04.05.2013 Views

29/2012 - Hoërskool Menlopark

29/2012 - Hoërskool Menlopark

29/2012 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lize storm by my kantoor in met : “Môre, Môre, Juffrou! En

hoe bons dinge hier by Juffrou vanmôre?” om na ‘n vrolike

dog intense relaas oor alles wat fout gegaan het met die maak

van haar Matriekafskeidsrok (wat sy toe darem oorleef het),

uit te vlinder met :” Nou ja toe! Hoop alles gly goed hier by Juffrou vandag” en daar trek die

matriek-lentebriesie op ‘n vrolike drafstap uit. Nou ja, dinge begin rustiger bons by Menlo, maar

gly, die gly dinge nog goed op pad na November en die eindeksamen. So saam met die kolganse

wat op ons B-hokkieveld elke oggend die lente verkondig omring deur die kiewiete, hadidas en ‘n

paar duiwe, kan ‘n mens nie anders as om opgewonde en erkentlik so oor die skouer te loer na

dié feestelike jaar waar alles vol absolut bons was nie!

Ons onthou die tent op die heuwel by Interhoër en jou wrintiewaar ‘n 11de wen, die swem se

derde interhoër -sege en kort daarna die krieket se Pro 20 oorwinning. Dan was daar die absolut

astro wat ‘n Menlo-droom was wat eindelik gebons het en ons opgewondenheid was sonder keer.

Toe trek die tweede kwartaal weg en ons gly na die Rugby se stadsbeker –sege, die netbal se

driemaal SA-kampioene, die hokkie se Stadsbeker-oorrompeling en die fenominale seunsastrospoed

! Dit was die begin van ‘n nuwe fietsry-akademie en ‘n baan om die skool, ons

perdesport is Gauteng-wenners en ons redenaars dring deur na die ATKV-finaal, asook ons drie

debatspanne, en die Menlo-koor word by die ATKV-kompetisie aangewys as die beste skoolkoor

in Suid-Afrika en tree op by Afrikaans is Groot en ons orkes eindig nasionaal derde! Absolut en

beslis bons dinge hier op Menlo-bodem!

Maar daar is ook soveel dinge wat ons betower het : ‘n onvergeetlike Lentedag en Menlovaria

met sy rekordgetal inskrywings, Parkiebal, Matriekafskeid, seunsserrie, Afrikaans-ekspo en

Wetenskap-sterre, die kunsuitstalling en die uitnodigingsgala en mnr. Manie se voëlhok ! Jip,

dinge bons vrolik en sonder keer! En dié is om maar ‘n paar momente te noem.

Maar ons grootste trots is die Menlo-mense wat belê in ons skool: onderwysers, ouers, kinders.

Oud-hoofmeisie René het dit so maklik vasgevat met: “ Ons is die wind onder mekaar se vlerke”

en Johan en Louis en ander oud-hoofseuns praat van “ Menlo is ‘n leefwyse” en die “ Menlomanier”.

Menlo is ‘n passie. Passie gee die dryfkrag en die dryfkrag en die passie verenig

onlosmaaklik in ‘n hartklop, ‘n leefwyse en denkwyse en ingesteldheid!

Dankie vir elkeen wat vanjaar dinge in Menlo laat bons het! Dankie vir menswees wat ons

skoolwees laat verinnig en verenig! Mooi werk van mens tot mens bring elkeen se sterktes na

vore.

Absolut 2012- menswees wat ons skoolwees laat bons en so kan dinge mos net gedy en gly !

Annieka Moolman

2013- skoolkwartale (Gauteng)

Kwartaal 1: (7) 9 Januarie –20 Maart Kwartaal 2: 9 April –21 Junie

Kwartaal 3: 15 Julie –20 September Kwartaal 4: 1 Oktober – 4 (6) Desember

Absolut finansiële vergadering 12 November

Die Begrotingsvergadering waar ons ouers die begroting goedkeur, moes skuif na

Maandag, 12 November om 18:30 in die Ouditorium.

Bywoning van hierdie vergaderings deur ons Menlo-ouers is ʼn absolute noodsaaklikheid om ons

formidabele skool op sy wiele te hou! Dankie by voorbaat dat ons op u kan staatmaak. Wees

Menlo-aktief!

Menlo-web

Eggo-tydskrif: http://www.menlopark.co.za/kreatief.php

Gr 8-blog: http://absolutgr8.blogspot.com/2012_10_01_archive.html

Somereksamenrooster: http://www.menlopark.co.za/interaktief.php

Deutschland über alles!

Baie geluk aan die Duitstertjies wat gekeur is om aan die

uitruil deel te neem. Die keuring is ‘n streng proses en sluit

‘n toets, onderhoud en voorlegging in! Op ons drie-maandeprogram

het verlede week vertrek : Nerinda Bezuidenhout,

Janice Venter, Mia Jv Rensburg, Petroné Fechter, Reiner

Duvenage, Kobus Meyer, Erika Bührmann en Anica

Opperman.

Op die Desember-maandprogram vertrek op 7 Desember:

Anika vd Westhuizen, Lana Botha, Joanné Cunze, Wiehahn

Eksteen en Annique Haese! Absolut Deutsch!

Sjefskompetisie

Baie geluk aan Caru Froneman en Jean-Marie van Dalen (en natuurlik hulle juffrou, Almarie

Fourie) wat in die landswye sjefskompetisie derde geeïndig het (net 1% minder as die wenners).

Hulle het ook drie spesiale toekennings ontvang: beste hoofgereg, uitstekende vaardighede en

mees kreatiewe spyskaart.

Kuns en Kultuur-sterre

Menlopark was op 21 Oktober die algehele wenners van die

Noord-Gauteng dansuitdaging. Die uitdaging het begin in die

Kuns-en-Kultuurklas toe al die graad 9's 'n trots Suid-Afrikaanse

dans moes voorberei vir punte by juffrou Muller. As wenners van

die graadkompetisie, is Abygail Aab, Conette Lotheringen,

Chante Ehlers en Joné Oosthuizen, Reese Venter en Dalen

Mmako gestuur om die Parkies te verteenwoordig by die eerste

distriksuitdun by The Glen Highschool waar hulle met die louere weggestap het. Vervolgens het

hulle deurgedring na die Noord-Gauteng en finale uitdun by die Lemon Jack Teater in Centurion,

en die res is geskiedenis.

Me Karin Damon, Distrikskoördineerder van Kuns-en-Kultuur by die Gautengse Departement van

Onderwys, sê haar droom is dat hierdie uitdaging landswyd sal gaan binne die volgende paar jaar.

Wel, me. Damon, ons Parkies kan nie wag om te sien hoe ver ons dan sal kan gaan nie - ons het

baie entoesiasme, en ons voete jeuk om te DANS!

,Zanél de Ville (gr 10) het gedurende die derde kwartaal aan

verskeie Eisteddfods deelgeneem en uitstekend presteer. Sy

het in die Drama afdeling van die Noorderkruin Kunstefees,

Centurion Kunstefees en Impromptu Kunstefees deelgeneem

en verwerf in totaal 1 A+ en 14 A++’e! Dit beteken 'n punt van

bo 90%. Sy verwerf ook 6 medaljes.By die Centurion

Kunstefees se Gala-aand word sy aangewys as die Algehele

Individuele Wenner: Voordrag in die Hoërskool Afdeling.

Absolut Zanél! Ons is trots op jou!

Jaarlikse Uitnodigingsgala (Saterdag, 20 Oktober 2012)

Seunskompetisie:

Hoërskool Menlopark 360,

Paarl Gimnasium 258,

Hoërskool Garsfontein 179,

Hoërskool Waterkloof 122,

Hoërskool Menlopark (B-span seuns) 121,

Penryn College 113 en Hoërskool Wonderboom 112

Dogterskompetisie:

Durban Girls’ College 304,

Hoërskool Menlopark 263,

Oranje Meisieskool 228,

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria 199,

Pretoria High School for Girls 151, St.

Andrew’s School for Girls 138,

Paarl Gimnasium 122,

Hoërskool Garsfontein 84

Gemengde skole:

Hoërskool Menlopark 623, Paarl Gimnasium 380,

Garsfontein 263 en Waterkloof 122

Individuele trofeë:

Junior Victrix Ludorum: Rita Naudé (Menlopark)

Junior Victor Ludorum: Janco Saaiman (Menlopark)

Senior Victrix Ludorum: Marcé Loubser (Menlopark)

Senior Victor Ludorum: Bryan Gray (Menlopark)

22 rekords is verbeter waarvan Menlopark swemmers 14 verbeter het:

Martin du Toit (seuns o/14) 50m-rugslag, Reine Opperman (dogters o/16) 50m-borsslag,Rita

Naudé (dogters o/15) 200m-Individuele wisselslag en 50m-vlinderslag, Janco Saaiman (seuns

o/15) 50m-vryslag, Marcé Loubser (dogters o/16) 50m-vlinderslag en (dogters o/17) 200m-

Individuele wisselslag

Altus Bisschoff (seuns o/16) 50m-vryslag en 50m-borsslag, Bryan Gray (seuns o/16) 50mrugslag

en 50m-vlinderslag, Dogters o/16 vryslagaflos en wisselslagaflos en seuns o/16

wisselslagaflos

Nog ‘n swem-lekkerte:

Rita Naude het Vrydag 19 Oktober by die Hillcrest se “agegroup gala” ‘n nuwe SA-rekord

opgestel vir die 50m rugslag met ‘n tyd van 30.67s - sy het dit Juliemaand met 0.01s gemis.

Absolut asembenemend om te sien: aanhouer wen!

Soek tuinwoonstel binne loopafstand vanaf Menlopark Hoerskool vir 2013.

Kontak Lenie 083 4708 678

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!