You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
nuwe eeu (van 23,7% tot 24,7%), is die hele relatiewe

toename in maatskaplike besteding befonds deur BTW,

’n belasting wat die armes baie meer nadelig raak as

die rykes. Herhaalde populêre eise dat ’n

veelvlakstelsel ingestel word om die onbillikheid in

daardie belasting reg te stel, of dat ’n nulkoers op

noodsaaklike kommoditeite ingestel word, is

geïgnoreer.

’n Ander belangrike kwessie wat maar te

dikwels oor die hoof gesien word, is die aard van

kapitaalbesteding deur die staat. Dit is moeilik om

bygewerkte syfers te bekom, maar die tendense van

1994/95 tot 2002/03 is ontstellend. As die staat se

“bruto vaste investering” in 2002 gedisaggregeer word,

is slegs 33,4% op maatskaplike infrastruktuur bestee

(skole, hospitale en administratiewe dienste), teenoor

38,7% in 1995, terwyl besteding aan ander ekonomiese

infrastruktuur (paaie, brûe, damme, elektrisiteit en

water) van 45,8% tot 44,1% gedaal het. Daarenteen het

dié vir ander “ekonomiese dienste” – besteding deur

sakeondernemings nie by bogenoemde kategorieë

ingesluit nie – gestyg van 15,5% tot 22,5% van die

totaal.

Vergrote ongelykheid blyk ook uit inkomsteongelykheids-

en armoededata, want selfs Statistiek

SA, ’n staatsagentskap, moes bely dat wat onder die

wêreld se swakste Gini-koëffisiënte getel het, ná 1994

inderdaad verswak het. Oor rasseskeidings heen het die

armste helfte van alle Suid-Afrikaners in 2000 slegs

9,7% van die nasionale inkomste verdien, teenoor

11,4% in 1995. Die rykste 20% het 65% van alle

inkomste verdien.(4)

Hierdie soort statistieke word óf ontken deur

staatsamptenare, wat verrekening teen die maatskaplike

loon aanvoer, óf verduidelik aan die hand van “twee

ekonomieë”. Selfs pres. Thabo Mbeki – eenmaal ’n

uitblinkerstudent aan die Lenin-Instituut in Moskou –

verdeel die Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n

eerstewêreld- en ’n derdewêreldkomponent.

Eersgenoemde “is die moderne nywerheids-, mynbou-,

landbou-, finansiële en dienstesektor van die ekonomie

wat daagliks meer by die wêreldekonomie geïntegreer

word. Baie van die grootste intervensies deur ons

regering oor die jare het gepoog om aandag te gee aan

hierdie ‘eerstewêreldekonomie’ ten einde te verseker

dat dit teen die regte tempo in die regte rigting

ontwikkel. Dit is duidelik dat hierdie sektor van ons

ekonomie goed gereageer het, en steeds goed reageer,

op al hierdie intervensies. Dit is baie belangrik, want

dit is die sektor van ons ekonomie wat die rykdom

bring wat ons nodig het om die uitdagings waarvoor

die land staan, die hoof te bied. Die suksesse wat ons

met betrekking tot die ‘eerstewêreldekonomie’ behaal

het, bied ook aan ons die moontlikheid om aandag te

gee aan die probleme van die ‘derdewêreldekonomie’,

wat langs die moderne ‘eerstewêreldekonomie’

bestaan. Van kardinale en strategiese belang is die feit

dat dié probleme struktureel nie verbind is aan ons land

se ‘eerstewêreldekonomie’ nie. Gevolglik het die

intervensies wat ons ten opsigte van laasgenoemde

ekonomie maak, nie noodwendig ’n voordelige

uitwerking op hierdie terreine, die

‘derdewêreldekonomie’, nie.”(5) [ons beklemtoning]

Hierdie benadering het teen 2005 die heersende

diskoers in regeringskringe geword. Soms word die

idee aangebied as ’n radikale afwyking van klassieke

neoliberale of deursyfer-ekonomie in die sin dat dit

voorsiening maak vir substansiële staatsintervensie.

Die idee is dat die eerste ekonomie hom daarop moet

kan toespits om die wêreldwye patroon van integrasie

met die wêreldekonomie te volg en toenemend

kapitaalintensief, met hoogtegnologie en hoë

vaardigheidsvlakke, kan word, terwyl staatsintervensie

regstreeks op die tweede ekonomie gemik word (6).

Hierdie intervensies sal hulpbronne verskaf en ontsluit

vir diegene wat in die tweede ekonomie vassit en hulle

miskien selfs uiteindelik in die geleentheid stel om na

die eerste ekonomie oor te gaan, hetsy as werkers of as

ondernemers.

Hierdie tese van twee ekonomieë as oplossing

word deur ’n paar navorsers betwis. Vir Andries du

Toit is die vraagstuk nie soseer dat daar nie genoeg

skakelingsaksies is nie, maar eerder wat die aard van

daardie skakeling is en die mate waarin dit dien om

arm mense te bemagtig of om bloot geld uit hulle te

pers (7). Du Toit voer aan dat werkers op die plase van

die Ceres-vallei “nie mense is wat in die tweede

ekonomie vasgevang en van die eerste ekonomie

afgesny is nie. Inteendeel; plaaswerkers in Ceres is

deeglik by die eerste ekonomie ingesluit en glad nie

daarvan uitgesluit nie. Hulle armoede word

voortgebring en geskep deur die normale werking van

die mark in daardie ekonomie. Dit behoort ons weer ’n

keer te laat dink oor die simplistiese idee dat groei al is

wat Suid-Afrika nodig het om ’n einde aan armoede te

maak. Wat belangrik is, is die soort groei en die soorte

magsverhoudinge wat die vorm van die voorwaardes

van ekonomiese uitruiling (terms of economic

exchange) bepaal.”(8)

Gill Hart voeg ’n ander perspektief tot die debat

toe deur te redeneer dat hierdie verskuiwing by Mbeki

beskou moet word “as deel van ’n poging om die druk

te beperk wat uitgeoefen word deur die opkoms van

opposisiebewegings wat beswaar maak teen die

ontoereikende dienslewering, die slakkepas van

grondherverdeling, versuim om antiretrovirale middels

te verskaf en die gebrek aan veilige werk, en wat van

binne die Alliansie uitgeoefen word. Die toepaslike

vraag is dus nie of die eerste en tweede ekonomie ’n

akkurate uitbeelding van die werklikheid is nie, maar

eerder hoe dit gekonstrueer en aangewend word om

politieke – of, miskien beter gestel, depolitiserende –

werk te verrig. Belangrik in hierdie diskoers is die

manier waarop dit ’n segment van die samelewing

definieer wat vir die “moderne” ekonomie oortollig is

en vaderlike leiding nodig het. Dié deel van die

samelewing verdien ’n klein bietjie maatskaplike

sekerheid, maar op streng gedissiplineerde en streng

gestelde voorwaardes.”(9)

Die tese van die eerste/tweede ekonomie in sy

huidige gedaante is ’n terugkeer na die liberale

moderniseringsteorieë van die 1960’s. Hoewel

inkomste- en hulpbronoordragte aan die sogenaamde

tweede ekonomie ’n belangrike debatspunt is wat nou

mode is, bly werkskepping in die “eerste ekonomie”

steeds die kern van enige bespreking oor

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 32