04.05.2013 Views

25/2012

25/2012

25/2012

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

15/10 Menlo-Kunsuitstalling

16/10 Menlo-kunsuitstalling

22/10 Begroting 2013: Inligtingsvergadering

5/11 Begroting 2013: Goedkeuringsvergadering

Absolut finansiële vergadering

Menlo-Insig 25

Ons inligtingsvergadering rondom die 2013-begroting is Maandag 22 Oktober 18:30.

Maandag, 5 November vind die begrotingsvergadering vir goedkeuring van die begroting deur

die ouers om 18:30 in die Ouditorium plaas. Bywoning van hierdie vergaderings deur ons Menloouers

is ʼn absolute noodsaaklikheid om ons formidabele skool op sy wiele te hou! Dankie by

voorbaat dat ons op u kan staatmaak. Wees Menlo-aktief!

Volksblad /Matrikulant van die jaar kompetisie

Baie geluk aan Carmen Seesink wat een van die finaliste van die

Matrikulant van die jaar-kompetisie is! Baie sterkte en Absolut Carmen!

Alle oud-Parkies word vrolik opgewonde bewus gemaak van die Alumni- webblad

www.menloalumni.co.za . Registrasies kan aanlyn gedoen word.

Ons vibreer van opwinding oor die nuwe inisiatief, want ‘n stewige databasis hou almal naby die

hart van ons skool en so kan die halfeeu-fees mos sonder versuim uit die wegspringblokke kom!

Ons het ook ‘n Alumni-kantoor op die Menlo-bodem. Kontak gerus vir Rista de Beer by

admin@menloalumni.co.za of by 012 361 7738 x 219 (tussen 08:00 en 13:00).

Tweetalige Eksamen

Baie geluk aan Ruan Ackerman (gr 10) wat landswyd derde in die SA-taalbond -weetalige

eksamen geeïndig het.

Afrikaans landswye wenners!

Met die jaar wat einde se kant toe staan, kan die Afrikaans-departement weer eens terugkyk op

lieflike prestasies in sowel die Afrikaanse Olimpiade, as die nasionale Afrikaans-Ekspo.

5929 leerders het aan die Afrikaans Olimpiade (onder beskerming van die ATKV) deelgeneem.

Elkeen van die kandidate wat ons ingeskryf het, het minstens 6% bo die nasionale gemiddeld

behaal. Ons is in die besonder trots op Leandri Crouse, Surina Dippenaar, Nolene Oosthuizen en

Andre Swanepoel wat al vier, landswyd, ‘n prestasie onder die top 10 gelewer het.

Bianca Brandt, Liezl Ferreira, Emma van Niekerk is op hul beurt onder die Top 20.

In die Afrikaans-Ekspo het ons weer eens met die louere weggestap deur as die wenner in die

grootskolekategorie aangewys word. Uit die nagenoeg 1 500 inskrywings wat van provinsiaal

deurgedring het na nasionaal, het ons nie minder nie as 11 weninskrywings opgelewer. Baie geluk

aan die volgende leerders:

Bianca Viljoen en Nerina Minnaar (JG Musiek en Liriek)

Antoinette van Wyk (Senior Musiek en Liriek)

Suné Olivier (Junior Kortverhaal)

Danielle Slabbert (Junior Kort-kortverhale)

Tilla Coetzee, Cecile Louw, Elmien Mattheus, Louna Prins en Bianca Delport (JG Fotoverhaal)

Bingle Kruger, Bernard van Tonder en Daniel Gerryts (SG Fotoverhaal)

Taryn-lee Ives en Carla Kruger (JG Strokiesprente)

Mariëtte Janse van Vuuren (Junior Fotografie)

Elmay Viljoen (Senior Literêre vertaling)

Carien Struwig, Simonne Joubert en Judilene de Bruyn (JG Media)

Malie Engelbrecht (Junior Media)

Beoordelaarspryse word ook toegeken. Hoewel dit nie noodwendig in elke kategorie toegeken

word nie, kom in die praktyk op tweede en derde plekke neer. Geluk daarom ook aan die volgende

leerders wat in die onderskeie kategorieë nasionaal erkenning geniet het:

Pieterjan vd Merwe (Junior Animasiefilm)

Felix le Roux (Senior JIP-rubriek)

Elné Heyns (Senior Reisstorie)

Ané-Mari Pienaar (Junior Fotoverhaal)

Anique Grobler en Renate van Tonder (JG Fotoverhaal)

Jana Mattheus, Belinda Lewis, Arno van Niekerk, Marthie van der Merwe, Monique le Roux,

Petroné Fechter, Swanepoel en BP Jennimi Laubscher, (SG Fotoverhaal)

Melissa Grobler (Senior Strokiesprente)

Michiel de Villiers (Junior Spotprente)

Dis dan ook duidelik dat ons met ‘n eerste, tweede en derde plek in die kategorie Senior

Groepfotoverhale weggestap het.

Absolut Afrikaans!

varia

Menlo o/14 A vs Affies o/14 A

Affies 125/7 (Dean Foxcroft 2/26, George

Stoop 1/12)

Menlo 125/4 (Henro jv Rensburg 27, Danie

Rousseau 25)

Wedstryd gelykop

Menlo o/14 B vs Affies o/14 B

Menlo 157/3 (Bertie von Wielligh 60*)

Affies 148/7 (Pieter Verster 2/11)

Menlo wen met 9 lopies

Menlo o/15 B vs Hartbeespoortdam o/15 A

Menlo 151/4

H’bees 117 almal uit

Menlo wen met 34 lopies

Menlo o/14 C vs Affies o/14 D

Menlo 172/1

Affies 115 almal uit

Menlo wen met 57 lopies

Menlo 1ste XI vs Affies 1ste XI

Menlo` 156 all out (Pippie Kemm

33, Anton Ehlers 32)

Affies 157/6 (Richardt Saaiman

4/23)

Affies wen met 4 paaltjies

Menlo 2de XI vs Wonderboom 1ste XI

Menlo 194/9 (De Waal De Villiers

64, Charl Minnaar 27)

Wonderboom 189 almal uit (Willem Hofmeyr

4/10)

Menlo wen met 5 lopies

Menlo o/14 A vs Hatfield 1ste XI

Hatfield 151 almal uit (Simon

Oberholster 4/13)

Menlo 140 almal uit (Reuben

Fleischhauer 25, George Stoop 22)

Hatfield wen met 11 lopies

Gimnastiek

Wayne Brindle het Gauteng-Noord verteenwoordig in die Gauteng Gimnastiek kompetisie die

naweek by die Matsportsentum teen Sentraal en Oos Gauteng.

Algehele 3 derde plek behaal: Brons medalje ; Spronge : silver medalje ; vloer: Brons medalje en

Rekstok : Brons medalje

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!