nie. AA

Connected Car bied jou inligting en die

vryheid oor hoe om dit te gebruik.

WAT KRY JY

• Voertuigopsporing in reële tyd of

agterna

• Nasionale netwerkdekking

• Dienskennisgewings

• Uitgawe-logboek en verslae wat

afgelaai kan word

• Verstelbare aanlyn geo-grense (van

bestem mings) om veiligheid- en

toegang verbode-sones te stel

• Kry kennisgewings oor swak

bestuursgedrag/spoedoortredings per

e-pos of in die app

• Kry kennisgewings oor pap of

ontkoppelde voertuigbatterye

• Sien alle gebeure per voertuig per rit

op 'n kaart, webruimte en jou foon

AA Connected Car is 'n intekendiens

en koste is van toepassing. Skakel

011 799 1696 of gaan na www.

aa.co.za/aa-connected-car

Bly op hoogte van die jongste bedryfsnuus deur die AA te volg by

Facebook: AASouthAfrica Twitter: AASouthAfrica of by www.aa.co.za

GAUTENG

Travel Experience Menlyn,

012-348-2522

Travel Experience Benmore,

011-884-4104

Travel Experience Park Meadows,

011-615-7946

AA Cresta,

011-478-5312

Travel Experience Boksburg,

074-175-2709

Travel Experience Centurion,

012-653-5513

Voetspore 4×4 Megaworld,

012-940-8999

AA Foreign Travel Kyalami,

011-799-1042

KWAZULU-NATAL

Travel Experience Musgrave,

031-201-5244

Travel Experience La Lucia,

031-572-7852

Harvey World Travel Shelly Beach,

039-315-6330

MPUMALANGA

Dana Travel Agency Nelspruit,

013-753-3571

WES-KAAP

Club Travel Tygervallei,

021-914-2265

Constantiaberg Travel,

021-715-2850

Travel Experience Cavendish

Square, 021-683-1410

Harvey World Travel George,

044-874-6930

AA Reisiger | HERFS 2021

Van die uitvoerende hoof

Ons beweeg vorentoe

– vir jóú

Beste AA-lid

My werk as uitvoerende hoof van die AA

is om seker te maak dat jy maksimum

voordeel uit jou lidmaatskap trek; dit is

die dryfveer van alles wat ons hier by

die AA doen. ’n Belangrike deel hiervan

is om seker te maak dat ons huidige

aanbieding alles doen wat ons beloof,

en om dan die prosesse in te stel wat dit

laat gebeur. As ons egter nie voortdurend

vorentoe beweeg en innoveer nie, sal ons

eenvoudig in een plek vasgevang bly, en

sal jou voordele nie mettertyd verbeter nie.

Niemand van ons wil dít hê nie.

Daarom moet ons nuwe rigtings inslaan

en dit noukeurig doen. Verlede jaar het ons

verskeie nuwe en verbeterde produkte in

ons reeks gevestig. AA Armed Response,

byvoorbeeld, is suksesvol bekendgestel,

en daarna het ons ’n paniekknoppie

bygevoeg. Dit behoort binnekort in al

ons plaaslike AA-winkels te wees. AA

DIE PROGRAM #SaferCarsforAfrica EN

AARTO IS ALBEI BAIE BELANGRIK VIR ONS,

EN DIS VIR ONS BELANGRIK DAT JY ONS

STANDPUNT OOR ELKEEN VERSTAAN.

Connected Car is nog ’n voorbeeld, sowel

as AA Autofacts. Hierdie is uitstekende

produkte wat die toets van die tyd sal

deurstaan. Maar dis nie genoeg nie. In die

komende maande sal ons nog produkte

bekendstel, alles daarop gemik om

jou voordele en ervaring van die AA te

verbeter.

Deel van daardie ervaring is die

tydskrif wat jy tans lees. As jy hierdie

uitgawe elektronies lees, maar graag

’n papierweergawe wil hê, sorg net dat

ons jou korrekte tuisadres het, en ons sal

toesien dat dit by jou voordeur afgelewer

word. Gegewe die probleme met die

Poskantoor het ons besluit om nie meer

tydskrifte op hierdie wyse af te lewer nie,

maar ons kan dit na jou voordeur bring

(sonder enige ekstra koste) as ons jou

korrekte adres het.

Ons dink AA Reisiger is ’n uitstekende

manier om jou aan nuwe plekke, mense en

aktiwiteite in ons land voor te stel. Een van

die artikels in hierdie uitgawe fokus op ’n

sewe dag lange besoek aan die Kgalagadi.

Dis ’n heerlike artikel en het my beslis lus

gemaak om weer soontoe te gaan. Daar

is ook ’n mooi artikel oor die Robbergnatuurreservaat

en dagstappe wat jy in elke

provinsie kan onderneem. ’n Baie goeie

en noodsaaklike artikel in hierdie uitgawe

is oor rolstoelvriendelike verblyf, met

voorbeelde in elke provinsie, ’n kwessie

waaroor ons nie dikwels genoeg skryf nie,

maar wat ook baie belangrik is om oor na

te dink.

Daar is twee artikels in hierdie uitgawe

wat ek egter wil hê jy deeglik moet

lees: Die eerste een is die Global NCAPbotstoetsuitslae

van die afglope jaar, en

die tweede is die artikel wat ons mening

oor die voorgestelde Aarto-wetgewing

uiteensit. In 2020 het byna 10 000 mense

ons petisie aangaande hierdie wetgewing

onderteken, ’n groot prestasie. Die program

#SaferCarsforAfrica en Aarto is albei baie

belangrik vir ons, en dis vir ons belangrik

dat jy ons standpunt oor elkeen verstaan.

Op hierdie punt wil ek Mahindra gelukwens!

Dit is die eerste motorvervaardiger in Suid-

Afrika wat ’n vyfster-veiligheidsgradering

gekry het vir ’n voertuig wat plaaslik te

koop is. Dit is ’n ongelooflike prestasie,

en ons hoop dit is die eerste van vele

vyfstergraderings in ons land.

Laastens wil ek julle almal aanmoedig

om die AA-app af te laai. Dit is in al die

app-winkels beskikbaar. Die app sal jou nie

net toelaat om jou besonderhede vinnig te

verander nie, maar jou ook op die hoogte

hou van alle nuwe ontwikkelings. Dit sal

jou boonop in staat stel om ons vinnig in

die hande te kry in ’n noodsituasie. Dis ’n

wonderlike app en ek hoop jy oorweeg om

dit te installeer.

Tot volgende keer

Willem Groenewald

7

HERFS 2021 | AA Reisiger

Layton se rubriek

Die AA –

krities om ’n rede

DEUR LAYTON BEARD, DIE AA SE BESTUURDER

VIR OPENBARE BETREKKINGE

8

Ons beleid by die AA is om

nooit kritiek te lewer ter

wille van kritiek nie. Ons

probeer doelbewus om

altyd alternatiewe te verskaf

vir dit waaroor ons kritiek uitspreek. Ons

glo dis ons plig om eerlik te wees en ons

maak nie kritiese uitsprake omdat ons

persoonlike gewin najaag nie. Ons het

geen politieke byltjies wat ons wil slyp

nie en geen politieke ambisies nie. Ons

is gefokus op die een ding wat vir ons

belangrik is: om Suid-Afrikaanse paaie

veiliger te maak.

Toe die minister van vervoer die

jaarlikse padongelukstatistieke vir die

feestyd bekend gemaak het, het ons

dit in detail bestudeer en ontleed. Die

afgelope maand, toe hierdie syfers weer

bekendgestel is, het ons genoem dat

hoewel die sterftesyfer met tien persent

afgeneem het, het verkeersvolumes ook

met tien persent afgeneem, wat ’n beter

konteks aan die syfers gee.

Ons het verder gegaan en genoem dat

nie genoeg gedoen word om die veiligheid

op ons paaie te verbeter nie, dat die

huidige maatreëls nie doeltreffend is nie

en dat baie, baie meer gedoen moet word.

Wel, wat behels “baie, baie meer”? Dit

is belangrik dat ons ook konteks hiervoor

gee, anders val ons argument plat. Ek

dink dit gee ’n duidelike aanduiding dat

ons regtig al die detail oorweeg het en dat

ons weet waarvan ons praat.

Kom ek gee julle dus ’n idee van wat

ons met “baie, baie meer” bedoel. In die

eerste plek beaam

ons die bevinding van die

Verkeerstoepassingsoorsigkomitee

(’n komitee wat in 2016 deur die minister

gevestig is om verkeerswettoepassing

landwyd te ondersoek) dat die getal

verkeersbeamptes moet verdubbel. Dis

’n punt wat ons al herhaaldelik gemaak

het: As jy die veiligheid op die paaie wil

verbeter, vermeerder die getal mense wat

die wet toepas.

Tweedens, maak seker elke verkeersbeampte

in die land het die nodige

toerusting om sy of haar plig uit te voer.

Dit sluit in voertuie (wat veilig en in ’n

goeie toestand is) wat toegerus is met

alles wat hulle nodig het (rekenaars,

radar, asemontleders). Sonder hierdie

toerusting kan die verkeersbeampte

netsowel by die huis bly.

Derdens, verskuif die fokus vanaf

statiese wetstoepassing na bewegende

verkeersoortredings. Hoeveel mense is al

voorgekeer en beboet oor ’n lisensieskyf

wat verval het? Ons is van mening dat ’n

motorskyfboete geensins die veiligheid

op paaie verbeter nie, dit help slegs met

inkomstegenerering. As alternatief stel

ons voor dat mense voorgekeer word

wat oortredings begaan wat ongelukke

veroorsaak: mense wat elektroniese

toestelle gebruik terwyl hulle bestuur, die

spoedgrens oortree, op gevaarlike plekke

verbysteek, nie sitplekgordels dra of hul

kinders vasgespe nie. Dis enkele dinge

wat ons beter moet polisieer. En hierdie

oortreders moet swaar gestraf word, en

die res van die samelewing moet dit sien

gebeur. Wetstoepassing moet

sigbaar geskied.

Laastens, hou op om nuwe

wette en regulasies in te stel as die

voriges nooit behoorlik toegepas is

nie. Teen hierdie tyd het ons nou al

almal gehoor dat die regering van plan

is om die wettige bloedalkoholvlak

vir motoriste vanaf 0,05 gram per

100 milliliter na 0,00g/100ml te verlaag,

en die asemhalingskonsentrasie van

0,24g/1000ml ook na nul. In effek sal

enige hoeveelheid alkohol in jou bloed of

asem beteken dat jy oor die limiet is.

Vergeet vir ’n oomblik van kwessies soos

alkohol in medikasie (soos hoesstroop)

en fokus op die inwerkingstelling van die

nuwe wet. Wat vir ons raaiselagtig is, is

dat hierdie nuwe wet ingestel word met

al die huidge wetstoepassingspersoneelen

hulpbronkwessies steeds onopgelos.

Ons hét tans voldoende maatreëls om

met dronkbestuur af te reken, maar dit

word nie toegepas nie, so niks sal regtig

verander nie. Jy kan nie ’n probleem met

wetgewing regmaak as dit voete op die

grond vereis nie, en dís wat hierdie wet

probeer doen. Dit sal nie werk nie, want

daar is ’n groter onderliggende probleem:

gebrekkige personeelvoorsiening en swak

toepassing. Dis waar die fokus moet wees.

Tot volgende keer.

Layton

Volg Layton op Twitter @LaytonBeard

Hooffoto: Getty Imges/Gallo Images

AA Reisiger | HERFS 2021

AA-verslag

NCAP-BOTSTOETSUITSLAE

REDE VIR

KOMMER ÉN

BLYDSKAP

Global NCAP en die AA het die volgende ronde uitslae van

die botstoetse as deel van die #SaferCarsForAfrica-program

bekendgemaak. Die Mahindra SUV300 se resultate het uitgestaan.

Foto: Getty Images/ Gallo Images and @SaferCarsForAfrica

Drie redes tot kommer

Die Global NCAP-toetse word ondersteun deur

Bloomberg Philanthropies en die FIA Foundation.

Die #SaferCarsForAfrica-program (www.globalncap.

org) is in 2017 deur Global NCAP van stapel gestuur

om voertuigveiligheid in Afrika te verbeter.

Drie modelle is in 2020 getoets, waarvan die

uitslae in Desember bekend gemaak is. Dit is

die Steed 5 pick-up van Great Wall, die Haval

H1-vyfdeur-SNV en die kompakte Renault Kwidvyfdeur.

Al drie hierdie voertuie het ernstige redes

tot kommer getoon. Hiervan was die ontstellendste

die nul-gradering van die Great Wall Steed 5, wat

'n groot waarskynlikheid van lewensbedreigende

beserings inhou.

Alejandro Furas, sekretaris-generaal van

die Global NCAP, sê hieroor: “Nog 'n bakkie

met 'n nul-gradering gee ons ernstige

rede tot kommer." Die Nissan Hardbody

het reeds in 'n vorige ronde toetse ook 'n

nul-gradering gekry. "Daar is 'n groot verskil

tussen die aansprake wat hierdie voertuie se

reklamemateriaal maak en die realiteit van hul swak

veiligheidsprestasie.”

David Ward, die president van die stigting

Towards Zero sê: “Dit is kommerwekkende resultate

vir die veiligheid van die volwassene insittendes

sowel as die kinders wat in die voertuig is. Ons

tweede #SaferCarsforAfrica-nul-gradering in die

bakkiekategorie, met 'n groot waarskynlikheid van

lewensbedreigende beserings, behoort rooi ligte

te laat flits vir enige verbruiker wat die koop van 'n

Steed 5 pick-up oorweeg.

“Danksy suksesvolle botstoetse in Indië

en Latyns-Amerika, kan ons die verskillende

veiligheidstoerustingspesifikasies nagaan van

voertuie wat in die een mark vervaardig word,

maar in 'n ander een verkoop word. Dit is daarom

verrassend dat die Renault Kwid, wat op grond

van die oorspronklike Indiese weergawe vir

Latyns-Amerika ontwikkel is, 'n beter gradering vir

die volwasse en kinder-insittendes het, en Isofixankerpunte

as 'n standaardkenmerk het, sowel as

voorste en kantlugsakke.”

9

HERFS 2021 | AA Reisiger

Great Wall Steed 5

Renault Kwid

10

Willem Groenewald, uitvoerende

hoof van die AA Suid-Afrika, sê: “Ek

stem saam met Ale en David dat hierdie

resultate kommerwekkend is. Sedert

die #SaferCarsforAfrica-program in

2017 van stapel gestuur is, het ons 'n

beroep gedoen op ons regering om die

veiligheidstandaarde van die bedryf te

verbeter. Hierdie uitslae bevestig weer

die dringendheid daarvan. Ons kan

eenvoudig nie langer onveilige motors

op ons paaie hê nie.

“Ons het met die Nasionale Reguleerder

van Verpligte Standaarde gesels

en die bewyse is ooglopend. Ons is

gretig om verandering in hierdie verband

te sien. Optrede is dringend nodig, want

dit gaan oor die beskerming van Suid-

Afrikaanse burgers.”

Great Wall Steed 5

Bakkies, wat soms "pick-ups" genoem

word, is 'n gewilde voertuigsegment in

Suid-Afrika. Ná die 2018-toets van die

Nissan NP300 Hardbody, het Global

NCAP die Great Wall Steed 5 gekies

vir toetse. Die Steed 5 ding mee (wat

prys betref) met die Nissan in die

bakkiekategorie.

Die Steed 5 is in sy basiese weergawe,

wat nie lugsakke het nie, getoets.

Die lesings vir die bestuurderpop was

rooi vir die kop en bruin vir die bors en

nek, wat dui op swak beskerming vir die

kop, nek en bors. Dit is kritiese areas. Die

struktuur sowel as die voet-area was

onstabiel.

Die frommeling van die kajuit en

die beweging van die stuurkolom het

vrae laat ontstaan of 'n lugsak ernstige

beserings aan die bestuurder sou kon

voorkom.

Die vervaardiger het besluit om nie

'n kinderbeperkingstelsel vir die toets

aan te beveel nie. Daarom is nul punte

toegeken vir die kinderinsittendeevaluering.

Die pop wat 'n driejarige simboliseer

het gebreek tydens die toets weens

die swak kinderbeperkingstelsel. Die

Steed 5 het nie Isofix-ankerpunte vir

die kindersitplek agter nie en het ook

nie driepunt-sitplekgordels vir die

passasiers in die ander sitplekke nie.

Renault Kwid

Die Renault Kwid is deur Global

NCAP getoets toe dit in 2016 in Indië

bekendgestel is en die struktuur is

sedertdien nog nie verbeter nie. 'n

Weergawe wat in BrasiliՉ vervaardig

word, is later deur Latin NCAP getoets,

waar dit 3 sterre gekry het, met sykantlugsakke

wat by die voorste sakke

gevoeg is en sluitweerremme.

In Afrika bied die Kwid ná sy onlangse

opknapping 2 lugsakke as standaard.

Die beskerming vir die bestuurder se

kop is as voldoende gegradeer en dié

vir die passasier as goed. Al die nekke

is goed beskerm, maar die bestuurder

se bors is nie goed beskerm nie. Die

lyfstruktuur was onstabiel en die pedale

het beweeg, daarom is twee sterre vir

die volwassenes se veiligheid toegeken.

Die kind is swak beskerm omdat die

kop kontak met die binnekant van die

motor gemaak het. Die gebrek aan

driepuntgordels vir al die sitplekke

en 'n gebrek aan Isofix-ankerpunte

het die Kwid 'n 2-ster-gradering vir

kinderveiligheid gegee.

AA Reisiger | HERFS 2021

AA-verslag

Haval H1

Die Haval H1 is deel van die gewilde

voertuigsegment klein sportnutsvoertuie

en het twee lugsakke as standaard. Die

bestuurder en voorste passasier se nek

en kop was goed beskerm. Die passasier

se bors is ook goed beskerm, maar die

bestuurder s'n was swak. Die voete is

nie goed beskerm nie. Die lesings vir die

bestuurder se veiligheid en die onveilige

struktuur verklaar die 2-ster-gradering vir

die volwassenes se beskerming.

Die gradering vir kinderveiligheid is

negatief geraak deur die feit dat die

vervaardiger nie aangedui het watter

kinderbeperkingstelsel vir die H1

aanbeveel word nie. Daarvoor is dus

nul punte toegeken. Die stelsel wat

deur die Global NCAP gekies is, het die

beskikbare Isofix-ankerpunte gebruik.

Albei kinders se koppe het kontak met

die kajuit gemaak tydens die toets,

wat hul veiligheid bedreig. Die gebrek

aan behoorlike Isofix-merkers en die

gebrek aan 'n skakelaar om die lugsakke

te deaktiveer, het aan die H1 'n 2-stergradering

vir kinderveiligheid besorg.

The Mahindra XUV300

Die Indies vervaardigde Mahindra

XUV300 het egter die eerste voertuig in

Afrika geword met 'n 5-ster-gradering.

Die XUV300 het in 2020 'n 5-stergradering

vir die Indiese mark gekry.

Omdat die Global NCAP se programme

in Indië en Afrika dieselfde protokol en

produksievereistes volg, is die gradering

ook vir Afrika bevestig.

Die beskerming van die kop en

nek van die bestuurder en voorste

passasier was goed. Die bestuurder se

bors is genoegsaam beskerm, terwyl

die passasier s'n goed beskerm is. Die

ligaamstruktuur was stabiel en kon

verdere ladings verduur. Die voetarea is

as stabiel gegradeer.

Wat 'n sy-impak betref, het die

XUV300 as standaard aan die

tegniese vereistes van die UN95-

regulasies voldoen. Die XUV300 het as

standaard 'n sitplekgordelherinnering

vir die bestuurder en die passasier.

Sluitweerremme is ook standaard.

Die sitplek van die driejarige kon

uitermate vorentoe beweging voorkom

en het matige beskerming vir die bors

gebied. Die baba se beperkingstelsel is

met Isofix geïnstalleer en die beskerming

was goed. Die voertuig bied Isofix as

standaard en boonste ankerpunte aan die

buitebord vir die twee agterste sitplekke.

Daar is nie driepuntgordels vir al die

sitplekke nie. In die geval waar 'n stoeltjie

geïnstalleer moet word wat agtertoe

kyk, is daar 'n skakelaar waar die lugsak

afgeskakel kan word.

Willem sê: “Hierdie is 'n mylpaal vir

die #SaferCarsforAfrica-projek en wys

dit is moontlik om hierdie uitstekende

gradering in ons voertuigmark te behaal.

Ons is baie ingenome dat hierdie

gradering deur 'n nakomingsverslag

bereik kon word. Ons is baie bly dat daar

'n billik geprysde voertuig met 'n 5-stergradering

in Afrika beskikbaar is.”

Lees die volledige uitslae by www.

aa.co.za/2020-crash-test-results.

11

Haval H1

Die Mahindra XUV300

Foto's: Getty Images/ Gallo Images en @SaferCarsForAfrica

HOE WERK DIE TOETS?

Vir die evaluering word voertuie toegerus met botstoetspoppe wat volwassenes in

die voorste sitplekke verteenwoordig, plus poppe wat 'n driejarige en 'n 18 maand

oue baba op die agtersitplek voorstel. Die motors word teen 64 km/h in 'n soliede

blok ingedryf wat 40% van die motor se breedte dek aan die bestuurder se kant. Dit

simuleer 'n kop-aan-kop-botsing.

Veiligheid van kinderinsittendes: Die Global NCAP ken aparte punte toe vir die

veiligheid van insittendes voor en agter. Dit benadruk die verskillende vlakke van

beskerming wat die kinders en volwassenes in die voertuig geniet. Die Global NCAP

toets die kinderbeperkingstelsel wat deur die vervaardiger aanbeveel word, want die

enigste veilige manier van vervoer vir jou kinders is as hulle agter in hul stoeltjies

vasgemaak is. 'n Voertuig wat Isofix-ankerpunte het, het 'n groot voordeel in

terme van beskerming vir jou kind.

HERFS 2021 | AA Reisiger

VER IN DIE OU

Kgalagadi

12

Reservate

Die sierlike gemsbok,

na wie die park

oorspronklik genoem is

In 2020 het die regstreekse internet-uitsendings van safaritte op

Wild Earth (DStv-kanaal 183) vanuit die Kgalagadi Gerda Engelbrecht

se verbeelding aangegryp. ’n Besoek aan die park het hul gesin se

wildste drome oortref. Dit is alles te danke aan een jagluiperdwyfie

en haar welpies, wat hulle Cleopootra genoem het. >

13

HERFS 2021 | AA Reisiger

Reservate

Skoonlief en die ondier.

'n Grondkoggelmander

by 'n skoenlapper

14

Dis sy agtste keer in die

Kgalagadi, spog ons

buurman in Twee

Rivieren terwyl

hy hand in die

broeksak staan

en kyk hoe sy

opgeskote seun die

banddruk van sy Prado

verlaag. “Een keer is nooit genoeg nie,”

sê hy ingedagte.

Dis dag 8 vir ons en ek verstaan dit.

Hoewel dit my ouers se derde besoek

aan die oorgrenspark is, is dit my eerste,

en elke dag het hemelsbreed van die

vorige verskil. Ek kan my net voorstel

watter verskil dit sal maak as ons in ’n

ander seisoen terugkeer. Ek het tydens

die inperking soggens douvoordag voor

die TV ingeskuif vir die regstreekse

uitsending van ’n oggendsafaririt

vanuit onder meer die Kgalagadi (kyk

dit by kanaal 183 op DStv of soek

vir “WildEarth” op YouTube). Ek was

meegevoer en vasbeslote om voor die

einde van 2020 by dié park uit te kom.

“Elke besoek aan die Kgalagadi is ’n

unieke ervaring. Die atmosfeer kan binne

’n oogwink verander – soms verberg

deur ’n sandstorm en ander

tye deur deur dreigende

onweerswolke,” staan in

die amptelike inligtingsgids

van Sanparke wat in die

Kgalagadi verkoop word.

Ons het dit aan eie bas

gevoel. Goed én sleg.

Dieselfde stuk pad lyk totaal

verskillend van dag tot dag

– soms selfs van uur tot uur.

Die grondpad na Mata-

Mata word ’n sandput in

die bloedige namiddagson

en die mak gruispad na

Nossob word in ’n onpeilbare

moddergemors omskep ná

twee nagte van welkome

donderstorms in die park.

Die lug en die duine is elke uur ’n ander

skakering van blou en rooi. Daar is nie

woorde wat reg daaraan laat geskied nie.

Blouwildebees

Oor grense heen

Die Kgalagadi (die naam beteken “groot

dorsland”) is in Mei 1999 gevorm toe

Suid-Afrika se Kalahari-gemsbokspark

(gestig in 1931) en Botswana se Gemsbok

park (gestig in 1938) amptelik

saamgesmelt het. Mabuasehube, die

ongenaakbare deel van die park wat

slegs per geharde 4x4 bereikbaar is, is

in 1971 by die Botswana-Gemsbokpark

ingelyf. Hoewel die samesmelting eers in

1999 amptelik gemaak is, word die parke

sedert die 1940’s saam bestuur. Die

Kgalagadi was die eerste oorgrenspark

in Afrika en is teen byna 40 000km 2 in

totaal een van die grootste nasionale

AA Reisiger | HERFS 2021

GOED

OM TE

WEET

Beste tyd om te gaan Die meeste

besoekers gaan in die winter, en ná ons

teëspoed buite Mata-Mata verstaan ek

hoekom. Maak jou gereed vir bloedige

hitte in die somer. Die kamphekke is

egter langer oop vir diere kyk.

Die donderweer is

op pad in die Kgalagadi

Het ek ’n 4x4 nodig? Nee, ons het

besoekers in Polo’s en Renault Kwids

gesien. Onthou egter dat die hitte ’n

sandpad onrybaar kan maak in ’n 4x2.

Moenie op die hitte van die dag op

sand ry nie of gaan liewer in die kouer

maande. Verlaag jou banddruk – dis

’n belangrike voorsorgmaatreël as jy

in sand bestuur. Die Kgalagadi het ’n

stelsel waarvolgens jy bedags in- en

uitklok by die kampe, en die bestuur

sal optel as jy nie by jou slaapplek

aangekom het nie. Medebesoekers is

uiters hulpvaardig, maar sorg dat jy die

basiese herwinningstoerusting by jou

het: ’n grafie en minstens 5 liter water.

Selfoonsein By Twee Rivieren is die

sein goed, maar dieper in die park is

daar geen sein nie.

Grondeekhoring

parke ter wêreld. Dit is ook een van die

mees ongerepte bewaringsgebiede op

aarde. Dit is juis hierdie ongereptheid wat

mense herhaaldelik laat terugkom.

Blaas af

Ons het reeds op dag 1 die Ontvangskantoor

se raad gevolg en ons bande

tot by 1,6 bar verlaag, maar steeds in die

moeilikheid beland.

Die Kalahari-leeu

“Ons bande” is nie heeltemal korrek

nie. Ek besit ’n piepklein stadsmotor en

is van my suster se sportnuts afhanklik

vir uitstappies soos hierdie. En nadat ons

maande lank nie ons bejaarde ouers kon

sien nie, wou ons hulle nie by die huis

los nie. Aangesien die een reeds ouer as

80 is, wou ons hulle die kampery spaar.

Eintlik was dit ’n handige verskoning. Ek

en my suster kamp graag, maar nie as

die temperature aan 40 grade C raak nie.

Op dag 1 leer ons egter dat hierdie

’n park is soos geen ander nie. Ná ons

eerste nag in Twee Rivieren moet ons

aanskuif Mata-Mata toe, ’n hanteerbare

120 km vanaf die hoofpark. Ons volg

egter ’n strategie wat al dikwels goed

vir ons in die Krugerwildtuin gewerk

het. In plaas daarvan dat ons rooidag

oppak, en die beste wildkykuur van die

dag misloop, gaan ry ons om 05:30 ’n

draai, drink ons koffie by ’n waterpan, en

keer dan om 10:00 terug na ons huisie >

Watse geriewe is daar? Daar is

petrolstasies, swembaddens en

winkeltjies by al drie hoofkampe.

Die winkeltjies verkoop ’n klein

verskeidenheid blikkieskos, vleis,

huisraad en braaihout. Neem bevrore

vleis en groente saam as jy kan. Twee

Rivieren het ’n restaurant, maar dit was

gesluit weens die Covid-inperking toe

ons laat in 2020 daar was. Met enkele

uitsonderings werk die kampe se krag

met kragopwekkers wat tussen 22:00

en 05:00 afgeskakel word.

Paspoorte? Suid-Afrikaners wat die

hek by Twee Rivieren gebruik en nie

die Kgalagadi gaan verlaat nie, het

nie paspoorte nodig nie, al kronkel jy

plek-plek oor die grens na Botswana

of Namibië. As jy egter die park wil

verlaat by Mata-Mata (na Namibië)

of Mabuasehube (Botswana) het jy ’n

paspoort nodig en moet jy minstens

twee nagte in die park oorgebly het.

Hierdie grensposte is slegs vir toeriste

beskikbaar, nie handelsware nie. Die

grenspos by Twee Rivieren sluit om

16:00 en Mata-Mata om 16:30.

15

HERFS 2021 | AA Reisiger

Berghaan

Sterrehemel by

Mata-Mata

16

om rustig op te pak en in die pad na

Mata-Mata te val, waar ons twee nagte

in ’n chalet gaan deurbring wat op die

rivierbedding uitkyk.

Toe ek die een swaar koskrat optel, hoor

ek ’n skeurgeluid – my broek! “Ag nee,

wat,” sê my suster. “Jou toksak is reeds

ingepak. Moenie nou weer gaan krap nie.

Ons gaan tog die hele dag in die kar sit.”

Die dag begin idillies. Ons sien sekretaris

voëls, twee uile, wildebeeste by die

dosyne. By Auchterlonie trek ons af vir ’n

piekniek en snuffel ons in die museum.

’n Vrou kom opgewonde sê dat daar ’n

leeu tien bome van die afdraaipad lê. Ons

gooi haastig ons piekniekgoed terug in die

motor en ... wrintiewaar! Sowat 200 meter

van die afdraai af lê ’n leeu – vier pote in

die lug – in ’n skadukol sy roes en afslaap.

Vir middagete hou ons weer stil by

Kamqua se piekniekplek. Die toilette is

skoon en netjies. Alles gaan goed.

Die witwangskopsuil

Piekniekplek by

Auchterlonie

Mikstert-byvreter

Stof tot nadenke

Kort daarna begin die moeilikheid

egter. Dis nou op die hitte van die dag

en die sand raak geleidelik dieper en

moeiliker om in te bestuur. Ons hou goed

momentum totdat ons op ’n plek kom

waar ’n Landy besig is om ’n Audi Q3

met ’n tou uit te sleep. Ons stop sodat die

Landy en sy sleepsel verby kan kom, en

toe ons weer wil wegtrek, skop die RAV

net stof op. Ons roer nie. André du Toit van

Durbanville drafstap na ons toe, beduie

hoe ons moet agteruit, en vorentoe, en

weer agteruit, maar ons sak ál dieper in.

Ek besef skielik hoe onverantwoordelik

ons was. Ons sit met twee bejaardes by

ons in die motor, en het – my amptelike

4x4-opleiding ten spyt – nie eens die

basiese toerusting by ons nie: ekstra

water en ’n graaf. Maar ons het oral

opgelees dat die paaie na die hoofkampe

begaanbaar is in ’n 4x2. Ons het nie dié

sand verwag nie.

Later beduie André ons moet wag. Hy

gaan die Audi uitsleep en dan vir ons kom

help. Hy mik ook in Mata-Mata se rigting.

Toe hy weg is, kry ons dit aanvanklik reg

om met ’n ge-vorentoe en ’n ge-agtertoe

uit die gat te kom, maar omtrent ’n kilometer

verder raak die sand nog dieper

en ons sak weer in. Die wiele skop stof op

soos ’n Wuppertal-rieldanser, maar ons

gaan nêrens heen nie.

Die barmhartige sand-maritane

Eerste tot ons redding is Niellen en Sterna

van der Walt van Patensie, wat in ’n VW

Amarok kom vakansie hou het. Niellen is

’n mediese dokter digby aftrede, wat ook

’n blaaskans na die eerste besige Covidmaande

neem. Hy probeer dapper om ons

met ’n piepklein noodgrafie los te stoei,

maar maak nie hond haaraf nie. Hy beduie

ek moet by Sterna in die Amarok klim, dan

klim hy by my suster en ouers in die RAV

om te help.

Sterna vertel my van hul reise, haar glips

in ’n RAV en gee my ’n goeie wenk om die

lekkerste verblyf te kry (bespreek altyd

presiés 11 maande voor jou vertrek) om

AA Reisiger | HERFS 2021

Saans om tienuur skakel hulle die

kragopwekker by Mata-Mata af. Dan

kan jy foto's van die naghemel neem.

Verblyf

Reservate

Die drie hoofkampe is Twee Rivieren,

Nossob en Mata-Mata. Hier is huisies

vir 2, 4 of 6 mense, en staanplekke

met gedeelde ablusieblokke. Die

huisies is goed toegerus (ook met

lugverkoeling en plek-plek platskerm-

TV’s), kombuistoestelle, breekware en

eetgerei, en beddegoed en handdoeke.

Die kampterrein het enkele bome en

afdakke vir koelte, sowel as kragpunte.

Sorg dat jy vroeg daar is om die beste

staanplek te kry. Braaiplekke is algemeen

beskikbaar, by die huisies en

die staanplekke. Huise begin by sowat

R2095 per nag vir twee mense, en

staanplek by R400 per nag vir twee

mense. Bespreek by sanparks.co.za of

012 428 9111/082 233 9111.

Versamelvoëlneste

seker te maak jy kry jou voorkeurverblyf.

Dit klink my hulle kom omtrent elke jaar

Kgalagadi toe.

Intussen het Mari en André du Toit in

die Landrover Discovery teruggekeer.

André bied aan om ons verby die ergste

sand te help – tot by Dertiende Gat.

Hy is bedrewe en grawe die RAV se

herwinningspunte uit, en maak die RAV

aan die Disco vas. Die plan is dat ons ook

vet gee – die tou help net.

So vinnig soos blits is ons terug op die

pad. Die Disco galop soos ’n Lipizzaner

voor ons.

Elke keer as die RAV wil-wil spoed

verloor, pluk die tou ons uit die sand

'n Uil teen sonsondergang

buite Mata-Mata

soos ’n steeks donkie wat weer op

die regte pad teruggedwing word. By

Dertiende Gat maak André die tou los en

sê ons moet steeds agter hom bly – dat

hy ’n oog kan gooi. Hy maak die pas styf

aan – jy het momentum nodig vir los

sand, en ons wip soos Dakar-ryers agter

hom aan. Die RAV se voorwiele swaai

soos ’n Labrador in die een rigting en

sy boude in ’n ander, maar ons hou aan

beweeg. Ons is dankbaar toe ons Mata-

Mata se hek sien.

Eers toe ek agterna begin kratte aflaai

onthou ek van die geskeurde broek,

wat toe al ’n peer keer daardie dag

noodgedwonge langs die motor was!

Die dag neem darem ’n lekker

draai. Ons het een van die “rivierhuise”

bespreek en ons stoep kyk reg op ’n

watergat in die droë rivierloop uit.

Ons het twee middae en twee aande

om hier te sit en diere kyk.

Ons kan selfs ’n vleisie braai terwyl

ons dit doen. Saans om tienuur,

wanneer die kamp se kragopwekker

afgeskakel word, neem ons foto’s van

die ongelooflike sterrehemel.

Wat ’n stukkie paradys!

Grootkolk, die Kalahari-tentkamp,

Gharagap, Urikaruus, Bitterpan en

Kieliekrankie is wilderniskampe.

Die kampe is nie omhein nie en

geen kinders jonger as 12 word daar

toegelaat nie. By elke kamp is ’n

gewapende opsigter aan diens, maar

verder geen geriewe soos winkels

of swembaddens nie. Die huisies is

toegerus met linne, breekware en

toestelle wat met sonpanele werk,

maar verder is daar geen kragpunte

nie. Huisies begin by R2125 per nag vir

twee mense. Bespreek by sanparks.

co.za, 012 428 9111/082 233 9111.

Vir luukse verblyf is daar !Xaus

Lode (sanparks.co.za, 012 428

9111/082 233 9111) en Rooiputs

(BotswanaTravelService.com).

Vir verblyf in die Polentswawilderniskamp

en kampeerplekke in

Mabuasehube (slegs bereikbaar met

’n 4x4), kontak die Botswana-kantoor.

+267 318 0774 of e-pos dwnp@gov.bw.

Cleopootra en haar kleintjies

18

Ons het die jagluiperdwyfie

en haar twee welpies eers op

ons laaste dag in die park na

Cleopatra en haar tweeling,

Seline en Alexander, genoem.

Haar elegante houding het aan dié van ’n

sfinks herinner.

Op ons ons heel eerste dag in die

Kgalagadi het ons hulle teen laatmiddag

skaars 10 km buite Twee Rivieren teëgekom.

Sy het soos ’n Egiptiese standbeeld onder ’n

boom gesit-lê. Nóg die vyf of ses motors wat

heen en weer gekarring het vir beter fotohoeke,

nóg haar twee welpies wat haar as ’n

klimraam gebruik het, kon haar versteur.

’n Dag later het ons weer teen laatmiddag

by Samevloeiing (’n watergat) gesien hoe die

motors mekaar verdring.

Ons kon nie naby kom nie, maar kon van

ver af sien dat Cleopootra haar skaars 3 meter

van die voorste motor langs die watergat

neergevly het vir ’n middagslapie.

Op dag 3 het sy ons bederf. Ek was amper

half nukkerig omdat ons eers om sewe-uur

die oggend by die hek uit is – laterig as jy in

ag neem dat die hekke in die somer al om

05:30 soggens oopmaak. Ek het my gestaal

om min diere te sien omdat die Kgalagadi die

vorige nag goeie reën gekry het, wat beteken

dat die diere in die veld kan water drink en

nie na die watergate hoef te gaan nie. Dit

was egter presies die teenoorgestelde. Dit

was asof almal kom partytjie hou het. Die

springbokke staan ’n erewag vir jou langs die

pad, en die skilpaaie krioel soos bosluise op

’n rondloperhond in die veld.

Minder as 20 km buite Twee Rivieren

sien my suster hoe Cleopootra en haar

tweeling-welpies, Selina en Alexander, oor

die rooiduin aankom. Ons sit op die hoofpad

na Nossob, maar besef baie vinnig dat hulle

op pad is in ons rigting. Ons neem koorsagtig

foto’s terwyl sy nader en nader en nader kom,

totdat sy vlak voor ons oor die pad stap om

die twee lasposte aan die oorkant van die pad

weg te steek.

Ons waai nog ’n padskraper weg, toe hoor

ons ’n entjie verder gebeur iets. Cleopootra

was reeds terug met haar vangs, ’n sl apdood

springbok! Hoe lank was dit? Twee minute?

Dalk drie? Toe het sy reeds die springbok

gevang, gedood, én teruggesleep. Ons het

ons oë geknip en die jagsessie misgeloop!

Die Vrystaters in die motor agter ons het

die vensterruit afgedraai en beduie: Die

springbok het nog die een oomblik sierlik

gespring, toe seil Cleopootra deur die lug en

trek hom plat. Hy het nie ’n kans gestaan nie.

Alexander en Selina (terloops, ons het nie

’n benul watter geslag die welpies is nie) het

’n goeie 20 minute met die karkas gespeel

terwyl hul ma eenkant haar asem teruggekry

en water gedrink het. Toe het sy die karkas

AA Reisiger | HERFS 2021

Reservate

Cleopootra en

haar welpies oor

verskeie dae

Foto’s deur Gerda en Mari Engelbrecht

dieper die veld ingesleep en begin vreet.

Dit was die opwindendste kat-besigtiging

in my lewe en het reeds ons besoek aan die

Kgalagadi onvergeetlik gemaak.

Op ons laaste dag in die park ry ons die

oggend weer uit op die Nossob-pad sodat ons

’n laatontbyt by die Melkvlei-piekniekplek

aanmekaar kan slaan. Ons draai kort ná

middagete by Melkvlei, en skerts oor wat ons

graag vir oulaas op die pad terug na Twee

Rivieren sou wou sien. Ek sê ek sou darem

graag nog één keer vir Cleopootra en haar

welpies op ’n duin wou sien sit. En skaars

10 km verder, sien ons weer twee of drie voertuie

langs die pad staan – altyd ’n teken dat

daar katte in die omgewing is. Dis Cleopootra

en die kleintjies! Sy verdwyn weer in die

veld, maar dié keer kry sy nie ’n vangs nie.

Nou vertrek sy op ’n drafstappie in die

rigting van Nossob. Ons draai die RAV om en

volg haar saam met die ander drie motors. By

tye verdwyn die drietjies buite sig en dink ons

ons moet die stryd gewonne gee, maar dan

wys die een 4x4 voor ons weer dóér ver loop

hulle, en sit ons ons agtervolgspeletjie voort.

Sy handhaaf nogals ’n stywe passie, maar

My laaste sien van haar was waar sy soos

'n Egiptiese sfinks op die rooiduin sit

die twee welpies hou maklik by. Later kom

sy weer nader na die hoofpad toe, totdat sy

vlak voor ons RAV oor die pad stap en sowat

5 meter van ons af in die koelte gaan lê. Daar

is niks tussen my en haar nie. Dis asof sy sê:

Tóé, neem nou jou foto’s en kry klaar! Ek sien

hoe sy ’n uiltjie knip, en later weer haar kop

optel. Haar kinders speel met haar en sy was

liefdevol hul gesigte. Ons het seker ’n halfuur

so gesit.

Toe staan sy net so vinnig op, roep die

twee welpies, en kies koers na die groot duin

agter haar. Dit was nou al laatmiddag en ons

het besluit dis ’n goeie tyd om terug te ry

Twee Rivieren toe. Ons het ’n ent vorentoe

gaan draai om weer in die regte rigting te ry.

My laaste sien van haar was waar sy soos ’n

Egiptiese sfinks op die rooiduin sit, met die

blousel-blou lug agter haar, en ’n kleintjie aan

elke sy. Dit was aof sy my stip in die oë kyk toe

ons motor vir oulaas verbykom.

Wat sal ’n mens eendag sien as jou lewe

voor jou oë verbyflits? Ek dink daardie

oomblik sal een van my sekondes wees:

’n Jagluiperdwyfie, wat fier en trots oor

die vlakte sit en uitkyk, met ’n welpie aan

weerskante van haar.

HERFS 2021 | AA Reisiger

ONTSNAP NA DIE

Oranjer

Oranjemund, Noordoewer, Aussenkehr... Drie

plekke wat waarskynlik oor die hoof gesien word

wanneer vakansies beplan word. Die feit dat dit

langs die Oranjerivier geleë is, maak hierdie egter

die perfekte wegbreekplekke as jy rustigheid soek.

FOTO’S EN ARTIKEL DEUR WILNÉ VAN ROOYEN

20

AA Reisiger | HERFS 2021

Die

Verken Namibië

ivier

Namibiërs sê dikwels

Namibië is nie ’n plek nie, dis ’n

ervaring. Dis ’n land van groot

oop ruimtes. Die ongerepte

natuur en onontdekte

land skappe maak dit die perfekte reisbestemming.

Of jy nou op soek is na ’n avontuur

of ’n luilekker vakansie, Namibië was

nog altyd die beste keuse vir albei.

Suid-Namibië is met die groot oop

landskappe die yls bevolkte streek in die

land en bied vrede, rustigheid, maar ook

opwindende aktiwiteite vir die geharde

avonturiers. Hiervan kan ek getuig. Ek

het nog altyd Suid-Namibië aanbeveel,

veral die Oranjerivier. Toegegee, ek is

bevooroordeeld, want ek het langs die

Oranjerivier grootgeword, maar die

afgelope jaar het ek weer besef waarom dit

perfek vir besoekers is.

Die afgelope 24 jaar het ek Oranjemund

my huis genoem, met gereelde reise na

Noordoewer en Aussenkehr. Jy sou dink dat

jy baie sou weet oor waar jy grootgeword

het, maar jy sal altyd iets nuuts leer, solank

jy nie ophou verken nie.

Van my geboorte af het ek baie tyd langs

die Oranjerivier deurgebring, wat my

uiteraard geneig maak om daarheen terug

keer nie. Sedert ek vir ’n graad in Suid-

Afrika gaan swot het, het ek vakansietye

altyd moeite gedoen om weer by die

rivier uit te kom. Aangesien die rivier ook

heelwat wild lok, moet dit eenvoudig op

jou vakansielys wees, maar dis ook ideaal

as jy wil wegkom van alles en ’n bietjie

“off the grid” wil bly. Dis ook een van die

beste plekke ter wêreld vir sterrekyk en

nagfotografie.

Kom na die Oranjerivier om af te skakel

en weer na aan die natuur te leef. Dit is

hier waar al jou sintuie wakker word.

VOËLS, VISSE EN GEMSBOKKE OP

ORANJEMUND

Van ver af lyk die klein diamantdorpie

soos ’n oase met ’n klomp immergroen

bome wat in karamelgolwe toegevou is.

Oranjemund is ’n luukse woestyn-eiland

met sowat 4 000 inwoners. Die dorp

is in 1936 gestig ná Hans Merensky se

ontdekking van diamante in die omgewing.

Oranjemund is eers in 2011 tot ’n dorp

verklaar en is tot 2017 meestal deur die

diamantmaatskappy Namdeb bestuur. En

21

HERFS 2021 | AA Reisiger

22

nee, jy sal nie diamante hier sien rondlê

nie.

Oranjemund, Duits vir “oranje

mond”, is waar die Oranjerivier in

die Atlantiese Oseaan invloei. Dit is

een van die plekke wat tot ’n Ramsarvleilandgebied

verklaar is en word tans

as die sesde rykste vleiland in Suider-

Afrika beskou. Die vleiland ondersteun

’n wye verskeidenheid plante en diere.

Hier is baie flaminke, maar ook skaars

voëls soos die bedreigde Ludwigse

pou, die kwesbare trekduiker en die

damaraseeswael. Daar is voëlskuilings

langs die rivier vir voëlliefhebbers.

Hengelaars sal ook dol wees oor die

Oranjeriviermond. Ek het van kleins

af visgevang, en selfs aan ’n paar

kompetisies deelgeneem. Jy kan besluit

of jy in sout- of varswater wil hengel.

Hier word varswaterspesies soos die

grootgeelvis, rotskatvis en Namakwaghieliemientjie

gevang. Een van my

gunstelingvisvangstories is toe ek ’n

geelvis in die see gevang het – genugtig

weet hoe dit daar gekom het.

As jy in Namibië wil hengel, moet

jy ’n vispermit kry by die kantoor van

die Ministerie van Visserye en Mariene

Hulpbronne. Volgens Travel News

Namibia het die streek die potensiaal ’n

wêreldklas-oorgrenspark te word.

Oranjemund is in die omgewing

van die Tsau-/Khaeb- Nasionale Park

(voorheen bekend as die Sperrgebiet),

daarom sal jy soms springbokke en

ander diere sien wei op die 18-putjiegholfbaan.

Strandwolwe, wat deur die

Namibiese owerheid as uiters kwesbaar

beskou word, kan ook soms gesien word.

Wat die dorp uniek maak, is dat

gemsbokke, volstruise en jakkalse vrylik

deur die strate ronddwaal. Die plaaslike

inwoners beskou die gemsbokke as

familie. Sommiges van hulle gebruik al

selfs die voetoorgang of wag geduldig

vir die verkeer voordat hulle die pad

oorsteek. Die plaaslike Spar het ’n

bordjie wat sê geen gemsbokke word

toegelaat nie.

HOU NOORD NA NOORDOEWER

Noordoewer, ’n boerderynedersetting

langs die Oranjerivier, is ’n

belangrike grenspos tussen Namibië

en Suid-Afrika. Dis ook ’n lekker

vakansiehouplek.

My oupa het vroeër ’n plaas hier

gehad en ek het hier saam met my neefs

Die omgewing op die roete lyk soos 'n toneel uit

'n Wilbur Smith-boek met sy blou lug,

kontrasterende oranje rotsformasies en kokerbome.

en niggies gespeel. Ons was net binne

die huis as die temperature bo 40°C was.

Hier kan grootmense ook speel! Een

van die beste plekke vir rivieravonture

is Amanzi Trails. Die kampterrein kyk

uit oor die majestueuse Geelkranse. Jy

sal verlief raak op die geluide van voëls,

sonbesies en die roep van die visarend.

Met my onlangse besoek aan Amanzi

kon ek nie wag om in die water te kom

nie. Dit het my herinner aan die tye

wat die rivier so laag is dat jy deur die

rivier kon loop. Hier kry ’n kind ’n

reddingsbaadjie as hy nog ’n doek dra!

Amanzi Trails bied gesinsvriendelike

riviervlotvaarte aan en jy het geen

vorige roei-ervaring nodig nie. Kom

dryf hier rustig op ’n 5 meter lange

Indiese Mohawk-kano of pak die

graadeenstroomversnellings.

Sonskerm en ’n hoed is ’n moet. As

jy jou hangmat saambring, sal jy jou

beste middagslapie ooit hier tussen die

koeltebome geniet! Vir die hengelaars

is hier geelvis, moddervis en baber in

oorvloed. (’n Vispermit is noodsaaklik.)

Amanzi word deur Johan La Grange

en Coleen de Villiers bestuur, twee

mense wat die wêreld liefhet en soos die

palm van hul hand ken. Dalk ontmoet

jy ook vir Sammy, Savannah en Mia, hul

vriendelike honde.

Met my onlangse besoek het ek

vir Tanja en Armin Vogelsang van

Duitsland ontmoet. Hulle het by Amanzi

gekamp omdat hulle weens Covid-19 in

Namibië gestrand was. Maar hulle kla

nie, want dit gee hulle die geleentheid

om uiteenlopende landskappe, wilde

diere en die gasvrye mense te leer ken,

sê Tanja.

Hulle het ’n uitgebreide Afrika-reis

in November 2019 begin en middel

Oktober 2020 by die Katima Mulilogrenspos

tussen Zambië en Namibië

aangekom. Hulle het in daardie stadium

reeds drie maande in die land gereis.

Ander reisigers en die selfoon-app

iOverlander het Amanzi aanbeveel.

“Ná ’n paar weke in die Namibiese

woestyn, was Amanzi ’n oase met sy

AA Reisiger | HERFS 2021

Verken Namibië

Jy het hierdie dokumente

nodig by die grens

lieflike gras, groot bome en die pragtige

krans oorkant die oewer,” sê Tanja.

Tanja en Armin beveel Amanzi sterk

aan. “Die hoofrede is Coleen en Johan.

Hulle is wonderlike mense wat die plek

met passie bestuur. Die kampplekke is

pragtig en om op die rivier te roei, is

baie pret,” sê hulle. Hulle beveel ook die

app aan vir enige reisiger aan Namibië.

Net buite Amanzi is daar rotstekeninge

van sowat 2 000 jaar oud

waarvan ek nooit geweet het nie. Die

beelde is in die dolomietgesteentes

gekerf en die ontwerpe beeld meestal

geometriese patrone uit met kolletjies,

spirale en roosters.

Naby die rotstekeninge is die Kokerboomroete,

wat volgens Johan ideaal is

vir fietsryers. Hy stel voor dat jy vroegoggend

of laatmiddag gaan. Hou stil vir

die sonsondergang, beveel Johan aan.

Besoek ook die Visrivier-canyon of Ai-

Ais-warmwaterbronne terwyl jy hier is.

DRUIWE EN AVONTUUR OP

AUSSENKEHR

Aussenkehr is 24 km stroomaf van

Noordoewer geleë. Dit is bekend vir sy

tafeldruiwe. Die bekendste Aussenkehrdruiweplaas

is in 1988 deur Dusan

Vasiljevic gestig. Hy en sy gesin het die

eerste tafeldruiwe in 1990 geplant.

Die uiterste klimaatstoestande

veroorsaak dat Aussenkehr se

tafeldruiwe drie tot vyf weke vroeër

GOED

OM TE

WEET

BLY HIER

Oranjemund

Shepherd Lodge, +264 63 232 996

ofshepherds.africa

Op My Stoep Lodge, +264 63

234 223, opmystoep.com

Oryx Guesthouse Oranjemund,

+264 81 820 6095

Jy kan langs die see kampeer!

Daar is klein skuilings met ’n

vuurmaakplek langs die see.

Geen bespreking of toestemming

is nodig nie.

Noordoewer

Die Noordoewer Gastehuis is net

mooi halfpad tussen Kaapstad

en Windhoek. Dit het twee

swembaddens en 'n pragtige

uitsig oor die Oranjerivier.

Mense beweer jy kry hier die

beste melktert in die Suide

van Namibië. +264 63 297108,

noordoewerguesthouse.com

Aussenkehr

Norotshama River Resort;

+264 63 297 215;

norotshamaresort.com

HOE KOM JY DAAR?

• Neem die N7 tot by die

Vioolsdrift-grenspos.

• Ry van die grens af noordwes op

die B1, en draai links op die C13.

Al drie bestemmings is in daardie

omgewing. Vir Aussenkehr steek

jy die Auchaspas oor.

• Paspoort, geldig vir ses maande of

langer ná jou vertrek uit Namibië

• Volledige geboortesertifikaat vir

kinders jonger as 18

• Geldige rybewys

• Gewaarmerkte afskrif van

voertuigregistrasiepapiere in die

naam van die bestuurder

• As jy in ’n gehuurde/geleende

voertuig ry, ’n brief van die eienaar

wat jou volmag gee om die voertuig

te bestuur

• As die voertuig nog gefinansier

word, ’n magtigingsbrief van die

bank (met volledige reisdatums)

• Motorversekeringsertifikaat.

Gratis by die grens te kry. Geldig

vir 30 dae

• ZA-plakker

• Minstens een nooddriehoek per

voertuig

• Bring jou eie pen saam

geoes kan word as elders, wat die

gebied ’n voorsprong bo ander druiweprodusente

gee. Aussenkehr het nou 12

groot druiweplase en -kwekers.

Hier loop ’n lekker 4x4-roete deur

die Kings Throne-canyon (kry ’n permit

teen R100 by die Spar op Aussenkehr).

My pa het ’n groot deel van sy lewe hier

gewoon en was salig onbewus van die

4x4-roete. Jy het goeie grondvryhoogte

en ’n ewenaarslot daarvoor nodig.

Die omgewing op die roete lyk soos

’n toneel uit ’n Wilbur Smith-boek

met sy blou lug, kontrasterende oranje

rotsformasies en kokerbome. As jy

gelukkig is, sal jy hier van die wilde

perde van die Namib sien dwaal.

Die roete neem ongeveer twee uur en

jy het geen selfoonsein nie, bring dus

die basiese herwinningstoerusting saam.

Aussenkehr is ’n fantastiese plek vir

rotsklim, ook in die Kings Thronecanyon.

Kry raad en permitte daarvoor

by die Norotshama River Resort. Weens

die hitte beveel hulle net rotskllim aan

tussen April en September.

As jy weer deurskiet Etosha toe, vertoef

eers ’n ruk in die Suide. Jy sal nie spyt

wees nie.

23

HERFS 2021 | AA Reisiger

Dis naweek

Cullinan Junction

McHardyhuismuseum

Oaklaan

Die juweel van

24

Marilyn Monroe het

gesing "diamonds are a

girl’s best friend", maar

dis Cullinan se oudhede,

lekker restaurante en

jakaranda-strate wat dié

diamantdorp soos ’n ou

vriend laat voel.

ARTIKEL & FOTO'S

DEUR MIA LOUW

Met ons inry by Cullinan,

kruie ’n antieke

Volkswagen Kewer

verby ons. Ek loer

oor my skouer en

sien hoe die roomkleurige Volla die

straat afry, verby eeu-oue geboue en

onderdeur ’n pers jakarandasambreel.

Jy sien gereeld klassieke motors

in Cullinan, inwoners en besoekers

van die res van die land wat op ’n

Sondag-uitstappie gaan. Met sy

Victoriaanse argitektuur en talle

oudhedewinkels, voel dit of jy

hier ’n treetjie in tyd teruggee.

Die dorp is genoem na Sir Thomas

Cullinan, wat in 1898 besef het daar

is diamante in die omgewing. Sir

Thomas kon egter eers jare later

die grond koop. In 1902 is Cullinan

se kimberlietpyp ontdek en in

1903 het die ontginning begin.

In 1905 het die Premiermyn

internasionaal opslae gemaak: Die

grootste diamant ter wêreld is hier

ontgin. Die Cullinan-diamant het 3106,75

karaat (621,35 gram) geweeg en is in 9

stukke verdeel. Die grootste twee – Great

Star of Africa en Second Star of Africa –

is op die Britse kroonjuwele gemonteer.

Meer as 115 jaar later word diamante

nog volstoom hier ontgin, maar

dié myndorp in Gauteng bied ook

iets vir diegene wat nie hul hand

diep in die sak wil steek nie. As jy

net wil drentel, oudhede uitsnuffel,

spookstories hoor of lekker wil eet,

kom kuier gerus op Cullinan.

AA Reisiger | HERFS 2021

Oaklaan

Die Cullinan-omgewing

Gauteng

NUUT OP DIE DORP

Ek en my man, Hancu, arriveer Vrydag

laatmiddag by ons verblyf, 117 on Oak.

Dit is in die bekende Oaklaan, die

straat waar die meeste van die dorp se

restaurante en winkels geleë is. Maak

net seker jy kom kuier oor ’n naweek.

Die meeste toeristeaantreklikhede

is toe in die week en restaurante

sluit al vroegaand hul deure.

“Ons winkels kan wispelturig wees,”

sê ons gasvrou by 117, Lize-Mari

Pistorious. Lize-Mari, Jacques en hul

kinders woon al twee jaar op die dorp

en kom oorspronklik van die Noord-

Kaap af. Jacques doen aankopebestuur

vir die myn en Lize-Mari het ’n

agtergrond in gasvryheidsbestuur,

’n talent wat jy dadelik opmerk.

Die drie private eenhede is stylvol

en prakties. Lize-Mari het aan alles

gedink wat jy moontlik nodig sal hê:

’n klein yskas, haardroër, eetgerei,

luukse toiletware, beskuit vir jou

koffie, ’n glasie sjerrie en sjokolade.

Soggens laai sy ’n ontbytmandjie

op jou stoep af: varsgebakte

piesang-muffins, skons met spek

en roomkaas, vars vrugteslaai met

jogurt en muesli en ’n sterk koppie

boeretroos. Die tariewe is heel billik.

“ ’n Mens kort dan en wan ’n

bederfie wat nie die bank breek nie.

Almal verdien dit,” sê Lize-Mari.

117 on Oak se tuin is spoggerig,

met rose en laventel wat pronk al om

die 100 jaar oue huis en buitekamers.

Jacques en Lize-Mari het 70% van die

restourasiewerk self gedoen. “Ons is

suckers vir ou goed en lief daarvoor om

dit te herwin – die helfte van ons tuin

kom van die vullishoop af,” sê Lize-Mari.

Dit is dan goed hulle woon nou in

Cullinan, hier is pandjieswinkels en

oudhede om elke hoek en draai.

Ons sluit ons Vrydagaand af by

nog ’n nuwe-ou plek. ’n Paar tree in

die straat af staan die St. George’s-

Anglikaanse Kerk wat deur die Britse

argitek sir Herbert Baker ontwerp

is. Vandag is dit bekend as @Church

Wedding Venue, met ’n restaurant,

kroeg en ’n kunsuitstalling in die

statige sandsteengebou wat verlede

jaar langs die kerk opgerig is.

Ná ’n pizza en glas rooiwyn

stap ons terug na 117 toe.

25

HERFS 2021 | AA Reisiger

Dis naweek

26

VERDER AF IN OAKLAAN

Saterdagoggend verken ons Oaklaan

verder. Uit die verte hoor ons die

gedreun van enjins en kort voor lank

brom ’n groep bikers by ons verby.

Hulle parkeer onder in die straat by die

mengelmoes van winkels en restaurante.

Terwyl ons inglip by die winkel

Rust in White, hoor ons hoe tokkel

iemand ’n kitaar by The Cockpit

Brewhouse langsaan. Rust in

White verkoop ’n oorweldigende

verskeidenheid van antieke kombuisen

beddegoed, oudhede vir jou tuin

en ’n lieflike reeks emalje-eetgerei.

Die winkel word deur JanHarm Vorster

en Pieter Vosloo bestuur, en twee geboue

straatop is hulle ander onderneming

– JanHarmsgat se Agterplaas. Elke

oppervlak van hierdie boheemse lokaal

(vir troues, verjaardae en konferensies)

is op ’n unieke wyse versier: emaljeborde,

blikhouers, mosaïekteëls en kleurvolle

lappe wat uit die hoë dak gedrapeer is.

“Ek is ’n groot junkyard junkie,”

skerts JanHarm. “Maar jare gelede

was ek feitlik alleen op die scrapyards,

toe raak dit ’n kompetisie,” sê hy.

JanHarm en Pieter het vakansiehuise

in Nieu-Bethesda en Rosendal. “So ry

ons dan Vrystaat of Karoo toe, verby

klein dorpies soos Villiers, Frankfort

en Tweeling. By elkeen hou ons stil

en vra: Waar’s die scrapyard?”

JanHarm is in Cullinan gebore

en getoë. “Dit lyk my ek kan nie hier

wegkom nie, maar ek dink ook nie ek

wil nie,” sê hy. Hy het in 1998 met

net ’n “antique shop” begin. “Ek was

die eerste huisie aan dié kant van die

straat wat besigheidsregte gekry het.”

Die geboue onder in Oaklaan was

residensiële kothuise, maar die myn

het in daardie jare planne beraam om

toerisme in die dorp te bevorder.

Vandag besit JanHarm ook ’n

verblyfinstansie in die dorp, die

Gastehys JanHarmsgat (dis inderdaad

hoe hy gastehuis spel), en hy bestuur

die sosiale media blaaie vir I love

Cullinan, ’n platform om toerisme na

die omgewing te lok. “Die zipline is

fantasies,” roep JanHarm uit. “Dit is in

die area waar ek grootgeword het, by

Muningi Gorge. Dit is nie mooi daar

nie ... dis afgryslik mooi! Jy kan amper

nie glo dat jy in Gauteng is nie.”

Op JanHarm se aanbeveling gaan

maak ons ’n draai by Adventure Zone

Cullinan (ook in Oaklaan) om meer

uit te vind oor Muningi Gorge. Net 13

km buite die dorp kan jy voetslaan,

abseil, perdry of op vierwielmotorfietse

rondjaag. Adventure Zone bied ook

ander aktiwiteite en toere aan.

Vandag stoot ons die avonture opsy;

ons gaan eet middagete en drink

wyn! As Greek as It Gets is langsaan

Rust in White, maar dit voel werklik

of jy in Griekeland sit. Die wit-en-blou

mure en dekor lok jou in, en jy voel

verfris as jy hier uitloop. Ons het ons

eie “platter” gebou met voorgeregte:

mossels, keftedes (frikkadelle in

Lientjie Wessels

JanHarm Vorster

in Rush in White

’n rooiwynsous), gemarineerde

artisjokke, pitabrood en koue witwyn.

IETS VAN DIE VERLEDE

Lui en dikgepik aan Griekse kos,

loer ons in by Cullinan Tourism and

History. Hier vertel Toy Olivier vir ons

van die toere wat hulle aanbied: die

Underground Tour (’n ondergrondse

myntoer), Journey of a Diamond (’n

bogrondse myntoer) en die Village

Historical Tour. “Ons ry en sien al

die ou geboue op die dorp, soos die

Anglikaanse kerk, die ontspanningsklub

en die ou hospitaal. Dit is R120 per kop

vir 45 minute, en ons ry 11:00 en 13:00.”

Toy ken die myn goed, hy het 37 jaar

lank daar gewerk. “Ek het in 1967 hier

begin. Ek was ’n ventilasie-offisier en ek

was in beheer van brandvoorkoming.”

Toy vertel ons meer oor die myngat en

hoe ’n groot deel in 2019 ingestort het.

Dit is hoekom jy nie meer die Friends

of the Rail-stoomtrein van Pretoria na

Cullinan kan neem nie. “Die groot gat

begin al hoe meer wegkalwe, al hoe

nader aan die spoor, en die treinroete

is om veiligheidsredes gesluit.”

Volgende op ons agenda is die

McHardy-huismuseum. Dis die eerste

huis wat in 1903 by die Premiermyn

gebou is. William McHardy was die

eerste mynhoofbestuurder en sy

familie het vir 81 jaar in die huis

gebly. Twee van sy dogters, Evalina

en May, het tot 1984 hier gewoon.

“Hier is ’n foto van die twee >

AA Reisiger | HERFS 2021

GOED

OM TE

WEET

HOE KOM JY DAAR?

Die 100 km vanaf Johannesburg (via die N1 en

R513) en die 40 km vanuit Pretoria is haalbaar

op ’n Vrydagmiddag. Die spitsverkeer kan erg

raak, maar om Saterdagoggend in Cullinan

wakker te word maak dit die moeite werd.

WAAR HET ONS GEBLY?

117 on Oak het drie selfsorgeenhede en is

stapafstand van die restaurante en winkels.

Ontbyt is ingesluit by die tarief. 083 642 5594

/ 082 334 5512

Die spoggerige Gastehys JanHarmsgat word

beskryf as “grênt with a difference”. Daar is

vier kamers om van te kies en die Zau Spa is

langsaan. 074 322 5225 / 082 255 2465,

www.gastehys.co.za

WAT KAN JY DOEN?

Adventure Zone Cullinan bied verskeie

aktiwiteite aan. www.azcullinan.co.za, 021

734 0507.

VIR MEER INFORMASIE oor die dorp- en

myntoere, kontak Cullinan Tourism and

History 063 706 7915 / 021 734 2170

GAAN STAP

Muningi Gorge is nie die enigste plek vir

avonturiers nie. Windy Brow-wildreservaat

(7 km suidwes van Cullinan) en Somabulareservaat

(8 km suid) het ook voetslaanpaaie.

Daar is bergfietsroetes by Windy Brow en

Somabula het verblyf-opsies: chalets, ’n

kampeerterrein en vier ossewaens wat in

wooneenhede omskep is.

Somabula-natuurreservaat. 082 550 1892,

www.somabula.co.za

Windy Brow-wildreservaat. 082 936 6979,

www.windybrowadventures.co.za

27

117 on Oak

REIS MET KINDERS: Lize-Mari en Jacques is

altyd op soek na kindervriendelike vermaak

en uitstappies. “Ons geniet die Italiaanse

restaurant Piacere Ristorante. Die kinders

kan lekker daar speel,” sê Lize-Mari.

082 203 9746

Die Pienk Koei (Du Plooy Melkery) is 14 km

buite die dorp naby Rayton. “Dis ‘n regte egte

melkery – jy kan die koeie sien (en ruik). Daar

is ook ander plaasdiere en ’n speelplekkie vir

die kinders.” 012 736 2145

Dis naweek

28

susters,” wys ons toergids, Simoné

Engelbrecht. “As jy tannie Evalina se

oë dophou, lyk dit of hulle jou volg,”

sê sy doodernstig. Simoné ken nie net

die huis se geskiedenis nie; sy deel

ook graag informasie oor die myn en

die diamante wat daar ontgin word.

“In 1984, nadat die twee susters

oorlede is, breek daar mense by die huis

in. Die enigste ding wat hulle gesteel

het, was bottels ingemaakte vrugte,”

sê sy in die spens. “Mense het gedink

daar is diamante daarin versteek.”

Dit is al laatmiddag en die McHardys

se spensrakke laat my maag grom. Ons

ry Hotelstraat toe vir skemerkelkies en

aandete by die Cullinan Premier-hotel.

’N UITSTAPPIE MET LIEFIE

Die volgende oggend is ons vroeg

op om deur die jakarandastrate te

stap. Ons draai af in Hotelstraat en

stap in die rigting van die Cullinan

Junction Shops by die ou treinstasie.

Net voor die Junction sien ons ’n

vriendelike Jack Russel op haar eie

uitstappie. Sy volg ons treinstasie toe.

Dit is nog te vroeg vir die tweedehandse

winkels, en die Station Diner is

besig om oop te maak. Ons loop verder

deur die strate en terug Oaklaan toe, en

al die pad drentel die brakkie agterna.

Ons raak later bekommerd oor

haar veiligheid (en haar eienaar se

senuwees) en lei haar terug stasie toe.

“Die hondjie bly hier naby, by die ou

stasiemeesterhuis. Sy het seker uitgeglip

Die Premierhotel,

toe en nou

– ons sal haar terugneem,” stel ’n

kelner by die Station Diner ons gerus.

Min het ons geweet ons gaan weer

vir Liefie sien. Later die oggend

is ons by die einste stasiemeester

se huis. Ons kom kuier by Lientjie

Wessels – sjef, kunstenaar, stilis,

Kokkedoor-deelnemer en skrywer

van die nuwe kookboek, Geure.

Ons het lekker gelag oor haar Jack

Russel se eskapade, en Lientjie was

dankbaar dat Liefie weer veilig tuis is.

Lientjie woon al van Junie af in Queen’s

Cottage (wat uit 1903 dateer), maar sy

het in Pretoria en op plase om Cullinan

grootgeword. Sy ken dié wêreld.

Lientjie verkies Cullinan bo die

stad. “Ek wil nooit weer in ’n muur

vaskyk nie,” sê sy en tuur uit oor haar

groot tuin. Duskant die treinspoor

skuil die myn se gat, die horison

spog met ’n natuurreservaat en in

’n boom naby die huis verwelkom

’n rooikophoutkapper ons.

Lientjie het al restaurante, asook

’n dekorwinkel besit en bestuur,

maar om nou van die huis af te

werk is vir haar ideaal. Twee Sondae

per maand bied sy ’n middagetebelewenis

in haar tuin aan. “Ek wil

nie meer ’n restaurant bestuur nie,

maar ek wil steeds kook,” sê sy.

Sy bied ’n viergangmaaltyd vir om

en by 24 mense aan, en vandag kook

sy ’n veganistiese spyskaart. Lientjie

is gefassineerd met die verband

tussen smaak en kultuur – iets wat

uitgebeeld word in Geure. “Die

St. George's

Liefie by

Queen's Cottage

raakpunte met kos is baie interessant.

Het jy geweet melktert kom orals in

die wêreld voor? Selfs die Chinese

het ’n soortgelyke lekkerny.”

Die boek getuig van Lientjie se liefde

vir die skeppingsproses. Benewens haar

gawe met geure, verskyn haar skilderye

en talent vir stilering ook in die boek.

’n Mens kan duidelik sien sy is lief vir

mooimaak – haar antieke huis is ook

kleurvol en sjiek, met eindelose karakter.

“Die argitektuur en geskiedenis van

die dorp is vir my baie interessant,” sê

sy. Sy vertel ook van die spooktoere, of

Mystery Ghost Juants. “Die toerleier,

Mark Rose-Christie, bied hierdie toere

al baie jare lank aan. Sy spookstories is

goed nagevors en die spoke is werklike

mense vanuit die dorp se geskiedenis.”

Ons stap terug treinstasie toe en

dink aan Cullinan se verlede: die

geboue, die mense en hulle lewe op

die myndorp. Daar is min dinge wat

jou so nostalgies laat voel soos ’n

oudhedewinkel; ons gaan loer gou

in by die Cullinan Junction Shops.

Daar is ’n paar oulike artikels by

Gear & Gadgets en The Sixth Goblet:

’n linnebroek met blompatrone vir

my, ’n leerharnas vir ons hondjie

Phoebe en my gunsteling – ’n

antieke dra-mandjie vir katte.

Ons kat, Willem, is gaande oor sy

nuwe-ou huis en ons is gerusgestel dat

dié blyplek darem nie spook nie. Waar

in die wêreld vind ’n mens ’n antieke

rottang-iglo vir jou kat teen R80?

Nee wat, nét in Cullinan.

AA Reisiger | HERFS 2021

AA-vennootskap

Mark Anderson,

uitvoerende

hoof van BirdLife

South Africa

Die AA neem

BirdLife SA

onder sy vlerk

Die AA het ’n samewerkingsooreenkoms met BirdLife South Africa gesluit

om by te dra tot die bewaring van Suid-Afrika se voëllewe, voëlhabitat en

biodiversiteit. Danksy die vennootskap bied die AA sy lede die geleentheid

om by te dra tot bewaring in die land.

Foto's verskaf

Dis die perfekte

vennootskap.

Voëlkykers het

beskerming

nodig, wat AA

Armed Response

kan verskaf, en

BirdLife South Africa het finansiële

ondersteuning nodig.

Willem Groenewald, uitvoerende

hoof van die AA Suid-Afrika, sê die

AA is opgewonde om ’n organisasie

soos BirdLife South Africa as sy

bewaringsvennoot te ondersteun.

Voortaan sal alle kliënte van AA

Armed Response ’n deel van hul

maandelikse intekening aan BirdLife

South Africa kan skenk. “Hierdie

kliënte sal dieselfde billike prys vir

die diens betaal, maar die AA sal ’n

deel van hul intekening aan BirdLife

oorbetaal,” sê Willem.

“Uiteraard wil alle voëlkykers veilig

voel terwyl hulle hul stokperdjie

beoefen, en AA Armed Response gee

hulle gemoedsrus omdat hulle as ’t

ware ’n veiligheidsbeampte in hul

sak ronddra. As hulle die diens kan

gebruik en sodoende BirdLife South

Africa ondersteun, is dit ’n wen-wen

vir hulle,” sê Willem.

BirdLife South Africa sê hul

bewaringswerk, wat die volhoubare

en billike gebruik van hulpbronne

aanmoedig, is op die ondersteuning

van skenkers en die publiek

afhanklik, en dat die AA hiermee

broodnodige finansiële hulp

vir hul belangrike werk verskaf.

BirdLife South Africa is die land se

vennoot by BirdLife International,

’n wêreldwye vennootskap van

bewaringsorganisasies.

“Ons glo dit was ons

doen bewaar die land se

natuurlike erfenis, en ons

wil graag hê dat mense die

natuur so vry as moontlik

moet kan geniet. Geld wat

deur vennootskappe soos dié

met die AA ingesamel word, is

ongelooflik belangrik omdat dit ons

werk aan die gang hou en ons in staat

stel om nuwe projekte aan te pak. Ek

dink dit wys ook die AA se verbintenis

tot bewaring, wat wonderlik is,” sê

Mark Anderson, uitvoerende hoof van

BirdLife South Africa.

Vir meer

inligting oor die

organisasies,

besoek www.

birdlife.org.za

of www.aa.co.za

AA Armed Response is ’n veiligheidsdiens

wat jou koördinate

met die druk van ’n knoppie op

jou selfoon (of noodknop) aan ’n

oproepsentrum stuur, wat een

van 180 veiligheidsmaatskappye

na jou ontbied om jou by te staan.

Dit kos R35 per maand. Jy kan

ook ’n plastiek-noodknoppie teen

’n eenmalige tarief van R460 koop

(te kry by AA-winkels landwyd).

Teken in op die diens by www.

aa.co.za/armed-responsebirdlife.

Die app is beskikbaar in

die Huawei App Gallery, iOS

App Store, of die Android

Play Store. Gebruik die

kode “BirdLife” wanneer jy

registreer.

29

HERFS 2021 | AA Reisiger

Stap

WOORDE DEUR FIONA MCINTOSH

FOTO'S DEUR SHAEN ADEY

'n slag ...

Gebruik die laaste paar maande voor die

winter om nuwe dagstappe aan te durf.

Dit sal jou batterye help herlaai.

30

9 Dagstappe

VRYSTAAT

Mushroom Rock,

St Fort Farm

Net buite die skilderagtige Clarens

sal jy Mushroom Rock kry, ’n

sandsteenformasie wat deur die

elemente in ’n unieke vorm uitgekerf

het. Dis ’n baken in die omgewing.

’n Heen-en-terug-roete van 3 km

vanaf St Fort sal jou al langs die Klein

Caledonrivier neem en deur diep

uitgekalfde sandsteengroewe voor ’n

laaste steil bult wat jou teen die kop sal

uitneem. Van hier af het jy die mooiste

uitsig oor die omgewing. Daar is ook

twee langer dagstappe, ’n oornagroete

sowel as bergfietsroetes wat by die

plaas begin.

KONTAK: 078-457-2504,

info@stfort.co.za, stfort.co.za

31

HERFS 2021 | AA Reisiger

OOS-KAAP

Crag Lizard-roete,

Kamdeboo- Nasionale

Park

Die Vallei van Verlatenheid,

wat in 1939 tot 'n nasionale

gedenkwaardigheid verklaar

is, is die hoogtepunt van die

Kamdeboo- Nasionale Park wat

feitlik die Karoo-dorp Graaff-Reinet

omring. Hierdie bergagtige gebied

is bekend vir sy loodregte kranse

en dolerietgesteentes, en dit lyk

dikwels asof die rotse deur reuse

op die valleivloer gestapel is. Jy

hoef nie topfiks te wees om hierdie

gebied te verken nie: Betaal jou

bewaringstarief (of gebruik jou

Wild Card), ry na die bopunt van

die berg, en loop die 1,5 km lange

sirkelpad van Crag Lizard. Hoog in

die kranse sal jy die witkruisarend

en die vlaktes van die Kamdeboo in

die verte sien.

Hoewel dit 'n maklike roete is,

loop die pad naby aan die afgrond

- wees dus versigtig. Lees die

interessante inligtingsborde oor

die paleontologiese en geologiese

geskiedenis van die Karoo. Jy sal

ook dalk koedoe, rooiribbokke en

die Kaapse bergsebra sien.

KONTAK: 049-892-3453,

reservations@sanparks.org,

sanparks.org

KWAZULU-NATAL

Ingungumbane-roete, Umtamvuna-

natuurreservaat

Hierdie is ’n taamlik uitdagende

sirkel roete en die hoogtepunt van die

Umtamvuna-natuurreservaat, wat op

die grens tussen KwaZulu-Natal en

die Oos-Kaap is.

As jy uitstap uit die kantoor van

die reservaat, loop die 4km-roete

deur grasvelde tot op die rand van

die kloof, waar jy skerp daal en deur

inheemse woude loop tot by die

Bulolorivier. Baie van die bome is

gemerk, kyk dus uit vir die skaars

Pondo-Boesmans-teeboom, wat

endemies is aan die streek rondom

die Umtamvuna- en Mzamba-riviere.

Luister na die roep van die voëls,

veral die boskanarie, ruigtesanger,

die rooiborssuikervoël, visarend en

kransaasvoël.

As jy eers in die kloof is, loop die

pad rivier af, en moet jy die rivier

’n paar keer deurkruis totdat jy by

’n pragtige waterval kom. Stop en

swem voordat jy begin terugstap. As

jy stil is, sal jy dalk van die plaaslike

inwoners te siene kry: bosbokkies,

bobbejane, samango-ape, duikers

en rietbokke. As jy eers weer op die

rand van die kloof is, is dit ’n kort

stappie terug verby twee pragtige

waterbessiebome tot by die begin

van die staproete.

KONTAK: 039-311-2383, bookings@

kznwildlife.com, kznwildlife.com

AA Reisiger | HERFS 2021

9 Dagstappe

GAUTENG

Bokmakierieroete,

Suikerbosrandnatuurreservaat

Die ruie 11 595 ha van Suikerbosrand-natuurreservaat

is aan

die buitewyke van Gauteng

geleë. Die reservaat spog met

66 km paaie, ook een wat met

’n rolstoel begaanbaar is en ’n

Braille-roete. Suikerbosrand het

ook ses basiese oornaghutte en

heelwat wild. Dis een van die

top-stapplekke in die provinsie.

Kies die Bokmakierie oor 10 km.

Dit is middelmatig tot moeilik,

maar jy sal mooi uitsigte en

blomme sien.

KONTAK: 011-439-6300,

pamela.mnisi@gauteng.gov.za,

friendsofsuikerbosrand.co.za

Wolfberg-skeur, die Sederberg-wildernisgebied

Min staproetes gaan by die skouspel

agtige en ikoniese Wolfbergskeurroete

in die Sederberg kan kers

vashou. Die roete begin net anderkant

die kampterrein by die Sanddrifoord.

Die pad klim geleidelik tot by

die dramatiese oranje hange van die

Wolfberg, en van daar af kan jy uit

meer as een opsie kies. As jy nog rats

is, ignoreer die hoofroete wat links

op in die gaperskeur loop, en wikkel

jouself deur die nou skeur totdat jy

skielik in ’n groot grotkamer met twee

pragtige sandsteenboë staan. Loop

verder deur 'n smal gang wat jou

oor en onderdeur die 100 meter hoë

rotsblokke neem, totdat jy aan die

bopunt van die plato kom. Volg van

hier af die klipstapels oor die plato en

geniet die uitsig van daar bo af op die

vakansieoord, die wingerde van die

Sederberg en selfs die Karoo totdat

jy by die ikoniese boog uitkom. Keer

weer terug oor die plato, maar kies

hierdie keer die gaperskeur om terug

te stap tot by die kampterrein vir ’n

welverdiende swem in die rivier.

Hoewel die roete net 12 km is, is dit

nie ’n maklike dag nie, maar dis elke

sweetdruppel werd.

Vertrek rooidag, veral in die somer,

en dra baie water saam. Daar is geen

water langs die roete nie.

KONTAK: 027-482-2825, sanddrif@

cederbergwine.com, cederbergwine.

com

WES-KAAP

33

HERFS 2021 | AA Reisiger

LIMPOPO

Makgabeng-plato

In die noordwestelike deel van Limpopo, 120 km

noord van Polokwane en net suid van die groot

Bloubergreeks, sal jy die indrukwekkende,

maar taamlik onbekende sandsteenformasie

Makgabeng vind. Die torings en koepels van

okerkleurige sandsteen is 'n stapper se droom,

en die grotte en rotsoorhange huisves feitlik

900 rotskunsterreine.

Daar is 'n lekker roete tot by die graansilo's

van die imposante Thabana Nhlana. Die roete

begin 'n kort enjie vanaf die Makgabeng Farm

Lodge. Jy het nie 'n gids nodig nie, maar jy sal

bly wees as jy een huur by die lodge. Die gidse

kan jou help om die pad te kry en jou die ryk

geskiedenis van die omgewing vertel, wat

in die verlede deur die San, Khoi, Sotho- en

Tswana-volke bewoon is. Hoewel die roete

slegs 2,5 km is, is die opdraand steil en sal jy

bietjie moet klouter om by die breë rotslys te

kom. Gee jouself drie tot vier uur sodat jy die

silo's en die rotsformasies kan verken, en die

uitsig kan bewonder.

KONTAK: 073-190-9971, info@makgabenglodge.

co.za, makgabenglodge.co.za

34

NOORD-KAAP

Agterlos-staproete, Goegapnatuurreservaat

Met meer as 600 blomspesies en ’n ryk voëllewe,

is die Goegap-natuurreservaat net buite een van

die onontdekte juwele in die Noord-Kaap. Jy sal

gemsbok,springbok en bergsebra op die vlaktes

sien, ’n verstommende hoeveelheid vetplante,

halfmensbome en al drie verskillende soorte

kokerbome wat jy in Suid-Afrika aantref. Die

reservaat is uiteraard ’n lushof in die blommetyd

vroeg in September.

Kies die maklike Agterlos-sirkelroete van 6 km,

waarmee jy die granietkoppies agter die reservaat

se kantoor gaan verken. Die staproete bied

pragtige uitsigte, en jy sal waarskynlik roofvoëls,

klip springers, nuuskierige koggelmanders en

ander reptiele sien. Soek in die rotssplete vir

besonderse vetplante. Daar is ook ’n roete vir

motors en omtrent 60 km vir 4x4's en bergfietse.

KONTAK: 027-718-9906, goegap@outlook.com,

Goegap-natuurreservaat op Facebook

AA Reisiger | HERFS 2021

9 Dagstappe

NOORDWES

Dassie-roete, Hennops

Die berge van Hennops, wat met

hul voete weerskante van die grens

van Noordwes en Gauteng staan,

is maklik bereikbaar en al lankal ’n

topbestemming vir mense wat uit

die stad vlug. Hier is vier staproetes

waarmee mense van verskillende

fiksheidsvlakke die skouspelagtige

omgewing en historiese terreine

kan geniet. Die kort 2,5 km lange

Dassie-sirkelroete volg aanvanklik

die Hennopsrivier voordat dit koers

kies na die plato. Daar wag pragtige

uitsigte oor die klowe, sowel as ’n

prettige kloutersessie by ’n "leer" van

ou motorbande af om ’n grot te bereik

wat ’n veldhospitaal in die Boere-oorlog

was. Die roete sak dan weer af na die

rivier, waar jy oor ’n lekker swaaibrug

gaan stap. Nog ’n klim neem jou tot by

Pruimpie se gat. Hier kan jy die koppie

uitklouter en dan wriemel tot in ’n groot

ondergrondse grot voordat die roete

met ’n sirkel terugloop. Dit eindig met

’n opwindende rivieroorgang op ’n

kabelkarretjie. Jy kan koedoe, sebra en

blesbok sien, en dalk ook ’n zonkie (’n

gebasterde sebra met streepsokkies).

KONTAK: 082-825-9205, info@hennops.

co.za, hennopstrails.co.za

Foto's: Shaen Adey, Fiona McIntosh. Kaarte: Gallo Images/Getty Images

MPUMALANGA

Rooikat-sirkelroete,

Wathaba-wildernisgebied

Mpumalanga is bekend vir sy watervalle, en

een van die beste plekke om watervalle te

geniet is die 10 km lange Rooikatroete by

Wathaba, 'n geil plaas in die Skurweberge

naby eNtokozweni (Machadodorp).

'n Goed gemerkte roete neem jou via

'n slim ontwerpte netwerk van lere, brȗe

en trappe op 'n betowerende reis in en uit

die dig begroeide klowe wat meer as 100

spesies bome huisves (waarvan baie inheems

is en met plaatjies aangedui word). Geniet

die uiteenlopende voëllewe en kleurryke

swamme en ligene. Daar is vyf watervalle op

die roete, neem dus jou swembroek saam en

swem in minstens een van van die rotspoele.

Wathaba sluit ook aan by 'n netwerk van

oornagstaproetes op 'n nabygeleë plaas.

KONTAK: 083-483-7753, wathaba@vodamail.

co.za, wathaba.co.za

35

HERFS 2021 | AA Reisiger

36

DIE WRAAK

As jy in die Drakensberg oorslaap, moet jy

AA Reisiger | HERFS 2021

Oornag-avontuur

37

vir enigiets voorbereid wees. STORIE EN FOTO’S DEUR SHAEN ADEY

oe ek vir my stapgroep gesê het

hulle moet lig inpak, maar steeds

“gereed wees vir enigiets”, het ek

aan reën en dalk sneeu gedink. Ek

het nie ’n benul gehad van wat die

weergode vir ons beplan het nie.

Ek was saam met ’n groep van

ses vriende na die uKhahlamba-

Drakensbergpark op pad, ’n

bergagtige gebied van 242 813

hektaar wat in November 2000

deur Unesco tot ’n Wêrelderfenisgebied

verklaar is. Dis ’n

stappersparadys, met voetpaaie

wat kruis en dwars deur die diep

valleie, oor die breë plato en

getande bergrande loop. Troy

Snyman, die tweede jongste in

die groep, en Cheryl Harris het

die staptog as voorbereiding vir

Kilimandjaro, die hoogste spits in

Afrika, gebruik.

Ons het gemik na die bekende

KLEURRYKE

KLIMMER

Dikwete Maude

is 'n radioloog van

Johannesburg

38

Amfiteater. Dié bekende 5 km

lange roete, wat op 1 200 meter

hoog op die gesig van die krans

strek, word aan een kant afgebaken

deur die Eastern Buttress en aan

die ander kant deur die Sentinel.

Dis ’n baie bekende baken en

danksy die dubbele stel kettinglere

een van die gewildste dagstappe in

die Noordelike Drakensberg. Maar

ons wou een stap verder gaan en op

die berg gaan oornag.

BEGIN BY DIE BEGIN

Die Witsieshoek Mountain Lodge

is ’n goeie wegspringplek. Buiten

die skouspelagtige uitsigte oor

die Amfiteater en die omliggende

pieke, het die feit dat ons op 2 220

meter bo seevlak slaap ons gehelp

om te akklimatiseer. Die feit dat ons

soontoe gery het, het ook beteken

dat ons ’n groot deel van die harde

werk van die platostaproetes uitgesny

het, waaroor die onervare lede van

die groep dankbaar was.

Ongelukkig moes ons vroeg

wegspring en het ons die voertyd by

die Witsieshoek-aasvoël-restaurant

misgeloop, iets wat ek regtig

aanbeveel as jy in die omgewing

is. As die weer dit toelaat, sit die

personeel soggens om 09:30 groot

murgbene uit vir die lammergeier

(“bearded vulture”) en die

kransaasvoël (“Cape Vulture”). Dis

’n ervaring om hierdie roofvoëls

van naby te beleef. Een van die

gereelde besoekers is Jeremiah, ’n

vroulike lammergeier wat genoem

AA Reisiger | HERFS 2021

Oornag-avontuur

Dit het omtrent 'n uur van maklike stap geverg om

die uitkykpunt te bereik waar ons ontbyt wou eet.

Foto: Mario Fazekas

DIE VELE

GESIGTE

Die Draak bied

groot kontraste

is na oorlede Jeremiah Motloung,

die “bird whisperer” wat die

voedingsprogram begin het. Tot

die vermaak van die gaste is hy

dikwels gesien waar hy ’n yslike

murgbeen op ’n skinkbord uit die

kombuis dra.

Ons was douvoordag in ons

bakkies op pad na die Sentinelparkeerterrein,

wat veral die

jongelinge brommend aanvaar het.

Dis ’n skrale 8 km, maar nie ’n kort

rit nie weens die slegte toestand

van die pad. Jy besef darem dat

daardie stamperige 8 km jou bene

baie pyn spaar.

BREKKIE MET ’N UITSIG

Die roete begin by die parkeerterrein

op ’n hoogte van 2 500 m.

Zee, ons gids, het vir ons vinnig

gesê wat voorlê terwyl hy wys na

die Hekse links, die steil sigsagpad

onder die Sentinel-piek en die

pad wat na die berugte kettinglere

lei. Dit het vir my vrek ver gelyk,

maar die belofte van ontbyt op

’n plek met ’n mooi uitsig het my

gemotiveer.

Ons het betaal vir ons oornagpermitte

en die bergregister

geteken voordat ons ons rugsakke

op ons skouers gelaai het. Ek was

jaloers op die groeplede wat die

opsie gekies het dat portiere hul

sakke dra. Hulle het net ligte

dagsakke by hulle gehad. Ek kon

reeds die effek van die dun lug voel

toe ek my rugsak van 20 kg optel.

Aanvanklik is die pas stadig. Ons

bene het soos lood gevoel terwyl

ons lywe stadig by die dunner

lug geakklimatiseer het. Dit het

omtrent ’n uur van maklike stap

geverg om die kort ompad tot

by die uitkykpunt te bereik – die

plek waar ons ontbyt wou eet. Die

uitsig van daar oor die Thukelaravyn

en die Amfiteater, tot by

Eastern Buttress en Devil's Tooth is

ongelooflik. Zee het die een na die

ander staaltjie vertel. Die Devil’s

Tooth is in 1950 vir die eerste keer

geklim, ’n ongelooflike prestasie

gegewe hoe basies die bergklimtoerusting

daardie jare was.

Na ’n vinnige happie en ’n

slukkie koffie was ons weer op

pad. Die helling was nou effens

genadiger omdat ons naby die

Sentinel to The Gully was; ’n

alternatiewe roete waarmee jy die

kettings vermy. Die Gully is fisies

meer uitdagend en lei tot by die

Beacon Buttress, terwyl die kettings

op ’n direkte roete is wat jou baie

vinniger daar uitbring.

Die kettings dra ook by tot die

avontuur.

Ons het dapper voortgebeur

tot by die kettinglere, maar toe

ons daar kom, was ’n deel van

die groep bang dat ons dalk die

verkeerde keuse gemaak het. Dit

help nie om doekies om te draai

nie, dis nie kinderspeletjies om

teen daardie lere uit te klim nie.

Die leer is “net” 35 m hoog, maar

die steilheid van die rots waarteen

dit vasgeskroef is, maak dit

skrikwekkend.

VERKEERSKNOOP BY

DIE KETTING

Dit was die langnaweek rondom

Erfenisdag en van die eerste

39

HERFS 2021 | AA Reisiger

40

geleenthede waar stappers weer

op die berg kon wees ná die

maande van inperking. Om sake te

vererger was die ouer stel kettings,

wat in 1930 aangebring is, toe vir

instandhoudingswerk, wat ’n groot

bottelnek veroorsaak het. Aan die

onderpunt het stappers opgehoop

terwyl jy elke nou en dan stappers

van bo af oor die krans sien loer wat

ongeduldig vir hul beurt wag om

af te kom. Die oponthoud het kole

gegooi op ons stapmaat Hillary se

angstigheid. Hoe langer ons gewag

het, hoe meer het sy aan haarself

begin twyfel. Op die ou end het ek

haar toue vasgemaak, meer vir haar

gemoedsrus as haar veiligheid. Zee

was kort op haar hakke en haar

aangemoedig met “hou net aan,

moenie afkyk nie”. Later het hy vir

ons gesê “Hillary noem ’n ding op

die naam”. Hy het nie nodig gehad

om te verduidelik nie, ek het haar al

hoor vloek. Maar al wat saak maak,

is dat Hillary die bopunt bereik het.

Van die bopunt van die tweede

stel kettings af is daar ’n kort, duidelike

pad tot by die groot klipstapel.

Van daar af is dit ’n maklike

stappie omdat die pad geleidelik

begin afdaal na die vlaktes bo die

Thukela-val ’n paar kilometer verder

aan. Die portiere het vooruit gestap

en ’n plat stuk grond uitgesoek naby

die val waar die tente opgeslaan kan

word, dit het ons die kans gegee

om die platorand te verken. Tot ons

groot teleurstelling was die waterval

droog, met die uitsondering van ’n

paar klein poeletjies waar ons water

kon kry om te kook. Normaalweg

stort die water oor die rand van die

plato, met ’n gesamentlike val van

948 m, wat dit naas die Angel Falls in

Venezuela, die hoogste waterval ter

wêreld maak.

KLEURRYKE AFRIKA

Ons was nog besig om ’n skemerkelkie

op die rand van die

plato te geniet toe ’n man in ’n

helder rooi uitrusting skielik van

nêrens af opdoem. Die man is

Dikwete Maude, ’n radioloog van

Johannesburg, wat ’n blaaskans van

sy veeleisende werk neem. Hy sê hy

GOED

OM TE

WEET

AFSTAND

Dis 13 km vanaf die Sentinelparkeerplek

via die kettinglere tot by

die Thukela-waterval en terug.

WENK

Dra water, want jy kan nie daarop

staatmaak dat die Thukela lopende

water sal hê nie. Die weer verander

vinnig, dra dus altyd reënklere en 'n

noodvoorraad kos saam. Wees versigtig

op die platorand, jy kan ver val.

WAAR OM TE BLY

Witsieshoek Mountain Lodge is 8 km

vanaf die begin van die staproete. Hulle

kan gidse sowel as vervoer na die

beginpunt reël.

+27 58 713 6361/2, info@witsieshoek.

co.za, www.witsieshoek.co.za/ of

WhatsApp: +27 82 609 8988

BESPREKINGS EN GEORGANISEERDE

STAPGROEPE

Active Escapes kan al jou reëlings

behartig. 084 240 7277/033 329 5259,

sarah@active-escapes.co.za, www.

active-escapes.co.za

The Cavern, onder in die vallei, het

verskeie slenterstap-alternatiewe.

036 438 6270 / 083 701 5724, info@

cavern.co.za, www.cavern.co.za

As jy ’n privaat gids wil gebruik, kontak:

Zimele Ndaba (Zee), 078 190 8191,

zee1zn@gmail.com

AA Reisiger | HERFS 2021

Oornag-avontuur

en Eastern Buttress, wat silhoeëtte

vorm teen die sonsopkoms,

verstaan jy hoekom die Zoeloes die

Drakensberg die "Spiesversperring"

genoem het. Van hier af kon ons ’n

Lammergeier in die lug sien, wat

stadig teen die kontoere van die

vallei afvlieg.

Toe die wind skielik optel, moes ek

en Greg wegstaan van die rand. Teen

die tyd dat die groep wakker was,

het die wind reeds stormsterk begin

waai. Ons het die kamp in minute

opgepak, maar al die tente het skade

gehad met geskeurde ritssluiters en

gebuigde pale. Ons wou nog vandag

na die Bilanjil-val (2 960m) stap,

het die pragtige Maasai-uitrusting

spesiaal vir Erfenisdag gekies

ter ere van “die hele Afrika”. Sy

klere het uitmuntend gelyk in die

laatnamiddaglig. Vroeër die dag

is ek ook verby ’n man wat soos ’n

feetjie aangetrek was, met vlerkies

en al. Dit het my laat terugdink aan

die stukkie in die fliek Free Solo,

waar die bekende Amerikaanse

klimmer, Alex Honnold, verby ’n

ander klimmer in pajamas gaan.

Pajamas op El Capitan! ’n Mens

kan net jou kop skud.

Toe die son agter Mont Aux

Sources sak en in die maag

van Lesotho verdwyn, het die

temperature dramaties geval.

Voeg daarby dat die temperature

gemiddeld 9,8 grade Celsius vir

elke 1 000 meter bo seespieël val,

en jy sal begryp dat dit koel was

daarbo. Daar was ’n paar druppels

reën, maar niks om oor huis toe

te skryf nie. Die wind het egter

opgetel en sand in my pot geskep

terwyl ek kook. Die groep het ná

ete feitlik dadelik in hul tente

KOUD

Dit raak ysig

op die Draak

verdwyn, maar met die tente wat

bewe en die seile wat flap is daar

die nag nie baie geslaap nie. Josh,

die jongste in die groep, het van

’n hoofpyn en naarheid gekla, die

eerste tekens van dehidrasie. Ek

het hom gerusgestel en Rehydrate

ingejaag. Hy moes gaan lê en binne

’n uur ’n hele bottel water uitdrink.

Josh het herstel, maar dit herinner

jou dat jy meer moet drink as jy op

’n hoër hoogte bo seevlak is, veral

op warm en winderige dae – selfs al

voel jy nie dors nie.

VOOR DIE WIND

Net ek en Greg Adams, die stilste

lid van die groep, was vroegoggend

op om by die rand te gaan staan.

As jy van daar af uitkyk oor die

getande pieke van die Devil’s Tooth

maar het besluit liewe bang Jan as

dooie Jan. Dit was beslis tyd om op

te pak en huis toe te gaan.

En dit was nie net ons nie.

Elkeen van die kampeerders op

die spits moes skielik skarrel om op

te pak. Die een stapper se Therma-Rest

is deur die wind geskep en

soos ’n vlieër oor die rand gewaai.

Ons is weer teen die kettings af

terwyl ons mekaar beswaarlik kon

hoor skree.

Ons oë was vol sand en ’n paar

van ons is van ons voete gewaai

op die seksie net onder die oranje

hange van die Sentinel. Nou was

die stappers vir die eerste keer bly

oor my raad om vir alles voorbereid

te wees.

Dit was nietemin ’n ervaring wat

ek nie sommer sal vergeet nie.

HERFS 2021 | AA Reisiger

DEUR PETRO-ANNE VLOK

TOEGANG

VIR ALMAL

Dit kan ingewikkeld wees om verblyf te bespreek as jy of 'n geliefde in 'n

rolstoel is of mobiliteitsprobleme het, want nie alle blyplekke het die nodige

geriewe nie. Hier is dinge waarvoor jy moet uitkyk.

42

Universele toegang

behoort ’n gegewe

te wees vir toeriste.

Ongeag of jy in ’n

rolstoel is of mobiliteitsprobleme

het weens

’n gebreekte been,

amputasie, loopraam of kinderwaentjie,

of weens sig- of gehoorprobleme,

alle mense behoort toegang te hê tot

toerismegeriewe.

Dit is ongelukkig nie oral die geval

nie. “Dis ’n groot kwessie in Suid-Afrika,”

sê Karin Coetzee oor die gebrek aan

rolstoelvriendelike verblyf. Karin is ’n

arbeidsterapeut wat fokus op spinale

rehabilitasie en rolstoelopleiding.

Sy het in 2004 die webwerf Disabled

Travel begin. Daarop evalueer sy

toeriste-ondernemings op grond van

hul universele toeganklikheid. “Ek het

elke verblyfinstansie op die webwerf

self geëvalueer.” Haar resensies sluit in

die afmetings, byvoorbeeld die hoogte

van die bed en toilet, sowel as detail van

ander geriewe in, soos rolstoelhellings en

handrelings. “My resensie sluit ook foto's

in van die badkamers. My kinders skerts

dat niemand anders in die land soveel

foto's van toilette het nie.”

Hoewel die Toerismegraderingsraad

en die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad

op Bouregulasies tegniese vereistes stel,

steur mense hulle nie altyd daaraan nie.

Soms beweer verblyfplekke valslik op hul

webwerf dat hulle "rolstoelvriendelik" is.

“Sommige plekke dink nie verder as die

slaapkamerdeur nie. Daar sal ’n helling

wees vir die rolstoel, maar nie juis veel

meer nie,” sê Karin. Of die geriewe is nie

volgens die korrekte spesifikasies gebou

nie. “Byvoorbeeld, soms is die helling so

skuins dis gevaarlik. Een gas het vir my

gesê hy het rolstoelvriendelike verblyf

bespreek, maar sy rolstoel kon nie tot by

die toilet in sy slaapkamer kom nie. Hy

moes na die badkamer in die Wimpy op

die dorp gaan om die toilet te gebruik.”

Karin sê baie instansies glo verkeerdelik

dit sal te veel kos om hul geriewe op te

gradeer. “Ek dink nie hulle besef hoeveel

besigheid hulle misloop sónder die

geriewe nie. Baie mense met mobiliteitsprobleme

reis saam met hul gesinne. Die

plekke verloor dus nie net een mens se

geld nie, maar die hele gesin s'n.

"Hulle moet ook dink aan sakereise,

konferensies en familiegeleenthede soos

troues en begrafnisse, waar toegang

belangrik is.”

Verblyf

DIE VEREISTES

’n Verblyfplek moet aan die volgende

vereistes voldoen om rolstoelvriendelik te

wees:

• Gelyke oppervlak of ’n helling op soliede

oppervlak. Die helling kan nie te steil wees

nie (die korrekte gradiënt is 1:12).

• Rolstoele moet ook toegang tot ander

dele van die eiendom hê, soos die

eetkamer of tuin.

• Die kamer moet op die grondvloer wees,

of daar moet ’n hyser na die kamer wees.

• Die kamer en badkamer moet groot

genoeg wees sodat ’n rolstoel daarin kan

beweeg. Dit het minstens 1,2 m nodig om

om te draai.

• Goed soos die bedliggies, kragproppe,

lugversorging en TV-beheer moet binne

bereik wees.

• Jy moet met jou rolstoel tot binne die

stort kan rol. Daar moet geen trappies

wees nie, en ’n verstelbare handstort

word aanbeveel. Die toilet moenie in ’n

klein aparte vertrek wees nie, en dit moet

genoeg plek laat vir sydelings beweging

(vir oordrag) en handvatsels om aan vas

te gryp. Daar moet minstens 750 mm oop

ruimte onder die wasbak wees sodat ’n

rolstoel daar kan inpas, en die spieël en

rak moet binne bereik wees.

• Buite moet daar ’n gelyk, geplaveide area

(nie gruis nie) met goeie beligting wees.

• Daar moet alternatiewe prosedure vir

noodgevalle en ontruimings wees.

WANNEER JY

BESPREEK

Bel die hotel of gastehuis en vra hulle om

’n lys van al hul rolstoelvriendelike geriewe

te maak, of vra dat hulle vir jou foto's stuur.

Moenie net navraag doen oor jou slaapkamer

nie. Is daar ook rolstoeltoegang tot

die kroeg en restaurant? Of: Hoe ver is jou

kampplek van die ablusieblok af (en is daar

geriewe vir mense met gestremdhede). As

jou lodge wildbesigtigingsritte aanbied,

kan hulle jou in die voertuig help kom?

WAAR OM TE BLY

Die volgende plekke het al die basiese

geriewe: dis op die grondvlak, dit het

die nodige badkamergeriewe en genoeg

ruimte dat jou rolstoel kan draai.

FRANCOLINHOF-

GASTEHUIS

Hermanus, Wes-Kaap

Hierdie 4-ster-gastehuis is op die

grens van Fernkloof geleë en bied

mooi uitsigte op die fynbosbedekte

Kleinrivierberge en die see. Gaste

in rolstoele kry toegang via die

geplaveide parkeer-area via die lang,

geleidelike rolstoelhelling. Jy het

toegang tot die sit- en eetkamer, wat

ook op die grondvloer is. Die kamer is

groot en die kaste het lae relings. Die

badkamer het alles wat dit moet hê,

ook 'n inrol-stort. 'n Stortstoel met

wiele is op versoek beskikbaar.

Tariewe: Vanaf R900 (per persoon wat

deel) 028-314-0571, info@francolinhof.

co.za, francolinhof.co.za

WAVES-GASTEHUIS

Jeffreybaai, Oos-Kaap

Hierdie B&B is in die hart van die dorp

geleë. Gaste kry toegang via 'n helling.

Daar is drie slaapkamers met ruim

badkamers wat almal inrolstorte, laer

krane, 'n handstort en oorhoofse stort

het. Daar is genoeg spasie oop langs

die toilette, maar nie relings nie. Daar

is toegang tot die sit- en eetkamer. Die

eetkamertafel kan hoër gemaak word

om 'n rolstoel te akkommodeer.

Tariewe: Vanaf R935 (per persoon

wat deel) 073-079-7740, 083-328-

2645, info@wavesguesthouse.com,

wavesguesthouse.com

Tariewe: Vanaf R830 (per persoon

wat deel) 082-0515-007, info@atjudys.

co.za, atjudys.co.za

ACACIA LODGE

Bloemfontein, Vrystaat

Acacia word deur bome en ryk

voëllewe omring, en jy sal voel

asof jy op die platteland bly as jy

hier oorslaap. Die grootste vertrek

in die lodge is rolstoelvriendelik,

met 'n oopplanontwerp wat vrylike

beweging toelaat. 'n Lae helling vanaf

die parkeerterrein bied toegang

tot die tuinsuite. Die badkamer is

rolstoelvriendelik: Dit het 'n inrolstort

met verstelbare stortreling en

stortkop, genoegsame spasie rondom

die toilet, grypreling en 'n spieël en

wasbak wat binne bereik is (hoewel

daar nie beenruimte onder die wasbak

is nie). Die suite het 'n private patio.

Tariewe: Vanaf R1 120 (per persoon

wat deel) 079-395-8966, bookings@

acacialodge.co.za, acacialodge.co.za

LEGACY HOTELS SE

BAKUBUNG BUSH LODGE

Pilanesberg, Noordwes

Hierdie lodge, wat in die Pilanesberg-

Nasionale Park geleë is, spog dat

jy moontlik die Groot Vyf vanuit jou

kamer sal kan sien. Dit het een

rolstoelvriendelike kamer met

twee dubbelbeddens en 'n private

patio. Jy gaan hulp nodig hê met die

lang paadjie wat na jou kamer lei.

Hoewel daar rolstoeltoegang na die

eet- en sitkamer is, sal jy hulp op die

paadjies nodig kry. Die kamer het 'n

rolstoelvriendelike badkamer met

genoeg spasie om in te beweeg en

daar is genoegsame spasie langs

die toilet, sowel as 'n grypreling.

Die inrolstort het 'n verstelbare

stortreling, sitplek wat kan platslaan,

grypreling en hefboomkraan.

Tarief: Vanaf R4 450 (twee mense

wat deel; sluit in aandete, ontbyt

en 'n wildbesigtigingsrit) 014-552-

600, bakubung@legacyhotels.com,

legacyhotels.co.za

AT JUDY’S

Kimberley, Noord-Kaap

Hierdie 3-ster-gastehuis het nie net

rolstoelgeriewe nie, dit word ook as

"hoogs aanbevole" gelys op die AA se

webwerf vir "Quality Assured"-verblyf.

Die gastehuis, eet- en sitkamer kan

met hellings bereik word, en daar is

ook toegang tot die tuin, swembad

en braai-patio. Die gastehuis het tien

kamers wat elkeen kenmerklik versier

is, en wat elkeen 'n ander lid van die

eienaar se familie verteenwoordig.

Ruth se kamer is rolstoelvriendelik

en die kaste het laer handvatsels. In

die badkamer is daar genoeg ruimte

om te beweeg, glydeurtoegang en 'n CORNERHOUSE ON CONAN

inrolstort met verstelbare stortkop en Pretoria, Gauteng

grypreling. 'n Aparte slaapkamer met Hierdie luukse 4-ster-gastehuis is in

'n bad is ook beskikbaar. die rustige deel van die Jakarandastad >

43

HERFS 2021 | AA Reisiger

Verblyf

44

geleë en het een rolstoelvriendelike

kamer. Die kamer het 'n patio en kan

via 'n helling vanaf die parkeerarea

bereik word. 'n Pad deur die tuin en 'n

helling lei tot by die eet- en sitkamer

van die hoofhuis. Die slaapkamer het

genoegsame spasie en die kaste het laer

handrelings. Al die kombuisgeriewe is

toeganklik. Die badkamer is groot en het

al die nodige geriewe.

Tarief: Vanaf R600 (per persoon wat deel)

072-580-3667, info@cornerhouseonconan.

co.za, cornerhouseonconan.co.za

SCHAEFER’S HALT COUNTRY

COTTAGES

Dullstroom, Mpumalanga

Hierdie huisies is op 'n plaas

naby aan Dullstroom geleë.

Schaefer’s Halt het vier selfsorgeenhede,

waarvan een – The

Cosy – rolstoelvriendelik is. Dit

het twee slaapkamers met en

suite-badkamers en kan vier

mense huisves. Dis ideaal vir

kunsvlieghengel-entoesiaste,

want jy het toegang tot die

foreldam voor die huis via die

grasperk. Daar is 'n helling na die huis,

wat 'n groot slaapkamer het en kaste

met lae handvatsels. Die eetkamer

en kombuis is ook groot genoeg om 'n

rolstoel te akkommodeer. Die badkamer

het voldoende spasie en 'n inrolstort (met

gewone krane), verstelbare stortreling en

daar is genoeg spasie rondom die toilet vir

oordrag.

Tarief: R1 600 (vir die hele Cosycottage)

083-630-2834, 083-656-

7199, info@dullstroomcottages.co.za,

dullstroomcottages.co.za

At Judy's

GHOST MOUNTAIN INN

Mkuze, KwaZulu-Natal

Die hotel is al sedert 1962 in die familie

se besit en bied aan besoekers die

geleentheid om die omliggende wilden

kusreservate van Zoeloeland en

die Olifantkus te besoek. Die toegang

vanaf die parkeerterrein tot die hotel se

rolstoelvriendelike verblyf is gelyk. Daar

is ook traplose toegang tot die eetkamer,

kroeg, sitkamer en swembad. Verder is

daar toegang oor gras tot by 'n plankiepad

wat tot by 'n gazebo en die rivier lei. Die

personeel sal rolstoelgaste help tot in

die voorste sitplek van die voertuig vir die

wildbesigtigingsrit.

Tarief: Vanaf R2 130 (enkelpersoon) 035-573-

1025, 064-664-6495,

gmi@ghostmountaininn.co.za,

ghostmountaininn.co.za

WARMBAD, FOREVER RESORT

Bela-Bela, Limpopo

Die gesinsoord bied rolstoeltoegang tot

verskeie aktiwiteite en die swembad. Die

verhitte binnenshuise swembad het 'n

hystoestel vir watertoegang. Daar is kamers

wat vier mense kan huisves, op die tweede

vloer, met 'n rolstoelvriendelike stort, toilet

en wasbak. Daar is ook 'n tweeslaapkamerchalet

vir gaste in rolstoele. Jy kan die

chalet bereik via die gelykte vanaf die

parkeerterrein. Daar is ook toegang tot die

eetkamer, private patio, kombuis en al die

kombuisgeriewe. Die slaapkamers is groot

genoeg vir oordrag, maar daar is beperkte

ruimte vir beweging. Die badkamers het

die nodige geriewe, en alle gaste het 'n

keuse tussen 'n inrolstort met 'n klein

opvoubare stoel, of 'n bad met 'n reling en

hefboomkraan.

Tariewe: Vanaf R2 000 (vir twee mense wat

deel; ontbyt ingesluit) 014-736-8500,

warmbaths@foreversa.co.za,

foreverwarmbaths.co.za

Acacia lodge

VIR

MEER

INFO

Bakubung

Besoek disabledtravel.

co.za of kontak Karin by

082-9233-201, 028-312-1884

of info@disabledtravel.co.za

vir meer rolstoelvriendelike

opsies en gedetailleerde

besprekings van verskillende

verblyfplekke. Verblyfplekke

wat raad wil hê oor hoe hulle

hul geriewe kan verbeter, kan

Disabled Travel kontak vir

gratis raad.

Die webwerf, wat ondersteun

word deur die

QuadPara Association en die

Nasionale Raad vir en van

Mense met Gestremdhede,

word geborg deur DSC

Attorneys. Dit het ook

inligting oor kampplekke

in die nasionale parke.

“Klik op 'n provinsie, gevolg

deur 'n dorp of stad, om die

verblyf- en toeriste-opsies

soos restaurante te sien,” sê

Karin. “As jy nie 'n geskikte

blyplek op die webwerf kan

sien nie, sal ons vir jou 'n

verdere soektog doen.”

Foto's: Verskaf. Pryse van verblyf kan sonder kennisgewing verander en AA Reisiger en die

verblyfinstansies kan hulle nie daartoe verbind nie.

AA Reisiger | HERFS 2021

46

WAAR DIE

BRANDERS &

ROBBEbaljaar

AA Reisiger | HERFS 2021

Fotoportefeulje: Robberg

47

Omdat dit so afgeleë en ongerep is, is die Robberg-natuurreservaat buite

Plettenbergbaai 'n droombestemming vir 'n landskapfotograaf. Maar net

omdat jy uit die beskawing is, beteken dit nie jy hoef sonder gerief oor die

weg te kom nie, het Jay Caboz ontdek op 'n besoek aan Fountain Shack. >

Vreugde Daar is

heelwat dinge om

te sien en doen

langs Robberg se

Puntsirkelroete

48

AA Reisiger | HERFS 2021

Fotoportefeulje: Robberg

Dis die middel van die nag.

Oral om my hoor ek hoe

die Indiese Oseaan met ’n

gedruis oor die rotse breek.

Die hele nag lank. Danksy die

bioluminessensie en die sterre wat in die

rotspoele weerkaats, kan jy selfs in die

nag sien dat die rotse wemel van diertjies

en gedroggies wat te skaam is om in die

daglig gesig te wys. So gepraat van: Ek

voel hoe ’n krap onder my broek inkruip

terwyl ek, papnat van die seesproei, hier

op ’n antieke punt van Afrika sit. Die

rotse hier is tot 120 miljoen jaar oud, en

kom van die tyd toe die superkontinent

Gondwana verbrokkel het.

Ondanks my nat sitplek en die effens

ongemaklike krappery onder my, sal

ek hierdie sitplek vir geen geld in die

wêreld verruil nie. Op ’n helder aand

soos vanaand, wanneer die sterre op

hul helderste skyn en die branders op

hul raserigste is, kan jy nie vir ’n meer

perfekte ervaring vra nie.

Baie mense die wêreld oor sal die

hand diep in die sak steek vir so ’n

gerieflike en afgeleë omgewing, maar

vir Suid-Afrikaners is dit nader as

wat jy dink. Ek was vir twee nagte die

gas van die brekende branders, die

vonkelende sterre, die robbe, seemeeue

en nuuskierige krappe terwyl ek in die

Fountain Shack bly, ’n afgeleë hut in die

Robberg-natuurreservaat.

Robberg is 8 km buite Plettenbergbaai,

langs die Tuinroete in die Wes-Kaap (een

van die mees skouspelagtige kuslyne in

Suid-Afrika). Robberg is beslis die 7 uur

se ry uit Kaapstad uit werd.

Jy sal Fountain Shack in die suidelike

deel van die park kry. Dit is genestel

tussen die rotse en word deur fynbos

omring.

Die hut is oorspronklik in die

1940's gebou, toe dit gewild was onder

hengelaars. Deesdae is dit gewild onder

enigeen wat graag wil wegkom van die

stadsgedruis.

Dit is so afgeleë as wat kan kom.

Hier is geen elektrisiteit, beddegoed en

selfoonontvangs nie. Soms is daar selfs

geen water nie. Dis nie die soort verblyf >

49

HERFS 2021 | AA Reisiger

50

Die aantrekkingskrag van Fountain Shack is die

afsondering. Hier leef jy binne die natuur. Jy

sal van die hut af die robbe kan sien swem.

waar iemand in die aand jou laken gaan

kom regtrek en ’n peppermint op jou

kussingsloop sit nie.

Ek het my op die mees basiese geriewe

voorberei en selfs my eie drinkwater,

grafie en toiletpapier saamgebring. Maar

die hut het my aangenaam verras.

Die Shack is die afgelope paar jaar

netjies opgeknap. Dit gebruik hernieubare

energie vir die ligte en geiser (vir

die buitelugstort).

Daar is tenks om vars reënwater op te

vang en ’n droë toilet vir wanneer die

natuur roep.

Binne die hut is ’n gemaklike leefarea

met sitplekke, ’n kombuisie en

stapelbeddens vir agt mense. (Tans mag

net 4 mense per nag oorbly weens Covid.)

Die kombuisie het ’n gasstoof en yskas.

PARKEER EN STAP

Jy kan nie Fountain Shack per motor

bereik nie. Jy moet die sowat 2 km

voetslaan (en al jou benodigdhede dra).

GOED

OM TE

WEET

• Jy parkeer jou motor op die

parkeerterrein by die afdraai

na Robberg. Van daar af is

dit 2 km se stap. Die hut is

slegs te voet bereikbaar en

jy moet alles saamdra, ook

handdoeke en beddegoed.

• Besprekings kos R1600 vir

’n groep van 4, of R960 buite

seisoen. Weens Covidregulasies

mag slegs vier

beddens tans per keer beset

word, en al 4 mense moet uit

een groep wees.

• Weens die moeilikheidsgraad

van die stap

soontoe is dit nie geskik

vir kinders of mense met

mobiliteitsprobleme nie.

• Bespreek by capenature.

co.za of skakel 087 087 8250.

AA Reisiger | HERFS 2021

Fotoportefeulje: Robberg

Ligskouspel

Die aande hier is

betowerend

Volg die rob-tekens langs die pad. Die

stap soontoe is skouspelagtig en loop

verby oer oue grotte en berghange.

Dis nie ’n gewone wandelpad nie

– daar is ’n paar klouterseksies in die

middel, net verby die Gap.

As jy eers die hut sien, sal jy besef dit

was die moeite werd.

DIS JY EN DIE NATUUR

Die aantrekkingskrag van Fountain

Shack is die afsondering. Hier leef jy

binne die natuur. Jy sal van die hut af

die robbe kan sien swem en krappe

vang.

Die seemeeue hou jou nuuskierig dop.

In die fynbos is ’n muishond, wat astrant

probeer vlug het met die steak wat ek

buite probeer ontdooi het. Hy was later

die naweek weer terug en het met ’n

piesang weggekom wat ons onbewaak

gelaat het.

Die volgende oggend het ons die

9,2 km lange Puntsirkelroete gestap, wat

om die skiereiland kronkel.

Daar was baie om te sien, vanaf

dassies wat sonbaai tot unieke

rotsformasies en fynbos.

Die reservaat het ook twee korter

roetes – 2km en 5km – as jy nie vir die

9 km kans sien nie. Hierdie roetes bied

uitsigte op die kristalhelder oseaan waar

die witdoodshaaie en robbe baljaar.

Die sonsondergang is fantasties. Die

goue lig loer deur die wolke en verlig

die Fountain Shack in al sy glorie.

Berei jou voor op ’n ongelooflike ligskouspel

in die aand. Vanaf Februarie

tot Oktober kan jy die Melkweg

deur die lug sien beweeg sonder die

geringste stadslig wat dit versteur.

Saam met die vuurvliegies lewer dit die

perfekte "vertoning" vir jou braai en

skemerkelkies.

Die ongerepte skoonheid van die

omgewing is iets wat baie landskapfotograwe

begeer. Dit behoort beslis op

jou emmerskoplys te wees.

51

HERFS 2021 | AA Reisiger

Fotografieslypskool

WENK

Die betowerende uur

bestaan uit 'n goue uur, wat

omtrent 30 tot 60 minute

voor sonsondergang

voorkom. Daarna is daar 'n

blou uur. Dit verwys na die

tyd kort nadat die son agter

die horison verdwyn het

en die goue uur 'n blou tint

kry. Dit gee jou nog omtrent

'n uur van goeie lig.

SONSONDERGANGE

Geen reisalbum is volledig sonder 'n mooi sonsondergangfoto of twee nie. En daar is 'n goeie

rede daarvoor. Wie is nie verlief op die gloeiende lug net voordat die son agter die horison

verdwyn nie? Maar daar is 'n kuns daaraan om die perfekte sonsondergang af te neem en jy

is dikwels teleurgesteld met die resultate, ongeag jou vaardigheidsvlak of jou spoggerige

toerusting. Die grootste probleem is dikwels dat jy nét die son afneem (dit is dan so mooi), maar

vir die beste resultate moet jy ook die effek van die lig op die omliggende omgewing wys.

WOORDE & FOTO'S SAMANTHA REINDERS

52

AA Traveller | SUMMER 2020

WENK

Vir iets anders, gebruik

jou telefotolens. Die son

sal dan heelwat groter

op jou foto wees en

ander dele van die toneel

sal saamgepers lyk, wat

dit nader aan die kamera

laat lyk.

WENK

Soms sorg bewolkte

dae vir die mooiste

sonsondergangfoto's

omdat hulle atmosfeer

en drama by die toneel

voeg. Rook en stof het

dieselfde effek. Hou dit

in gedagte wanneer jy

die ideale plek soek.

53

WEES VOORBEREID!

Spontaniteit moet aangemoedig word,

maar die mooiste sonsondergangfoto's

kom dikwels van goeie beplanning. Dit is

die beste raad wat ek jou kan gee. Daar

is ’n kort venster waarin jy die perfekte

sonsondergangfoto kan neem, en die

lig verander elke minuut. Jy moet dus

gereed wees.

• Soek vroeër die dag die perfekte

omgewing, of, as jy kan, kyk die dag

vroeër hoe die plek gaan lyk.

• Dink na oor jou komposisie (ek gee later

raad oor komposisie).

• Watter toerusting gaan jy nodig kry?

Watter lens het jy nodig? Is jou driepoot

gereed en weet jy hoe om dit te

gebruik? Is jou batterye gelaai?

• Hoe laat gaan die son sak? Gebruik

’n weer-app om die tye vas te stel.

• Hou die weerverslag dop.

• Dink na oor jou en jou toerusting se

veiligheid. Moet jy iemand saambring na

jou fotosessie?

KRY JOU KOMPOSISIE REG

Kry iets in die voorgrond. Die versoeking

is groot om net die pragtige kleure van

die lug af te neem, maar dit skep nie ’n

betekenisvolle komposisie nie. Jy kort ’n

fokuspunt op die voorgrond – iets soos

’n boom, rots, stroom of strand – om die

verbintenis tussen die voorgrond en die

lug te skep sodat iets die kyker by die

komposisie kan intrek. Dit is belangrik om

hiervoor te soek wanneer jy ’n plek soek

om die foto af te neem.

HERFS 2021 | AA Reisiger

54

Neem foto's op 'n verskeidenheid

van fokuslengtes: Wyehoeke lewer

uitgestrekte landskapskote, maar as

jy wil hê die son moet die held van die

foto wees, moet jy kan inzoem. Dit is

hoekom jy ’n driepoot sal nodig hê!

Silhoeëtte as fokuspunte:

WENK

Soos alle foto's, moet

Onthou dis gevaarlik

sonsondergangkiekies ’n

om met die blote

oog na die son te

onderwerp hê. Een van

kyk. As die son nog

die beste maniere om dit

te hoog sit, kan dit

te doen is om 'n silhoeët

soveel erger wees as

jy na die son deur 'n

by jou komposisie in te sluit

vergrootglaskyk.

(lees ons fotografieslypskool

oor silhoeëtte in die winter

2020-uitgawe van AA Reisiger). Dit

kan iets groot wees, soos ’n berg, of iets

wat deel is van die omgewing, soos ’n

palmboom of ’n hawehoof, of selfs ’n

persoon.

Die reël van derdes: Dit is dikwels

’n goeie idee om elemente soos die

horison, son of silhoëtte nie presies in die

middel van die foto te plaas nie.

TEGNIEKE VIR BELIGTING

Neem foto's teen verskillende

beligtingsvlakke: As jy ’n valerige

sonsondergangfoto wil hê, moet jy net

jou kamera se auto-modus gebruik.

Skakel oor na "aperture priority" of

"shutter priority" en neem foto's met

verskillende beligtingsvlakke. Daar

is geen "regte" beligtingsvlak vir ’n

sonsondergangfoto nie. Speel ’n bietjie!

Meestal werk dit die beste om die

beligting ondertoe te stel (wat die foto

donkerder maak).

Beraming ("bracketing"): Kyk watter

verstellings stel die kamera voor vir die

situasie, en neem dan ’n paar foto's wat

oorbelig en wat onderbelig is. As jou

kamera dus 1/60 voorstel by f/8, neem

dan foto's by 1/60 en f/5.6, sowel as

f/11. Jy sal ’n reeks foto's hê waarin die

resultate effens van mekaar verskil. Baie

kameras het deesdae ’n autobracketingmodus

sodat jy nie die verstellings per

hand hoef te doen nie. Leer dit gebruik!

ISO: Gebruik die laagste moontlike ISO

wat vir die lig beskikbaar is. Jy sal dit hoër

moet stel as dit bewolk is of as dit donker

raak. Hou dit dop.

Auto-beligtingsluiter: Dit is nog ’n

beligtingstruuk. As jy nie ’n bracketingmodus

het nie, kan jy jou kamera se

beligtingsluiter gebruik. Dit laat jou toe

WENK

Kyk altyd rond

Jy is dikwels so

behep met die

sakkende son voor

jou, dat jy pragtige

geleenthede agter jou

miskyk. Soms skep

die sakkende son 'n

interessanter effek

aan die ánder kant

van die toneel. Maak

'n gewoonte daarvan

om elke vyf minute of

so rond te kyk.

AA Reisiger | HERFS 2021

Fotografieslypskool

om met die kamera na ’n donker plek

te mik en die beligting vir daardie kol

te "sluit". Jy kan byvoorbeeld na die

grond mik, en die beligting "sluit", en

dan die komposisie verander om die

sonsondergang in die raam te kry. Jou

foto sal dan oorbelig wees.

Skakel jou auto white balance-modus

af: As jy jou kamera op auto-modus

gebruik, is dit in witbalansmodus, wat

beteken dat jy van die warmer kleure van

die sonsondergang gaan verloor. As jy die

modus gebruik vir bewolktheid of skadu,

sal jou kamera die kleure effens warmer

maak.

ANDER WENKE EN

TRUUKS

Skiet in RAW files: Dit bied groot

voordele. Jy kan dan later die beligting,

witbalans of gradiënt verander.

Driepoot: As jy ’n stadiger sluiterspoed

gaan gebruik met ’n langer fokuslengte,

sal jy ’n manier moet kry om jou kamera

doodstil te hou. ’n Driepoot kan jou help.

Fokus met die hand: Wanneer jy in

uiterste lig foto's neem, sukkel sommige

kameras om akkuraat te fokus. As dit die

geval is, skakel outofokus af en fokus

met die kamera se ring. Vertoef nog ’n

rukkie nadat die son gesak het en neem

nog foto's. Selfs nadat jy die perfekte

sonsondergangfoto's geneem het, moet

nog nie dadelik oppak en die pad vat nie.

Daar gaan ’n oomblik kom wanneer

die son die laagliggende wolke aan

die brand gaan steek. Jy gaan nie baie

tyd hê nie, so vyf minute. Jy moet dus

gereed wees om die kans aan te gryp.

Jy moet dit antisipeer en reg staan. As jy

dit regkry, sal jy beloon word met ’n foto

met uitsonderlike lig. As die son agter

die horison verdwyn, kry jy die blou uur.

Die kleure sal dan selfs meer versadig

en mooi wees. Dit is wanneer die werklik

betowerende foto's geneem word.

Ek beveel aan dat jy so 40 minute ná

sonsondergang nog rondhang. Glo my, jy

sal nie spyt wees nie.

Benut die steruitbarstingseffek –Dit is

’n tegniek waar jy jou kleins moontlike

lensopening kies (so f22) en jou kamera

direk op die son rig. Die klein lensopening

sal die sonstrale vererger en dit meer

sigbaar en prominent maak. Jy sal dan ’n

steruitbarsting in jou foto hê.

Wees versigtig vir lensflikkering

wanneer jy jou kamera op die son rig.

Soms voeg dit ’n kunssinnige element by

jou foto, maar ander tye maak dit ’n lelike

blerts wat jou foto ruïneer. Dis moeilik om

dit te beheer. Probeer om effens links of

regs te beweeg om die hoek van die lens

in verhouding tot die son te verander.

Neem ’n klomp foto's en kies die beste

een.

Bring 'n flits: Dit is dikwels pikdonker

nadat jy klaar foto's geneem het. ’n

Goedkoop flits kan dalk keer dat jy

peperduur toerusting in die veld agterlaat

of bene breek terug na jou motor toe.

Samantha Reinders is 'n

vryskutfotojoernalis wat lief

is om die pad te vat. Sy het

al vir National Geographic

gewerk en was voorheen

fotoredakteur van Weg/go!

Die afgelope paar maande

het sy aan 'n aangrypende

foto-essay oor die Covidpandemie

in die Oos-Kaap vir

The New York Times gewerk.

55

HERFS 2021 | AA Reisiger

Toerusting

DEUR GERDA ENGELBRECHT

MEGAMASTER-GASBRAAIER VAN

VLEKVRYE STAAL

Of jy nou lus het vir hamburgers of boereworsrolle langs die swembad,

of op 'n naweeksoggend 'n lekker ontbyt aanmekaar wil slaan, die

twee-plaat-Megamaster sal jou nie teleurstel nie.

PRYS R2499 by makro.co.za

56

LIVELEKKER-

POTJIE-PER-

KOLEERDER

'n Potjieperkoleerder

word binne 'n pot gesit

en help om die sappe te

laat sirkuleer sonder dat

jy kort-kort roer. Handig!

PRYS R119 by Outdoor

Warehouse

Vuur

en vlam!

Of jy nou kamp of by jou eie huis braai,

om al fresco te eet maak van gewone

kos 'n spesiale geleentheid. Kry die

regte toerusting daarvoor.

JAN BRAAI-

POTJIEPOT

Daar is baie lekker

potjies op die mark,

maar dié een van Jan

Braai se grootte (25 cm

in deursnee) is perfek

vir vier mense.

PRYS R729 by

woolworths.co.za

JIMMY PUBLIC-SOUTBLOK

Kos wat op die Himalaja-soutblok gaargemaak word, trek vogtigheid

uit die blok en voeg ryk geure en minerale by die gereg. Die blok kan

tot 250°C verhit of -20°C gevries word, wat dit lekker maak om warm

of koue kos voor te sit. Jy kan vleis in die oond of oor die kole daarop

rooster of vis daarop pekel. Verhit die blok stadig op die rand van die

vuur vir sowat 15 minute, en skuif dit geleidelik nader na die warmste

kole. Maak jou vleis op die blok op die vuur gaar, of verwyder die

blok van die kole en rooster die gereg daarop vir tot 20 minute. Jy

kan dit ook in die oond gebruik. Hoe langer die kos in kontak is met

die blok, hoe souter sal dit proe.

PRYS R289 by yuppiechef.com

AA Reisiger | HERFS 2021

Vir al jou

kamp-benodigdhede

Wees voluit toegerus vir die perfekte kampeervakansie

met die grootste reeks in Suid-Afrika.

Kry alles wat jy soek onder een dak, vanaf

seiltente tot kopflitse. Plus, laai ons handige

kamp-paklys af by outdoorwarehouse.co.za

Tente

Slaap

Kook

Seiltente

Poliëstertente

Familietente

Staptente

Slaapsakke

Kampbeddens

Matrasse

Muskietnette

Potjies

Braai’s

Gaskokers

Breekware

Kampmeubels

Kampstoele

Opvoubare tafels

Kombuistafels

Kampkaste

Verkoeling

Koelbokse

Termo-elektries

Kampyskas/

Vrieskaste

Beligting

Kopligte

Flitse

Werkligte

Gaslanterns

27 winkels landswyd

Vir jou naaste tak, skakel 0800 007 261 tolvry

Besoek outdoorwarehouse.co.za om meer uit te vind en aanlyn te koop

OutdoorW

Outdoorwarehouseza

Toerusting

ALVA-ENKEL-

PLAATSTOOF

Wanneer ons gesin gaan

vakansie hou, neem ons net

die Alva saam. Dis perfek

vir lekker piekniek-ontbyte

in die Wildtuin of Kgalagadi.

Die gaskannetjies is oral

beskikbaar en jy hoef nie die

yslike (en stink) gassilinder

in die motor saam te piekel

nie. Ons kook vir vier mense

hierop. Ná die vakansie bly

dit in die kombuis vir die

ongerieflike beurtkragonderbrekings.

PRYS R399

outdoorwarehouse.co.za

NATURAL INSTINCTS-ENEMMEL-

PERKOLEERDER

Selfs koffie smaak beter as jy dit op die vuur maak!

Los die kitskoffie tuis en drink jou boeretroos soos

jou oupa dit gedoen het. Met hierdie 8-koppie-pot

is daar genoeg vir 'n tweede koppie.

PRYS R299 by outdoorwarehouse.co.za

58

WONDERBAG-

AFRIKA- BATIK

Toe 'n vriendin verlede jaar hoor ek wil 'n

drukkoker koop, het sy die Wonderbag

voorgestel. Ek was skepties, maar was

baie vinnig beïndruk. Bring 'n giet ysterpot

tot kookpunt, plaas dit in die sak en

gaan voort met jou dag (of jou piekniek,

of jou reis). Die sak behou die hitte en laat

die kos gaar word sonder 'n energiebron.

Hierdie grootte hou 'n pot van 2 tot 10 liter

(groot genoeg vir tot 12 mense). Dit kom

in verskeie helder kleure en saam met 'n

resepteboek om jou aan die gang te kry.

Jy kan dit ook as 'n koelsak gebruik om

jou koeldranke ysig te hou. Afmetings

(wanneer jy dit gebruik): 47 cm x 47 cm x

22 cm. Gewig: 1,3 kg

PRYS R449 by outdoorwarehouse.co.za

FIRESIDE-BRAAIMANDJIE

Soek jy 'n oplossing om groente of garnale oor die kole te rooster?

Die Fireside-braaimandjie is ideaal vir kleiner braaikos. As jy

die handvatsel verwyder, kan die roosterdeksel toemaak. Die

kleefwerende oppervlak is maklik om skoon te maak.

PRYS R279 by outdoorwarehouse.co.za

AA Reisiger | HERFS 2021

GEE JOU IMMUNITEIT ’N HUPSTOOT

Megamino bevat

noodsaaklike

aminosure wat

die boublokke

van proteïen is en

noodsaaklik is vir

spierontwikkeling

PLUS

• SINK

• VITAMIEN C

• VITAMIEN D

Dosis: 1-2 kapsules daagliks

Cedarpharm: 011 893 2155 / 082 557 3700

Te kry by alle vooraanstaande apteke

Toerusting

BUSH BABY-TROLLIE-

KETELBRAAI

Daar is baie ketelbraaie op die

mark, maar hierdie een van

Checkers is waarde vir geld. Die

trollie het plek vir jou braaitang en

speserye. Hierdie model is 57 cm

in deursnee en groot genoeg vir

ses mense.

60

EVA-TAFEL-

ROOSTER

Nie almal het 'n huis met

'n braaiplek nie. As jy in 'n

woonstel bly, kan die Evaporseleinrooster

jou red. Hou

maar die partytjie klein. Met

'n deursnee van 30 cm gaan

jy nie die ouens vir 'n braai

voor die rugby kan nooi nie.

PRYYS R3 999 by

yuppiechef.com

METALIX-

WEGGOOI-

BRAAI

As jy wil gaan kamp, maar

alles moet in 'n Polo pas,

kies hierdie weggooibare

braai (320 x 25 x 70 mm). Dit

is lig, netjies en gereed om

te gebruik. Die houer het

reeds steenkool in. Steek

dit aan, braai, en gooi dit

weg.

PRYS R999 by checkers.co.za

DIE BOXMAN-

GEVENTILEERDE

BRAAI

As jou tyd en plek beperk

is, kan die Boxman 'n

oplossing wees. Hierdie

draagbare braaier gebruik

die minimum steenkool

danksy 'n ventila sie stelsel

wat met 4 AA-batterye

(pen lights) of 'n USB-poort

en kragbron werk. Dit is

lig, die kole is binne 10

minute gereed vir braai en

daar is feitlik geen rook nie

vanweë die geventileerde

verbranding. Dit kom met sy

eie drasak.

Die oranje een is nogals vir

ons mooi.

PRYS R880 by builders.

co.za

PRYS R50 by builders.

co.za

COBB SUPREME

Die Cobb is al 'n hele paar dekades 'n staatmaker

in Suid-Afrikaanse huishoudings. Die Supreme is

effens groter as die Premier-model en kook vir

tot 10 mense per keer op minder as 20 stukke

houtskool. Die Supreme is groot genoeg dat

twee hoenders of 'n skaapboud daarop pas, met

ekstra plek om die groente rondom te rangskik.

PRYS R3 269 by yuppiechef.com

Foto's: Getty Images/Gallo Imges en verskaf

Hierdie produkte is deur die redaksie uitgesoek en die onderskeie handelsmerke het geen insae daarin gehad of vir die blootstelling betaal nie. Alle pryse kan sonder kennisgewing

verander, en sluit nie afleweringskoste in nie. Die redaksie neem nie verantwoordelikheid vir bestellings nie.

AA Reisiger | HERFS 2021

REIS

VERTROU WEG/GO! MET

JOU REISBESPREKINGS

Bespreek jou volgende plaaslike vakansie saam met die

handelsmerk wat jy ken en vertrou. Ontdek Suid-Afrika!

As jy al jare lank die Weg-handelsmerk vertrou met jou reis-inligting,

kan jy nou ook die handelsmerk met jou reisreëlings vertrou.

Bespreek:

VLUGTE VERBLYF SPESIALE

REISERVARINGS

soos begeleide staptogte of toere by

www.wegreis.co.za

Bundel & Stoor

Verander gerus u

planne

Gerief &

Gemaklike

Bespreking

Ontelbare

Vakansie-Opsies

62

BRASILIAANSE

KLAPPERMELKVARKBREDIE

ALLES IN EEN

DIT WERK GOED OP DIE STOOF EN IS HEERLIK OP DIE KOLE, EN BOONOP

SPAAR DIÉ EENPOTGEREGTE VIR JOU MOEITE EN SKOTTELGOED.

Resepte

BRASILIAANSE KLAPPER­

MELKVARKBREDIE

ROERLOSE RISOTTO

Vir 4-6

Voorbereiding 5 minute

Gaarmaaktyd 2,5 tot 8 uur

1 kg varkvleis (skouer of boud)

1 koppie klappermelk

2 eetlepels tamatiepasta

4 knoffelhuisies, fyngekap

1 eetlepel fyn gemmer

4 eetlepels matige kerriepoeier

2 rooisoetrissies, in groot stukke gekap

1 ui, gekap

1 koppie klappermelk

½ koppie gemmerbier

½ koppie hoenderaftreksel

50 g geroosterde kasjoeneute, gekap

’n hand vol koljanderblare,

gekap vir garnering

1 Sny die vleis in 4 stukke en verwyder

die meeste van die vetlaag. Plaas dit

saam met al die bestanddele in die bak

of ’n prut- of platboomswartpot wat met

’n laag foelie en ’n deksel bedek word.

2 In ’n prutpot: Kook op laag vir 8 uur of

hoog vir 4 uur. Oor louwarm kole: Prut

stadig vir 2½ uur.

In die oond: Bak teen 150 °C vir 2½ uur.

Of teen 100 °C vir 6 uur.

3 Trek die vark in repe en bedien met

die sous op rys. Besprinkel met gekapte

kasjoeneute en koljander.

Wenk: Jy kan ook die vark met hoender

vervang.

ROERLOSE RISOTTO

Hierdie rysgereg het geen roerwerk

nodig nie. Verruil die spek vir sampioene

vir 'n vegetariese opsie.

Vir 4

Voorbereiding 5 minute

Gaarmaaktyd 40 minute

175 g bevrore ertjies

¼ koppie roomkaas

2 sprietuie, fyngekap

1 Voorverhit die oond tot 200° C. Verhit

'n vuurvaste swaarboompot (met 'n

deksel) op die stoof. Smelt die botter in

die pot en braai die spek en uie daarin

tot sag. Voeg die rys en aftreksel by.

Plaas die deksel op en bak in die oond

vir 25 minute.

2 Haal die pot uit die oond en voeg

die ertjies by. Sit terug in die oond vir 5

minute.

3 Die risotto is gereed wanneer die

rys gaar is. Skep lepels vol van die

roomkaas op die risotto en sprinkel

sprietuie oor. Laat rus vir 5 minute (met

die deksel op) sodat die kaas kan smelt.

HEUNINGHOENDER IN

BIERSOUS

HEUNINGHOENDER

IN BIERSOUS

moutagtige smaak)

½ koppie heuning

4 knoffelhuisies, fyngekap

2 eetlepels tamatiepasta

1 suurlemoen se sap en gerasperde skil

2 eetlepels sojasous

1 Pak die hoenderstukke en al die

ander bestanddele saam in ’n prut- of ’n

platboomswartpot wat met ’n laag foelie

en ’n deksel bedek kan word.

2 In ’n prutpot: Kook op laag vir 6 uur of

hoog vir 3 uur. Oor louwarm kole: Prut

stadig vir 90 minute. In die oond: Bak

teen 150 °C vir 90 minute of 6 uur teen

100 °C.

3 Verwyder die deksel vir die laaste 30

minute om die sous taai en dikker te

maak as jy dit in die oond of oor die kole

maak. As jy die prutpot gebruik, kan jy

die hoender ná die kooktyd verwyder en

die sous verder afkook. Sit die hoender

voor met kapokaartappels of rys. >

63

1 eetlepel botter

6 repe spek, gesnipper

½ ui, fyngekap

250 g risotto rys (soos arborio)

3 koppies hoender- of groenteaftreksel,

kokend warm

Vir 4

Voorbereityd 10 minute

10 hoenderstukke

2 uie, in ringe gesny

340 ml bier (verkieslik een met ’n

HERFS 2021 | AA Reisiger

Resepte

GEBAKTE FRIKKADELLE

IN TAMATIESOUS

ITALIAANSE LAMSTJOPS

64

GEBAKTE FRIKKADELLE

IN TAMATIESOUS

Hierdie lekker frikkadelle gaan jou gesin

se nuwe gunsteling wees.

Vir 4

Voorbereiding 15 minute

Gaarmaaktyd 30 minute

500 g maalvleis

4 eetlepels oreganoblare

3 huisies knoffel, gekap

¼ koppie gerasperde parmesaan- of

pecorino-kaas

1 eiers, geklits

sout en gemaalde swart peper

1 eetlepel olyfolie

1 ui, fyngekap

500 ml tamatie-passata of 1 blik (410 g)

gekapte tamaties

½ koppie gerasperde kaas, soos

mozzarella

1 Voorverhit die oond tot 200° C. Meng

die maalvleis met die helfte van die

oregano en die helfte van die knoffel, die

parmesaan, die eier en ’n knippie sout

en vars peper. Gebruik jou hande om

die mengsel in gholfgrootte balletjies te

verdeel.

2 Voeg die gekapte ui, tamatie-passata,

en die res van die oregano en knoffel

in die oondbak. Voeg die frikkadelle by

die sous en sprei die frikkadelle uit. (Die

bak moet vlak wees, maar groot genoeg

sodat die sous die onderste helfte van

die frikkadel kan bedek. Jy kan die

frikkadelle vooraf in ’n pan verbruin.)

3 Bak die frikkadelle in die sous vir

omtrent 20 minute. Sprinkel die kaas oor.

Bak vir nog 10 minute of totdat die kaas

gesmelt en die frikkadelle gaar, maar

steeds sappig is.

4 Sit voor met pasta of ciabattabrood.

ITALIAANSE LAMSTJOPS

Lamstjops hoef nie elke keer op die

braairooster gaargemaak te word nie.

Vir 4

Voorbereiding 5 minute

Gaarmaaktyd 35 minute

8 lamstjops

2 suurlemoene

8 takkies roosmaryn (sowat 10 cm lank)

3 huisies knoffel, fyngekap

50 g kalamata-olywe

3 eetlepels kappertjiesaad

500 g baba-aartappels

3 eetlepels olyfolie

3 rooi soetrissies

soutvlokkies, na smaak

gemaalde swartpeper, na smaak

1 Voorverhit die oond tot 220° C. Plaas

die tjops in ’n bak. Rasper die skil van

een suurlemoen oor en voeg die sap by.

Stroop die blare van die helfte van die

roosmarynstingels en kap dit fyn. Strooi

die gekapte roosmaryn, knoffel, olywe

en kappertjiesaad oor die tjops. Sit die

tjops eenkant.

2 Sny die aartappels in dun skywe en

versprei dit in ’n vlak oondbak. Druip

1 eetlepel olyfolie oor en plaas die bak

vir 10 minute in die oond.

3 Sny die suurlemoen in dun skyfies en

die soetrissies in dik stroke. Verwyder

die gereg uit die oond en voeg die

suur lemoen snye, soetrissies en die

oorblywende olie by. Geur met sout en

swart peper, en plaas die bak terug in

die oond vir nog 10 minute.

4 Haal weer die bak uit die oond en

rangskik die tjops op die olyf-enkappertjiesaad-mengsel.

Bak die tjops

in die oond vir 10 tot 15 minute. Draai die

tjops een keer om tydens die baktyd. Sit

voor uit die bak uit saam met ’n groen

slaai.

AA Reisiger | HERFS 2021

BEESKORTRIBPOTJIE

Vir 4

Voorbereiding 15 minute

Gaarmaaktyd 2,5 tot 8 uur

1 kg beeskortrib

½ koppie meel

½ teelepel swartpeper

1 ui, gekap

1 selderystingel, gekap

2 lourierblare

¼ koppie worcestersous

2 koppies beesvleisaftreksel

4 aartappels, in groot stukke

gesny

1 Skud die stukke kortrib, meel en

peper saam in ’n plastieksak. Braai die

vleis met die ui oor ’n hoë hitte in ’n

enkellaag in ’n wye swaarboompan of

die platboomswartpot waarin jy dit gaan

maak. Pak dit daarna in die prutpot saam

met die res van die bestanddele of voeg

alles by die swartpot en bedek die bek

met foelie en ’n deksel.

2 In ’n prutpot: Kook op laag vir 8 uur of

hoog vir 4 uur. Oor louwarm kole: Prut

stadig vir 2½ uur. In die oond: Bak teen

150 °C vir 2½ uur. Of 100 °C vir 7 uur.

3 Hierdie potjie is selfs nog beter die

volgende dag. Verwyder die laag vet wat

bo-op gevorm het voordat jy dit verhit.

3 wortels, in groot stukke gesny Bedien met gebotterde spruitkool en rys.. >

65

HERFS 2021 | AA Reisiger

SKAAPSKENKEL-EN-

BRANDEWYNPERSKEPOT

BASKIESE HOENDER

66

SKAAPSKENKEL-EN

BRANDEWYNPERSKEPOT

Vir 4-6

Voorbereiding 20 minute

Gaarmaaktyd 3 uur

1 blik (410 g) perskes in stroop

1 pakkie (125 g) droëperskes

½ koppie lou brandewyn

3 eetlepels olyfolie

2 kg skaapskenkels

2 uie, fyngekap

2 selderystingels, fyngekap

2 wortels, geskil en in stukke van 3 cm

gesny

sout en swartpeper

1 groot hand vol pekeluitjies, geskil

1 blik (410 g) chakalaka

1 blik (410 g) heel tamaties

1 koppie vleisaftreksel

1 Dreineer die blik perskes, maar hou die

stroop eenkant. Sit die droëperskes in ’n

houer, bedek dit met brandewyn en laat

dit swel.

2 Verhit intussen die olie in ’n groot

swartpot en braai die skenkels tot

goudbruin. Skep dit uit en sit dit eenkant.

3 Braai die ui, seldery en wortel in die

pot totdat die ui sag is. Geur dit met sout

en peper en sit die skenkels terug.

4 Gooi die uitjies, chakalaka, tamatie

en perskes by. Skep 3 eetlepels

perskestroop en die aftreksel by, sit

die deksel op en laat dit vir 2-3 uur prut

totdat die vleis van die bene afval.

BASKIESE HOENDER

Vir 4

Voorbereiding 30 minute

Gaarmaaktyd 30 minute

30 ml olyfolie

8 repe spek

4 hoenderboudjies en 4 dye

knippie rissiepoeier

1 geel of rooi rissie, in repe gesny

3 takkies tiemie

1 blik (400g) gekapte tamaties

30 ml gekapte platblaar-pietersielie

1 Verhit die olie in 'n swaarboompan en

braai die spek tot bros. Verwyder en

braai die hoender in dieselfde pan tot

bruin.

2 Geur die hoender met die sout,

pepper en rissiepoeier. Voeg die

rooirissiepoeier by en kook ’n paar

minute.

3 Plaas die spek terug in die pan, voeg

die tiemie en tamaties by, en prut vir

20–30 minute (met ’n deksel op) totdat

die hoender gaar is. Sprinkel pietersielie

oor en sit voor met rys.

AMARULA-MALVAPOEDING

Vir 4-6

Voorbereiding 15 minute

Baktyd 1 uur

1 koppie bruismeel

'n knippie sout

1 teelepel koeksoda

1 eier

½ koppie geelsuiker

2 eetlepels gouestroop

1 eetlepel botter

1 eetlepel asyn

1 koppie melk

Resepte deur Aletta Lintvelt en Johané Neilson

AA Reisiger | HERFS 2021

Resepte

AMARULA-MALVAPOEDING

GROENVYEPOEDING

1 blikkie (410 g) tertappels of -pere,

gedreineer

Vir die sous

¼ koppie donker bruinsuiker (soos

Demerara)

½ koppie sterk rooibostee, kokend

¼ koppie botter, in blokkies gesny

1 koppie Amarula-likeur (of ingedampte

melk)

1 Meng die meel, sout en koeksoda.

2 Klits die eier en suiker totdat dit dik

en liggeel is en meng die meel en die

res van die bestanddele (behalwe die

appels) daarby in totdat dit net-net

gekombineer is.

3 Gooi die slap beslag in ’n klein,

gesmeerde potjie (of oondbak).

Rangskik die appels bo-op die beslag.

Sit die deksel op en sit ’n paar kole op

die deksel. Bak dit vir 45 minute tot die

bokant goudbruin is en ’n mes skoon

uitkom wanneer jy dit in die poeding

druk. (Jy kan dit ook onbedek in die

oond bak teen 180 °C.)

4 Maak intussen die sous: Meng die

suiker, rooibostee en botter oor matige

hitte totdat die suiker opgelos en die

botter gesmelt het. Voeg die Amarula

by en moenie dat die mengsel weer

kook nie. Gooi die helfte oor die warm

poeding en laat dit staan totdat dit goed

ingetrek het. Sit dan die poeding voor

saam met die res van die sous.

GROENVYEPOEDING

Vir 6

Voorbereiding 5 minute

Baktyd 45 minute

200 g groenvyekonfytstukke

½ koppie (125 g) botter

½ koppie bruinsuiker

2 eiers, geklits

1½ koppie (180 g) koekmeelblom

1 teelepel bakpoeier

1 teelepel sout

1 teelepel koeksoda

1 koppie melk

½ koppie okkerneute, gekap

(opsioneel)

Vir die stroop

1 koppie water

½ koppie groenvyekonfytstroop

Vir die sous

1 koppie soetwyn

1 eetlepel groenvyekonfytstroop

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

Dreineer die groenvye uit die stroop en

hou die stroop eenkant. Kap die vye fyn.

(As jy dit heel los, is dit te swaar en sak

dit af in die beslag.)

2 Verroom die botter en die suiker, voeg

dan die eiers daarby en klits dit goed.

3 Voeg die meel, bakpoeier en sout by.

4 Los die koeksoda op in die melk en

roer goed deur die meelmengsel.

5 Vou die gekapte vye met 2 eetlepels

van die groenvyestroop en die neute

deur die beslag.

6 Kook die bestanddele vir die stroop

saam in ’n platboompotjie of gooi dit in

’n oondbak. Skep die beslag in die warm

stroop en plaas dit in die oond. Bak dit

vir 45 minute totdat dit goudbruin en

gaar is.

7 Maak die bestanddele vir die sous

warm, maar moet dit nie laat kook nie

(anders verdamp die alkohol!). Skink dit

oor die poeding wanneer dit uit die oond

kom. Sit voor met vla.

67

HERFS 2021 | AA Reisiger

Die beste

motors

vir kamp

Om jou ryding as vakansieverblyf te gebruik is glad nie

absurd nie, sê die motorverslaggewer JULIET MCGUIRE.

Nie almal is versot op kampering nie. ’n Ongenooide

gas wat op ’n keer by my tent ingeseil het, het my vir

ewig afgeskrik van kampering. En dan praat ons nie

van die moeite om ’n tent op- en af te slaan nie. Jy

kán luuks gaan kamp (“glamp”), maar nie oral nie. En

nie almal is lus om ’n blyplek aan die sleepstang te haak nie. Is daar

’n oplossing? Ja, slaap in of op jou voertuig! Hier is sewe rygoed wat

onwillige kampeerders dalk kan “bekeer”.

AA Reisiger | HERFS 2021

Rygoed

slaap in

jou motor

Kom ons begin met rygoed waarin jy kan slaap. Dit

spaar jou die gesukkel met ’n tent. Drie van hierdie

opsies is spesifiek gebou as ryhuise, en die vierde

opsie is wanneer jy ’n gewone ryding wil gebruik om

in te slaap.

VOLKSWAGEN CALIFORNIA 6.1 EN

CADDY CALIFORNIA

Die Volkswagen Campers en Autovillas was

legendariese ryhuise waaroor talle Suid-Afrikaners

steeds nostalgies raak. Vir ’n nuwe generasie is daar

nou die Californias.

Die 6.1 California-ryhuis (wat aan die ou VW

Campers herinner en slaapplek vir vier mense

bied) is splinternuut en die afgelope paar weke by

VW-handelaars beskikbaar vanaf R1 214 400 vir die

4Motion-model. Die California 6.1 het ’n dak wat

uitvou sodat jy regop binne kan staan en ’n volledige

kombuis met ’n koelboks, wasbak en stofie.

Vir pare of individue wat ’n ryhuis soek, is die VW

Caddy (wat ons plaaslik as ’n aflewerings voertuig ken)

oorsee ook in ’n California-weergawe omskep, maar

tans weet ons nie óf en wanneer dit in Suid-Afrika

beskikbaar sal wees nie. Die oorsese weergawe het

’n uitvoubed en ’n uitvou-sondak van. Die luukser

weergawe het ’n kombuisie in ’n laaistelsel wat jy van

die agterdeur af bereik.

Die Caddy California het ’n modulêre tentstelsel

WENKE VIR

JOU KAMPEER-

VAKANSIE

• As jy in die veld gaan ry,

neem ’n kompressor. Jy

gaan dit nodig kry as jy jou

banddruk moet verlaag op

sandpaaie, en om matrasse

by die slaapplek op te blaas.

• As jy in ’n groep ry, bêre

jou spaarsleutel in iemand

anders se motor.

• Belê in sonherlaaiers as jy

op afgeleë plekke wil kamp.

Jy wil nie jou motor te lank

laat loop om elektroniese

toerusting te laai nie. 'n

Koelboks veral sal jou

battery leegtap.

• As jy nie op gelyk grond

kan parkeer nie, maak seker

jou kop is hoër as jou voete

wanneer jy slaap.

• Jy kan nie sommer net

iewers langs die pad aftrek

en slaap nie. Maak seker jy

het die korrekte permitte. As

jy kan, bespreek vooruit.

• As jy binne jou motor

gaan slaap, pak so min in as

moontlik sodat jy plek het

om jou tuis te maak.

• Maak die vensters aan

weerskante oop wanneer jy

slaap sodat daar ’n luggie

deurtrek. As jy ’n sondak

het, maak dit ook oop!

• Gebruik ou lakens en

handdoeke voor jou vensters

vir privaatheid. Of belê in

skadu-afskortings wat ook

bedags jou voertuig koel sal

hou.

• Sonkrag is jou beste

vriend, maar hou ook

batterye byderhand vir 'n

Plan B.

• Neem ’n hangmat saam

om bedags (en selfs snags)

onder ’n boom te rus.

wat aan die voertuig vasgemaak of losstaande

gebruik kan word. Die tent kan selfs verleng word om

’n slaapkamer te vorm.

Die Caddy California is oorsee in twee enjinopsies

beskikbaar en sal ’n puik keuse wees vir afgetredenes

wat weke lank op die langpad wil wees.

Kom ons hou duimvas dat VW ook ’n ryhuis vir die

nederiger deel van die mark beskikbaar sal stel. >

69

HERFS 2021 | AA Reisiger

MERCEDES-BENZ UNIMOG

Vir die Hulk van die ryhuisbedryf gaan jy diep sakke nodig

hê, maar ’n mens mág maar droom. Hierdie is nie net ’n ryding

vir jou vakansie nie, maar ook jou skuilplek as die apokalips

aanbreek. Die “Universal-Motor-Gerät” (universele motor), soos

dit oorspronklik bekend was, is gebou om rateltaai, betroubaar

en veelsydig te wees. Dit word veral gebruik in moeilik

bereikbare plekke. Om Wheels24 aan te haal, geen uitdaging

is te groot vir dié “Switserse weermagmes op wiele” nie.

Die bemarkingsdirekteur van Go Camp, Robert Bernatzeder,

sê sy Unimog is perfekte vir hom en sy gesin. “Ons kamp nogal

luuks danksy al die modifikasies, maar dit laat ons toe om ons

jong kinders saam te neem op ons avonture. Ek skerts altyd:

'My vakansiehuis is dalk klein, maar ek het ’n baie groot tuin.'”

Die Unimogs is nie algemeen beskikbaar nie – jy sal moet

soek om een te kry, en dan sal jy waarskynlik nog geld moet

spandeer om dit in te rig, maar daarna gaan jy soos 'n koning

vakansie hou.

70

SUBARU FORESTER

Ons het nie almal miljoene rande om

aan ’n ryhuis soos die Unimog te bestee

nie, en dit is waarskynlik nie prakties om

’n vakansieryding én ’n “werksryding”

te hê nie. Baie mense, soos ek, soek

dus ’n praktiese ryding wat toevallig

ook gemaklik genoeg is om in te kamp.

Een waarin jy gerieflik kan slaap, wat

op meer as net teerpaaie kan ry, en wat

steeds bekostigbaar is. Iets soos die

Subaru Forester. Die Forester tik nie net

bogenoemde boksies nie, maar is ook

betroubaar en kan maklik gebruik word om

werk toe te pendel.

Die Forester is ’n gesinsgrootte

sportnutsvoertuig en baie gewild in

Suid-Afrika, veral die tweedehandse

modelle. Die huidige vyfde generasie

Subaru is in 2018 bekendgestel. Dit het ’n

enorme bagasieruim van 520 liter waarin

alles en nog wat gepak kan word. As dit

slaaptyd word, slaan die sitplekke plat vir

’n slaapruimte van 1060 liter. Die materiaal

in die bagasieruim maak maklik skoon –

ideaal vir daardie modderige staanplekke.

Foresters is bekend vir hul veldryvermoëns

en goeie ritgehalte op

grondpaaie.

Dit het ’n grondvryhoogte

van 220 mm

en het

alwielaandrywing. Daar is ook verskillende

rymodusse vir sneeu, modder en

gruispaaie. Maak net seker jy kies die

model wat hierdie rymodusse het.

AA Reisiger | HERFS 2021

Rygoed

slaap OP jou motor

Daktente bied gestruktureerde slaapplekke, maar hou jou mobiel genoeg

sodat jy vry is om ’n verskeidenheid van bestemmings te verken.

TOYOTA HILUX

Die topverkoperbakkie in die land sal

uiteraard op hierdie lys wees. Die Hilux

kan orals ry en het ’n reputasie vir sy

betroubaarheid, wat belangrik is as jy

die vreemde in vaar. Die ouens by Go

Camp sê die Hilux is die ideale ryding

vir ’n daktent. Veral die agterkant van die

dubbelkajuit is uiters geskik vir ’n kappie

wat met ’n daktent toegerus is.

Die jongste generasie Toyota Hilux is in

2016 bekendgestel, maar Toyota het in

2020 net weer ’n kam deur sy hare getrek.

Buitelangs is hy opgeknap, maar die

grootste veranderings het onder die kap

gekom, waar hy nou met ’n 2.8 GD-6-

enjin beskikbaar is wat 150 kW krag en

500 Nm wringkrag kan lewer, dis 20 kW

meer krag en 50 Nm meer wringkrag

as sy voorganger. Dit was nodig om die

Hilux aan die voorpunt te hou in die mees

mededingende motorsegment. Dink net

aan sy knap mededingers, soos die Ford

Ranger, Isuzu D-Max en Volkswagen

Amarok, wat almal ook bekwame

kampmotors is wat glad nie ontuis in

Mabuasehube sal wees nie.

Die nuwe Toyota Hilux is egter beter

afgerond en is een van die beste

veldvoertuie op die mark. As jy geld het

om dit lekker toe te rus, gaan hierdie ’n

uitstekende kampmaat wees. >

Die Hilux is

Suid-Afrika se

topverkoperbakkie

en is ewe

tuis op die werk

se parkeerterrein

as in die

boendoes.

71

HERFS 2021 | AA Reisiger

Rygoed

OORWEEG

(WEER) 'N

DAKTENT

Die span by Go Camp sê hoekom

’n daktent steeds bobaas is:

• Daktente het baie

gesofistikeerd geraak deur die

jare en is deesdae maklik om te

gebruik.

• Daar is ’n groot verskeidenheid

beskikbaar en iewers is daar een

wat in jou spesifieke behoefte sal

voldoen.

• Die meeste daktente het

deesdae ingeboude matrasse,

wat dit baie gerieflik maak.

• ’n Daktent los vir jou meer

pakplek binne jou voertuig.

• Dis perfek vir die klimaat in

Suider-Afrika. In die koue weer

voel jy nie die koue uit die grond

opslaan nie en in die warm weer

is hulle goed geventileer.

• As jy op plekke met wild kamp,

bied dit meer beskerming as ’n

tent op die grond.

• Daktente slaan vinniger af

as gewone tente. Sommige

vervaardigers beweer jy kan

dit in so min as ses minute

doen. (Maar dan moet jy met ’n

stophorlosie in die hand staan

en alles op 'n drafstap doen.)

Dit is egter beslis ’n gerieflike,

fieterjasielose manier van kamp.

• Omdat jy hoog in die lug is,

kom daar ook nie soveel sand

en stof in die tent nie. As jy

die flappe afslaan, sal daar ’n

heerlike koel briesie deur die

tent waai.

SUZUKI JIMNY

Moenie dink sy grootte sluit hom uit as ’n kampvoertuig nie. Caira Durand van Go

Camp vertel nadat sy die perfekte (ligte) daktent vir haar Jimny gevind het, is dit

die ideale reisgenoot. “As jy dink hoe bekostigbaar die Jimny is vir ’n voertuig met

regte-egte 4x4-vaardighede, kan jy eenvoudig nie die Jimny klop nie. Sedert ek

my 2015-model gekoop het, kon ek al verskeie veldrybestemmings op my lys

aftik.”

In ons vorige uitgawe het ons die Jimny se lof besing as ’n bekwame

veldvoertuig. En ná 20 jaar is dit steeds so gewild dat jy ’n hele paar maande

vir een sal moet wag! Toe ons laas gehoor het, was die waglys 6 maande vir 'n

nuwe model.

En as jy in ag neem dat jy vir ’n paar rand ekstra ’n daktent kan opsit en die

wye wêreld kan invaar, besef jy dis meer as net ’n mooi stadsdingetjie hierdie.

AA Reisiger | HERFS 2021

Rygoed

Pryse was teen druktyd korrek, maar kan verander. Foto's: verskaf.

LAND ROVER DEFENDER 110

Die Land Rover Defender 110 het om ’n rede ’n byna

kultusaanhang onder safari-reisigers. Die nuwe model het

in 2020 aangekom (dit was effens laat weens die pandemie),

maar dit was die wag werd. As jy bloot kyk na die lys van

bykomstighede wat vir hierdie model beskikbaar is, sal jy besef

die ryding is absoluut gemaak vir kamp.

Jy kan byvoorbeeld ’n opblaasbare afdak byvoeg wat

aan enige kant van die voertuig vasgeheg kan word, daar

is ’n draagbare waterstelsel met stortkop, ’n sluitbare leer

om makliker by jou daktent te kom, en geriewe sodat jy

jou toerusting langs die voertuig kan monteer. Daar is selfs

toerusting wat jou troeteldier sal help om makliker in en uit die

Defender te klim.

Jy kan jou Defender volgens jou eie behoeftes inrig, en jy het

’n keuse van ’n Adventure Pack, Explorer Pack of Urban Pack.

En dan kan jy nog verskeie speelgoed daarby voeg. Dit is

amper soos 'n Barbie Pop, maar vir ryk volwassenes.

73

HERFS 2021 | AA Reisiger

EERSTE

INDRUKKE

MODELKEUSE WR-V 1.2 Elegance

VANAF R319 900

DIENSPLAN 4 jaar/60 000 km

WAARBORG 5 jaar/200 000 km

BRANDSTOFVERBRUIK 6,4l/100 km

Let op dat nog nie een

van dié voertuie al

in die Global NCAPbotstoetse

as deel van

die #SaferCarsforAfricaprogram

getoets is nie.

Ná ’n stil tydperk in 2020, het daar verskeie nuwe modelle in die afgelope paar

maande op die toneel verskyn. Juliet McGuire kon die splinternuwe VW T-Roc, ’n

nuwer weergawe van die Hyundai Creta, en twee intreevlak Toyotas in die hande kry.

74

HONDA WR-V

In pas met die moderne neiging om af te

skaal, het Honda die WR-V bekengestel,

’n kompakte oorkruisvoertuig wat

eienskappe deel met die Honda Jazz

en BR-V. Dit ding mee in een van die

snels groeiende marksegmente, met die

Hyundai Venue, Volkswagen T-Cross,

Renault Captur, en Ford Ecosport as sy

vernaamste mededingers. Die WR-V sal

dus sy storie moet ken.

Dis ’n oulike ryding met tipiese Hondastilering.

Jy sien die BR-V is in sy gene. Die

grondvryhoogte van 177 mm sal handig

te pas kom. Dis in vier kleure beskikbaar,

naamlik moderne staal, platinumwit,

helder rooi en maanligsilwer. Die kajuit

is nie so ruim as wat ’n mens sou hoop

nie, veral as jou reisgenoot ses voet lank

is. Selfs met die stoel op sy verste punt

teruggestoot, kon hy nie sy sit kry nie. Ek

is egter korter en het gemakliker gesit.

Agterlangs is daar genadiglik meer

spasie, veral wat beenruimte betref.

Die WR-V is ’n baie praktiese ryding.

Die bagasieruim is 363 liter en die WR-V

gebruik Honda se “Magic Seat System”,

wat verskeie konfigurasies moontlik

maak. Die agtersitplek het boonop ’n

60:40-verdeling. As al die sitplekke

afgeslaan is, het jy 881 liter bagasieruimte.

Jy kan kies uit twee afwerkingsvlakke,

die Comfort en Elegance. Die Comfortmodel

het ’n vyfduim-LCD-oudiostelsel

met Bluetooth- en USB-konnektiwiteit,

en luidsprekers. Die Elegance-model

het ’n seweduim-raakskerm met

Apple CarPlay en Android Auto. Dit

het ook ses luidsprekers. Hoewel albei

modelle agterste parkeersensors het,

het die Elegance ook ’n trukamera

en kruisspoedbeheer met sleutellose

toegang en ’n drukknop-aansitter.

Honda het gewoonlik puik veiligheidseienskappe

en die WR-V is geen

uitsondering nie. Ses lugsakke,

Isofix-ankerpunte, sluitweerremme

en elektroniese stabiliteits beheer is

standaard op albei die modelle.

Die engiste teleurstelling is die enjin. Dit

is ’n 1.2 liter-aanjaerlose enjin, wat met ’n

vyfspoed-handratkas gekombineer word.

Dit bied 66 kW krag en 110 Nm wringkrag,

maar dit voel kragteloos en jy soek kortkort

daardie nie-bestaande sesde rat. Sy

mededingers het ook turbo-aangejaagde

enjins en outomatiese modelle.

Hoewel kragtige verrigting nie heelbo

aan die wenslys is van kopers in dié

segment nie, gaan jy tog woema nodig hê

as jy jou gesin en jul bagasie ingelaai het.

As jy egter net skooltasse en sportsakke

by die inkopies moet inlaai, sal die WR-V

’n praktiese ryding wees.

AA Reisiger | HERFS 2021

Rygoed

VOLKSWAGEN T-ROC

Hierdie was een van die bekendstellings

waarvoor baie mense asem

opgehou het. In ’n stadium het dit egter

gevoel of die T-Roc nooit in Suid-Afrika

gaan aankom nie, maar in November

2020 het dit uiteindelik sy opwagting

gemaak.

Die T-Roc is ’n splinternuwe Volkswagen-

model en word tussen die

gewilde T-Cross en die Tiguan geposisio

neer. Dis Volkswagen se vyfde

sportnutsvoertuig, as jy die Tiguan

Allspace en die Touareg inreken. Die

model is nie baie prakties nie, maar

diegene vir wie ontwerp belangrik is, sal

ingenome wees daarmee. Agterlangs

is daar min spasie, veral been- en

kopruimte. Dit sal slegs vir kinders

gerieflik wees. Die kattebak is egter

’n heel skaflike 455 liter. Die kajuit voel

modern en luuks. Sommige van die

motorjoernaliste het gevoel die plastiek

gee dit ’n goedkoop gevoel, maar ek

het gedink die hoeveelheid eienskappe

maak op daarvoor, veral as jy ekstras

soos Active Info Display kan byvoeg.

Saam met die standaard 8 duimkleurraakskerm

met info-vermaakstelsel

(met Apple CarPlay en Android Auto),

App Connect en We Connect Go, is die

kajuit digitaal interaktief en lyk dit luuks.

Jy kan kies tussen

Design- en R-Linepakkete

vir afwerking.

Die R-Line is die

deftiger een van die

twee, en spog met ekstra

veiligheidskenmerke

soos sleutellose

toegang, induktiewe

sel foon herlaaiing, aanpasbare kruisspoedbeheer

en leersitplekke.

Wat veiligheid betref, kom die

T-Roc standaard met elektroniese

stabiliteitsbeheer, parkeerbeheer,

LED-hoofligte, blindekolmonitering,

noodbystand en uitputtingsensors.

Die opsionele I.Q Drive-tegnologie

sluit in parkeer-, verkeersknoop-en

laanverwisselingsbystand.

Die R-Line spog met ’n 2,0 liter-enjin,

maar my keuse sou wees die 1,4 literturbo-aangejaagde

enjin wat 110 kW krag

en 250 Nm wringkrag lewer. Dit is nie net

die goedkoper

weerawe nie,

maar die enjin

voel lewendiger.

Dit

word gepaar

saam met ’n

triptoniese

ratkas. Wie is

nie lief vir ’n outomatiese ratkas nie?

Oor die algemeen bied die T-Roc iets

anders as die praktiese Tiguan of die

kleiner T-Cross. Dit sal nie groot volumes

MODELKEUSE Volkswagen T-Roc

1.4 TSI 110 kW Design Tiptronic

VANAF R489 400

DIENSPLAN 5 jaar/90 000 km

WAARBORG 3 jaar/120 000 km

BRANDSTOFVERBRUIK 6,1 l/100 km

verkoop nie, maar kan dalk kopers

wegrokkel van die Audi Q2 en BMW X2.

75

HERFS 2021 | AA Reisiger

76

TOYOTA STARLET

As dié Toyota mense verward laat voel,

is dit omdat die Starlet basies ’n Suzuki

Baleno is met ’n Toyota-kenteken op.

Ek sou hier kon eindig en jou bloot na

resensies van die Baleno verwys, maar

laat ek verduidelik. Toyota en Suzuki het in

2019 'n samewerkingsooreenkoms gesluit

en jy begin nou die resultate daarvan sien.

Sulke ooreenkomste is nie nuut nie en

glad nie ongewoon nie. (Die Toyota-BMWsamewerking

het byvoorbeeld tot die

Supra gelei, wat op die BMW Z4 gegrond

is.)

Die naam Starlet is laas in 1999 gebruik.

Dit is ’n sakpas-luikrug wat goeie waarde

vir geld bied. Toyota was uitgeslape

genoeg om die Starlet goedkoper as

die Baleno te maak. Voeg daarby die

Toyota-naam wat met betroubaarheid

verbind word, en die wye Toyotahandelaarsnetwerk,

en jy verstaan dat die

Baleno 'n sterk mededinger gekry het. Die

enigste voordeel van die Baleno is dat sy

diensplan en waarborg ’n raps beter is as

dié van die Starlet. Maar, jy kan die Starlet

se diensplan verleng teen ’n ekstra koste,

wat die twee weer feitlik gelykop maak.

Die Starlet het ook drie modelle teenoor

die Baleno se twee. Daar is die intreevlak

Xi, die middelslag Xs en die topmodel,

die Xr. Die Xr het ’n oudiostelsel met ’n

raakskerm, wat met Android Auto en

MODELKEUSE Starlet 1.4 Xr MT

VANAF R258 500

DIENSPLAN 3 dienste/45 000 km

WAARBORG 3 jaar/100 000 km

BRANDSTOFVERBRUIK 5,1 l/100 km

Apple CarPlay geïntegreer is vir navigasie,

foonoproepe en musiekstroomdienste.

Dit het ook parkeerafstandbeheer, ’n

tru kamera, klimaatbeheer en ’n drukknopaanskakelaar,

sowel as kruisspoedbeheer

en ’n veeldoelige stuurwiel.

Al die modelle het dieselfde enjin as

die Baleno, ’n 1.4 liter-viersilinderenjin wat

68 kW krag en 130 Nm wringkrag lewer.

Jy kan tussen ’n vyfspoed-handratkas

of vierspoed- outomatiese ratkas kies.

Die veiligheidskenmerke sluit in twee

lugsakke, sluitweerremme, elektroniese

stabiliteitsbeheer, rembystand, voertuigstabilisering

en Isofix-ankerpunte. Die

outomatiese model het ook heuwelwegtrekbystand.

Die Xr-model het

gordyn- en kantlugsakke.

Boonop was die Starlet tweede in

die kategorie vir Super-mini's in die

2020-AA-Kinsey-verslag wat die prys van

motoronderdele in elke segment vergelyk.

Slegs die Renault Sandero kon hom klop

wat bekostigbare onderdelepryse betref.

Watter een moet jy kies? Die Suzuki

Baleno of die Toyota Starlet? Dis maar ses

van die een en ’n halfdosyn van die ander.

Albei vervaardigers is bekend vir gehalte,

betroubaarheid en puik naverkopediens.

Jy kan nie verkeerd gaan nie!

•Die Starlet sal ingesluit word in die

volgende jaarlikse AA-intreevlak-motorpeiling.

Lees die volledige uitslae van die

AA-Kinsey-verslag in AA Reisiger Somer

2020, of besoek aa.co.za.

HYUNDAI CRETA

Die Creta is nie 'n nuwe

sportnutsvoertuig nie, maar

hierdie is ’n nuwe weer gawe

van 'n ou gunsteling. Die

Creta is baie gewild en word

net deur die Volks wagen

T-Cross en die Mazda CX-3

uitgestof, maar Hyundai

hoop dat die nuwe model

die bordjies sal verhang.

Die tweede generasie

Creta het ’n paar stylveranderings

ondergaan

om sy voorkoms vars en

modern te hou. Jy gaan

óf mal wees daaroor óf dit

haat. Ek dink dit is mooier as

sy voorganger, wat nie juis

uitgestaan het nie.

In die kajuit was daar

ook ’n paar vernuwings,

soos die byvoeging van ’n

info-vermaak-stelsel met

Apple CarPlay en Android

Auto wat nou standaard

is in die reeks, sowel as

parkeerafstandbeheer en

’n trukamera. Wat veiligheid

AA Reisiger | HERFS 2021

Rygoed

MODELKEUSE Hyundai Creta 1.5

Executive Diesel AT

VANAF R469 900

DIENSPLAN 4 jaar/60 000 km

WAARBORG 5 jaar/200 000 km

BRANDSTOFVERBRUIK 5,9l/100 km

TOYOTA AGYA

Ons toetsbestuur nie dikwels twee voertuie van een vervaardiger

in dieselfde uitgawe nie, maar die Agya is nie ’n ryding wat jy kan

ignoreer nie. Dit is Toyota se sakpas-nuweling wat die gewilde

Aygo vervang. Ja, die name is verwarrend! Wat ook verwarrend is,

is hoekom Toyota besluit het om die Aygo hiermee te vervang. Die

Agya is nie ’n slegte ryding nie, maar daar is ’n paar dinge wat dit

minder begeerlik as die Aygo maak en hom laat afsteek teen sy

mededingers.

Die Agya is in ’n baie mededingende segment saam met die

Suzuki S-Presso, Renault Kwid en Datsun Go. Wat sy prys betref,

ding hy ook mee met die hoog aangeskrewe Suzuki Swift.

Kom ons begin met sy pluspunte. Ten spyte van sy grootte, is

die Agya ’n ruim motor, veral agterlangs. Daar is hope beenspasie.

Die enjin en die ratkas is wonderlik. Die 1.0 liter-driesilinderenjin

is parmantig en perfek vir stadsverkeer en kronkelpaaie. Hy kan

laat loop! Die enigste tyd wanneer die enjin onder druk kom, is

op die snelweg teen hoë spoed. Daar is reeds baie enjingeraas

wat die kajuit binnedring, maar dis veral hinderlik op die snelweg.

Die vyfspoed-handratkas is egalig. Daar is ook ’n vierspoedoutomatiese

ratkas beskikbaar, maar ek het dit nie toetsbestuur nie.

Wat veiligheidskenmerke betref, het hy twee lugsakke,

sluitweerremme met elektroniese

stabiliteitsbeheer

en Isofix-ankerpunte as

standaard-eienskappe.

Die probleem kom by die

oudiostelsel, of liewer die gebrek

daaraan. Jy moet ’n ekstra

R4 000 daarvoor opdok, en dit

MODELKEUSE Agya MT met radio

VANAF R182 400

DIENSPLAN 2 dienste/20 000 km

WAARBORG 3 jaar/100 000

BRANDSTOFVERBRUIK 4,8l/100 km

Images: Supplied. Prices correct at time of going to press.

betref, het die reeks twee lugsakke, behalwe

vir die Executive-model wat ses lugsakke

het. Heuwelwegtrekbystand, elek tro niese

stabiliteitsbeheer en ’n banddruk moniteringstelsel

is ook standaard.

Die Creta het opmerklik baie spasie. Die nuwe

model is groter in alle opsigte en jy kom dit

agter. Die bagasieruim is nou 433 liter (teenoor

sy voorganger se 402 liter). Die agterbank kan

60:40 verdeel, wat baie prakties is.

Drie nuwe enjins is beskikbaar. Die 1.5 literpetrolenjin

vervang die 1.6 liter-enjin (wat

nou op die Kia Seltos is). Dit lewer 84 kW krag

en 143 Nm wringkrag. Dit werk saam met ’n

sesspoed-handratkas of CVT- outomatiese

ratkas. Vir die dieselliefhebbers is daar ’n

1.5-turbodieselenjin wat 85 kW krag en

250 Nm wringkrag lewer. Dit kom saam met ’n

sesspoed- outomatiese ratkas. Laastens is daar

’n 1.4 liter-turbopetrolenjin wat 103 kW krag en

242 Nm wringkrag lewer. Dit kom saam met

dubbel-koppelaaroordrag. Daar is regtig iets vir

elke smaak.

Ek het nie die dieselmodel bestuur nie,

wat waarskynlik my topkeuse sal wees, maar

die 1.4-turbo lewer meer as genoeg krag vir

die Creta-mark. Die diesel is egter ’n raps

goedkoper en sy brandstofverbruik is beter.

is die eenvoudigste stelsel wat ek in ’n lang tyd gesien het. As jy ’n

raakskerm met Apple CarPlay en Android Auto wil hê, moet jy ekstra

daarvoor hoes en dit by ’n handelaar laat installeer. Die probleem

is dat die meeste van die Agya se mededingers 'n oudiostelsel as

standaard bied, saam met ekstras soos byvoorbeeld ’n jaar se gratis

versekering.

Die Toyota-kenteken, wat betroubaarheid en lae instand houdingskoste

impliseer, beteken egter dat die Agya ’n mark sal vind. Ek reken

egter dat van sy mededingers beter waarde vir geld bied.

•Die Agya sal ingesluit word in die volgende jaarlikse AA-intree vlakmotorpeiling,

sowel as in die 2021-AA-Kinsey-verslag (wat die koste van

motoronderdele per segment vergelyk), wat later vanjaar verskyn.

77

HERFS 2021 | AA Reisiger

78

Die Wet op die Administratiewe

Beregting van Padverkeersmisdrywe

(die Aarto-wet) sal na verwagting

landwyd op 1 Julie vanjaar in

werking tree. Wat behels dit, wat is

die implikasiers vir bestuurders, en

hoekom is die AA besorg daaroor?

DEUR PETRO-ANNE VLOK

By ’n vinnige oorsig

klink Aarto na ’n

goeie idee: Dis ’n

strafpuntstelsel wat ons

paaie veiliger maak

deur mense aan te moedig om

hul gedrag agter die stuurwiel te

verbeter, en roekelose en gevaarlike

bestuurders van ons paaie te

verwyder.

Maar sommige van die

bepalings in die Aarto-konsepwet

wat op 2 Oktober 2020 in die

regering se Gazette gepubliseer

is, het die wenkbroue laat

lig, ook dié van die AA. “Ons

grootste bekommernis is die feit

dat Aarto nié op padveiligheid

ingestel is nie, maar op inkomstegenerering,”

sê Layton Beard, die

AA se bestuurder vir openbare

betrekkinge.

Vir die AA is daar drie groot

kwessies: die oortredingsheffing

(IPL), disproporsionele boetes,

en die appèltribunaal.

Motoriste sal bo en behalwe

die boete vir die oortreding,

ook ’n heffing van R100 per

kennisgewing moet betaal. As jy

dus met R250 beboet word, sal jy

op die ou end R350 moet betaal.

Die Padoortredingsagentskap

(RTIA), wat hierdie heffing sal

gebruik om Aarto te bestuur, kan

hiermee R1 miljard per 10 miljoen

kennisgewings verdien. Layton

sê dis disproporsioneel,

verregaande en onregverdig. “Dis

soos om iemand ’n heffing te laat

betaal om hul belastingopgawe

in te dien. Dis ’n onregverdige

tarief vir ’n funksie waarvoor

daar reeds in die boeteinkomste

voorsiening gemaak word.”

Die strafpuntstelsel is ook

disproporsioneel, sê Layton. “Die

straf vir die vervoer van ’n kind

sonder die nodige veiligheidsvereistes

is 1 strafpunt en ’n

boete van R1 500, maar as jy in

gebreke bly om die owerheid

van jou adresverandering in

kennis te stel, kry jy ’n boete

van R3 000 (tans R500). Dit is

heeltemal strydig met die doel

van Aarto om padsterftes teen

2030 te halveer.” Hy voeg by dat

die vervoer van ’n kind sonder

die nodige veiligheidsvereistes

moet 5 strafpunte en ’n boete van

R5 000 wees.

Stukkende sitplekgordels is nog

’n voorbeeld. Ingevolge Aarto

sal stukkende veiligheidsgordels

lei tot 1 strafpunt en ’n boete

van R500. “Maar as die voorkant

van jou voertuig nie voor die

lyn stop nie, ’n baie tegniese

oortreding, is die boete R2 000

en 3 strafpunte. Sitplekgordels

kan sterftes en ernstige

beserings in ’n ongeluk met tot

75% verminder. As veiligheid

’n prioriteit vir Aarto is, moet

sitplekgordels tog ’n groter gewig

AARTO

Alles wat jy moet weet oor dié wet

AA Reisiger | HERFS 2021

Spesiale verslag

EKSTRA BRONNE: businesstech.co.za; mybroadband.co.za; ewn.co.za

dra as ’n hareklowery oor waar die

motoris stop.”

Die AA is ook bekommerd

oor verskeie aspekte van die

appèl tribunaal. Motoriste kan

appelleer by die tribunaal

teen oortredingsbevele, maar

as die appèl onsuksesvol is en

die motoris hom tot die hof of

eindelik die Konstitusionele Hof

wend, word die oortredingsbevel

nie tydelik opsy gesit nie. “Met

ander woorde, ’n motoris is

skuldig totdat hy sy onskuld

bewys,” sê Layton. Dan is daar ook

die kwessie van onpartydigheid.

Sal die tribunaal onpartydig

optree as hulle saam met RTIA

funksioneer, wat sy inkomste

deur boetes genereer? Dis ook

nie duidelik hoe tribunaallede

betaal sal word nie, maar daar

kan ’n botsing van belange wees

as dit uit die boete-inkomste is.

Die AA glo ook dat ’n tribunaal

van 9 deeltydse lede nie met die

werkslading sal regkom nie.

Daar is ook ander kwessies in

die konsepregulasies wat rooi ligte

laat flikker:

• Die oortredingskennisgewing

hoef nie details te bevat nie. Die

AA glo die oortreder het die reg

hierop.

• Die oortredingskennisgewing sal

per gewone pos gestuur word.

• Die owerhede het 60 dae

tyd (voorheen 40 dae) om

oortredingskennisgewings aan

jou te stuur.

• Motoriste moet betaal om hul

strafpunte na te gaan. “Mense

behoort vrylik toegang tot die

stelsel te hê. Ons glo dis net nog

’n manier om geld te maak,” sê

Layton.

Die AA glo die getal strafpunte

wat tot die opskorting van ’n

bestuurder se lisensie sal lei moet

12 wees, nie 15 nie. “Vyftien laat

te veel ruimte vir gewoonteoortreders.

’n Stelsel wat slegs 12

strafpunte toelaat, sal tot beter

nakoming van die verkeerswette

lei.”

Ongeag hierdie besware is daar

ook dinge in die konsepregulasies

wat die AA steun. Die AA is sterk

ten gunste van ’n strafpuntstelsel

en het dit ondersteun sedert dit

vir die eerste keer in die 1960’s

oorweeg is, ook toe dit weer in die

1990’s en vroeë 2000’ bespreek

is. “Hierdie stelsel werk suksesvol

in ander lande, soos Australië,

en ons glo dit kan behoorlik

geïmplementeer word in Suid-

Afrika as ons dit reg doen.”

’n Strafpuntstelsel kan egter net

doeltreffend werk as jy die nodige

mannekrag en hulpbronne het

om dit te implementeer. “Die

stelsel kan goed lyk op papier,

maar sal nie werk as jy nie genoeg

verkeersbeamptes het om dit toe

te pas nie. Jy het voete op die

grond nodig hiervoor,” sê Layton.

Die 2016-verkeerswettoepassingsoorsig,

wat deur die destydse minister

Dipuo Peters gevestig is, het

daardie jare tot dieselfde gevolgtrekking

gekom, naamlik dat die

huidge getal verkeersbeamptes

“ernstig ontoereikend” is en dat

ons dubbeld soveel verkeersbeamptes

nodig het. Layton voeg by:

“Die AA is sterk te gunste van 'n strafpuntstelsel

en het dit ondersteun sedert dit die eerste keer

in die 1960's oorweeg is.”

“En dit gaan nie net oor verkeersbeamptes

nie. Het hulle genoeg

voertuie, bloedalkoholtoetse of

spoedmetingsapparaat? Dit is ’n

kritiese element.”

Verlede jaar het die AA

gedetailleerde kommentaar

gelewer op die konsepwet (die

sperdatum was 1 Desember).

“Tans wag ons vir die regering se

besluit op die laaste konsep,” sê

Layton. Jy kan die AA se volledige

voorlegging lees by aa.co.za/

aarto-submissions.

79

WAT IS AARTO?

Die Wet op die Administratiewe

Beregting van Padverkeersmisdrywe

(Aarto) stel verskeie wysigings voor

aan die uitreiking van boetes, maar

die ingrypendste verandering is

die strafpuntstelsel vir verkeersoortredings.

Almal begin met 0 punte.

Verskillende strafpunte word aan

verskillende oortredings toegeken.

Bestuur onder die invloed van alkohol

sal byvoorbeeld tot 6 strafpunte lei,

waar jy 2 strafpunte kry as jy ’n rooi

verkeerslig verontagsaam.

Tans is die limiet 15 punte. As jy 15

punte oorskry, word jou rybewys vir

drie maande opgeskort. Let op dat jy

drie maande per punt kry bo 15. As jy

dus 18 punte het, word jou rybewys vir

9 maande opgeskort. Een strafpunt

word elke drie maande gekanselleer.

As jou rybewys vir die derde keer

opgeskort word, word dit gekanselleer

en moet jy weer ’n leerlingrybewystoets

en rybewystoets aflê nadat jy jou

straftydperk uitgedien het.

Bo en behalwe die strafpunte, sal

jy ook boetes betaal. Volgens Aarto

moet die volgende binne 32 dae gebeur

vandat jy die oortredingskennisgewing

gekry het:

• Betaal die boete om 50% afslag te kry.

• Verklaar ’n dispuut by die appèltribunaal.

• Tref reëlings met RTIA om die boete in

paaiemente af te betaal.

• Kies om die saak hof toe te neem.

• As iemand anders jou motor bestuur

het, nomineer die bestuurder.

HERFS 2021 | AA Reisiger

Kopkrappers

BLOKRAAI 95

Née

Oorwinning

Haarsliert Kleurstof Kieliebak Begeer

Kamp

in die

Krugerwildtuin

Seermaak

Broeiplek

(Prys)

verlaag

Borreldrankie

Watersport

Noord

(afk.)

Slaanding

In die

pad steek

Skelm

Hoogste

kaarte

Dame

Klooster

Mor

Deel van

'n duim

In 'n pen

Weg is jy!

Dus

Stingelgroente

Kinderbedjies

Omgekrap

Koei en

'n sirene

maak so

Toestand

By

Krom

swaard

behoewe

van

Verteenwoordiger

Oud

(prefiks)

Band

Eweknie

Liggaam

Fantasieë

Gesigbeen

Geldeenheid

in

Albanië

Naskrif

(afk.)

Hert

Meer

geskikte

Reeds

Huwelik

Tien

dekades

Vertrek

Kombuistoestel

Wiere

Boei

. . . is glo

Treinwa

Raas

80

Skraal

Vingerdeel

Nikkel

(simbool)

Nateken

Rekker

Bietjie

Prei

Af en toe

Berillium

(simbool)

Knaagdier

Kleurlose,

reuklose

gas

Met suur

inbyt

Ontdooi

Dorp in

Toskane

Nuuskierige

Slordig

Van die

. . . op die

jas

Kwessies

Soek

Woestynvrug

Palings

Gis

Silikon

(simbool)

Grof

Seleen

(simbool)

Hofsaak

Kring

tente

Pyn hê

Naald

Na buite

AA Reisiger | HERFS 2021

Vasvra

VASVRA

SUDOKU Maklik

Bron: Plekname van Suider-Afrika. Antwoorde: 1. Modimolle. Die aanvanklike naam was Nylstroom – na aanleiding van die Nylrivier. 2. Swellendam. Goewerneur Hendrik

Swellengrebel het in 1904 sy eie van gekombineer met dié van sy vrou, Helena ten Damme. 3. Dullstroom is na Wolterus Dull vernoem, en nie na die Engelse woord “dull” nie.

1

Kan jy die Suid-Afrikaanse dorpe identifiseer?

Hierdie dorp in Limpopo het jare gelede sy naam gekry

van ’n groep Jerusalemgangers (’n godsdienstige

groep wat na Palestina wou terugkeer) wat gedink het

die heuwels in die omgewing lyk soos die Egiptiese

piramides. Die afgelope jare is die dorp egter hernoem

na die Sotho-woord vir “God het geëet”, wat verwys na ’n

wrede teregstellingsmetode waar oortreders van die kranse

afgegooi is. Sommige meen egter die Sotho-naam kan ook

“plek van die konings” of “plek van die geeste” beteken.

2

Hierdie Wes-Kaapse dorp het in die vroeë 1900’s

sy naam van die destydse goewerneur gekry,

wat ’n deel van sy van by ’n deel van sy vrou se

nooiensvan gevoeg het.

3’n Mens sal verkeerdelik dink dat hierdie dorp in

Mpumalanga sy naam aan sy rustigheid of verveling

te danke het. Die dorp is in die laat 1800’s na ’n

Amsterdamse handelaar vernoem en is een van die

koudste plekke in die land. Dis ook die enigste plek in die land

waar berke- en olmbome voorkom.

Blokraai 94

V K K S W

G E B O R E A L B E I

T S R T O S

B E S S K R Y A K S

T N O N S U U R H

P L A T O F N A S I E N E R

A D R E S R Y M S K A D U

N I K O O N P R W E

E G A L E R S E M I R G

G A G E R E S E N S E E R

H E R F S B E E L D I N L E

R L I D S P A S I E S E

B E M O E I S A E T S P

K E U K E N H O F W O F

G O U D G E N E I G

M E D I A T O R N E

N E S O P S Y T E

L E E T E S B O S E

4 5 3 2

7 9 3 5 6

3 7

6 8

2 7 5 4 6

2 9

2 7

3 4 9 6 5

6 7 1 9

SUDOKU Moeilik

7 6 9

8 9 4 1

5 3 1 9

4 8 2

8 3 4

7 5 1 6

2 5 4 7

7 6 8

2 1 7 6 4 8 5 3 9

8 9 6 7 5 3 4 1 2

5 4 3 1 9 2 6 7 8

4 7 9 5 8 1 2 6 3

3 5 2 9 6 4 7 8 1

1 6 8 2 3 7 9 5 4

9 8 4 3 7 5 1 2 6

6 2 5 8 1 9 3 4 7

7 3 1 4 2 6 8 9 5

sudoku

moeilik

4 5 3 1 7 6 9 8 2

7 2 1 8 9 3 5 6 4

8 9 6 2 4 5 1 3 7

9 4 7 6 8 1 2 5 3

3 1 2 7 5 4 6 9 8

5 6 8 3 2 9 4 7 1

2 7 9 5 1 8 3 4 6

1 3 4 9 6 7 8 2 5

6 8 5 4 3 2 7 1 9

sudoku

maklik

81

HERFS 2021 | AA Reisiger

Ek wou nog sê

Gesoek: ’n Vespa vir

Suid-Afrika

DEUR GERDA ENGELBRECHT

82

As jy vinnig vyf Italiaanse

handelsmerke moet

noem, is die kans goed

dat daar tussen Ferrari,

Armani en Versace,

ook die naam Vespa sal opduik.

Danksy Aubrey Hepburn en

Gregory Peck wat so lekker deur die

stad rits in A Roman Holiday (1953),

is die Vespa gevestig as ’n plesierige

ryding wat die verbeelding aangryp.

Piaggo, die moedermaatskappy,

was uitgeslape en het gesorg dat

Hollywood-sterre op hul besoek

aan Italië ’n Vespa kry sodat hulle

daarmee kon rondrits én afgeneem

word. Vespa is ’n ryding vir die elite

en die werkersklas; vir mans, vroue

en tieners.

Om die werkwaardigheid

hiervan te begryp, moet ek jou

dalk herinner aan die omgewing

waarin die Vespa ontstaan het.

Dit was die einde van die Tweede

Wêreldoorlog. Duisende jong

mense het moeg en moedeloos van

die slagveld teruggekom na ’n Italië

wat aan flarde geskiet is deur die

Geallieerde bomwerpers.

Enrico Piaggio se maatskappy

het voor die oorlog treine gemaak,

en sy fabrieke is in die oorlog deur

Nazi’s oorgeneem om vegvliegtuie

te bou. Ingevolge die vredesverdrag

wat die oorlog beëindig het, mag

Italië egter nie langer wapentuig

gemaak het nie. Vegvliegtuie was

dus uit. Piaggio het twee fabrieke

(waarvan die een in Pontedera

erg beskadig is deur bomwerpers),

’n klomp gewillige werkers, ’n

voorraad metaal... en dromme en

dromme vol vaalgroen vliegtuigverf

tot sy beskikking gehad om sy

besigheid uit die as te laat verrys.

Aanvanklik het die fabriek in

Biella opdrag gekry om potte te

maak, maar Enrico het vinnig besef

’n pot sal nie hul bas red nie.

Die ingenieur Corradino

d’Ascanio moes ’n ryding ontwerp

wat bekostigbaar en prakties

sou wees vir die massas, veral

vir jong gesinne. D’Ascanio was

glo nie lief vir motorfietse nie

omdat jy wydsbeen daarop moes

sit, en het idees vir sy ryding

uit verskeie industrieë geleen.

Die lae wiele wat deur ’n raam

verbind word, herinner aan ’n

vliegtuig se landingswiele. Die

enjin en petroltenk wat onder ’n

kap versteek word, kom uit die

motorbedryf. Die eerste teikenmark

was die kantoor- of fabriekswerker,

wat ’n vervoer middel vir sy

vrou en kind gesoek het.

D’Ascanio se insek-agtige

ryding sou Paperino genoem word

(Italiaans vir “Donald Duck”).

Piaggio se uitroep: “Dit lyk soos

’n perdeby!” het egter die Vespa

(“wesp”) se naam ver ewig. Die

eerste reeks was net in vaalgroen

beskikbaar omdat Piaggio van die

oorlogsverf ontslae moes raak.

Ek kan my die prentjie voorstel.

’n Jong Italianer wat raap en

skraap vir sy eerste wiele – iets wat

die koppe laat draai en waarmee

hy sy meisie – “side-saddle!” – vir

’n piekniek kan neem. Later sou

VESPA, DIE

IKONIESE

Italiaanse

bromponiehandelsmerk,

word 75 jaar

oud terwyl dié

uitgawe op die

rak is. Die patent

is om 12:00 op

23 April 1946

geregistreer.

Tot op hede

is meer as 16

miljoen Vespa

wêreldwyd

verkoop.

hulle daarmee na die kus ry vir ’n

wittebroodsvakansie.

Dit was egter nooit ’n handelsmerk

net vir mans nie. Danksy

D’Ascanio se ontwerp kon vroue

regop en in hul kantoordrag op

die Vespa sit, en was dit ook vir die

Evas ’n gesogte ryding. Reg van die

begin af was een van die aweregse

ontwerpelemente ’n ring onder die

sitplek (deesdae is die ring onder

die stuurwiel) waaraan die vroue

hul inkopiesakke kon hang. Dit

was ook ’n ryding vir avonturiers,

met twee hardkoppige jaers wat in

1981 die Dakar-tydren op Vespas

voltooi het. (Hulle het die afsnytyd

misgeloop, maar heelhuids by die

wenpaal aangekom.)

Die Vespa het Italianers finansieel

op die been gehelp en weer ’n

vonkel in die volk se oog gesit. Die

handelsmerk het ook die land se

aansien in die buiteland versterk.

Is daar nie iewers ’n entrepreneur

wat vir Suid-Afrika sy “Vespa”

sal ontwerp nie? Iets wat Suid-

Afrikaners (en die wêreld!) se

verbeelding sal aangryp en weer

’n vonkel in ons oë sal sit nie.

Wat dalk selfs ’n paar duisend

werksgeleenthede kan skep nie?

Die land het dit so nodig.

Skets: Lynne Fraser

AA Reisiger | HERFS 2021

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!