03.05.2013 Views

Insig 29 - Hoërskool Menlopark

Insig 29 - Hoërskool Menlopark

Insig 29 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Menlo- Insig 29

Liewe Ouers

„n Laerskool-maatjie wat passievol oor hokkie is en ons Opedag gemis het,

maak „n afspraak om te kom kuier. Ek vra Andrea, Mia en Marne om die

dametjie rond te wys en met haar Menlo te gesels. Omdat die afspraak

sommer so die vorige aand per sms ontstaan het, moet ek vinnig in die vierkant

gaan loer om ons toergidse in die hande te kry. Ek roep Andrea uit die vierkant:

sy is vars van die vroegoggendoefeninge in haar Absolut Menlo-hemp en hier

tref ek Andrea se ma met „n silwerskoon kreukelvry skooluniform op „n hanger

aan met in haar hand „n balletjie kouse en „n paar skitterblink skoolskoene. “En

nou?”, vra ek. “Jong, Andrea het ge-sms dat sy „n laerskoolbesoeker moet

rondwys en gevra ek moet gou die skoolklere bring, want sy‟s nog in sportklere

en kan mos darem nie so „n besoeker ontvang nie.” Dit is trots. Nee, dis Menlotrots!

Dit laat „n Juffrou week van waardering en trane spring sommer in my oë,

want trots kan geld nie koop nie.

Dan sit jy by „n hokkieprysuitdeling en mnr Anton Verster kondig jubelend aan:

ons bou „n ASTRO! Nie sommer so „n astro nie, maar „n ABSOLUT ASTRO in

blou en rooi. Almal wat al so lank fondse insamel en hard werk om „n Astrodroom

na absolut Menlo toe te laat kom, sit met trane in hulle oë. Dis deel van

die Menlo-trots. Ons is „n gesin met ouers en kinders almal saam by die sooispit

en elke hokkiespeler is opgewonde. Daar is net een ander blou en rooi

astro in die wêreld en hulle bou hom nog - dit sal klaar wees vir die 2012-

Olimpiese spele in Londen. Die Absolut Astro sal Maart klaar wees (dalk nog

voor die Olimpiese Spele een!) en dan is daar in die hele wêreld net twee rooi

en blou Astro‟s - Menlo s‟n en Londen s‟n. Hopelik gaan die internasionale

spanne nog op ons astro kom voorberei vir die Olimpiese spele. Nog „n lekkerte

is dat Charles van die Pretoria News net Saterdag by ons olimpiese standaard

swembad staan met ons swemgala en laat val: “ You guys only still need to

build an astro then you really have the perfect campus!” Ons tone krul van

lekkerte – Charles gaan die eerste wees om te hoor dat na baie droom en werk

die ABSOLUT ASTRO se sooi gespit is en die werk begin het.

Ons is almal opgewonde en almal trots. Dit begin by Andrea wat „n

skooluniform aantrek om besoekers te ontvang. Dit strek wyer na „n

akademiehoof wat inspireer met die boodskap: “Winning isn‟t everything, but

wanting to is.” Dis met diepte en die Menlo hartklop dat elkeen weet: ons skool

is ons trots!

Gizelle en Janku open by die swemgala en jy kry hoendervleis, want dis trots

uit elke woord. Marné gesels in die saal en dis trots wat praat: ”My Pa het nou

al „n paar keer gesê: dis regtig weer „n amazing jaar vir Menlo”. Dis MENLO

TROTS wat „n jaar op „n absolut noot laat afsluit en Parkies weer in die

wegspringblokke laat trippel om 2012 op „n absolut noot te begin, want Menlo

is „n leefstyl en „n formidabele verruklikheid - jy kan nie „n oomblik mis nie!

Absolut Menlo!

Annieka Moolman

28/10 Top 12 (Pilditch)

Menlovaria: Gala-aand

31/10 Eksamen begin (Gr 10-12)

7/11 Finansiële vergadering (Begroting 2012)

Die Begroting sal vanaf 24 Oktober tot 7

November ter insae in die Forum

beskikbaar wees.

Voortrekkermonument se Kerskonsert

Die Voortrekkermonument se Kerskonsert vind plaas op Saterdag 29 Oktober 2011

in die Senotaafsaal van die Monument. Gaskunstenaars Sarah Theron en Jakkie

Louw tree op saam met Martin Lane en die seniorkoor van die Laerskool Menlopark.

Die Boeriez- tenore wat so pas bekendgestel is, sal ook twee items lewer. Die

opvoering begin om 19h00 en kaartjies beloop R120 vir volwassenes en R80 vir

kinders. Ligte verversings sal voor die opvoering te koop aangebied word. Kaartjies

vir die konsert kan bespreek word by me Annatjie Erasmus, telefoonnommer (012)

326 6770 of aanlyn op www.voortrekkermon.org.za

Junior Stadsraad van Pretoria se Touch Rugby-fees!

„n Formidabele Menlo-dogterspan (Jennimi Laubscher, Martie de Leeu,

Jean-Mari Redelinghuys, Carissa van Aarde, Carina Behr,Wilma le Roux,

Zurika Volschenk, Joanette Grobbelaar, Nicole le Riche, Astri Claassen)

het Saterdag die 15de Oktober die Junior Stadsraad van Pretoria se

“Touch Rugby”-dag, „n liefdadigheidsprojek, by Hoërskool Oos-Moot

ondersteun. Die “Think Pink” span was een van net 2 dogterspanne en

het die seuns aangedurf met vernuftigheid en misleidende, of is dit

verleidende, systappe! „n Hele paar drieë is gedruk.

Absolut finansiële vergadering

Maandag, 7 November: Begrotingsvergadering vir goedkeuring

deur die ouers om 18:30 in die Ouditorium. Bywoning van hierdie

vergaderings deur ons Menlo-ouers is ʼn absolute noodsaaklikheid

om ons formidabele skool op sy wiele te hou! Dankie by voorbaat dat

ons op u kan staatmaak. Wees Menlo-aktief!

Atterbury Nasionale

Klavierkompetisie

Hierdie kompetisie is vanjaar geloods en 5

Parkies en 1 oud-Parkie is genooi om deel

te neem. Ons is trots op Marné Kruger en

Bernard van Renssen wat tot in die semifinaal

deurgedring het. Oud-Parkie, Willem

de Beer het die kompetisie gewen en

daarmee saam „n klavier ter waarde van

R65 000. Altyd Absolut Willem!

Baie geluk aan ons atlete vir „n formidabele begin vir die atletiekseisoen!

Elardus Erasmus Top 10: Hoërskool Hans Strijdom (Naboomspruit) 21 en 22 Oktober 2011

Atlete wat bo 800-punte op die ABSA-tabel verdien het:

Naam OUD ITEM THA ABSA

Aucamp, Nantes S16 200m 21.96 1046

Aucamp, Nantes S16 100m 10.75 980

Hanekom, Hestia D14 90mH 13.27 962

Hanekom, Hestia D14 VS 5.01 912

Jerling, Werner S15 DG 47.05 921

Kruger, Marné D14 VS 4.59 800

Lombaard, Eugenie D17 800m 02:20.5 827

Nel, Dimitri S14 100m 11.43 966

Nel, Dimitri S14 100mH 14.62 854

Pienaar, Stean S14 100mH 13.62 1051

Pienaar, Stean S14 200m 23.87 963

Pont, Riaan S17 400m 50.49 862

Strydom, Lizé D16 400m 56 979

Strydom, Lizé D16 800m 02:14.2 962

Strydom, Madri D14 100m 11.84 1122

Strydom, Madri D14 200m 25.62 1000

Puntestand

Dogterskompetisie ABSA Seunskompetisie ABSA

1 Monument 1017 1 Monument 1085

2 Menlopark 985 2 Afr Hoër Seunskool 1065

3 Helpmekaar 948 3 Helpmekaar 1055

4 Kempton Park 938 4 Waterkloof 1020

5 Eg Jansen 935 5 Eldoraigne 1010

6 Afr Hoër Meisieskool 933 6 Kempton Park 999

7 Noordheuwel 928 7 Menlopark 997

8 Randburg 915 8 Vorentoe 996

9 Vorentoe 914 9 HS Klerksdorp 989

10 Waterkloof 912 10 Prestige College 981

Uitnodigingsgala 22 Oktober

Naam OUD ITEM THA ABSA

Griessel, Jeanelle D14 300mH 46.34 942

Griessel, Jeanelle D14 90mH 13.7 877

Swanepoel, Shaun S15 800m 02:05.9 884

Swanepoel, Shaun S15 1500m 04:22.7 851

Van Niekerk, Heinrich S15 800m 01:59.2 1039

Van Niekerk, Heinrich S15 400m 51.92 909

Van Rensburg, Michael S15 HS 1.8 952

Van Rensburg, Michael S15 VS 5.85 844

Van Tonder, Renate D14 VS 4.95 894

Van Tonder, Renate D14 HS 1.45 854

Van Zyl, Deon S16 200m 22.6 962

Van Zyl, Deon S16 400m 51.97 838

Venter, Mandi D15 SG 43.96 1186

Wegner, JP S14 100mH 13.48 1086

Wegner, JP S14 100m 11.95 848

Wicksell, Stephanie D17 200m 25 889

Wicksell, Stephanie D17 400m 56.81 884

Individuele prestasies

Beste dogtrersspiesgooi-atleet:

Mandi Venter (D15)

Spiesgooi 43.96m

1186punte op die ABSA-tabel.

Beste dogtersnaelope-atleet:

Madri Strydom (D14)

100m 11.84s

1122 punte op die ABSA-tabel

Ons Vierde uitnodigingsgala het op 22 Oktober 2011 plaasgevind; en wat ‘n belewenis

was dit nie: swem uit die boonste rakke, fantastiese weer en Super Swimmer om die

skouspel te verfilm.Skole van regoor Suid-Afrika het aan die spoggeleentheid

deelgeneem: Paul Roos Gimnasium en Paarl Gimnasium uit die pragtige Kaap, Oranje

Meisies uit Bloemfontein, St. Andrews School for Girls uit Johannesburg, Ben Vorster

van Tzaneen en Potchefstroom Gimnasium. Pretoria is ook puik verteenwoordig deur

PBHS, AHM en Hoërskool Waterkloof. Elke swemmer het met Menlo-trots deelgeneem

en die Parkies se gees langs die water het gesorg dat elkeen sy heel beste gegee het!

Dankie aan die dirigente en aan elke Parkie wat almal met Menlo-styl ondersteun het!

Ons bekende ouerkomitee (wat al teen dié tyd „n ou hand is wat organisatoriese vaardighede betref) het weer vir ons

gewys dat Menlo-swem hulle na aan die harte lê.

Die dag het besonderse uitslae opgelewer met Menlo wat 19 rekords verbeter het. Van die individuele presteerders

was:

Jonathan van der Merwe O/17 verbeter 3 rekords

Mikal Botha O/14 verbeter 2 rekords

Petri Vosloo O/16 verbeter 2 rekords

Bryan Gray O/15 verbeter 3 rekords

Menlo het ook met 3 uit die

4 individuele toptrofee weggestap:

Junior Victor Ludorum:

Bryan Gray (Menlo)

Senior Victor Ludorum:

Jonathan vd Merwe (Menlo)

Junior Victrix Ludorum:

Marcé Loubser (Menlo)

Senior Victrix Ludorum:

Jolandi Els (Oranje Meisies)

TOTALE:

MEISIES:

174 Menlopark

157 Oranje Meisies

137 St Andrews

132 Affie Meisies

117 Ben Vorster

087 Paarl Gimnasium

081 Potch Gimnasium

036 Waterkloof

SEUNS:

185 Menlopark

142 Paul Roos

132 Ben Vorster

131 Boys‟ High

091 Potch Gimnasium

082 Paarl Gimnasium

070 Waterkloof.

GROOT TOTAAL:

359 Menlopark

249 Ben Vorster

172 Potch Gimnasium

169 Paarl Gimnasium

157 Oranje Meisies

142 Paul Roos Gimnasium

137 St Andrews

132 Affie meisies

131 Pretoria Boy‟s High

106 Waterkloof

Absolut Noord-Gauteng Stoei

Baie geluk aan die volgende Menlo-manne met hulle Noord-Gauteng stoeiprestasies:

Pieter de Jager

Noord-Gauteng Vrystyl Jeug Kampioenskappe - Goud, Noord-Gauteng Vrystyl Kadet kampioenskappe - Silwer, SA

Vrystyl Streek Kampioenskappe - Brons

SA Vrystyl Jeug Kampioenskappe - deelname, SA Vrystyl Presidente Kampioenskappe - Brons, SA Vrystyl Kadet

Kampioenskappe - Brons. Hy verwerf: Noord-Gauteng Spankleure, Noord-Gauteng Jeugkleure, Noord-Gauteng

Presidentekleure.

Leonard Gregory

Noord-Gauteng Presidente Grieks-Romeinse Kampioenskappe - Goud, SA Vrystyl Graderingstoernooi - 3de, SA

Grieks-Romeinse Graderingstoernooi - 2de,SA Grieks-Romeinse Kadet Kampioenskappe - Goud, SA Grieks-Romeins

Junior Kampioenskappe - Silwer en Kadet Oefenkamp Hongarye - lid. Hy verwerf: Noord-Gauteng Jeugkleure

Noord-Gauteng Presidentekleure, SA Jeugkleure en SA Internasionale Kadetkleure.

Wian Human

Noord-Gauteng Junior Vrystyl Kampioenskappe - Brons,SA Grieks-Romeinse Graderingstoernooi - 2de, SA Grieks-

Romeins Junior kampioenskappe - Silwer, Junior Oefenkamp Hongarye - lid en verwerf so:Noord-Gauteng Jeug

Kleure en Junior Proteakleure.

Absolut Anellé!

Anellé Fourie het Saterdag 22 Oktober 2011 aan die Dis-chem Sun City opewater 1 500m deelgeneem, haar tyd was

22min 36 sek, sy was 63 ste uit ongeveer 200 deelnemers. Absolut Anellé!

Lisette Oelofse was naaswenner in die Noord Gauteng Ope muurbal toernooi oor die naweek. Sy het in die o/16-o/19

dogters gespeel. Baie geluk, Lisette!

Opsoek na woonstel te huur binne loopafstand van Menlopark Hoërskool. Sel: 083 4708 678

AKKOMMODASIE BESKIKBAAR.

WAAR?: Te Pretoria in Menlopark, twee en „n half kilometer van U.P.

Binne loopafstand van die busroete in Lynnwoodlaan. Tussen die Hoër en Laerskool Menlopark.

WANNEER BESKIKBAAR?: Vanaf einde Januarie 2012.

WIE KWALIFISEER?: Jong werkendes, studente met christelike waardes, wat ernstig is oor hulle werk en akademie.

WAT BEHELS DIE AKKOMMODASIE?: Twee dubbelkamers en „n paar enkel kamers. / Gedeelde badkamergeriewe.

(twee tot drie persone per badkamer.) / Gemeenskaplike kombuis waar inwoners hulle eie etes kan berei. / TV en

waskamer met wasmasjien. / Goeie sekuriteit met elektriese toegangshek. / Voldoende parkering binne kompleks.

SKAKELPERSOON?: INGRED 082 440 5664 pkieviet@freshworld.co.za.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!