02.05.2013 Views

28/2012 - Hoërskool Menlopark

28/2012 - Hoërskool Menlopark

28/2012 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Liewe Ouers

Dit is vir ons ‘n voorreg om aan u bekend te maak dat die Gauteng

Departement van Onderwys, op ons aanbeveling, mnr Schalk Reynders

aangewys het as die nuwe hoof van Die Hoërskool Menlopark. Hy sal

vanaf 1 Januarie 2013, oorneem by dr Carel van der Merwe, wat na 29

jaar diens as hoof uittree. Dr Van der Merwe gee die aflosstokkie oor

terwyl ons skool op alle terreine op die kruin van die golf beweeg en ons

sal gedurende die volgende paar weke hom op gepaste wyses daarvoor

bedank.

Mnr Reynders is die afgelope 17 jaar verbonde aan Hoërskool Monument

in Krugersdorp en as adjunkhoof sedert 2004 het hy bewese ervaring in

die bestuur van ‘n makroskool en die toenemende kompleksiteite wat

daarmee gepaard gaan. Ons sal beslis baat vind by die ondervinding wat

hy gedurende die tyd opgedoen het.

Mnr Reynders het in 1975 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar gematrikuleer, waarna het hy die grade

B.Sc(Ed), B. Sc(Hons) en M.Sc (Wiskunde) aan RAU verwerf het. Met hierdie besondere kwalifikasies

getuig sy onderwysgeskiedenis van ‘n baie sterk akademiese fokus. Op sportgebied het hy homself ook

onderskei as afrigter van atletiek, krieket en rugby en veral in laasgenoemde sport het hy uitsonderlike

prestasies behaal. Hy was die afrigter van die Leeus se Cravenweek-rugbyspan gedurende 2007 en 2008,

maar daarvoor sal ons hom vergewe.

In ons gesprekke met hom het hy by ons die oortuiging gelaat van 'n gebalanseerde mens, met ‘n

diepgesetelde waardestelsel wat absolut aanpasbaar is by die etos van ons skool.

Hy is getroud met Reneé, ook `n onderwyseres, en hulle het een seun en twee dogters, Stefan (29), Nadia

(26) en Merike (23).

Dr van der Merwe, sy bestuurspan en die Beheerliggaam sal alles moontlik doen om mnr Reynders bekend

te stel, in te burger en by te staan in die proses van leisels oorneem. In hierdie verband sal hy ook baie

baat vind by die onvervangbare ondervinding van dr Van der Merwe.

Ons het reeds die geleentheid gehad om hom vlugtig aan die personeel en die leerders voor te stel. Hy het

homself voor die kinders verbind tot die skool deur te bevestig dat hy nou ‘n trotse Menloparker is. Dit het

natuurlik baie goeie reaksie van die kinders uitgelok. Ons hoop dat ons dalk mettertyd die donkerblou bloed

wat nou reeds in sy are vloei, sal kan aanvul met bietjie ligblou bloed.

Ons glo dat mnr Reynders as skoolhoof Menlopark tot nuwe hoogtes sal inspireer en ons wens hom alle

sterkte toe.

Absolut Menlo!

Menlo- Beheerliggaam

Hier volg ook sommer ‘n lekker onderhoud-bekendstelling:

Aangename kennis, mnr Reynders!

Baie dankie – dit was vir my ‘n grootse gebeurtenis toe ek hoor ek is vanaf 1 Januarie 2013 as hoof by

Menlopark aangestel!

Is u al lank in die onderwys?

Ja. Ek is reeds die afgelope 28 jaar by verskeie skole betrokke, o.a. Hoër Seunskool Helpmekaar,

Hoërskool Roodepoort en Hoërskool Monument, en dan het ek ook klas gegee by die destydse Goudstad

Onderwyskollege.

Ek is baie dankbaar vir die ervaring wat ek daar opgedoen het, omdat ek glo dat dit my grotendeels

voorberei het vir die eise en verwagtinge wat daar aan ‘n skoolhoof gestel word.

…. en hoe voel u oor Menlopark?

Ek het nog altyd geglo dat, voor ‘n mens ‘n opinie of uitspraak gee, ‘n mens eers self moet beleéf en

ervaar. Ek is egter nou in die bevoorregte posisie om dit te kan doen en ek wéét Menlopark is vir my die

régte plek op die régte tyd!

Het u enige spesifieke doelstelling of missie?

Natuurlik stel ‘n mens vir jouself sekere doelwitte daar, sal jy ‘n positiewe bydrae wil lewer ten opsigte van

die skool, sy personeel en leerders asook die gemeenskap…… maar om dit op die regte wyse aan te pak,

sal ‘n mens eers fyn moet waarneem, luister na die mense wat reeds die mooi skool se taal praat en dan,

dán besluit om die koring en die kaf te skei en die pad te loop wat uiteindelik vir almal suksesvol sal wees.

Het u enige voorliefdes, behalwe nou die onderwys?

Ja, heelwat, maar niks is meer bevredigend as om vlamme van ‘n stuk hout te laat lewe kry nie, of om ‘n ou

afgeleefde meubelstuk te restoureer en in ‘n pronkstuk te verander nie. Om met hout te werk …. dis die tyd

wat ‘n mens kop skoonmaak!

Waar hou u graag vakansie?

Ek en my gesin, my vrou Reneé, kinders Stefan, Nadia en Merike, is Bosveldmense – die warmte van ‘n

vuur – die stilte in die natuur – dis waar ons graag wegbreek!

Mnr Reynders, het u ‘n boodskap of wens vir Die Hoërskool Menlopark?

Ek is opgewonde oor 2013 en die nuwe fase wat vir ons almal aanbreek. Ons moet altyd onthou dat

woorde soms wanpersepsies kan skep en dat oorhaastige uitsprake soms verkeerd kan wees. Kom ons vat

hande, leer mekaar ken sodat Die Hoërskool Menlopark in die jare wat kom net nòg groter hoogtes bereik

en ‘n bloeitydperk beleef. Dit is my wens!

20/10 Uitnodigingsgala

Menlo-perdesport: Skou by Misty Meadows

22/10 Begroting 2013: Inligtingsvergadering

2/11 MMA-muurbal: prysuitdeling

12/11 Begroting 2013: Goedkeuringsvergadering

17/11 Menlo-Alumni (Jaareindfunksie)

24/11 Menlo-Kerskonsert 18:30 ( Saal)

Absolut finansiële vergadering

Ons inligtingsvergadering rondom die 2013-begroting is Maandag 22 Oktober om 18:30. Hierdie

is ‘n volledige inligtingsessie rondom die begroting. Kom gesels gerus saam of kom luister en

wees ingelig.

Ons wys graag daarop dat die Begrotingsvergadering waar die ouers die begroting

goedkeur moes skuif na Maandag, 12 November om 18:30 in die Ouditorium.

Bywoning van hierdie vergaderings deur ons Menlo-ouers is ʼn absolute noodsaaklikheid om ons

formidabele skool op sy wiele te hou! Dankie by voorbaat dat ons op u kan staatmaak. Wees

Menlo-aktief!

Absolut innige simpatie

Ons innige simpatie aan mnr Harm van Helsdingen met die afsterwe van sy vrou, Lentelie. Ons

weet dat Menlo-harte en omgee hom en sy drie engeltjies, Jan-Harm , Josua en Isabeau, reeds

aanvoelbaar dra in hierdie moeilike tyd.

Liefdadigheidsweek 2012

Wat ‘n ervaring - die uitbetaling van die liefdadigheidsgelde aan ‘n hele

mag der menigte organisasies! Baie dankie aan juf. Annalet wat dit haar

hartsmissie maak en almal om haar bekoor en betower met omgee.

Dankie aan elke Menlo-mater en Menlo-ouers wat die formidabele bedrag

moontlik gemaak het en besondere Menlo-drukkies aan Simoné en Gerrit

wat ‘n omgee-golf geadministreer en beheer het en absolut omgee in ons

harte laat innestel het! Leanné Kock het met ons gr 12 –afsluiting so mooi

gesing dat “the trials of life are often disguised little mercies”. Net so is

Menlo-harte aangeraak deur die swaar van ander en besef ons ons eie

genade. Daarom kan ons maklik onsself en ons geldjie gegee om iewers

‘n verskil te kan maak! Absolut omgee!

Absolut personeel

Baie geluk aan Juf. Nerine Ahlers, ons Franse Juffrou, met die verskyning van haar splinternuwe

tienerboek, ONKANT! Juf Nerine is bekend vir haar reeks saam met haar skryfmaat, Alet

Steenkamp, en die ATKV-kinderboek-toekennings wat hulle reeds verwerf het. Hierdie is haar

debuut met haar eie tienerverhaal.

Mnr Hans Moolman, departementshoof: Afrikaans, en mnr Jacques Cornelissen,

Afrikaans-onderwyser, is verlede week genooi om lesings by die Universiteit se

Lenteseminaar te gee. Mnr Moolman het die seminaar geopen met ‘n lesing oor

visuele geletterdheid en mnr Cornelissen het in sy lesing ‘n gedig aangebied.

Mnr Moolman word ook deur die SAOU oor die hele land gestuur om

onderwyser-opleiding te gee en dien in die nasionale Ekspo-raad.

Me Mariana de Klerk is Gauteng se hoofnasiener vir Kuns en daarom is sy ook

gemoeid met die Kuns-opleiding van onderwysers en is moderator in Pretoria.

Absolut Alumni op Sarie se voorblad

Tone krul-lekker om te kan sê: die beeldskone blonde model op die voorblad van die November

SARIE en dus die wenner van die SARIE voorbladgesig-kompetisie is oud-Parkie, Tana Ferreira!

Sy is ook die sussie van die ewe beeldskone Mia-Anne, ons Blou Teater- en Villa Rosa-ster!

Absolut aitsa Tana!

Baie geluk aan ons nuut verkose Parkieraad! Wat ‘n voorreg om met leierskap ons skool te kan

dien met leierskap!

Voorsitter: Anje de Wet

Onder-Voorsitter: Andrew Hofmeyr

Graad 9 2013: Willem Britz, Raimund Bosch, Marius Buter, Keagan

Fourie , Louis Jordaan, Gerald Lowe, Simon Oberholster, Michael

Pauer, Jacques Schutte en Pieter Verster;

Corlia Cloete, Cara Geldenhuys, Cara Jacobs, Mieke le Roux, Benita

Loedolff, Anri Orsmond , Lané Richards, Umonique Smit , Bea van

Niekerk en Renate van Tonder .

Graad 10 2013: Marco Booyse, Jaco Colyn , Michael Du Preez, Stefan

Erasmus, Jacques Fourie , Willem Hofmeyr Christiaan Lombard, Tim

McIntyre, Deon Rousseau , Shaun-Cameron Swanepoel ;

Animé Benade, Kiah Conradie, Esté Hofmeyr , Suzanne Jacobs,

Marné Kruger, Madri Strydom, Alicia Swanepoel Petronel van der Watt, Jessica Vorster en Nariska

Zietsman.

Gr 11 2013: Altus Bisschoff, Armand Buys, Johan de Beer, Marius de Beer, CJ de Wet, Charl Langley,

Alex Laubscher, Ulrich Lombard, Jacques Oosthuizen, De Wet Terblanche;

Milena Barkhuizen, Ingrid Carette, Tarien Conradie, Gerkies Grobler, Jennimi Laubscher, Karli le Roux,

Mirike Loedolf, Suné Luus, Anika Stander en Michelle van Biljon .

Gr 12 2013: Tshepo Belle, Robert Cater, Bingle Cloete, George de Kock, Willem de Vos, Louw du Plessis,

Braam Ehlers, Pieter Els, Cobus Erasmus, Ludwig Fechter, Wybren Hiemstra (hoofseun), Andrew

Hofmeyr (onder-voorsitter), Adrian Honiball, Robert Honiball, Christian Janse van Rensburg, Simon

Kamstra, Pippie Kemm, Marco Labuschagne, Jannes le Roux, Ivan Pauw, Jannus Redelinghuys, Hein

Schulte, Louis Storm, Juhann- Jacq Swanepoel, Jurie van der Walt, Lbé van Niekerk, Ruan van Wyngaard;

Carina Behr, Mia Bosman, Lené Bredenkamp, Annemei Burger, Astri Claassen, Elisma Cronje,

Anje de Wet (Voorsitter), Jeandré Griesel, Joanette Grobbelaar, Wilma le Roux, Brigitte Louw,

Kelsey McIntyre, Anelma Meiring, Carli Pronk, Jean-Mari Redelinghuys, Cara Rossouw, Lomé

Rossouw, Jana Schutte, Bea Steyn, Salomé Steyn, Lizé Strydom, Carissa van Aarde

(hoofdogter), Leanie van der Merwe, Marli van der Merwe, Lené van Staden, Allison Wright en

Nadien Zietsman

Baie geluk ook aan die drie leerders op die Parkieraad wat verkies is as Beheerliggaamverteenwoordigers:

Wybren Hiemstra, Anje de Wet en George de Kock.

Absolut Menlo-leierskap in aksie!

Menlo-hoogtepunt: Absolut Menlo by die Matriekafskeid:

‘n Absolut Menlodankie

aan

Ons is baie opgewonde oor Menlo-swem se jaarlikse

uitnodigingsgala, Saterdag, 20 Oktober 08:00 – 13:00. Skole van

oor die hele land kom kuier en swem! Ons verwelkom H/S

Garsfontein, H/S Waterkloof, Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria,

Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria, Pretoria High School for Girls,

Durban Girl’s College, Oranje Meisieskool, Paarl Gimnasium, St.

Andrew’s College for Girls, Paul Roos Gimnasium en Park Town

Boys! Absolut ‘n Menlo-moet-bywoon-geleentheid.

Menlo-muurbal is vol aksie en absolut avontuur!

Baie sterkte aan die MMA eerstespan (seuns) wat 19 – 21 Oktober Kaapstad toe vertrek vir die Wynberg

Stayers Festival: Theron Nel, Ruan Crouse, Andre de Bruyn, Anthony Rademeyer, Heinrich Groenewald

en Frederik du Toit.

Ons hou ook duime vas vir die MMA eerstespan (dogters) wat na Pietermaritzburg vertrek vir die Epworth

Girls’ Festival: Lisette Oelofse, Nicoline van Dam, Danielle Slabbert, Chrislee vd Merwe, Monica J van

Rensburg, Jana Mattheus en Anna-Marie Helberg.

Absolut Menlo-Muurbal!

Absolut Italië!

Armand Buys en Jacques Oosthuizen (albei gr 10) het die afgelope

vakansie Menlo se rugbynaam trots in Italië gedra. Die SA Noordvaal

span het vir 10 dae in Italië getoer en drie wedtryde teen ‘n O/18-

Nasionale span en twee O/18-streekspanne gespeel.Om as 16jarige

rugbyspeler uit te draf teen O/18-spelers is beslis ‘n

vreesaanjaende storie, maar ons SA Noordvaal- spelers het hulle nie

daardeur van stryk laat bring nie. Inteendeel, hulle het slegs die eerste wedstryd naelskraap

verloor teen die Nasionale O/18-span en vir die streekspanne waarteen hulle gespeel het ‘n paar

goeie lesse in klipharde Suid-Afrikaanse rugby geleer.

Wat die prestasie vanaf Menlo se kant spesiaal maak, is dat daar in elke wedstryd punte deur ‘n

Menlo- speler aangeteken is met Jacques wat in die 2de wedstryd ‘n drie gedruk het en Armand in

die 2de en laaste wedstryd. Armand het ook in die laaste wedstryd die skopverantwoordelikhede

oorgeneem en het ‘n bydrae van 21 punte van die span se totale 71 punte gelewer.

Wat ‘n inspirasie en voorreg! Absolut Jacques en absolut Armand!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!