04.05.2013 Views

hie - Hoërskool Menlopark

hie - Hoërskool Menlopark

hie - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Absolut Menlo

‘n Gewone skool wat

net anders dink en doen.

EXCELSA PETAMUS!

ONS STREEF DIE

HOOGSTE NA!

Die Hoërskool Menlopark is een van Suid-Afrika se

topskole, bekend vir uitnemendheid op vele terreine.

Die Hoërskool Menlopark is ’n skool met eietydse tradisies,

waarbinne Menlo-manne en Menlo-meisies in volkome

gemak lángs mekaar en nie ín mekaar se skaduwee nie,

ontwikkel en die hoogste nastreef. Puik onderwysers en ‘n

heerlike skoolgees vind neerslag in ons spontane credo:

“Absolut Menlo”. Ons skool se sukses is gewortel in ons

saamstaan as eenheid en ons strewe na die hoogste

waardes.

Die Hoërskool Menlopark bied aan elke leerder ’n groot

verskeidenheid wyduiteenlopende ontwikkelingsgeleenthede

(met genoeg ruimte vir gesonde pret en plesier). Só word

elkeen se unieke persoonlikheid en Godgegewe talente,

tydens 5 jaar se ononderhandelbare akademiese toewyding,

ontwikkel. Na amper 50 jaar is en bly een van die skool

se besondere kenmerke sy “gesin”-struktuur. Warmte,

meelewing en die absolute saamstaan op alle gebiede,

bind die skool tot ‘n hegte gesin waarin elke leerder die

geleentheid kry om sy potensiaal maksimaal te ontwikkel.

Ons bewese prestasies op alle terreine - akademie, sport,

kultuur en leierskap het geen verdere bekendstelling nodig

nie, nóg in Pretoria en onmiddellike omgewing, nóg waar

jonk en oud hulle landswyd in gerekende en gerespekteerde

geselskap bevind.

Die Hoërskool Menlopark (ons leuse is nie verniet Excelsa

Petamus, streef die hoogste waardes na, nie) is geanker

in Christelik gefundeerde onderrig binne ’n raamwerk van

selfdissipline en ononderhandelbare waardes van integriteit,

lojaliteit, respek en ywer: ons is ‘n skool wat poog om

leerders deur waardegedrewe onderwys tot die hoogste

hoogtes te begelei.

Ons skool is ons trots en ons leerders dra dié trots in hulle

harte saam die toekoms in.

ABSOLUT MENLO

VISIE GEBASEER OP WAARDES

Integriteit lojaliteit respek ywer

Die Hoërskool Menlopark is op stewige boublokke na volwassewording gebou:

• Die Hoërskool Menlopark is ‘n skool vir gewone kinders met wie daar op ‘n ongewone manier gewerk word

sodat hulle buitengewone hoogtes kan bereik.

• Ons is ‘n skool wat ‘n besonder wye verskeidenheid geleenthede bied aan betrokke en entoesiastiese leerders

wat kanse wil aangryp en vasgryp om sy/haar maksimumpotensiaal te bereik.

• Ons ontwikkel leerders met ‘n positiewe werksetiek wat gemaklik die eise van universiteitsopleiding en ‘n

veranderende samelewing kan hanteer en bestuur.

• Ons kweek analitiese en laterale denke by ons leerders om probleemoplossing as uitkoms te bied.

`N WAARDEGEDREWE MENLO-LEEFWYSE

• Ons mobiliseer ons leerders tot ‘n gebalanseerde ingesteldheid tot studie, sport, kultuur en leierskap.

• Ons bied geleentheid tot geestelike groei en ondersteun met pastorale sorg.

• Ons besondere dinamika lê in die unieke samesyn van Menlo-manne en Menlo-meisies wat mekaar begeester

om groot te droom en sáám hard te werk om elke droom vlerke te gee.

• Ons Menlo-dissipline skep ‘n vangnet vir elkeen om veilig en met selfdissipline tot onafhanklikheid te ontwikkel.

• Ons is kreatief en innoverend: ons dink en doen graag met unieke styl en met absolute passie en lojaliteit.

• Ons kweek deurlopend toewyding vir uitnemendheid op elke terrein sonder om entoesiasme en die genot van

deelname prys te gee.

• Ons is ‘n skool waar betrokkenheid en saamstaan tydens wen én verloor een van ons goue reëls is.

• Ons is ‘n skool wat graag onuitwisbare vingerdrukke laat waar ons optree en betrokke is, wat van ontwikkeling

getuig en in waardes geanker is. Ons pronk nie met ons suksesse nie, maar leer uit teleurstellings: ons stel met

elke geleentheid ‘n nuwe doelwit en pyl waardegedrewe daarop af!

• Ons bied graag die forum vir elkeen om nasionaal en internasionaal te kan deelneem en presteer.

ABSOLUT MENLO

Menlo-onderwysers bring innovering na die klaskamer

en stimuleer kreatiwiteit en laterale denke. Dit maak die

leerproses uniek en opwindend.

• Menlo-klasse is met dataprojektors en internettoegang

toegerus wat die jongste ontwikkeling in elke vak in

‘n oogwink op die skerm oproep. Dit lei tot klas- en

projekaanbiedinge wat Parkies na die hoogste vlak van

akademiese verryking voer, nóg ‘n ononderhandelbare

Menlo-tradisie.

• Ons onderwysers is voorlopers en ontwikkel in baie

leerareas hulle eie leermateriaal en handleidings. Hierdie

uitdagende houding jeens akademie, werk aansteeklik

in op die Parkies se akademiese ingesteldheid - vandaar

ook die uitsonderlike akademiese prestasies. Die

personeelkorps, ons skool se trots, se reikwydte strek

dikwels ook verder as die grense van die klaskamer –

talle onderwysers en hul werk geniet landswyd, en ook

op tersiêre vlak, erkenning.

• By Die Hoërskool Menlopark fokus ons in belang van

ons leerders op die indril van basiese vaardighede

(lees-, skryf- en syfervaardigheid). Ons skitter akademies

modern, maar anker ons suksesse in die

waardevolle tegnieke van vroeër. Ons berei ons leerders

voor om met selfvertroue die pad ná skool op die

hoogste akademiese niveau te stap - hetsy by nasionale

of internasionale universiteite.

Hiervan getuig die volgende feite oor die afgelope dekade:

• ‘n 100%-slaagsyfer as jaarlikse doelwit

• Leerders gereeld onder die top 10 provinsiale

presteerders (2010 se Menlo-toppresteerder eindig

2de in Gauteng, 2011 se Menlo-toppresteerders eindig

5de en 6de in Gauteng)

• Jaarliks een van die top 3 akademiese skole in Gauteng

(in die groep skole met meer as 200 gr. 12-leerders)

• 790 A-simbole in 2011

• 88% gr. 12-leerders slaag gr. 12 met graadvrystelling

• Die Menlo-Wiskundedepartement

· se toppresteerder in die distrik in gr. 12 (in 2008 en

2010) is ’n Parkie en het 100% behaal

· skitter ook jaarliks met prestasies in die Wiskundeolimpiade

· het ‘n uitdagende Wiskunde-week vol aksie

• Die Menlo-Wetenskapdepartement

· het jaar na jaar nasionale en streekswenners in

Natuurwetenskap- expo’s

· beïndruk met massadeelname aan en nasionale

prestasie in die Natuurwetenskap-olimpiade, Algemene

Wetenskap-olimpiade en Bio Science-olimpiade

· neem jaarliks aan die Nasionale Tegnologie-olimpiade

deel (toekenning vir die mees innoverende projek,

2009, en 3 van 15 nasionale spanne wat na die

nasionale expo deurdring, kom van ons Menlo-

Wetenskap-departement; algehele naaswenners in

2011

· wys jaarliks ‘n SUDOKU-koning aan tydens die skool

se Wetenskapweek

· sluit gr. 12 in 2011 af met 61 A-simbole en die

hoogste gemiddeld in die distrik

• Die Menlo-Taledepartemente

· presteer eweneens, danksy massadeelname, met

provinsiale en nasionale toppresteerders in die jaarlikse

Nasionale Afrikaans-olimpiade

· tree jaar na jaar as een van die wenskole in die

Afrikaans-ekspo na vore met jaarliks meer as een

nasionale wenner in van die onderskeie kategorieë

· het gereeld leerders onder die nasionale English

Olympiad se top 10 nasionale presteerders

· word ook verryk met ‘n Duits- én Frans-departement:

Menlopark skitter reeds byna ‘n dekade as die

nasionale topuitruilskool na Duitsland en Franse

leerders skryf die internasionale Delft-eksamen met

groot sukses en toer elke 2de jaar na Frankryk

· lewer skitterprestasies in die jaarlikse Taalbondeksamen

• Menlo-Rekeningkundedepartement

· kon met trots aankondig dat 2010 se nasionale SAIPA

Rekeningkunde-olimpiadewenner ‘n Parkie is. Hy het in

die landswye finaal 100% in die finale vraestel behaal

en pryse ter waarde van R80 000 ontvang

· sluit 2012 af met ‘n graad 12-vakgemiddeld van

80% en 59 onderskeidings uit die 92 kandidate in die

nasionale eksamen

GEESTELIKE GROEI

Die onderwysers by Die Hoërskool Menlopark werk doelgerig

en gemotiveerd. Die akademiese toewyding en suksesse het

die volgende wegspringblokke:

• Verryking in elke vak wat ononderhandelbaar is, asook

’n verrykingsakademie wat die kurrikulum na-uurs

verder met interessante temas uitbrei

• Slegs Engels Huistaalonderrig in graad 8 en 9

• Interne Wetenskapweek met kompetisies vir brugbou,

vlieërbou, lugballon, vuurpylbou, vasvra, sudoku en

gala-aand met gasspreker

• Interne Wiskunde-week met π-dag

• Leeslaboratorium

• Die taallaboratorium met 40 oorfone en luisterstasies

vir blootstelling aan die gesproke dialek van die land/

area

• Alle klaskamers toegerus met dataprojektors en enkele

klasse ook met interaktiewe witborde

• Internettoegang in elke klas

• 3 rekenaarsentrums

• ‘n Restaurant met weeklikse restaurantaande

• Jaarlikse Duitse uitruilprogramme en Franse toere elke

tweede jaar

• 5 verrykingsvakke vir gr. 8.

Slegs EEN word gekies uit: Duits, Frans, Musiek,

Entrepreneuriese Wetenskappe en Sportkunde (met ‘n

keuse tussen netbal, hokkie [dogters en seuns], rugby

of krieket)

‘n Vakkeuse vir gr. 10-12, kan naas Afrikaans Huistaal,

English Additional Language (Engels Tweede Taal) of English

Home Language (Engels Moedertaal), Lewensoriëntering en

Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid, uit drie of meer van

enige van die volgende vakke saamgestel word:

• Duits (IEB)

• Frans (IEB)

• Rekeningkunde

• Besigheidstudie

• Ekonomie

• Geografie

• Geskiedenis

• Rekenaartoepassingstegnologie

• Inligtingstegnologie

• Kuns: Ontwerp (buitemuurs)

• Toerisme

• Dramatiese Kuns

• Visuele Kunste

• Musiek

• Gasvryheidstudie

• Ingenieursgrafika en Ontwerp

• Meganiese Tegnologie

• Fisiese Wetenskap

• Lewenswetenskappe

• Alpha-wiskunde (buitemuurs)

• Wiskunde III (slegs 2012 buitemuurs; vanaf 2013 weer

deel van Wiskunde-sillabus)

Die uitgeligte vakke dui die besonder wye kurrikulum aan

wat die skool aanbied. Duits en Frans volg die Independent

Examination Board-kurrikulum en lê ook dié eksamen af. Let

daarop dat Duits, Frans en Musiek vanaf gr. 8-12 aangebied

word en nie net as verrykingsvak in gr. 8 en 9 nie.

Die hoogste gemiddelde per vak in die distrik en in Gauteng

is ‘n gegewe in heelparty vakke en vakgemiddelde bo 75% is

‘n groot Menlo-trots. In 2011 skitter ons as toppresteerders

in Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Meganiese

Tegnologie en Musiek in ons distrik.

Akademiese verryking ‘n ononderhandelbare tradisie

• Leerders wat in ‘n mediese rigting wil studeer, word

aangemoedig om TUKKIES se kursus in mediese

terminologie wat deur ACADEMIA LATINA aangebied

word, as buitemuurse vak te neem.

• Leerders word ook vir TUKKIES se UP with Science

ingeskryf.

Tersiêre akademiese voortreflikheid waar oud-Parkies skitter

• Akademiese uitnemendheid van die “Goue Sleutel”

Dié internasionaal gerekende organisasie wat 370

topuniversiteite in Kanada, Australië, Nieu-Seeland,

Maleisië, Suid-Afrika, Indië en Amerika insluit, is

die grootste forum vir internasionale erkenning van

voortreflike akademiese prestasies.

Menlo-alumni skitter in dinamiese getalle op die

internasionale “Golden Key”-ererol vir akademiese

uitnemendheid by ‘n verskeidenheid universiteite.

• Brightest Young Minds

Ook by die “Brightest Young Minds”-organisasie wat

op akademiese uitnemendheid en voortreflike leierskap

fokus, is oud-Parkies met besondere toewyding en visie

teenwoordig. Hierdie organisasie kombineer akademiese

prestasies met innovering en kritiese denke ten einde

saakmakend bydraes op verskeie terreine tot die

gemeenskap te lewer.

• Menlovaria-kunstefees (Weeklange kultuurfees):

· Redenaars en Debat

· Leerderdebat

· Drama

· Dans

· Musiek

· Kuns

· Gesigverfkompetisie

· Skilder en Teken

· Fotografie

· Potjiekoskompetisie

· Gala-aand met uitblinkers

· Kunskafees in pouses

• Menlo-koor

· Beeld Eisteddfod-wenner en aangewys as die

beste gemengde koor vir meer as ‘n dekade en in

2010 as algehele beste skoolkoor in Pretoria

· Verskeie kere reeds nasionaal as die ATKV se

beste gemengde koor aangewys

· Internasionale prestasies in die WORLD CHOIR

GAMES in Oostenryk (2008) en eindig 8ste

wêreldwyd (tussen jeug-en universiteitskore)

· Internasionale kompetisies (2010 in Bratislava,

naaswenners in 3 kategorieë)

· Optredes saam met Laurika Rauch, Nataniël,

Salon Musik en ander bekende kunstenaars

· Kerskonsert saam met Salon Musik in die

Brooklyn Teater

· CD-opnames saam met Salon Musik

· 2012 Wenner van die Atterbury-kompetisie

• Orkeste en ensembles

· Ons spog met ‘n fluitekoor, simfoniese ensemble

en ‘n blaasorkes wat ook per geleentheid

saamgevoeg word tot ‘n absoluut Menlosimfonieorkes

· Die Menlo-simfonieorkes tree by die Eisteddfod,

kultuuraande en ander geleenthede op en neem

in 2012 vir die eerste keer aan die Nasionale

orkeskompetisie deel

• Musiekakademie

· Menlo-musiekakademie is uniek waar elke Menlomusiekmater

hom- of haarself kan uitleef.

Verskeie instrumente, van lig tot klassiek, word in

die middae aangebied. Leerlinge word op gereelde

basis vir eksterne eksamens en Eisteddfods

ingeskryf. Verskeie toekennings is al aan talle van

ons Menlo-musici toegeken

ABSOLUT KULTUUR

BESONDERE DINAMIKA

ONAFHANKLIK EN SELFSTANDIG

• Menlo-redenaars

· Deelname aan die Van Huyssteen

Redenaarsfees en ATKV-kompetisie

· Verskeie toekennings vir: beste algehele

junior- en seniorredenaar in Pretoria

· Meermale toekennings vir: beste

spanredenaars: Afrikaans en Engels

Beste tweetalige redenaars (seniors) 2007

en 2009 (Hoërskole Redenaarsfees)

Onvoorbereide redenaarskompetisie:

A++ - sterre sonder sukkel

· ATKV: 2011 en 2012 Parkies in landswye

finaal

• Menlo-debat

· Debatspanne skitter in

streekskompetisies en het in 2012 vyf

spanne in die Gautengfinaal en twee

dring deur na landswye finaal

• Drama-Akademie in die Blou Teater

· Eie teater op die skoolterrein

· Individuele sessies

· Jaarlikse graadproduksies (gr. 8-12)

· Musiekteater

· Eisteddfod-deelname

· Nasionale Eisteddfod-deelname

· Kabaretaande in samewerking met

Cuisine le Parc (ons eie restaurant)

• Junior Stadsraad

· 2008 Hester Barnard –

Juniorburgemeester van Pretoria

· 2009 Anika Viljoen –

Juniorburgemeester van Pretoria

· 2010 Renée Barnard -

Onderburgemeester van Pretoria

· 2011 Charné van Biljon - Voorsitter van

die Jeugkomitee

· 2011 André Swanepoel -

Onderburgemeester van Pretoria

· 2012 Carissa van Aarde -

Juniorburgemeester van Pretoria

• EGGO DIGITAAL

· Parkies skep ‘n eie, informele, digitale

jaarblad met foto’s, videomateriaal en

nuwighede

· Die CD is vir die Parkies deur die Parkies

oor die Parkies en verskyn aan die einde

van die jaar

• Menlo-kuns

· Jaarliks: reusekunsuitstalling geopen

deur internasionaalgerekende

kunstenaars soos Jan van der Merwe

· Wenner van Pretoria News se Design

an Ad-kompetisie (jaarlikse wenners

en reeds verskeie kere ook algehele

wenner)

· Verskeie kompetisiewenners by

Kinnerkunsfeeste by The Grove en

Woodlands Boulevard en JIP COMICkompetisie

· Verskeie toekennings by die Pretoria

Eisteddfod

• Ander woelinge op die kultuurakker

· Menlo-TV (Parkies skiet videoadvertensies

vir aktiwiteite en

vertoon tydens saalopening)

· EGGO-skoolkoerant

· EGGO-jaarblad

· Voortrekkers (met Parkies as Jeugleiers,

Hoofleierswag en Presidentsverkenners)

· Menlo-kreatiewe skrywersgroep

Menlo-sport skep vir elke sportman en -meisie die

geleentheid tot maksimale ontwikkeling. Saam met

hoogs gekwalifiseerde akademiehoofde (sporthoofde)

met bewese sukses, word ‘n Menlo-pad van vertroue,

lojaliteit en absolute eenheid geloop.

• Elkeen wat ‘n sportgeleentheid aangryp, word met

die modernste afrigtingstegnieke ontwikkel en ‘n

jaarlange voorseisoen-, hoofseisoen- en afseisoengimnasiumprogram

word per sportsoort in plek gekry.

• Individuele sessies saam met spesialisafrigters vorm

deel van ‘n gestruktureerde program per sportsoort

en tussen verskillende sportsoorte. Menlo-sport

vorm saam ‘n eenheid waarin ‘n Menlo-sportman

en -meisie wat verskeie sportsoorte beoefen, in

‘n Menlo-sportnetwerk geakkommodeer word om

maksimumgeleenthede vir energieke meisies en

manne te bied.

• Ondersteuning van mekaar in alle skoolaktiwiteite is ‘n

ononderhandelbare tradisie.

• Sportsoorte

· atletiek

· fietsry

· gholf

· hokkie (seuns en dogters op

die Menlopark Absolut Astro)

· krieket

· landloop

· muurbal

· netbal

· perdry

· rugby

· skaak

· swem

· tennis

· waterpolo

ABSOLUT SPORT

• Onlangse prestasies en ander gebeurlikhede

· Atletiek: Wenners van die Jakaranda Prestige Interhoër

vir 10 jaar in ‘n ry. Wenners van die Jakaranda A-bond

Atletiek Interhoër in 2012. Menlo-atlete skitter as SAkampioene

en neem aan die Afrika-spele en die Jeug

Wêreldspele deel.

· Hokkie: Noord-Gauteng se tophokkieskool in 2008,

2009, 2010 en 2011. Wenners van St Mary’s Festival

in 2010, drie spanne ook wenners van Noordvaal

2010. Twee spanne wenners van Noordvaal 2011 en

reeds meermale die Stadsbeker. Daar is ‘n Parkie in

die 2013 Wêreldbeker-oefengroep, een Parkie in die

Noord-Gauteng o/21-span in 2011 en drie in 2012

se span. Menlo-hokkie het 2 SA o/16-spelers en 49

Noord-Gauteng hokkiespelers (seuns en dogters) in

2011 opgelewer.

· Netbal: Eerstespan eindig as die GISSA- en Noord-

Gauteng-kampioene in 2011; wenners van die

George Top 20-netbaltoernooi, die Elite Wildeklawer

Interprovinsiale toernooi en die Nasionale Grand

Hoërskoletoernooi in 2011 en 2012; Tshwane-kampioenskappe

– goud, Gauteng-kampioenskappe –

goud, Noordvaal – goud en silwer; 2 spelers in SAskolespan

in 2011, 8 spelers in Gauteng-spanne in

2011.

· Rugby: 35 provinsiale spelers (o/14 tot o/18); wenner

van die FNB CLASH (afgelope 5 jaar), 4 Menlorugbyspanne

in die BEELD-trofee se kwarteindrondte

en o/14A’s speel in finaal. Menlo-rugby eindig 2de van

alle skole in Pretoria, eerste van alle makroskole in

Pretoria en 15de van alle skole in Suid-Afrika in 2011.

KREATIEF EN INNOVEREND

TOEWYDING VIR UITNEMENDHEID

· Swem: Wenners van A-liga Interhoër vir derde

agtereenvolgende jaar; tweedeplek by B-liga

Interhoër; een Parkie by Irish National Olympic

Trials; 13 Vlak 2- en 3-swemmers neem in

2012 aan SA Nasionale Ouderdomsgroepkampioenskappe

deel met verskeie goue medaljes

wat opgelewer word; lewer jaarliks Noord-Gauteng

en SA-swemmers, sowel as Noord-Gauteng-

kapteine op. Menlo-swemmers baat jaarliks by

ontwikkelingsprogramme deur Ryk Neethling

Swimming School.

• Tennis: 10% van ons skool speel heeljaar

tennis; ‘n voorlopige ranglys word reeds aan die

einde van die jaar vir die volgende jaar bepaal;

groepe oefen voor skool wat deelname aan nóg

aktiwiteite moontlik maak; 4 provinsiale spelers;

Menlo-tennis bied jaarliks ‘n eie toernooi met

deelnemende skole van regoor die land aan;

Menlo neem op uitnodiging aan verskeie toernooie

landswyd deel, o.a. die Amanda Coetzer –

uitnodigingstoernooi; wenners van 0/15-Menlo

MixIt gemengde-tennistoernooi by Sun City vir

2de agtereenvolgende jaar; ekstra oefengroepe in

aande onder spreiligte.

· Krieket: Wenners van die Nasionale Pro 20-kompetisie

in 2010 en Northerns Pro 20-wenners in

2012. Jaarlikse krieket-uitruilprogram na Engeland

waarin 2 tot 3 Parkies die geleentheid kry om vir

2 maande lank klubkrieket te speel. Ons lewer

in 2011 die meeste provinsiale krieketspelers in

Pretoria op, nl. 11. Regardt Verster word in 2011

gekies vir die SA o/19-span wat na Engeland toer.

Suné Luus is vir die 2de agtereenvolgende jaar vir

die SA o/19-meisiespan gekies en is ook in die

Nasionale Seniorvrouespan se Pro 20-oefengroep

opgeneem. Menlo-krieket se 2013-doelwit is 28

krieketspelers wat op ‘n intensiewe krieketontwikkelingstoer

na Engeland toer.

• Muurbal: Een van die gerekende muurbalskole in

Suid-Afrika met verskeie top 10 SA-spelers. Josh

Pretorius en Alexa Pienaar tans Noord-Gautengkampioene

en Alexa die SA-kampioen vir dogters

o/18.

· Fietsry: Fietsryers by Wêreldkampioenskappe, ‘n

Parkie is bergfiets- en baanfietskampioen.

· Skaak: SA Topskole dogterskampioenspan 2010

en 2011; 2 Parkies is ingesluit in die SA Junior

Skaakspan in 2011. 3 Parkies is in 2011 en 2012

genooi om aan SA Junior Geslote Kampioenskappe

(‘n uitnodigingsbyeenkoms waarheen net die

top 10 seuns en dogters in Suid-Afrika in elke

ouderdomsgroep uitgenooi word) deel te neem

wat voorwaar ‘n besondere prestasie vir een skool

is. ‘n Parkie is die kampioen van die seuns o/18afdeling

tydens dié toernooi in 2012.

· Perdesport: Gauteng-Noord-kampioene 2009,

2010 en 2011

Klinieke en toere vind jaarliks nasionaal en internasionaal

plaas. In 2011 toer Menlo-hokkie na Nederland en in 2012

Menlo-rugby na Argentinië en Menlo-tennis na Wimbledon.

• Ouditorium met lugreëling en moderne oudiovisuele

apparaat

• Saal met dataprojektor

• Mediasentrum toegerus met internettoegang

• Musiekakademie met klankdigte oefenkamers

• 3 IT-sentrums

• Gerekenariseerde leeslaboratorium

• Taallaboratorium met 40 luisterstasies

• 7 goedtoegeruste Wetenskaplaboratoriums (vir Fisiese

Wetenskappe en Lewenswetenskappe)

• Klaskamers met interaktiewe witborde,

internettoegang en dataprojektors

• Ten volle toegeruste gimnasium met geallokeerde

gimnasiumtye vir alle sportsoorte in oorleg met ons

fiksheidinstrukteurs

Die Menlo-koshuis is in die hart van die skool geleë en

bied ’n tuiste vir gemotiveerde, presterende leerders wat

van die wye verskeidenheid geleenthede wat die skool

bied, gebruik wil maak. Hierdie koshuis ondersteun in elke

opsig die skool se strewe na uitnemendheid en is met trots

in die Menlo-waardes van integriteit, lojaliteit, respek en

ywer gewortel.

• Koshuisinwoning maak voorsiening vir 50 seuns

en 36 meisies van graad 8 tot graad 12

• Die bestuur van die koshuis word deur

’n koshuisraad hanteer, wat uit ’n ervare

koshuisvader en nog vyf diensdoenende

onderwysers bestaan - almal ook aan die skool

verbonde en permanente inwoners in die koshuis.

Koshuisinwoning is as gevolg van die beperkte plekke jaarliks

aan ’n keuringsproses onderhewig. Die aansoekvorm

vir keuring is op die webblad, www.menlopark.co.za, of

by die skool se ontvangs beskikbaar. Die sluitingsdatum vir

aansoeke vir koshuisinwoning vir die volgende akademiese

jaar, is jaarliks einde van Augustus vir nuwe aansoekers.

Indien keuring suksesvol is, is die leerder se R2 000-registrasiegeld

binne 14 dae nadat hy/sy die keuringsaansoek

ontvang het, betaalbaar om plek in die koshuis te verseker.

MENLO-KAMPUS BIED AAN:

• Astro-baan in blou en rooi- die nuutste tegnologie.

• 4 muurbalbane

• 50m verhitte Olimpiesestandaard-swembad

(met afrigting deur Ryk Neethling)

• Atletiekbaan en pawiljoen vir 6000 toeskouers

• Spreiligte op alle sportvelde

• Klubhuise vir tennis, rugby, hokkie, netbal en krieket

• Oudiovisuele ontledingslokale

• Rugby- en krieketvelde

• Binnenshuise krieketnette

• Sportwinkel vir tennis-, krieket- en hokkietoerusting

• Sport- en rehabilitasiesentrum met fisioterapeut en

fiksheidsdeskundige (ook oop vir publiek)

• Twee hoëkwaliteit fyngrashokkievelde

• Menlo-koshuis op die terrein

ABSOLUT KOSHUISLEWE

Die jaarlikse koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar en

kan óf eenmalig gedurende Januarie, óf in kwartaallikse

paaiemente binne die eerste week van elke kwartaal, of

in 10 maandelikse paaiemente vanaf Januarie tot Oktober,

voor die derde dag van elke maand, betaal word.

Hierdie Menlo-koshuis op die skoolterrein is nie ‘n gewone

skoolkoshuis nie - dis ‘n hegte Menlo-gesin wat die

geleentheid aan gemotiveerde, energieke en deelnemende

leerders bied vir maksimale betrokkenheid by die skool se

aktiwiteite en ondersteuning van alles op die Menlo-terrein.

Alle navrae aan: info@menlopark.co.za

BETROKKENHEID EN SAAMSTAAN

IN WAARDES GEANKER

MENLO MAL MOMENTE

Menlo is op sy beste in aksie!

1. Graad 9-kamp

2. Graad 10-bal

3. Parkiebal (Valentynsbal)

4. Matriekafskeid

5. Liefdadigheidsweek

6. Jesusweek

7. Beheerliggaamskild: geeskompetisie tussen grade

8. Jesus is vir Ewig: CSV-aksie

9. Restaurantaande

10. Parkieraadkamp

OPEDAG

Ons opedag is een van die Menlo-hoogtepunte: gebruik die

Rosemaryweg-ingang en parkeer op die B-rugbyveld

• Bring die hele gesin

• 14:30 meld ouers en laerskoolleerders in die saal aan

Dis ‘n moet om elkeen by Menlo te ontmoet, want by Die

Hoërskool Menlopark is elkeen belangrik en is daar ‘n

magdom geleenthede om te ontdek.

BUSROETES NA MENLO

Algemene munisipale busroetetelefoonnommer: 012-358 0221/3/4

Oggendbusse

Roete Tyd Naam op die bus vertoon

Vanaf stad via WATERKLOOF 07:05 Murrayfield

Vanaf EAST LYNNE (2) 06:15 Private School

Middagbusse

Na Faerie Glen 13:40 Faerie Glen

Na Lynnwoodrif 13:50 (vanaf stad) Lynnwood Ridge

Na Garsfontein (1) 13:45 (vanaf stad) Garsfontein (1)

Na Eersterust 14:05 Private (2)

Na stad via Waterkloof Glen en Lukasrand 14:20 Waterkloof School

Na Garsfontein via Lynnwood Manor en Faerie Glen 14:10 Faerie Glen

Na Contantiapark via Waterkloof Glen 14:10 Waterkloof

Na Waterkloofrif 14:10 Waterkloof Ridge

Na Die Wilgers (Wapadrand) 13:50 (vanaf stad) Die Wilgers

ABSOLUT GRAAD 8

• Gr. 8-inligtingsbrosjure vir die nuwe skooljaar

(verskyn jaarliks einde Oktober)

• Gr. 8-oriënteringsprogram die dag voor die skool begin

• Gr. 8-bekendstellingsaand

• Gr. 8-atletiekbyeenkoms

• Gr. 8-ouerbraai

• Gr. 8-spanbou

• Gr. 8-waterkaskenades

• In Menlo-konsert (Gr. 8-konsert)

• Gr. 8-inhuldiging

11. Oud-Parkies vs 1ste span-rugbywedstryd

12. FNB Clash-tradisie

13. Voortrekkers (Hoofleierswag en Presidentverkenners)

14. Lentetee (moeders en dogters)

15. Manneaand

16. Matriekraadkamp

17. Ons hoof verjaar!

18. Vakaande (Duits en Frans)

19. Menlo-prysuitdeling

20. Interne Wêreldkennisvasvra

21. MENLOFEES

22. Menlo gaan GROEN

Kom voel die Menlo-energie by ons opedag en kom ontdek

self hoe GEES kan GONS en GELEENTHEDE jou kan

BEGEESTER!

Menlo HET nie net GEES nie... MENLO IS DIE GEES en hier

is skoolgaan’n fees!

Kom deel in ons opedag-VROLIKHEID wat ons met absolute

trots aanbied.

Opedagprogram is beskikbaar op www.menlopark.co.za.

DEELNAME EN PRESTASIE

TOPPRESTASIES

Krieket

Sune Luus opgeneem in die SA Vroue Pro 20-span

Regardt Verster behaal die SA o/19-span wat teen Engeland,

Zimbabwe en Pakistan speel.

Theunis de Bruyn behaal die SA o/19-span wat teen Zimbabwe

en Pakistan speel.

Tennis

Lezanne Swart Gauteng-Noord 0/19B

Rina Kriek Gauteng-Noord 0/15A

Izaan van Zyl Gauteng-Noord 0/15B

Carmi Stander Gauteng-Noord 0/15B

Swem

Rita Naudé Eindig 6de by die SA Senior Nasionale Kampioenskappe.

Bryan Gray 10de in 200m IM by SA Senior Nasionale Kampioenskappe.

Altus Bisschoff kwalifiseer vir SA Senior Nasionale Kampioenskappe.

Marce Loubser walifiseer vir SA Senior Nasionale Kampioenskappe.

Janku Potgieter kwalifiseer vir SA Senior Nasionale Kampioenskappe.

Atletiek

Stephanie Wicksell SA Junior Atletiekspan en deelname aan Wêreld Jeugspele

in 400m.

Mandi Venter SA Jeug Atletiekspan en Afrika-spiesgooikampioen.

Lizé Strydom SA Jeug Atletiekspan in 800m.

Madri Strydom goue medalje by ASA Nasionale Atletiekkampioenskappe

Hestia Hanekom silwer medalje by ASA Nasionale Atletiekkampioenskappe

Jeanelle Griessel silwer medalje by ASA Nasionale Atletiekkampioenskappe

Stèan Pienaar silwer medalje by ASA Nasionale Atletiekkampioenskappe

Mandi Venter silwer medalje by ASA Nasionale Atletiekkampioenskappe

Netbal

Gizelle Lemmer SA o/21 Wêreldbeker-oefengroep & SA o/17-speler (2011)

Lenize Potgieter SA o/21 Wêreldbeker-oefengroep

Geraldine Odendaal SA o/16-speler (2011)

8 Menlo-netbalspeelsters het Gautengkleure verwerf in hul onderskeie

ouderdomsgroepe in 2012:

o/14 Anique Grobler en Abigail Wannenburg

o/15 Rachelle Snyman

o/16 Bernice Barnard

o/17 Lieke Bruwer en Geraldine Odendaal

o/18 Gizelle Lemmer en Jana Talma

Hokkie

Charné van Biljon deel van Juniorwêreldbekergroep vir 2013 (2011)

Mia Smuts SA o/17-oefengroep (2011)

Gauteng-Noord o/21-span (2012)

Suzanne Strydom, Izelle Verster en Mia Smuts

33 Menlo-hokkiespeelsters is in die onderskeie Noord-Gautengspanne

opgeneem in 2012. Hulle is:

o/14 Annelize du Plessis, Carli Pretorius en Elmien Mattheus

o/14B Melicia van Loggerenberg

o/14C Cara Jacobs, Renate Stander, Shemoné King en Sophia Venter

o/15A Kiah Conradie, Marné Kruger, Madri Strydom en Delmi Tucker

o/16A Angiliques Bezuidenhout, Chané Hill, Elmari van der Merwe en

Lilleen van den Berg

o/16B Jennimi Laubscher en Milena Barkhuizen

o/16C Jean-Marie Hugo, Karli le Roux en Mandi Venter

o/18A Marné Merbold, Mpushe Monama, Carmen Seesink, Mia Smuts

en Izelle Verster

o/18B Lizé Strydom en Marli van der Merwe

o/18C Liandi Jacobs, Danel Janse van Rensburg, Lara Matzner,

Andrea Pretorius en Carli Pronk

Rugby

11 Menlo-rugbyspelers is opgeneem in die onderskeie Blou Bul-spanne vir

2012. Hulle is:

0/18 Julian Coetzee & HG de Klerk

0/16 Rohan Goosen, Arnold Gerber, Jacques Oosthuizen

Rivaldo Roberts, Tristan Theron, CJ de Wet,

Juan-dré van der Walt, Armand Buys en Abrie Smit

Muurbal

Alexa Pienaar A Geslote Muurbalkampioen en huidige Noord-Gauteng

kampioen na sy eerste eindig by die Geslote NJSA

Muurbalrondomtalie-toernooi.

Hannelize Human SA nommer 3 (eindig 3de by die SA Geslote

Muurbalkampioenskappe)

Tertius de Bruyn SA Top 10-speler

14 Menlo-muurbalspelers opgeneem in onderskeie Noord-Gautengspanne

in 2012.

Skaak

Vir die Wêreld Jeug Kampioenskappe 2012 is Mireille Havenga, Stefan du

Toit en Monica Jansen van Rensburg gekies. Hierdie toernooi is die grootste

jeugtoernooi ter wêreld en die Suid-Afrikaanse span bestaan uit slegs die top

3 spelers in die land in elke ouderdomsgroep. Verder is Monica ook gekies om

Suid-Afrika te verteenwoordig by die Afrika Junior Kampioenskappe in Mauritius

en die Afrika Jeug Kampioenskappe in Egipte hierdie jaar.

Suid-Afrikaanse Geslote Junior Skaakkampioenskappe (2012):

Stefan du Toit eindig eerste in die seuns o/18-afdeling

Mireille Havenga eindig derde in die dogters o/18-afdeling

Monica Jansen van Rensburg eindig derde in die dogters o/16-afdeling.

Die 10 beste spelers in Suid-Afrika het in elkeen van dié onderskeie

ouderdomsgroepe meegeding.

Wêreld Jeug Skaakkampioenskappe in Caldas Novas, Brasilië (2011):

Monica Jansen van Rensburg

Stefan du Toit

World Under 16 Olympiad in Turkye (2011):

Stefan du Toit

Perdry

Minette de Waal SA Skolekampioen oor 120km vir 2011 en

huidige kaptein van Noord-Gauteng Uithouritspan.

Zandi Rothman wen die Eloff Leyland Pony Rider Equitation 2011 Victor

Ludorum-trofee (“Open Equitation”-ruiter met die meeste

punte vir 2011).

Kayleigh de Villiers wen die 2011 Junior Novice Reigning Champion-trofee

(“Western”-ruiter met die meeste punte vir 2011).

Fietsry

Jac-Johann Steyn SA Padfiets-en baanfietskampioen

Janice Venter Bergfietskampioen

GVG 083 460 2976

Die Hoërskool Menlopark

Atterburyweg, Menlopark, 0081

info@menlopark.co.za | 012 361 7738

www.menlopark.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!