Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
menigte militêre padblokkades wat dit vir die Palestyne

al hoe moeiliker maak om rond te beweeg binne dit wat

van hulle grondgebied oorbly.

Oorgelewer aan hul lot, het die Palestyne ’n

dubbele evolusie ondergaan: aan die een kant vergaan

die burokrasie van die PBO in die ondoeltreffendheid

en korrupsie wat deur alle Westerse regerings

veroordeel is en waarvan alle skuld op die leier, Yasser

Arafat, gepak is. Arafat het so te sê onder politieke

kwarantyn (dikwels fisiek) geleef in sy hoofkwartiere

in Ramallah. Aan die ander kant het Hamas

voortgegaan met die gewapende stryd, wat hulle deur

middel van selfmoordbomaanvalle tot in die kern van

Israeliese stede dra, en sodoende die fokus van Israel se

oordrewe politieke wraakaanvalle geword wat veral in

Gasa vele burgerlike slagoffers tot gevolg gehad het.

Yasser Arafat, en later Mahmoed Abbas (Aboe

Mazen) wat na sy dood verkies is tot president van die

Palestynse Owerheid, is voortdurend deur Israel, die

Verenigde State en die Europese Unie gedwing om

Hamas onder bedwang te bring, insluitende met

geweld. Die spanning tussen Fatah en Hamas het

dikwels vererger, en die militante is deur die Owerheid

opgesluit, maar die Palestyne het nog tot op hede die

bloedige burgeroorlog vermy wat Israel hulle toewens

– ’n oorlog wat ’n einde sou bring aan elke vorm van

gewapende weerstand.

Hamas, waarvan die Staat van Israel die

vestiging in die 1980’s aangemoedig het met die doel

om ’n balans te skep met die sekulêre bewegings van

die Palestynse weerstand, het sedertdien sowel militêre

as maatskaplike ervaring op die terrein opgedoen. Die

mislukking van die Oslo-akkoord en die

kompromisgelaaide politiek wat die PBO gehandhaaf

het sonder om werklik enigiets ter vergoeding te kry

(soos die moontlikheid van onafhanklikheid of ’n

beëindiging van Israel se koloniseringsaktiwiteite), het

die taak vergemaklik. Toegerus met finansiële middele

vir maatskaplike hulp en die gewapende stryd teen die

besettingsmagte, het Hamas se gewildheid toegeneem,

terwyl die politiek en die gedrag van die ou, afgeleefde

leiers van die PBO steeds ellende en onderdrukking

veroorsaak.

Verder het die sukses van gewapende weerstand

met die oorwinning van die Libanese Hezbollah oor die

Israeliese weermag – wat in Mei 2000, na 22 jaar van

besetting uit die Suide van Libanon onttrek het –

Hamas en vele ander gedeeltes van die Palestynse en

Arabiese ondersteuners aangespoor in hul hoop dat die

gewapende stryd die enigste doeltreffende manier is

om die Israeliese besetting teen te werk.

Die leiers van Israel en hul ondersteuners in die

Westerse wêreld sou nogtans sonder moeite kon

begryp dat ’n bevolking wat in so ’n situasie van

onderdrukking opgesluit word, hoegenaamd nie Hamas

sou blameer vir die bloedige Israeliese weerwraak nie,

maar inteendeel groot bewondering sou hê en

veelvormige steun aan hierdie organisasie sou gee.

Slegs die naïewes is verras deur die oorwinning – die

gevangenes van leë antiterrorisme-retoriek wat die

media en die kringe van internasionale besluitnemers

binnegedring het. Hierdie retoriek versluier die

realiteit, soos die lyding wat dit veroorsaak, en

suggereer dat dit in swak smaak is om die realiteit te

beskryf of op die voorgrond te plaas. Enige teenstander

word as terroriste-simpatiseerder gebrandmerk.

In die Suide van Libanon, ’n gebied wat tussen

1978 en 2000 aanhoudend deur Israel beset is, was die

situasie dieselfde, maar nog meer belaglik. Die

plaaslike burgermag, wat deur Israel gemobiliseer is

om hom in sý stryd by te staan, is dikwels in die

buitelandse media voorgestel as ’n verdediger van die

vryheid van Libanon teen die “terroriste”, eers die

Palestyne en toe die Libanese van Hezbollah.

Laasgenoemde is op die Amerikaanse regering se lys

van terroristeorganisasies geplaas. Aan die begin van

September 2004 het die VN se Veiligheidsraad in

Resolusie 1559 daarop aangedring dat Hezbollah die

wapens neerlê en dat die klein, swak toegeruste

Libanese weermag teenwoordig is op die grens met

Israel. Dít terwyl Israel, wat net halfpad uit die Suide

van Libanon onttrek het, voortgaan om – byna daagliks

– op Libanese lugruimte, see- en soms grondgebied te

oortree. Israel hou terselfdertyd ’n aantal oudweerstandsvegters

uit Libanon in sy tronke aan en

verhinder die regering in Beiroet om hul

waterhulpbronne in die Suide te ontgin. Nogtans is dit

Hezbollah wat deur die Verenigde State en die VN as

die bron van destabilisering in Libanon en ’n

bedreiging vir die veiligheid van Israel bestempel

word. Hezbollah word ook dikwels daarvan aangekla

dat dit Hamas ondersteun. Soos in Palestina het die

internasionale gemeenskap vir Libanon ’n leerstelling

voorgeskryf wat hoegenaamd nie die plaaslike realiteit

in ag neem nie, maar eerder bydra tot ’n toename in

spanning.

’n Paar maande gelede, in Junie 2005, was die

internasionale gemeenskap weer dronkgeslaan toe die

Iraniërs met ’n groot meerderheid die “ekstremistiese”

Mahmoed Ahmadinejad verkies het, wat sy teenstander

– oud-president Hachemi Rafsandjani, ’n simbool van

die korrupsie wat die land teister, maar deur die

internasionale gemeenskap as “gematig” beskou word

– die onderspit laat delf het. Dit was, weereens, ’n

totale verrassing. Onder die leierskap van President

Mohammad Khatami, ’n vasberade voorstaander van

dialoog tussen beskawings, het die VSA nie slegs

volgehou met Teheran se politieke en ekonomiese

isolasie nie, maar dit ook by Irak en Noord-Korea

ingesluit as komponente van die “spil van boosheid”.

Terwyl dit voorkom asof die Amerikaners en

Europeërs hulle nie meer bekommer oor Noord-Korea

nie, is hul visier nou meer as ooit op Iran gerig.

Washington gebruik die opvlammende – en

doemwaardige – uitsprake van die nuwe president om

internasionale druk op hierdie land te verhoog en hom

sodoende te dwing om afstand te doen van sy doel om

kerntegnologie, in watter vorm ook al, te ontwikkel.

Terselfdertyd, eers danksy die VN-resolusie op

Libanon en toe die skouspelagtige en destabiliserende

sluipmoord op die vorige Libanese Eerste Minister,

Rafik Hariri, het die Verenigde State en Frankryk

kwistig gebruik gemaak van die nuwe situasie in

Libanon om die strop stywer te trek om beide Sirië en

Iran se nekke. Nou beskou hulle Hezbollah as niks

meer nie as ’n uitbreiding van hierdie nuwe “front van

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 8