03.03.2021 Views

AA REISIGER HERFS 2021

AA Reisiger. The magazine for the Automobile Association South Africa. Afrikaans edition.

AA Reisiger. The magazine for the Automobile Association South Africa. Afrikaans edition.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dis naweek

26

VERDER AF IN OAKLAAN

Saterdagoggend verken ons Oaklaan

verder. Uit die verte hoor ons die

gedreun van enjins en kort voor lank

brom ’n groep bikers by ons verby.

Hulle parkeer onder in die straat by die

mengelmoes van winkels en restaurante.

Terwyl ons inglip by die winkel

Rust in White, hoor ons hoe tokkel

iemand ’n kitaar by The Cockpit

Brewhouse langsaan. Rust in

White verkoop ’n oorweldigende

verskeidenheid van antieke kombuisen

beddegoed, oudhede vir jou tuin

en ’n lieflike reeks emalje-eetgerei.

Die winkel word deur JanHarm Vorster

en Pieter Vosloo bestuur, en twee geboue

straatop is hulle ander onderneming

– JanHarmsgat se Agterplaas. Elke

oppervlak van hierdie boheemse lokaal

(vir troues, verjaardae en konferensies)

is op ’n unieke wyse versier: emaljeborde,

blikhouers, mosaïekteëls en kleurvolle

lappe wat uit die hoë dak gedrapeer is.

“Ek is ’n groot junkyard junkie,”

skerts JanHarm. “Maar jare gelede

was ek feitlik alleen op die scrapyards,

toe raak dit ’n kompetisie,” sê hy.

JanHarm en Pieter het vakansiehuise

in Nieu-Bethesda en Rosendal. “So ry

ons dan Vrystaat of Karoo toe, verby

klein dorpies soos Villiers, Frankfort

en Tweeling. By elkeen hou ons stil

en vra: Waar’s die scrapyard?”

JanHarm is in Cullinan gebore

en getoë. “Dit lyk my ek kan nie hier

wegkom nie, maar ek dink ook nie ek

wil nie,” sê hy. Hy het in 1998 met

net ’n “antique shop” begin. “Ek was

die eerste huisie aan dié kant van die

straat wat besigheidsregte gekry het.”

Die geboue onder in Oaklaan was

residensiële kothuise, maar die myn

het in daardie jare planne beraam om

toerisme in die dorp te bevorder.

Vandag besit JanHarm ook ’n

verblyfinstansie in die dorp, die

Gastehys JanHarmsgat (dis inderdaad

hoe hy gastehuis spel), en hy bestuur

die sosiale media blaaie vir I love

Cullinan, ’n platform om toerisme na

die omgewing te lok. “Die zipline is

fantasies,” roep JanHarm uit. “Dit is in

die area waar ek grootgeword het, by

Muningi Gorge. Dit is nie mooi daar

nie ... dis afgryslik mooi! Jy kan amper

nie glo dat jy in Gauteng is nie.”

Op JanHarm se aanbeveling gaan

maak ons ’n draai by Adventure Zone

Cullinan (ook in Oaklaan) om meer

uit te vind oor Muningi Gorge. Net 13

km buite die dorp kan jy voetslaan,

abseil, perdry of op vierwielmotorfietse

rondjaag. Adventure Zone bied ook

ander aktiwiteite en toere aan.

Vandag stoot ons die avonture opsy;

ons gaan eet middagete en drink

wyn! As Greek as It Gets is langsaan

Rust in White, maar dit voel werklik

of jy in Griekeland sit. Die wit-en-blou

mure en dekor lok jou in, en jy voel

verfris as jy hier uitloop. Ons het ons

eie “platter” gebou met voorgeregte:

mossels, keftedes (frikkadelle in

Lientjie Wessels

JanHarm Vorster

in Rush in White

’n rooiwynsous), gemarineerde

artisjokke, pitabrood en koue witwyn.

IETS VAN DIE VERLEDE

Lui en dikgepik aan Griekse kos,

loer ons in by Cullinan Tourism and

History. Hier vertel Toy Olivier vir ons

van die toere wat hulle aanbied: die

Underground Tour (’n ondergrondse

myntoer), Journey of a Diamond (’n

bogrondse myntoer) en die Village

Historical Tour. “Ons ry en sien al

die ou geboue op die dorp, soos die

Anglikaanse kerk, die ontspanningsklub

en die ou hospitaal. Dit is R120 per kop

vir 45 minute, en ons ry 11:00 en 13:00.”

Toy ken die myn goed, hy het 37 jaar

lank daar gewerk. “Ek het in 1967 hier

begin. Ek was ’n ventilasie-offisier en ek

was in beheer van brandvoorkoming.”

Toy vertel ons meer oor die myngat en

hoe ’n groot deel in 2019 ingestort het.

Dit is hoekom jy nie meer die Friends

of the Rail-stoomtrein van Pretoria na

Cullinan kan neem nie. “Die groot gat

begin al hoe meer wegkalwe, al hoe

nader aan die spoor, en die treinroete

is om veiligheidsredes gesluit.”

Volgende op ons agenda is die

McHardy-huismuseum. Dis die eerste

huis wat in 1903 by die Premiermyn

gebou is. William McHardy was die

eerste mynhoofbestuurder en sy

familie het vir 81 jaar in die huis

gebly. Twee van sy dogters, Evalina

en May, het tot 1984 hier gewoon.

“Hier is ’n foto van die twee >

AA Reisiger | HERFS 2021

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!