04.05.2013 Views

15/2012 - Hoërskool Menlopark

15/2012 - Hoërskool Menlopark

15/2012 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ons sit heerlik op ‘n muurtjie op die matriekplein met die

Pretoria Eisteddfod se wennerskonsert, reg om kore na

lokale te begelei, toe mnr Hein Brits in verwondering lostrek:

“Hoe keer ‘n mens iemand met wie dit goedgaan? Jy kan

nie!” en dis waarder as waar woorde. Die geselsie volg op

die ongelooflike vrolike en dinamiese manier hoe koorlede

ander kore van oor die hele Pretoria ontvang en versorg en

dis nou net voor hulle self ‘n majestueuse melodieuse

kragtoer-vertoning lewer en net na ‘n middag op die sportveld.

Ek lees in die NuusNou dat die wrywing van ‘n kind

wat teen ‘n glyplank afgly, ‘n lae energie gloeilamp vir een

minuut laat brand. Energie is ‘n kragtige stuur en kinders

wat gelukkig is, borrel van energie en straal energie uit en

vermag die uitdagende met ‘n glimlag.En Menlo-kinders kan

vreeslik baie gloeilampe laat brand.

Ons lief-pop-skat , Dominique wat Guillain-barré-sindroom

het, is ‘n absolute toonbeeld van onblusbare energie deur

voetjie-vir-voetjie van die voorportaal tot die mediasentrum te

loop om elke skooldag daar deur te bring. Daar is makliker

opsies, maar haar energie en geesdrif om deel te wees van

ons skool, is onblusbaar en haar energie begeester ons

almal. Sy skuifel al teen rekordspoed en as dit so aangaan

hardloop sy binnekort weer. Dis ‘n Menlo-meisiekind wie se

energie inspireer!

Die absolut vrolike omgee en die energie van ‘n liefdadigheidsweek

is ‘n inspirasie wat aansteeklik werk en binnekort

ander se lewens positief gaan aanraak . Menlo-mense gun

ook ‘n ander om onkeerbaar begeester te raak deur positiewe

energie. Hoe anders kan ‘n hele skool saam R102 000

vir liefdadigheid insamel?

Ek sien ‘n advertensie van “Turbovite Bubbly” wat lees:

“Hoe sal jy daarvan hou om ‘n borrelende, briljante en energieke

mens te word? Slim mense styg vinnig uit met nuwe

Turbovite bubbly”. Absolut Aitsa - ons Menlo-energie laat

waai, is turbo bubbly se absolute moses! En aan borrelende,

energieke en begeesterde mense is daar geen keer by

Menlo nie!

Absolut Menlo ! 1450 Parkies ,met die wrywing van witlig op

die Menlo-bodem, laat die gloeilampe helder brand! Dr van

der Merwe laat dikwels hoor: “ Vier die lewe!” daarom:

watwou staan laat ons die eksamen met absolute Menloenergie

pak en kafdraf!

Annieka Moolman

18/05 Muurbal: Top Skole-toernooi

Netbal: Centurion (tuis)

19/05 Hokkie: Dogtershokkie vs Cornwall Hill (weg)

Rugby: Classic Clash vs St. Alban’s (weg)

Koor: ATKV streeksuitdun by L/s Constantiapark

20/05 Perdesport: Interskole

22/05 Koor: Atterburykompetisies (Atterburyteater)

23/05 Hokkie: Seunsliga: A-spanne vs Zwartkop (tuis)

B-spanne vs Willowridge (tuis)

Netbal: Rosina Sedibane (weg)

Rugby: Noordheuwel (tuis) – vriendskaplik

25/05 Debat: ATKV Nasionale semi-finaal (AHS)

26/05 Hokkie: Dogtersliga: A-spanne vs Zwartkop (tuis)

B-en C-spanne vs Zwartkop (weg)

Debat: ATKV Nasionale semi-finaal (AHS)

Rugby: Zwartkop (weg)

30/5 Koor: Atterburykompetisies (finaal)

1/6 Redenaars: ATKV-semifinaal

22/08 MENLO -OPEDAG

1/09 MENLOFEES

Liefdadigheidsweek 2012

‘n Absolut fenominale bedrag van R102 000 is vanjaar deur me Annalet Mulder, mnr Phillip

Erasmus en die Menlo-omgee-komitee saam met ons hele skool vir liefdadigheid ingesamel en

daarmee ook het die sportspanne elkeen ‘n tassie vir ‘n gr 1-maatjie wat moet skool toe gaan en

nie kan nie, gepak. Ons laat weet vroeg volgende kwartaal watter liefdadigheidsorganisasies gaan

baat, as ons die uitbetalings-geleentheid tydens saalopening hanteer.

Hierdie is verruklike en asembenemende Menlo-omgee op sy absolut beste! Baie dankie ook vir

elke ouer van ons skool wat sy kind se koevertjie ondersteun het! Absolut omgee!

Absolut Dankie!

Baie dankie aan Cartridge Hyper wat aan elke

leerder en onderwyser ‘n eksamen-skryfblok

geskenk het! ABSOLUT CARTRIDGE HYPER!

ABSOLUT NISSAN HATFIELD! Absolut Dankie!

Klerebank

Ons Klerebank laat weet hulle het heelwat nuwe broeke,

rompe en oortrektruie, maar het ‘n behoefte aan

skoolbaadjies.

Absolut Braam

Die Universiteit van Pretoria saam met Beeld identifiseer

elke jaar studente met potensiaal wat hulle dan oorweeg vir

'n beurs om Fotografie te studeer. Braam Ehlers is deur

Peet Burger, Redakteur van Beeld, genader om ook 'n

Portefeulje van 25 foto's in te stuur

Hy mag net skoolverwante foto's ingestuur het en 2 ander

foto's van sy keuse. Braam was die enigste skolier wat

uitgenooi is om deel te neem, verder was almal studente.

Braam was een van die finale 5 wat oorweeg is vir die

beurs. Braam het 149/150 vir sy portefeulje gekry, daar was

1 "exposure" fout op die dirigente foto.

'n Vierdejaar Tukkiestudent het die beurs gewen met Braam

as naaswenner. Braam ( gr 11) is een van ons gewaardeerde

fotograwe wat die Menlo-aksie vasvang! Absolut

Braam by absolut Menlo!

Absolut Advertensiegeleentheid

Advertensieruimte beskikbaar vir borde om ons

splinternuwe ABSOLUT ASTRO wat elke dag van

vroeg tot laat (onder spreiligte) gebruik word vir

onder andere hoër- en laerskole se seuns en

dogtersligawedstryde en oefeninge, Noord-Gauteng

premier liga se dames- en manswedstryde, Noord-

Gauteng High Performance- groepoefeninge,asook

die 2012 0/18 Noordvaal-finaal.

Vir meer inligting om te adverteer kontak:

lizlschutte@yahoo.com

Ouers wat besighede het en by die skool ‘n ander

aktiwiteit wil ondersteun, is welkom om Annieka

Moolman info@menlopark.co.za te kontak.

Animé Benadé (95.5), Marné Kruger (94.1), Alicia Swanepoel (93.5),

Gr. 9 Top 20 Ruhann Botha (93.5 ), Philna V Veijeren (93.4 ), Janique Jacobs

(93.1), Marlise Kroukamp (92.9), Tim Mcintyre (92.4 ), Carien Struwig

(92.3 ), Ivan Ackermann (92.2), Suné Olivier (92.1), Danté V Ryneveld (91.9 ), Jeanelle Griesel

(91.7 ), Jeanne-Louise V D Sande(91.3 ), Jessie Jooste (91.3 ), Daniëlle V Schoor (91.1), Pieter-

Ben Bernard (90.9), Clarice Naudé (90.8 ), Bianca Kruger (90.3), Beatrix Spruyt (90.1).

Altus Bisschoff (95%), Charl-Pieter Smit (94,4), Marilette Spoelstra

Gr. 10 Top 20 (94,1), Ruan Ackermann (93,1), Mirike Loedolff (93,1), Tina Lombard

(93,0), Petroné Fechter (92,6), Michelle Swanepoel (92,1), Nerinda

Bezuidenhout (92,0), Jana Mattheus (91,7),Andreas Liebenberg (91,1), Tarien ( 91,1),Jennimi

Laubscher (90,9), Danielle v Wyk (90,6), Carmen de Beer (90,3),), Erika Bührmann (90,1)

Marilee vd Walt (89,9), Andrea Johannes (89,6), Charlene Vermaak (89,3), Carina Rossouw

(89,1).

The Grové Kinner-Kunstefees 6 – 20 Mei 2012

Me Marietjie Neiteler, die organiseerder van die

kompetisie, het oorspronklik die projek in 2006 geloods

om Kuns en Kultuur by jongmense te bevorder. Die hoë

gehalte van die werk wat deur verskillende skole ingestuur

word, het daarvoor gesorg dat dit as ‘n jaarlikse

vertoonvenster van die Pretoriase jeugtalent beskou kan

word. Die Kinner-kunsfees wat normaalweg in Augustus

by Woodlands Boulevard plaasvind, het sy uitgebrei sodat

dit in twee bene plaasvind. Die eerste been is tydens die

eerste twee weke van Mei by The Grove-winkelsentrum in

Die Wilgers uitgestal. Daar was vanjaar meer as 300

inskrywings van 11 verskillende laer,- hoër- en privaat

kunsskole. Die beoordeling is deur Me Enalja Louw

gedoen.

Die Hoërskool Menlopark het 35 leerders se kunswerke vir

die week van 6 – 20 Mei in The Grove winkelsentrum

uitgestal.

Ons is trots op Paula Aucamp wat in die gr 10-kategorie

aangewys is as die naaswenner in die

skilderkunskategorie. In die gr 12 kategorie het Nina

Muller en Hannelize Human albei 2de plekkke gewen in

die grafiese en skilderafdelings. Marisa Coetzer het

weggestap met die 1ste plek vir skilderkuns in gr 12 en is

ook aangewys as die algehele wenner van die Hoërskolekategorie.

Hulle het almal R200 of meer se geskenkbewyse

van ‘n boekwinkel in The Grove ontvang. Die

bonus van die openbare uitstallingruimte is dat die publiek

die werke kan besigtig en ‘n dame van die Suid-Koriaanse

konsulaat het dan ook ‘n aanbod gemaak om een van

Marissa Coetzer se skilderye vir R 2500 te koop! Absolut

Menlo Kuns. Juf de Klerk se eie seunskind, Keanu de

Klerk, wen ook die 1ste plek in die voorskoolse-afdeling

met sy unieke dinosorus-sketse!

Baie geluk aan die Menlo-engele met hulle 90%

gemiddeld by die Pretoria Eisteddfod. Hulle is dan ook

aangewys as die beste gemengde koor van die Eisteddfod

met ‘n puik optrede by die wennerskonsert .

Die koor se volgende twee weke is propvol kompetisies en

ons sê baie sterkte aan die koor vir die volgende:

Saterdagaand 19 Mei – ATKV streeksuitdun om 18:30 by

L/s Constantiapark

Dinsdagaand 22 Mei – Atterburykompetisies by die Atterbury teater en die finaal van die

kompetisie vind Donderdag, 31 Mei plaas.

Baie geluk ook met ‘n absolut asembenemende optrede by UP Cantatuks die afgelope naweek.

Menlo was die enigste skoolkoor tussen al die jeugkore en die UP Camerata! Julle is ons trots en

neem ons op musikale sangreise van absolut hoë gehalte! Doen so voort! Absolut Menlo-engele!

Eisteddfod

Baie sterkte aan al die Menlo-kultuurvrate wat te midde van ligawedstryde en die normale

skoolaktiwiteite Menlo se naam hoog hou by die Pretoria Eisteddfod!Ons kan nie wag vir die

Absolut Menlo-uitslae nie! Ons hou styf duim vas!

Dogters: Menlo vs Eldoraigne

o/14A Menlo wen 3-1, o/14B Menlo gelykop 1-1, o/14C Menlo wen 2-0, o/15A Menlo wen 1-0,

o/15B Menlo wen 1-0, o/15C Menlo wen 3-0, o/16A Menlo gelykop 1-1, o/16B Menlo gelykop 0-0,

o/16C Menlo wen 2-0, 4des Menlo wen 5-0, 3des Menlo wen 2-0, 2des Menlo wen 2-0 en

1stes Menlo wen 4-1. Absolut verruklik!

Seuns: Menlo vs Garsfontein

o/14A Menlo verloor 0-1, o/16A Menlo verloor 0-1, 2des Menlo wen 2-0, 1stes Menlo wen 3-0!

Absolut manne!

Menlo vs Eldoraigne – Liga

o/14A Menlo wen 28 – 7, o/14B Menlo wen 28 – 0, o/14C Menlo wen 31 – 5 teen Pretoria Boys’

High (vriendskaplik), o/15A Menlo wen 23 – 11, o/15B Menlo wen 26 – 0, o/15C Menlo wen 3 – 0,

o/16A Menlo verloor 7 – 23, o/16B Menlo verloor 0 – 36, 4des Menlo wen 17 – 10, 3des Menlo

verloor 5 – 22, 2des Menlo wen 13 – 12,

1stes Menlo wen 34 – 20. Absolut Rugby!

‘n Absolut Rugby-Aitsa: Die volgende seuns is gekies vir die onderskeie Blou Bul-spanne om op

Dinsdag, 22 Mei te speel teen die Pumas op TUKS se velde:

0/16

Rohan Goosen, Arnold Gerber, Jacques Oosthuizen, Rivaldo Roberts, Tristan Theron, CJ de Wet,

Juan-dré van der Walt, Tiaan Cater, Armand Buys en Abrie Smit

0/18

Julian Coetzee, HG de Klerk en Gerhard Hefer.

Menlo vs Garsfontein

o/14A Menlo wen 22 – 8, o/14B Menlo wen 13 – 6,o/14C Menlo wen 15 – 12, o/14D Menlo wen 23

– 8, o/15A Menlo gelykop 18 – 18, o/15B Menlo verloor 12 – 15, o/15C Menlo wen 16 – 10, o/15D

Menlo wen 32 – 6, o/16A Menlo wen 26 – 15, o/16B Menlo verloor 17 – 18, o/16C Menlo wen 30 –

15, o/16D Menlo wen 22 – 7, o/17A Menlo wen 30 – 15, o/17B Menlo wen 29 – 7, 4des Menlo wen

20 – 10, 3des Menlo verloor 14 – 18, 2des Menlo verloor 11 – 17

1stes Menlo wen 29 – 12 . Absolut Menlo-Meisies!

Menlo vs Eldoraigne –liga

o/14A Menlo verloor 18 – 23, o/14B Menlo wen 22 – 12, o/14C Menlo wen 24 – 18, o/14D Menlo

verloor 13 – 21, o/15A Menlo wen 31 – 10, o/15B Menlo wen 18 – 14, o/15C Menlo wen 27 – 7,

o/15D Menlo wen 34 – 4, o/16A Menlo wen 32 – 13, o/16B Menlo wen 17 – 5, o/16C Menlo wen

29 – 5, o/16D Menlo wen 43 – 0, o/17A Menlo wen 23 – 16, o/17B Menlo wen 17 – 13, 4des

Menlo wen 31 – 5, 3des Menlo wen 18 – 4, 2des Menlo wen 28 – 13

1stes Menlo verloor 34 – 35.

Baie geluk aan Minette de Waal wat aangewys is as kaptein van die Gauteng-Noord

Uithouritspan.

Seunsliga

Gedurende ‘n Krieket Suid-Afrika vroukamp vanjaar by Tuks word Suné Luus

(gr 10) amptelik opgeneem in die SA vroue Pro-20 span. Haar eerste

internasionale wedstryd word op 21 April in Potchefstroom gespeel teen

Engeland se A span wat op toer is in SA. As jongste lid van die span gaan sy

op nommer 9 in om te kolf met ‘n paar balle in die kolfbeurt oor. Sy kry 3 lopies

van 3 balle en word uitgehardloop op die voorlaaste bal. Haar boulwerk loop

ook goed af en sy staan 11 lopies in 3 beurte af.

Die wêreldbeker PRO 20 toernooi vir ons Protea mans en vroue is geskeduleer

vir September 2012 in Sri Lanka. Suné werk baie hard om deel te wees van

hierdie toernooi. Ons is so trots op haar! Absolut Suné!

Menlo A vs Afrikaans Hoër Seunsskool B – 9 Mei 2012 (weg): Menlo A wen 6-0

Menlo B vs Afrikaans Hoër Seunsskool C – 9 Mei 2012 (tuis): Menlo B wen 5-1

Dogtersliga

Menlo vs PHSG – 9 Mei 2012 (weg):Menlo Dogters wen 6-0

Ligawedstryde

o/16A Menlo wen 6-0 teen PBHS

Seuns eerstespan: Menlo verloor 2-4 teen AHS

Dogters tweedespan Menlo wen 6-0 teen St. Mary’s DSG

Seuns tweedespan: Menlo wen 6-0 teen St.Alban’s

Dogters 1stespan: Menlo wen 4-2 teen PHSG

Gimnastiek

Wayne Brindle ( gr 9) gaan in Desember 2012 vir 16 dae Moskow toe

as deel van ‘n uitsoek groep gimnaste van Tukkies en ander klubs om

aan ‘n oefenkamp deel te neem ter voorbereiding vir toekomstige

internasionale deelname . Hulle gaan deur die Russiese akademie

afgerig word .

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!