You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
uitbreiding van nedersettings aan die Wesoewer, 38

jaar na die Sesdaagse Oorlog van 1967? Kan ’n

demokratiese mag soos die Verenigde State twee

soewereine state binneval onder die voorwendsel van

weerwraak op ’n geweldsdaad op sy grondgebied, hoe

laakbaar dit ook al was? Is dit moontlik dat ’n

enkelkonseptuele kategorie, “terrorisme” in die oë van

die Westerse wêreld en die Verenigde Nasies,

bewegings en gewelddadige aksies so uiteenlopend

soos weerstand teen besetting, die aanvalle op New

York, Madrid en Londen, en tientalle ander aanvalle

wat byna ononderbroke sedert 1995 in Moslemlande

plaasvind (Egipte, Jordanië, Marokko, Jemen, Saoedi-

Arabië, Indonesië, Pakistan), saamgroepeer?

Ons sukkel om in te dink dat dit nie tradisionele

polisiemetodes is nie (soos wat dertig jaar gelede

suksesvol gebruik is in ontwikkelde lande wat self deur

terrorisme geteister is; voorbeelde hiervan is die Rooi

Brigades in Italië, Duitsland se Baader-Meinhof-bende,

die Franse Action directe en die Japannese Rooi

Weermag), maar eerder weermagte is wat op vier

vastelande ontplooi word en jongmense aanspoor tot

gewelddadige aksie – om as “martelaars” te veg teen

die onwettige besetters: “die ongelowiges”? Ons sukkel

eweneens om ons dit in te dink dat die besit van

wapens van massavernietiging toegelaat word in

Westerse lande, in Israel, in Indië en selfs in Pakistan

(’n geallieerde van die VSA) en Noord-Korea, maar

elke keer wanneer ’n Arabiese of Moslemnasie

dieselfde wil doen, dan onstaan onhoudbare spanning.

Tot wanneer sal dit as swak smaak beskou word

om vrae te vra oor die manier waarop die geopolitiese

kompos vorm wat die vermenigvuldiging van jong

djihadi’s aanjaag? Of om medelye en verontwaardiging

te toon teenoor die lot van die Palestyne, wat die

antiterrorisme-argumente van die Staat van Israel en

die VSA ook al is, met ’n Europese Unie wat homself

al hoe nader posisioneer aan hierdie twee state se

regerings?

Die Arabiese regerings dra self ook ’n groot

deel van die verantwoordelikheid oor die stand van

sake. Hulle is salig onbewus van die openbare mening

en gee toe aan elke begeerte van die Verenigde State,

sonder om ooit enigiets in ruil te kry, soos regverdige

hantering van die Palestynse vraagstuk of gelyke

behandeling tussen Israel en die Arabiese lande oor die

vrae rondom bewapening en ontwapening. Die

arrogante wyse waarop die Amerikaanse regering

inmeng in die binnelandse sake van die lande in die

Midde-Ooste, sonder enige reaksie van Arabiese

diplomate, is ’n verdere aanval op die eer van ’n volk

wat voel hulle word sedert die era van Europese

kolonisasie verkleineer. Nou word hul geloof ook nog

met tekenprente bespot. Vir die gebied se stabiliteit sou

dit beter wees as die mees onderdrukte Arabiese

regerings weerstand bied teen Amerikaanse druk. Hulle

sal dan deur hul eie bevolkings gerespekteer word, en

daar sal vrye verkiesings kan plaasvind sonder dat die

partye wat op die gesag van Islam aanspraak maak,

noodwendig al die stemme kry.

Dit kom voor asof Amerikaanse en Israeliese

politiek op die afmatting van Arabiese opinie en die

verdeeldheid tussen twee partye vertrou: diegene wat

weerstand bied teen die twee nasies en dié wat, om

verskeie redes, verdere onderdrukking aanmoedig om

uiteindelik vrede in die streek te bereik, wat die val van

diktators en die totstandkoming van ’n staat van

geregtigheid en ekonomiese vooruitgang veronderstel.

Hierdie skeur van opinie in die Arabiese gemeenskap

het vererger sedert die inval van Irak en Resolusie

1559 van die VN Veiligheidsraad, wat die ontwapening

van Hezbollah en van die Palestynse kampe in Libanon

in September 2004 geëis het. Libanon dien weereens as

klankbord en buffer van die Arabiese wêreld se

teenstrydighede, wat die geopolitiese situasie in die

streek vererger. Die streek ervaar trouens ’n

opvlamming van die “Koue Oorlog”, sonder dat die

Sowjet-vennoot van die toneel verdwyn het.

Dit is duidelik dat ’n “front van verwerping”

steeds in die Nabye Ooste bestaan. Hierdie front sluit

verskillende politieke Islamitiese bewegings in hul

kaleidoskopiese en ideologiese verskeidenheid in, met

die Teheran-Damaskus-alliansie as swaartepunt. Die

kwessie van die Deense spotprente help die versterking

van dié groep aan, deur Sjiïete en Soenniete te verenig

in ’n verwerping van die invloed van Westerse politiek

op die streek. Deur middel van ’n geloofsdiskoers

polariseer die Islamitiese bewegings eintlik sonder

moeite die beroep op nasionalisme in Iran en in die

Arabiese wêreld – ’n wêreld waaruit sekulêre

intellektueles geruime tyd reeds onttrek het. Hierdie

distansiëring was ’n reaksie op die pad wat Nasser se

Panarabiese ideologie loop en op die verskillende

nasionalistiese Arabiese bewegings, soos die Baath en

hul magteloosheid om te voldoen aan die oproep tot

nasionalisme.

In hierdie nuwe Koue Oorlog probeer die VSA

en die Europese Unie hul bes om, ten alle koste, die

sogenaamde “demokratiese” kamp te ondersteun.

Laasgenoemde is voorstaanders van

hervormingsprojekte in die Arabiese en

Moslemwêreld, die einde van weerstand teen

globalisasie en die hipermag van die VSA, asook die

prioriteit van die stryd teen terrorisme sonder

onderskeiding tussen weerstand teen buitelandse

besetting en gewelddadige, destabiliserende aksies in

Westerse, Arabiese en Moslemstede.

Simposiums, seminare en kongresse oor

politieke hervorming, deursigtigheid en regeringswyse

volg monotoon en herhalend die een op die ander;

soms dien Arabiese regerings as voorsitters en betoon

sodoende hul goedgesindheid jeens die proses. Die

mikpunt hiervan is die mobilisering van die Arabiese

intelligentsia ten gunste van vrede en demokrasie, en

om druk uit te oefen op die Arabiese regerings. Maar

die beperkings van hierdie byeenkomste het aan die lig

gekom na die Iranese, Egiptiese en Palestynse

verkiesings. In der waarheid is hierdie soort Westerse

politiek ’n afstammeling van die politiek wat beoefen

is deur die Europese magte van die negentiende eeu.

Onder die dekmantel van die modernisering en

demokratisering van die Ottomaanse Ryk en die

Persiese monargie het die Europese magte hul eie

koloniale ambisies en die afbreek van hierdie twee

magte verberg.

Aangehits deur die koloniale ambisies van die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 10