05.05.2013 Views

3/2013 - Hoërskool Menlopark

3/2013 - Hoërskool Menlopark

3/2013 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Liewe Ouers

Die is ‘n lekker jaar, want dis dié Menlo- makietiejaar!

In die styl van die nuwe WAW (Wilde Afrikaanse

Woordeboek) is ‘n halfeeu-fees op Menlobodem

‘n jip-jip! Staan ons terug en kyk ons terug

is daar geen duisterfluisteraar wat kan verskyn en

inloer nie, want dis ‘n heerlike maltrap–geskiedenis

wat maak dat ons wil rondbaljaar om vreugdevure.

Siende dat ons heerlik Afrikaans is en riele kan

dans van dankbaarheid vir 50 asembenemende

jare, is die Wilde Afrikaanse Woordeboek die lekkerste

en en mees moderne manier om vyftig te

kan vier, want ons is beslis ‘n jong vyftig en allermins

nie ‘n tannietjie hekel-vyftig nie en ons Werkplan

se gedagte van die week is hoeka: As die

ritme van die dromme verander, moet jy jou

danspassies aanpas. Die dansies van nou is dalk ‘n

heel ander polka as die s’n wie in 1963 moes gras

plant om ons skool, maar die vreugde-dansies om

‘n voëlhok of op die astro is ewe vreugdevol, want

elkeen bou sy steen in ‘n geskiedenis wat onlosmaakbaar

deel van 50jaar is!

Nou ja,‘n jip-jip en vrolike fees was 29 Januarie wel

en geen een poegmoeg nie, want om die volgende

50 te pak bou ons summier voort op die trots wat

ons kinders in hul harte dra. Ons feesviering het

afgeskop in ‘n feestelike vierkant met rooi pilare en

blou vlae om die kante van die vierkant en wit en

blou vlaggies oor die dak gespan. Sonder sukkel

hang die MENLO-vlag sentraal. Ons kinders en ons

vlag is mos nooit ver van mekaar af nie. Wybren,

ons hoofseun, bou ‘n wit-hemp-vyftig met ons matrieks

en pas die skool knus om hulle in. Ons Parkieraad

belyn die kante en ’n massa van rooi , wit

en blou ballonne dwarrel in die lug om ons skool se

verjaardag te vier. En daar trek die blou, wit en rooi

so mooi en die vrolike gesigte en bbm-foto’s wys:

Menlo se makietie en mirakels lê vas in die Menloleefwyse.

Dis die Menlo-manier!

Absolut 50 vir absolúút die volgende 50!

Annieka Moolman

31/1 Ligagala (A-en B-spanne, Sutherland)

4/2 Hokkie: inligtingsvergadering (18:30,ouditorium)

7/2 Swem: Ligagala (A-en B-spanne, Midstream)

14/2 Swem: Ligagala (A-en B-spanne, tuis)

Prestige Kultuuraand

19/2 Swem: A-liga Interhoër ( Hillcrest)

20/2 B-liga Interhoër (Hillcrest)

G E L U K

ABSOLUT MENLO

Absolut Menlo word absolut 50 en ons vier die

hele jaar lank fees! Lekker gelukwensings bereik ons weekliks - hier is enkeles!

Mnr Schalk Reynders, personeel, leerders en ouergemeenskap van Die

Hoërskool Menlopark

Ons het verskeie woorde in Afrikaans wat die woord tyd raak beskryf.

So sê ons graag elke ding het sy tyd, tyd is geld, kom tyd kom raad en ons almal

ken die bekende woorde: En toe was dit sulke tyd.

En nou is dit hoog tyd vir Die Hoërskool Menlopark om die vreugdevure aan te

steek en die tyd uit te koop om die skool se vyftigste verjaarsdag op luisterryke

wyse te vier!

Dit is die voorreg van die hoof en personeel van Laerskool Voorpos om Die Hoërskool

Menlopark, as ons vennoot in die opvoedingstaak, hartlik geluk te wens met

u besonderse verjaarsdag! Dit was nog altyd die voorreg van Laerskool Voorpos

om ons oud-Vories as trotse Parkies die hoogste te sien nastreef!

Mag 2013 vir u as hoof en personeel ʼn bloeityd wees!

Vriendelike groete

Marius Swart

Hoof

WATERKLOOF PRIMARY SCHOOL

É (012) 460 3221 306 MILNER STREET

FAX: (012) 460 3717 WATERKLOOF

95159 WATERKLOOF 0145 PRETORIA

E-MAIL: waterkloofps@netactive.co.za 29 January 2013

Headmaster and Staff

Hoërskool Menlo Park

info@menlopark.co.za

Sincere congratulations on you 50th birthday celebrations today. May your

school continue to go from strength to strength and may you all be blessed in

working towards your centennial celebrations.

Yours sincerely

B.J. VAN NIEKERK

Headmaster and Staff

Volg die onderstaande

skakels op vir die

toesprake van

29 Januarie 1963

die hoof

die departement

die ouers

Tasse

Ons wys u graag daarop dat tasse deel is van ‘n akademiese ingesteldheid. Leerders aan ons skool mag slegs

tasse dra wat deeglike en stewige vakkies binne-in het - GEEN drasakke of los rugsakke sonder vakkies word

toegelaat nie. Aangesien handboeke oorwegend by die skoolgeld ingesluit is, pas ons graag ons eiendom op en

maak ons graag ons Menlo-leerders sensitief oor eiendom oppas. Dankie dat ons weet u neem ons hande tot voor-

Sinfonia Juventi

Prestige Kultuuraand

14 Feb. 2013, 18:00 vir 18:30.

Van ons huidige leerder-kunstenaars tree op en oudleerlinge wat op kultuurgebied

gepresteer het, gaan die aand bywoon,

`n Ligte ete word aangebied

Besprekings voor 7 Feb. by Lizette Lombaard (079 883 6797)

Koste: R75,00 per persoon (leerders ingesluit)

Musieksentrum

Mev. Trix Klopper, hoof van die Menlo Musieksentrum, het in Desember 2012

vir die derde agtereenvolgende jaar ‘n merietesertifikaat van Unisa ontvang.

Hierdie sertifikaat is toegeken omdat die top tien kandidate wat sy in 2012 vir

Unisa-teorie-eksamens ingeskryf het, ‘n gemiddelde punt van 87% behaal het.

Suné Olivier (gr 10) en Xanthé Engelbrecht ( gr 9) is pas verkies om deel te vorm van die Sinfonia Juventi- jeugorkes!

Dis ‘n groot voorreg en trots dat van ons musiekleerders op die besondere forum hulle note kan laat weerklink!

Ons verwelkom Saterdag 2 Februarie by ons 26 ste jaarlikse atletiekuitnodigingsbyeenkoms

ons vriende van ver vir skitteratletiek sonder

weerga: Eldoraigne, Ermelo, Monument, Klerksdorp, Nelspruit, Pietermaritzburg

en distrikte en Prestige College.

Vind die itemlys op die webblad onder: “atletiek”.

Hierdie is ‘n Menlo-lekkerte wat niemand kan mis nie!

TRANSVALIA VRIENDSKAPLIK, 25 JANUARIE 2013

(TRANSVALIA ATLETIEKSTADION)

Puntestand SEUNS DOGTERS TOTAAL

Menlopark 407 375 782

Transvalia 355 333 688

Noordheuwel 233 316 549

Brits 172 109 281

ABSA-PUNTE BO 900

OUD ITEM NAAM THA ABSA

16 110mH Stéan Pienaar 13.7 1135

17 SG Mandi Venter 45.94 979

16 VS Hestia Hanekom 5.53 950

16 200m Stéan Pienaar 22.7 947

15 SG Carli Pretorius 37.95 943

14 DG Dirk Thuynsma 41.46 939

16 VS Marné Kruger 5.49 938

17 800m Heinrich van Niekerk 1:58,7 936

14 SG Zinske Botes 33.59 931

16 100m Stéan Pienaar 11.0 918

16 100m Hestia Hanekom 12.3 915

Absolut Rita!

Gedurende die Desember- vakansie, het Rita Naude as lid van die 0/20 SA

- span in Zambië deelgeneem aan die Zone 6-spele. Sy het 2 goue medaljes

in die 50m-rugslag en ook in die 100m vlinderslag verower .

By die afgelope BHP Billiton Aquatics Tri-Nation Super Series ( Australië,

China en SA) is Rita Naude (gr 9) ingesluit by die ope SA-Swemspan en

sy het aan die 50m-rugslag en die 100m vlinderslag vir vroue deelgeneem .

Die 50m rugslag teen die huidige wêreldrekordhouer van China het vir

groot opwinding gesorg. Rita het haar eie beste tyd geswem en dogters15jr

se 8 jaar oue SA rekord verbeter met ‘n tyd van 29.75s. Die tyd is

ook beter as die huidige SA rekord vir dogters 16 en dogters 18jaar.

Die Menlo-muurbalspelers gaan eerskomende naweek teen die top spelers in die provinsie meeding. Absolut muurbal

en sterkte aan almal van hulle!

Die MMA groei en gaan van krag tot krag en ons daarna uit om middagsessies te kan instel waar al die senior spelers

wat wil muurbal speel, geakkommodeer kan word. Die laaste afrondigswerk word nou gedoen en die muurbalbane

lyk fantasties! Spelers sal oor die middagsessies ingelig word sodra ons weer "tuis" kan oefen.

Andre Nolte Topklas Tutordienste!

Kry die beste tutordienste in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Rekeningkunde. Enige grade!! Moenie die kans

laat verbygaan om u punte radikaal te verbeter teen 'n billike arief van R 200 per uur nie!!

Kontak my dadelik by 081 545 3040. Ek kom na u huis toe op weeksmiddae en Saterdae en lewer my dienste net

daar en dan! Ek sien uit om nou van u te hoor!

Andre Nolte

CAMI wiskunde – 20% verbetering in die 1ste 12 maande.

(GEWAARBORG)

CAMI wetenskap - visika Gr8 tot Gr12

CAMI lees - verbeter leesspoed en begrip in Afrikaans en

Engels.

CAMI perseptueel - ontwikkel konsentrasie en lang termyn

geheue.

CAMI is nie net vir die leerling wat sukkel nie , maar ook vir

leerlinge

wat hulle punte wil verbeter.

Bespreek jou gratis assessering vandag.

Vir meer inligting skakel my gerus:

shanekruger76@gmail.com

072 177 7565

012 345 3455

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!