03.05.2013 Views

Insig 26 - Hoërskool Menlopark

Insig 26 - Hoërskool Menlopark

Insig 26 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Liewe Ouers

Bill Bryson vertel die geskiedenis van die mensdom in sy boek At Home deur van vertrek tot vertrek te beweeg en in

elke vertrek die geskiedenisfeite vasgevang te vind. Vir my lê die geskiedenis vasgevang in asemteue. Kan jy jou

voorstel hoeveel asempies uit hoeveel kinderlywe die klaskamers en die gange van Menlo al gevul het en watter

belewenisse die asempies gedeel en laat gedy het? Kreatiewe asempies, borrelende opgewonde krete en meelewende

gejubel, intelligente vrae en humoristiese opmerkings bly draal in die klasse en die gange om met die verhale die Menlo

-geskiedenis te verwoord en te verewig. Of dalk lê dit vasgevang in die sweetdruppels wat val op die sportveld, of flinke

gedagtes wat uitloop op „n redenaarspraatjie of „n kunswerk vol kreatiwiteit. Woorde wat vasvat en deeltjies van besige

Menlo dae verewig in ons herinneringe-skatkis.

Sondag by ons kerk kry elkeen van ons „n blou lintjie met die silwer woorde: “Wie jy is, kan „n verskil maak!” Mense met

entoesiasme en lewenslus werk aansteeklik in op die mense om hulle. Karin van Niekerk, „n lid van ons vorige

Beheerliggaam, glo om „n sinvolle lewe te lei, moet jou dag gevul word met mense wat positief is en jou lewe verryk en

almal wat nie „n positiewe bydra tot jou dag kan lewer nie, moet vermy word.

By Menlo is die impak van mense wat positief is, radikaal en integraal! Mense wat weier dat negatiwiteit hulle oorrompel,

sal Bill Bryson begeester tot „n hele reeks blitsverkopers. As die positiwiteit van Menlo-mense wat „n verskil

maak in „n wetenskapeksperiment saamgegooi word, sal die uitwerking so daadkragtig wees dat dié potente positiewe

lewens-houdings „n Menlo-vlag tot op die maan sou kon torpedo. En jare later sal daar nie in „n conpiracy theory op die

vlag staan “ Made in China” nie, maar “Met absolut Menlo-lewenslus hier geplant”. Met só „n lewenshouding kry Juf

Priscilla 215 Parkies in die doodsnikke van die kwartaal by leierskapopleiding. So draf Juf. Carli, Juf. Marcel, Juf. Ilse,

Juf. Nadia, Juf. Anneri en Juf. Renette vir „n maand lank twee aande „n week as skeidsregters grasieus oor die

hokkieveld in die laerskole aandreeks (wat eintlik „n bo-en-behalwe-takie is), sonder sug. Hulle raak opgewonde en

word nie passief meegesleur nie, want hulle inspireer ouers en toeskouers en hokkiespelers. Positiewe mense maak „n

impak, hulle bou aan die Menlo-gesin en met hulle lewenshouding werk hulle aansteeklik in op mense om hulle en bou

hulle geskiedkundige stukkies koestering wat Bill Bryson liries sou hê. Die wêreld word „n uitsonderlike plek, as ons leer

bou met ons asemteue en ons houding, want wie ons is en hoe ons dinge aanpak, kan „n verskil maak!

Absolut Menlo!

Annieka Moolman

11/10 Parkieraad: afsluiting

12/10 Liefdadigheidsweek (oorhandiging )

14/10 Matriekafskeid

15/10 Rokshow

17/10 Kunsuitstalling

18/10 2012 Begroting: algemene inligting

19/10 Gr 12-prysuitdeling

20/10 Akademiese funksie (Parkieraad)

21/10 Gr 12-Kerkdiens / Atletiek: Naboom Top 10

22/10 Swem-uitnodigingsgala met televisiedekking

28/10 Top 12 (Pilditch)

7/11 Finansiële vergadering (Begroting 2012)

Absolut finansiële vergadering

Menlo-Insig 26

Dinsdag, 18 Oktober 18:00, is ons jaarlikse

inligtingsvergadering wat die goedkeuring van die begroting

op 7 November voorafgaan! ʼn Ingeligte Menlo-ouer is ʼn

entoesiastiese Menlo-ouer. Die Begroting sal ter insae

beskikbaar wees vanaf 24 Oktober tot 7 November in die

Forum.

Maandag, 7 November: Begrotingsvergadering vir

goedkeuring deur die ouers om 18:30 in die Ouditorium

Bywoning van hierdie vergaderings deur ons Menlo-ouers is ʼn

absolute noodsaaklikheid om ons formidabele skool op sy wiele

te hou! Dankie by voorbaat dat ons op u kan staatmaak.

REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE VIR 2012

Die Departement van Onderwys het per skrywe laat weet dat alle registrasies (gr 8) en herregistrasies (gr 9-12) vir 2012

teen 30 September afgehandel moet wees. Ons versoek u vriendelik om u uitstaande herregistrasievorms sonder

verwyl terug te stuur skool toe.

ALUMNI

Die Hoërskool Menlopark se Alumni het `ʼn splinternuwe webwerf www.menloalumni.co.za

Gaan kyk gerus na die webwerf en raak deel van die oud-Parkie-gesin.

2012-KWARTALE

K1: (16) 18 Jan. – 30 Mrt. / K2: 10 Apr. – 22 Jun. / Kl 3: 16 Jul. – 28 Sep. / K 4: 8 Okt. - 7(11) Des.

LENTESKOOL VIR MENLO-MATRIKULANTE

Lenteskool is van 30 September tot 3 Oktober. Vakke: Fisika, Chemie, Wiskunde, Engels 1ste Addisionele Taal en

Lewenswetenskappe. R 160 per vak. Navrae : mnr. Sias Conradie (Adjunkhoof: Senior Akademie).

Prestasies op kultuurgebied moet asseblief na me Van Papendorp deurgegee

word. Ouers kan dit epos na jvp@telkomsa.net.

Menlo-kerskonsert

Saterdag 26 November

19:00 vir 19:30

Skoolsaal van Die Hoërskool Menlopark

Menlo-koor & orkes & soliste

instrumentaliste

In die nasionale finaal vir die tweetalige redenaars van die Radikale Redenaarsfees waaraan slegs die beste drie

leerders landswyd deelgeneem het, is Janke Grobbelaar as die wenner aangewys. Absolut Janke!

Menlopark o/14 C vs Wonderboom o/14 B

Wonderboom 94 almal uit

Menlopark 95/4 (Christiaan Davel 31*)

Menlo wen met 6 paaltjies

Menlopark o/14 B vs Midstream o/14 A

Menlo 205/5 (MJ de Wet 68)

Midstream 60 almal uit (Niel Pienaar 4/15)

Menlo wen met 145 lopies

Menlopark o/14 A vs Affies o/14 A

Menlo 132/8 (Thinus Viljoen 35)

Affies 112/6 (Michael du Preez 3/15)

Menlo wen met 20 lopies

Menlopark Junior XI vs Soshanguve

Menlo 288/7 (Felix le Roux 78, Philip du Toit 101)

Soshaguve 242/9 (Ruben Barnes 4/44)

Menlo wen met 46 lopies

Menlopark o/15 A vs Wonderboom o/15 A

Menlo 337/3 (Charl Minnaar 100, Abrie Smit 116*)

Wonderboom 179 almal uit (Abrie Smit 3/21)

Menlo wen met 158 lopies

Menlo o/14 C vs Eldoraigne o/14 C

Menlo 144/5

Eldoraigne 104 almal uit

Menlo wen met 40 lopies

Menlo o/14 B vs Eldoraigne o/14 B

Eldoraigne 114/10 (CE vd Dussen 4/15)

Menlo 115/6 (MJ de Wet 51*)

Menlo wen met 4 paaltjies

Op Saterdag 22 Oktober vind ons jaarlikse Uitnodigingsgala plaas. Vanjaar

is ons besonder opgewonde omdat die Gala ook deur Super Swimmer

opgeneem gaan word vir uitsending op televisie. Ons ontvang vanjaar Grey

College, Paul Roos, Paarl Gimnasium, Oranje Meisies, Ben Vorster, AHMP

en Boys‟ High as deelnemende skole. Hierdie is ʼn geleentheid om so absolut

glad nie mis te loop nie. Hierdie is beslis die gala van alle galas. Absolut

swem!

Menlo 1ste XI vs Affies 1ste XI

Affies 291/7 (Conrad de Jager 2/35)

Menlo 212 almal uit (Abrie Smit 42) Absolut pret op die krieketveld!

Menlo verloor met 79 lopies

Menlo 2de XI vs Affies 2de XI

Affies 177 almal uit (Johan Nieuwenhuizen 3/10)

Menlo 175/9 (Willem de Vos 48)

Menlo verloor met 2 lopies

Menlo o/14 A vs Montana o/14 A

Menlo 149/4 (Jandre Erasmus 59)

Montana 65/3

Menlo wen met 84 lopies

Menlo o/15 A vs Waterkloof o/15 A

Menlo 150 almal uit (Abrie Smit 60)

Waterkloof 151/2 (Junior Roux 2/46)

Menlo verloor met 8 paaltjies

Menlo o/14 A vs Trinity House o/14 A

Menlo 299/9 (JJ Wessels 64, Charl Kriek 52, Tristan de Witt 50)

Trinity House 77 almal uit (Izak Croukamp 4/26)

Meno wen met 222 lopies

Menlo o/14 A vs St. Andrews (Grahamstad) o/14 A

St. Andrews 159 almal uit (Thinus Viljoen 3/40, Jandre Erasmus 4/55, Izak Croukamp 3/6)

Menlo 160/8 (Willem Hofmeyr 56)

Menlo wen met 2 paaltjies

Menlo o/14 A vs St. Stithians o/14 A

Menlo 203/9 (Charl Kriek 40, Willem Hofmeyr 46)

St. Stithians 150 almal uit (Thinus Viljoen 3/43, Tristan de Witt 3/19)

Menlo wen met 53 lopies

Menlo 2de XI vs Centurion 2de XI

Menlo 208/7 (Tiaan Neethling 2/27, Richardt Saaiman 2/42)

Centurion 209/4 (Nico vd Dussen 100*)

Menlo wen met 6 paaltjies

Menlo 1ste XI vs St. Albans 1ste XI

St. Albans 322/2 verklaar

Menlo 275/7 verklaar (Abrie Smit 130*, De Waal De Villiers 58)

St. Albans 56/4 verklaar (Charl vd Merwe 2/21)

Menlo 53/3

Wedstryd eindig onbeslis

BLOMMEMARK langs Laerskool Menlopark

Rose en Gerberas ELKE Vrydag 12:00-14:00

Gerberas @ R1-00

Gerberas op bestelling @ R2-00 ( bestellings

slegs tot Woensdag 14:00)

Rose @ R15-00, R30-00,R35-00,R40-00

Skakel: Hermi de Leeuw by 082 496 3863

Ingrid Smit, Johan Smith, Sandra

van Wyk,

Andre de Beer, Branco Dimitrov,

Erna Dry,

Marina Louw, Johan Marais,

Tineke Meijer,

Willem Pretorius, David Reade,

Marie-Elize Roos,

Annemarie le Roux, Isabel le

Roux, Karen le Roux,

Lidia Verbeek, Andrew Walford,

Minette Zaaiman,

Jenny Boon, Karien Boonzaaier,

Liesel Brune,

Hanlie Bosch, Maia Beyers,

Tobias Beyers,

Wanda Eloff, Karen Kotze, Karen

Lategan.

Art Exhibition:

Open daily from 10:00 to 18:00

12 October 2011 to 21 November 2011

Closed on Mondays

Artists In Action:

Saturdays and Sundays

Tea Garden:

Fridays, Saturdays and Sundays

331 Chappies Rd, Lynnwood, Pretoria

+(27)12 361 6927

Beelde, Skilderye,

Glaskuns, Portrette,

Keramiek, Kersgeskenke,

Juwele, Volstruisleer handsakke.

Juwellery, Ostrich leather

handbags,

Ceramics, Christmas Gifts,

Sculptures, Paintings,

Glass Art, Portraits.

Vakansieverblyf, Gouritsmond naby Mosselbaai, toegerus,behalwe linne:

a) Seefront rondawel: 2 volwassenes en 2 klein kinders. R375 p.d.in seisoen/R225 buite,

Marlene 0832312568.

b) Strandhuis: maks. 7 persone. R600 p.d. in seisoen/R350 buite, Wilhelm 0836500224.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!