13.09.2021 Views

Bloem - Sep 2021

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Teks: MARGARET LINSTRÖM. Foto: PIERCE VAN HEERDEN

BLOEMFONTEIN SE

BINNENSHUISEPLANT-

GHOEROE

Ek het my grootmenslewe… op ’n plaas teen die Vaalrivier as ’n boervrou

deurgebring. Ná my man se dood het ek en my dogters Bloemfontein toe getrek.

Bluebell is… my happy place. Ek’t my winkel begin omdat ek gevoel het ek is op

’n plek in my lewe waar ek nou aan myself kan werk en dink. Oorspronklik was

Bluebell ’n bloemiste maar ek het vinnig die geleentheid gesien om eerder te doen

wat ek nou doen. Ná tien maande kan ek sê, ‘Ek is Bluebell en ons spesialiseer in

binnenshuise plante, dekoratiewe potte en mandjies.’

Plante in en om die huis gee…’n sin van verantwoordelikheid en tevredenheid.

As jy ’n plant aan die lewe kan hou, het jy sukses bereik en almal strewe na een of

ander vorm van sukses.

Binnenshuise plante is goed vir

jou… want hulle maak die lug skoon,

sommige meer as ander. Om ’n plant

te versorg en te sien groei is goed vir

’n mens se gemoed. Groen is ook die

kleur van groei en lewe... plante is ’n

bewys daarvan.

As jy ’n vertrek wil ophelder en

opvrolik… maak gebruik van plante.

Die onderbewussyn absorbeer die

energie wat plante afgee, so dit maak

happy hormones!

My belangstelling in plante het

ontstaan toe… ons op die plaas gebly

het. Elke plaashuis het mos maar ’n

groot tuin. Hier in Bloemfontein het ek

nie ’n groot tuin nie, dus het my liefde

vir binnenshuise plante gegroei.

My toekomsplanne sluit in… om my

eie reeks potplanthouers te maak –

dit sluit in leer-, lap- en tou-houers.

Persoonlik wil ek ’n goeie nalatenskap

vir my dogters los; nie finansieel nie

maar as ’n ma, mens en vrou.

Die belangrikste lesse wat die lewe

my tot dusver geleer het, is… bly altyd

nederig, moet nooit gaan lê nie en

vertrou op God.

12 Get It Bloemfontein September 2021 getitmagazine.co.za/bloemfontein

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!