04.05.2013 Views

7/2013 - Hoërskool Menlopark

7/2013 - Hoërskool Menlopark

7/2013 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Liewe Ouers

7/2013

My gr 3’tjie kom opgewonde en in verwondering by die huis ingestorm: “ Mamma, Mamma, kyk net die magic!”

Met verwondering kyk ek na die ragfyn gom-draadjies waarmee haar Pritt-vingertjies ‘n web oor die

agterkant van die Pritt-houertjie spin so asof dit die eerste keer is wat ek die magic aanskou: ek het al vergeet

hoe die draadjies bekoor!

Wat ‘n absolut asembenemende en magic week was die 4 keer Interhoër-week nie: ‘n Menloekstravaganza

soos min! Ons swemmers het hulle asem tot by die laaste waterkabbeling laat blaas, ons

atlete het voluit en passievol hulle alles gegee en ons skool en dirigente het bankvas in wit en blou die mure

van Jerigo gevorm om elkeen wat deelgeneem het.’ n Mens vergeet hoe die passie jou kan meesleur!

Na 12 jaar atletiek- en 5 jaar swem-oorwinnings kan jy vergeet hoeveel harde werk dit is om die magic te

kan ervaar en dat die Menlo-web se draadjies nie toegelaat word om bling-bling draadjies te wees nie, want

bling-bling val vinnig af . . . die Menlo-web word gespin uit ragfyn-kragtoere van integriteit, lojaliteit, respek

en ywer: ons moet elke jaar opnuut vasbyt en uithou en kophou . . . dis harder werk om die kroon te

dra as om die kroon na te streef. Ons kan nie net vir die glorie bling-bling nie, ons Menlo-manier is ‘n elke

dag leefwyse, ongeag wen of verloor. Ons kinders se lojaliteit aan ons skool en aan ons atlete en swemmers

en mekaar op die pawiljoene en die ongebreidelde vreugde waarmee hulle elke oorwinning vier, laat

jou met verwondering, veral as jy in ag neem dat swem en atletiek in dié tyd gedy saam met krieket, muurbal,

tennis, waterpolo, debat en redenaars en drama . . . by Menlo is die luukse van een-ding-op-‘n-slag

altyd aan’t wag vir ‘n ander dag! Bling-bling draadjies sal dit nie maak nie!

Maar die ingewortelde ruggraat om te veg tot die einde, is die eintlike glorie van ons Menlo-web–storie:

verlede jaar het ons hoofseun sy arm gebreek vroegoggend oor die hekkie en laatmiddag met die arm in

gips gaan deelneem, omdat hy wil. Vanjaar het ons meer beserings as in die verlede gehad, maar dié wat

kon, het met eindelose oemf hul deel gedoen! Elmien Marais het oor die hekkie geval dat sy oor die tartan

skuif, maar sy staan op en maak klaar!

Die vrolikste en blouer-as-blou-saamtrek van ons hele skool in ‘n sirkel om die legendariese Tshepo en die

gejubel met Tiho! wat elke omstaander hoendervleis gee van lekkerte, dit maak dat ons vingers weer begin

spin . Ons is MENLO wie se harte waagmoed klop en die waagmoed se draadjies weef ons aan mekaar om

ook so mekaar se vangweb te wees!

Absolut Interhoër omsoom deur ons Menlo magic soos dit net in ‘n Menlo-hart kan groei—dis absolut die

hartklop van ons skool: jy voel dit en jy sien dit want ons kinders en personeel en ouers lééf dit!

Annieka Moolman

1/3 Hokkie (dogters en seuns) vs Potchefstroom Gimnasium

(tuis, program op web)

2/3 Hokkie ( Dogters en seuns) vs Potchefstroom Gimnasium

(tuis program op web)

Rugby vs Centurion (tuis, program op web)

5/3 English Olympiad

6/3 Hokkie (dogters) vs EG Jansen

‘n Koninklike Menlo-moment op die Tennis-aansteekbord in die

vierkant:

Absolut uiteindelik:

die kommunikeerder is hier!

Maandag kan u op die webblad die kommunikeerder

aflaai en so u Menlo-wiele

tuis laat rol!

Parkiebal

Baie dankie aan almal: die ouers, borge,

Gr 11 en 12-leerders wat bygedra het

om die PARKIEBAL 2013 ‘n reusesukses

te maak.

‘n Spesiale dankie aan tannie Cecile

Schulte en Karin Pronk met die leiding

wat julle geneem het om die “Aand in ‘n

woud” vir ons so spesiaal te maak.

Matriekraad 2012/2013

Buitesporte en Buite-skoolverband aktiwiteite

Ons gee graag erkenning aan leerders wat buite skoolverband aan sport en kultuuraktiwiteite deelneem, bv

dans, gimnastiek, akrobaat ens. Die proses verloop so:

Ouers gee inligting van die prestasie per e-pos (info@menlopark.co.za) deur.

Ons plaas die prestasie in die Menlo-Insig en ons plaas ook die prestasie op ons webblad onder “ Jongste

nuus”.

As die leerder in ‘n SA-span deelneem teen ‘n ander land, meld die leerder aan by me. Vermaak en sy gee

die vereistes vir die foto met Nasionale kleure en die raam wat in die saal hang. Dit is die leerder se eie verantwoordelikheid

om die foto te verskaf na die spesifikasies by haar gekry is.

Dan hang ons graag met trots die foto in die saal.

Ons kan nie kleure of erekleure toeken nie, omdat dit nie ’n skoolsport/skoolaktiwiteit is nie, maar gee graag

erkenning in die Insig, op die webblad en in die vierkant.

Eisteddfod

Dit is weer tyd vir Pretoria Eisteddfod. Leerlinge wat wil kwalifiseer vir kleure en erekleure in musiek of drama

word aangemoedig om deel te neem om sodoende genoeg punte te bekom vir die toekenning van kleure

en erekleure.

Vir enige navrae oor puntetoekenning of inskrywings kontak me. Van Papendorp by jvp@telkomsa.net.

Middag-kamer te huur

‘n Leerling wat sou belangstel om ‘n kamer in ‘n huis

in Andersonstr 417 na skool te deel vir huiswerk

doen, leer en ontspan na skool voordat buitemuurse

aktiwiteite begin, kan Anneri Pienaar kontak by

083 302 1474. .Die kamer is dadelik beskikbaar!

A-liga interhoër 19 Februarie 2013

Dogterskompetisie:

1. AHMP 682

2. Hoërskool Menlopark 680

3. St Mary’s DSG 620

4. Crawford College 600

5. PHSG 598

6. Cornwall Hill College 590

7. Woodhill College 480

8. Hoërskool Garsfontein 468

9. Hatfield Christian School 465

Seunskompetisie:

1. PBHS 736

2. Hoërskool Menlopark 706

3. AHS 696

4. St Albans College 608

5. Crawford College 530

6. Woodhill College 523

7. Hoërskool Garsfontein 486

8. Hatfield Christian School 485

9. Cornwall Hill College 480

Gekombineerde span Totale:

1. Hoërskool Menlopark 1386

2. Crawford College 1130

3. Cornwall Hill College 1070

4. Woodhill College 1003

5. Hoërskool Garsfontein 954

6. Hatfield Christian School 950

Praktyk-assistent gesoek

Dr Bertus van Niekerk se praktyk is dringend opsoek

na ‘n matrikulant wat nog nie planne vir die

jaar het nie en opgelei kan word as praktykassistent.

Kontak die praktyk 012-348 1196 of Liesl

0835014215 vir verdere inligting.

Individuele toekennings:

Senior Victrix Ludorum

- Marcé Loubser

Senior Victor Ludorum

- Bryan Gray

Verbeterde rekords:

Senior dogters 200m IM

- Marcé Loubser

Senior seuns 200m IM

- Bryan Gray

Dogters o/17 4X50m Wisselslag aflos

- Elmarie v d Merwe, Emily Erasmus,

Dogters o/17 4X50m Vryslag aflos

- Marcé Loubser en Chané Hill

Dogters o/16 100m Rugslag

- Rita Naudé

Dogters o/17 100m Rugslag

- Marcé Loubser

Seuns o/17 100m Rugslag

- Bryan Gray

Seuns o/16 4X50m Vryslag aflos

- Rudo Loock, Johan van Niekerk,

Wessel Moller en Janco Saaiman

JAKARANDA INTERHOËR

22 FEBRUARIE 2013

FINALE PUNTESTAND

Seuns

AFRIKAANS HOëR SEUNSKOOL 1210 1

WATERKLOOF 1151 2

GARSFONTEIN 1146 3

MENLOPARK 1142 4

ELDORAIGNE 1061 5

ZWARTKOP 972 6

CENTURION 916 7

OOS-MOOT 781 8

Dogters

AFRIKAANS HOëR MEISIESKOOL 1252 1

MENLOPARK 1176 2

ELDORAIGNE 1153 3

WATERKLOOF 1098 4

ZWARTKOP 1023 5

GARSFONTEIN 1011 6

CENTURION 875 7

OOS-MOOT 823 8

Seuns en Dogters

MENLOPARK 2318 1

WATERKLOOF 2249 2

ELDORAIGNE 2214 3

GARSFONTEIN 2157 4

ZWARTKOP 1995 5

CENTURION 1791 6

OOS-MOOT 1604 7

Trofees

Spronge Dogters

Hekkies Seuns

Aflos Dogters

Groottotaal

Rekords verbeter deur Menloparkatlete

Seuns 14 100m Hekkies Dirk Thuynsma 13.89

Dogters 15 Spiesgooi Carli Pretorius 40.60

Seuns 15 300m Hekkies Etiene Pretorius 39.59

Seuns 15 Verspring Etiene Pretorius 6.52

Seuns 15 4x100m Aflos Aflosspan 44.59

Dogters 16 400m Jeanelle Griesel 55.19

Seuns 16 4x100m Aflos Aflosspan 43.31

Dogters 17 Spiesgooi Mandi Venter 46.14

Die volgende ruiters het in die top 10 geëindig in die eerste Core League en Western Mounted Games Skoue.

Absolut runnik vir die hoogskop!

Eerste plekke: Anna-Mart Opperman , Marisa Brink , Ilke Roux

Tweede plekke: Joanne Cunze, Chanel Marais, Anieke Kruger, Chanel Marais, Ilke Roux, Anke Roux.

Derde plekke: Nicola Hamman, Joanne Cunze, Anke Roux

Vierde plekke: Regardt Malan, Chanel Marais, Anna-Mart Opperman, Ester Botha, Marilette Spoelstra, Ilke

Roux.

Vyfde plekke: Elisbe Kruger

Sesde plekke: Michael Bennett, Annais Metz, Lana Botha, Joanne Cunze, Anieke Kruger, Chanel Marais

Sewende plek: Nina-Leri Malan, Anna-Mart Opperman, Michael Bennett, Regardt Malan, Marilette Spoelstra

Agtste plek: Tonya Tromp,

Negende plekke: Anna Sophia Savrda, Nina-Leri Malan, Ester Botha,

Tiende plek: Ester Botha, Marilette Spoelstra, Nina-Leri Malan

Regstelling

Menlo o/15 C vs CBC o/15

Menlo 241/0 (Rickus Grobler107*, Robin Heymann 94*)

CBC 132/5

Menlo wen met 109 lopies

NJSA-Hoërskoleliga oefensessies vind elke Donderdag 14:30-16:00 plaas.

Nie-MMA muurbalspelers wat in die liga gaan deelneem, moet asseblief vir mnr Van Helsdingen laat

weet en die oefensessie bywoon.

Akrobaat

Bianca Pretorius, Gr 12, het in 2012 vir Noord Gauteng kleure (Akrobaat) gekwalifiseer het en daardeur

ook op nasionale vlak aan die SA Akrobaat Kampioenskappe deelgeneem het, waar sy ‘n 2e plek

behaal het. Sy is reeds vanaf 2006 in die SA-span opgeneem. Absolut Bianca!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!