You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
www.vryeafrikaan.co.za 17 Maart 2006

Suid-Afrika se neoliberale reis

ONDANKS DIE MEER ALGEMENE

MAATSKAPLIKE, POLITIEKE EN EKONOMIESE

VOORUITGANG WAT SEDERT DIE

DEMOKRATIESE OORWINNING OOR APARTHEID

IN 1994 IN SUID-AFRIKA GEMAAK IS, KAN

DAAR EENVOUDIG NIE ONTKEN WORD DAT DIE

VRUGTE VAN DIÉ VOORUITGANG DEUR SLEGS

’N KLEIN MINDERHEID GENIET WORD NIE.

Deur Dale T. McKinley *

D

ie gaping tussen diegene wat baie het (wat

verteenwoordig word deur ’n gevestigde, meestal

wit, korporatiewe elite, asook deur ’n burokratiese

staatselite en ’n vinnig groeiende swart bourgeoisie),

en diegene wat min het (wat verteenwoordig word deur

’n grotendeels swart

meerderheid van werkers en

armes), word vinnig al hoe

groter. Dit is die werklikheid,

en geen mate van politieke en

analitiese beeldpoetsery deur

die regering en/of sy intellektuele

volgelinge kan dit

verdoesel nie.

Ontstaan van

die mite

Om hierdie werklikheid te

plaas en te begryp, beteken

dat ’n mens die grondslag

daarvan moet kan plaas en

begryp. Ofskoon die ANC-regering in 1994 aan

bewind gekom het op grond van beloftes (vervat in die

Heropbou- en Ontwikkelingsprogram, HOP) om sy

nuutgevonde politieke mag te gebruik om prioriteit te

verleen aan die herverdeling van natuurlike en

menslike rykdom/hulpbronne as ’n manier om billike

en volgehoue ekonomiese groei te bewerkstellig, het

Suid-Afrika in die eerste twee jaar van sy nuwe

demokrasie die ANC se geleidelike, hoewel soms

betwiste, politieke en ideologiese aanvaarding van die

* Politieke kommentator, gemeenskapsaktivis en onafhanklike

navorser

breë raamwerk van ’n wêreldoorheersende, neoliberale

politieke en ekonomiese ortodoksie beleef. Die ANC

het besef dat hy so ’n drastiese ideologiese skuif

moeilik by sy kiesersgevolg van werkers/armes sou

laat ingang vind en was toe slim genoeg om sy

aanvaarding van liberale bourgeois-demokrasie gelyk

te stel aan die wil van “die mense”. Op dié wyse kan

neoliberalisme gepaar word met liberale bourgeoisdemokrasie

sodat eersgenoemde voorkom as ’n

noodsaaklike en natuurlike ekonomiese orde wat

voortspruit uit ’n eweneens noodsaaklike en natuurlike

politieke produk. In so ’n scenario kan demokrasie en

ontwikkeling dan sinoniem word met die “groei” van

’n kapitalistiese, neoliberale “vrye mark”. En so het

postapartheid-Suid-Afrika se weergawe van die

neoliberale groei-mite die lig gesien.

Van deurslaggewende belang is dat hierdie

ideologiese skuif na regs deur die ANC gepaardgegaan

het met die stelselmatige

aftakeling, of inkorporering

by die organisatoriese

raamwerk van die ANC self,

van feitlik alle onafhanklike

en verwante gemeenskapsorganisasies

(hetsy “civics”,

vroueorganisasies of jeuggroeperinge)

in Suid-Afrika.

Teen die middel 1990’s het

die ANC, en in mindere mate

sy alliansievennote, verreweg

die meeste van die

gemeenskapsorganisasies wat

so sentraal gestaan het in die

radikalisering van die antiapartheidstryd

en die hoop

van miljoene op ’n antikapitalistiese transformasie van

die Suid-Afrikaanse samelewing lewend gehou het,

ingesluk.

Die “transaksie” is toe institusioneel deur die

ANC-regering gekodifiseer met die bekendmaking

omstreeks mid-1996 van die openlik neoliberale

GEAR makro-ekonomiese strategie. GEAR het die

ANC-staat daartoe verbind om (onder meer)

staatsbesteding te besnoei (as ’n manier om die

begrotingstekort te verminder), inflasie in enkelsyfers

te hou (deur hoë reële rentekoerse), belastingvakansies

en ander aansporings vir korporatiewe kapitaal te gee,

deviesebeheermaatreëls uit te faseer, ’n “buigsamer”

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 1
arbeidsmark te skep, “loonbeheersing” aan te moedig

en die privatisering van staatsbates te bespoedig –

kortom, om die mag van die staat (en die

politieke/morele legitimiteit van die ANC as ’n

voormalige bevrydingsbeweging) te gebruik om die

nou versoenbare klassebelange van ’n ou en ’n nuwe

kapitalistiese elite na te streef.

Propagering van die mite

Ten einde die mite te propageer dat sulke eng

klassestrewes uiteindelik almal sal bevoordeel (veral

die werkers/armes), het GEAR te kenne gegee dat ’n

kombinasie van ekonomiese regstellende aksie (deur

grondverdeling aan ’n nuwe klas swart kommersiële

boere en staatsbystand aan opkomende swart

nywerheids-/vervaardigingsondernemers) en swart

ekonomiese bemagtigingsinisiatiewe deur “vennootskappe”

met korporatiewe kapitaal die beste

“lewering” van die verlangde uitkomste van ekonomiese

herverdeling, maatskaplike gelykberegtiging,

werkskepping en, natuurlik, “ekonomiese groei” sal

verseker.

Die belofte was (en is) dat ’n meer sorgsame

neoliberale kapitalisme, minstens op die lange duur, ’n

“beter lewe vir almal” sal bied. Die verskillende

“verkoopspraatjies” van die ANC-regering en sy

korporatiewe bondgenote oor die jare – insluitende die

onlangs bekendgestelde nakomeling van GEAR, die

“Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-

Afrika” (ASGISA) – het, ondanks die gedurige retoriek

tot die teendeel, alles gewentel om die idee dat die

nastrewing van “groei” (binne die aanvaarde en

geïnstitusionaliseerde parameters van ’n kapitalistiese

neoliberalisme) sowel die maniere as die middele sal

voorsien om sosio-ekonomiese ongelykheid en

ongeregtigheid die hoof te bied. Daar is aan Suid-

Afrikaners gesê dat hulle net geduldig moet wees en

die regering moet toelaat om te regeer en die mark om

toe te deel.

Wanneer dit geblyk het dat die werklikheid nie

netjies inpas by sulke propaganda nie (d.w.s.

voortdurend), het sowel die ANC-regering as

korporatiewe kapitaal gou gespeel om statistiese

inligting te manipuleer, ’n verskeidenheid van ander

“kragte” of gebeurtenisse te blameer vir die

mislukking, en diegene wat dit waag om nie te glo nie,

aan te val en te delegitimeer.

Ontbloting van die mite

Gelukkig het die ketters die werklikheid aan hulle kant.

Elke belangrike stuk navorsing wat die afgelope

klompie jare gedoen is, sowel deur die staat as

onafhanklik, ontbloot die neoliberale groeimite vir wat

dit is.

’n Opname wat in 2003 deur die Community

Agency for Social Enquiry gedoen is en waarby meer

as 6 000 mense uit 60 arm gemeenskappe betrokke

was, het die volgende bevind:

• 55% van die werkloses en 32% van dié met werk

het gesê hulle kon nie voedsel bekostig nie

• 54% van die werkloses en 43% van dié met werk

kon nie basiese dienste bekostig nie

• 46% kon nie huurgeld of verbandterugbetalings

bekostig nie

• 68% het minder as R500 per maand verdien, hetsy

werkend, selfgeëmplojeerd of werkloos

• 86% was aan die werk soek

• 1 uit 8 selfgeëmplojeerdes het gesê hulle verdien

genoeg om van te leef

Navorsing deur die Ontwikkelingsbank van Suid-

Afrika in 2005 het aan die lig gebring dat die aantal

Suid-Afrikaners wat in armoede verkeer (met die norm

vir die nasionale armoedegrens vir 2002 gestel op ’n

ellendige R354 per volwassene per maand), in alle

bevolkingsgroepe dramaties toegeneem het, naamlik

van 17 miljoen in 1996 tot 21 miljoen in 2003. In

dieselfde tydperk het die gemiddelde huishoudelike

inkomste met 7,6% gestyg. Tesame geneem bevestig

hierdie syfers dat daar ’n toenemend ongelyke

inkomsteverspreiding is in ’n land wat reeds tel onder

die mees ongelyke samelewings ter wêreld. Trouens,

die staat se eie syfers vir 2002 toon dat die armste

helfte van alle Suid-Afrikaners slegs 9,7% van die

nasionale inkomste verdien (teenoor die 11,4% van

1995), terwyl die rykste 20% meer as 65% van alle

inkomste verdien.

Volgens die verslag van die komitee van

ondersoek na ’n omvattende stelsel van maatskaplike

sekerheid vir Suid-Afrika (2002) leef 55% van Suid-

Afrikaners in armoede en 60% van die armes ontvang

geen maatskaplikesekerheidsoordragte en/of -toelae

nie. Erger nog, die verslag van die Suid-Afrikaanse

Stedenetwerk (2004) het aan die lig gebring dat daar

van 1996 tot 2001 ’n toename van 180% was in die

aantal stedelike huishoudings met geen meetbare

inkomste hoegenaamd nie. ’n 2006-verslag deur die

Universiteit van Suid-Afrika – Projection of Future

Economic and Sociopolitical Trends in South Africa up

to 2025 – stel Suid-Afrika se werkloosheidsyfer op

tussen 30 en 40 persent, afhangende van die definisie

van “werkloos” wat gebruik word, en kom tot die

gevolgtrekking dat “the economy is not creating jobs –

to a large extent it’s jobless economic growth”. Die

Menseontwikkelingsindeks van die Verenigde Nasies

se Ontwikkelingsfonds (wat metings van

lewensverwagting, opvoedkundige vlak en aangepaste

reële inkomste gebruik) het Suid-Afrika 120ste geplaas

uit 177 lande waar metings gedoen is. Vergeleke

hiermee is die Palestynse gebied in die 102de posisie

geplaas.

Onderliggend aan hierdie grootskaalse armoede

en ongelykheid is die wydverspreide gebrek aan

basiese dienste, veral in landelike dele van ons land.

Die verslag van die Verenigde Nasies se

Ontwikkelingsprogram getiteld South Africa Human

Development Report (2003) het bevind dat die aantal

huishoudings wat geag word nie toegang tot “goeie”

basiese dienste te hê nie, van die 1996-sensus tot die

2001-sensus van 5,68 miljoen toegeneem het tot 7,24

miljoen. In verhouding tot die grootte van die

huishoudingsbevolking in 1996 en in 2001 het die

persentasie van die bevolking wat nie toegang tot sulke

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 2
asiese dienste het nie, toegeneem van 63% tot 65%

van die algehele bevolking. Die verslag van die

Stedenetwerk het getoon dat die toename in die aantal

plakkershutwonings in Suid-Afrika se belangrikste

stedelike sentra amper gelyk is aan die aantal huise wat

van 1996 tot 2001 gebou is, dat die aantal huishoudings

sonder elektrisiteit en water (hetsy gekonnekteer of

gediskonnekteer) feitlik gelyk is aan die aantal wat wel

dié dienste ontvang, en dat twee-derdes van stedelike

volwassenes nie basiese sekondêre skoolopleiding

voltooi het nie.

Die werklikheid onder die oë

Dit is, volgens enige maatstaf of na-1994-tydraam, ’n

patetiese toedrag van sake, gegee die aansienlike

mense-, natuurlike en kapitaalhulpbronne in ’n land

soos Suid-Afrika, en te meer vir ’n regering en

president (aangespoor deur ’n opportunistiese private

sektor) wat spog oor Suid-Afrika se “wêreldklas”standaarde

en graag ’n moreel meerderwaardige

houding aanneem deur voor te gee dat hulle namens

Suid-Afrika en die wêreld se armes praat, maar wat

heeltemal onwillig skyn te wees om die werklikheid

onder die oë te sien. Die digter en skrywer James

Baldwin het tereg by geleentheid opgemerk: “Not

everything that is faced can be changed, but nothing

can be changed if it is not faced.”

Wat onder die oë gesien moet word, is dit: ten

grondslag aan die neoliberale groei-mite is die

politieke/ideologiese begrip van en praktiese

benadering tot ontwikkeling en demokrasie wat deur

Suid-Afrika se politieke en korporatiewe elite aanvaar

en geïnstitusionaliseer is. Eerder as om ontwikkeling te

beskou as ’n metaforiese “huis” waarvan die stabiliteit

en bewoonbaarheid allereers daarvan afhang dat ’n

fondament van basiese behoeftes/dienste gelê word vir

die meerderheid van dié wat daarin woon, het hulle

verkies om daarop te fokus om die boonste

“verdiepings” te ondersteun en te versterk in die

(ydele) hoop dat dit nie net die huis beter sal laat lyk

nie, maar dat dit ook op die een of ander manier na die

fondament sal deurwerk. Hierdie agterstevoor

neoliberale ontwikkelingslogika en benadering is

vervat in pres. Mbeki se tese van twee nasies, twee

ekonomieë, waarin die “eerste ekonomie” (wat in reële

terme die boonste verdiepings van die

ontwikkelingshuis verteenwoordig) gesien word as die

grondslag van ontwikkeling, en die “tweede ekonomie”

(wat in reële terme die fondament van die

ontwikkelingshuis is) gesien word as sekondêre

bouwerk. Soos Mbeki self gesê het: “Ons moet hard

werk om te verseker dat ons sentrum, die eerste

ekonomie, groei en ontwikkel om die rykdom te

genereer wat ons benodig om die doel van ’n beter

lewe vir almal te verwesenlik… armoede en

onderontwikkeling [die tweede ekonomie] tree op as

hindernis vir die verdere ontwikkeling van die eerste

ekonomie.”

Die nastrewing van hierdie soort

ontwikkelingsplan vereis nie net dat die akkumulatiewe

“behoeftes” van die kapitalistiese klas (die eerste

ekonomie) die bron van groei en voorspoed “vir almal”

moet wees nie, maar ook dat die blywende sosioekonomiese

toestande van die werkers/armes self

geïdentifiseer moet word as die belangrikste

struikelblok vir sodanige akkumulasie en dus vir

ontwikkeling self (teenoor die omgekeerde). Dit is

beswaarlik klinkende steun vir betekenisvolle

demokrasie, wat tog seker vereis dat die “bemagtiging”

van die “mense” berus op voldoening aan hulle basiese

behoeftes sodat hulle daadwerklik kan deelneem aan

die beplanning en bou van die “ontwikkelingshuis”.

Wat tot dusver gedoen is, is om demokrasie valslik af

te paar met die behoeftes van die kapitalistiese mark.

Hieruit het weer ’n voortdurende “krisis van

demokrasie” voortgespruit waarin geïnstitusionaliseerde

praktyke en vorme van verteenwoordigende

demokrasie, soos verkiesings en plaaslikeregeringstrukture,

weinig verskil maak, aangesien die

deurslaggewende samelewings- (ontwikkelings-)

besluite deur die “mark” geneem word.

Die gevolg is ’n gedwonge en valse “groei”konsensus

wat hoofsaaklik die kapitalistiese base en

die nuwe swart elite wat die ANC-regering so graag

wil uitbou, sal bevoordeel. Die toenemende klasseongelykhede

tussen ryk en arm en die voortgaande

uitbuiting van werkers sal net nog meer verhul word

deur die gefabriseerde skyn van politieke en sosioekonomiese

konsensus onder alle Suid-Afrikaners.

Terwyl die kapitalistiese en politieke elites die

middelpunt van die aandag is en hulself volstop, word

daar van die armes verwag om maar net hulle

voortgesette politieke marginalisering te omarm en te

vier, en om bly te wees oor die ekonomiese krummels

wat van die “meesters” se tafels af vir hulle gegooi

word.

Suid-Afrika se “oorgangsondervinding” sedert

1994 bevestig dit. Die gebrek aan visie en die wil om

fundamenteel aandag te gee aan die wortels van Suid-

Afrika se ontwikkelingskrisis, en bygevolg sy

demokrasiekrisis, wat onlosmaaklik verbind is aan die

krisis van basiese dienslewering, het gelei tot ’n

groeiende ontwikkelingslas wat geplaas word op

diegene wat die minste in staat is om daardie las te dra.

Die Minister van Provinsiale en Plaaslike Regering,

Sydney Mufamadi, het onlangs die Nasionale Forum

vir Munisipale Finansies meegedeel dat munisipaliteite

moet begin om hulle eie inkomste te genereer “om

hulle afhanklikheid van die nasionale regering te

verminder”. In die praktyk beteken dit dat

plaaslikeregeringstrukture gedwing word om basiese

dienslewering te privatiseer of te korporatiseer te einde

“koste” te verhaal, terwyl arm gemeenskappe gedwing

word om die gapings te probeer toemaak en terwyl

watter minimale vermoë en hulpbronne hulle ook al

het, uit hulle gepers word. Dit is meer as ironies dat dit

lyk soos ’n terugkeer na die soort “selfhelp”ontwikkelingsbenadering

wat gedurende die koloniale

tydperk gegeld het. Ons hoef nie verder te soek as die

onlangse ervaring op Delmas om te sien hoe hierdie

benadering afloop nie – naamlik as die “pasiënte” nie

beter word nie, gee dan die “pasiënte” die skuld en gee

hulle op die koop toe sommer ’n klap ook.

Die kumulatiewe uitwerking van hierdie

ontmagtigende (ten minste vir die armes) neoliberale

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 3
ontwikkelingsraamwerk en -praktyk is tweërlei: dit

verbreed die verskuiwingslyne van armoede,

ongelykheid, die lewering van toeganklike/bekostigbare

basiese dienste en genieting van die hele reeks

mense- en grondwetlike regte, en dit doen beduidend af

aan die hele konsep en ervaring van burgerskap, en dus

ook van demokrasie. Die benadering van

gekommodifieerde private goedere wat sentraal in

neoliberalisme staan, reduseer burgers tot individuele

verbruikers wie se verhouding met die staat en dié wat

dit bewoon en bestuur, ’n weerspieëling is van die

relasionele wêreld van besigheid. Openbare goedere en

kollektiewe waardes word vervang deur private

kommoditeite en individuele voorkeur.

Die stelselmatige sosio-ekonomiese, morele en

politieke krisis van neoliberale kapitalisme

verteenwoordig ’n krisis van ontwikkeling en

demokrasie wat nie tot Suid-Afrika beperk is nie, maar

wat ongelukkig, in verskillende vorme en in

verskillende mate, oor die hele wêreld voorkom. In

Suid-Afrika is die gevolge duidelik te sien vir diegene

wat hulle oë oop hou en wat aandag gee; dit is naamlik

die institusionalisering van ’n al hoe groter wordende

klassekloof wat gekenmerk word deur die bemagtiging

van ’n haas ontraste elite naasaan die verskerpte

verarming van die meerderheid, vir wie die lewe ’n

voortdurende stryd om oorlewing geword het.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 4
• Vandeesmaand se hoofartikel

Die neoliberale kanker

E

lders in vandeesmaand se uitgawe gee ons

uitvoerig aandag aan die neoliberale groeimite in

Suid-Afrika. Ofskoon die bydraers tot dié dossier

feitlik almal vanuit ’n post-Marxistiese hoek oor die

neoliberalisme skryf, is die meeste van hulle ook aktief

betrokke by pogings om nuwe maatskaplike bewegings

te bou in arm gemeenskappe wat die swaarste ly onder

die ANC en korporatiewe Suid-Afrika se verraad

teenoor die armes.

Ofskoon die Marxistiese tradisie dikwels geneig is

om vanuit ’n suiwer materiële hoek oor gemeenskappe te

dink, is hierdie tradisie vandag saam met die demokratiese

gemeenskapstradisie waarby

Die Vrye Afrikaan ook

aansluit twee van die

belangrikste vertrekpunte

vir ’n Suid-Afrika van

selfrespekterende gemeenkappe

teenoor ’n Suid-

Afrika van selftevrede

elites.

In ons dossier word

met chirurgiese presisie

deur ons post-Marxistiese

gespreksgenote aangetoon

hoe die ANC se

neoliberale ekonomiese

beleid die armes verder

onderploeg en die reeds

hoë gaping tussen ryk en

arm nog wyer maak. Maar

die neoliberale

wêreldwanorde het ook

ernstige implikasies vir

gemeenskappe gesien wat

betref hulle simbole, instellings en identiteit.

Die neoliberale wêreldwanorde, wat eens na die

Val van die Berlynse Muur deur mnr. George Bush snr.

as “´n nuwe wêreldorde” beskryf is, het natuurlik na

die ineenstorting van die kommunistiese state as

oorwinnaar van die Koue Oorlog tussen Wes en Oos na

vore getree. Waar sowel die nasiestaat as die vrye mark

daarna streef om van die mens ’n alleenstaande

individu te maak, en hom af te skei van alles wat van

hom ’n mens maak (religie, etniese verbintenis, gender,

klas, taal), het die neoliberalisme die afgelope vyftien

tot twintig jaar hierdie neiging tot nuwe hoogtes

gevoer. Volgens die neoliberalisme moet alles aan die

“vrye individu” en “markkragte” oorgelaat word,

terwyl juis daardie dinge wat die mens vry maak en

wat haar mens maak, inderdaad nie in rand en sent (of

dollar) bereken kan word nie!

Terwyl meer rykdom as ooit in die geskiedenis

geproduseer word, het minder mense as ooit daartoe

toegang, en is dit al hoe duideliker dat ekonomiese

groei eerder die groei van armoede as die groei van

rykdom teweeg bring. Die Marxisme, die nasionalisme

en die liberalisme is aldrie ideologieë wat in die 500

jaar sedert die boekdrukkuns (1450) en die Hervorming

(1517) na vore getree het. Terwyl die nasiestaat en die

kommunistiese staat reeds vir alle praktiese doeleindes

iets van die verlede is, bestaan die skyn in neoliberale

kringe vandag dat dié ideologie onstuitbaar is.

Niks kan egter verder van die waarheid wees

nie. In die eerste plek kan ekonomiese groei nie

onbeperk voortduur op ’n beperkte planeet nie. In die

tweede plek is die potensiaal vir geweld wat die

mensdom vandag weens die vernietiging van sy

tradisies in die gesig staar,

enorm. In die derde plek is daar

’n groeiende alternatiewe

demokratiese beweging wat in

vele vorme wêreldwyd die

heersende wêreldwanorde met

groeiende sukses uitdaag.

Ook Afrikaners as

gemeenskap is nie onaangeraak

deur hierdie historiese kragte

nie. Terwyl die kommunisme en

die liberalisme histories min

inslag onder Afrikaners gevind

het, was dit natuurlik anders

gesteld met die nasionalisme.

Afrikaner-nasionalisme kon

egter nie daarin slaag om verby

sy grense vanaf die 1970’s te

dink nie, en die geweldige skade

wat dit daarna aan Afrikaners en

die ander gemeenskappe gedoen

het, het die meeste Afrikaners

vandag etnies verwond gelaat.

Dit is dan ook vanweë die misbruik van etniese

identiteit deur die nasionalisme en die koloniale staat

dat die neoliberalisme vandag so ’n groot verleiding vir

Afrikaners bied. Talle Afrikaners ly vandag aan die

illusie dat die neoliberale wanorde met sy ondermyning

van instellings (kerk, skool, universiteit, ens.), sy

permanente vermaak en verdowing deur die begeertes,

en sy illusie van ’n vrye individu aan hulle genesing vir

die etniese wond kan bring. Niks kan verder van die

waarheid wees nie: selfontkenning baar uiteindelik ’n

gebrekkige self, ’n skeefgetrekte ons.

Wat staan demokratiese Afrikaners voor die

kanker van die neoliberalisme te doen? Hoe sal ons

gesond bly?

Ten eerste moet daar in ons eie historiese

bronne en tradisies gesoek word. Afrikaners het ’n lang

tradisie van ’n politiek op basis van gemeenskap, en dit

is ons beste wapen teen die gemeenskapsmiskenning

en –verdagmaking van die neoliberalisme.

Ten tweede moet die soeke na alternatiewe in

gesprek met ander gemeenskappe en tradisies

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 5
plaasvind, beginnende by die hedendaagse Suid-

Afrika. Dit is waarom Die Vrye Afrikaan moeite doen

om aan Suid-Afrikaanse intellektuele afkomstig uit die

Marxisme en die Swart Bewussyn ruimte te gee ter

wille van die gesamentlike soeke na ’n demokratiese

alternatief op die elitepakt wat Suid-Afrika vandag in

die naam van die demokrasie regeer. Uiteraard bestaan

daar ook verskille met hierdie gespreksgenote, maar dit

maak die gesprek des te noodsaakliker. Eweneens is

ons posisie ook nie sonder meer een van sosiale

demokrasie nie, wat toenemend in gebreke is om die

meesters van die wêreldwanorde in bedwang te bring.

Ten derde kan demokratiese Afrikaners in hierdie

soeke en as deel van ’n voortgaande gesprek met

bondgenote uit ander ideologiese tradisies bydra om die

Heilige Graal van Suid-Afrikaanse politiek te vind,

naamlik ’n politiek gebaseer op sowel klas- as etnolinguistiese

verbintenis, die politiek van selfstandigheid

wat sowel materiële as simboliese armoede weerstaan.

Vir híérdie demokratiese politiek is ons land en

ons planeet ryper as ooit.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 6
Tussen Palestina en Iran:

Islamitiese nasionalisme nou

DIT IS VREEMD DAT POLITIEKE WAARNEMERS

WÊRELDWYD VERRAS IS DEUR HAMAS SE

OORWELDIGENDE SUKSES IN DIE PALESTYNSE

PARLEMENTSVERKIESING VAN JANUARIE 2006.

EN TOG, MET ’N TIKKIE GESONDE VERSTAND,

SOU ENIGIEMAND HIERDIE OORWINNING KON

VOORSPEL HET.

Deur Georges Corm *

D

ie dade wat op Palestynse grondgebied gepleeg

word – gebiede wat Israel sedert 1967 beset – is

’n skreiende skande in die lig van internasionale regte

en die beginsels van

menslikheid. Die inwoners

van Oos-Timor het hulle

onafhanklikheid van

Indonesië verkry, en

internasionale aksies het

daarop gefokus om die

betrokke bevolkings van

Bosnië en Kosovo te

beskerm en hulle voorlopig

outonoom te maak as ’n

eerste stap na uiteindelike

onafhanklikheid.

Terselfdertyd is die

Palestyne se grondgebied

jaar na jaar, bietjie vir bietjie,

weggevreet deur die

uitbreiding van nedersettings

aan die Wesoewer en, meer

onlangs, deur die onwettige

oprigting van ’n muur

bestem om ’n enorme

kollektiewe tronk te skep vir

die inwoners van hierdie

gebied. In Gasa, waaruit die

Israeliese weermag en

ongeveer 8 000 setlaars met

gejuig en trompetgeskal

onttrek het, is veiligheid

steeds ontwykend; die

Israeliese lugaanvalle en bombardemente veroorsaak

* Skrywer van onder meer La question religieuse au XXI e

siècle, Parys: La Découverte, 2006, en Le Proche-Orient

éclaté. 1956-2006, Parys: Gallimard, 2005. Uit die Frans

vertaal deur André Crous, cinephile2@yahoo.com

steeds daagliks burgerlike ongevalle.

Niemand waag dit meer om die

vredesonderhandelings in Madrid in Oktober 1991, of

die Oslo-akkoord van 1993 tussen die Palestynse

Bevrydingsorganisasie (PBO) en die Staat van Israel te

noem nie. Dieselfde arrogansie gee steeds voor dat

daar sprake is van ’n “vredesproses”, vasgelê deur die

Amerikaanse “Padkaart” en goedgekeur deur die

Europese Unie, die Verenigde Nasies en Rusland,

terwyl die dokument eintlik vergeel en vergete is. Dit is

besonder skokkend om te hoor hoe kommentators die

Hamas-beweging se oorwinning in die verkiesing

veroordeel as ’n moontlike struikelblok in die

vredesproses – ’n vredesproses wat in werklikheid nie

bestaan nie.

Hoe kon Hamas nié die

verkiesings wen nie? Vir ’n

geruime tyd sweer die

Palestynse Owerheid –

hoofsaaklik gelei deur Fatah,

histories ’n hoofkomponent

van die PBO – tevergeefs

hierdie handveste af en maak

alle moontlike toegewings aan

Israel en die internasionale

gemeenskap wat hom

ondersteun: erkenning van die

Staat van Israel sonder

wedersydse erkenning van die

reg van Palestyne in dié Staat;

’n handves wat in onbruik

verval het; verwerping van

gewapende weerstand teen die

besetting en die de factoaanvaarding

van kolonisering

en Israeliese uitbreiding.

Met die hervatting van

die Intifada in September

2000, teweeggebring deur die

dooiepunt wat die PBO bereik

het weens die

onversoenlikheid van Israel,

het die Israliese weermag die

groter gedeelte van Gasa en

die Wesoewer herbeset en die

verwoesting van ’n groot gedeelte van die Palestynse

Owerheid se infrastruktuur veroorsaak. Hierdie aksies

is albei hoofsaaklik deur die Europese Unie

gefinansier, wat ook verantwoordelik is vir die

dramatiese val in lewenstandaard en die plasing van ’n

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 7
menigte militêre padblokkades wat dit vir die Palestyne

al hoe moeiliker maak om rond te beweeg binne dit wat

van hulle grondgebied oorbly.

Oorgelewer aan hul lot, het die Palestyne ’n

dubbele evolusie ondergaan: aan die een kant vergaan

die burokrasie van die PBO in die ondoeltreffendheid

en korrupsie wat deur alle Westerse regerings

veroordeel is en waarvan alle skuld op die leier, Yasser

Arafat, gepak is. Arafat het so te sê onder politieke

kwarantyn (dikwels fisiek) geleef in sy hoofkwartiere

in Ramallah. Aan die ander kant het Hamas

voortgegaan met die gewapende stryd, wat hulle deur

middel van selfmoordbomaanvalle tot in die kern van

Israeliese stede dra, en sodoende die fokus van Israel se

oordrewe politieke wraakaanvalle geword wat veral in

Gasa vele burgerlike slagoffers tot gevolg gehad het.

Yasser Arafat, en later Mahmoed Abbas (Aboe

Mazen) wat na sy dood verkies is tot president van die

Palestynse Owerheid, is voortdurend deur Israel, die

Verenigde State en die Europese Unie gedwing om

Hamas onder bedwang te bring, insluitende met

geweld. Die spanning tussen Fatah en Hamas het

dikwels vererger, en die militante is deur die Owerheid

opgesluit, maar die Palestyne het nog tot op hede die

bloedige burgeroorlog vermy wat Israel hulle toewens

– ’n oorlog wat ’n einde sou bring aan elke vorm van

gewapende weerstand.

Hamas, waarvan die Staat van Israel die

vestiging in die 1980’s aangemoedig het met die doel

om ’n balans te skep met die sekulêre bewegings van

die Palestynse weerstand, het sedertdien sowel militêre

as maatskaplike ervaring op die terrein opgedoen. Die

mislukking van die Oslo-akkoord en die

kompromisgelaaide politiek wat die PBO gehandhaaf

het sonder om werklik enigiets ter vergoeding te kry

(soos die moontlikheid van onafhanklikheid of ’n

beëindiging van Israel se koloniseringsaktiwiteite), het

die taak vergemaklik. Toegerus met finansiële middele

vir maatskaplike hulp en die gewapende stryd teen die

besettingsmagte, het Hamas se gewildheid toegeneem,

terwyl die politiek en die gedrag van die ou, afgeleefde

leiers van die PBO steeds ellende en onderdrukking

veroorsaak.

Verder het die sukses van gewapende weerstand

met die oorwinning van die Libanese Hezbollah oor die

Israeliese weermag – wat in Mei 2000, na 22 jaar van

besetting uit die Suide van Libanon onttrek het –

Hamas en vele ander gedeeltes van die Palestynse en

Arabiese ondersteuners aangespoor in hul hoop dat die

gewapende stryd die enigste doeltreffende manier is

om die Israeliese besetting teen te werk.

Die leiers van Israel en hul ondersteuners in die

Westerse wêreld sou nogtans sonder moeite kon

begryp dat ’n bevolking wat in so ’n situasie van

onderdrukking opgesluit word, hoegenaamd nie Hamas

sou blameer vir die bloedige Israeliese weerwraak nie,

maar inteendeel groot bewondering sou hê en

veelvormige steun aan hierdie organisasie sou gee.

Slegs die naïewes is verras deur die oorwinning – die

gevangenes van leë antiterrorisme-retoriek wat die

media en die kringe van internasionale besluitnemers

binnegedring het. Hierdie retoriek versluier die

realiteit, soos die lyding wat dit veroorsaak, en

suggereer dat dit in swak smaak is om die realiteit te

beskryf of op die voorgrond te plaas. Enige teenstander

word as terroriste-simpatiseerder gebrandmerk.

In die Suide van Libanon, ’n gebied wat tussen

1978 en 2000 aanhoudend deur Israel beset is, was die

situasie dieselfde, maar nog meer belaglik. Die

plaaslike burgermag, wat deur Israel gemobiliseer is

om hom in sý stryd by te staan, is dikwels in die

buitelandse media voorgestel as ’n verdediger van die

vryheid van Libanon teen die “terroriste”, eers die

Palestyne en toe die Libanese van Hezbollah.

Laasgenoemde is op die Amerikaanse regering se lys

van terroristeorganisasies geplaas. Aan die begin van

September 2004 het die VN se Veiligheidsraad in

Resolusie 1559 daarop aangedring dat Hezbollah die

wapens neerlê en dat die klein, swak toegeruste

Libanese weermag teenwoordig is op die grens met

Israel. Dít terwyl Israel, wat net halfpad uit die Suide

van Libanon onttrek het, voortgaan om – byna daagliks

– op Libanese lugruimte, see- en soms grondgebied te

oortree. Israel hou terselfdertyd ’n aantal oudweerstandsvegters

uit Libanon in sy tronke aan en

verhinder die regering in Beiroet om hul

waterhulpbronne in die Suide te ontgin. Nogtans is dit

Hezbollah wat deur die Verenigde State en die VN as

die bron van destabilisering in Libanon en ’n

bedreiging vir die veiligheid van Israel bestempel

word. Hezbollah word ook dikwels daarvan aangekla

dat dit Hamas ondersteun. Soos in Palestina het die

internasionale gemeenskap vir Libanon ’n leerstelling

voorgeskryf wat hoegenaamd nie die plaaslike realiteit

in ag neem nie, maar eerder bydra tot ’n toename in

spanning.

’n Paar maande gelede, in Junie 2005, was die

internasionale gemeenskap weer dronkgeslaan toe die

Iraniërs met ’n groot meerderheid die “ekstremistiese”

Mahmoed Ahmadinejad verkies het, wat sy teenstander

– oud-president Hachemi Rafsandjani, ’n simbool van

die korrupsie wat die land teister, maar deur die

internasionale gemeenskap as “gematig” beskou word

– die onderspit laat delf het. Dit was, weereens, ’n

totale verrassing. Onder die leierskap van President

Mohammad Khatami, ’n vasberade voorstaander van

dialoog tussen beskawings, het die VSA nie slegs

volgehou met Teheran se politieke en ekonomiese

isolasie nie, maar dit ook by Irak en Noord-Korea

ingesluit as komponente van die “spil van boosheid”.

Terwyl dit voorkom asof die Amerikaners en

Europeërs hulle nie meer bekommer oor Noord-Korea

nie, is hul visier nou meer as ooit op Iran gerig.

Washington gebruik die opvlammende – en

doemwaardige – uitsprake van die nuwe president om

internasionale druk op hierdie land te verhoog en hom

sodoende te dwing om afstand te doen van sy doel om

kerntegnologie, in watter vorm ook al, te ontwikkel.

Terselfdertyd, eers danksy die VN-resolusie op

Libanon en toe die skouspelagtige en destabiliserende

sluipmoord op die vorige Libanese Eerste Minister,

Rafik Hariri, het die Verenigde State en Frankryk

kwistig gebruik gemaak van die nuwe situasie in

Libanon om die strop stywer te trek om beide Sirië en

Iran se nekke. Nou beskou hulle Hezbollah as niks

meer nie as ’n uitbreiding van hierdie nuwe “front van

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 8
weerstand” teen die streek se Westerse politiek. Met

die voortaan permanente verwerping van Iran en die

Libanese Hezbollah, sowel as die druk op die Siriese

owerhede wat ten gunste is van die destabilisering van

Libanon, word anti-Westerse retoriek in die Arabiese

en Moslemwêreld gestook en daar in die hande van ’n

“politieke Islam” gespeel, of dit nou gematig of djihadradikaal

is.

Hierdie somber prentjie word voltooi met ’n

verwysing na die ontelbare toesprake van George W.

Bush wat die skouspelagtige uitbreiding van terrorisme

in Irak, veroorsaak deur die Amerikaanse inval in

daardie land, die aanvalle op 11 September 2001 en

ander in Madrid en Londen – waarvoor die

verantwoordelikheid altyd aanvaar is deur Islamitiese

groepe – gebruik om Osama ben-Laden te veroordeel

in sy pogings om ’n Islamitiese kalifaat in te stel wat

die beskaafde wêreld in slawerny sou dompel.

Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde

Nasies het in September 2005 van sy kant ’n

basisdokument vir die hervorming van die VN

geproduseer waarin hy sê dat een enkele militêre en

politieke gevaar die mensdom teister: die gevaar van

“transnasionale terrorisme” wat wapens van

massavernietiging probeer aanskaf. Dit is duidelik dat

hierdie dokument geheel en al die Amerikaanse

doktrine onderskryf waarvolgens (Islamitiese)

terrorisme die vyand van die mensdom is.

Die voorstaanders van die teorie van

beskawingsoorlog sien met afwagting uit na

toekomstige gebeure. Die groot besluitnemers in die

internasionale politieke arena het nie alleen hierdie

ideologie aangeneem nie, maar dra by tot die

verwesenliking van hulle skrikwekkende voorspelling.

Die beskaafde wêreld – met ander woorde “Joods-

Christelik”, soos die nuutste mode dit wil hê – bevind

homself teenoor ’n “Islamitiese” hidra wat ondersteun

word deur gedugte bondgenote, uit Sjina en Rusland,

en wat vandag die mees perverse middele – naamlik

terrorisme – gebruik. Môre sal dit sekerlik met wapens

van massavernietiging wees wat hierdie of ander

“skurke” aan hulle kan voorsien.

Van hulle kant het die verskillende djihadbewegings

(wat ontstaan en ontwikkel het gedurende

’n tydperk in die Koue Oorlog waar hulle gedien het as

kanonvoer teen die Sowjet-weermag in Afganistan en

daarna op ’n verskeidenheid ander plekke op aarde,

waaronder Kaukasië en die Balkanstate) nooit gedroom

van die tipe publisiteit wat die President van die

grootste wêreldmoonheid en die VN hulle sou besorg

nie. Vir hulle, wat die Weste as ’n wêreld van

barbaarsheid en ongeregtigheid strydig met Islam en

die Moslems sien, lyk die situasie heel rooskleurig. Die

Amerikaanse weermag, ondersteun deur Westerse

kontingente, steek vas in Afganistan en Irak, wat

verander het in die ideale slagveld tussen die “Joods-

Christelike magte van kwaad” wat die Moslemwêreld

aanval en die “Islamitiese magte van goed” wat die

integriteit van Moslemgemeenskappe teen uiterlike

aanvalle beskerm.

Die permanente onreg wat die Palestyne

aangedoen word, asook die vrees en die wydverspreide

verwyte wat veroorsaak word deur Hamas se

oorwinning in Palestina (sonder om eens na die

dreigemente te verwys wat met ’n Israeliese blokkade

die Palestynse bevolking van voedsel wil ontneem) is

duidelik ’n verdere objektiewe fenomeen in hul logika.

Hierby kom nog die buite-territoriale Guantanamo en

die skandalige mishandelings waaraan Irakese

gevangenes in Aboe Ghraib deur die Amerikaanse

weermag onderwerp is.

Dit behoort dus geen verrassing te wees dat

tagtig lede van die Moslembroederbond in die

Egiptiese parlementsverkiesings van November en

Desember 2005 geseëvier het nie: ’n bevestiging van

die nuwe Islamitiese mag wat die Arabiese wêreld in

beslag neem. As Sirië môre vrye verkiesings hou, wat

sou gebeur? Die verkiesings in Irak het die

marginalisering van liberale en sekulêre elemente

teweeggebring en konserwatiewe gelowiges – beide

Soenniete en Sjiïete – in hul plek geplaas, in weerwil

van die Amerikaanse besetting en hul

voorsorgmaatreëls.

Dit is te midde van hierdie verstikkende

atmosfeer dat die saak begin het met die onnosele

Deense spotprente, waarin daar die spot gedryf is met

die Profeet Mohammed en die skuld van terroristedade

op hom gepak is. Die gewelddadige betogings oor die

hele Moslemwêreld het frustrasies en gevoelens van

veronregting laat opvlam. Aangesien Palestina en die

Golan-hoogtes nie bevry kan word nie, en die strop van

Westerse dominansie oor die Arabiese en

Moslemwêreld (Irak, Afganistan, Iran en Palestina)

steeds stywer getrek word, het die hordes woedende

betogers die diplomatieke verteenwoordigers aangeval

van die lande waarin hierdie uitlokkende spotprente

gepubliseer is.

Hierdie Islamitiese opstand druk oral die

nasionalistiese gevoelens uit wat lankal reeds die

sekulêre gesprekke van jarelange dekolonisasie en die

militante onderdrukking van die Derde Wêreld verlaat

het – gesprekke wat oor die laaste dertig jaar regoor die

wêreld in duie gestort het. Sal hierdie opstand verder

groei totdat niks dit meer kan stuit nie? Dit is presies

wat die bekende, uiters sekulêre Palestynse digter

Mahmoed Darwich vrees – ’n vrees wat hy met erns in

’n onlangse onderhoud met die dagblad Le Monde

uitdruk: “As daar vrye verkiesings in die Arabies-

Moslemse wêreld gehou word, sal die Islamiste dit oral

wen, so eenvoudig is dit! Dit is ’n wêreld wat diep

geraak word deur ’n gevoel van veronregtiging,

waarvoor hy die Weste die skuld gee. Die Weste

antwoord met ’n vorm van imperiale

‘fundamentalisme’ wat dié gevoel van onreg net

versterk.”

As die huidige spanningsvolle situasie nie kan

voortduur sonder om ’n gebeurtenis te ontvonk wat nog

ernstiger as die vorige een is nie, staan ons dan op die

vooraand van grootskaalse omwentelings? Dít is die

vraag wat ons onsself kan afvra, gegee die outisme van

Westerse leiers aan die een kant en die sinneloosheid

van die Arabiese leiers aan die ander kant.

Sal die Westerse samelewing kan voortgaan om

die wreedheid en absurditeit van die dade in die Nabye

Ooste te ignoreer? Sal die Palestyne steeds slagoffers

bly van ’n besetting, van ’n skeidingsmuur en van die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 9
uitbreiding van nedersettings aan die Wesoewer, 38

jaar na die Sesdaagse Oorlog van 1967? Kan ’n

demokratiese mag soos die Verenigde State twee

soewereine state binneval onder die voorwendsel van

weerwraak op ’n geweldsdaad op sy grondgebied, hoe

laakbaar dit ook al was? Is dit moontlik dat ’n

enkelkonseptuele kategorie, “terrorisme” in die oë van

die Westerse wêreld en die Verenigde Nasies,

bewegings en gewelddadige aksies so uiteenlopend

soos weerstand teen besetting, die aanvalle op New

York, Madrid en Londen, en tientalle ander aanvalle

wat byna ononderbroke sedert 1995 in Moslemlande

plaasvind (Egipte, Jordanië, Marokko, Jemen, Saoedi-

Arabië, Indonesië, Pakistan), saamgroepeer?

Ons sukkel om in te dink dat dit nie tradisionele

polisiemetodes is nie (soos wat dertig jaar gelede

suksesvol gebruik is in ontwikkelde lande wat self deur

terrorisme geteister is; voorbeelde hiervan is die Rooi

Brigades in Italië, Duitsland se Baader-Meinhof-bende,

die Franse Action directe en die Japannese Rooi

Weermag), maar eerder weermagte is wat op vier

vastelande ontplooi word en jongmense aanspoor tot

gewelddadige aksie – om as “martelaars” te veg teen

die onwettige besetters: “die ongelowiges”? Ons sukkel

eweneens om ons dit in te dink dat die besit van

wapens van massavernietiging toegelaat word in

Westerse lande, in Israel, in Indië en selfs in Pakistan

(’n geallieerde van die VSA) en Noord-Korea, maar

elke keer wanneer ’n Arabiese of Moslemnasie

dieselfde wil doen, dan onstaan onhoudbare spanning.

Tot wanneer sal dit as swak smaak beskou word

om vrae te vra oor die manier waarop die geopolitiese

kompos vorm wat die vermenigvuldiging van jong

djihadi’s aanjaag? Of om medelye en verontwaardiging

te toon teenoor die lot van die Palestyne, wat die

antiterrorisme-argumente van die Staat van Israel en

die VSA ook al is, met ’n Europese Unie wat homself

al hoe nader posisioneer aan hierdie twee state se

regerings?

Die Arabiese regerings dra self ook ’n groot

deel van die verantwoordelikheid oor die stand van

sake. Hulle is salig onbewus van die openbare mening

en gee toe aan elke begeerte van die Verenigde State,

sonder om ooit enigiets in ruil te kry, soos regverdige

hantering van die Palestynse vraagstuk of gelyke

behandeling tussen Israel en die Arabiese lande oor die

vrae rondom bewapening en ontwapening. Die

arrogante wyse waarop die Amerikaanse regering

inmeng in die binnelandse sake van die lande in die

Midde-Ooste, sonder enige reaksie van Arabiese

diplomate, is ’n verdere aanval op die eer van ’n volk

wat voel hulle word sedert die era van Europese

kolonisasie verkleineer. Nou word hul geloof ook nog

met tekenprente bespot. Vir die gebied se stabiliteit sou

dit beter wees as die mees onderdrukte Arabiese

regerings weerstand bied teen Amerikaanse druk. Hulle

sal dan deur hul eie bevolkings gerespekteer word, en

daar sal vrye verkiesings kan plaasvind sonder dat die

partye wat op die gesag van Islam aanspraak maak,

noodwendig al die stemme kry.

Dit kom voor asof Amerikaanse en Israeliese

politiek op die afmatting van Arabiese opinie en die

verdeeldheid tussen twee partye vertrou: diegene wat

weerstand bied teen die twee nasies en dié wat, om

verskeie redes, verdere onderdrukking aanmoedig om

uiteindelik vrede in die streek te bereik, wat die val van

diktators en die totstandkoming van ’n staat van

geregtigheid en ekonomiese vooruitgang veronderstel.

Hierdie skeur van opinie in die Arabiese gemeenskap

het vererger sedert die inval van Irak en Resolusie

1559 van die VN Veiligheidsraad, wat die ontwapening

van Hezbollah en van die Palestynse kampe in Libanon

in September 2004 geëis het. Libanon dien weereens as

klankbord en buffer van die Arabiese wêreld se

teenstrydighede, wat die geopolitiese situasie in die

streek vererger. Die streek ervaar trouens ’n

opvlamming van die “Koue Oorlog”, sonder dat die

Sowjet-vennoot van die toneel verdwyn het.

Dit is duidelik dat ’n “front van verwerping”

steeds in die Nabye Ooste bestaan. Hierdie front sluit

verskillende politieke Islamitiese bewegings in hul

kaleidoskopiese en ideologiese verskeidenheid in, met

die Teheran-Damaskus-alliansie as swaartepunt. Die

kwessie van die Deense spotprente help die versterking

van dié groep aan, deur Sjiïete en Soenniete te verenig

in ’n verwerping van die invloed van Westerse politiek

op die streek. Deur middel van ’n geloofsdiskoers

polariseer die Islamitiese bewegings eintlik sonder

moeite die beroep op nasionalisme in Iran en in die

Arabiese wêreld – ’n wêreld waaruit sekulêre

intellektueles geruime tyd reeds onttrek het. Hierdie

distansiëring was ’n reaksie op die pad wat Nasser se

Panarabiese ideologie loop en op die verskillende

nasionalistiese Arabiese bewegings, soos die Baath en

hul magteloosheid om te voldoen aan die oproep tot

nasionalisme.

In hierdie nuwe Koue Oorlog probeer die VSA

en die Europese Unie hul bes om, ten alle koste, die

sogenaamde “demokratiese” kamp te ondersteun.

Laasgenoemde is voorstaanders van

hervormingsprojekte in die Arabiese en

Moslemwêreld, die einde van weerstand teen

globalisasie en die hipermag van die VSA, asook die

prioriteit van die stryd teen terrorisme sonder

onderskeiding tussen weerstand teen buitelandse

besetting en gewelddadige, destabiliserende aksies in

Westerse, Arabiese en Moslemstede.

Simposiums, seminare en kongresse oor

politieke hervorming, deursigtigheid en regeringswyse

volg monotoon en herhalend die een op die ander;

soms dien Arabiese regerings as voorsitters en betoon

sodoende hul goedgesindheid jeens die proses. Die

mikpunt hiervan is die mobilisering van die Arabiese

intelligentsia ten gunste van vrede en demokrasie, en

om druk uit te oefen op die Arabiese regerings. Maar

die beperkings van hierdie byeenkomste het aan die lig

gekom na die Iranese, Egiptiese en Palestynse

verkiesings. In der waarheid is hierdie soort Westerse

politiek ’n afstammeling van die politiek wat beoefen

is deur die Europese magte van die negentiende eeu.

Onder die dekmantel van die modernisering en

demokratisering van die Ottomaanse Ryk en die

Persiese monargie het die Europese magte hul eie

koloniale ambisies en die afbreek van hierdie twee

magte verberg.

Aangehits deur die koloniale ambisies van die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 10
negentiende-eeuse Europese moondhede, het die

Balkan-kookpot die vonk veroorsaak wat die Eerste

Wêreldoorlog laat ontvlam het en op sy beurt weer

direk aanleiding gegee het tot die Tweede

Wêreldoorlog. Vandag word ons gekonfronteer met die

groeiende risiko dat die Nabye Oosterse kookpot (met

sy onverwagte uitbreiding na ’n harde ideologie hier

aan die begin van die nuwe eeu, waarvolgens

beskawingsoorloë – oftewel geloofsoorloë –

onafwendbaar sou wees) vir ons pynlike verrassings

inhou.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 11
• Die Vrypostige Afrikaan

Betogings kom

Moslems inspireer Afrikaners

Deur ons rondreisende verslaggewer, Kleinjan

Schietekat

D

ie Vrypostige Afrikaan kan vandag onthul dat die

onlangse wêreldwye betogings teen die

Moslemspotprente ’n onverwagse wending onder

Afrikaners geneem het. Volgens inligting wat deur ’n

lid van die polisie se intelligensie-eenheid aan Die

Vrypostige Afrikaan gegee is, is daar sprake van ’n

uiteenlopende groep Afrikaners wat eersdaags landwye

betogings beplan om beswaar te maak teen die feit dat

Afrikaners in die media nou feitlik slegs as cool en

sexy uitgebeeld word. By nadere ondersoek is hierdie

inligting bevestig.

Mnr. Herklaas de Jager (37)* (*alle name in

hierdie berig is verander om die betrokke individue te

beskerm), ’n boer van die Hazyview-omgewing in die

voormalige Oos-Transvaal, nou Mpumalanga, het aan

ons ’n onderhoud toegestaan op die Hazyviewgholfbaan.

“Kyk man, ek is nou gatvol om te sien dat

net sepie-akteurs en sportsterre die media haal.

Internasionaal lyk dit ook nie veel beter nie: die keuse

is tussen Charlize Theron en Ernie Els. Ek het niks teen

dié mense nie, maar magtag, wat weet Afrikaners nou

van gholf?! Kyk net hoe lyk dit hier op ons gholfbaan,”

beduie De Jager in die rigting van ’n paar rooibokke

wat op die skoonveld staan en wei. Verder terug, op die

naaste setperk, baljaar ’n vlakvarkgesin. “Dìs die

realiteit van gholf onder ons mense, man! Die donnerse

koerante en TV laat dit lyk asof ons almal ’n voorgee

van 0 het. Praat van voorgee!”

Me. Koeks Struwig (52), ’n aanvallige moeder

van drie van Roodepoort, sê sy was self vir etlike jare

die slagoffer van dié vals beeld. “Reeds toe my kinders

kleuters was, het ek geglo dis nodig om hulle met ’n

4X4 rond te ry. En tussendeur was ek elke dag in ’n

winkelsentrum. Ek het geoefen, ek het gekoop, ek het

alles gegee om soos die prentjie te lyk. Ek het gedink

retail therapy is gesond, maar nou is ek in terapie om

van die koopdrang los te kom. Ek het oorgeskakel na

’n Toyota Corolla en ons drink nie meer wyn wat meer

as R40 ’n bottel kos nie. Wat gaan aan met hierdie

wynskrywers wat dink dis cool om wyn van meer as

R60 ’n bottel te drink?”

Dr. Stefan Wessels, ’n dosent in maatskaplike

sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch wat in

identiteitsvraagstukke spesialiseer, het aan Die

Vrypostige Afrikaan gesê dat Afrikaners se poging om

cool en sexy te wees beskryf kan word as “transformasie

van ’n spesiale tipe” (TST). Wessels skryf TST toe aan

die wydlopende persepsie van toekomstige

benadeeldheid wat vandag onder Afrikaners voorkom.

“Dit is ’n feit dat die regstelling van historiese

benadeeldheid oor die algemeen lei tot toekomstige

benadeeldheid. Die sug om cool en sexy te wees is

eintlik niks anders nie as ’n variasie op die tema om ’n

mooi lyk te wees, behalwe dat die mense mooi, lewende

dooies wil wees. Dit is ’n poging om aan die geskiedenis

te ontsnap. Daarom kan die moontlikheid van protes

teen TST ’n baie belangrike wending wees. Die feit dat

die mense wat hierdie betogings wil organiseer

inspirasie uit die Moslemwêreld put, bewys dat

Afrikaners ook nie meer noodwendig na die Weste kyk

vir inspirasie nie. Wat my egter baie bekommer, is al die

warhoofde wat vandag in die Bosveld ronddwaal omdat

hulle eenvoudig nie daarin slaag om cool en sexy te

word nie. Hierdie mense weet nie van beter nie, en sulke

betogings kan hulle lewens red.”

’n Voormalige Afrikaner en dosent in politieke

filosofie verbonde aan die Kantoor van die

Staatspresident, prof. Hans Swartlief, het sy

ontsteltenis met die beplande betogings uitgespreek.

Swartlief, wat bande aan die einde van die 1980’s oor

’n bottel Blue Label Whisky met die president gesmee

het, sê hy kan nie verstaan dat Afrikaners vandag nog

oor iets wil betoog nie. “Die Afrikaner is ’n konstruk.

Daar is eintlik nie so iets nie. Die koms van

demokrasie in Suid-Afrika het dit finaal bewys. Ek kan

ook nie verstaan wat transformasie van ’n spesiale tipe

kan beteken nie, tensy dit gaan oor Afrikaners wat my

pad stap, dit wil sê wat aanvaar dat hulle eintlik nie

bestaan nie. Dit is dan ’n geval van transformasie van

niks tot niks. Dit is nou wel ’n logiese onmoontlikheid,

maar dit bly nie minder ontroerend nie. En dit doen so

baie vir goeie gesindheid in ons pragtige land. As

mense net wil verstaan dat ons almal uiteindelik tot die

hoë klas kan behoort. Blue Label vir almal, om dit nou

so te stel.”

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 12
• Briewe

Oor die Moslemspotprentkwessie

skryf Naas Ferreira

van Elspark:

D

it wil vir my voorkom asof die protesreaksie van

Moslems wêreldwyd en nou ook in Suid Afrika

pure opportunisme is om die boodskap van Islam in die

kele van die ‘infidele’ (nie-Moslems) af te forseer.

Soos meeste ander godsdienste, insluitend die

Christendom, is Islam dikwels met hulle ‘heilige

geskrifte’, in dié geval die Koran, onder die een arm en

die swaard in die ander hand versprei.

Die rede hiervoor is eenvoudig: alle godsdienste

funksioneer op die pre-rasionele vlak van mitologie.

Op die mitologiese bewussynsvlak word die

‘Waarhede’ van ‘my’ groep verhewe bo enige ander

waarheid van ‘jou’ godsdiens. Siende dat niks op die

mitologiese vlak wetenskaplik bewys kan word nie,

maar slegs geglo moet word, en dus nie rasioneel

beredeneer kan word nie, is dit die plig van elke

volgeling om ten alle koste die dogma te verdedig.

Niemand kan wetenskaplik bewys dat Jesus die

Seun van God is nie, en niemand kan wetenskaplik

bewys dat die profeet Mohammed die Koran direk van

Allah ontvang het nie. Dit kan alleenlik geglo word.

Kritiek teen enige leerstelling is dus kettery en die

kerke het vroeër ketters op die brandstapel van enige

dwaallering ‘gereinig’. Oor ʼn Moslemketter word ʼn

‘fatwa’ of die doodstraf uitgespreek.

Dis net hier waar die drol in die drinkwater

beland. Tydens die Middeleeue was Europa onder die

gesag en mag van die Katolieke Kerk. Alle Europeërs

was veronderstel om Christene te wees. Indien

‘Christene’ soos Galileo of Copernicus kon bewys dat

die aarde nie die middelpunt van die heelal is nie en

dus nie volgens die leerstellings van die Kerk nie, kon

hulle dadelik geëkskommunikeer word. Die ‘fatwa’

wat oor Salman Rushdie uitgespreek is na die

publikasie van Satanic Verses, was nog in ʼn mate

geregverdig; Rushdie was ʼn Moslem. Die aanvalle op

die Deense koerant is nie volgens Islamitiese wette nie

omdat die redakteur nie ʼn Moslem is nie en dus nie

onder die verbod op die afbeeldings maak van

Mohammed nie staan nie.

Denemarke of die Weste is ook nie Islamitiese

state nie, en hoef dus nie wette van Islam gehoorsaam

nie. Tydens die Apartheidsjare moes baie mense,

Moslems ingesluit, teen wil en dank Christelike reëls

nakom omdat die destydse regering Christelike

beginsels as die norm voorgehou het. Dit is waarteen

baie mense tydens die struggle baklei het. Nou verwag

Moslems dat Suid Afrikaners en Westerlinge van alle

oortuigings ʼn Christelike dogma met ʼn Islamitiese

dogma moet vervang. Dit kan tog nie. Hoe kan

enigiemand verwag dat infidele die reëls van Islam

moet gehoorsaam sonder die oortuiging of geloof?

Daarom is die stryd nie tussen die Weste en

Islam nie, of oor vryheid van spraak en godsdienstige

sensitiwiteit nie. Die struggle is nou tussen twee

bewussynsvlakke, die rasionele en die mitologiese. Die

probleem is dat diegene op die mitologiese vlak dink

dat hulle altyd reg is en alle ander verkeerd. Die gevaar

is dat pre-rasionele fundamentalistiese groepe toegang

tot rasionele tegnologiese kennis het. Dit beteken dat

George Bush en die President van Irak wapens van

massavernietiging kan gebruik om hulle eng

mitologiese dogmas te verdedig.

Die verbod op die maak van afbeeldings van die

profeet Mohammed is ingestel om te verhinder dat

Moslems Mohammed in plaas van Allah aanbid. Tog is

dit juis wat nou gebeur. Die geweld en woede teen die

spotprente lyk vir my baie na afgodery. Hoekom

protesteer Moslems so gewelddadig en aanhoudend

indien Mohammed nie hulle god geword het nie? Is die

spotprente van ʼn bom op Mohammed se kop nie die

uitdrukking van die beeld wat Moslems van

Mohammed die wêreld indra nie? Is die geweldadige

protes nie juis ʼn bevestiging van die spotprente nie?

Mohammed was ʼn verligte mens wat die lyding

van sy mense raakgesien het en onder leiding van die

Gees die Arabiere ʼn godsdiens gegee het wat meer sin

vir hulle gemaak het as dié van die Christene of die

Jode. Nêrens maak Mohammed enige aanspraak op

goddelikheid nie. Hoekom tree Moslems nou op asof

Allah te nagekom is?

Die wese van Islam en van alle godsdienste is

veronderstel om die liefde te wees. Die Moslemgroet

“Salaam halekum”, is veronderstel om ʼn vredesgroet te

wees maar dit het in krete van doodsdreigemente

verander. Enige god wat sulke optredes van sy

volgelinge vereis is ʼn mensgemaakte konstruksie met

politieke bedoelings.

Dit is tyd dat godsdienstige mense die

verkondiging van dogmas van haat en vernietiging

bevraagteken. Die tyd vir die Weste om te besin oor

hulle universele pluralistiese lamsakkigheid het ook

aangebreek.

- 1. U beroep u nogal gemaklik op die mite van

rasionele denke 2. U speel wetenskap en geloof op

onvrugbare wyse teen mekaar af, terwyl hulle met

verskillende soorte waarhede werk waarsonder die

mens nie kan nie 3. So, koerantredakteurs ly omdat

hulle nie onder Islamitiese wette staan nie, maar

intussen kan die Weste oor agt dekades al met volkome

minagting vir die wet maak en breek soos hy wil in die

Midde-Ooste?4. Implisiet in u argument oor ‘twee

bewussynsvlakke’ is darem ’n baie gemaklike aanname

oor die meerderwaardigheid van die ‘rasionele’ Weste

teenoor die ‘mitologiese’ Islam. Lees gerus elders in

hierdie uitgawe oor wat een van die groot Westerse

mites van die oomblik, die neoliberale groeimite, tans

aan die wêreld en Suid-Afrika doen 5. Haat is nie eie

aan religie, politiek of wetenskap nie, maar aan

verknogtheid oor hierdie sake – Red.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 13
Oor ons hoofartikel van 17

Februarie oor plaaslike

regering skryf Willie Spies, LP

van die Vryheidsfront+ uit

Pretoria:

’n

Ietwat ongegronde stelling word gemaak dat die

VF+ met ’n slagspreuk soos “Meer as net

opposisie” die politiek verlaag tot niks meer nie as die

verkoop van tandepasta of waspoeier. Ek vind die

sprong na die betrokke gevolgtrekking moeilik om te

volg. Nêrens in die artikel word melding gemaak dat

die skrywer die slagspreuk (wat eintlik beter beskryf

kan word as verkiesingstema) binne die konteks van

die betrokke party se verkiesingsmanifes probeer

vertolk het, of in verband probeer bring het met die

party se werkswyse en/of suksesse van die laaste tyd

nie. Ek haal graag vir lesers die eerste paar paragrawe

uit die VF+ se verkiesingsmanifes aan: “Die VF+ pak

die verkiesing aan onder die tema, ‘méér as net

opposisie’. In praktyk beteken dit dat die VF+ nie bloot

net ’n tradisionele opposisierol wil speel nie, maar ook

oplossingsgerig wil werk om die demokrasie te verdiep

deur vir sy kiesersmark ’n beter bedeling daar te stel en

te beding wat betref werk, veiligheid, politieke

inspraak en ’n gesonde gemeenskapslewe... ...Die VF

Plus sal ’n bedeling wat volhoubare en selfstandige

gemeenskappe moontlik maak, bevorder. Sulke

plaaslike gemeenskappe moet as boustene van ’n breër

samelewing in staat gestel word om na hulle eie

welstand om te sien. Die beginsel van regering so

naby as moontlik aan die gemeenskappe self, moet

bevorder word. Daarom behoort die bestaande stelsel

van megastede en plaaslike munisipaliteite wat uit vier

of vyf dorpe bestaan, verander te word om plaaslike

regering terug te bring na plaaslike gemeenskappe.” Ek

nooi lesers uit om met van die VF+ se kandidate vir die

plaaslike verkiesing in Pretoria te kom kennis maak.

Daar is byvoorbeeld Marthie Richter wat reeds ’n

bekende gesig is in Faerie Glen weens haar aktivisme

oor omgewingskwessies. Daar is Pieter Smith en Peet

Horn wat elke Woensdag vir die arm mense van

Danville kos van Woolworths af aanry. Of Peet

Wessels wat as blinde aktivis en sakeman vir ander

gesiggestremdes help werk voorsien. Of Cornelius

Jansen van Rensburg wat as Tukkie-voorsitter vir die

eerste keer in dekades daarin kon slaag om die Tukkiemassa

te monster om vir Afrikaans te betoog... Almal

mense wat reeds besig is om die samelewing van onder

af te verander. Ek dink Takis Fotopoulos sou heel tuis

tussen dié spannetjie gevoel het, dalk selfs vir een van

hulle gaan stem het. En as dit ’n tandepasta-advertensie

is, is Die Vrye Afrikaan ’n poniekoerant.

- Dankie vir die konteks en inligting oor van u

kandidate wat u verskaf. Op die oog af het dié

kandidate inderdaad ’n bewese gemeenskapsrekord,

wat natuurlik nie noodwendig uit hulle betrokkenheid

by die VF+ volg nie. Nogtans is dit verrassend om te

sien dat u party aan hulle kiesers as sowel ’n

gemeenskap as ’n mark dink, ’n wedersydse uitsluiting

van die eerste water. Miskien lê dieselfde ideologiese

verwarring ten grondslag van die onlangse onbesonne

oproep om ’n referendum oor Pretoria se naam,

oftewel op goeie ou meerderheidspolitiek, terwyl u

party hom in die minderheidspolitiek bevind! – Red.

Oor ons artikel oor biodiesel

in Die Vrye Afrikaan van 18

November 2005 skryf Murat

uit Enschede, Nederland:

at is best wat je doet. Ik hoop dat je meer

ontwiekeld. Ik heb ook belang voor. Kun je mij

mischien foto’s stuurt? Hoe moet dat met fielter doet?

Laat per foto zien als dat kan. Ik wiel met je mee doen.

Totzien, ik hoor van je nog. O ja, ik ben turks uit

Turkeij.

Oor Afrikaanse universiteite

skryf Christo Lombaard van

Pretoria:

k noem die “Histories Afrikaanse Universiteite”

nou maar deesdae die tweetalige universiteite in

die land (sommige van hulle is al onderweg drietalig

toe). Skandalig, aan die een kant, dat dié universiteite

die druk om te Ingels net vát, sonder om vir Baas Staat

eers te gaan sê: “Maar gee sjeld. Ons wíl, en kán.

Sommige van ons, in ieder geval. Maardêmmitdisduur.

Gee sjeld! Dan multitaal ons ordentlik, sonder om van

ons dosente dubbele doseerladings sommerso te eis.”

Die Engelse, dus eentalige, universiteite, doen min tot

geen in dié rigting. Dan wonder ons hoekom Wits en

UCT se dosente die meeste / beste publiseer... Verder

ook, noudat die universiteit in SA wat die meeste

akademies publiseer die meeste geld per artikel vanuit

staatsweë ontvang (die sg. “subsidie” per artikel), word

dié universiteite nóg meer bevoordeel bo die

tweetaliges. Hoe minder vertaling en hoe minder

admin, hoe meer tyd. Hoe meer tyd, hoe meer skryf.

Hoe meer skryf, hoe meer geld. Die enkeltaliges lewe

dus nie net makliker nie, maar word ook nou ryker

daaruit. Hoekom kan daar nie eentalig-Engelse,

eentalig-Afrikaanse, meertalig voormalig-Afrikaanse

én meertalig voormalig-Engelse universiteite wees nie?

Hoekom vát die “Histories Afrikaanse Universiteite”

die druk tot meertaligheid net, terwyl die Engelstalige

universiteite maar ongeveer ‘nee’ sê? Dalk maar weer

soos toe alles moes OBE - toe seg die Ingelse plusminus

“no fanks”, en die Afferkaanses sug “Ja Baas”,

en administreer hulleself boeglam om betyds te OBE

(nogmaals ten koste van navorsingsuitset)...?

- Of so iets, ja – Red.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 14

D

E
Ook oor dieselfde onderwerp

skryf Robert Bond uit

Centurion:

Die sleutel vir die herskepping van die identiteit binne

Afrikanergemeenskappe lê in die herontdekking en

uitbouing van ons Wes-Europese wortels - Nederlands,

Vlaams, Duits, Frans - nie net omdat die Afrikaanse

taal deel vorm van die Germaanse taalgroepering nie,

maar meerendeels omdat kernkultuureienskappe van

Afrikaner-identiteit hiervandaan afkomstig is.

Sodoende kan die Afikaneridentiteit en -taal hom

posisioneer binne die konteks van die Eerste Wêreldorde,

meeding met Engels en globaliseering oorleef. Ek

droom van onafhanklike Afrikaneronderwysinstellings

in Suid-Afrika waar my kinders se kultuuridentiteit

verryk kan word deur onder meer hierdie tale en

kultuurgroepe te leer ken. Ek verwerp nie die Afrikaan

binne my nie - maar my andersheid binne die Suid-

Afrikaanse konteks lê in my omhelsing van my

Europese identiteit as kern. Dit is die toekoms wat ek

wil skep vir my kinders. Dit is die teenvoeter teen die

volledige aanslag van verengelsing wat tans op

Afrikaners plaasvind.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 15
• Gedig

Apollonian

Lament

By Deon Opperman

Once again I kneel

before this womb-tomb,

this chthonian well, miasmic swamp

that draws me down from the sky,

from my cool peripheral throne

into the simmering centre,

the formless fluids

of my weeping genesis.

It seemed, even then,

even before the cord was cut

that my creation was a triumph

of order over chaos,

sun over moon,

shape shaping the shapeless

in the pulsing, murky pond -

murky and mysterious;

and as the first atom clung to the next,

as cell upon cell built the wall of my mind,

I thought I heard my father call

(a laughing call, laced with tears),

whose birth, like mine,

was the ultimate climactic revolution,

a vain, but glorious defiance of the great whore

to whose belly we return -

Jonah to his whale,

to be spewed out limp and humble

on some unknown shore,

born anew,

a little more,

a little less

each time.

Apolliniese

Lament

Deur Deon Opperman

Uit die Engels vertaal deur Johann Rossouw

Weereens kniel ek

voor dié baar-graf

dié chtoniese bron, miasmamoeras

wat my neertrek uit die hemel,

vanaf my koel randtroon

na die smeulende sentrum,

die vormlose vloeiings

van my wenende genesis.

Dit het gelyk, selfs toe,

selfs voor die koord gesny is

dat my skepping ’n triomf was

vir orde bo chaos,

son bo maan,

vorm die vormlose vormend

in die polsende, troebel dam –

troebel en geheimsinnig;

en soos die eerste atoom geklou het aan die volgende,

soos sel op sel die muur van my verstand gebou het,

het ek gedog ek hoor my vader roep

(‘n laggende roep, met trane gesprinkel),

wie se geboorte, soos myne,

die uiteindelike, klimaksrewolusie was,

‘n ydel, maar heerlike afjak van die groot hoer

na wie se maag ons wederkeer –

Jona na sy walvis,

om mank en nederig gespoeg te word

op ’n onbekende strand,

nuutgebore,

‘n effe meer,

‘n effe minder

elke keer.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 16
Pasgemaakte demokrasieë

Deur Ignacio Ramonet *

H

oewel dit dikwels as die beste van alle politieke

stelsels uitgebeeld word, was demokrasie nogtans

vir ’n lang tyd ’n seldsame regeringsvorm aangesien

geen staatsbestel volledig voldoen aan die

demokratiese ideaal, wat algehele eerlikheid van

maghebbers teenoor swakkeres veronderstel tesaam

met ’n ware radikale verwerping van elke vorm van

magsmisbruik nie. Ook omdat vyf onontbeerlike

kriteria gerespekteer moet word: vrye verkiesings; die

bestaan van ’n georganiseerde en vrye politieke

opposisie; die wesenlike reg tot politieke afwisseling;

die bestaan van ’n regstelsel wat onafhanklik van die

politieke mag is en die bestaan van vrye media. Selfs

binne hierdie raamwerk het sekere demokratiese state

soos Frankryk of die Verenigde Koninkryk vir ’n lang

tyd die stemreg van vroue weerhou en was hulle

origens koloniale magte wat die regte van die

gekoloniseerdes bespotlik gemaak het.

In weerwil van sulke swakplekke het hierdie

regeringspatroon die neiging om te veralgemeen.

Aanvanklik op sterk aandrang van die president van die

Verenigde State, Woodrow Wilson (1856-1924). Maar

veral na die beëindiging van die Koue Oorlog en die

verdwyning van die Sowjet-Unie. Die “einde van

geskiedenis” is toe aangekondig onder die

veronderstelling dat niks in die pad sou staan van die

bereiking van twee doelwitte van algehele geluk in alle

wêreldlande eendag nie: ’n vryemarkstelsel en ’n

verteenwoordigende demokrasie. Doelwitte wat

intussen onaantasbare dogmas geword het.

In die naam van hierdie dogmas het mnr.

George W. Bush dit as wettig beskou om in Irak sy

toevlug tot geweld te neem. En om sy weermag

toestemming te gee om mishandelingspraktyke toe te

pas in geheime gevangenisse wat in die buiteland

gevestig is. Of om gevangenes buite enige wetlike

raamwerk aan onmenslike behandeling te onderwerp in

die Guantánamo-strafkamp, soos ’n verslag van die VN

se Kommissie vir Menseregte asook ’n resolusie van

die Europese Parlement dit onlangs veroordeel het.

Ongeag van sulke ernstige oortredings huiwer

die Verenigde State nie om homself as planetêre

instansie vir die bekragtiging van demokrasie te vestig

nie. Washington het die gewoonte aangeleer om sy

teenstaanders sleg te maak deur hulle outomaties as

“niedemokraties” of as “paria-state” te beskryf, of as

“bastions van tirannie”. Met die organiseer van “vrye

verkiesings” as enigste voorwaarde om aan hierdie

bedenklike identifisering te ontkom.

* Redakteur, Le Monde diplomatique

Maar selfs in hierdie geval hang alles van die

resultate af. Soos aangetoon in die geval van Venezuela

waar president Hugo Chávez sedert 1998 verskeie kere

herkies is onder demokratiese omstandighede wat deur

internasionale waarnemers gewaarborg is. Dit help niks.

Washington gaan voort om mnr. Chavez daarvan te

beskuldig dat hy ’n “gevaar vir demokrasie is” en het

sover gegaan om in 2002 ’n staatsgreep te orkestreer

teen die einste Venezuelaanse president wat homself

eerskomende Desember weereens aan die stembus gaan

onderwerp ...

Drie ander voorbeelde – in Iran, in Palestina en

in Haïti – wys dat dit nie genoeg is om demokraties

verkies te word nie. In Iran het almal die verkiesing

van Junie 2005 eersteklas gevind: massiewe deelname

van kiesers, pluraliteit en verskeidenheid van kandidate

(binne die raamwerk van amptelike Islamisme), en

veral mnr. Ali-Akbar Hachemi Rafsandjani se briljante

veldtog, die Weste se gunsteling en verwagte

oorwinnaar. Niemand het in daardie stadium die

“kernbedreiging” aangeroer nie. Alles het brutaal

verander na die oorwinning van mnr. Mahmoed

Ahmadinejad (wie se verklarings aangaande Israel

onaanvaarbaar is). En nou aanskou ons ’n diabolisering

van Iran.

Ofskoon Teheran ’n ondertekenaar van die

Nieproliferasieverdrag is en ontken dat hy ’n kernbom

wil hê, het die Franse Minister van Buitelandse Sake

dan nie onlangs vir Iran daarvan beskuldig dat hy ’n

“onwettige militêre kernprogram (1)” bedryf nie? En

terwyl sy reeds die onlangse verkiesing vergeet, eis

mev. Condoleezza Rice, Amerikaanse Minister van

Buitelandse Sake, nie nou 75 miljoen dollar van die

Kongres om die “bevordering van demokrasie” in Iran

te finansier nie?

Dieselfde situasie, of byna, geld in Palestina

(lees die artikel van George Corm op p.1) waar sowel

die Verenigde State as die Europese Unie, nadat hulle

’n “ware demokratiese verkiesing” geëis het wat deur

talle buitelandse waarnemers gemonitor is, nou weier

om die uitslag te aanvaar onder die voorwendsel dat

die oorwinnaar, die Islamo-nasionalistiese beweging,

Hamas (in die verlede die bewerker van verfoeilike

terroriste-aanvalle teen Israeliese burgerlikes), nie

byval vind nie.

Laastens was dit merkbaar tydens die

presidensiële verkiesing van die afgelope 7de

Februarie in Haïti hoe alles gedoen is om die

oorwinning van René Préval te voorkom – wat

oplaas wel verkies is – en vir wie die “internasionale

gemeenskap” hoegenaamd nie wou hê nie omrede sy

bande met die voormalige president, Jean-Bertrand

Aristide, wat op sy beurt demokraties verkies en in

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 17
2004 omvergegooi is.

“Demokrasie”, het Winston Churchill gesê, “is

die slegste regeringstelsel, behalwe al die ander.” Wat

veral vandag hinder, is om nie die uitslag van ’n

verkiesing vooraf te kan bepaal nie. Wanneer

sommiges daarvan sou hou om pasgemaakte

demokrasieë te kan vestig. Met ’n resultaat wat

gewaarborg kan word.

(1) Le Monde, 16 Februarie 2006.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 18
• FAK-nuus

Die druk op

Afrikaansmediumskole

AS DEEL VAN DIE FAK SE NASIONALE

ONDERWYSPROJEK HET DIE VRYE AFRIKAAN

EEN VAN DIE DEELNEMERS AAN DIE PROJEK,

FEDSAS, IN DIE PERSOON VAN SY NASIONALE

VOORSITTER GEVRA OM DIE WETLIKE

AGTERGROND EN DIE PRAKTIESE SITUASIE VAN

AFRIKAANSE SKOLE TE SKETS.

Deur Paul Colditz *

A

rtikel 6(2) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84

van 1996, bepaal soos volg: “Die beheerliggaam

van ’n openbare skool kan die taalbeleid van die skool

bepaal, behoudens die Grondwet, hierdie Wet en enige

toepaslike provinsiale wet.”

Klaarblyklik lees baie politici en

onderwysamptenare ’n sinsnede aan die einde van

hierdie subartikel by wat min of meer soos volg lui:

“solank dit nie ’n ander taal as Engels is nie.”

Die bevoegdheid wat ’n beheerliggaam het om die

taalbeleid van ’n skool te bepaal, moet verstaan word teen

die agtergrond van ’n magdom ander inligting waarvan

die volgende maar enkele voorbeelde is:

• Reeds in die eerste Witskrif oor onderwys in die

nuwe staatkundige bedeling wat op 15 Maart 1995

gepubliseer is, is die volgende grondliggende (en

korrekte) beginsel aanvaar: “Ouers of voogde dra

die primêre verantwoordelikheid vir die onderwys

aan hulle kinders, en het die reg om deur die

staatsowerhede geraadpleeg te word oor die vorm

wat onderwys moet aanneem en om deel te neem

aan die beheer daarvan. Ouers het ’n

onvervreembare reg op keuse van die vorm van

onderwys wat vir hulle kinders die beste is, veral

in die vroeë jare van skoolonderwys, ongeag of dit

deur die staat voorsien word, onderhewig aan

redelike waarborge wat by wet vereis kan word.

Die ouers se reg om te kies omvat die keuse van

die taal en die kulturele of godsdienstige

grondslag van die kind se onderwys, met

inagneming van die regte van ander en die

groeiende kind se reg om te kies.” (Eie

beklemtoning).

Artikel 6(2) van die Grondwet van die Republiek

van Suid-Afrika, 1996, bepaal dat die staat

praktiese en daadwerklike maatreëls moet tref om

die gebruik en status van die inheemse tale van ons

mense te verhoog en hul gebruik te bevorder.

* Nasionale voorsitter van die Federasie van Beheerliggame

van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS)

Afrikaans is sonder enige twyfel een van daardie

inheemse tale.

• Artikel 6(4) bepaal dat, sonder om afbreuk te doen

aan artikel 6(2), alle tale gelykheid van aansien

moet geniet en billik behandel moet word.

• Artikel 29(2) van die Grondwet bepaal dat elkeen

die fundamentele reg het om onderrig in die

amptelike taal of tale van sy/haar keuse te ontvang

waar daardie onderwys redelik doenlik is. Die

artikel gaan egter verder en bepaal dat die staat

alle redelike alternatiewe in die onderwys, met

inbegrip van enkelmediuminstellings, moet

oorweeg ten einde doeltreffende toegang tot en

verwesenliking van hierdie reg te verseker.

• Daar word dikwels verkeerdelik na openbare skole

in Suid-Afrika as “staatskole” verwys. Enige skool

en in besonder ’n openbare skool is in sy wese ’n

orgaan van die burgerlike samelewing en nie ’n

staatsinstelling nie. In ’n demokratiese regstaat is

dit bloot die funksie van die staat om formele

toetse aan te lê om te verseker dat skool inderdaad

skool is en nie om formatief aan skole voor te

skryf nie. Dat hierdie fundamentele verstaan van

die ware aard van ’n skool duidelik ingesien is by

die ontstaan van die nuwe staatkundige bedeling,

is baie duidelik uit dieselfde Witskrif waarna

hierbo verwys is. Die Witskrif bevat naamlik op

bladsy 75 die volgende besonder belangrike

beginselstelling: “Staatsbetrokkenheid by

skoolbeheer moet die minimum wees wat vir

regsaanspreeklikheid vereis word, en moet in elk

geval op deelnemende bestuur gebaseer word.”

• Die Aanhef tot die Suid-Afrikaanse Skolewet

bepaal dat “hierdie land ’n behoefte het aan ’n

nuwe nasionale stelsel vir skole wat (onder meer)

... ons verskeidenheid van kulture en tale sal

beskerm en bevorder ...”

Ons Grondwet het ons stewig op pad na ’n oop en

demokratiese samelewing, gebaseer op

menswaardigheid, gelykheid en vryheid, geplaas.

Staatsbetrokkenheid en -inmenging in sfere van die

openbare lewe buiten die veiligheid en welsyn van sy

burgers, word ’n teelaarde vir totalitarisme. As ’n nasie

het Suid-Afrikaners doelbewus en doelgerig gekies om

uit so ’n stelsel te breek.

In skoolonderwys geld daar in die praktyk egter

’n ander belangrike beginsel: Engels is meer gelyk as

al die ander tale (met erkenning aan George Orwell).

Aan die byna 28 000 skole in Suid-Afrika word Engels

by verreweg die meerderheid as onderrigtaal gebruik,

terwyl dit nie naastenby die moedertaal van die

meerderheid leerders is nie. Afrikaanse

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 19
enkelmediumskole verteenwoordig maar ’n breukdeel

van die totale aantal skole in Suid-Afrika, maar

nogtans word daar onhoudbare druk – dikwels ook op

onwettige wyses – op baie van daardie skole geplaas

om óf van hul enkelmediumstatus afstand te doen, óf

selfs hul taalbeleid geheel en al te laat vaar. Die

bekendste voorbeelde hiervan is die die gevalle van die

Laerskool Mikro in Kuilsrivier en die skole in

Kuruman. Daar is egter talle voorbeelde wat eenvoudig

nie die nuusberigte haal nie. Die Hoërskool Nelspruit

moes hom byvoorbeeld twee jaar gelede tot die hof

wend toe die skoolhoof opdrag gegee is om

Engelssprekende leerders tot die skool toe te laat ten

spyte van die feit dat die skool reeds meer as 200

leerders meer geakkommodeer het as wat die kapasiteit

van die skool toelaat! Tans is Hoërskool Ermelo in die

spervuur deurdat hierdie skool, wat een van slegs drie

oorblywende Afrikaansenkelmediumskole in

Mpumalanga is, gedwing is om leerders wat onderrig

in Engels verlang by die skool te akkommodeer. Druk

is op skole in Pretoria geplaas om

Engelsmediumleerders te akkommodeer met beloftes

van voorsiening van bykomende personeel om die

ekstra werklading te dra. Sodra die skool toegegee het,

word die beloftes eenvoudig verbreek.

Dit is weliswaar so dat daar ’n behoefte in Suid-

Afrika is om meertaligheid te bevorder. Enige Suid-

Afrikaner wat egter meen dat veeltaligheid bevorder

sal word deur in die huidige bedeling twee of meer

onderrigtale in skole in te stel, beweeg nie naby die

werklikheid waarin skole hulle begewe nie.

Parallelmedium- en selfs dubbelmediumonderrig sou

dalk nog haalbaar en selfs regverdigbaar wees in

omstandighede:

• waar daar ’n sigbare wil bestaan om

gelykberegting van tale ’n realiteit te maak en

• waar die middele verskaf word of beskikbaar is om

gelykberegting te realiseer.

Die feit is egter dat die kommunikasietaal in feitlik alle

provinsiale onderwysdepartemente uitsluitlik Engels is,

dat klasse (selfs in ’n enkele taal) onhanteerbaar groot

is en heeltemal buite internasionaal erkende norme val,

dat die opvoerder-leerder-verhouding in Suid-

Afrikaanse skole nie voldoende voorsiening maak vir

die bykomende las wat op opvoeders geplaas word om

in meer as een taal onderrig te verskaf nie, en dat baie

opvoeders net eenvoudig nie in staat is om onderrig in

’n tweede taal (wat in baie gevalle in werkliheid die

opvoeder se derde taal is) te verskaf nie. Die

bykomende finansiële las wat op skole geplaas word

om leermateriaal en alle ander middele van

kommunikasie in meer as een taal te voorsien, word te

midde van toenemende finansiële druk op ouers, net

eenvoudig ’n laaste strooi wat die kameel se rug breek.

Die staat verskaf eenvoudig nie bykomende

finansiering hiervoor nie. Stelselmatig raak die druk

net eenvoudig te veel en uiteindelik moet die

minderheidstaal swig. Dan word Engels eenvoudig die

enigste taal wat gelyk is – en Milner glimlag

waarskynlik in sy graf, want die verknegting van

Afrika is voltooi.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 20
• Intussen 3 Maart

Die US-raad: Stem reg!

L

esers van Die Vrye Afrikaan sal weet dat ons al by

herhaalde male in ons blaaie gewys het op die

verengelsingsproses aan die Universiteit Stellenbosch

(US). U sal verder weet dat die jongste stap in hierdie

proses voltrek is toe die raad van die US gedurende

Desember verlede jaar teen die oorweldigende

openbare mening in en sonder enige noemenswaardige

pedagogiese, etiese of maatskaplike argumente gestem

het vir die uitbreiding van dubbelmediumonderrig,

oftewel die T-opsie, na die derdejaarsvlak aan die

Fakulteit Lettere en Wysbegeerte.

Soos ons ook by geleentheid aangetoon het, was

dié besluit van die raad niks anders nie as ’n produk

van die onheilige alliansie tussen die Afronasionalistiese

staat en sy neoliberale korporatiewe

bedmaat se elitepakt nie. Hierdie pakt is tans besig om

sowel die belange van arm as

minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika te vertrap en

die aanspraak dat Suid-Afrika ’n demokrasie is

sienderoë te ondermyn.

Uit die geledere van die Stellenbosse elite moes

’n mens hoor dat ontoereikende swart studentegetalle

(wat nie noodwendig uit ’n Afrikaanse onderrigbeleid

hoef te volg nie) die universiteit uiteindelik duur aan

staatsubsidiegeld kan kos. Dié bewering is in Die Vrye

Afrikaan van 17 Februarie 2006 van alle waarheid

ontbloot deur Henk Smal, wat aangetoon het dat selfs

al is 60% van die US se studente swart, dit die

universiteit slegs 15 miljoen rand ekstra aan subsidie

op ’n begroting van meer as 1,3 miljard rand in die sak

sal bring.

Nou het die hele kwessie weer opgevlam op die

vooraand van die verkiesing van vier nuwe raadslede

aan die US. Drie van die lede sal as verteenwoordigers

van die konvokasie op die raad dien, terwyl die vierde

lid as verteenwoordiger van die donateurs van die US

sal dien.

In die openbare debat wat reeds oor die saak

ontstaan het, het die verdeling tussen voorstanders en

teenstanders van die T-opsie reeds as bepalend na vore

getree. Kandidate en kommentators wat vir die T-opsie

is, het reeds probeer om dié sentrale kwessie te

onderspeel en aan te voer dat die taalkwessie maar een

van die sake is waaroor dit gaan.

Dít is ’n verdraaiing van die werklikheid, want

as die US verder verengels, sal dit nie net sy

stigtingsidee finaal die rug toedraai nie, maar sal die

US ook al hoe minder in diens van sy

voedingsgemeenskap staan.

Drie kandidate uit die konvokasie is

teenstanders van die T-opsie, naamlik proff. Hermann

Giliomee, Christo Viljoen en Lina Spies, terwyl mnr.

Jacko Maree as genomineerde kandidaat namens die

donateurs weer teen die T-opsie staan. Geen

beeldpoetsery of verdraaiing van die feite kan daarvan

wegneem dat die verkiesing van hierdie vier persone

nie net ’n wesenlike verskil aan die raad se onbevoegde

hantering van die taalkwessie kan maak nie, maar dat

dit ook die laaste kans mag wees om die proses te stuit.

Daarom doen Die Vrye Afrikaan vandag ’n beroep op

stemgeregtigdes in hierdie verkiesing om vir hierdie

vier kandidate te stem. Ten minste 5000 alumni van die

US moet stem, en daarom versoek ons u ook om

hierdie inligting so wyd moontlik te versprei. Hierdie is

’n seldsame kans vir gewone mense om met hulle stem

die elite in hulle ondemokratiese spore te stuit!

Alle alumni van die US mag voor 16:00 op 20

Maart 2006 hul stem uitbring. Die elektroniese

stembriewe is onderskeidelik beskikbaar by

http://web-apps.sun.ac.za/VoteWeb/app/C_Form_Afr.jsp?lang=afr&CorD=C,

asook by

http://web-apps.sun.ac.za/VoteWeb/app/D_Form_Afr.jsp?lang=afr&CorD=D.

’n Gedrukte stembrief kan ook telefonies aangevra word by die Sekretaris van die Konvokasie by 021-808-4516.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 21
• Mediaverklaring

Verontagsaam Mbeki oor

Pretoria vra FAK

(Mediaverklaring uitgereik op 14

Februarie 2006)

D

ie Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings,

die FAK, doen ’n beroep op Afrikaners in die

besonder en Suid-Afrikaners in die algemeen om

president Thabo Mbeki se onbedagte ondersteuning vir

die verdere erosie van die naam Pretoria ten gunste van

die naam Tshwane te verontagsaam, en voort te gaan

om die naam Pretoria vir die hoofstad te gebruik.

Die voorsitter van die FAK, prof. Danie

Goosen, het gesê dat “as Afrikaners is ons alte bewus

van die risiko’s wanneer nasionalistiese leiers

voortvarend met die geskiedenis vir hulle politieke

agenda omgaan. Dit is presies wat president Mbeki by

talle geleenthede die afgelope jare gedoen het wanneer

hy Suid-Afrika onderwerp het aan Afro-nasionalistiese

geskiedenislesse. Mbeki doen dit nou weer deur te

beweer dat Andries Pretorius, na wie die stad vernoem

is, onthou word vir die slagting van Zoeloes by

Bloedrivier, terwyl Pretorius voortgegaan het om as

waardige staatsman verteenwoordigers van Konings

Mzilikasi, Mshweshwe en Mpande byeen te bring om

saam te staan teen die Britse anneksasie van Suider-

Afrika. Deur die simboliese waarde van Pretoria as

voormalige anti-imperialistiese, republikeinse hoofstad

vir Afrikaners te verontagsaam, verraai Mbeki se eie

lof vir die vryheidsvegters van die Anglo-Boereoorlog

en hul nakomelinge as holle retoriek.

“Die feit van die saak is dat Suid-Afrikaners

moet leef met botsende pleknaamassosiasies, iets wat

goed bemiddel is deur die post-1994 praktyk om

Pretoria en Tshwane saam te gebruik. Die verdere

erodering van die naam Pretoria torring onnodig aan

die skikking van 1994 en versterk die indruk dat die

ANC versoening gebruik om ondemokratiese aksies te

legitimeer.”

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 22
’n Ander wêreld in Bamako

AFRIKANERS, HET IEMAND GESKRYF, HET DIE

MAG PRYSGEGEE, WANT HULLE WOU IN DIE

NUWE WATERFRONTE WAT DESTYDS HOOG

MODE WAS, GAAN INKOPIES DOEN EN RUGBY

EN KRIEKET KYK OP SATELLIET-TV. HULLE

WOU HULLESELF TEN VOLLE GLOBALISEER,

BEVRY VAN DIE BLOKKASIES DIREK EN INDIREK

DEUR APARTHEID VEROORSAAK.

Deur Hans Pienaar

V

andag is die skoen aan die ander voet. Met

globalisme onder beleg, is daar ’n groeiende vraag

na allerlei plaaslik geöriënteerde alternatiewe

dwarsdeur die wêreld. In Suid-Amerika het beide regse

en linkse regerings die dogmas van globalisme óf

eenvoudig begin ignoreer, óf die stryd aangesê.

Argentinië se Peronistiese regering het sommer sy

skuld afgeskryf. Bolivië se nuwe president is ’n kokaboer,

en verwerp die VSA se multimiljoendollarmilitêre

aanslag regoor Suid-Amerika daarteen.

Local is lekker, sê ons hier te lande. Maar dié

slagspreuk verraai iets

soortgelyk aan die inherente

spanning in die internasionale

beweging teen globalisme wat

in die laat 1990’s ontspring het.

Lekker is ’n lekker genoeg

woord wat lekker globaal in

Suid-Afrika gebruik word,

maar om die ironiese kinkel te

verkry wat dit so doeltreffend

as ’n slagspreuk of gesegde

aanwend, moet daar ’n bietjie

van die wêreldtaal Engels

aanwesig wees.

Die internet is die

ruggraat of ondergrond of

uitspansel van beide die

ekonomiese ineenkrimping wat

globalisme aandryf en die

globale geregtigheids- of alterglobaliseringsbeweging.

Hierdie inherente spanning kom op allerlei maniere na

vore, soos die feit dat die dissidente nodig het om

kerngebeurtenisse van die globalisme – soos

vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds

(IMF) of die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) – te

gebruik.

Of dat ’n bietjie gekalibreerde geweld – met

selfs ’n sterfte of twee – soos in Seattle of Cancun

gekondoneer is om die aandag op globale media soos

CNN te kry. Wat dit beteken om die media regtig

doeltreffend te gebruik, en hoe flou die beweging

eintlik op die gebied van publisiteit was, is grusaam

gedemonstreer deur rebelle teen globalisme vanuit ’n

heel ander bron: die Islamistiese selfmoordenaars van

11 September.

’n Ander spanning lê tussen die

hiperdemokratiese aard van die beweging en die

nodigheid van organisasie om hond haaraf te maak in

enige openbare teater. Die dominante koalisie rondom

wêreldkapitaal, met sy klem op

bestuursdoeltreffendheid, glo die wêreld kan deur ’n

handjievol mense met die regte programme bestuur

word.

Hiervoor is die Wêreld Ekonomiese Forum

geloods deur die Hongaarse spekulantmiljoenêr en

globale vredesbefondser, George Soros. Dis die

afgelope 14 jaar elke jaar te Davos, Switserland gehou,

waar dit gou die uithangplek van die rykes en magtiges

geword het. Dis waar Sharon Kruisbeen Stone beloftes

(“pledges”) van miljoene binne vyftien minute uit ryk

omies van alle tale en stande kon kry.

Die demokratiese teenwoord van die

Maatskaplike Wêreldforum (MWF) was dat die ganse

mensdom betrek moet word, al moet hulle dan almal

opdaag vir oorlegpleging. Sedert 2001 is die MWF

elke jaar gehou in Porto Alegre, die stad in Brasilië met

die baanbreker munisipale parlement waardeur die hele

korpus van gewone werkende mense hulle sake

regstreeks beheer.

Die MWF trek nou

al vir jare die meeste groot

helde aan wat

eksperimenteer met

“derdeweg”-modelle van

regering. Maar dit was hulle

wat die jongste tyd hul

ongeduld met die beweging

begin toon het, dat dit dalk

net te demokraties en

daarom futloos is. President

Hugo Chavez van

Venezuela het vanjaar

gepraat van die MWF as ’n

geleentheid vir

“revolusionêre toerisme” en

pront gevra dat ’n globale

politieke party daaruit moet ontstaan, anders is dit net

’n mors van tyd.

Ander gereelde bywoners van die MWF kla

oor ’n probleem wat eintlik in die ander kamp hoort –

dat alles net te oorweldigend is. Daar is net te veel slim

mense, broodnodige kennis, visitekaartjies, lang

telefoonnommers, brosjures, borsspelde soos op ’n

militêre veteraan se jas …

In 2004 het bykans honderdduisend mense in

Porto Alegre opgedaag, waarna dit na Indië verplaas is.

Mumbai het ook reuseskares getrek, vandaar die

onderverdeling in drie bene in 2006. Een van die bene

het die MWF vir die eerste keer na Afrika gebring, wat

vir die meeste groot geeste van die MWF

verleentheidswekkend onbekend was.

In Bamako is al bogenoemde spanninge

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 23
treffend gedemonstreer.

Aanvanklik sou Bamako saamval met Caracas

en Karachi. Maar toe is daar ’n aardbewing in Pakistan,

en is daar wyslik besluit dat die tegnologiese

verbindings met Venezuela via satelliet, videoskakel en

internet dalk net te tegnologies vir Bamako is. Waarop

oornag besluit is, ’n week voor die forum, dat hulle die

een na die ander gehou sou word.

Met die eerste groot gebeurtenis was daar

reeds probleme – met drie kamele. Hulle is deur die

Free Trade Campaign gehuur om deel te neem aan die

openingsoptog. Maar toe weier verkeersmanne dat

hulle die Modibo Keita stadion – vernoem na die land

se eerste president – binnegaan.

Twee Keniaanse vroue het gekla dis onvanpas

dat Oxfam kamele gebruik. Iets te doen met

hongersnood onder osse? Beswaar teen die uitbeelding

van vroue as beeste met lelike hompe?

Dit het nie gehelp dat die hipotetiese Engelse

puns nie deur die Franstalige amptenare gesnap kon

word nie. Of dat die Keniaanse vroue maar liefs

verdwyn het toe hulle sien wat hulle aangevang het nie.

Of dat Oxfam niemand kon oortuig dit was in die

eerste plek nie hulle kamele nie.

Omdat dit die eerste keer was dat baie anti- of

alterglobaliste met Afrikane te doen gekry het, was dit

amper komieklik om te sien hoe die plaaslike

organiseerders jakkalsdraaie om hulle gooi.

Die eerste perskonferensie was ’n paar uur

vertraag. Waartydens almal verseker is dat dieselfde

nie met die druk program oor vier dae sal gebeur nie.

Wat heeltemal onmoontlik gelyk het, want die program

was nie eens beskikbaar nie.

Mamadou Goita, koördineerder van die MWF

Mali, is na vore gestoot as segsman. Heeltemal

skaamteloos het hy verduidelik hoe hy, gebuk onder

die gewone juk van verbreekte beloftes van

ongenoemde donateurs, maar moes terugval op

"awareness raising".

Aanvanklik is beplan om ’n "karavaan" te reël

om oral in Wes-Afrika rond te reis en mense in te lig

oor die MWF. Maar weens gebrek aan geld het die

karavaan nooit sy agterplaas verlaat nie. Hy moes sy

werk per quatre-quatre (4x4) of vliegtuig doen. Hoe

hierdie karavaan presies daar uitgesien het, kon ek nie

by hom of enigiemand anders uitvind nie.

Aan die einde van die MWF is ’n tweede

perskonferensie gehou. Ek het eers ’n lekker

middagslapie in my vyfsterhotel gaan vang. En ek had

reg: dit was ’n volle drie uur laat. Die

afsluitingsfunksie wat daarop moes volg, het

ineengevloei met die mediageleentheid. Wat natuurlik

sy meriete het – wie wil nou na die soveelste groep

swakbetaalde grasrompdansers sit en kyk?

Een van die beginsels waarop die MWF

funksioneer, is dat mense rolle omruil. Joernaliste word

sprekers, fotograwe word seremoniemeesters, studente

word boekbemarkers. Al wat tel is die "anti"- of

"alter"-samehorigheidsgevoel.

Goita het dus kalm verklaar dat hulle nie, ten

spyte van die lang onderbreking, vertalers kon

organiseer nie, en dat hy daarom self die vertalings van

die vrae en antwoorde sou doen. Maar toe raak hy aan

die gesels met José Bové, wat soos ’n

karavaanverkoper uit Nelspruit lyk, en vergeet om te

vertaal. Waarop hy eenvoudig iemand in die gehoor

vra om ’n organiseerder se lang jeremiade oor die jeug

te tolk.

Verleentheid! Niemand het geluister nie.

Einde ten laaste het ’n TV-meisie haar kamera

afgeskakel en doodluiters ’n paar minute uit haar duim

gesuig.

Dit was nie toevallig dat niemand enigiets oor

die jeug wou hoor nie. Een van die "areas", vernoem na

die James Dean van Wes-Afrika, Burkina Faso se

rebel-soldaat Thomas Sankara, het gegaan oor die

einste jeug, vir wie daar ’n paar grashutte in solidariteit

met tradisionalisme om die stadion opgeslaan is. Een

Suid-Afrikaanse aktivis het al haar aktiwiteite vir die

jeugkamp beplan.

Op die einde het net mooi niks – niks! – daar

gebeur nie. Sy, of haar organisasie dan, het letterlik

tienduisende rande verloor. Maar het sy haar beswaar

in die openbaar uitgespreek? Natuurlik nie. ’n Mens

doen dit nie teenoor die ewig benadeeldes nie.

By die universiteit het dit effens beter gegaan,

maar hier was die geriewe – watter onvanpaste naam –

werklik skokkend. Later, tydens ’n bespreking, het ’n

student vertel hoe hulle elke dag eers kos moet gaan

bedel of werkies in ruil daarvoor moet doen voor hulle

by hul boeke kan uitkom. Korrupsie is uitgewys as die

sondebok, maar selfs dié wat uiteindelik iets geleer kon

kry, het gely aan vervreemding in ’n erge graad; hulle

sukkel om die Eurosentriese, korporatiefgerigte

studiemateriaal by hul werklikhede uit te bring.

In hierdie sin kon die Bamako-oefening nie

anders as om te slaag nie. Baie van die hoofsaaklik

Franse studente het self op ’n raap-en-skraap-basis daar

aangekom, maar hulle was nogtans verbyster deur die

materiële kloof tussen hulle en hul medestudente.

Die ander groot bron van vrugbaarheid is

ironies gedemonstreer deur die verwarring oor die

Britse aktrise Susan George wat teenwoordig sou wees

… die MWF se Sharon Stone. Nie net was dit nie

duidelik waarom die organiseerders ’n “celebrity”

nodig gehad het nie, en dan Brits ook nog, maar die

Susan George op die program het net haar naam

gemeen gehad, en niks anders nie.

Die “ander” Susan George was taamlik gebelg

toe ek probeer gekskeer met haar nuwe status. As

Amerikaansgebore en verfransde akademikus is sy op

redelik gevorderde ouderdom welbekend in Frankryk,

maar as skrywer van die boek Another World Is

Possible, If...

Die titel van George se boek, en ook haar

visie, gaan na die kern van die verskil tussen Davos en

die MWF. Dis ’n slagspreuk wat die eerste keer

gebruik is deur onderkommandant Marcos tydens die

Zapatiste-opstand in Meksiko.

Davos is gebou op die amper-religieuse

beginsel van die ekonomistiese benadering tot

wêreldprobleme – dat die oorname van die wêreld deur

globale finanskapitaal onvermydelik en eintlik gewens

is. Die MWF het ontstaan uit die herontdekking van

nie-ekonomistiese maatskaplike vorme op verskillende

vlakke, van die kleinplaaslike soos Bové se anti-

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 24
McDonald's Roquefort-kaas komitees tot dié van groot

regerings soos Brasilië s'n.

Omdat daar ’n instinkmatige begrip was vir

die fatale swakplek van enige vorm van organisasie –

dat dit oorgeneem kon word deur kapitaal, soos Che

Guevara se beeld inderdaad oorgeneem is deur vodka-

en sneesdoekievervaardigers – was die klem op hierdie

wydlopigheid beide tot voordeel en nadeel van die breë

beweging.

Selfs in Bamako, met sy tipiese Afrikagebreke,

was daar genoeg getuienis van serendipiteit

op sy beste. Daar is geen beter kweekbedding vir

laterale denke as ’n gebrek aan organisasie onder ’n

duisend of twee van die beste breine ter wêreld nie.

(Om doelbewus ’n lae skatting te kies: daar was sowat

20 000 mense in totaal.)

Alles was nie net chaos nie. Enkele van die

lokale is wel deur spanne uiters bekwame mense

beheer. Vertalings deur vrywilligers, soms via

tegnologie wat aan skoolstoele geheg is, was op plekke

op dieselfde vlak van gehalte as in die Europese Unie.

En sommige sessies was baanbrekend.

Onder hulle moet sekerlik die debat ressorteer

oor SA imperialisme tydens die bekendstelling van ’n

boekie geborg deur die Jubilee-organisasie en die Rosa

Luxemburg Stigting. Die grondliggende tese is dat die

koalisie tussen SA kapitaal met sy wortels nog in die

Britse empire, en Afrika-kontinentaliste soos Thabo

Mbeki, meganismes soos die Afrika-Unie gebruik as

geleidingskanale vir globale kapitaal.

Dit het die gemoedere onder deelnemers uit

alle uithoeke van die wêreld hoog laat loop en groot

onthutsing veroorsaak. Wat egter boekdele gespreek en

vele oë laat oopgaan het, was die een emosionele nie-

SA Afrikaan na die ander wat opgestaan het om hul

epifaniese gewaarwording te lug, dat SA inderdaad in

hulle lande optree soos ’n globalistiese mag soortgelyk

aan Amerika.

’n Ander gunsteling van my was ’n groep

Engelssprekende Wes-Afrikane (uit Nigerië, Ghana,

Gambië, Sierra Leone en selfs Liberië) wat ’n

onaangekondigde en impromptu werkswinkel oor

munisipale begrotings in die wrak van ’n

universiteitsgebou gehou het. Hier het iets werklik

nuttigs gebeur: ’n Groep aktiviste wat metodes en

truuks uitruil om hul gekose verteenwoordigers te

dwing om iets so vanselfsprekends te doen as om

plaaslike begrotings openbaar te maak.

Dit was baie duidelik dat daar etlike dosyne

ander sulke “klein”, intense vergaderings was waarvan

niemand behalwe die deelnemers ooit sal weet nie. ’n

Ander sterkpunt van die MWF is dat globale

monitering en daaruit voortvloeiende sensuur of

magsknoeiery onmoontlik is

Of daar was die regskenner John Christensen,

’n boorling van Jersey, wat van kleinsaf geboei is deur

die feit dat sy eiland, so idillies arm, een van die

wêreld se grootste skatkamers is. Hy en sy span van die

Tax Justice Network wil ’n Afrika-netwerk van regslui

en takskenners skep om Afrika se plundering deur

transnasionale korporasies te probeer hokslaan.

As die geheelbeeld maar ’n floue is, so ietwat

bloedarm en dikwels futloos, was dit hierdie paar

intense sessies en andere – heelwat ander deelnemers

het Sjina se bydrae by die landbou-area uitgesonder –

wat die moeilike tog na Bamako die moeite werd

gemaak het.

Moet ’n mens volgende jaar na Nairobi

probeer gaan? Beslis, en dis nie net dat Afrikaanse

mense veel sal hê om by te dra nie, dis dat hulle gaan

ontdek dat daar gebiede is vir bydrae waarvan hulle nie

vandag geweet het nie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 25
• Dossier: Die neoliberale groeimite in Suid-Afrika

Met die jaarlikse begrotingsritueel is Suid-Afrikaners verlede maand weer getrakteer op die jongste

rooskleurige ekonomiese groeivooruitsigte en die algemene verlossing wat dit sal bring. Maar soos die

huidige magskonstellasies internasionaal en in Suid-Afrika staan, is die neoliberale groeimite niks anders

nie as die verdoeseling van kruipende ellende, daarom hierdie dossier. Dale McKinley beskryf die

opkoms van die mite vanaf die 1990’s. Sampie Terreblanche wys waarom die veelgeroemde

deursyfering van welvaart van ryk na arm selde plaasvind. Patrick Bond en Ashwin Desai gee ’n

oorsig van die maatskaplike skade wat die regering se neoliberale beleid reeds in arm gemeenskappe

aangerig het.

Die mite van deursyfering

DIT IS NODIG DAT ONS DIE VERSKYNSEL VAN

NEOLIBERALE KAPITALISME (NLK) IN ’N BREË

TYDS- EN RUIMTELIKE PERSPEKTIEF PLAAS.

DIE STELSEL VAN LAISSEZ-FAIRE-

KAPITALISME (LFK) WAS VANAF ± 1870 TOT

1914 IN SWANG IN DIE NYWERHEIDSLANDE

VAN WES-EUROPA EN TOT 1929 IN DIE VSA.

Deur Sampie Terreblanche *

H

ierdie stelsel het ’n onderdeel gevorm van ’n

stelsel van globale kapitalisme wat destyds in

stand gehou is deur die Pax

Britannica. Die politieke

been van LFK was gebaseer

op die ideologie van

Lockeaanse liberalisme

waarvolgens die

bourgeoisiebeheerde staat

slegs die taak van waghond

moes vervul.

Die ekonomiese been

van LFK was gebaseer op

die ideologie van markfundamentalisme

soos dit

teoreties verantwoord is deur

die neoklassieke skool van

ekonome. Volgens hierdie

teorie word die werking van

die markmeganisme georden

deur ’n Onsigbare Hand in

die vorm van die natuurlike

(of godgegewe) ekonomiese

wetmatigheid wat die

maatskaplike welvaart van

die gemeenskap spontaan sal

maksimaliseer (1).

Die “modelwêreld”

wat deur die neoklassieke

ekonomie voorgehou is, het

* Professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en

skrywer van onder meer A History of Inequality in South

Africa: 1652 – 2002, Pietermaritzburg: University of Natal

Press, 2002

weinig ooreenstemming vertoon met die werklikheid

van LFK. Die ongelyke verdeling van mag, eiendom en

geleenthede, die ongelyke toegang tot inligting en die

veelheid van markmislukkings is nie in hierdie model

verreken nie. Dit was niks anders as ideologiese

propaganda waarmee die mag en bevoorregting van die

kapitalistiese burgerstand vergoeilik is nie.

In die tydvak van LFK het daar inderwaarheid

geen deursyfering van welvaart via die

markmeganisme plaasgevind nie. Die destydse

burgerstandbeheerde regerings het ook nie (met die

uitsondering van Duitsland) ’n maatskaplike beleid

gehad om die prekêre lewenslot van die laer stand te

verbeter nie. ’n Groeikoers van tussen 2% en 3% is

gedurende hierdie tydvak

gehandhaaf, maar inkome was

uiters ongelyk verdeel tussen

die hoër stande en die laer

stand.

Die gang van die

ekonomie is in LFK helaas nie

deur neutrale markkragte (van

vraag en aanbod) bepaal nie,

maar deur die geïnstitusionaliseerde

politieke, ekonomiese

en ideologiese (of

propaganda-) mag waaroor

die industriële burgerstand

beskik het, en wat hulle op

skaamtelose wyse vir die

bevordering van hulle

seksionele belange misbruik

het. Die burgerstand het die

nasionalistiese gevoelens wat

in die mededingende lande

vaardig was, kunsmatig

aangeblaas en dit so

gemanipuleer dat sy eie

aspirasies daardeur gedien

kon word. Die stelsel van

LFK was dus geensins so

gebalanseerd, ewewigtig en

heilsaam soos wat die neoklassieke ortodoksie beweer

het nie, maar op meedoënlose ekonomiese wedywering

tussen die groot nywerheidslande, op magswanbalanse

en op onversoenbare ideologiese strominge gebaseer

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 26
wat die totale stelsel onvermydelik op selfvernietiging

laat afstuur het.

Toe die magskonstellasie onderliggend aan LFK

ineengestort het met die uitbreek van die Eerste

Wêreldoorlog (WOI), is die Westerse wêreld vir 35

jaar in ongekende onstabiliteit en stagnasie gedompel

wat gelei het tot – en ook vererger is deur – die Groot

Depressie en die Tweede Wêreldoorlog (WOII). Ná

WOII moes die binnelandse ekonomieë en die

internasionale handels- en betalingsverkeer as’t ware

van meet af opgebou word.

Die magskonstellasie wat na WOII – en in die

skadu van die Koue Oorlog – in nywerheidslande

opgebou is, was opvallend anders as die

magskonstellasie wat gedurende die 50 jaar voor WOI

bestaan het. Gedurende die onstabiele tussenoorlogse

periode het ’n belangrike magsverskuiwing van

kapitaal na arbeid plaasgevind. Danksy die opkoms van

verteenwoordigende demokrasie ná WOI het regerings

in die eerste 30 jaar na WOII tewens ’n konstruktiewe

rol gespeel om die vergrype van markfundamentalisme

teen te werk sodat groter gelykheid en stabiliteit

bevorder kon word in ooreenstemming met die sosiaaldemokratiese

paradigma van veral J.M. Keynes. In die

Goue Era van Kapitalisme (± 1950-1973) is ’n hoë

groeikoers behaal, prys- en wisselkoersstabiliteit bereik

en volle indiensneming gehandhaaf, terwyl inkome ook

aansienlik gelyker verdeel is.

Die Goue Era was uit verskeie oogpunte ’n veel

goedaardiger stelsel as die LFK. Die magsverhoudings

waarop dit gebaseer was, was meer demokraties en

pro-arbeid gerig. Dit kon daarom omstandighede

bevorder vir volle indiensneming en vir die

deursyfering van welvaart via die markmeganisme.

Boonop het die sosiaal-demokratiese regerings in die

meeste ryk lande die welvaartstaat stelselmatig

uitgebou, wat eweneens ’n herverdelingseffek ten

gunste van die armes gehad het.

Ongelukkig het die Goue Era ook ’n skadukant

gehad. Die hoë groeikoers was op verspot goedkoop

olie gebou, en ’n hoë besoedelingseffek was die

gevolg. Boonop het allerhande vorme van burokratiese

rompslomp gedurende die lang groeiperiode (1950-

1973) die owerheidsektor (veral in die welvaartstaat)

binnegesluip en sy doeltreffendheid verminder.

Teen 1970 was ’n “regse” korreksie nodig om te

kompenseer vir die sterk swaai na “links” wat na WOII

- en vanweë die Sowjetbedreiging - plaasgevind het.

Toe hierdie korreksie uiteindelik in die 1970’s

plaasgevind het, ná die Olieskok van 1973, het die

ideologiese pendulum egter weer ver na “regs” geswaai

vanweë die dramatiese “magsverlies” wat die VSA in

die 1970’s ondervind het en die desperate pogings wat

die VSA aangewend het om sy verlore mag en prestige

te herwin.

Terwyl die VSA ná WOI die “splendid

isolation” van die Monroe-leer verkies het, het hy egter

ná WOII die onbetwiste leier van die Vrye Weste

geword. In die maneuwers van die Koue Oorlog, die

ontwikkelinge rondom die ruimtewedloop en die

verloop van die Koreaanse en Vietnamese oorloë het

die VSA se magsposisie aanmerklik gegroei en het die

sogenaamde Pax Americana sy beslag gekry.

Die 1970’s was egter vir die VSA ’n

rampspoedige dekade waarin sy mag en prestige

ernstig geskaad is. Die onderspit wat die VSA in die

Vietnamese oorlog gedelf het, die ekonomiese

terugslag as gevolg van die Egipties-Israeliese oorlog

(1973) en die stigting van die Organisasie van

Petroleumuitvoerlande (OPUL) (1973), die Watergateskandaal

en die mate waarin dit die VSA se morele

beeld geskaad het, die feit dat die Portugese kolonies in

Afrika onder die invloed van die Sowjet-Unie gekom

het en die toetrede van Sjina tot die Veiligheidsraad –

dit was almal faktore wat die magsbalans in die Koue

Oorlog versteur het. Daarbenewens het die Groep van

77 (Derdewêreldlande) groot sukses behaal toe die VN

in 1975 die oktrooi van die Nuwe Internasionale

Ekonomiese Orde bekragtig het.

Die Iranese revolusie van 1979 was vir ’n

tweede olieskok verantwoordelik wat weereens tot

werkloosheid, inflasie en wisselkoersprobleme gelei

het, terwyl die Sowjet-inval van Afganistan (1980)

andermaal die VSA se “containment”-beleid onder

druk geplaas het. Boonop het die VSA gedurende die

1970’s ondervind dat kapitaal van die Ryk Noorde na

die Arm Suide gevloei het en dat industriële aktiwiteite

vanaf die Ryk Noorde na lande in die Arm Suide

gereallokeer is teen voorwaardes wat vir die Ryk

Noorde ongunstig was.

Om die agteruitgang van die Amerikaanse mag

en prestige in die 1970’s te stuit, het die VSA vanaf

±1980 ’n neoliberale “teenrevolusie” georkestreer.

Hierdie teenrevolusie – wat deur die slagspreuk van

TINA (there is no alternative) gedryf is – het op ’n

vierledige aanslag berus. Eerstens is die vloei van

kapitaal bevry van die regulasie wat (op aandrang van

Keynes) deur die Bretton Woods-ooreenkoms (1944)

ingestel is en is ’n “finansialisering” van internasionale

verhoudings met behulp van vrye wisselkoersmarkte

bewerkstellig. Dit het tot intense spekulasie op

internasionale geldmarkte gelei, wat buitengewone

mag in die hande van Internasionale Monetêre

Instellings (IMI) (insluitend die Bretton Woodsinstellings)

geplaas het. In die nuwe wisselkoersstelsel

word die ekonomiese soewereiniteit van alle lande –

behalwe die VSA – ernstig aan bande gelê.

Tweedens is die ekonomie van die VSA in

ooreenstemming met die ideologie van neoliberalisme

gedereguleer om “ruimte”, vryheid en ongekende mag

vir die sowat 40 000 Amerikaanse transnasionale

korporasies te skep. Dit het hierdie korporasies in staat

gestel om met ’n nuwe vorm van neo-imperialistiese

uitbuiting reusagtige winste buite die VSA te

akkumuleer – veral omdat hierdie korporasies buite die

VSA nie na wense tot (demokratiese) verantwoording

geroep kon en kan word nie.

Derdens is die mite van die Onsigbare Hand en

die “ideologie” van die neo-klassieke skool as’t ware

opnuut ontdek en nie net op die VSA en ander lande in

die Ryk Noorde van toepassing gemaak nie, maar óók

wêreldwyd op die “global village”. Hiervolgens word

beweer dat die heilsame voordele van ’n

vryemarkbenadering mettertyd tot elke uithoek van die

wêreld sal deurdring en dat alle markspelers daardeur

bevoordeel sal word!

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 27
Vierdens is die ideologie van die Koue Oorlog

en die militêre aanslag teen die “evil empire” verskerp

om die magsbalans weer in die guns van die VSA te

laat swaai. Hierdeur is ’n magspatroon

geïnstitusionaliseer wat die Amerikaanse hegemonie

wêreldwyd gevestig het soos nooit tevore nie. Die

stappe wat gedoen is ter wille van die derde en vierde

aanslag verg verdere toeligting.

Die “wedergeboorte” van die mite van die

Onsigbare Hand en die idee omtrent die ewewig- en

groeiskeppende vermoë van die vrye mark was die

werk van Milton Friedman en die Chicago-skool van

ekonome. Hulle het ook ’n aanslag teen owerheidsinmenging

en die welvaartstaat

van stapel laat loop en hulle vir

die “terugrol” van

owerheidsbeheer beywer.

Die hoofstroomekonome

is so dogmaties verbind

tot die mite van markfundamentalisme

dat hulle volhard

met die idee dat die vrye mark

alle magspatrone neutraliseer

en ’n resultaat bereik wat

eweredig heilsaam vir alle

markspelers is. Gevolglik is die

vryemarkiers nie bereid om toe

te gee dat die groot korporasies

in al die ryk lande deur ’n

“silent takeover” – soos

Noreena Hertz dit stel – daarin

geslaag het om die mag van die

demokraties verkose regerings

te usurpeer nie (2). Net so

misken die vryemarkiers die

uiters “skewe” magsverhouding

tussen die magtige

Ryk Noorde en die pateties

magtelose Arm Suide wat ’n

bespotting maak van die idee

dat ’n wêreldwye kapitalistiese

ekonomie sy voordele

mettertyd na elke uithoek van die wêreld sal versprei.

Deur die “skewe” magskonstellasies in alle lande – én

tussen alle lande – te ontken, volhard die vryemarkiers

met die mite dat in alle kapitalistiese lande daar

spontaan ’n deursyfering van die rykes na die armes

plaasvind en dat daar ook in die konteks van globale

kapitalisme ’n eweneens spontane deursyfering van die

Ryk Noorde na die Arm Suide aan die geskied is of

nog in die toekoms sal geskied.

Net soos 100 jaar gelede hou die neoklassieke

model steeds nie rekening met die ongelyke verdeling

van mag, eiendom en geleenthede, die ongelyke

toegang tot inligting en die veelheid van

markmislukkings nie. Maar in teenstelling met 100 jaar

gelede is mag, eiendom en geleentheid en die toegang

tot inligting in ’n veel groter mate saamgetrek in die

hande van hoofsaaklik die korporatiewe en finansiële

elite in die Ryk Noorde, en veral in die VSA. En in

teenstelling met 100 jaar gelede is die maghebbers se

toegang tot die massamedia en hulle vermoë tot

ideologiese propaganda – om hulle eie magsposisies te

regverdig – veel groter. Gevolglik is die wêreldwye

nadelige effek van die huidige stelsel van neoliberale

globale kapitalisme en die Pax Americana veel

omvangryker as dié van LFK en die destydse Pax

Britannica (3).

Om die grootskeepse magsverskuiwing vanaf

die res van die wêreld na die VSA suksesvol deur te

voer, het ’n reeks georkestreerde optredes in veral die

1980’s geverg. Pres. Reagan van die VSA het sy

verskerpte militêre aanslag teen die Sowjet-Unie met

massiewe buitelandse lenings gefinansier, wat ’n totale

ommeswaai in die vloei van internasionale fondse

bewerkstellig het. Terwyl die VSA in 1980 die grootste

kredietland is wat die

wêreld ooit geken het, het

dit sedert ± 1990 die

grootste debietland ooit

geword. Hierdeur word

ongekende finansiële mag

aan die VSA verleen, want

die miljoene geldskieters

buite die VSA het ’n

gevestigde belang in die

welstand van die VSA

verkry.

In sy verskerpte

militêre aanslag teen die

Sowjet-Unie in die 1980’s

het die VSA in verskeie

wêrelddele volmagoorloë

(“proxy wars”) teen

kommunistiese groeperings

geveg met spesiale

terroristegroepe. Aangesien

die Amerikaanse Kongres

nie bereid was om hierdie

Amerikaansgesteunde

terroristegroepe te finansier

nie, is hulle in die geheim

aan die gang gehou met

behulp van die winste wat

gemaak is uit CIAondersteunde

dwelmsmokkelary. Voorbeelde hiervan

is die VSA se teenrevolusionêre offensiewe in

Afganistan, Angola, Mosambiek, Kambodja, Ethiopië,

Iran, Laos, Libië en Nicaragua. Op dié manier was die

VSA in die eindfase van die Koue Oorlog – volgens

Mahmoed Mamdani - verantwoordelik vir die skep van

ideologiesgedrewe terroristiese groepe wat die taak

gehad het om die Amerikaanse invloedsfeer in bykans

alle wêrelddele verder uit te bou (4).

Dit is ’n magtige ironie dat die VSA in die

jongste tyd die teiken geword het van

Moslemgeïnspireerde terrorisme, terwyl die VSA

eintlik die “skepper” van terroristegroepe in die

eindfase van die Koue Oorlog was. Die tergende vraag

is of die Pax Americana en al die wanverhoudings wat

daarin beliggaam word, standhoudend is en of dit ook

soos die Pax Britannica in duie gaan stort. Dit is

inderdaad waarskynlik dat dit op selfvernietiging

afstuur. Indien dit sou gebeur, sal die wêreld in ’n nog

groter krisis gedompel word as met die ineenstorting

van die Pax Britannica.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 28
’n Belangrike neweproduk van die Amerikaanse

teenrevolusionêre optrede was die institusionalisering

van “ideologiese” globalisering eerder as “strukturele”

globalisering. Die institusionalisering van

laasgenoemde sou ’n vrye vloei van handel, mense en

kapitaal oor internasionale grense geverg het. ’n

Sodanige vrye vloei bestaan hoegenaamd nie in die

huidige weergawe van globale kapitalisme nie. Die

vloei van handel, mense en kapitaal wat wel in die

“ideologiese” globalisering plaasvind, word sorgvuldig

deur die magskonstellasie en die ideologiese

ingesteldheid in die Ryk Noorde (en veral die VSA)

gemanipuleer sodat die materiële en hegemoniese

belange van die Ryk Noorde (en veral die VSA)

deurlopend voorrang geniet (5). Die globale stelsel van

beloning en bestraffing wat ingebou is in die

magskonstellasie onderliggend aan globale

kapitalisme, opereer op so ’n wyse dat sê die boonste

30% van die bevolking in die ontwikkelingslande met

hoë inkome – soos Brasilië, Argentinië, Meksiko,

Chilie en Suid-Afrika – deur globale kapitalisme

gekoöpteer en beloon word, terwyl die onderste 70%

sistemies volkome of gedeeltelik uitgesluit en as’t ware

gestraf word (6).

Vanuit ’n deursyferingsoogpunt bekyk, vind

daar in die ryk lande ’n redelike deursyfering plaas,

maar die onderste 20% - 30% word nogtans sistemies

uitgesluit, soos Katrina en die onluste in November

2005 in Parys blootgelê het. In die geval van globale

kapitalisme vind deursyfering na die boonste 30% in

die ontwikkelende lande met hoë inkome plaas, terwyl

nog kleiner (en selfs geen) deursyfering na die elitegroepe

in die ontwikkelende lande met laer inkome

plaasvind. Wat die ontwikkelende lande self betref,

vind daar weinig (indien enige) deursyfering van die

kapitalistiese elites na die breë onderlaag plaas, vanweë

die neoliberale ideologie en die magskonstellasie wat

in hierdie lande geïnstitusionaliseer is.

Die magskonstellasie wat tans in Suid-Afrika

gevestig is, het sy beslag aan die begin van die 1990’s

gekry. Uit die oogpunt van sê die onderste 50% van die

bevolking was dit ’n ongelukkige sameloop van

omstandighede dat die onderhandelde oorgang van

apartheid na demokrasie gedurende die eerste helfte

van die 1990’s plaasgevind het. Ná die val van die

Berlynse Muur (1989) en die inploffing van die

Sowjet-Unie (1991) het daar in die Westerse wêreld ’n

gees van onkritiese triomfantisme geheers oor die

vermeende verdienstes van neoliberale kapitalisme en

Amerikaansbeheerde globale kapitalisme. Toe die

onderhandeling ’n aanvang geneem het, het daar in

Westerse kringe die vrees bestaan dat die ANC ten

gunste van ’n soort sosialistiese of populistiese bestel

in Suid-Afrika sou wees. Gevolglik het die Westerse

wêreld – onder leiding van die VSA en die plaaslike en

globale korporatiewe sektore – met ’n meedoënlose

“totale aanslag” die ANC oortuig (of oorrompel) om ’n

“elitekompromis” aan te gaan en hom daartoe te

verbind om die ekonomiese “spel” te speel in

ooreenstemming met die neoliberale “spelreëls” wat

deur die VSA en die Washington-Konsensus en deur

korporatisme – sowel lokaal as globaal – voorgeskryf

word.

Dit is jammer dat die ANC nie die golf van

triomfantistiese neoliberale propaganda beter

weerstaan het en op “ruimte” aanspraak gemaak het om

die yslike maatskaplike probleem (van armoede en

werkloosheid) wat deur apartheid nagelaat is, beter te

kon beredder nie. Dit sou inderdaad ’n baie billike

aanspraak gewees het. So ’n aanspraak kon egter net

slaag as die plaaslike korporatiewe sektor bereid was

om ’n bekentenis omtrent sy aandeel aan apartheid te

maak. Maar die korporatiewe sektor was destyds (en is

nog steeds) te kortsigtig en te materialisties om só ’n

bekentenis te maak.

Die oomblik toe die ANC onvoorwaardelik die

paradigma van neoliberale kapitalisme aanvaar het en

korporatiewe dominansie in Suid-Afrika

geïnstitusionaliseer is, was die maneuvreerruimte van

die ANC dermate beperk en sy politieke soewereiniteit

oor ekonomiese aangeleenthede so erg aan bande gelê,

dat alle moontlikhede om ’n humane oplossing vir die

maatskaplike probleem te vind, uitgesluit was en dit

nog steeds is. Ná die ANC die “elite-kompromis” (of

die “sosiale kontrak”) met neoliberale kapitalisme en

globale korporatisme gesluit het, was dit nie meer

moontlik vir hom om sy dekadelange “maatskaplike

kontrak” met die progressiewe burgerlike gemeenskap

in stand te hou nie. Gevolglik het die ANC reeds vanaf

die vroeë 1990’s begin om die burgerlike samelewing –

wat so ’n sleutelrol in die bevrydingstryd gespeel het –

te demobiliseer en afwaarts “top down” te omvorm tot

’n werktuig van dienslewering.

Oor die afgelope 12 jaar is ’n staat-gemeenskapverhouding

op so ’n manier afwaarts deur die ANC

gestruktureer dat die progressiewe burgerlike

samelewing bykans volledig van sy bedingingsmag

ontneem is. Hierdie herstrukturering van die staatgemeenskap-verhouding

en die degradering van die

progressiewe burgerlike samelewing het die ANC se

ideale van deelnemende en mensgedrewe demokrasie –

soos verwoord in sy 1997-dokument oor ’n Nasionale

Demokratiese Revolusie (NDR) – onhaalbaar gemaak.

Nadat die ANC die “elitekompromis” aangegaan het,

het hy geen ander keuse gehad nie as om slegs lippetaal

aan sy NDR-ideale te bewys en om die maatskaplike

probleem sistemies te verwaarloos.

Die demokratiese bestel wat oor die afgelope 12

jaar gevestig geraak het, is geensins ’n bestel van

deelnemende demokrasie nie, maar toenemend een van

demokratiese sentralisering en voorhoedisme

(vanguardism). Ons verkeer in die paradoksale situasie

dat die burgerlike samelewing in die geledere van die

wit en swart elites hoogs georganiseer is en oor

bedingingsmag beskik om op ’n daaglikse grondslag

toe te sien dat die politieke en ekonomiese stelsel

steeds voorrang aan hulle uiters bevoorregte posisie

gee, terwyl die burgerlike samelewing in die geledere

van sê die onderste 50% van die bevolking byna

volledig gedemobiliseer is en oor bykans geen

bedingingsmag beskik nie.

Die uitstaande kenmerk van die Suid-

Afrikaanse ekonomie oor die afgelope 12 jaar is die

diep en groeiende gaping in sosio-ekonomiese posisie

tussen die bewoners van onderskeidelik die Eerste en

die Tweede Ekonomie in ons twee-ekonomie-

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 29
verdeling. Oor die afgelope 12 jaar het die

lewensomstandighede van die bewoners van die Eerste

Ekonomie (en veral die boonste 30% van die

bevolking) dramaties verbeter, terwyl die

lewensomstandighede van die bewoners van die

Tweede Ekonomie (ongeveer 50% van die bevolking)

opmerklik verswak het. Volgens die VN se

ontwikkelingsverslag beklee Suid-Afrika op grond van

sy per capita-inkomste die 52ste plek in die rangorde

van 177 lande. Daarenteen het Suid-Afrika se Menslike

Ontwikkelingsindeks van 85ste plek in 1990 na die

120ste plek in 2004 in die rangorde van 177 lande

teruggesak!

Terwyl die ANC tans R80 miljard op

maatskaplike toelaes bestee, is dit by verre nie genoeg

om die proses van verbedelaring – wat vryelik in die

geledere van die inwoners van die Tweede Ekonomie

voortwoeker – te stuit of om te draai nie. Die

verslegtende sosio-ekonomiese posisie in die Tweede

Ekonomie dui daarop dat daar inderdaad geen

deursyfering van die kapitalistiese enklave na die

Tweede Ekonomie plaasvind of kan plaasvind nie.

Gegewe die groeiende kapitaalintensiwiteit van die

produksieprosesse in die enklave en gegewe die groot

en groeiende globalisering van ons ekonomiese en

finansiële verhoudings, is dit hoogs onwaarskynlik dat

’n betekenisvolle werkskepping en deursyfering via die

markmeganisme oor die volgende 10 jaar gaan

plaasvind - selfs al sou ’n groeikoers van 6% behaal

word.

Suid-Afrika se neoliberale benadering en die

binne- en buitelandse magsverhoudings waarop dit

gebaseer is, sluit die onderste helfte van die bevolking

sistemies uit – sowel ekonomies as polities. Vanweë

die ANC se simbiotiese en kontraktuele verhouding

met die ekonomiese magshebbers en vanweë die

leierkorps se neoliberale mentaliteit, beskik die ANCregering

nie oor die politieke soewereiniteit (en

waarskynlik ook nie oor die politieke wil) om ’n

omvattende herverdelingsbeleid te implementeer wat

die verbedelaringsproses kan omkeer nie. Boonop sal

die ekonomiese maghebbers wat die Washington-

Konsensus in stand hou (met behulp van die

kredietgraderingsagentskappe) in elk geval nie die

ANC toelaat om ’n omvattende herverdelingsbeleid te

implementeer nie.

Ons het geen ander keuse nie as om tot die

neerdrukkende gevolgtrekking te kom dat die

maatskaplike probleem wat ’n restant van apartheid is,

nie uit die weg geruim sal kan word nie vanweë die

dogmatiese aanvaarding van neoliberalisme en die

“skewe” magspatrone wat in Suid-Afrika en in globale

kapitalisme geïnstitusionaliseer is. Indien die

maatskaplike probleem inderdaad onopgelos gelaat

gaan word, is dit onwaarskynlik dat die politiekekonomiese

stelsel en die nuwe magskonstellasie wat

hulle beslag aan die begin van die 1990’s gekry het,

standhoudend gaan blyk.

(1) Die populêre opvatting dat Adam Smith van mening was

dat individue hulle eiebelang in ’n markekonomie met

gulsige eiebelang en sonder enige morele en/of maatskaplike

oorwegings kan najaag en dat ’n misterieuse Onsigbare Hand

vir ’n harmonieuse en ’n morele eindresultaat sal sorg, is nie

net ’n valse een nie, maar eintlik ’n vulgêre interpretasie van

Adam Smith se siening. Hierdie interpretasie hou nie

rekening met die streng humane en institusionele

voorwaardes wat Smith gestel het voordat die ekonomie

georden kan word asof deur ’n Onsigbare Hand.

(2) Noreena Hertz, The silent takeover: global capitalism and

the death of democracy, Londen: Arrow, 2001.

(3) Ferguson beweer dat die Britse imperialisme (1870-1914)

’n enigsins goedaardige karakter gehad het, terwyl die

huidige Amerikaanse imperialisme (veral ná 1980) eerder

kwaadaardige kenmerke het. Kyk Niall Ferguson, Empire,

New York: Penguin Press, en Colossus, the price of

America’s Empire, New York: Penguin Press, 2004.

(4) Kyk Mahmood Mamdani, Good Muslim, Bad Muslim:

America, the Cold War and the Roots of Terror, New York:

Pantheon Books, 2004, hoofstukke 2, 3 en 4.

(5) Kyk G. Arrighi, “Globalization and Uneven

Development”. Referaat gelewer by die konferensie

Overcoming Under-development in South Africa’s Second

Economy, Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, Midrand,

28-29 Oktober 2004.

(6) Kyk P. Kirkbride (Red.), Globalization: the external

pressures, New York: John Wiley, 2001, hoofstuk 1.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 30
• Dossier: Die neoliberale groeimite in Suid-Afrika

Agter die neoliberale

retoriek in SA

IN SUID-AFRIKA SIEN ONS VANDAG DIE

ONDERLINGE VERBAND TUSSEN TALLE

PROSESSE VAN VOLGEHOUE ONGELYKHEID IN

DIE KONTEKS VAN BLYWENDE

OORAKKUMULASIE VAN KAPITAAL (EN

WERKLOSE WERKERS) EN TOENEMENDE

FINANSIËLE ONBESTENDIGHEID, MET

VERNIETIGENDE GEVOLGE VIR MENSE MET ’N

LAE INKOMSTE, VERAL VROUE.

Deur Patrick Bond en Ashwin Desai *

D

ie blywendheid van die ekonomiese krisis word

geïllustreer deur drie skerp dalings van die

geldeenheid (wat gewissel het van 30% tot 50%) wat

Suid-Afrika gedurende ’n paar weke in Februarie-

Maart 1996, Junie-Julie 1998 en Desember 2001 beleef

het. Elkeen het tot massiewe verhogings in die

rentekoers gelei, wat groei belemmer en spekulante

beloon het.

Intussen het die aandrywers van kapitaalakkumulasie

nie soseer op ware “produktiewe” aktiwiteit

berus nie, maar toenemend eerder gesetel in

finansiële/spekulatiewe

funksies wat potensieel nie

volhoubaar is nie en selfs

parasities kan wees. Die

bydrae van vervaardiging

tot die BBP het van 21,2%

in 1994 gedaal tot 18,8%

in 2002. Volgens die

Internasionale Monetêre

Fonds (1) het

eiendomspekulasie daartoe

gelei dat huispryse in die

tydperk 1997 tot 2004 met

200% gestyg het, wat baie

hoër is as in ander

belangrike ekonomieë (Ierland was volgende met

170%, terwyl die VSA 60% gehad het). Die

oorakkumulasie van kapitaal blyk ook uit die gebrek

aan nuwe binnelandse vaste investering gedurende die

afgelope dekade.

* Albei verbonde aan die Centre for Civil Society aan die

Universiteit van Kwazulu-Natal, asook gemeenskapsaktiviste.

Hierdie artikel is ’n uittreksel uit ’n langer artikel oor

ongelyke en gekombineerde ontwikkeling in Suid-Afrika wat

middel 2006 gaan verskyn in Bill Dunn (red.), Permanent

Revolution: Results and Prospects 100 Years On, Londen:

Pluto Press.

Die daaropvolgende kapitaalstaking het berus

op sistemiese oorproduksie vir die beperkte plaaslike

mark, nie werkermilitantheid nie. Arbeidsproduktiwiteit

het ná 1994 voortdurend toegeneem, en

produktiwiteitsverhogings het dié van lone ná 1998 ver

oortref. Die reële eenheidskoste van postapartheidsarbeid

het teen ongeveer 2% per jaar gedaal (met

uitsondering van 1998) (2). Die aantal dae wat weens

stakings verlore gegaan het, het gedaal, deels vanweë

die demobilisering van vakbonde deur die ANC en

algemene teenstand teen nasionale wegblyaksies vir

politieke doeleindes (vgl. die arbeidsbeweging se

sagaardige nasionale antiprivatiseringstakings) (3).

Die gevolge van die kontinuïteit – nie

verandering nie – van die stelsel is sigbaar in hernude

korporatiewe winsgewendheid wat met geslaagde

krisisverplasing geassosieer word. (Die grondslag van

die krisis – oorakkumulasie – is nie opgelos nie, maar

korporasies het verskillende krisisverplasingstegnieke

gebruik om die koste na elders te verplaas.) Suid-

Afrika se winsdeel voor belasting het in die laat 1990’s

herstel tot vlakke van die era van die 1960’s, wat met

die bloeityd van apartheid geassosieer word.

Intussen het die meeste van die grootste

maatskappye in die laat 1990’s toestemming gekry om

van die JSE Sekuriteitebeurs te

denoteer of hulle primêre

aandelemarkinwonerskap in

Londen en New York te

hernoteer. Ironies genoeg het

Pretoria, ten einde besighede

aan te moedig om te investeer,

primêre maatskappybelasting

dramaties gesny (van 48% in

1994 tot 30% in 1999, hoewel

dividendbelasting ingestel is);

die “aanbodkant”-poging het

opvallend nie geslaag nie.

Pretoria het ook aan individuele

Suid-Afrikaners, hoofsaaklik uit

die hoërinkomstegroep, belastingtoegewings ter

waarde van R75 miljard toegestaan in die eerste tien

jaar ná bevryding (wat ’n nuwe kapitaalwinsbelasting

talle male neutraliseer). Die regressiewe,

kontroversiële belasting op toegevoegde waarde

(BTW), wat in 1991 die katalisator vir ’n enorme

staking was, is ook in die era ná apartheid behou, en

inkomste het van ’n waarde gelykstaande met 5,8%

van die BBP in 2001/02 toegeneem tot ’n waarde van

7% van die BBP in 2005. Aangesien die totale

belastinginkomste met slegs 1% van die BBP gestyg

het in die vroeë jare van die eerste dekade van die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 31
nuwe eeu (van 23,7% tot 24,7%), is die hele relatiewe

toename in maatskaplike besteding befonds deur BTW,

’n belasting wat die armes baie meer nadelig raak as

die rykes. Herhaalde populêre eise dat ’n

veelvlakstelsel ingestel word om die onbillikheid in

daardie belasting reg te stel, of dat ’n nulkoers op

noodsaaklike kommoditeite ingestel word, is

geïgnoreer.

’n Ander belangrike kwessie wat maar te

dikwels oor die hoof gesien word, is die aard van

kapitaalbesteding deur die staat. Dit is moeilik om

bygewerkte syfers te bekom, maar die tendense van

1994/95 tot 2002/03 is ontstellend. As die staat se

“bruto vaste investering” in 2002 gedisaggregeer word,

is slegs 33,4% op maatskaplike infrastruktuur bestee

(skole, hospitale en administratiewe dienste), teenoor

38,7% in 1995, terwyl besteding aan ander ekonomiese

infrastruktuur (paaie, brûe, damme, elektrisiteit en

water) van 45,8% tot 44,1% gedaal het. Daarenteen het

dié vir ander “ekonomiese dienste” – besteding deur

sakeondernemings nie by bogenoemde kategorieë

ingesluit nie – gestyg van 15,5% tot 22,5% van die

totaal.

Vergrote ongelykheid blyk ook uit inkomsteongelykheids-

en armoededata, want selfs Statistiek

SA, ’n staatsagentskap, moes bely dat wat onder die

wêreld se swakste Gini-koëffisiënte getel het, ná 1994

inderdaad verswak het. Oor rasseskeidings heen het die

armste helfte van alle Suid-Afrikaners in 2000 slegs

9,7% van die nasionale inkomste verdien, teenoor

11,4% in 1995. Die rykste 20% het 65% van alle

inkomste verdien.(4)

Hierdie soort statistieke word óf ontken deur

staatsamptenare, wat verrekening teen die maatskaplike

loon aanvoer, óf verduidelik aan die hand van “twee

ekonomieë”. Selfs pres. Thabo Mbeki – eenmaal ’n

uitblinkerstudent aan die Lenin-Instituut in Moskou –

verdeel die Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n

eerstewêreld- en ’n derdewêreldkomponent.

Eersgenoemde “is die moderne nywerheids-, mynbou-,

landbou-, finansiële en dienstesektor van die ekonomie

wat daagliks meer by die wêreldekonomie geïntegreer

word. Baie van die grootste intervensies deur ons

regering oor die jare het gepoog om aandag te gee aan

hierdie ‘eerstewêreldekonomie’ ten einde te verseker

dat dit teen die regte tempo in die regte rigting

ontwikkel. Dit is duidelik dat hierdie sektor van ons

ekonomie goed gereageer het, en steeds goed reageer,

op al hierdie intervensies. Dit is baie belangrik, want

dit is die sektor van ons ekonomie wat die rykdom

bring wat ons nodig het om die uitdagings waarvoor

die land staan, die hoof te bied. Die suksesse wat ons

met betrekking tot die ‘eerstewêreldekonomie’ behaal

het, bied ook aan ons die moontlikheid om aandag te

gee aan die probleme van die ‘derdewêreldekonomie’,

wat langs die moderne ‘eerstewêreldekonomie’

bestaan. Van kardinale en strategiese belang is die feit

dat dié probleme struktureel nie verbind is aan ons land

se ‘eerstewêreldekonomie’ nie. Gevolglik het die

intervensies wat ons ten opsigte van laasgenoemde

ekonomie maak, nie noodwendig ’n voordelige

uitwerking op hierdie terreine, die

‘derdewêreldekonomie’, nie.”(5) [ons beklemtoning]

Hierdie benadering het teen 2005 die heersende

diskoers in regeringskringe geword. Soms word die

idee aangebied as ’n radikale afwyking van klassieke

neoliberale of deursyfer-ekonomie in die sin dat dit

voorsiening maak vir substansiële staatsintervensie.

Die idee is dat die eerste ekonomie hom daarop moet

kan toespits om die wêreldwye patroon van integrasie

met die wêreldekonomie te volg en toenemend

kapitaalintensief, met hoogtegnologie en hoë

vaardigheidsvlakke, kan word, terwyl staatsintervensie

regstreeks op die tweede ekonomie gemik word (6).

Hierdie intervensies sal hulpbronne verskaf en ontsluit

vir diegene wat in die tweede ekonomie vassit en hulle

miskien selfs uiteindelik in die geleentheid stel om na

die eerste ekonomie oor te gaan, hetsy as werkers of as

ondernemers.

Hierdie tese van twee ekonomieë as oplossing

word deur ’n paar navorsers betwis. Vir Andries du

Toit is die vraagstuk nie soseer dat daar nie genoeg

skakelingsaksies is nie, maar eerder wat die aard van

daardie skakeling is en die mate waarin dit dien om

arm mense te bemagtig of om bloot geld uit hulle te

pers (7). Du Toit voer aan dat werkers op die plase van

die Ceres-vallei “nie mense is wat in die tweede

ekonomie vasgevang en van die eerste ekonomie

afgesny is nie. Inteendeel; plaaswerkers in Ceres is

deeglik by die eerste ekonomie ingesluit en glad nie

daarvan uitgesluit nie. Hulle armoede word

voortgebring en geskep deur die normale werking van

die mark in daardie ekonomie. Dit behoort ons weer ’n

keer te laat dink oor die simplistiese idee dat groei al is

wat Suid-Afrika nodig het om ’n einde aan armoede te

maak. Wat belangrik is, is die soort groei en die soorte

magsverhoudinge wat die vorm van die voorwaardes

van ekonomiese uitruiling (terms of economic

exchange) bepaal.”(8)

Gill Hart voeg ’n ander perspektief tot die debat

toe deur te redeneer dat hierdie verskuiwing by Mbeki

beskou moet word “as deel van ’n poging om die druk

te beperk wat uitgeoefen word deur die opkoms van

opposisiebewegings wat beswaar maak teen die

ontoereikende dienslewering, die slakkepas van

grondherverdeling, versuim om antiretrovirale middels

te verskaf en die gebrek aan veilige werk, en wat van

binne die Alliansie uitgeoefen word. Die toepaslike

vraag is dus nie of die eerste en tweede ekonomie ’n

akkurate uitbeelding van die werklikheid is nie, maar

eerder hoe dit gekonstrueer en aangewend word om

politieke – of, miskien beter gestel, depolitiserende –

werk te verrig. Belangrik in hierdie diskoers is die

manier waarop dit ’n segment van die samelewing

definieer wat vir die “moderne” ekonomie oortollig is

en vaderlike leiding nodig het. Dié deel van die

samelewing verdien ’n klein bietjie maatskaplike

sekerheid, maar op streng gedissiplineerde en streng

gestelde voorwaardes.”(9)

Die tese van die eerste/tweede ekonomie in sy

huidige gedaante is ’n terugkeer na die liberale

moderniseringsteorieë van die 1960’s. Hoewel

inkomste- en hulpbronoordragte aan die sogenaamde

tweede ekonomie ’n belangrike debatspunt is wat nou

mode is, bly werkskepping in die “eerste ekonomie”

steeds die kern van enige bespreking oor

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 32
armoedeverligting en steeds aan die voorpunt van die

meeste planne om dit in Suid-Afrika te doen. Dalende

doeaneregte op ingevoerde nywerheidsmasjinerie het

beteken dat die geringe mate van outomatisering wat

plaasgevind het, honderde werksgeleenthede verlore

laat gaan het, terwyl tienduisende meer in kwesbare

nywerhede uitgeskakel is weens die invoer van

verbruikersgoedere uit Oos-Asië. Die

trekarbeiderstelsel het nie saam met apartheid tot ’n

einde gekom nie, en baie van dieselfde prosesse

waardeur stedelike kapitaal gesubsidieer word in die

reproduksie van arbeidskrag, duur dus voort, met slegs

’n effens uitgebreide maatskaplike loon (’n pensioen-

en kindertoelaestelsel wat nou tot in landelike gebiede

strek) wat ’n nog groter maatskaplike subsidie aan

werkgewers bied.

Deur hulle te beroep op die moontlikhede van ’n

“leer” tussen die beweerde eerste en tweede ekonomie

kon Mbeki en sy kollegas buitensporige aansprake

maak, byvoorbeeld dat 2,1 miljoen netto nuwe

“werksgeleenthede” tussen 1994 en 2004 geskep is. Dit

illustreer baie vernuftige “rekeningkunde”, soos die

joernalis Terry Bell uitgewys het: “Tuisteskeppers wat

help om hulself en hul gesinne te onderhou uit

agterplaasgroentetuine of ’n paar hoenders aanhou, is

deel van die nuwe geëmplojeerde klas. In feite word

daardie groot leër van die skaars versteekte werkloses

wat verwese te huur op straathoeke staan, of wat

klerehangers, vuilgoedsakke of ’n handvol lekkergoed

by verkeersligte of spoorwegstasies verkoop in die

hoop dat hulle ’n paar rand sal maak, almal by hierdie

twee miljoen werksyfer getel. Volgens die jongste

statistiek het 367 000 werkers in September 2001 niks

vir hul werk verdien nie, terwyl ’n verdere 718 000

tussen R1 en R200 per maand betaal is.”(10)

Nog ’n sleutelterrein waaroor daar

meningsverskil is – meningsverskil wat uit sowel

ideologie as beeldpoetsery voortvloei – is hoe om die

informele ekonomie as voorsiener van

lewensonderhoud te verstaan. Moet mense wat

lekkergoed agter ’n tafel verkoop of wat

bestaansboerdery bedryf, beskou word as mense wat in

diens geneem of selfgeëmplojeerd is? Daar is diegene

wat redeneer dat ’n groot deel van wat as die informele

ekonomie bestempel word, bestaan uit baie arm en

wanhopige mense wat hulle wend tot wat wesenlik

oorlewingstrategieë is ten einde ’n karige bestaan te

maak (11).

Groot dele van dié oorlewingstrategie word

geassosieer met die voortdurende reproduksie van

uiters goedkoop arbeidskrag. Colin Bundy stel die

volgende punt: “In weerwil van die feit dat ras en klas

die mees vermelde lyne van ongelykheid is, en die

stedelik/landelike verdeling ’n voorste strukturerende

faktor is, is daar ’n ander basiese, alomteenwoordige en

diep verskanste vektor van historiese ongelykheid – en

dit loop deur ras-, klas- en streeksongelykhede. Dit is

gender.”(12)

Liesl Orr redeneer verder: “Genderkwessies en

huishoudelike dinamika is feitlik heeltemal onsigbaar

binne die huidige makro-ekonomiese strategie, wat

bydra tot die voortgaande marginalisering van vroue.

Terwyl die Groei, Werk en Herverspreiding Beleid

(GEAR) ‘genderblind’ genoem mag word, is dit gewis

nie genderneutraal nie. GEAR vra byvoorbeeld vir

groter arbeidsmarksoepelheid ten einde buitelandse

investering te lok en mededingendheid te verbeter. Die

implikasies hiervan is dat die kwesbaarste werkers (dit

is vroue) steeds onbeskermd en teen gediskrimineerd

sal bly, en waar werk geskep word, sal dit swak

werksomstandighede perpetueer. Met groter

arbeidsmarksoepelheid sal die posisie van vroue

inderwaarheid versleg, aangesien dit verminderde

voordele (soos kraamvoordele) impliseer, asook

minder werktyd en ouerverantwoordelikhede.”(13)

Trouens, een van die opvallendste

weerspieëlings van terugvalling ondanks retoriese

vooruitgang is dié van vroue se betaling. Vroue, wat

gedurende die laat 1990’s beswaarlik hulle aandeel aan

die totale werksgeleenthede kon vergroot, het ’n

enorme afname in relatiewe betaling beleef, naamlik

van 78% van mans se lone in 1995 tot slegs 66% in

1999 (14).

Ten slotte: Ter versagtig van die aanspraak dat

ongelyke en gekombineerde ontwikkeling aan die

versleg is, voer staatsamptenare tipies aan dat hulle nie

neoliberale beleide volg nie, soos blyk uit die lewering

van “gratis basiese dienste” soos water en elektrisiteit.

Maar as ongeveer 1,5 miljoen mense se watertoevoer,

volgens staatsbronne (15), elke jaar afgesny word

omdat hulle nie hulle rekeninge betaal nie, met ’n selfs

hoër koers vir elektrisiteitsafsnydings, pas selfs die

staat se verskaffing van basiese dienste in die

raamwerk van ongelyke en gekombineerde

ontwikkeling.

In die geheel gesien strek die hegemonie van die

neoliberale ekonomiese filosofie in Suid-Afrika selfs

tot op die terrein van maatskaplike beleid waaroor

soveel hewige stryd gevoer is. Dié proses kom al ’n

lang pad; dit strek terug tot die mid-1980’s en het

gepaardgegaan met die toename in binnelandse

finansiële likiditeit as gevolg van die

oorakkumulasieprobleem en spekulatiewe ekonomiese

aktiwiteit wat tot die ongekende moderne hoogtes

gestyg het.

Wat kan hieraan gedoen word? Weerstand teen

ongelyke en gekombineerde ontwikkeling moet steeds

voortkom uit die dekommodifikasiestryd wat die ware

ervarings en aspirasies van maatskaplike, ekologiese en

arbeidsbewegings op voetsoolvlak weerspieël (16).

(1) International Monetary Fund. South Africa: Selected

Issues, Washington, September 2005.

(2) Aangehaal in: United Nations Development

Programme. South Africa: Human Development Report 2003,

Aanhangsel 12.

(3) Altman, M. “The State of Employment and

Unemployment in South Africa”, in J. Daniel, A. Habib en R.

Southall (reds.), State of the Nation: South Africa 2003-04,

Pretoria: RGN, 2003, pp. 174-75.

(4) Statistics South Africa. Earning and Spending in

South Africa. Pretoria, 2002; Business Day, 22 November

2002.

(5) Mbeki, T. “Steps to End the Two Nations Divide”,

ANC Today, 3: 33, 22 Augustus 2003, http://www.anc.org.za.

Lees ook die ontleding by www.idasa.org.za/gbOutputFiles.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 33
asp?WriteContent=Y&RID=1244.

(6) Turok, B. “Overcoming Underdevelopment”, New

Agenda, 16: 7, 2004.

(7) Du Toit, A. “Why Poor People Stay Poor: The

Challenge of Chronic Poverty”, New Agenda, 16: 29-30,

2004.

(8) Du Toit, A. “Hungry in the Valley of Plenty”,

Mail&Guardian, 15 April 2004.

(9) Hart, G. “Beyond Neoliberalism? Post-Apartheid

Developments in Historical and Comparative Perspective”, in

V. Padayachee (red.) The Development Decade? Social and

Economic Change in South Africa 1994-2004, Pretoria:

HSRC Press, 2005.

(10) Bell, T. “How 'Non Jobs' come to the Aid of

Government Election Propaganda”. Sunday Independent, 15

Februarie 2004.

(11) National Labour and Economic Development

Institute. “Global Poverty Network Workforce Development

Study”. Johannesburg, Maart 2004, p.61.

(12) Bundy, C. “Development and Inequality in Historical

Perspective”, in R. Schrire (red.), Wealth or Poverty? Critical

Choices for South Africa, Oxford: Oxford University Press,

1993, pp. 32-33.

(13) Orr, L. “Globalising Poverty: The Gender Dimension

to Job Losses, Casualisation and Poverty”, referaat gelewer

vir die COSATU Gender Conference, Johannesburg.

National Labour and Economic Development Institute, 2000,

pp. 11, 22.

(14) Statistics South Africa. The South African Labour

Market. Pretoria, 2002, p. 147.

(15) Muller, M. “Turning on the Taps”, Mail&Guardian,

25 Junie 2004.

(16) Een opname kan gevind word in: Bond, P. “The

Decommodification Strategy in South Africa”, State of Nature,

http://www.stateofnature.org/decommodification.html, Desember

2005.

Die skrywers van hierdie artikel is tans betrokke by

die stryd van ’n groep Durbanse plakkers om die

huise te bekom wat aan hulle beloof is. Meer

inligting is beskikbaar by Patrick Bond

(pbond@mail.ngo.za). Lesers kan geld vir hierdie

plakkers se stryd skenk deur dit oor te betaal in die

volgende rekening: Kennedy Road Development

Committee, ENB-rekno 62089969293, Takkode

200913

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 34
By 80:

In gesprek met Johan Degenaar

JOHAN DEGENAAR HET HIERDIE MAAND, OP 7

MAART, SY TAGTIGSTE GEBOORTEDAG

GEVIER. WIE IS HIERDIE BESONDERE DENKER

WAT DIE AFGELOPE TYD IN ONS MIDDE STILLER

GERAAK HET, MAAR WIE SE DENKE STEEDS BY

ONS SPOOK?

Deur Pieter Duvenage *

S

edert sy aftrede as professor in politieke filosofie te

Stellenbosch in 1991 bly sy huis ’n besonderse

ruimte van gesprek. Soos regdeur sy lewe is die

Sokratiese dialoog ’n diep verweefde aspek van

Degenaar se menswees. Die opweeg van vraag en

antwoord – woord en wederwoord. Wanneer jy hom by

sy huis in Van der Stelstraat

opsoek, staan daar in die

voortuin ’n massiewe

eikeboom wat hy en sy

wonderlike vrou, Jetty, reeds

meer as vyftig jaar gelede

geplant het. In ’n era van

duiselingwekkende

versnelling of verglyding

(soos Etienne van Heerden

dit noem) is Johan Degenaar

se huis op Stellenbosch ’n

verwysingspunt wat in ’n

ander konstellasie beweeg. ’n

Mens word by sy voordeur

vriendelik ingelei na die siteetkamer

waar jy voor ’n

venster plek inneem vir ’n

gesprek wat tussen boeke,

warme medemenslikheid en

die wisselende kleure van die tuin plaasvind.

Johannes Jacobus Degenaar is op 7 Maart

1926 in Ladysmith (Natal gebore) en studeer vanaf

1943 teologie (aanvanklik) en filosofie aan die

Universiteit van Stellenbosch. Hy behaal sy MA-graad

in 1948, met die titel Kennis as Lewe, onder sy

leermeester prof. Freddie Kirsten. Nadat hy in

Nederland ’n doktorale skripsie oor Max Scheler se

etiek onder Helmuth Plessner geskryf het, behaal hy in

1951 sy doktorsgraad onder leiding van Kirsten op

Stellenbosch met die tema – Die herhaling van die

vraag na die filosofie. In die 1950’s hou Degenaar

homself met ontologiese, estetiese en teologiese werk in

die filosofie besig, maar sy gemoed word toenemend

onrustig oor die politiese en etiese dilemma van die

* Besoekende professor in filosofie aan die Nelson Mandela

Metropolitaanse Universiteit en skrywer van Habermas and

Aesthetics (Londen: Polity, 2003)

Suid-Afrikaanse samelewing. Vanaf die 1960’s word sy

werk in ’n meer maatskaplikbewuste rigting gestuur.

Dit dra onder meer daartoe by dat sy politieke en

teologiese denke as gevaarlik vir Stellenbosse

teologiestudente beskou word. Die uiteinde van die

saak is dat Degenaar uit die filososofiedepartement

gehaal en in ’n eie departement (staatsfilosofie, later

politieke filosofie) geplaas word. Hierdeur het die

universiteitsowerhede die Suid-Afrikaanse intellektuele

wêreld eintlik ’n groot guns bewys. In dié konteks het

Johan Degenaar vanaf die 1960’s op onbevange en

onverskrokke wyse borende en kritiese vrae oor

apartheid en die Suid-Afrikaanse samelewing gevra. In

die proses het hy die twintigste-eeuse ideologieë van

nasionalisme, liberalisme en sosialisme/Marxisme

krities uitgedaag en dit met die begrip van politieke

pluralisme gekontrasteer. In die 1980’s het sy

belangstelling in die

postmodernisme weer

daartoe bygedra dat hy

politieke vraagstukke met

estetiese en etiese kwessies

kon verbind. Een van die

waardevolste bydraes in

Degenaar se loopbaan word

in die vroeë 1990’s gelewer

waar hy op die vooraand van

die gebeure rondom 1994

teen die begrip nasiebou

polemiseer en eerder die

uitbouing van ’n plurale

demokrasie verdedig.

In die onderhoud wat

hiernaas afgedruk word,

word daar op hierdie

laasgenoemde aspek ingegaan.

Hierdie onderhoud is egter ’n uitreksel van ’n

veel meer omvattende een wat later vanjaar in ’n

publikasie oor die verskynsel van ’n Afrikaanse

filosofie sal verskyn.

Onderhoud

PD: Jou opmerkings oor postmoderniteit en pluralisme

gee my nou die geleentheid om na jou sleutelopstelle in

die 1990’s te beweeg. Ek verwys nou na daardie

opstelle waar jy oor nasiebou en vir demokrasie

polemiseer. Moet daardie punt nie weer in die Suid-

Afrikaanse debat geopper word nie? Het jy soortgelyke

essays daarna geskryf? Hoewel jy uit die aard van die

saak die gebeure rondom 1994 omarm (’n nuwe

demokrasie wat alle mense in Suid-Afrika insluit),

staan jy tog, as ek jou reg lees, krities teenoor die nuwe

politieke hegemonie wat na 1994 ontwikkel het? Gegee

jou begrip van politieke pluralisme, wat maak jy met

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 35
die dekade na 1994?

JD: Met my “Myth of the South African

Nation”-opstel voer ek aan dat ons pluralisties moet

begin dink in die sin dat ons alle mense en alle

standpunte moet inbring. Ek was bang dat dit daar gaan

oor ’n magsbegrip op ’n sentrale punt waar die nasie in

’n politieke sin sy kop uitsteek. Ek was in die tyd net

voor 1994 oorsee en het die opstel “Beware of nationbuilding

discourse” geskryf. Ek onthou nog hoe ek dit

vanaf Amsterdam na Kaapstad (IDASA) gefaks het.

Mense het my gekritiseer en gesê, “maar wil jy nie ’n

nuwe fase in jou denke ingaan nie”? Ek kan nie, daar is

iets wat my weghou van die idee dat jy mense wat

eenders dink, en wat kultureel dieselfde dinge doen, as

uitgangspunt vir die politiek moet skep. Daarom het ek

ook ’n ander opstel geskryf, “How can a human world

live its difference?”. Dit geld ook Suid-Afrika. How

can South Africa live its difference? En hieroor moet

ons nie net praat nie, maar dit ook leef. As jy binne die

nasiebegrip sê dat alle mense dieselfde taal, opvattings

en praktyke het, dan word die verkeerde basis gelê.

Met my pluralistiese ingesteldheid wil ek dan walgooi.

Die vraag hier is: wie gaan vir jou sê wat die nasie is?

En hier kom die staat met sy voorskrifte in – en dié

keer nie volgens die beginsels van kulturele

nasionalisme nie, maar volgens staatsnasionalisme.

PD: Is jou alternatief dat ons in die plek van ’n

staatsnasionalistiese projek eerder na ’n model vir ’n

kreatiewe Suid-Afrikaanse demokrasie moet soek – ’n

demokrasie waarin daar altyd ruimte vir ’n veelheid

van verhoudinge en kragte is?

JD: Dan kry jy demos en kratos – die mag wat

met die demos verbind word. En hoe lyk daardie

demos? As die staat sê dat daar net een manier is, dan

vermoor jy die veelvuldigheid van menslike

verhoudinge, pluraliteit, verskeidenheid, variëteit, en

so meer – alles wat ek boeiend vind.

PD: Vir my is ’n belangrike vraag hier of politieke

mag, wat (sedert Hobbes) altyd aan soewereiniteit

gekoppel is, werklik verdeel kan word. Poog die

nasiestaat nie altyd om mag te sentraliseer nie? Is ’n

deurlopende motief van jou politieke filosofie nie dat

die geneigdheid tot magsentralisme in die nasiestaat

voortdurend uitgedaag moet word nie?

JD: Dit is oulik dat jy dit so formuleer. Ek kom

dit nou ook agter dat ek mense uitdaag, nooi, mooi vra

en selfs opstook om magsentralisering uit te daag. Ek

dink ek het vir jou gesê dat as ek jonger was dan sou ek

nou oor die magsbegrip gewerk het – veral hoe die

mags- en Godsbegrip verband hou. ’n Mens moet agter

enige magskwessie in die politiek aanhoudend ’n

vraagteken plaas. Mag is ’n problematiese werklikheid

wat in die politiek op verskillende wyses vergestalt

word. In jou Marxistiese staat lê die magklem

byvoorbeeld op ’n sekere manier. By die

nasionalistiese staat lê dit weer anders. Ek wil hê dat

ons mag in al sy konfigurasies bevraagteken Dit is

daarom dat kulturele verskynsels soos popmusiek en

opstandigheid belangrike puntjies van kritiek oplewer –

daar waar hulle self ervaar dat die sentralisering van

mag kwaad doen.

PD: Ten slotte wil ek graag verwys na die debat

rondom die begrip Afrikaner wat vroeër vanjaar (2005)

in die briewekolomme van Die Burger en elders

afgespeel het. Aan die een kant was daar sekere figure

(wat voorheen volledig binne die verwysingsraamwerk

van die Afrikaner-establishment opgetree het en selfs,

vanuit ’n biografiese oogpunt, hulle posisies vanuit so

’n verwysingsraamwerk gekry het) wat sê “ek is nie ’n

Afrikaner nie, ek is nou ’n Afrikaanssprekende Suid-

Afrikaner”. Rondom dié stellings het daar ’n hewige

polemiek losgebars. Nou wil ek vir jou iets lees wat die

Nederlandse sanger Stef Bos onlangs in ’n onderhoud

rondom die kwessie gesê het. “Mense wat nie weet wie

hulle is, waar hulle vandaan kom nie, word blote

consumers. Hulle kan nie krities oor hulle eie kultuur

wees nie. En as hulle gekonfronteer word met ’n ander

wat in iets glo, kan hulle dit nie verstaan of hanteer nie.

George Steiner is reg: ’n samelewing het verskille

nodig Ons moet dit ruimte gee, anders kom dit op

verkeerde maniere tot uiting.”

JD: Wat kostelik. Dit is ’n mooi pluralistiese

formulering daardie. Om na jou oorspronklike vraag

terug te keer. Voel daardie mense dan skuldig?

Hermann Giliomee maak byvoorbeeld ’n interessante

indeling waar hy die skuldiges en daardie klas van

snare plaas. Is dit hierdie manne wat nou op die een of

ander manier skuldig voel oor die verlede, en dan wil

jy nou sommer van die woord Afrikaner afstap?

PD: Hulle maak ’n deklarasie: “ek is nie ’n Afrikaner

nie” met die implikasie dat ek nou ’n Afrikaanse is –

’n baie wollerige ding wat niemand weet wat dit

presies is nie. Ek dink die verdeling van Hermann word

ook deur Johann Rossouw gemaak. Hy onderskei

tussen selfontkenners, nasionaliste (daardie tipe

Afrikaners wat nog terughunker na ’n laer of wat jy

volksnasionalisme genoem het) en postnasionale

Afrikaners. Laasgenoemde is Afrikaners wat met ’n

oop grens werk. Met ander woorde, hulle weet wie

hulle is, maar het nie ’n kloustrofobiese opvatting van

hulleself nie. Ek dink dit is waaroor Stef Bos dit het.

Die probleem is dat sommige van die “selfontkenners”

sê dat ons nou in ’n nuwe Suid-Afrikaanse nasionale

identiteit moet opgaan. Ek vind dit egter ’n baie

problematiese formulering. Die kritieke vraag is dan:

waar plaas ’n mens jou polities-filosofiese tradisie in

die verband? Sou jou pluralistiese beskouing op

selfontkenning neerkom? Of: behels dit nie eerder ’n

kreatiewe verhouding tussen jouself en die ander nie?

JD: Ja, presies, ek kan nie sien hoe daardie

selfontkenning of selfopheffing daar pas nie. Jy kan nie

jou self uit die prentjie haal omdat jy nou iets nuuts wil

word nie. Weer wil ek sê: “beware of nation building

discourse”! Nee, die punt is bloot dat jy van ’n

bepaalde plek af kom. Ek neem byvoorbeeld die

Christendom ernstig op, want ek is wat ek is ook

danksy die verhale en mites wat vertel word, maar dit

beteken nie dat ek onkrities is nie – inteendeel. Dit juis,

om jou mooi woord te gebruik, omdat ek besig is om

kreatief daarmee te werk. Die feit dat hulle mense in

die verlede gekruisig en verbrand het of wat hulle nou

weer met die gays doen, dit kan ek nie goedkeur nie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 36
Ek kan natuurlik sê ek het ’n Christelike agtergrond en

nou gaan ek dit uitgooi, maar ek kan nie insien hoekom

dit nodig sou wees nie. Jy het hier eenvoudig ’n

tradisie waaraan jy betekenis moet gee in terme van die

proses van menswees wat gewoon deurgaan. Wat die

Afrikaner betref, sou ek sê: ja, warts and all – dat jy

eenvoudig sê dit is waar ek vandaan kom.

PD: Ek sien dit so dat as jy ’n Afrikaner is, is dit ook

nie net jou eie definisie wat saak maak nie, maar ook

hoe iemand jou van buite benoem of aanspreek.

Mandela verwys byvoorbeeld in sy outobiografie na

Afrikaners. My kritiese punt is dat jy mos nie kan

weghardloop of jouself wegdefinieer wanneer jy op dié

wyse aangespreek word nie. Met ander woorde, my

self-definisie is nie net in my eie hande nie.

JD: Ek het ’n soortgelyke punt in ’n resensie

van Van Zyl Slabbert se Afrikaner Afrikaan geopper.

Slabbert noem dat hy hom kan distansieer van die

begrip Afrikaner, maar die Engelse koerant sal sê

“Afrikaner intellectual writes book about the

Afrikaner”. Jy kan dus nie ontken dat daar ’n bepaalde

maatskaplike konstruksie is wat ook deel is van jou

bestaan nie. Ja, jy kan jou nie heeltemal daarvan

losmaak nie.

PD: Ek stem saam. Ongelukkig kry ’n mens telkens die

hardnekkige kritiek dat jy weer op ’n tipe nasionalisme

of pre-94-mentaliteit wil terugval. Ek is egter deel van

’n groep mense wat poog om die saak duidelik te

differensieer: hierdie is nie ’n nasionalistiese agenda

nie, maar eerder ’n pluralistiese projek om ’n

postnasionale Afrikaner te wees.

JD: Ja, ek dink julle moet voortgaan.

PD: So ’n netwerk van mense en denke in die openbare

sfeer is belangrik. Dit gaan vir my hier ook oor die

verhouding tussen denktradisies, argumente in die

hede, en moontlike toekomsvisies. Dit is egter vir my

fassinerend hoe dinge wat ons hier doen weer ’n eggo

in ’n onverwagte rigting vind, soos in die geval van

Stef Bos. Dit gee ’n mens die gevoel dat daar

wêreldwyd ’n sekere aanvoeling vir hierdie

problematiek is.

JD: Ja, die formulering daarvan is belangrik en

ook die aanhaling van Stef Bos is interessant – “how

can the world formulate its differences”?

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 37
In gesprek met Xolela Mangcu *

IN NOVEMBER 2005 BEDANK EEN VAN SUID-

AFRIKA SE VOORSTE OPENBARE INTELLEK-

TUELE, XOLELA MANGCU, BY DIE RGN NA

BEWEERDE DRUK UIT REGERINGSKRINGE OP

HOM OM SY OPENBARE KRITIEK OP DIE

REGERING TE VERSAG. DIE VRYE AFRIKAAN HET

MET HOM GESELS OOR DIE STAND VAN

OPENBARE KRITIESE DENKE IN SA VANDAG.

DVA: Hoe gesond is openbare kritiese denke na u

mening in Suid-Afrika vandag?

XM: Die stand van openbare kritiese denke in Suid-

Afrika is baie beter as wat dit vroeër was en baie

swakker as wat dit behoort te wees. Dit is baie beter in

die sin dat ons nie onder ’n politieke regime en

regstelsel leef waarin mense

ingeperk, in die tronk gestop

of doodgemaak kan word

weens hulle idees nie.

Die twintigste eeu,

wat Isaiah Berlin die

bloedige eeu en Eric

Hobsbawm die kort eeu

genoem het, het ons baie

dinge gegee, insluitende die

lisensie wat regerings op ons

idees en ons siele gehad het.

Robert Sobukwe het die

stryd van die mense van

Afrika beskryf as die reg om

ons siele ons eie te noem. En

die mense van Afrika het in

sekere mate die formele stryd

gewen om ons siele ons eie

te noem. Die informele druk

om te konformeer verhoed

ons egter steeds om ons

ideaal van vrye uitdrukking

van ons idees en

terugwinning van ons siele te

bereik.

Mense praat nog in gedempte toon omdat hulle

die een of ander vorm van viktimisasie vrees. Hulle kry

dalk nie die gesogte werk by of kontrak van

staatsdepartemente nie omdat hulle hulle teen “die

hoofman” – dit wil sê die president van die land –

uitgespreek het. Hulle vrees dat hulle deur voormalige

comrades en vriende verstoot sal word as hulle ’n stem

van protes laat hoor. Dit is ’n ongelukkige nalatenskap

van die regime van president Thabo Mbeki.

Soos Karl Polanyi egter in The Great

Transformation opgemerk het, tree samelewings op

volgens wat hy ’n dubbelbeweging noem. Enige

poging om ’n bepaalde manier van dinge doen op te

* Navorser verbonde aan Wits se Public Intellectuals Program

dring, lei altyd tot defensiewe teenbewegings. En so

het ons politieke kultuur iets positiefs voortgebring uit

iets negatiefs. Die Jacob Zuma-sage is maar net nòg ’n

protesbeweging teen Mbeki se leierskapstyl. Hoewel

dit miskien polities die einde van Zuma is, sal die ANC

nooit weer dieselfde wees nie. Geen politieke party kan

’n gesentraliseerde benadering volhou nie. Daar gaan

ook afwykende stemme in plaaslike gemeenskappe op,

byvoorbeeld oor dienste, en nou is daar ook ANCmense

wat om ’n verskeidenheid redes as

onafhanklikes wil voortgaan.

Die media het natuurlik grootliks daartoe

bygedra om die politieke ruimtes oop te stel. Dit is

egter interessant om daarop te let dat die land se

voorste politieke kommentators en rubriekskrywers

nou swart mense is: Barney Mthombothi, Mondli

Makhanya, Ferial Haffajee, John Matshikiza, Justice

Malala, Aubrey Matshiqi, Sandile Dikeni, Sandile

Memela en andere.

Die kort antwoord is

dat openbare kritiese denke

gesond is, maar staande moet

probeer bly teen ’n sterk

stroom van kruiperige

onderdanigheid. Ons moet veg

om dit staande te hou – teen

groot persoonlike koste. Ek

het onlangs uit die Raad vir

Geesteswetenskaplike

Navorsing bedank omdat die

Hoof Uitvoerende Beampte,

Olive Shisana, druk op my

uitgeoefen het. Shisana, ’n

voormalige burokraat en

ANC-aktivis, het beweer dat

kabinetsministers, asook die

President se vrou, ongelukkig

was met wat ek in die

openbaar skryf. Sy het

allerhande pogings aangewend

om my te laat ophou om

onder die naam van die RGN

te skryf. En so word ’n

navorsingsinstansie wat teenoor die Parlement

verantwoordingspligtig is, ’n intellektuele dienskneg

van die regering gemaak.

Hierdie opeising van ons openbare instellings en

die meelopery van sogenaamde navorsers en

intellektuele, is een van die gevaarlikste ontwikkelinge

van ons tyd. Dit sweem na die beskrywings wat ’n mens

in Milan Kundera se boeke kry van wat in Oos-Europa

gebeur het, of na die metafoor van die groentewinkel in

Vaclav Havel se essay The Power of the Powerless:

“The manager of a fruit and vegetable store places in his

window, among the onions and the carrots, the slogan

‘Workers of the World Unite’. Why does he do it? What

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 38
is he trying to communicate to the world? Is he

genuinely enthusiastic about the idea of unity among

workers of the world? Is his enthusiasm so great that he

feels an irrepressible impulse to acquaint the public with

his ideals? No, he does it because these things must be

done if one is to get along.” Volgens Havel is die

vaardigheid van die samelewing gesetel in sy vermoë

om die ritueel van baniere uithang uit te voer en

“because of the dictatorship of the ritual, power becomes

anonymous. Individuals are almost dissolved in the

ritual.” In dieselfde essay stel Havel ’n alternatiewe

scenario waarin die groentehandelaar een oggend nie die

banier ten toon stel nie, en dan duur dit ook nie lank nie

of die tyd van afrekening breek aan. Hy word van sy pos

as bestuurder van die winkel onthef en na die pakhuis

oorgeplaas. Sy besoldiging word verlaag. Sy hoop op ’n

vakansie in Bulgarye vervaag. Sy kinders se pad na hoër

onderwys word bedreig. Sy toesighouer dreig hom en sy

medewerkers wonder oor hom. Dit is die dilemma

waarvoor die openbare intellektueel in Suid-Afrika te

staan kom.

DVA: In ’n onlangse radio-onderhoud met Tim

Modise het u Cornel West aangehaal oor “die

vreugdes van ’n bourgeois-bestaan” om die

oënskynlike gebrek aan openbare kritiese stemme

uit die swart middelklas te verduidelik, asof kritiek

deur hierdie klas in stryd sal wees met die gemak

wat hulle geniet. ’n Mens het die indruk gekry dat

daar onder hierdie opmerking ’n sekere wanhoop lê

dat Suid-Afrika se voorheen onderdruktes so gou

vergeet het waar hulle vandaan kom, dat hulle

uiteindelik sag geword het van mag, soos ’n mens so

dikwels elders in die wêreld gesien het. Het u gedink

dit sou anders wees in Suid-Afrika, en indien wel,

hoekom?

XM: Die idee van die swart middelklas was vir my nog

altyd ’n raaisel. Ek het nog nooit juis veel gedink van

die Marxistiese idee dat die middelklas ’n efemere

bestaan het en dat dit sal plek maak vir die radikaler

werksklasse nie. Marx en Engels het gesê die

geskiedenis van die mens is die geskiedenis van

klassestryd. Ek dink nie so nie. Ek dink die geskiedenis

van die wêreld is die geskiedenis van die middelklas.

Miskien het Aristoteles, een van die eerste

voorstanders van ’n middelklassamelewing, ’n beter

begrip hiervan gehad as Marx. Die middelklas geval

miskien nie die meer onverfynde Marxiste nie, want dit

is grotendeels die draer van kultuur, veral hogere

kultuur. Meer gesofistikeerde Marxiste, soos Raymond

Williams, het op briljante wyse gepraat oor die rol van

kultuur in die vorming van die moderne samelewing.

Die liberale filosoof Matthew Arnold het die volgende

gesê: “The great men of culture are those who have had

a passion for diffusing, for making prevail, for carrying

from one end of society to the other, the best

knowledge, the best ideas of their time, who have

laboured to divest knowledge of all that was harsh,

uncouth, difficult, abstract, professional, exclusive; to

humanize it, to make it efficient outside the clique of

the cultivated and learned, yet still remaining the best

knowledge and thought of the time, and a true source,

therefore, of sweetness and light.” Dié “men of

culture” was natuurlik die intellektuele, sommige

konserwatiewe apologete van die status quo, ander

weer revolusionêre. Volgens Edward Said was daar

geen belangrike revolusie in die moderne geskiedenis

sonder intellektuele nie. Intellektuele was die vaders en

moeders van bewegings, en natuurlik seuns en dogters,

selfs nefies en niggies. Mahmood Mamdani het weer

gesê elke renaissance is bowenal ’n herontwaking van

denke. Wat dus van ons middelklas en ons middelklasintellektuele?

Die antwoord is maar baie soos die eerste

een: Ons intellektuele is doodsbang hulle sal hul

gemaklike bestaan, of wat Cornel die vreugdes van

bourgeois-bestaan noem, kwytraak en gevolglik het

hulle eerder hulle toevlug geneem tot die gemak van

die openbare of die private sektor.

DVA: ’n Mens kan aanvoer dat, vergeleke met die

1980’s, baie minder universiteitsakademici, veral in

die geesteswetenskappe, deesdae in die openbaar

kritiese stemme laat opgaan. Hoe sal u dit

verduidelik? Word ons universiteite al hoe meer

onderdanig?

XM: Selfs universiteite het nie die kultuur van

konformisme vrygespring nie. Die korporatisering van

universiteite beteken dat daar druk op departemente is

om nuttige of praktiese navorsing op te lewer, of

implementering wat op navorsing berus. Dit lei tot ’n

onverfynde empirisme wat erger is as dié van die

1950’s. Enige sprake van waardes word beskou as

koek hiernamaals of wensdenkery. Die

geesteswetenskappe, waar kritiese denke gekweek

word, kom onder skoot ter wille van sake of

ingenieurswese. Dit gaan alles onder die dekmantel van

vaardigheidsontwikkeling.

Die groot Amerikaanse akademikus Harry

Boyte noem dit egter politiek sonder ’n naam. Dit is

die politiek van tegnokratiese konformisme in diens

van ’n eensydige beskouing van die wêreld. Ons

intellektuele kultuur is dus in die kloue van hierdie

onverfynde tegnokrasie, wat goed pas by Cornel West

se “vreugdes van ’n bourgeois-bestaan”. Hy onderskei

tussen die obsessie met sukses – wat inderdaad is wat

die tegnokratiese wêreld aan ons studente verkoop – en

die strewe na uitnemendheid, grootsheid – wat aan ons

die wêreld van Nelson Mandela, Steve Biko, Robert

Sobukwe, Martin Luther King, Malcolm X, Rosa Parks

en ander gegee het: “I don’t know about you in South

Africa but in the United States we have got a middle

class, especially a black middle class, that has become

so intoxicated with the felicities of bourgeois existence.

The black middle class in the United States has become

drunk with the wine of the world, of materialism,

narcissism, and hedonism. And then we wonder why

the younger generation does not have access to the

traditions of the struggle? They don’t see enough of it

in the older generation. There is no such thing as young

people’s behavior that is not in part an imitation of

what they are exposed to. You preach to young folks to

be successful rather than to be great then they will

think it’s all about success. Do you really believe that

Sojourner Truth, Harriet Tubman, Marcus Garvey, A

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 39
Phillip Randolph, Malcolm X died so that you can just

be successful? Do you think they died so that you can

be just peacocks walking around producing foliage and

saying ‘look at me, look at me, look at me, look at me.’

Somebody needs to tell them peacocks to stop because

they can’t fly. Mandela comes out of a tradition where

black folks are flying in the air like a Toni Morrison

novel, rising in the wind like a blues melody, like an

eagle. But in America they shoot eagles to feed

pigeons, which is another way of saying all of that

materialism – the clothes, the cars, the houses, the

mansions, the status are nothing but the paraphernalia

of suffering – an attempt to distance yourself from the

suffering because you have had so much of it.”

Ek kom uit die Swartbewustheidsbeweging, wat

geïnspireer is deur die gedagtes en werk van wyle

Steve Biko. Jare lank het ek my daaraan gewy om Biko

te gedenk en seker te maak dat hierdie land nie sy

bydrae vergeet nie, en veral om seker te maak dat swart

mense nie sy leringe van trots en selfliefde en

selfbeskikking vergeet nie. In dié sin is ek ’n swart

nasionalis. Ek het egter ook moeg geword vir die swart

nasionalistiese politiek, veral die essensialisme en die

politiek van solidariteit wat daarmee gepaardgaan.

Toe ons president die verband tussen MIV en

vigs bevraagteken het, het hy hom op ras beroep: “And

thus does it happen that others who consider

themselves to be our leaders take to the streets carrying

their placards, to demand that because we are germ

carriers, and human beings of a lower order that cannot

subject its passions to reason, we must perforce adopt

strange opinions, to save a depraved and diseased

people from perishing from self-inflicted disease.” Die

voormalige leier van die ANC-Jeugliga en nou lid van

die Kabinet, Malusi Gigaba, het ’n oproep om

rassesolidariteit gedoen in sy verdediging van die

Zimbabwiese diktator: “In our country those who (are)

opposed to Robert Mugabe are the same people and

forces who were opposed to the struggle for the

liberation of Zimbabwe.” Dieselfde geld ons Minister

van Buitelandse Sake, Nkosazana Dlamini, wat in ’n

onderhoud gesê het dat die ekonomiese krisis wat

Zimbabwe affekteer, nie die gevolg van roekelose

politieke leierskap is nie, maar van ’n opregte begeerte

om die armes te help, en bygevoeg het dat ons

Zimbabwe nooit sal veroordeel nie.

Ons president het diegene wat korrupsie aan die

kaak gestel het, in die media beskryf as niks meer as

rassistiese vissers van korrupte mense nie, terwyl die

korrupte mense natuurlik Afrikane is.

En tog: wie kan die werklikheid van al dié dinge

ontken – dat MIV/vigs ons mense uitroei, dat Robert

Mugabe ’n afgryslike nagmerrie vir sy eie mense is, dat

ons leiers die hulpbronne van ons kinders besteel? Dit

is dan wanneer ek my eie politiek begin bevraagteken,

maar nou net meer as ’n intellektueel. Ek glo steeds dat

ras saak maak in Suid-Afrika – dat baie wit mense nog

nie van hulle bagasie van rassisme en wit heerskappy

ontslae geraak het nie. Ons moet die rassisme-bul by

die horings pak sonder om terug te val op wat Njabulo

Ndebele noem ’n sielkundige afhanklikheid van

rassisme, dit wil sê om rassisme te gebruik as ’n

verskoning vir ons tekortkominge en party van ons

manewales. Dit is ’n nuanse wat alte dikwels verlore

gaan in die retoriek van swart nasionalisme – en dit

word veral gerieflik om hierdie nuanse mis te kyk

wanneer leiers aan mag wil vasklou of dié in die

magsposisie wil uitdaag. Tony Leon en die liberale

opposisie is maar net so sinies in hulle aanwending van

ras – van die 1999-verkiesingslagspreuk tot hulle

verwelkoming van die misnoegde Afrikanernasionaliste.

’n Kritiek op swart solidariteit moet dus

altyd ook in verband gebring word met die

kuddementaliteit in die wit politiek.

DVA: Suid-Afrika se hoofstroommedia is óf onder

staatsbeheer, óf onder korporatiewe beheer. Wat

kan gedoen word om die media ’n belangriker

forum vir openbare kritiese denke te maak?

XM: Die media in Suid-Afrika het ’n interessante en

ingewikkelde rol gespeel. Kom ons begin by koerante.

In baie opsigte het koerante stereotipes oor swart

mense as óf diewe, óf onbetroubaar aangewakker – en

so die defensiewe swart nasionalisme wat ek pas

beskryf het, gevoed. Dit het grotendeels niks met

eienaarskap te doen gehad nie. Die Mail & Guardian

het baie karaktermoord op swart intellektuele gepleeg,

en een van my rubrieke het ek juis geskryf in reaksie

op wat ek beskryf het as ’n vorm van media-

McCarthyisme. Dit het meer dikwels gebeur in die tyd

van mense soos Philip van Niekerk en Howard Barrell.

Wat het van dié kêrels geword? Ek het selfs

radiodebatte met hulle gehad en die integriteit van

mense soos Njabulo Ndebele, Barney Pityana en wyle

Sam Nolutshungu teen hulle swartsmeerdery verdedig.

Swart eienaarskap en redakteurskap van

koerante soos die Sunday Times het skynbaar ook nie

veel gedoen om die stereotipiese manier waarop die

koerant oor swart mense skryf, te verander nie. Die

Mail & Guardian vaar nou egter heelwat beter onder

Ferial Hafferjee – sy is uitstekend. Business Day,

ondanks sy wit eienaarskap en redakteurskap, is

verreweg die beste dagblad in die land en ’n ruimte

waarin openbare beraadslaging plaasvind.

’n Skrikwekkende ontwikkeling is hoe die

SAUK hom tot ’n regeringspreekbuis omvorm het. Ek

kyk omtrent nie meer na SAUK-nuusbulletins nie, en

in die laaste tyd word ek ook nie meer dikwels daarna

uitgenooi nie. Nie dat ek juis omgee nie. Oor die jare

het ek my sê gesê en ek het altyd nog ’n manier om die

mense te bereik. Oor die algemeen dink ek egter dat

die gedrukte media beter vaar as televisie. Ons radio is

ook baie goed, ondanks die eienaarskap daarvan. Ek

dink wat vir die radio werk, is die formaat van die

geselsprogram. Geen regering kan beheer wie inbel en

wat hulle sê nie. Op die oomblik is die radio een van

die mees demokratiese mediaforums in ons land. Ek

dink die ruimte is daar om dit belangrike vindplekke

van openbare kritiese denke te maak, maar die politiek

van ons tyd voorspel niks goeds vir so ’n vooruitsig

nie. Die breër politieke kultuur raak die funksie van die

media net so nadelig soos enigiets anders.

DVA: Tot ’n groot mate bly die sentrale politieke

probleem in Suid-Afrika die onopgeloste spanninge

tussen die land se verskillende gemeenskappe. Dit

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 40
word vererger deur ’n ongetransformeerde

koloniale staatstruktuur, wat openbare debat keer

op keer versmoor. Dit lyk nie asof verteenwoordige

demokrasie ’n breuk in hierdie gesentraliseerde

magstruktuur slaan nie. Hoe reageer u op hierdie

stelling?

XM: ’n Mens moet altyd versigtig wees om nie

strukture die skuld te gee vir wat mense versuim om te

doen nie. ’n Oper en meer deelnemende kultuur kon

aan ons ’n deelnemende verteenwoordigende

demokrasie besorg het. Dan sou dit ’n ereteken en ’n

status wees om parlement toe te gaan soos elders in die

wêreld. Maar soos Barney Mthombothi onlangs in die

Financial Mail gesê het, om parlement toe te gaan is ’n

mors van tyd. Die Parlement is niks meer as ’n

rubberstempel vir uitvoerende besluite nie. Ek moet

teen my sin erken dat ons Parlement presies net so

werk soos onder die Nasionaliste: volg jou leier en jou

party.

Hiermee word egter nie ontken dat

verteenwoordigende demokrasie van die begin af ’n

probleem was nie. Verteenwoordigende demokrasie het

ontstaan in reaksie op bevolkingsgroei en die grootte

van moderne samelewings. Robert Michels het egter

opgemerk dat die verteenwoordigers, as hulle eers deur

die mense verkies is, gou bo die mense verhewe word

en dan volg wat Michels noem die ysere reg van die

oligargie. Die groot liberale filosoof CB MacPherson

het geskryf oor hoe politieke partye werktuie van die

rykes en die magtiges word. Leiers het op eie gesag

gehandel en dienaars van klassebelange geword. So is

korrupsie gebore, namate die skeidslyn tussen

openbare en private belange vervaag het. Korrupsie in

die politiek is nie ’n Afrika-fenomeen nie, en dit het

ook nie in Afrika ontstaan nie. Al wat ’n mens hoef te

doen, is om die beskrywings van korrupsie in

Amerikaanse stede aan die begin van die 20ste eeu te

lees.

In Suid-Afrika is verteenwoordigende

demokrasie ook problematies in die sin dat leiers nie

aan enige kiesafdeling verantwoordingspligtig is nie.

Onder die stelsel van proporsionele verteenwoordiging

is openbare verteenwoordigers eintlik net

verantwoordingspligtig teenoor die partyleierskap, wat

hulle van die partylyste kan verwyder indien hulle nie

tegemoetkomend geag word nie. En soos ek vroeër

reeds gesê het, is ras ’n mobiliseringsinstrument in die

hande van sowel swart as wit politici.

Ja, verteenwoordigende demokrasie leen hom

inderdaad tot allerlei probleme – en ek het al uitvoerig

hieroor geskryf – maar ons moet nie die fout maak om

die strukture die skuld te gee en die probleem wat deur

die politieke kultuur geskep word, te vergeet nie. Sal ’n

ander politieke stelsel ’n ander politieke kultuur tot

gevolg hê? Nie noodwendig nie. ’n Onverdraagsame

stelsel van regstreekse demokrasie kan selfs erger wees

as ’n onverdraagsame stelsel van verteenwoordigende

demokrasie. Ons kan ons in ’n wêreld bevind waarin

mense volgens Jean-Jacques Rousseau, een van die

groot kampvegters vir regstreekse demokrasie,

“gedwing moet word om vry te wees” omdat hulle aan

’n valse bewussyn ly. Dit wil ons nie hê nie.

Dit lyk vir my meer aandag moet gegee word

aan die politieke kultuur van ons samelewing.

DVA: ’n Openbare sfeer het altyd ’n taal. In Suid-

Afrika is hierdie taal geneig om die een te wees wat

die nouste met staatsmag geassosieer word. In die

verlede was dit Afrikaans, en nou is dit Engels. Lei

dit nie onvermydelik tot die probleem van ’n ware

openbare sfeer waarin almal in die taal van hulle

keuse kan deelneem nie?

XM: Dit is waar, maar die proliferasie van tale beteken

nie dat hulle almal eenders behandel word nie. ’n Mens

moet dus seker maak dat die stryd om Afrikaans nie ’n

stryd is wat Afrikaans bevoorreg bo byvoorbeeld

Venda of Xhosa nie.

Ek tree tans as gasheer op vir ’n reeks openbare

lesings deur mense soos Ngugi wa Thiong’o oor die rol

van tale in nasionale ontwikkeling. Soos u weet, is

Ngugi se voortreflike bydrae – wat hom die Nobelprys

vir Letterkunde sou besorg het as dit nie vir sy radikale

politiek was nie – sy voorspraak vir Afrikatale. Ek dink

egter nie die kwessie van taal kan geskei word van die

kulturele simbole in hierdie land nie, waarvan talle

steeds koloniaal van aard is. Ek verstaan steeds nie

hoekom openbare argitektuur nog steeds simbolies van

die apartheidsera is nie. Dieselfde geld ons toponimie.

Daar is steeds paaie wat na mense soos Hendrik

Verwoerd, D.F. Malan en John Vorster heet. Die

president van die land kyk elke dag vas in die

standbeeld van Louis Botha. En daar is nog steeds nie

openbare argitektuur wat mense soos Oliver Tambo,

Joe Slovo, Steve Biko, Robert Sobukwe, Lilian Ngoyi,

Helen Joseph en Griffith en Victoria Mxenge vereer

nie. Daar is iets hiermee verkeerd; dis anachronisties.

DVA: Afgesien van die eenvoudige clichés oor

versoening, hoe belangrik is die dialoog tussen

Afrikaner- en Afrikaan-intellektuele vir wie hulle

identiteit saak maak?

XM: Ek dink nie daar is enige dialoog wat meer om

die lyf het as die waan, wat vir swart nasionaliste werk,

dat die Afrikaners darem beter as die Engelse is nie. As

’n swart persoon stel dit my in die verleentheid dat die

ANC hoegenaamd sulke gesprekke het – swart mense

wat nog steeds kyk watter wit mense die meeste van

hulle hou. Dit is ook deel van ’n politieke spel om

Afrikaners na die ANC om te haal, veral gesien die feit

dat die Engelse, veral by monde van Tony Leon, die

ANC so venynig opponeer. Ek dink egter nie

intellektuele moet deel van daardie politieke spel wees

nie. Ek dink ook nie dit is ’n geval van identiteit as

Afrikaan of Afrikaner nie, want dit kan maklik lei tot

politieke en rasse-chauvinisme. Ons moet ’n nasionale

dialoog oor identiteit hê, en klaar.

DVA: ’n Mens kan aanvoer dat Afronasionalisme,

soos dit steeds in die staatstruktuur

geïnstitusionaliseer word, toenemend ’n

onverdraagsame ideologie word, presies soos die

Afrikanerideologie ’n paar dekades gelede. Hoe sal

u daarop reageer? En kan ons ons historiese

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 41
etnolinguistiese gemeenskappe versterk sodat hulle

kan ontkom aan die herhalende siklusse van

nasionalisme in Suid-Afrika?

XM: Ek veronderstel dit is deel van wat ek sê. Swart

nasionalisme of Afronasionalisme is nie as sodanig en

op sigself ’n onverdraagsame ideologie nie. Ek dink

nie mense soos Steve Biko en Robert Sobukwe was

onverdraagsaam nie. Dit het alles te doen met leierskap

en die kultuur wat hulle in hierdie soort politiek

inbring. Insgelyks dink ek dat daar in die

Afrikanergeskiedenis ’n onverdraagsame nasionalisme

was, net soos daar ook ’n meer verdraagsame en

progressiewe nasionalisme was. Ek wil dus nie

veralgemeen oor swart nasionalisme nie, behalwe om

altyd op die gevare daarvan te wys. Dieselfde geld

etnonasionalisme: ons moet ’n gesonde idee van ons

etniese identiteite hê sonder om dit te oordryf. Anders

word dit selfbeperkend, onverdraagsaam en

doodgewoon vol waanbeelde – soos in ’n die-wêreldis-teen-ons-mentaliteit.

Die rol van intellektuele is

altyd om te wys op die belangrikheid van identiteit,

maar ook op die gevare van alle soort nasionalisme. Dit

is die nuanse wat sentraal staan in my werk.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 42
Madagaskar, tussen handel

en rituele sprinkelaar

MET ’N POTJIE JOGURT IN DIE EEN HAND EN ’N

BYBEL IN DIE ANDER HET DIE MALGASSIESE

PRESIDENT, MARC RAVALOMANANA, NIE DIE

TROEFKAARTE LAAT VAAR WAT HOM IN STAAT

GESTEL HET OM DIE BEWIND IN 2002 OOR TE

NEEM NIE.

Deur ons spesiale afgevaardigde Fanny Pigeaud *

D

ie industriële vervaardiging van melkprodukte,

waarvan hy oor die alleenreg in Madagaskar

beskik, het hom inderdaad in staat gestel om hom tot

die wedloop om die presidentskap te wend aan die

einde van 2001. Verder het sy Protestantse

geloofsoortuiging hom die steun van Christelike kerke,

wat tradisioneel baie invloedryk op die Groot Eiland is

(1), verseker. Die "jogurtkoning"

gebruik dieselfde

resep reeds bykans die

afgelope vier jaar lank.

Mnr. Ravalomanana is

in Mei 2002 verkies na afloop

van ’n ses maande lange

politieke krisis, nadat die

uitgaande staatshoof, Didier

Ratsiraka – wat vir 20 jaar

lank aan bewind was –

geweier het om sy nederlaag

te erken (2). Die volk se

mobilisasie het die bejaarde

outokraat (3) uiteindelik gedwing tot ballingskap in

Frankryk. Die ondersteuning van die magtige Federasie

van Christelike Kerke van Madagaskar (FFKM) was

deurslaggewend. In 1991 het die FFKM reeds ’n

sleutelrol gespeel deur bemiddeling te reël tussen

President Ratsiraka en die opposisie se “heethoofde”

en wat die samestelling van ’n oorgangsregering

moontlik gemaak het. Sedert 2002 versterk die nuwe

president sy bande met die land se kerkleiers

voortdurend en tot ongekende vlakke.

Hy is byvoorbeeld in Augustus 2004 herkies tot

visepresident van die Gereformeerdede Kerk van Jesus

Christus (FJKM), een van die vier komponente van die

FFKM. Enkele weke later het mnr. M. Jean Lahiniriko,

president van die Nasionale Vergadering en lid van die

* Joernalis. Uit die Frans vertaal deur Christel Cattin,

christelcattin@hotmail.com

presidensiële party, Tiako i Madagasikara (TIM, “Ek is

lief vir Madagaskar”), tesourier geword van die

Lutherse Kerk. Die ander konfessies bly nie agter nie:

“Die eerste minister, Jacques Sylla, Katoliek, is

benoem op aanbeveling van Kardinaal Armand

Razafindratandra”, erken mev. Madeleine

Ramaholimihaso, stigterslid van die Nasionale

Komitee vir die Waarneming van Verkiesings

(CNOE).

’n Uitsonderlike gebeurtenis: ’n lening van die

Wêreldbank het in April 2005 ’n nasionale byeenkoms

van pastore van die FJKM gefinansier. Mnr.

Ravalomanana het van die geleentheid gebruik gemaak

om aan die deelnemers te verduidelik dat hy hoop om

van hulle “agente vir ontwikkeling” te maak in diens

van die staat. Kort tevore, tydens hierdie vergadering,

het hy openlik die idee van ’n “teokrasie” geopper,

terwyl die Grondwet die sekulêre karakter van die staat

proklameer.

Baie Malgasse wonder

oor die president se

oogmerke. Gaan hy werklik

die kerke inspan tot diens van

’n spoedige ekonomiese

herstel, of gebruik hy die volk

se geloofsoortuigings om sy

mag te vestig? Sommiges,

soos die organisasie Sefafi

(“waarnemer van die

openbare lewe”), verbloem

nie hulle besorgdheid oor die

“gereelde teenwoordigheid van Christelike kerke by

die opening van amptelike seremonies of werksessies

in staatsinstellings se kantore en in openbare geboue

nie, asook die vergunning, in ruil vir vergoeding, van

massiewe finansiële staatshulp aan sekere

geloofsoortuigings” nie. Verpligte gebede in laerskole

tydens vlaghysings laat andere die wenkbroue lig.

’n Universiteitsdosent was erg geskok by die

jaarlikse middagete van die Unie van dosentenavorsers

in 2004: “Dit is met gebed ingelei. Die Minister van

Tersiêre Onderwys was teenwoordig. Niemand het ’n

oog geknip nie. Ek wou reageer, maar my bure het my

vinnig op my plek gesit”, vertel sy. Desondanks tel sy

onder diegene wat mnr. Marc Ravalomanana in 2002

ondersteun het. In daardie stadium het die

ondersteuners van die nyweraar hom voorgestel as die

“Messias” wat gekom het om die eiland te red van die

ramp waarin mnr. Ratsiraka dit gedompel het. “Moenie

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 43
vrees nie, glo net”, was sy gebruik om ’n vers uit die

Evangelie van Markus te aan te haal. Byeenkomste

waarby hy betrokke was, is altyd met gebed geopen:

“Die FFKM was daar. Daar is enkele minute lank

gebid en psalms gesing. Maar die byeenkoms het dan

vinnig herfokus, en ander sake is aangeraak”, onthou

die dosent. Vir haar was hierdie geesdrif by uitstek ’n

uitdrukking van die Malgassiese gemeenskap se

desperaatheid: “Sy maatskaplike verbeelding is geheel

en al deur die Ratsiraka-regime vernietig en het sonder

twyfel uitdrukking gevind in geloof. Daarna was dit die

kerke se taak om die vloer te vee. Hulle het dit nie

gedoen nie”, meen sy.

Nietemin is laasgenoemde tans verdeeld. Op

hierdie wyse vind die kardinaal se ondersteuning aan

die staatshoof nie byval by sekere lede van die

Katolieke kerk nie. Volgens Vader Rémi Ralibera,

sekretaris-generaal van die FFKM, “gaan die Kerk nie

ongedeerd van hierdie noue samewerking met die

politieke mag afkom nie. Die sekulêre karakter van die

staat is tans ongeldig”. Vir Vader Sylvain Urfer “is die

FFKM se politieke verbintenis by uitstek uitstekende

besigheid vir sektes. Dit stel hulle in staat om te

sê: "Kyk na hierdie kerke wat politiek bedryf. Ons

doen dit nie, kom na ons toe. En dit werk!”

Radiostasies wat gebede of geestelike musiek uitsaai,

het ook talryk geword in Madagaskar. Hierdie

vermenigvuldiging skyn die owerhede te kwel. Aan die

begin van 2005 het die regering drie

geloofsverenigings tot sektes verklaar om die enkele

rede dat hulle nie oor gevestigde aanbiddingsplekke

beskik nie, en hulle is verbied. Die vreemdheid van die

redenasie en ’n vae beskuldiging van “versteuring van

wet en orde” laat die vrees ontstaan vir ’n amptelike

“religieuse beleid” wat lynreg teenoor

godsdiensvryheid staan.

Al het die koninklike mag Protestantisme as

staatsgeloof in die negentiende eeu ingelyf, is die

bande tussen openbare instellings en die kerke relatief

skaars. “Daar moet gemeld word dat die kerke baie na

aan die landelike bevolking staan, die teiken van

Ravalomanana se besorgdheid, aangesien hy self

daaruit kom”, verduidelik mnr. Solofo Randrianja,

dosent in Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van

Toamasina. In ’n verslag wat in 2005 deur die

Switserse vereniging, Swisspeace, gepubliseer is, merk

hy die belangrikheid van hierdie band op “tot die mate

waarin ’n Katolieke Kerk soos die FJKM, deur middel

van hulle sekulêre takke vir liefdadigheid, by

ontwikkelingsaksies betrokke is in samewerking met

die staat en met internasionale borge (4).”

As staatshoof en so te sê kerkhoof bly mnr.

Ravalomanana steeds ten volle ’n

maatskappybestuurder wat sy vingers klap wanneer

botsende belange wat onvermydelik met so ’n situasie

gepaard gaan, ter sprake kom. Hy bestuur steeds die

landbougroep Tiko (5) wat in 1981 gestig is danksy ’n

voordelige lening van die Wêreldbank. Op dieselfde

wye as die FFKM het Tiko in die staatsmasjinerie

beland: diegene wat die “Tiko boys” genoem word, het

afgevaardigdes of amptenare van die administrasie

geword. Mnr. Solofonantenaina Razoarimihaja,

voorsitter van die presidensiële party, Tiako i

Madagasikara (TIM – “Ek is lief vir Madagaskar ”) en

vise-president van die Nasionale Vergadering is

byvoorbeeld ’n voormalige bestuurder van Tiko.

Daarteenoor wil dit voorkom asof verskeie maatreëls

wat deur mnr. Ravalomanana in sy amp as president

van die Republiek ingestel is, sy groep in die besonder

tot voordeel strek. Op hierdie wyse het Tiko Oil in

2005 voordeel getrek uit die afskaffing van belasting

op bruto olie soos dié wat die maatskappy hanteer,

terwyl geraffineerde olie wat deur sy mededingers

ingevoer word teen 20% belas word. Verskeie

ekonomiese waarnemers is dit eens dat die industriële

konsortium sy omset minstens verdriedubbel het sedert

die verkiesing in 2002, en hulle veroordeel die

ondeursigtigheid van die Malgassiese sakewêreld.

“Daar kan gesê word dat Ravalomana homself

baie meer as sy voorganger verryk het, neem mnr.

Richard R. Marcus, dosent in Politieke Wetenskap aan

die Universiteit van Huntsville (Alabama) waar. “Maar

terwyl Ratsiraka dit gedoen het deur openbare fondse

te verduister, maak Ravalomana gebruik van sy

politieke posisie om seker te maak dat sy maatskappye

daarin slaag om deurslaggewende kontrakte uit sy

mededingers se hande te neem en om openbare

maatskappe wat geprivatiseer word, teen ’n afslag te

bekom”. Die groep het juis sy aktiwiteite

gediversifiseer. Die firma, alreeds die eienaar van ’n

radiostasie en ’n televisiekanaal, die Madagascar

Broadcasting System (MBS), het ’n koerant geloods,

Le Quotidien, wat hy self druk. Daar word uiteraard

voortgegaan om sowel dierevoedsel te produseer as

jogurt, roomys, botter, olie, drank, ens. Tiko het ook

belê in openbare werke met twee maatskappye, ’n

boufirma genaamd Asa Lalana Malagasy (Alma) en die

siviele ingenieursfirma, die Compagnie de construction

Malagasy (CCM). “Vele plaaslike ‘rykaards’ is steeds

verbind tot die ou gesag en weier om saam te werk. Die

president is dus verplig om dinge self te doen. Tiko is

die enigste middel waaroor hy beskik,” kap die

president van TIM terug in antwoord op diegene wat

die groep se “bulimie” aanroer.

Terwyl hulle kritiek relativeer, verkies

sommiges, soos die dosent Solofo Randrianja, om klem

te lê op dit wat Tiko se baas tot die land bydra:

“Ravalomanana is ’n bourgeois in die klassieke sin van

die woord. Sy maatskappye kan oorleef danksy die

bestaan van ’n plaaslike mark. Maar die skepping van

hierdie mark beweeg in die rigting van die land se

integrasie: wanneer Ravalomanana paaie laat bou,

vergemaklik dit uiteraard die sirkulasie van sy groep se

produkte, maar die algemene bevolking vind ook baat

daarby. Ratsiraka, daarenteen, het alleen gehandel soos

’n roofdier. Hy het byvoorbeeld openbare brûe laat

agteruitgaan om sy maatskappy, Decagon, die

geleentheid te gee om private toldeurgange te

installeer”. Sedert 2002 het die regering die

infrastruktuur versterk: die hawens van Toliara en

Mahajanga is herstel; paaie wat in totaal 1 500

kilometer beslaan, en wat die hoofstad met die grootste

provinsiale stede in die ses provinses verbind, is

herbou; die nasionale pad wat Antananarivo met

Toamasina verbind en vroeër in ’n bedenklike toestand

was, is splinternuut (6).

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 44
Dit lyk asof die nuwe regime in hoë mate by die

“internasionale gemeenskap” byval vind. Madagaskar

is die grootste begunstigde van die Verenigde Nasies se

Millenium Ontwikkelingsdoelwitprojek se fonds; die

Franse Senaat het die Louise Michel-prys, wat

prominente persone vereer “wat republikeinse waardes

verdedig”, aan mnr. Ravalomanana toegeken. In

Oktober 2004 het internasionale bilaterale borge

Malgassiese skuld gedeeltelik of geheel en al afgeskaf.

Die land se ekonomie bly nietemin baie broos.

Tussen Januarie en April 2004 het die Malgassiese

geldeenheid 50% van sy waarde verloor. Aan die einde

van September 2004 het inflasie 22% bereik. Tussen

Desember 2004 en Desember 2005 het dit 11,4%

bereik. Die wêreldwye verhoging in brandstofpryse het

nie gehelp nie. Sedert Junie 2005 gaan die land gebuk

onder daaglikse elektrisiteitsonderbrekings: die

nasionale elektrisiteitsmaatskappy, Jirama – waarvan

die bestuur in Januarie 2005 aan die Duitse firma

Lahemayer afgestaan is – en wat deur al die vorige

regimes sedert onafhanklikheidswording gemelk is,

staan op die rand van bankrotskap. Tariewe het

gevolglik in Julie 2005 met 30% opgeskiet en in

November 2005, ’n verdere 30%. Aan die begin van

2005 is die groeikoers op 7% vasgestel, maar dit het

oplaas ’n plafon van 5,1 % bereik. Gedurende die

eerste kwartaal van 2005 het uitvoere van maatskappye

in die vry sone met 24% verminder vergeleke met

2004.

Sleg enkeles trek voordeel uit groei. Slegs groot

ondernemers kon byvoorbeeld voordeel trek uit die

afskaffing van belasting om hulle produksiegereedskap

te moderniseer. “In werklikheid is ons sedert 2002 die

toeskouers van ’n verskerpte liberalisme sonder

voorbehoud,” merk Vader Sylvain Urfer op. “Dit is die

wet van die sterkste, en die armes gaan swaar

daaronder gebuk”. Die land word 146ste uit 177

geklassifiseer op die Verenigde Nasies se Program vir

Ontwikkeling (UNPD) se skaal vir menslike

ontwikkeling. Twee-derdes van die Malgasse (80% van

die landelike bevolking en 55% van die stedelike

bevolking) leef steeds onder die broodlyn; 60% ly aan

wanvoeding. Salarisse het bykans niks verhoog nie. ’n

Werknemer van die Departement van Onderwys vertel

rasend van woede dat hy verplig is om privaatklasse na

sy werksure te gee ten einde sy inkomste aan te vul.

Openbare hospitale, wat voorheen deur die laer

inkomstegroepe besoek is, ontvang die middelklas

sedert die konsultasietarief in Februarie 2005 van 1200

tot 15 000 Ariary (7) verhoog is: die armste mense is

uit die stelsel gewerp en wend hulleself tot tradisionele

praktisyns, merk ’n dokter op.

Al is skoolgelde afgeskaf, was dit eers in

Oktober 2005 dat die staat begin het om skole te

voorsien van die nodige om te kan funksioneer. Wat

die gratis verspreiding (befonds deur die Wêreldbank)

van skooltoerusting aan leerlinge betref, is dit goed en

wel om dit voor te stel as ’n wyse om teen armoede te

stry, maar dit is bloot ’n skuiwergat. “Word die ware

oorsake of slegs die gevolge van armoede beveg?” vra

’n laerskoolonderwyseres in Antananarivo se

buitewyke haarself af.

Die situasie op die platteland waar meer as 70%

van die Malgasse woon, het nie enige merkbare

verbetering getoon nie. Die skouspelagtige verhoging

in die prys van rys in 2004 – dit het verdriedubbel

tussen April en Desember – het slegs enkele groot

produsente bevoordeel, terwyl die groot gros van klein

rysproduseerders verontagsaam is (8). Aan die ander

kant van die spektrum het die bevolking, vir wie

hierdie graan hulle basiese stapelvoedsel is, erg

daaronder gely. “Ratsiraka het die ryspryse

gesubsidieer om hulle kunsmatig laag te hou.

Ravalomanana het hierdie subsidie afgeskaf. Hy het die

pryse laat sweef en dit het opgegaan,” verklaar mnr.

Richard R. Marcus.

Die president se groot aantal buitelandse reise –

onderneem aan boord van sy vliegtuig wat “Force

One” genoem word – om buitelandse beleggers na wie

daar met soveel verwagting uitgesien is, te verlei, het

diesnieteenstaande geen uitwerking gehad nie. ’n

Nieregeringsorganisasie (NGO), die Konsortium van

Solidariteit met Madagaskar, lê klem op verenigings se

besorgdheid oor hierdie groeiende armoede, omdat

hulle nie die vermoë besit om die staat te vervang wat

gesondheid of voeding betref nie (9).

Mnr. Marc Ravalomanana het sy gewoontes as

maatskappybestuurder behou vir die bestuur van

nasionale aangeleenthede. Na bewering impulsief en

wraaksugtig, het hy reeds verskeie ministers en

staatsadviseure wat hy as “onbevoeg” beoordeel het,

afgedank (10). Die meeste van hulle het hulle kort

daarna by die opposisie geskaar. In die naam van

hierdie einste “bevoegdheid”, gebeur dit soms dat die

staatshoof nie altyd by die wetlike prosedure hou nie.

“As die vrug van persoonlike nadenke van die

president van die Republiek is die afskaffing van

belasting in Augustus 2003 beslis en onmiddelik

toegepas, voordat die Parlement aangevra is om hulle

te begrawe,” reageer Sefafi. Verder, onder die

voorwendsel van die “handhawing van wet en orde” en

om politieke oproer tydens verkiesingsperiodes te

beperk, het die regerings- en munisipale owerhede nie

gehuiwer om twee van die opposisie se openbare

vergaderings te verbied nie – op 22 November en 17

Desember 2005. Dit het protes uitgelok van die

betrokke partye asook van organisasies soos Sefafi, wat

’n terugkeer na praktyke van die Ratsiraka-regime

veroordeel. “Dit is oneerlik om te verwag dat alles

binne drie of vier jaar kan verander. Baie van diegene

wat die huidige regime kritiseer, doen dit omdat dit

hulle belange dien,” reken Fara, ’n partylid. Ander is

van mening dat vryhede op hierdie wyse beter beskerm

word. Op soortgelyke wyse dui ’n verslag wat deur vier

navorsers opgestel en in Oktober 2005 gepubliseer is

(11), aan dat meer as vier uit vyf Malgasse van mening

is dat “die vryheid om sonder druk te kies vir wie ’n

mens wil stem” groter is as enkele jare tevore en dat

76% van die bevolking dink dat “die vryheid om te sê

wat ’n mens dink” beter gerespekteer word.

In weerwil van die polemiek is mnr.

Ravalomanana bykans verseker daarvan dat hy

volgende jaar herkies sal word. Teenoor hom kom die

opposisie minder geloofwaardig voor. Sedert Junie

2005 eis dit die opstelling van ’n “oorgangsregering”,

aangesien die presidentsverkiesing van 2002 – van ’n

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 45
tweede rondte ontneem – nie volledig plaasgevind het

nie. Hierdie vereiste word nouliks ernstig opgeneem.

“Diegene wat hulleself in die opposisie bevind, wil

bloot die mag en die rykdom wat daarmee saamgaan,

terugvind. Dit is al wat hulle interesseer”, meen ’n

inwoner van Antananarivo net soos vele ander.

Al het die meerderheid van ekonomiese

rolspelers een van hulle makkers met tevredenheid as

staatshoof aanvaar, het hulle baie behoedsamer geword

sedert die finansiële krisis in 2004, maar hulle stem

nietemin saam dat die regering in 2007 hernieu moet

word. “Hierdie eerste jare was ’n fase van vestiging. ’n

Mens kan nie dadelik resultate sien nie. Die nuwe span

moet voortgaan met dit waarmee hy begin het, anders

gaan ons weereens van voor af begin en dit sal

weereens katastrofies wees,” meen ’n ondernemer wat

in die hoofstad gevestig is. “Vele dinge is vermag. In

die platteland kom mense agter dat dinge nie meer soos

voorheen is toe enigiemand enigiets kon doen nie: nou

word alles bestuur, boere vorm verenigings en klein

ontvangers kan nie meer by enigiemand aanklop nie.”

In Antsirabe, ’n groot stad wat 160 km suid van

die hoofstad geleë is, kom ’n sosioloog wat ’n spesialis

van die landelike bevolking is, minder optimisties

voor: die idee om ’n landboubedryf te ontwikkel wat

dikwels deur die owerhede in Antananarivo

aangemoedig word, kom vir hom heeltemal buite

verband voor met die realiteit van Malgassiese

landbou, wat grotendeels uit klein familie-eenhede

bestaan. In 2005 het die staat ’n duisend Nieu-

Seelandse melkkoeie ingevoer om boere aan te spoor

om hulleself in die melkbedryf te vestig. Personeellede

van die Departement van Veeteelt wat daarteen gekant

was, is afgedank. Die helfte van die vee is deur Tiko

aangekoop. Die res het tot op hede geen kopers gevind

nie: die aantal boere wat ’n koei kan bekostig wat 4

miljoen Ariary kos (sowat 1800 Euro), is skaars (12).

In 2002 het mnr. Marc Ravalomanana vier

maande nodig gehad om internasionale erkenning te

bekom. Met die vooruitsig van volgende jaar se

verkiesing kan hy reeds op die ondersteuning van

borge staatmaak wat tevrede is met sy neoliberale

beleid, met die instelling van die Hoë Raad vir die

Stryd teen Korrupsie (Cslcc) en met die Onafhanklike

Anti-korrupsie Kantoor (Bianco). Waarom aanvaar die

borge dat die staatshoof byvoorbeel ’n maatreël vir die

ontheffing van belasting instel wat lynreg teenoor hulle

beginsels staan, terwyl hulle voorheen met ’n vuis op

die tafel moes slaan vir minder? “Die feit dat die

regering die vermindering van armoede as doelwit op

die voorgrond stel, bied ’n gedeeltelike verduideliking

vir hulle inskiklikheid,” meen mnr. Philip Allen, dosent

aan die Universiteit van Frostburg (Maryland).

Hierdie wêreldwye finansiële instellings is

deesdae alomteenwoordig. “’n Mens kry die indruk dat

Ravalomanana nie vry is nie. Dit is die Wêreldbank,

die IMF [Internasionale Monetêre Fonds] wat alles

dikteer. Die intellektuele wat voel hulle is bevoeg,

word heeltemal uitgesluit. Die president se tegniese

assistente is buitelanders, amper soos onder die Eerste

Republiek toe daar ’n Fransman agter elke Malgas was.

Dit skep ongelooflike ongemaklikheid. Reeds onder

Ratsiraka, vanaf die strukturele aanpassings in die

middel van die 1980's, is daar aan Malgassiese

bestuurders voorgesê om stil te bly”, verduidelik mev.

Janine Ramamonjisoa, dosent in Sosiologie aan die

Universiteit van Antananarivo.

En die atmosfeer aan die universiteit is

inderdaad stug. Vele dosente – waarvan die

meerderheid mnr. Ravalomanana in 2002 ondersteun

het – die meerderheid van hulle ouer as vyftig jaar (aan

die begin van die 1990's het die Wêreldbank gevra om

aanstellings te vries), erken teleurgesteld dat hulle

uitgeput is. “Ek het aan die volksbewegings van 1972,

1991 en 2002 deelgeneem (13). Vandag is dit verby, ek

het nie meer die energie om met enigiets te begin nie,”

bieg een van hulle aan die stuur van sy ou Renault R5.

Is dit toevallig dat die musiekgroep Mahaleo ’n doring

in die voet vir mnr. Ratsiraka se regime, vandag, meer

as dertig jaar na sy debuut, steeds net soveel stadions

vul? “Ek vrees niks het verander nie. Die president

veins die verlede. Soos meubelstukke in museums wat

nie ’n skrapie het nie, maar toegegroei is onder mos”,

het die protesteerders aan die begin van die 1980's

gesing ... Die liedjie is steeds baie gewild. Nietemin,

aan diegene wat twyfel of die rigting waarin die land

gestuur word die regte een is, gee die president se

ondersteuners raad: geduld. “Die pad is nie maklik

nie,” soos mnr. Solofo Randrianja opmerk, “want daar

moet terselfdertyd deursigtigheid aan staatsbestuur

verleen word, terwyl voorregte en netwerke wat sedert

die onafhanklikheidswording gevestig is, aandag moet

kry ...”

(1) Lees Sylvie Brieu, “La Grande Ile sous l’influence des

Eglises”, Le Monde diplomatique, Oktober 1995.

(2) Lees Jean-Aimé Rakotoarisoa, “Les racines culturelles de

la crise malgache”, Le Monde diplomatique, Maart 2002.

(3) Lees Philippe Leymarie, “Madagascar entre nationalisme

et survie”, Le Monde diplomatique, Maart 1997.

(4) “Ravalomanana, 2002-2005: Des produits laitiers aux

affaires nationales”

FAST Country Risk Profile Madagascar. Augustus 2005.

(5) Die groep bestaan uit: Tiko Oil Products, Tiko Agri,

Toamasina Oil Plants, Iko, Tia (landbou); Magro

(Malagassiese groothandelaar), Tiko (handel), Alma, CCM

(konstruksie), radio mada, mbs, radio fahazavana, le

quotidien, Blueprint (media). www.tiko.mg

(6) Daar is steeds veel om te vermag in ’n land wat berug is

vir sy gebrek aan toerusting: daar bestaan 14 000 km

"begaanbare" paaie in Madagaskar, die helfte minder as in

1960.

(7) Sedert Desember 2004 vervang die ariary die malgassiese

frank. Dit kan nie verruil word nie. Een ariary is gelykstaande

aan 5 malgassiese frank. Een euro is gelykstaande aan 2500

ariary.

(8) In 1999 het die rysbedryf 12% van die bruto binnelandse

produk (BBP) uitgemaak en het rysproduksie ongeveer 10

miljoen mense van die 15 miljoen inwoners betrek.

(9) Madagasconsortium.free.fr

(10) Mnre. Andry Rasamindrakotroka (Gesondheid), Haja

Razafinjatovo (Onderwys), Jean Seth Rambeloharijanona

(Binnelandse Sake), Ndalana René (Sport), Zaza

Ramandimbiharison (Adjunk Eerste Minister), Mejamirado

Razafimihary (Nywerheid).

(11) Navorsing gedoen deur die Navorsingsinstituut vir

Ontwikkeling, l’Institut de recherche pour le développement

(IRD); die Raad vir Studie en Opleiding, Conseil, étude,

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 46
formation (Coef); Ontwikkeling, Instellings en Langtermynanalises

(Dial). www.afrobarometer.org/madagascar.htm

(12) Die minimumsalaris is vasgestel op 52 000 ariary (24

euro).

(13) In 1972 het ’n volksbeweging vir Philibert Tsiranana,

wat as neokoloniaal bestempel is, omvergegooi. In 1991 het

’n ander volksbeweging vir mnr. M. Didier Ratsiraka ’n

eerste keer verdryf.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 47
• Dossier: Die politiek van Islam

Drie jaar gelede, op die vooraand van die Amerikaansgeleide inval van Irak, het meer as 80% van

Monitor op rsg se luisteraars hulle steun vir dié imperiale avontuur uitgespreek in ’n telefoonpeiling.

Waarskynlik het dié luisteraars sedertdien heelwat stof tot nadenke gekry, en ook meer inligting om

die verwerplike teorie van Samuel Huntington oor ’n ‘botsing tussen beskawings’ aan die vergetelheid

toe te vertrou. In hierdie dossier probeer ons lesers op hoogte bring met sleutelaspekte van die

politiek van Islam vandag. Georges Corm ontleed Hamas se verkiesingsoorwinning in Palestina. William

Dalrymple wys op die komplekse funksie van Islamitiese skole in Pakistan. Johann Rossouw ontleed

die reaksie op die Moslemspotprente.

Moslemspotprente:

Vryheid van spraak?

EEN VAN DIE GROOTSTE IRONIEË VAN DIE

“POST-RELIGIEUSE” EUROPESE SAMELEWING

EN SY (NEO)LIBERALISME, IS HOE DIT MET

PRESIES DIESELFDE IRRASIONALITEIT

WAARVAN DIT RELIGIEË DIKWELS BESKULDIG,

MET SY EIE WAARDES OMGAAN.

Deur Johann Rossouw *

A

sof met blindheid geslaan, verdedig hy hierdie

waardes as sou dit die hoogtepunt van menslike

prestasie verteenwoordig, terwyl dié samelewing

feitelik toenemend onderlê word deur dekadensie,

ideeloosheid en ’n enorme onvervulde sug na – ja, die

transendente, die méér wat dit vir ons moontlik maak

om ‘ons’ te sê.

Ewe absurd in hierdie

onheilige komedie is hoe

hierdie samelewing sy

waardes na die hoofstroommedia

wêreldwyd uitvoer:

gewis ’n algemene waarstelling,

maar een wat deeglik

bewys is deur die Suid-

Afrikaanse hoofstroompers se

ietwat hopelose reaksie op

die hofbevel wat deur ’n

Islamitiese groep, Jamiatul

Uluma, teen die Sunday

Times en die Independentkoerantgroep

verkry is om

die publikasie van die

gewraakte Deense

Moslemspotprente te keer. “Vryheid van spraak!

Vryheid van spraak!” is soos uit een mond geweeklaag.

Veral interessant was om te sien hoe George Claassen,

ombudsman van Die Burger en uitgesproke

antireligieuse kommentator rondval om in terme van

die heersende liberale kode die tameletjie te hanteer,

terwyl die koerant waar hy in diens is die enigste

* Redakteur

Afrikaanse koerant met ’n noemenswaardige

Moslemleserstal is. Ewe sprekend van die houvas wat

die liberale orde op die Afrikaanse intelligentsia gekry

het, was hoe Etienne van Heerden moes bontstaan om

te verklaar waarom Litnet nie Nathan Bond se

klaarblyklik hatige brief oor die Islam op Litnet sou

plaas nie … nadat Bond en andere al jare lank lustig

onder die Christendom inklim.

Van Heerden is nie Claassen nie, en nie die

minste nie weens die veel genuanseerder wyse waarop

Van Heerden met religie, filosofie en die onsigbare wat

mense dryf, omgaan – maar dit daar gelaat. Die feit van

die saak is dat min ander dinge so goed as die

omstredenheid oor hierdie spotprente die gevaar

daarvan blootlê om vryheid van spraak met dieselfde

blinde geloof te verheerlik as waarmee mense soms

met hulle geloof self omgaan, en waarop die blinde

aanhangers van vryheid van

spraak nooit links is om die

res van die mensdom se

aandag te vestig nie.

Dit ly geen twyfel nie

dat vryheid van spraak (wat

nie deur die liberalisme

uitgevind is nie, al sukkel ’n

mens om dit te glo) ’n

kosbare waarde is en tewens

’n hoeksteen van enige

demokrasie. Maar om die

ganse debat oor die

Moslemspotprente te stel in

terme van die regte van

Moslems teenoor die reg op

vryheid van spraak, so asof

die opweeg van verskillende

regte die alfa en die omega van die politieke lewe is, is

om in ’n steriele, juridiese doodloopstraat te beland wat

geensins die vraagstukke ter sake hanteer nie.

Daar is minstens twee sake wat swaar weeg in

die beoordeling van die Moslemspotprentdebakel,

naamlik die politiek van Islam en die gewig wat die

beeld onderskeidelik in die Weste en binne Islam dra.

Wat die politiek betref: in ’n briljante artikel

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 48
wat Sélim Nassab op die vooraand van die

Amerikaansgeleide inval van Irak in Le Monde

diplomatique van Maart 2003 gepubliseer het,

genaamd “Om klaar te speel met die Arabiese wêreld”

(“Pour en finir avec le monde arabe”) gee Nassab ’n

broodnodige historiese agtergrond om te verklaar

waarom daar vandag soveel woede teenoor die Weste

onder Moslems en veral die Arabiese wêreld bestaan.

Nassab gee ’n oorsig van die verskillende

vernederings waaraan die Arabiese wêreld sedert die

begin van die 1920’s, oftewel vanaf die val van die

Ottomaanse Ryk, deur Westerse lande onderwerp is.

Destyds was die Arabiese wêreld reeds vir vier

eeue onder die Turkse (en dus Moslem-) regering, wat

dan ook verklaar waarom mnr. Osama Ben-Laden hom

beroep op kalifaat, oftewel Moslemregering,

waaronder alle Moslems sou val. Nassab som die

houding van Arabiere teenoor die Ottomaanse Ryk op:

“As hulle belasting eers betaal was en hul seuns na die

weermag gestuur, was die gewone Arabiere van

Beiroet, Damaskus of Jerusalem min of meer kiets met

die politieke mag. Die politieke mag was elders, en

hulle hoef hulle nie daaroor moeg te maak nie.

Gegroepeer in families, sibbe (clans), gemeenskappe,

streke of ander lojaliteite was hulle Arabiere van

Palestina, Libanon of Sirië sonder dat hulle ‘land’ van

oorsprong vir hulle ’n nasionaliteit was.”

Intussen het die Arabiese intellektuele egter

vanaf die einde van die 19de eeu besef dat die

Ottomaanse Ryk se afgang onomkeerbaar was.

Gevolglik het hulle hulle gewerp in ’n beweging van

kultuurpolitieke herlewing, die Nahda, “waar die wil

om Islam en die samelewing te transformeer, en weer

die lewende bronne te vind wat dit oplaas vir Arabiere

moontlik sou maak om deel van die wêreld te vorm,

met mekaar vermeng is.” Aangesien die Ottomaanse

Ryk reeds Islamities was, het Arabiese nasionalisme

vir hierdie intellektuele die enigste basis van bevryding

van die Ryk uitgemaak.

Toe hierdie intellektuele aan die einde van die

1910’s teen die Ottomaanse Ryk opgestaan het, het

Brittanje sy belofte van ’n groot Arabiese staat

verontagsaam … en die skepping van “’n nasionale

Joodse tuiste” in Palestina beloof. So is die Arabiese

wêreld se eerste tree na ’n post-Ottomaanse

moderniteit met verraaide verwagting gegee.

Hierop het die skepping van ’n aantal Arabiese

nasies gevolg, aangedryf deur Brittanje en Frankryk.

Dié state was almal onder mandaat van die twee

Westerse moondhede ten einde die “jong lande na

onafhanklikheid te help”, paternalisme ingesluit,

dankie.

Die volgende Westerse vernedering vir die

Arabiese wêreld het gekom in 1948, toe die Staat van

Israel op ’n golf van internasionale simpatie vir die

Jode gestig is. Nadat die Arabiere aan die einde van die

Eerste Wêreldoorlog gekul is, was dit nou weer so, en

is ’n tweede vernedering deurloop.

President Nasser van Egipte het hierop

gereageer deur die Verenigde Arabiese Republiek van

Egipte uit te roep, in die hoop dat dit mettertyd die

ganse Arabiese wêreld sou insluit, en dat dié wêreld

sodoende by die moderne era kon aansluit. Die hoop

wat hieruit voortgevloei het, het uiteindelik fataal

beskaam met die Sesdaagse Oorlog van 1967. Die

Arabiese wêreld het dit as verraad deur die Weste en

Israel beleef, en was in hierdie stadium so verneder dat

hy nie in staat was om deeglike selfondersoek oor sy

aandeel in die gebeure te doen nie.

In hierdie jare het die Westerse miskenning van

die Arabiese nasionalismes, tesaam met die korrupsie

van die Arabiese regerings, gelei tot die

onvermydelike: die herlewing van Islam as basis van ’n

ander politiek. Die Iranese rewolusie van 1979 het dié

feit met ’n oorverdowende knal aangekondig.

Deur die loop van die 1980’s het veral die VSA

’n krimineel onverantwoordelike strategie gevolg deur

korrupte regerings of Islamiste in die Arabiese wêreld

en die Nabye en Verre Ooste in die algemeen te steun.

Dit het ingesluit steun aan Saoedi-Arabië se

koningshuis, aan Saddam Hoessein se regering en aan

Afganistan se heilige vegters, waar Ben-Laden ook

deur die CIA opgelei is.

Terwyl veral die VSA en die Weste in die

algemeen sy steun vir verskillende faksies in die Nabye

en Verre Ooste sedert die 1920’s aan die hand van

kortsigtige eiebelang verwissel het, is veral

Amerikaanse steun aan Israel die een konstante. Teen

hierdie agtergrond het die katastrofale situasie van die

Palestyne die simbool van die ganse Arabiese wêreld

se vernedering geword.

Kan enigiemand dan verbaas wees oor die felle

reaksie wat wêreldwyd onder Moslems uitgebreek het?

Laat ons ook nie vergeet nie dat die felste protesaksies

voorgekom het in lande waar Moslemminderhede

tweedeklasburgers is, sowel as in die Midde-Ooste –

met ander woorde waar Westerse politieke miskenning

van Moslems en die Arabiese wêreld in die algemeen

op sy ergste is.

Om jou in hierdie omstandighede bloot op

vryheid van spraak te beroep, met die flou kwalifikasie

dat “ons darem simpatie met die Moslems het”, is

verregaande. Want die feit van die saak is dat vryheid

van spraak by uitstek daar bestaan waar ’n politiek van

erkenning beoefen word. Mense verbrand nie mekaar

se vlae of ambassades as hulle in die eerste plek erken

word nie.

Dit bring ons by die kwessie van die rol van die

beeld binne die Weste en Islam. Waar die

Moslemwêreld tot aan die einde van die Middeleeue op

die voorpunt van kennis en tegnologie gestaan het in

wat vandag as die Weste en die Nabye en Verre Ooste

bekendstaan, is die bordjies vanaf die die 15de eeu

verhang. Hierdie oorgang gaan gepaard met die

opkoms van seevervoer en die boekdrukkuns in die

Weste, oftewel wat Régis Debray die grafosfeer noem.

Tydens die volgende vier eeue, toe die Arabiese

wêreld onder die Ottomaanse Ryk was, het die

gedrukte woord en die Protestantisme sy eie haat vir

die beeld meegebring. Die Moslemwêreld was in ’n

groot mate agter in die grafosfeer, en sou uiteindelik

min of weinig blootstelling aan die volgende groot

tegnologiese rewolusie, die opkoms van die

oudiovisuele, hê tot laat in die 20ste eeu.

Terwyl die Weste deur die loop van die 20ste

eeu met sy televisie en rolprente die beeld banaal

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 49
gemaak het – en ook sy eie religieuse beelde in die

proses – het die fiksasie op die visuele uitgebly in die

Moslemwêreld. Dit verklaar dan ook waarom

Moslembetogings so dikwels met die vertoon van die

Koran of die waai van vlae met skrif op gepaardgaan.

Kan daar in hierdie verband ’n meer hartverskeurende

beeld wees as dié van ’n Pakistanse man in sy dertigs

wat met sy gesig vertrek van pyn agter sy baard die

Koran in die lug hou? Wat het hierdie mense anders as

Islam?

Om te beweer dat hulle die Weste haat vir wat

hy het, is vergesog: die Weste word gehaat vir wat hy

die Moslemwêreld alles ontneem in sy geldige strewe

na vryheid en demokrasie op sy eie voorwaardes. En

waar die Moslemwêreld inderdaad korrek handel

volgens die Westerse voorskrifte van demokrasie, waar

’n vrye en regverdige verkiesing plaasvind, soos in

Januarie in Palestina gebeur het, dan word die

nuutverkose regering aan allerlei dreigemente

onderwerp as hy nie sy politieke program laat vaar nie.

Dieselfde sterk medisyne is beslis oor dekades nie

uitgedeel aan die Ierse Republikeine, Irak onder

Saddam Hoessein of selfs Afganistan vandag na die

Taliban nie.

Op die tuisfront is dit begryplik dat die Suid-

Afrikaanse pers met die vorige bedeling se miskenning

van vryheid van spraak nog vars in die geheue so

ontsteld was oor die hofbevel teen die publikasie van

die gewraakte spotprente. Dit is ook so dat die Suid-

Afrikaanse media oor die algemeen pro-Palestyns en

religieus sensitief is. Aan die ander kant is dit ook waar

dat die kras materialisme van die neoliberale wanorde

en sy fikasies op die dekadente lewens van “bekendes”

na 1994 ongekende hoogtes in die Suid-Afrikaanse

media bereik het. Daar is ’n byna hedonistiese

verheerliking van materiële begeertes, iets waarin die

Afrikaanse media in ’n mindere mate skuldig is.

Dat so ’n klimaat Suid-Afrikaanse Moslems kon

laat wonder oor of hulle nie ook maar met die stok van

“vryheid van spraak” geslaan sal word nie, is volkome

begryplik.

By laaste oorweging is een ding seker: drie jaar

na die Amerikaansgeleide inval van Irak is die

vernedering van Arabiere in die besonder en Moslems

in die algemeen erger as ooit. Dat religieuse

ekstremisme en onbuigsame leiers onder hierdie mense

na vore tree, is geensins vreemd nie. Die enigste

alternatief is dat demokrate wêreldwyd in solidariteit

met die brose demokratiese kragte in die Arabiese

wêreld moet saamspan. Want so nie sal Bush en Ben-

Laden later as net die voorspel van die eintlike slagting

staan.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 50
• Dossier: Die politiek van Islam

In Pakistan se madrasas

Deur William Dalrymple *

N

ie ver van die Indus-rivier nie, stroom-op van

Akora Khattak in die Frontprovinsie in die

noordwestelike deel van Pakistan en baie naby die pad

na Islamabad waarop die vragmotors verbydreun, staan

die Haqqania, een van die radikaalste van die religieuse

skole bekend as madrasas. Etlike Talibanleiers,

waaronder mollah Omar self, is deur dié instelling

opgelei. Die skool word beskuldig daarvan dat hy die

brutale, ultrakonserwatiewe weergawe van die

Islamitiese wet soos beoefen deur die Taliban

geïnspireer het, en hier is ook niks wat ’n mens laat

dink dat die Haqqania oor sy voormalige leerlinge

skaam sal kry nie. Om die

waarheid te sê, verklaar die

skoolhoof, Maulana Sami ul-

Haq, met trots dat die dag wat

die Taliban nuwe vegters

soek, hy die skool sal sluit en

al sy leerlinge sal stuur om

die wapen op te neem. Die

naam Akora Khattak

beliggaam dus in vele opsigte

alles wat die Amerikaanse

leiers die meeste vrees en

verafsku in hierdie streek, ’n

bastion van religieuse,

intellektuele en soms militêre

weerstand teen die Pax

Americana.

Wanneer die Indus oorgesteek word, waai ’n

kragtige stofwarrelwind. In die skaduwees van die

massiewe mure van die fort van Attock, ’n borswering

wat Indië eens teen Afgaanse invalle beskerm het,

belyn populiere die pad. In die verte toring die blou

heuwels van Margall soos die getande rug van ’n

draak. Op die skouer van die pad is daar ’n

begraafplaas waar die vlae wat elke graf versier, in die

wind wapper. ’n Paar kilometer daarvandaan in die

verte staan ’n paar vervalle betongeboue in ’n moderne

weergawe van die Mogol-argitektuur. Wasgoed word

droog op die dakke en verandas van sy slaaptorings, en

in die binnehof maal die leerlinge. Hulle is almal mans,

elkeen dra ’n tulband en ’n welige baard.

Vir iemand wat oor die algemeen as ’n ware

ikoon van haat van die Weste beskou word, kom

Maulana Sami voor as ’n verbasend geestige,

blymoedige man. Hy dra ’n blou manel van vaagweg

* Lid van die Royal Society of Literature asook die Royal

Asiatic Society en skrywer van onder meer White Mughals:

Love and Betrayal in Eighteenth-Century India

(HarperPerennial, 2003). Hierdie artikel is ’n verkorte

weergawe van ’n teks wat in die New York Review of Books

verskyn het. Uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw

redakteur@vryeafrikaan.co.za

Victoriaanse snit, en sy goedversorgde baard waag ’n

tikkie henna. Sy gesig is hoekig, sy neus staan uit en

daar is lagplooitjies om sy oë. In sy kantoor stel hy sy

kleindogter van twee voor, wat rustig met ’n rubberbal

speel. Min tekens dat Haqqania ly onder die

onderdrukkende maatreëls wat president Pervez

Moesharraf verklaar het hy wou teen die sentra van

Islamitiese radikalisme instel. Die gesig van my

gespreksgenoot verhelder: “Dit is vir Amerikaanse

verbruik gereserveer,” lag hy goedhartig. “Dis bloot

mediaverklarings. Daar’t niks van gekom nie.”

Vind hy nie die atmosfeer op die oomblik

verstikkend nie?

“Inteendeel, ons is in ’n sterk posisie. Bush het

die ganse Islam laat ontwaak.

Ons is daarvoor erkentlik

teenoor hom.” Sy glimlag

word groter. “Ons werk is die

propagering van die

Islamitiese ideologie. Ons

verskaf die onderrig, die klere

en die boeke gratis. Ons kan

selfs mense gratis huisves.

Ons is die enigstes wat die

armes onderrig.”

Maulani Sami bly ’n

oomblik stil en sy glimlag

verdwyn. “Die mense is

wanhopig. Hulle het genoeg

gehad van Pakistan se ou

sedes, die sekulêre partye en

die weermag. Daar is soveel korrupsie. Moesharraf

doen niks anders as om teen die Moslems te baklei nie

en ‘amen’ te sê op alles wat die Weste wil hê. Hy stel

nie in die mense belang nie. Daarenteen soek almal

vandag Islamitiese antwoorde – en ons kan help om

hulle te vind. Slegs ons Islamitiese stelsel kan

geregtigheid bring.”

Of dit nou ten goede of ten kwade is, is die

politieke ontwikkelinge wat Sami ul-Haq vanuit sy

madrasa van Akora Khattack waarneem besig om

dwarsoor Pakistan herhaal te word. ’n Studie van die

Pakistanse Departement van Binnelandse Sake wat na

11 September uitgevoer is, het onthul dat daar 27 keer

meer madrasas in die land as in 1947 is. Met

onafhanklikheidswording was daar 245, maar in 2001

het die getal gestyg tot 6870 (1). En onder hulle word

’n beduidende gedeelte beheer deur of is verbind aan ’n

vereniging van Islamitiese partye genaamd die Koalisie

vir Aksie Moettahida Majlis-e-Amal (MMM) wat

onder Sami se adjunkpresidensie ’n soort Talibanregime

in die Noordoos-Frontprovinsie ingestel het wat

musiek in die openbaar asook enige uitbeelding van die

menslike gestalte verbied. Op bisarre wyse is die

enigste uitsondering op dié reël “Colonel Sanders” se

prentjie op Kentucky Fried Chicken se teken in

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 51
Peshawar. Hulle verduidelik dat dit is omdat die

kolonel se baard as behoorlik Islamities beskou word,

wat hom toelaat om te ontsnap aan die ikonoklasme

wat oral elders verpligtend is.

Die Islamitiese partye weet van die voordele

wat hulle uit die beheer van hierdie plekke van

onderrig kan trek en hulle steek dit nie weg nie. Die

hoofkantoor van Jamaat-e-Islami in Lahore is

byvoorbeeld ook ’n madrasa waar tweehonderd

studente ’n Koraniese opvoeding met ’n duidelike

politieke inslag ontvang. ’n Woordvoerder van die

party was baie eksplisiet: “Die politieke transformasie

wat deur ons madrasa meegebring word, is besig om ’n

massiewe invloed op Pakistan se toekoms uit te oefen.

Daar bestaan ’n noue band tussen die

verkiesingsuksesse van die Islamitiese partye en die

werk wat ons in ons madrasas doen.”

Dwarsoor Pakistan het die religieuse gelowe

gevolglik verhard. Die verdraagsame barelvi-variant

van Islam wat deur die Soefisme beïnvloed is, is

heeltemal uit die mode, grootliks uitgedruk deur die

skielike opkoms van die mees geharde en

gepolitiseerde hervormingsugte, naamlik die

Deobandi-, Wahhabitiese en Salafistiese strominge.

Die snelle vermenigvuldiging van hierdie

madrasas het in die 1980’s begin onder die beskerming

van generaal Zia ul-Haq (2) binne die kader van die

Afgaanse djihad, en is hoofsaaklik deur die Saoedi’s

gefinansier. Waar talle van die madrasas wat tydens dié

era gestig is bloot ’n vertrek aangebou aan die

dorpsmoskee is, het ander baie gevestigde instellings

geword: die Dar ul-Uloom in Baloetsjistan huisves

byvoorbeeld 1 500 seuns in die koshuis en nog 1 000

van buite. Daar is in totaal nagenoeg 800 000 leerlinge

in Pakistan se madrasas, ’n hele Islamitiese

onderwysstelsel, gratis en verniet, wat meeding met ’n

sterwende openbare sektor.

In Pakistan is die openbare-onderwysbegroting

slegs 1,8% van die bruto nasionale produk. Dit is

waarom 15% van die skole nie oor voldoende plek

beskik nie, 40% nie lopende water het nie en 71%

sonder elektrisiteit is. Wegblyery kom gereeld onder

die onderwyserskorps voor, en in werklikheid bestaan

talle van hierdie skole slegs op papier. Toe die

voormalige Pakistanse krieketkaptein wat tot die

partypolitiek toegetree het, mnr. Imran Khan, in 2004

oor die openbare skole in sy kiesafdeling navraag

gedoen het, het hy ontdek dat een-vyfde van dié wat op

die register ingeskryf is nie bestaan nie, en dat 70%

byna altyd toe is.

Pakistan se agterstand teenoor Indië op

onderwysgebied is skouspelagtig: in Indië is 65% van

die bevolking geletterd en die persentasie groei

jaarliks. In Pakistan is die geletterdheidskoers egter

slegs 42%, en dié syfer is aan die daal. In plaas daarvan

om in onderwys te belê, rus die militêre regering sy

lugmag toe met ’n nuwe geslag F16-vliegtuie. Die

amperse bankrotskap van nasionale onderwys beteken

dat, vir ’n beduidende deel van die bevolking, die

enigste hoop om hulle lot te verbeter is om hulle

kinders na ’n madrasa te stuur waar hulle verseker is

van ’n opvoeding – gewis streng tradisioneel, maar

volkome gratis.

Die hegemonie van die madrasas oor die

onderwysstelsel is ongetwyfeld uniek, maar die

algemene neiging is oral in die Moslemwêreld

dieselfde. In Egipte het die aantal onderwysinstellings

afhanklik van die Al-Azhar-universiteit van Kaïro

gestyg vanaf 1 855 in 1986 na 4 314 tien jaar later. Die

Saoedi’s het hulle befondsing verhoog en bestee

byvoorbeeld tans net in Tanzanië meer as een miljoen

dollar per jaar op die oprigting van nuwe madrasas. In

Mali huisves die madrasas reeds 25% van die

skoolgaande kinders.

Gesien in hierdie groter konteks bring maulana

Sami ul-Haq en sy madrasas belangrike vrae na vore.

In watter mate is hulle verantwoordelik vir die

probleme wat op die aanvalle van 11 September 2001

uitgeloop het? Is hulle enigiets anders as

terroristefabrieke? Moet die Weste nie op die

kliëntstate van die VSA, Pakistan en Egipte, druk

uitoefen om hulle eenvoudig te sluit nie?

In die klimaat van paniek wat op die

Islamistiese aanvalle op die Verenigde State gevolg

het, lyk dit of die antwoord op hierdie vrae

vanselfsprekend is. Die Amerikaanse Minister van

Buitelandse Sake, mnr. Colin Powell, en die Minister

van Verdediging, mnr. Donald Rumsfeld, het kwalik

dieselfde blik op buitelandse beleid gehad, maar oor

die bedreiging wat die madrasas sou inhou, was hulle

eenstemmig. In 2003 stel mnr. Rumsfeld die vraag soos

volg: “Is ons regtig elke dag besig om meer Islamiste te

vang, dood, neutraliseer of te ontmoedig as wat die

madrasas en die radikale geestelikes werf, oplei en teen

ons lanseer?” ’n Jaar later het mnr. Colin Powell

beweer dat die madrasas teelaardes vir

“fundamentaliste en terroriste” is.

Tog is die verband tussen madrasas en

internasionale terreur allesbehalwe ooglopend, en nuwe

studies het verskyn wat die dikwels herhaalde, dog

intellektueel betwisbare teorie waarvolgens die

madrasas bloot opleidingsentra vir Al-Kaïda sou wees,

in twyfel trek. Dit is gewis so dat talle madrasas

fundamentalisties en letterlik in hulle benadering tot

die heilige geskrifte is, en dat vele van hulle tot die

mees geharde skole van die Islamitiese denke behoort.

Baie min van hulle berei hul leerlinge voor om in ’n

moderne, pluralistiese samelewing te funksioneer. Dit

is eweneens waar dat sekere madrasas regstreeks met

Islamitiese radikalisme en sporadiese uitbarstings van

geweld verbind kan word. Net soos wat daar jeshiva’s

en kolonies op die Wesoewer is wat bekend is vir hulle

geweld teen die Palestyne, of kloosters in Serwië wat

aan oorlogsmisdadigers skuiling gegee het, is daar na

raming tot en met 15% van die madrasas in Pakistan

wat gewelddadige djihad (heilige oorlog) aanblaas, en

sommige onder hulle wat klandestiene militêre

opleiding verskaf. Madrasaleerlinge het deelgeneem

aan die djihad in Afganistan en Kasjmir, en is

herhaaldelik betrek by geweldpleging, by name teen

die Sjiïete wat ’n minderheid in Karatsji vorm.

Desnieteenstande het die vervaardiging van

kanonvoer vir die Taliban en die dwaalleringe van

plaaslike sektes niks te make nie met die opleiding van

terroriste onderlê in moderne tegnologie soos dié van

Al-Kaïda, wat ewe verfynde as afgryslike aanvalle

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 52
uitgevoer het teen die torpedojaer USS Cole, die

Amerikaanse ambassades in Oos-Afrika, die World

Trade Center of die Londense moltreinstelsel. In

werklikheid beklemtoon verskeie onlangse studies die

noodsaaklikheid om te onderskei tussen

gediplomeerdes van die madrasas – dikwels vroom

dorpenaars afkomstig uit ’n brandarm agtergrond en

nie juis met tegniese aangeleenthede vertroud nie – en

die djihadistiese, kosmopolitiese salafis afkomstig uit

die middelklas wat Al-Kaïda-operasies oor die wêreld

beplan. Dit blyk dat die meeste van dié mans sekulêre

en tegnologiese agtergronde het. Nóg mnr. Osama ben-

Laden, nóg enige van die mans wat die aanvalle op die

Verenigde State of Groot-Brittanje uitgevoer het, is in

’n madrasa opgelei of het as geestelike gekwalifiseer.

Die mans wat die aanvalle van 11 September

2001 beplan en uitgevoer het, is dikwels deur die

Anglo-Saksiese pers as “Middeleeuse fanatici”

voorgestel. Dit sal meer gepas wees om hulle te

beskryf as hoogs opgeleide dog polities verwarde

professionele. Mohammed Atta was ’n argitek; Aiman

al-Zawahiri, mnr. Ben-Laden se stafhoof, was ’n

kinderchirurg; Ziad Jaeeah, een van die stigters van die

Hamburg-sel, was ’n student in tandheelkunde voor hy

in vliegtuigboukunde gespesialiseer het; mnr. Omar

Sjeik, beplanner van Daniel Pearl se ontvoering, was ’n

gediplomeerde van die London School of Economics.

Dit is wat byvoorbeeld duidelik word met die

subtielste ontleding van transnasionale djihadisme wat

tot op hede gepubliseer is, Understanding Terrorist

Networks, deur ’n voormalige CIA-agent, Marc

Sageman. Hy het die

biografieë van 172 terroriste

met Al-Kaïda-bande bestudeer

en sy gevolgtrekkings

maak korte mette met die

meeste media-clichés oor die

persoonlikheid van rekrute.

Sy steekproef is vir tweederdes

saamgestel uit

kleinburgers (petits bourgeoises)

met universiteitsopleiding.

Hulle is oor die

algemeen professionele lui

bekend met tegnologie en van

wie etlikes doktorsgrade het.

Hulle is ook nie jong

domkoppe nie: hulle

gemiddelde ouderdom is 26, die meeste is getroud en

heelparty het kinders. Slegs twee lyk asof hulle

sielkundige probleme het. Islamitiese terrorisme is soos

die Joodse en Christelike terrorisme wat dit

voorafgegaan het in wese ’n aktiwiteit van die burgery.

Daar is natuurlik enkele gevalle van

gediplomeerdes van radikale madrasas wat by Al-

Kaïda aangesluit het. Maulana Masood Asjar, hoof van

die djihadistiese organisasie Jaisj-e-Muhammoead en

noue medewerkers van mnr. Ben-Laden, het

byvoorbeeld sy eerste studie onderneem in Karatsji se

ultramilitante madrasa Binori Town. ’n Leerling wat sy

studies in ’n ander madrasa laat vaar het, het

deelgeneem aan die aanval op President Moesjarraf se

prosessie in 2003.

Maar oor die algemeen beskik die leerlinge van

die madrasas eenvoudig nie oor die nodige tegniese

kennis om sulke verfynde aanvalle uit te voer soos dié

waarvoor Al-Kaïda die laaste jare verantwoordelikheid

aanvaar het nie. Die vooringenomenhede van die

gediplomeerdes van die madrasas bly meer

tradisioneel: om die rites korrek uit te voer, om jouself

reg voor die gebed te was, om die gepaste lengte van

jou baard te verseker. Al dié kwessies maak deel uit

van die Koraniese studieprogram in die madrasas. Die

gediplomeerdes is ook besorg oor die stryd teen wat

hulle as anti-Islamitiese praktyke by hulle

medegelowiges beskou, soos om byvoorbeeld gebede

op die graf van ’n heilige op te sê of deel te neem aan

Sjiïetiese klaagliedere gedurende die seremonies wat

die dood van Ali, skoonseun van die Profeet, in die

Slag van Kerbala (3) gedenk.

Anders gestel, hulle is nie so begaan oor die

stryd teen nie-Moslems van die Weste nie – die

hoofsaak van die aanhangers van die transnasionale

djihad – as om dít te bevorder wat hulle beskou as

gepaste Islamitiese gedrag in eie geledere, soos bereël

deur die persoonlike wet wat die hoofoogmerk van

onderrig in ’n madrasa is. Daarenteen lyk dit asof Al-

Kaïda se agente slegs oor die mees elementêre

kundigheid oor die Islamitiese wet en kennis beskik.

Bowendien suggereer verskillende beoordelings dat

mnr. Ben-Laden self niks anders nie as minagting het

vir die puntenerige, juridiese benadering van oelema’s

(geestelikes) afkomstig uit die madrasas, en dat hy sy

eie gewelddadige Islamisme beskou as veel beter in

staat om die probleme van die

Moslemwêreld op te los.

Dit is bevestig kort na

die aanvalle van 11

September 2001 toe mnr.

Ben-Laden aan ’n groep

Saoedi-besoekers gesê het dat

“die jongmans wat hierdie

operasies uitgevoer het, het

geen fiqh (skool van

Islamitiese reg) in die

gewilde sin aanvaar nie,

buiten die fiqh wat die

Profeet Mahomet gegee het.”

Dit is ’n gelade aanhaling:

mnr. Ben-Laden is slegs

juridies en in die tradisionele

strukture van die Islamitiese gesag opgelei. Die

uitvoerders van hierdie aanvalle, het hy te kenne gegee,

het tot praktiese aksies oorgegaan in plaas daarvan om

hulle tyd op die bespreking van wetstekste te mors. Hy

het homself dus voorgestel as die uitdager van die

madrasas en die oelema’s wat die tradisionele metodes

van religieuse studie systap ten einde sy inspirasie

regstreeks uit die Koran te put.

’n Grondige ondersoek van mnr. Ben-Laden se

toeëiening van die rol van die oelama van die madras

kom voor in die opstel Landscapes of the Jihad van

Fayçal Devji (4), dosent aan die New School for Social

Research in New York. Devji beklemtoon in watter

mate mnr. Ben-Laden van die ortodoksie afwyk met sy

martelaarskultus en sy verwysings na sy drome en

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 53
gesigte, alles dinge afgelei uit die mistieke, populêre

tradisies en Sjiïetiese Islam waarteen die ortodokse

Soennietiese oelema’s van altyd af stry. Wat meer is,

mnr. Ben-Laden en sy volgelinge “kritiseer die mees

geëerde geestelikes gereeld deur hulle daarvan te

beskuldig dat hulle slawe van heidense regerings is …

Hulle reik eweneens hul eie fatwa’s uit sonder dat hulle

oor die nodige kennis of geestelike gesag beskik.”

Dit alles werp lig op die mate waarin die debat

oor Al-Kaïda in die Westerse wêreld swak ingelig is.

Daar word tot vervelens toe herhaal dat terrorisme

verbind is aan ellende en die basiese Koraniese

onderrig verskaf deur die madrasas. Daar word gesê

dat die jeugdiges wat hulle aan hierdie aktiwiteite

oorgee bose waansinniges is wat “ons” welvaart en

“ons” vryhede haat, en met wie geen gesprek moontlik

is nie omdat hulle “daarop mik om ons te likwideer”

(soos ’n Britse minister op 7 Julie 2005 na die

Londense aanvalle aan die BBC gesê het). Dat die

vyandelikhede van die Islamiste verbind kan word aan

die buitelandse beleid van die VSA in die Nabye Ooste

en in besonder aan die Anglo-Amerikaanse

ondernemings in Irak en Afganistan word deurgaans

ontken, in weerwil van alle aanduidings tot die

teendeel.

In werklikheid is die meeste Al-Kaïda-agente

baie goed opgelei en hulle oogmerke eksplisiet polities.

Daar was nog nooit die geringste dubbelsinnigheid

hieroor nie in mnr. Ben-Laden se talle communiqué’s.

Soos hy lakonies opgemerk het tydens ’n program

uitgesaai by geleentheid van die laaste Amerikaanse

verkiesing, as Al-Kaïda met vryheid in ’n oorlog getree

het, sou hy Swede aangeval het. Die mans wat 11

September 2001 se aanvalle georganiseer het, is nie die

produkte van die tradisionele Islamitiese

onderwysstelsel nie, maar gegradueerdes van Westerse

soort instellings.

Die debat oor die veronderstelde band tussen

die madrasas en terrorisme het geneig om sowel die

lang geskiedenis van die madrasas as hulle onderlinge

verskille te verdoesel. Vir ’n lang tyd in die

geskiedenis van Islam was die madrasas die hoofbron

van religieuse en wetenskaplike kennis, soos die

religieuse universiteite en skole van Europa. Tussen die

7de en die 11de eeu het die madrasas kruine van vrye

denke soos Al-Biroeni, Avicenna en Al-Khoewarizmi

(5) voortgebring.

Toe die Mongoolse invallers die sentra van

lering in die hart van Islam vernietig het, het talle van

die intellektuele na Delhi gevlug en die Noorde van

Indië sodoende vir die eerste maal ’n belangrike

sentrum van denke gemaak. Vanaf die opkoms van

Akbar, keiser van die Mogolle in die 16de eeu, sou die

studieprogramme in Indië se madrasas die kennis van

die Islamitiese Nabye Ooste verbind met dié van

Hindoe-Indië, in so ’n mate dat Hindoe- en

Moslemleerlinge skouer aan skouer die Koran (in

Arabies), die Soefie-poësie van Sa’adi (in Persan) en

die Vedanta-filosofie (in Sanskrit), asook die etiek, die

sterrekunde, die geneeskunde, logika, geskiedenis en

natuurwetenskappe bestudeer het. ’n Stewige aantal

van die mees briljante Hindoe-denkers, byvoorbeeld

die groot hervormer Ram Mohan Roy (1772 – 1833), is

almal in madrasas opgelei.

Na die afsetting van die laaste keiser van die

Mogolle, Bahadoer Sjah Zafar, in 1858, het

ontnugterde geleerdes in Deoband, 160 km noord van

die Mogolse hoofstad Delhi, ’n ‘wahhabitiese’ madrasa

gestig wat baie invloedryk, dog baie eng van gees was.

Sy stigters, wat gevoel het hulle veg met die rug teen

die muur, wou reageer teen die verval van die ou elites.

Deur na die fondasies van die Koran terug te keer het

hulle alle Hindoe of Europese oorblyfsels uit hul

studieprogramme verwyder (6).

Dit was helaas hierdie puriteinse deobandi

madrasas wat oor die Noorde van Indië en Pakistan in

die 20ste eeu sou uitbrei en spesiale voordeel sou trek

uit die beskerming van generaal Zia ul-Haq en sy

Saoedi-bondgenote in die 1980’s. Deur ’n sekere ironie

het die Verenigde State eweneens ’n belangrike rol

gespeel in die inskrywing van die madrasas vir die

heilige oorlog binne die raamwerk van die Afgaanse

djihad. In werklikheid het die CIA deur die front van

die VS Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling

(US-AID) besonder bloedige handboeke vol

gewelddadige beelde en militante voorskrifte vir die

gebruik van die madrasas befonds. Op ’n bladsy kon ’n

mens die beeld sien van ’n djihadis wat ’n geweer

vashou, maar wat onthoof was, vergesel van ’n vers uit

die Koran en ’n huldeblyk aan die moedjahieddien wat

“gehoorsaam is aan Allah … Sulke manne sal hulle

rykdom en hul lewe opoffer vir die instelling van die

Islamitiese wet.” Toe die Taliban die bewind

oorgeneem het, is hierdie handboeke in die skole

versprei (7).

Die program van talle madrasas in Pakistan is

argaïes: daar is sommige waar meetkunde vanuit

Euklides en geneeskunde vanuit Galen onderrig word.

’n Mens leer die Koran uit jou kop in plaas daarvan om

dit krities te bestudeer, en daar is nog baie prestige

daaraan verbonde om ’n hafiz te word, oftewel die hele

Koran te memoriseer. In die deobandi-madrasas leer ’n

mens dat die son om die aarde draai en daar is selfs van

hulle waar stoele vir die onsigbare Islamitiese geeste,

die djinns, gereserveer is. Dit is egter nie die geval met

al die madrasas nie, waarvan sommige eerder

merkwaardig ontwikkel het.

In Karatsji is Dar ul-Aloom die belangrikste

madrasa. Met sy groot grasperke lyk dit eweseer na ’n

vyfsterhotel as na ’n ryk universiteitskampus. Dit is

netjies en welvarend: elegante klas- en rekenaarkamers

kyk uit op tuine en palmbome wat sorgvuldig natgelei

is. Reg rondom, te midde van steiers, verrys nuwe

biblioteke en slaapsale uit die aarde.

Binne is die atmosfeer leergierig en ernstig. Die

leerlinge sit kruisbeen op die matte waar hulle die

Koran lees wat op klein houtkateders voor hulle ooplê.

In ander klaskamers luister hulle aandagtig na ’n

bejaarde maulana se kommentaar oor die betekenis van

verse van die Koran, die hadiths en die tradisies van

die Profeet. ’n Rekenaarkamer is vol bebaardes wat

debat voer oor die geheimenisse van die rekenaar

terwyl hulle die Oerdoe of Arabiese weergawes van

Microsoft Word en Windows XP gebruik: verlede jaar

se leerlinge moes al hulle opstelle op rekenaar skryf en

dit as harde kopie versprei. Natuurlik is alle madrasas

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 54
nie so goed toegerus nie.

Die studente is byna almal hoogs gemotiveerd,

gaaf en intelligent, maar verskriklik intens. Wanneer ek

’n bebaarde leerling vra na watter musiek hy op sy

nuwe kassetspeler luister, werp hy my ’n blik vol

afgryse toe: die toestel dien slegs om na preke te

luister. Alle musiek is verbode.

Maar hoe puriteins dit ook al is, is dit duidelik

dat Dar ul-Aloom soos talle van die Pakistanse

madrasas ’n reusediens verskaf aan ’n land waar

ongeletterdheid hoogty vier. Ofskoon hulle

onderwysfilosofie dikwels agterlik is, bring die

madrasas vir die armes werklike hoop op maatskaplike

vooruitgang. In sekere tradisionele vakke soos retoriek,

logika en regsgeleerdheid is die onderriggehalte

dikwels uitstaande. En waar hulle oor die algemeen

ultrakonserwatief is, is slegs enkeles militant. Om hulle

te sluit sonder om eers ’n herbouingsprogram van die

openbare onderwysstelsel te loods, sal daartoe lei dat

’n beduidende deel van die bevolking tot onkunde

gedoem word. En dit kom ook daarop neer om aan

gelowiges te sê dat hulle moet ophou om hulle religie

te onderrig, wat gewis nie ’n manier is om

Moslemgemoedere te verower nie.

Dit is nie nodig om baie ver van Pakistan af te

beweeg om ’n madrasa-stelsel te vind wat sowel die

probleem van militantisme as

onderwysagtergeblewenheid takel nie. Want terwyl

Indië die land van oorsprong van die deobandimadrasas

is, het sodanige kolleges in Indië nog nooit

sover ons weet gewelddadige Islamiste voortgebring

nie, en is hulle streng apolities en kwiëtisties. Sommige

van die grootste Indiese geleerdes, soos die historikus

Moezzafar Alam van die Universiteit van Chicago, het

aan madrasas studeer.

’n Belangrike studie van die madrasas van

Indië, Bastions of the Believers deur die

Hindoenavorser Yoginder Sikand, wys die dinamisme

en modernisme van sekere madrasas uit. Die Staat van

Kerala in die suidooste van Indië is byvoorbeeld

toegerus met ’n reeks opvoedkundige instellings wat

bestuur word deur die Moejahid, ’n beweging van

professionele en sakelui met die oogmerk om die

gaping tussen moderne vorme van kennis en ’n visie

van die Islamitiese wêreld te oorbrug. Die Moejahid is

op die voorhoede van die onderrig van Moslemvroue in

Kerala, en talle van sy madrasas tel meer meisies as

seuns. Die intellektuele van die Moejahid het baie oor

vroueregte binne ’n Islamitiese perspektief geskryf, en

Sikand haal die woorde aan van Zohra Bi, hoof van een

van die kolleges van die beweging: “Ons hoop om deur

die pogings van ons skool te wys dat Islam in wese die

outonomie van vroue aanmoedig.”

Dít bevestig oënskynlik dat dit nie soseer die

madrasas as sodanig is wat ’n probleem skep nie, maar

die atmosfeer van militantisme en indoktrinasie wat

heers binne ’n klein aantal van die bekende sentra van

ultraradikalisme, soos die madrasa van Binori Town in

Karatsji, waar die leerlinge leer dat djihad geldig en

edel is. Dit moet nog gesien word of die regering van

generaal Moesjarraf die nodige politieke wil het om die

sukses van Indië se madrasas te herhaal.

(1) Daar is ’n debat oor die werklike getal madrasas in

Pakistan en die proporsie van die land se leerlinge wat hulle

onderrig.

(2) Pakistanse diktator wat tussen 1977 en 1988 regeer en in

’n geheimsinnige vliegongeluk gesterf het.

(3) Lees die uitstekende artikel van Barbara Metcalfe, “Piety,

Persuasion and Politics: Deoband’s Model of Social

Activism” in Aftab Ahmad Malik (red.), The Empire and the

Crescent: Global Implications for a New American Century,

Bristol: Amal Press, 2003, p.157.

(4) University of Pennsylvania Press, 2005.

(5) Die eerste was sterrekundige, filosoof en historikus (973–

1050), die tweede filosoof (11de eeu), en die derde

wiskundige (9de eeu).

(6) Die Deobandi’s is die onderwerp van ’n uitstekende

studie in die magistrale werk van Barbara Daly Metcalf,

Islamic Revival in British India: Deoband, 1860-1900,

Princeton University Press, 1982. Kyk ook Colonisation of

Islam: Dissolution of Traditional Institutions in Pakistan,

New Delhi: Manohar, 1988.

(7) ’n Omvattende opsomming van hierdie handboeke, “From

US, the ABC’s of Jihad”, deur Joe Stephens en David B.

Otway is te vinde op die webwerf van die Washington Post,

www.washingtonpost.com/ac2/wp-dyn/A5339-

2002Mar22?language=printer

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 55
SEB en wit familiesake

’N MENS HOOR DEESDAE DIKWELS UITLATINGS

SOOS DIE VOLGENDE: ‘ONS KINDERS SAL MOET

LEER OM ONDERNEMERS TE WEES EN HUL EIE

WERK TE SKEP. EN ’N STAPPIE VERDER

VOORUIT: ‘ONS SAL SELF DIE ONDERNEMINGS

MOET SKEP WAARIN ONS KINDERS EENDAG

KAN GAAN WERK.’ HOE REALISTIES IS SULKE

IDEALE?

Deur Bertie du Plessis *

K

om ons laat dit vir die oomblik buite rekening dat

nie alle mense ondernemers kan wees nie (wat laat

u byvoorbeeld dink u kind het die talent vir

ondernemerskap?). Ondernemerskap is maar soos

ander talente: as iemand die

talent het, kan u dit slyp deur

onderrig, maar as iemand nie

die talent het nie, kan u hom

of haar die talent nie aanleer

nie.

Laat ons ook maar vir

die oomblik vergeet dat

diegene wat dikwels

ondernemers genoem word in

feite maar net sukkelaars is,

individue wat smous,

verkwansel en sukkel om

maand na maand die

rekeninge te betaal. (As u

maatstaf vir ’n suksesvolle

ondernemer is dat so ’n

persoon minstens dieselfde

salaris per maand uit sy

besigheid moet kan trek as

wat ’n professionele persoon

soos ’n prokureur, ouditeur of

mediese spesialis doen, val

bitter min van diegene wat ons vandag ondernemers

noem in dié klas.)

Kom ons fokus net op dié een geval waar die

ouers minstens bewese ondernemersvaardighede het en

besef dat daar versperrings is vir hulle kinders om die

breë arbeidsmark te betree wat deur die groot

korporasies en die staat beheer word. Dus die geval

waar die ouer(s) ’n onderneming wil vestig waarin

hulle en die kinders saam kan werk en op die koop toe

nog vir ’n paar familielede en vriende ’n heenkome wil

bied. ’n Familiesaak dus. Spesifiek ’n klein- of medium

familieonderneming.

Stel u in die posisie van so ’n ouer wat ’n

besigheid vir sy kinders wil skep. U het gehoor van

swart ekonomiese bemagtiging (SEB), of soos dit in

die omgang op sy Engelse akroniem bekend staan:

* Pretoriase sakeman en kunstenaar

‘BEE.’ Gaan dit u raak? Hoe gaan dit u raak?

U begin die hele ding van ‘BEE’ eers

ondersoek. U’s gelukkig dis Februarie 2006 en nie ’n

jaar gelede nie. Pas in Januarie 2006 is die nuwe

riglyne vir die toepassing van SEB op klein en

middelslagondernemings bekend gemaak (1), en dit sal

spoedig wet word. Ons sal sien hier is nou ietwat meer

ruimte vir u.

As u dit oorweeg om ’n besigheid te begin om

dienste en goedere te lewer aan enige onderneming

vanaf die Sasols, Absas, Media24’s, Old Mutuals en

Sanlams van hierdie wêreld tot ondernemings wat netnet

vir BTW kwalifiseer, sal u ’n graad van SEBkwalifikasie

moet hê.

Hoekom? Want vir die doeleindes van die SEBtelkaart

is elke onderneming onder die strengste dwang

om aankope by swart bemagtigde ondernemings te

doen om hulle ‘SEB-telkaart’

te kan laat klop. Dis hier by

die voorkeuraankope van

SEB-ondernemings waar die

skerp lem van swart

ekonomiese bemagtiging lê.

Het u al gedink watter

soort besigheid u wil begin?

Iets in die gasvryheidsbedryf

dalk (’n boetiekhotel of

gastehuis wat aan reisende

sakemanne verblyf bied)?

Nou, volgens die

nuwe riglyne van Januarie

2006 kry u besonderse

voordele as u minder as 100

mense in diens gaan hê en ’n

omset van minder as R10

miljoen per jaar gaan hê.

Vergelyk dit indien u beplan

het om iets in die finansiële

en sakedienstesektor te skep

(soos boekhouersdienste). Dan sou u eers vir

besonderse behandeling kwalifiseer as u minder as 50

werknemers het, ook met ’n omset van R10 miljoen.

Wat is die besonderse voordeel?

Heel eenvoudig dat u nie soos die groter

maatskappy in al sewe die kategorieë van SEB hoef

mee te ding nie.

Kom ons kyk na hierdie kategorieë:

1. Eienaarskap van die onderneming

2. Eienaarsbestuur van die onderneming

3. Samestelling van werknemers

4. Vaardigheidsontwikkeling

5. Aankope by swart bemagtigde ondernemings

6. Ontwikkeling van swart ondernemings

7. Swart gemeenskapsontwikkeling

Hoekom is dit goeie nuus? Omdat u nou net in

vyf kategorieë van u keuse uit hierdie sewe hoef te

presteer wat SEB betref. U gaan dus nie gepenaliseer

word (of liewer te swaar gepenaliseer word) deur die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 56
eienaarskap van die onderneming in u familie se besit

te hou nie. En dis tog die hele punt van ’n

familieonderneming, nè? Om die besigheid in u familie

se besit te hou ...

’n Mens kan aanvoer dat wit familieondernemings

nog tot so onlangs as Desember 2005

nie bestaansreg gehad het in die Suid-Afrikaanse

ekonomie nie. As swart eienaarskap van ’n

onderneming ’n sleutelbestanddeel van ’n swart

bemagtigde onderneming is, kan u mos nie ’n

familiebesigheid hê wat voluit sake doen in die post-

1998 Suid-Afrika as u en u vrou en kinders wit is nie?

Maar dis nou gelukkig anders.

So u besluit om benewens die eienaarskap van

die onderneming ook punt twee hierbo links te laat lê.

Hierdie punt het te make met eienaars wat ook

bestuursfunksies uitoefen. Aangesien u ’n

familieonderneming wil hê en u ongelukkig wit is en

ongelukkig met ’n wit vrou getroud is, is voldoening

aan hierdie vereiste nie vir u beskore nie.

Nou, hoe gaan u u punt in die orige kategorieë

verdien? U moet nou in elk van die oorblywendes

kategorieë meeding.

U sal swart werknemers moet aanstel, anders

gaan u nie mededingend wees nie. Vergeet dus maar

vir eers om daardie nefie of niggietjie wat nie so goed

op skool gevaar het nie, of die werklose broer of tante

ook by die besigheid te betrek. U, Vroulief, Boet en

Sus is klaar soveel wit as wat u familieonderneming

kan dra.

Uit kategorie drie, samestelling van

werknemers, kan u uit die volle 20% punte beskikbaar

in hierdie kategorie 4% verdien as u 70% swart mense

in diens het (teikens moet oor tien jaar behaal word). U

kan ’n verdere 4% verdien as swart vroue 35% van u

arbeidsmag uitmaak. As uself, vroulief en u twee

kinders in die onderneming werk, sal u nog so nege of

tien swart vrouens ook as werknemers moet hê. U kan

dus 8% in hierdie kategorie verdien.

Hoekom nie die volle 20% nie?

Want dan moes 40% van die bestuur en beheer

van u maatskappy deur swart mense uitgeoefen word

en 20% van daardie swart bestuur moes swart vroue

gewees het. In u familiebesigheid is dit vir die

oomblik nie haalbaar nie. As u familielede kan, wil

hulle mos die hoër besoldigde posisies hê. Wat is

anders die sin van ’n familieonderneming?

Die volgende kategorie is nommer vier,

vaardigheidsontwikkeling. U moet 1% van u

loonrekening van R500,000 of meer as

vaardigheidsheffing betaal. Indien u dit oorbetaal het,

kry u in dié kategorie 5% uit die moontlike 20%.

Indien u dan nog 2% van die totale bedrag waarop die

heffing betaalbaar is aan die vaardigheidsontwikkeling

van swart mense bestee, kry u nog 15% om die volle

20% in die kategorie te verdien.

Kom ons neem aan dat u verwag om op ’n

omset van R1,5 miljoen in u eerste jaar ’n loonrekening

van R800 000 te hê, dan is u vaardigheidsheffing R8

000. U kry dus 5% in die kategorie. U gaan dan nog

2% van R800 000 bykomend betaal om die vaardigheid

van swart mense te ontwikkel. Dis R16 000. In totaal

bestee u dus uit voorbelaste geld in hierdie kategorie R

24 000 om die volpunte van 20% te kry. En onthou, u

kan nie sê dat u opleidingsessies met u werkers hou en

dit daarvoor laat tel nie. Alles moet meetbaar en

ouditeerbaar wees.

Goed, ons kom nou by kategorie vyf,

voorkeuraankope by swart bemagtigde ondernemings.

Hier is die teiken dat u oor tien jaar minstens 50% van

u aankope by swart bemagtigde onderneming moet

maak. Vergete is die gedagte dat u die vleis vir u

gasvryheidsonderneming by u familielidbeesboer en -

slagter sou kon aankoop. Kom ons sê tog dat u dit kan

haal. Dan het u die voltal van 20% hier verdien.

In kategorie ses, die ontwikkeling van swart

ondernemings, kry u die voltal van 20% as u 2% van u

voorbelaste wins (sogenaamde EBITDA-wins) bestee

aan die ontwikkeling van swart besighede. Kom ons sê

dat u onderneming uitstekend vaar en op die geskatte

omset van 1,5 miljoen rand in die eerste jaar ’n

voorbelaste wins van 15% maak, dus R225 000.

Hiervan is 2% R4 500. Goed, dan het u die voltal van

20% in hierdie kategorie.

Ons kom nou by die laaste kategorie, die hulp

vir swart maatskaplike ontwikkeling. Hier is dit nou uit

nabelaste wins wat u gaan opdok. Weer is die magiese

getal 2%. Op R 225 000 moet u 29% maatskappywins

betaal. Dus is daar na belasting R137 250 oor waaruit u

2% moet afstaan. Dit bring ons by R2 745.

U moes dus R31,245 ekstra betaal om u telkaart

te laat klop. Maar dis die persentasies wat belangrik is:

12.7% van u voorbelaste wins en nog 2% uit u

nabelaste wins. Hoeveel ondernemings kan gesond

groei as hulle hierdie ekstra las moet dra? Veral as

ander nie op dieselfde manier gekniehalter is nie? Vra

uself af, sal u van buite af, op suiwer finansiële gronde,

in so ’n maatskappy belê?

Kom ons som die telkaart op:

Kategorie Moontlike Punte

punte verdien

Eienaarskap 20 0

Eienaarsbestuur 20 0

Werknemers 20 8

Vaardigheidsontwikkeling 20 20

Voorkeuraankope 20 20

Ontwikkeling van swart

ondernemings

20 20

Swart

gemeenskapsontwikkeling

20 20

TOTAAL 140 68

Waar plaas dit u op die SEB-ranglys?

Omdat u punte tussen 65 en 75 val, kwalifiseer

u vir ’n Vlak Vier SEB-status. Die hoogste is Vlak Een

en die laagste, Vlak Agt. Met minder as dertig punte

voldoen u nie aan SEB-kwalifikasies nie.

Hoe vergelyk u status nou met dié van ’n swart

man wat ’n familieonderneming wil begin? In die

eerste plek sal hy of sy dom wees om nie in kategorieë

een en twee mee te ding nie, naamlik swart eienaarskap

en swart eienaarsbestuur. Hulle kan familielede help

deur net familie as werkers aan te stel. En die familie is

natuurlik almal swart. Die familie kan ’n uitstekende

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 57
netwerk van swart verskaffers (kategorie vyf) hê wat

aan hulle ook in hierdie kategorie volpunte gee.

Hulle is verplig om op dieselfde loonrekening

as u R 8,000 oor te betaal, wat hulle 5% in hierdie

kategorie gee.

Hoe lyk hulle telkaart nou?

Kategorie Moontlike Punte

punte verdien

Eienaarskap 20 20

Eienaarsbestuur 20 20

Werknemers 20 20

Vaardigheidsontwikkeling 20 5

Voorkeuraankope 20 20

Ontwikkeling van swart

ondernemings

20 0

Swart

gemeenskapsontwikkeling

20 0

TOTAAL 140 85

Dus presteer hulle al klaar 17 punte beter as u,

en dit kos hulle R 23,245 minder.

Maar dis nie al nie. Indien swart mense meer as

50% eienaarskapstemreg in ’n onderneming het en daar

is geen beperking op hulle aandele nie, word hulle

outomaties na die volgende vlak van SEB-status

opgeskuif.

Die swart familieonderneming wat, deur in sy

gekose vyf kategorieë te kompeteer, ’n Vlak Tweekwalifikasie

met sy 85 punte gekry het, word dus nou

opgeskuif na ’n Vlak Een Status.

Kop-aan-kop, wie gaan die aanstelling kry van

’n onderneming wat desperaat is om sy volle punte

onder voorkeuraankope te verdien?

U het ’n tweede probleem. Die oomblik as u

groter as 100 werknemers en ’n omset van R10 miljoen

per jaar gaan, verval u voordeel om in net vyf

kategorieë te mag meeding. En dan word ’n wit

familieonderneming weer in beginsel onmoontlik. Daar

is dus ’n deeglike plafon op wit familieondernemings.

Na al die sommetjies besluit u om maar liewer

’n onderneming te begin waarin u direk goedere en

dienste aan die publiek verkoop, nog steeds in die

gasvryheidsbedryf, sê maar ’n koffiewinkel.

Dan is u mos ontslae van dié affêre!

Buitendien, dis nou ’n onderneming waar u heerlik

konsessies kan verkoop as u die produk goed

ontwikkel. Nou kyk ons na groot rykdom!

Dan vertel ’n vriend u van die beriggie in

Januarie 2005 op die webwerf van Nes24. Andrew

Golding, HUB van Pam Golding-eiendomme, sê dat

koffiewinkels net sal oorleef in groot inkopiesentrums,

die sogenaamde ‘malls,’ en daar, sê Golding, sal u nie

huurregte kry as u nie ’n vorm van swart bemagtiging

het nie. Immers, die eienaars van sulke sentrums, soos

Old Mutual (waarna hy spesifiek verwys het) moet

sulke verhuringskontrakte gebruik ons hulle punte vol

te maak deur ondersteuning van swart ondernemings.

Transformasie is sekerlik nodig, anders het ons

’n revolusie. Owerheidsinstellings en groter

maatskappye moet met hulle aanstellingsprosedures die

proses aanhelp.

Maar is die versperrings nie te straf op diegene

wat juis wil voorsien aan hulle familie en vriende wat

vanweë die breë proses werk verloor het, of nie

werkgeleentheide sal kry nie?

(1) Dokumentasie op die webwerf van Departement van

Handel en Nywerheid (die Codes of Good Practice 100 deur

na nr 700.)

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 58
Die Afrikaanse Universiteit

van die Toekoms (II)

KOOS MALAN SE ARTIKEL IN DIE VRYE

AFRIKAAN VAN 17 FEBRUARIE (1) TOON

BREEDVOERIG AAN HOEDAT DIE SENTRALE

TAALSOSIOLOGIESE FAKTORE WAT AAN ONS

BESTAANDE UNIVERSITEITE AAN’T WERK IS,

ONVERMYDELIK - INDERDAAD ONVERBIDDELIK

- OP ’N VOLLEDIG VERENGELSDE UNIVER-

SITÊRE SISTEEM VIR SUID-AFRIKA AFSTUUR.

Deur Francois Bredenkamp *

S

y betoog demonstreer hoedat Engels as taal opnuut

en toenemend in sowel die paralelle as die

komplementêre gebruik van die twee tale binne die

onderrigsituasie nie maar

slegs bemagtig word soos

nooit tevore nie, maar in

staat gestel word om haar

hegemonie onverhinderd te

vestig. Polities ontmagtig en

geknou deur steeds kwynende

studentetalle is Afrikaans

en sy taalgemeenskap

onherroepelik besig om sy

regmatige en selfverworwe

aandeel op die hoëronderwystoneel

aan Engels af

te staan. Veral die verlies aan

winsgewende publikasiegeleenthede

in die markte vir

handboeke en hoëgraadse

wetenskaplike publikasies

veroorsaak dat Afrikaans as

taal (en by implikasie as

gemeenskap) wetenskaplike

parogialiteit in die gesig

staar. Die verskynsel van ’n

universiteit met Afrikaans as

lewensvatbare voertaal en

van ’n wetenskaplike lewe in

Afrikaans is vinnig besig om

agter die horison te duik.

Die beskouing van

die intrinsieke onvolhoubaarheid van die Afrikaanse

universiteit in sy huidige hibriede gedaante word as

refrein geëggo in die redakteur se voorbladartikel oor

die Afrikaanse universiteit van die toekoms in

dieselfde uitgawe. Johann Rossouw stel dat veral die

verengelsing van die Universiteit Stellenbosch oor die

* Direkteur van Navorsing, Garankua-kampus, Tshwane

Universiteit van Tegnologie

afgelope jaar of twee ’n historiese

gemeenskapsteenstelling ontlok het, veral omdat die

US vir meer as ’n eeu lank die “voorwaarde vir die

skepping van ’n Afrikanerintelligensia was”.

Verengelsing van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte

aan die US staan trouens Gordiaans verknoop met die

aangeleentheid van die aantasting van Afrikaners se

kulturele identiteit: dis juis in hierdie fakulteit waarin

die dimensies van Afrikaners se politieke, religieuse en

estetiese institusioneel beliggaam word. Die traagheid

tot teenstand deur akademiese bestuurders teen die

deurvoering van universitêre verengelsing moet juis

voor die deur gelê word van ’n weiering of

onwilligheid om ’n Afrikaner te wees of as een gesien

te word. Afrikaner(man)s wat op hierdie tydstip steeds

in institusonele gesagsposisies is, beskik oor bra geen

ander keuse as om hul eie

gemeenskapsbelange aan die

belange van die Afronasionale

staatsorde ondergeskik

te stel nie. Die

rampspoedige gevolge hiervan

is dat die verengelsing

van die universiteite haas

onstuitbaar sal blyk en dat

Afrikaans geen kans het om as

wetenskapstaal en -

kultuurruimte verder te

ontwikkel nie.

Rossouw se argument

kom uiteindelik tot ruste

op ’n aanvangsbesinning oor

en ’n pleidooi ten behoewe

van die totstandkoming van ’n

eie uitnemende Afrikaanse

universititeit, ’n kleinskaalse,

klassieke akademie met as

kernelement ’n gekombineerde

literêr-teologiese fakulteit

(’n fakulteit lettere en

wysbegeerte, dus?). Hy stel

verder voor dat die vestiging

van so ’n instelling met die

administratiewe en organisatoriese

ondersteuning van ’n

klein instituut moet gepaardgaan, ’n klein organisasie

wat onder meer met fondswerwing en kleinskaalse

akademiese werksaamhede kan begin. In plaas daarvan

dat so ’n universiteit met die groter, gevestigde

rolspelers in hoër onderwys meeding, moet die klem

hier eerder op die vestiging van ’n klein, uitnemende

instelling geplaas word.

Gegewe die troostelose vooruitsigte vir

Afrikaans en haar spraakgemeenskap, kan ’n mens dus

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 59
tans aan feitlik geen gesprek van groter belang dink as

juis dié een oor die totstandkoming van ’n toepaslike

akademiese instelling vir Afrikaans nie. As ons

taalgemeenskap enigsins wil hond haaraf maak binne

’n nuwe Suid-Afrikaanse bestel, as daar enige

vooruitsig op die konstante vorming van ’n nuwe

Afrikanerintellligensia (in die breedste moontlike sin

van die woord genome) moontlik kan wees, sal ons juis

moet saamdink aan die oprigting van ’n instelling wat

aan ál ons Afrikaanse kinders (in die breedste

moontlike sin van die woord) die moontlikheid tot ’n

hoogstaande wetenskaplike en intellektuele lewe in

Afrikaans kan bied.

In die wêreldkonteks, moet ek sê, het die

Franse Akademie (L’Academie francaise) en sy

intellektuele spruit, die Griekse Akademie in Athene

(Akadimia Athinōn) my nog altyd stof tot nadenke

gebied. Die vermaarde Académie is so ver terug as

1634 deur Kardinaal Richelieu gestig as ’n literêre

akademie met as uitgesproke doel die beskerming van

die Franse taal en kultuur deur die vestiging van

toepaslike gestandardiseerde taalnorme vir Frans en die

samestelling van die groot woordeboek van die Franse

taal. Die volledige Académie bestaan uit slegs veertig

lewenslange lede van uitnemende statuur (die sg.

“Onsterflikes”). Oor die afgelope jare het die liggaam

die internasionale aandag getrek vir die wyse waarop

dit vir die Franse rolprentbedryf (en daarmee vir die

hele Franse kultuurlewe) in die bresse getree het in die

aangesig van ’n felle aanslag van die gekombineerde

Engelssprekende rolprentbedryf, en daar kan met

veiligheid gesê woord dat die Académie sigself as die

finale bastion van die Franse identiteit beskou.

Die Griekse Akademie in Athene is geskoei

op die lees van die Franse Académie. Dit het in die

negentiende eeu tot stand gekom met die terugkeer van

groot getalle Griekse intellektuele vanuit Europa na ’n

uitgeputte Griekeland wat pas die Ottomaanse juk

afgeskud het. Die hedendaagse Akademie het eers in

1926 sy finale beslag in ’n wet van die Griekse

volksraad gekry, met as opdrag die uitvoering van

wetenskaplike navorsing en die bevordering van die

lettere en die skone kunste. Die Akademie

verteenwoordig Griekeland op talle internasionale

liggame soos die Internasionale Raad van

Wetenskaplike Verenigings (ICSU), die L’Union

Académique Internationale en All European

Academies (ALLEA) en die European Academies

Science Council. Die Akademie is verdeel in drie

Afdelings: ’n Afdeling Positiewe Wetenskappe

(Wiskunde, Fisika, Natuur- en verwante wetenskappe,

Geneeskunde), ’n Afdeling Lettere en Skone Kunste

(Filologie, Lettere, Geskiedenis, Skone Kunste,

Argeologie) en ’n Afdeling Etiese en Politieke

Wetenskappe (Teologie, Filosofie, Regte, en Politieke,

Ekonomiese en Sosiale Wetenskappe). Die Akademie

beskik vandag oor dertien navorsingsentrums, tien

studieburo’s met afgestemde biblioteke, ’n sentrale

biblioteek en, sedert 2002, oor ’n Stigting vir

Biologies-Geneeskundige Navorsing. Die Akademie

het tans slegs sewe-en-veertig volle lede en ontvang,

soos L’Académie francaise, omvattende befondsing

van die staat.

Wat werklik aantreklik is omtrent die Franse

en Griekse Akademies, is dat hulle kompromisloos die

kulturele belange van hul grondtale dien en ’n

wetenskapslewe in Frans en Grieks uitbou en verseker.

Die opkoms van Engels as ‘wêreldtaal’ het reeds diep

spore in die Europese psige gelaat en dié Akademies

werk onverpoos om borsweringe vir hul taal en kultuur

op te rig en selfs daaragter úít te beweeg in positiewe,

offensiewe handelinge ten behoewe daarvan.

’n Mens moet gelyk gee dat enige vergelyking

met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns uiteraard

onbillik raak in die lig van die Afrikaner se feitelike

denasionalisering, die opskorting van billike

finansiering vir die Akademie van die kant van die SA

staat en die agteruitgang van Afrikaners se akademiese

bates. Tegelyk moet jy erken dat ’n mens jaloers staan

voor die wyse waarop dié twee buitelandse akademies

hul kultureel-etniese erfenisse trots uitbou en verdedig

en ’n eiesoortige wetenskapsbestaan bemoontlik.

Verdere aantreklikhede in die buitelandse

opset is geleë in die betreklik kleine omvang van hul

hooflidmaatskap. Deur slegs sowat veertig hooflede elk

op lewenslange grondslag te betrek, verseker dié

liggame ’n groter wetenskaplik-ideologiese integriteit

rondom die wetenskappe, sy dit dan binne ’n meer

elitistiese kader. Dit stel hulle in staat om meer

eendragtig rondom die saak van die taal en die

wetenskap op te tree as wat waarskynlik binne die

Suid-Afrikaanse opset moontlik is. ’n Mens sou graag

die SA Akademie met groter duidelikheid en

gedefinieerdheid, en selfgeldendheid, vir die saak van

’n Afrikaanse wetenskapslewe in die bresse wou sien

tree.

’n Groot deel van die krag van die Franse en

Griekse Akademies lê opgesluit in daardie geleerde

bydraes wat jaarliks deur hul onderskeie

navorsingsinstitute gelewer word, en wel dan op

gebiede wat hul etniese voedingsbasisse na aan die hart

lê. Woordeboekmakery, bekronings vir literêre

onderskeiding en uitnemendheid, vakwetenskaplike

bedrywigheid (veral soos gestimuleer deur

belangegroepe en hulle vergaderings) en

wetenskapspublikasies maak van die

kernbedrywighede van alle akademies uit, maar dit lyk

my asof dit juis in die uitvoering van hoogs

gespesialiseerde navorsings- en opleidingstake binne

die etniese konteks is waardeur die Akademie sy

hoogste doel bereik.

Dit is veral binne laasgenoemde verband dat

’n mens wil dink aan ’n effens gewysigde opgaaf vir

die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. ’n Mens sou

graag byvoorbeeld wou sien dat die Akademie – binne

die huidige, bedreigende klimaat vir Afrikaans en die

tanende basiese onderwys, geletterdheid en literêre

produksie daarin – dit op homself en die kundigheid in

sy geledere neem om werklik konkreet te begin werk

aan ’n grootse opleidingstaak op gebiede waarin

Afrikaans geweldige agteruitgang oor die afgelope

dekade of wat beleef het. Voorop móét sekerlik

onderwysersopleiding in Afrikaans staan: terwyl daar

nog ’n beduidende aantal opvoedkundiges in ons

geledere beskikbaar is, sou niks die Akademie in die

weg staan om ’n onderwysdiploma volledig in

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 60
Afrikaans aan te bied nie. So ’n kwalifikasie moet vir

die gegradueerde uit enige vakgebied oopstaan, moet

nie alleen ten volle by die owerhede geakkrediteer

wees nie, maar moet ook die minimumvereistes

beduidend oorskry. ’n “Instituut vir Afrikaans” behoort

binne die Akademie gestig te word waarbinne so ’n

opleidings- en navorsingsfasiliteit kan funksioneer.

Afrikaners beskik trouens lankal oor die nodige

ervaring om sulke kursusse deur middel van

afstandsonderrig of telematies aan te bied.

’n Verdere Afrikaanse Taalsentrum, wat oor

die belange van die taal binne die raamwerk van die

nasionale taal- en onderwysbeleid waak, kan met vrug

daarby gevoeg word (sou dit nie ook sinvol wees om

die werksaamhede van die WAT, wat met die

verengelsing van die US en ons ander universiteite nou

in die gedrang kom, gaandeweg daarheen oor te skuif

nie?). ’n Taalsentrum kan ook die gebruik van

taalbondeksamens, wat taalvaardighede landswyd

opgebou en verseker het, heropneem. ’n

Afstandsonderrigfasiliteit kan vir Afrikaners in hierdie

verband dwarsoor hul diaspora veel beteken.

Afrikaanse taalkursusse kan ook aan anderstalige

leerlinge en studente aan ons skole en universiteite, en

aan sakelui, aangebied word.

Johann Rossouw sou graag wou sien dat

studies in die Filosofie en Teologie ook tot die

repertorium van aanbiedinge van so ’n instelling

gevoeg word. ’n Mens kan myns insiens ’n

studierigting in die Filosofie (en Ekonomie?) van

Wetenskap en Tegnologie met groot relevansie en

belang tot hierdie opgaaf voeg. Ons kerk (in sy

breedste sin genome) beleef sy ernstigste insinking tot

nog toe – sou ’n enkele reformerende opleidings- en

navorsingsinstelling – wat tegelyk die heel beste uit die

ortodokse Christendom wil haal - nie ’n groot bydrae

tot konsolidasie en vernuwing kan lewer nie? En,

voortspruitend uit hierdie aanbiedings, sou die gesogte

kwalifikasie in die Politika, die Filosofie en Ekonomie

nie ook aangebied kon word nie? Watter reuse bydrae

sou onbesproke vorming in hierdie vakgebiede nie tot

ons intellektuele debat kon maak nie?

Sulke vrae stuit natuurlik onvermydelik op die

vraag na die beskikbaarheid van die nodige finansiële

hulpbronne, en hierdie aspek van die saak sal kennelik

baie deeglik deurdink moet word. Maar hierdie groter

saak sal wellig oor die volgende jare in belangrikheid

toeneem en al meer aandag in die openbare forum

geniet – en hierdie moontlikhede moet dan duidelik in

die gemeenskapsbewussyn afgebaken staan.

Byna nodeloos om te sê, ’n “Afrikaanse

Taalinstituut”, met al sulke werksaamhede, sal aan

geheel die taal se kinders moet kan behoort, aan elkeen

wat hom- of haarself dwarsoor die wêreld Afrikaans of

Afrikaner noem. ’n Demokratiese etos, met soveel

inklusiewe deelname en deursigtigheid denkbaar,

gepaardgaande met ’n kompromislose akademiese

integriteit en vryheid van spraak, sal duidelik die

fondament van ons instelling moet vorm. Ons

omstandighede en tyd vereis niks minder as juis dit nie.

Bowenal sien ’n mens uit na die toetrede van

’n Afrikaanse Akademie wat kompromisloos en

waardig-uitgesproke die kulturele belange van die

gehele Afrikaanse gemeenskap dien en ’n

wetenskapslewe in Afrikaans uitbou en verseker.

(1) “Is tweetalige universiteite moontlik?”

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 61
Simboliese ellende en

kollektiewe trauma

IN JANUARIE SE DIE VRYE AFRIKAAN LEWER

JOHANN ROSSOUW SKERP KRITIEK TEEN DIE

ANGOLESE OORLOG-GENERASIE VAN DIE LAAT

1970’S EN VROEË 1980’S EN DIE

VOËLVRYBEWEGING VAN DIE LATERE 1980’S

AS SIMBOLIESE PRODUSENTE WAT DIE

AFRIKANER FAAL.

Deur Loammi Wolf *

O

nder die “alternatiewe Afrikaners van die 1980’s”

word Max du Preez as verteenwoordiger van

eersgenoemde groep uitgesonder

en oor die kole gehaal

vir sy onvermoë om ’n

antwoord op Afrikaners se

“simboliese ellende” te bied

terwyl hy nog steeds as ikoon

van hierdie era “die Vrye

Weekblad-era vir elke

druppeltjie melk”. Koos

Kombuis, Jan van Tonder en

Tom Gouws se denke het na

bewering nie tred gehou met

die tyd nie en dis hoog tyd

dat hulle ophou om “die

heilige koeie van die Afrikaner

te slag”. Karen Zoid se

liedjie “Afrikaners is plesierig”,

wat met die skynheiligheid

van die Afrikanerestablisment

afreken, is 20

jaar agter die tyd.

Implisiet aan sy kritiek

is die onvermoë van hierdie

groep om ’n traumatiese era

wat ’n groot etosverskuiwing

by hulle teweeg gebring het,

agter die rug te kry en ’n nuwe lewe vir Afrikaners te

begin. Hierdie simboliese produsente van

Afrikaneridentiteit faal derhalwe in hulle roeping.

Volgens Rossouw is dit “noodsaaklik vir Afrikaners

om hulleself nuut te verbeel aan die hand van ’n nuwe

verhaal”. In navolging van Bernard Striegler redeneer

hy dat hierdie groep Afrikaners hulleself in ’n

* ’n Spesialis op die gebied van publiekreg, regsfilosofie en

belastingreg, en tans gebaseer in Duitsland. Haar huidige

belangstelling fokus op regslinguistiek en die interaksie

tussen herinneringspolitiek en kollektiewe geheue as

kulturele stukragte, en die invloed daarvan op

demokratiseringsprosesse na traumatiese snitte in ’n

gemeenskap.

postmoderne doolhof van die “tirannie van die

onmiddellike” verloor het deur ’n oordrewe

verdagmaking en aftakeling van instellings (soos die

FAK en die NG kerk), dat hulle negatief teenoor die

politiek is en die individu as te sentraal beskou.

Stiegler is nie die enigste filosoof wat kritiek

lewer teen die tirannie van moderne tegnologie nie, en

daar is sekerlik ook ’n element van waarheid daarin. In

sy navolging van ’n nuwe filosofiese stroming sien

Rossouw miskien egter ander aspekte wat deel is van

die komplekse ontwikkelling van ’n gemeenskap oor

die hoof. Gevolglik negeer hy voor die hand liggende

gevolge van die verset van hierdie generasie teen

uitgediende konsepte van die verlede. Hy kyk

belangrike aspekte in die

herevaluering van Afrikaneridentiteit

mis, so ook die

spesifieke rol wat opvolgende

generasies speel om die

kultuurbreuk na die ineenstorting

van apartheid te

oorbrug. In die lig daarvan, ’n

paar opmerkings:

Duitse navorsers het

die afgelope paar jaar

baanbrekerswerk gedoen oor

hoe ’n gemeenskap sulke

insnydende krisisse kan

oorkom, maar ’n mens moet

uiteraard baie versigtig wees

om die ervaring van die

Duitsers met die Nazi’s te

vergelyk met die magsvergrype

in die apartheisera

toe die Nasionale Party aan

die bewind was. Dis ’n

asimmetriese vergelyking wat

ook in dimensie en omvang

nie vergelykbaar is nie. Daar

is gewisse ooreenkomste,

waarby strukturele geweld en stigmatisering van

bepaalde bevolkingsgroepe ’n belangrike rol speel.

Verder is daar duidelike verskille in hoe

generasiekonflikte op grond van die traumatiese

ervaring verbonde aan daardie era afloop en verwerk

word, maar die patroon daarvan as sulks toon sekere

ooreenkomste. Dis ’n etiese balansstaat wat opgestel

word en dit veroorsaak bepaalde probleme wat heel

normaal is onder die gegewe omstandighede, waarop

ek vervolgens kortliks wil ingaan.

Een van die grootste probleme waarmee sulke

gemeenskappe gekonfronteer word, is dat patriotisme

en nasionalisme taamlike taboe-temas is, juis omdat

oordrewe nasionalisme die krisis veroorsaak het.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 62
Desnieteenstaande is dit van groot belang dat

Afrikaneridentiteit in die post-apartheidsera nie (net)

negatief beskou word nie, en (ook) met positiewe

waardes gevul word in die herevaluering van identiteit.

Dis ’n moeilike en harde paadjie om te loop en daar is

nie kitsoplossings nie.

Jörn Rüsen, ’n gesiene historikus en direkteur

van die Kultuurwetenskaplike Instituut in Essen, het

die rol van opvolgende generasies na jarelange

navorsing baie goed geanaliseer. Ek sal probeer om op

grond daarvan rofweg aan te dui wat ook in

Afrikanergeledere afspeel. Rüsen onderskei soos volg

tussen die generasies: eerstens, die generasie wat die

politieke sisteem wat die fiasko veroorsaak het,

geïnstitusionaliseer het; tweedens, die generasie wat

daarteen in opstand kom en, ná hulle, die generasies

wat kulturele identiteit weer stabiliseer. Dis dus ’n

komplekse proses wat drie-vier generasies oorspan.

Die generasietoewysing is ook nie ’n rigiede maatstaf

nie. Bepaalde individue kan ten spyte van hulle

ouderdom nogtans tot die volgende of vorige generasie

behoort. Aleida Assmann koppel hierdie ervaringe van

die onderskeie generasies aan prosesse van die

vorming van kollektiewe herinnering (30-40 jaar) en

kulturele bewussyn (80-100 jaar), waarop ek nie verder

ingaan nie. Die kollektiewe herinnering is egter ’n

oortreffende vorm van ’n bepaalde generasie se

herinnering.

By die Duitsers is dit natuurlik makliker om ’n

afsnypunt vas te stel wat die kultuurbreuk markeer. Dis

die Nazi-era wat 12 jaar geduur het en in 1945 tot

einde gekom het. Volgens sosiologies-historiese

beskouings omspan die era minder as ’n halwe

generasie. Apartheid en die onderliggende

identifisering met hierdie idees, daarenteen, het veel

langer geduur. Die bewind opsigself het 40 jaar geduur,

maar die impetus daarvan gaan reeds van die 1930’s

uit, sodat ’n mens kan sê dat dit goed 1½ tot 2

generasies omvat. Die volgende probleem, as ’n mens

Rüsen se teorie wil aanwend, is: wat is die afsnypunt

wat ’n mens as die kultuurbreuk kan bestempel? Is dit

1990 toe apartheid finaal in duie gestort het, of is dit

nader aan die waarheid om te sê dat dit nie ’n

spesifieke oomblik was nie, maar eerder ’n langer

proses wat begin het met die versetbeweging van die

laat 1970’s en 1980’s? Dit lyk asof daar taamlike

konsensus is onder Afrikaners dat laasgenoemde opsie

eerder toetref, en dat eersgenoemde opsie eerder die

finale spyker in die doodskis was.

Dit het tot gevolg dat dit moeilik is om die

generasies af te baken. Afrikaners van die generasie

wat apartheid ingevoer het, kan ’n mens dus na verwys

as die eerste generasie – al is dit eerder twee generasies

in een. Hulle kollektiewe identiteit is in ’n groot mate

bepaal deur twee ekstreem traumatiese gebeure – die

massamoord op Retief en sy manne in verbinding met

die slag van Bloedrivier enersyds, en die

konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog

andersyds. Dit het tot ’n massamobilisering van etniese

nasionalisme gelei en op apartheid uitgeloop in die

20 ste eeu. ’n Mens sou baie van die Sestigers soos

André Brink en Breyten Breytenbach egter kwalik tot

die generasie wat apartheid geïnstitusionaliseer het,

kon reken.

Daarteenoor baken die verset teen die Angolese

Oorlog en strukturele geweld die generasie van Max du

Preez en Antjie Krog hulle duidelik af van die vorige

generasie. Hierdie generasie het gerebelleer teen die

paranoïede xenofobie van die “swart gevaar”- en “rooi

gevaar”-propaganda wat die legitieme aansprake op

politieke bemagtiging van die ander bevolkingsgroepe

probeer doodsmoor het. Dit het oorgevloei in die

volgende golf van verset, die Voëlvrybeweging met

Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis toe PW Botha

die casspirs in die townships ingestuur het. Juis hierdie

verset het ’n noodwendige verskuiwing in etos teweeg

gebring en het tot introspeksie begin lei. Die refrein

van Coenie de Villiers se “Verwoerd-verwardverwaand”

is in die volksiel van hierdie generasie

ingebrand. Sy “prisoners of war” wys uit hoe ons

gevangenes van ons eie vooroordele geword het. Deel

van die trauma van hierdie generasie berus egter ook

op skok dat die ouer generasie wat die bloudrukke van

die Angolese Oorlog veilig agter hulle lessenaars

gekonsipieer het, nie eers daarvoor teruggedeins het

om in hulle toegespitste oorlewingsdrang hul eie

kinders se lewens daarvoor op die spel te plaas nie. Dis

een van die grondliggende aspekte van hierdie

generasie se ontgogeling – dat hulle self die slagoffers

geword het van strukturele geweld wat

geïnstitusionaliseer is om die sisteem van apartheid

met geweld in stand te hou. Hierdie ervaring was vir

daardie generasie traumatieser as wat algemeen

aanvaar word. Hulle verset omvat dus ’n sterk

afkeuring van kollektiewe geweld, oordrewe

nasionalisme, die instrumentalisering van Christelike

Nasionalisme deur die NG kerk en die

opvoedingstelsel, die skynheilige vroomheid wat die

openbare lewe gekenmerk het, en ’n xenofobiese

oorlewingsdrang wat mensregte geminag het. Chris

Louw se “Boetman”-brief is ’n versinnebeelding van

hierdie generasie se opgekropte woede teen die ouer

generasie. Ook hier is die generasie-afbakening

vloeibaar. Dan Roodt is ’n goeie voorbeeld van iemand

wat ouderdomsgewys onder hierdie groep tel, maar nie

die essensiële etosverskuiwing gemaak het nie, omdat

hy destyds na Frankryk uitgewyk het, waarskynlik om

diensplig te ontduik.

Na die ineenstorting van apartheid speel elke

generasie egter ’n besondere en eiesoortige rol in die

herevaluering en vestiging van ’n nuwe kulturele

identiteit. Die eerste generasie is diegene wat die

hardste gekonfronteer word deur die kollektiewe

identiteitskrisis, veral omdat hulle so intens met

Afrikanernasionalisme geïdentifiseer het as ’n

uitdrukking van onderlinge solidariteit. Die wroeging

van hierdie generasie word goed deur die rubrieke van

Leopold Scholtz in Die Burger en in verskeie insette in

Die Vrye Afrikaan en op Litnet verwoord.

Hierdie eerste generasie moet egter die

ongemaklike rol speel om vir ’n oorbrugging van

kulturele identiteit te sorg. Hulle is die bindingselement

tussen die verlede en die toekoms, die oordraers van

kultuur tussen dié wat dood is en die ongeborenes,

maar kan nogtans nie die kritiek van die generasie net

daarna ontwyk nie. Die dilemma van hierdie generasie

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 63
is dat hulle nie meer naatloos aan die tyd voor die val

van apartheid kan aanknoop nie. Dis presies waar

Willem de Klerk hom ook so vasgeloop het teen Chris

Louw. Die kulturele gegewe van nasionalisme waarop

vorige generasies (bv. na die Anglo-Boereoorlog) kon

bou, is deur apartheid verbruik en nie meer beskikbaar

nie.

Hulle probeer dus die kultuurbreuk te oorkom

deur die skepping van identiteit deur

eksterritorialisering. Apartheid word verdoem, maar

daar word na redes gesoek waarom die volk eintlik

onskuldig was. Hulle probeer dit dus goedpraat met

argumente dat hulle om oorlewing teen die “swart

gevaar” en die “rooi gevaar” moes veg. Dis in hulle

bloed dat ’n Afrikaner vir sy oorlewing moet veg.

Daarom is dit vir baie van hulle moeilik om afstand te

doen van Afrikanernasionalisme as die onderliggende

dryfkrag vir die voortbestaan van hulle taal en kultuur.

Deel van die proses in hierdie fase is dat die

geskiedenis baie sterk beklemtoon en ywerig ontleed

word. Ook dit is “normaal” omdat Afrikaners so

probeer om ’n geheelbeeld van hulleself te vorm in die

proses van ’n herevaluering van identiteit. Hermann

Giliomee se epiese biografie van die Afrikaners doen

hierdie doelwit gestand. Die institusionele oorlewing

van Afrikaans is steeds vir hulle belangriker as

indiwidueel geloodsde aksies. Dit is dus nie vreemd

om die name van bekende versetskrywers soos Brink,

Breytenbach, Coetzee en Joubert op die petisie van die

139 skrywers aan die Raad van die US

(www.litnet.co.za/taaldebat/skrywersversoek.asp) teen

dubbelmediumonderig te vind nie. (Dis egter ook

belangrik om te kyk wie se name nie op die lys was

nie.) Die resultaat is ’n lappieskombers om die

kultuurbreuk te oorkom.

Die tweede generasie onderskei homself in ’n

beduidende opsig van die eerste generasie. Hulle

eksterritorialiseer apartheid nie meer nie. In

teenstelling met die ouer generasie aanvaar hulle

apartheid reeds as integrerend deel van hulle

geskiedenis, en neem dit op in hulle geskiedkundige

bewussyn. Dit veroorsaak egter probeme, want dit bou

weereens nie identiteit op die basis van kontinuïteit nie.

Die Afrikanerdom staan daardeur opnuut voor ’n

identiteitskrisis. Die kollektiewe identiteit van hierdie

generasie maak die noodwendige snit met ’n

traumatiese verlede. Dit verwoord ’n kritiese

distansiëring van apartheid en die negering van die

menswaardigheid van ander mense. Wat hierdie

generasie verder interessant maak, is dat hulle die

eerste generasie Afrikaners is wat doelbewus uit die

beklemming van Afrikanerxenofobie uitgebreek het.

Die Afrikaner-elite in die 1980’s het in groot getalle na

die Demokratiese Alliansie gedros en grotendeels tot

die ineenstorting van apartheid bygedra.

Hierdie kritiese houding veroorsaak egter op

sigself ook weer ’n dilemma, omdat dit in ’n groot

mate op ’n negatiewe identiteitskonstituering berus. Op

die vraag wie mens is, is dit nie genoeg om te sê wie

mens nié is nie, en dis hulle probleem. Hulle is baie

sterk individualisties georiënteerd, en selfs ’n bietjie

hedonisties in die manier waarop hulle hul nuwe

vryheid geniet nadat hulle die bekrompenheid van die

apartheidsera afgeskud het. Baie mense van hierdie

generasie definieer hulleself byvoorbeeld as

Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners, en nie as

Afrikaners in die eerste plek nie. Dis miskien die rede

waarom hierdie groep vir Johann Rossouw voorkom

asof hulle Afrikaners as “simboliese produsente” faal.

Dis egter ’n uiters noodsaaklike proses waardeur

hierdie getraumatiseerde generasie moet werk, en dit

het min te doen met postmodernisme of Derrida. Dat

Karin Zoid eers 20 jaar daarna daaroor kon sing, is ook

nie ongewoon nie. Dis deel van die verwerking van

trauma deur hierdie generasie.

Die herevaluering van identiteit het egter ook

positiewe boustene nodig om ’n nuwe kollektiewe

identiteit te vestig. Hierdie groep het wel sulke waardes

wat hulle onderskryf, maar dis meer van ’n metahistoriese

aard. Dis algemene norme wat deur die nuwe

Grondwet gesimboliseer word soos gelykheid en die

afkeur van rassisme. Dit is egter nie genoeg om ’n

nuwe kulturele identiteit te vestig nie. Daarom is

hierdie identiteit wat hulle produseer taamlik broos.

Deel van die erflas van hierdie generasie is om die

verstarde trauma van die verlede te ontvries soos Antjie

Krog met haar boek Country of my Skull gedoen het.

Dit lei dikwels ook tot ’n ooridentifisering met die

slagoffers van die vorige regime. Hierdie generasie

vind dit uiters moeilik om met die vorige generasie te

identifiseer, en veral ook met enigiets wat met

“Afrikanernasionalisme” of “oorlewing” te doen het.

Hulle skram as’t ware instinktief weg daarvan. Dis

waarskynlik hoekom die prominente skrywers wat

hierdie etosverskuiwing meegemaak het, nie

bogenoemde petisie onderteken het nie. Hierdie twee

generasies lewe grootliks by mekaar verby.

Die derde generasie (die jonger opkomende

geslag van vandag) het dus die moeilike taak om

hierdie generasiegaping in die opbou van ’n nuwe

kulturele identiteit te oorbrug. Hulle het die lot om met

menslike oë na die persone te kyk wat magsmisbruik

sover gevoer het soos wat die sekurokrate en die

politieke sisteem dit in die apartheidsera gedoen het.

Hulle moet die John Vorsters, PW Bothas, Wouter

Bassons, Lothar Neethlings en Eugene de Kocks as

deel van hulle geskiedenis aanvaar en met hulle kan

identifiseer in ’n historiese sin, só dat dit deel van die

geskiedenis is wat mens nie kan ontkom nie en met

verantwoordelikheid moet hanteer. Hulle is diegene

wat die etosverskuiwing wat in die 80’s plaasgevind

het, moet stabiliseer as kulturele bewussyn wat ’n

nuwe kulturele identiteit begrond.

In teenstellling met die Duitsers vind die

herevaluering van identiteit egter nie binne ’n relatief

homogene, maar in ’n multikulturele samelewing plaas

wat etniese identiteite oorsny. Baie van die tweede

generasie Afrikaners lewe ewe gemaklik in sowel die

Engelse as die Afrikaanse gemeenskappe en maak

keuses soos skole vir hulle kinders op grond van

kwaliteitsoorwegings, nie etniese oorwegings nie. Deur

hulle egter te probeer teruglok om vir die “oorlewing”

van Afrikaans te sorg deur mobilisering op grond van

etniese nasionalisme, sal nie werk nie. Die rede

daarvoor is baie dieselfde waarom sogenaamde “bruin”

Afrikaners ook nie hulle kinders na die US toe stuur

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 64
nie, maar liewer UWK of UCT toe. Waarskynlik gaan

hierdie generasie Afrikaners ook nie daarby verbykom

om uiteindelik die sogenaamde “bruin” Afrikaners as

gelykwaardige deel van een kulturele taalgroep te

aanvaar nie.

Dis egter nie prosesse wat oornag voltrek word

nie. Miskien help ’n beter begrip van die afloop van die

proses van ’n herevaluering van kulturele identiteit

egter om meer ontspanne daarmee om te gaan, en ook

waardering te hê vir die rol wat die onderskeie

generasies toeval. ’n Moralisering oor hoe elke

generasie sy rol in die proses vervul, is nie noodwendig

produktief nie.

Die versugting van Rossouw dat dit noodsaaklik

is vir Arikaners “om hulleself nuut te verbeel aan die

hand van ’n nuwe verhaal” is eintlik alreeds en

onafwendbaar in volle swang. Die nuwer denke van die

versetgenerasie faal nie die Afrikaners nie. Inteendeel,

hulle skep nuwe denkmodelle en denkrigtings vir

Afrikaners om uit hulle apartheidsangs en skuldige

gewetens los te breek met die vooruitsig om volle

burgers van die nuwe demokratiese Suid-Afrikaanse

nasie te word.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 65
Die Vrye Afrikaan (www.vryeafrikaan.co.za) word uitgegee deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings

(FAK). Dit verskyn elke derde Vrydag van die maand, met inbegrip van die Afrikaanse mini-uitgawe van Le Monde

diplomatique. Intekening kos R30 per maand vir die papieruitgawe, en R20 per maand vir die elektroniese uitgawe.

Rig korrespondensie aan Die Vrye Afrikaan, Posbus 675, DURBANVILLE, 7551 of aan

redakteur@vryeafrikaan.co.za.

Redakteur: Johann Rossouw, skrywer en spesialis in die filosofie van die tegniek, navorsings- en

kommunikasiebeampte van die FAK.

Redaksionele raad:

Pieter Duvenage, besoekende professor in filosofie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port

Elizabeth en skrywer van onder meer Habermas and Aesthetics

Hermann Giliomee, buitengewone professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch en skrywer van

onder meer Die Afrikaners

Danie Goosen, mede-professor in godsdienswetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, voorsitter van die FAK

en skrywer van tientalle akademiese en koerantartikels

Roland Henwood, lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria, ondervoorsitter van die FAK en

mederedakteur van Hydropolitics in the Developing World: A Southern African Perspective

Kallie Kriel, verantwoordelik vir Solidariteit se Gemeenskapsalliansie en mederedakteur van Struggle Rugby

Lawrence Schlemmer, direkteur van die Helen Suzman-stigting asook Markdata en mederedakteur van onder meer

Kruispad

Marinus Schoeman, medeprofessor in filosofie aan die Universiteit van Pretoria en skrywer van Generositeit en

Lewenskuns: Grondtrekke van ’n post-Nietzscheaanse etiek

Redaksie:

Elirea Bornman, mede-professor in kommunikasiewetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, spesialis in

kwessies van etniese en maatskaplike identiteit

Carel (iv) Boshoff, gemeenskapsaktivis van Orania en skrywer van tientalle akademiese en koerantartikels

Francois Bredenkamp, navorsingsdirekteur van die Garankua-kampus van die Tshwane University of Technology,

spesialis in Middeleeuse Bisantynse politiek en vertaler van Markus Aurelius se Bepeinsinge

Ampie Coetzee, emeritus-professor in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland en skrywer van onder meer

’n Hele os vir ’n ou broodmes

Heilna du Plooy, professor in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde op die Potchefstroomse kampus van die

Noordwes-universiteit en skrywer van onder meer die digbundel In die landskap ingelyf

Amanda du Preez, senior-lektor in beeldende kunste aan die Universiteit van Pretoria en mederedakteur van South

African Visual Culture

Deon Geldenhuys, professor in politieke studies aan die Universiteit van Johannesburg en skrywer van onder meer

Internasionale Isolasie: Suid-Afrika in vergelykende perspektief

Koos Malan, mede-professor in regte aan die Universiteit van Pretoria en spesialis in regsfilosofie, staatsreg en

minderheidsvraagstukke

John Miles, skrywer van Die Buiteveld en etlike ander romans

Desmond Painter, lektor in sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en spesialis in maatskaplike en kulturele

sielkunde

Hans Pienaar, digter, dramaturg en joernalis verbonde aan die Independent-groep

Dioné Prinsloo, senior-lektor in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika en spesialis in die geskiedenis van

vroue in Suid-Afrika in die 20ste eeu, asook Afrikaanse kultuur

Redaksiesekretaresse: Sarie Marais, 012-326-8646,

Taalversorger: Susan Roets

Uitlegredakteur: Hermien Brits

Grafiese kunstenaar: Elsabe van Niekerk

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 17 Maart 2006 | BLADSY 66