03.03.2021 Views

AA REISIGER HERFS 2021

AA Reisiger. The magazine for the Automobile Association South Africa. Afrikaans edition.

AA Reisiger. The magazine for the Automobile Association South Africa. Afrikaans edition.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dis naweek

28

susters,” wys ons toergids, Simoné

Engelbrecht. “As jy tannie Evalina se

oë dophou, lyk dit of hulle jou volg,”

sê sy doodernstig. Simoné ken nie net

die huis se geskiedenis nie; sy deel

ook graag informasie oor die myn en

die diamante wat daar ontgin word.

“In 1984, nadat die twee susters

oorlede is, breek daar mense by die huis

in. Die enigste ding wat hulle gesteel

het, was bottels ingemaakte vrugte,”

sê sy in die spens. “Mense het gedink

daar is diamante daarin versteek.”

Dit is al laatmiddag en die McHardys

se spensrakke laat my maag grom. Ons

ry Hotelstraat toe vir skemerkelkies en

aandete by die Cullinan Premier-hotel.

’N UITSTAPPIE MET LIEFIE

Die volgende oggend is ons vroeg

op om deur die jakarandastrate te

stap. Ons draai af in Hotelstraat en

stap in die rigting van die Cullinan

Junction Shops by die ou treinstasie.

Net voor die Junction sien ons ’n

vriendelike Jack Russel op haar eie

uitstappie. Sy volg ons treinstasie toe.

Dit is nog te vroeg vir die tweedehandse

winkels, en die Station Diner is

besig om oop te maak. Ons loop verder

deur die strate en terug Oaklaan toe, en

al die pad drentel die brakkie agterna.

Ons raak later bekommerd oor

haar veiligheid (en haar eienaar se

senuwees) en lei haar terug stasie toe.

“Die hondjie bly hier naby, by die ou

stasiemeesterhuis. Sy het seker uitgeglip

Die Premierhotel,

toe en nou

– ons sal haar terugneem,” stel ’n

kelner by die Station Diner ons gerus.

Min het ons geweet ons gaan weer

vir Liefie sien. Later die oggend

is ons by die einste stasiemeester

se huis. Ons kom kuier by Lientjie

Wessels – sjef, kunstenaar, stilis,

Kokkedoor-deelnemer en skrywer

van die nuwe kookboek, Geure.

Ons het lekker gelag oor haar Jack

Russel se eskapade, en Lientjie was

dankbaar dat Liefie weer veilig tuis is.

Lientjie woon al van Junie af in Queen’s

Cottage (wat uit 1903 dateer), maar sy

het in Pretoria en op plase om Cullinan

grootgeword. Sy ken dié wêreld.

Lientjie verkies Cullinan bo die

stad. “Ek wil nooit weer in ’n muur

vaskyk nie,” sê sy en tuur uit oor haar

groot tuin. Duskant die treinspoor

skuil die myn se gat, die horison

spog met ’n natuurreservaat en in

’n boom naby die huis verwelkom

’n rooikophoutkapper ons.

Lientjie het al restaurante, asook

’n dekorwinkel besit en bestuur,

maar om nou van die huis af te

werk is vir haar ideaal. Twee Sondae

per maand bied sy ’n middagetebelewenis

in haar tuin aan. “Ek wil

nie meer ’n restaurant bestuur nie,

maar ek wil steeds kook,” sê sy.

Sy bied ’n viergangmaaltyd vir om

en by 24 mense aan, en vandag kook

sy ’n veganistiese spyskaart. Lientjie

is gefassineerd met die verband

tussen smaak en kultuur – iets wat

uitgebeeld word in Geure. “Die

St. George's

Liefie by

Queen's Cottage

raakpunte met kos is baie interessant.

Het jy geweet melktert kom orals in

die wêreld voor? Selfs die Chinese

het ’n soortgelyke lekkerny.”

Die boek getuig van Lientjie se liefde

vir die skeppingsproses. Benewens haar

gawe met geure, verskyn haar skilderye

en talent vir stilering ook in die boek.

’n Mens kan duidelik sien sy is lief vir

mooimaak – haar antieke huis is ook

kleurvol en sjiek, met eindelose karakter.

“Die argitektuur en geskiedenis van

die dorp is vir my baie interessant,” sê

sy. Sy vertel ook van die spooktoere, of

Mystery Ghost Juants. “Die toerleier,

Mark Rose-Christie, bied hierdie toere

al baie jare lank aan. Sy spookstories is

goed nagevors en die spoke is werklike

mense vanuit die dorp se geskiedenis.”

Ons stap terug treinstasie toe en

dink aan Cullinan se verlede: die

geboue, die mense en hulle lewe op

die myndorp. Daar is min dinge wat

jou so nostalgies laat voel soos ’n

oudhedewinkel; ons gaan loer gou

in by die Cullinan Junction Shops.

Daar is ’n paar oulike artikels by

Gear & Gadgets en The Sixth Goblet:

’n linnebroek met blompatrone vir

my, ’n leerharnas vir ons hondjie

Phoebe en my gunsteling – ’n

antieke dra-mandjie vir katte.

Ons kat, Willem, is gaande oor sy

nuwe-ou huis en ons is gerusgestel dat

dié blyplek darem nie spook nie. Waar

in die wêreld vind ’n mens ’n antieke

rottang-iglo vir jou kat teen R80?

Nee wat, nét in Cullinan.

AA Reisiger | HERFS 2021

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!