02.05.2013 Views

2. Kragpunt Leier Onderwys Gids Les 2

2. Kragpunt Leier Onderwys Gids Les 2

2. Kragpunt Leier Onderwys Gids Les 2

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Gemeenskap

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 1

Junior Jaar B – Kwartaal 2 – Les 2

Tema vir die Maand: Ons aanvaar verantwoordelikheid.

Titel: Deur Dik en Dun

Kragteks: “So het die Here die Almagtige gesê: ... Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en

barmhartigheid aan mekaar” (Sagaria 7:9).

Sleutelteks en Verwysings: Lukas 23:26-56 (ook Matthéüs 27:45-56); Die Koning van die Eeue, bl.

625-645.

Doelstellings

Die studente sal:

Weet dat hulle vir hulle vriende omgee selfs te midde van moeilikhede of die dood.

Gewillig voel om verantwoordelikheid te aanvaar om in die behoeftes van hulle vriende te

voorsien sonder dat hulle gevra word om dit te doen.

Reageer deur met voorbedagte rade te soek na maniere om in die behoeftes van hulle

vriende te voorsien.

Kragpunt: Net soos Jesus kan ons vir andere omgee selfs al staar ons moeilikhede in die gesig.

Die Bybelles in ‘n Oogopslag

Ten spyte van al Sy pyn en lyding terwyl Hy aan die kruis hang, spreek Jesus besorgdheid uit vir

diegene rondom Hom: Sy vriende, die soldate, die dief aan die kruis, Sy moeder. ‘n Paar van sy

vriende wys dat hulle oor Hom besorgd is deur daar te wees wanneer Hy hulle nodig het.

Sommige van hulle versorg ook Sy liggaam na Sy dood.

Hierdie is ‘n les oor gemeenskap

Ons kan ons besorgdheid vir andere in ons geloofsgemeenskap toon selfs wanneer ons self voor

moeilike situasies te staan kom. Deur op andere te fokus, sal ons ‘n seën ontvang.

Verryking vir Onderwyser

“Die Heiland het nie ‘n klag of kreun geuiter nie. Sy gelaat het kalm en waardig gebly, maar groot

sweetdruppels het op Sy voorhoof gepêrel. Daar was geen simpatieke hand wat die doodsweet

van Sy aangesig afgevee het nie, en geen woorde van meegevoel en onwrikbare trou om Sy

mensehart te versterk nie. Terwyl die soldate hul verskriklike taak verrig het, het Jesus vir Sy

vyande gebid: ‘Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.’ Sy gedagte het van

Sy eie lyding geskuif na die sonde van Sy vervolgers en die verskriklike vergelding wat op hulle

wag. Geen vloek is geuiter op die soldate wat Hom so ru behandel het nie. Geen wraak is

uitgeroep oor die priesters en owerstes wat hulle verlustig het in die verkryging van hul sin nie.

Christus het hulle jammer gekry oor hul onkunde en skuld. Hy het net ‘n pleidooi vir hul vergifnis

geadem - ‘want hulle weet nie wat hulle doen nie.’” (Die Koning van die Eeue, bl. 628).

Wat is my gedagtes gewoonlik wanneer ek moedeloos voel? Wanneer ek deur ‘n moeilike tyd

gaan, hoe kan ek nog steeds in die behoeftes van my Junior Sabbatskool studente voorsien?

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 2

Programnotas

Lesafdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Verwelkoming Deurlopend Groet student by die

deur. Luister na

bly/bekommerd

1. Gereedheidsopsies Tot 10 A. Siekte Opname

Gebed en Lof* Tot 10

B. Dade van

Vriendelikheid

Samesyn

Voorgestelde Liedjies

Gebed

Sending

Offergawe

2. Bybelles Tot 20 Inleiding van

Bybelverhaal

Ervaar die Verhaal

3. Toepassing van Les Tot 15

Bybelondekking

Scenario’s

4. Deel die Les Tot 15 Leun Teen Mekaar

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Papier, potlode,

witbord, merker

He Is Our Song

Tienersending

offergawehouer

Bybels

Bybels, papier,penne,

musiek (opsioneel)

Bybels, papier, penne

Verwelkoming

Verwelkom die studente by die deur en wys hulle na hul tafel / klein groepleier. Vra die studente

hoe hulle week was – waaroor is hulle bly/bekommerd. Som laas week se Bybel les met die

studente op. Sê: "Wat was die mees interessante deel van die Bybel Storie? Watter aktiwiteit

het jy die mees nuttig gevind? Watter aktiwiteit was die meeste pret? (Die leier moet weet wat

die studente se aktiwiteite was vir die afgelope week, sodat hy/sy die bespreking kan lei.) laat die

studente met die gereedheid aktiwiteit van jou keuse begin..

1. GEREEDHEIDSAKTIWITEITE

Kies die aktiwiteit of aktiwiteite wat die beste by u situasie pas.

A. Siekte Opname

U Benodig:

papier

potlood

witbord en merker

Vra die studente om ‘n opname onder hulleself te doen oor hoe hulle gevoel het toe hulle siek was

en watter soort dinge hulle gedoen het en waaroor hulle gedink het. Hulle kan vrae soos die

volgende insluit: Hoe siek was jy? Hoe lank was jy siek? Wat het jy lus gehad om te doen?

Waarvoor het jy nie lus gehad om te doen nie? Waaroor het jy gedink? Wat het jy gedoen? Wie

het vir jou gesorg? Wat het jy gedoen om vir andere te sorg?

Opsomming

Vra: Hoe het die reaksies vergelyk? Skryf die resultate op ‘n bord sodat almal dit kan sien. Vra:

Het enigiemand aan iemand anders se behoeftes gedink terwyl hulleself siek was? Hoe moeilik

is dit om aan andere te dink wanneer julle self nie lekker voel nie? Kom ons soek Sagaria 7:9,

ons kragteks, op en lees dit. Lees die versie hardop saam. Vandag gaan ons na voorbeelde kyk

van hoe Jesus aan andere gedink het, selfs terwyl Hy Self deur groot pyn gegaan het. Ons wil

leer dat

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

B. Dade van Vriendelikheid

Verdeel die studente in klein groepies. Vra hulle om ten minste vier maniere te noem om te wys

hoe iemand verantwoordelikheid kan aanvaar om in die behoeftes van vriende te voorsien. Laat

tyd toe sodat hulle gedagtes kan uitruil. Dan moet hulle een van daardie vier maniere kies en ‘n

kort toneeltjie voorberei om dit aan die res van die studente uit te beeld. Laat die studente na

elke toneeltjie bespreek wat hulle gesien het.

Opsomming

Vra: Watter van hierdie soort gedrag/dade sal julle waardeer dat ‘n vriend vir julle moet doen?

Hoeveel hiervan doen julle op ‘n gereelde basis? Hoe voel julle wanneer iemand in julle

behoeftes voorsien?

Sê: Kom ons soek Sagaria 7:9, ons kragteks, op en lees dit. Lees die versie hardop saam. Vandag

gaan ons kyk na voorbeelde van hoe Jesus aan andere gedink het selfs toe Hy Self groot pyn

verduur het. Ons wil leer dat

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

Gebed en Lof

Samesyn

Vertel van die studente se vreugdes en hartseer (bly en bekommerd) soos wat hulle by die deur

aan u vertel het (soos vanpas). Indien hulle vir u toestemming gegee het, deel een of twee

spesiale items uit die studente se Bybelstudie gedurende die week.

Meld enige verjaarsdae, spesiale geleenthede, of prestasies. Groet alle besoekers hartlik.

Voorgestelde Liedjies

“For God So Loved The World” (He Is Our Song, No. 43)

“Lamb of God” (He Is Our Song, No. 62)

“The Colouring Song” (He Is Our Song, No. 61)

Gebed

Gee klaslede in ‘n groepsgebed die geleentheid om deel te neem deur die behoeftes van hulle

geliefdes (vriende en familie) na God te bring. Begin die gebed deur te sê, “Liewe Jesus, ons wil

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 3

ons bekommernisse oor ons geliefdes deel ....” Moedig studente op hierdie tydstip aan om andere

met spesifieke versoeke te noem, dat daar in hulle behoeftes voorsien sal word. Sluit af met dank

vir die seëninge wat God aan diegene gee wat vir andere omgee.

Sending

Gebruik Tienersending, Mission Spotlight of ander sendingverslag wat u beskikbaar het.

Offergawe

U Benodig:

Offergawehouer

Gaan voort om die offergawehouer wat verlede week voorgestel is, te gebruik. Herinner die

studente dat die offergawe ‘n manier is om ons verhouding met andere in hierdie wêreld te erken.

Selfs al ken ons nie diegene wat die offergawe ontvang persoonlik nie, is ons verwant aan hulle

deur ons verhouding met Jesus.

Inleiding van die Bybelverhaal

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 4

2. BYBELLES

Vra die studente om ondervindings te deel waarin hulle iemand gehelp het wie se probleme hulle

verstaan het omdat hulle deur dieselfde ondervindings gegaan het. Hou ‘n verhaal van u eie ook

gereed. Sê: Vandag gaan ons leer hoe Jesus vir andere gesorg het selfs terwyl Hy besig was om

aan die kruis te sterf.

Ervaar die Verhaal

U Benodig:

Bybels

papier

penne

musiek (opsioneel)

Gee vir elke studente papier en ‘n pen. Vra hulle om te maak asof hulle by die kruisiging is en kyk

en luister terwyl u Lukas 23:26-56 hardop lees (vergelyk nota hieronder). Laat hulle dan ‘n

dagboekinskrywing maak (of ‘n prentjie teken) om te wys wat hulle gesien en gehoor het. Hulle

kan kies om uit hulle eie perspektief te skryf of uit die perspektief van een van die soldate, ‘n

dissipel, Maria, een van die diewe, of iemand anders waaraan hulle kan dink. (Gepaste musiek kan

gespeel word terwyl die studente skryf of teken.)

Nota: Miskien wil u ook die volgende inligting met u studente deel en die vrae wat volg bespreek.

Kruisiging was ‘n algemene manier van straf onder heidense nasies in die vroeë tyd. Dit was as die

aakligste vorm van dood, geag.

Hierdie straf het begin deur die persoon met ‘n sweep met lang leertoutjies met klein stukkies

metaal of been aan die punte vasgemaak, te slaan. Die veroordeelde moes sy eie kruis na die

plek van kruisiging, wat buitekant die stad was, dra. Voordat hy aan die kruis vasgespyker was, is

‘n beker met ‘n mengsel van asyn, gal en mirre aan hom gegee, met die doel om die gevoel van die

persoon te verdoof. Jesus het geweier om hierdie pynstiller te neem, sodat Sy gedagtes helder

kon wees. (M.G. Easton, Illustrated Bible Dictionary [Grand Rapids, Mich.: Baker Book House,

1978], bl. 174,175).

Dit lyk asof eers die regter- en dan die linkerhande aan die dwarshout vasgespyker was met skerp

spykers terwyl die veroordeelde op die grond gelê het. Die dwarshout was dan met toue opgetrek

en aan die regop paal vasgemaak.

Een spyker het die voet aan die kruis vasgespyker. Daar was geen rusplek vir die voete nie, maar

iets het die gewig van die liggaam ondersteun sodat dit nie die hande sou losskeur nie.

Dood deur kruisiging was gewoonlik uitgerek. Die persoon wat gekruisig was, het byna nooit voor

na ses-en-dertig uur gesterf nie. In sommige gevalle het dit tot nege dae uitgerek. Dit was vir

hierdie rede dat die hoofman en vier soldate as ‘n wag daar gelaat was om te voorkom dat iemand

hulle kom red.

Die pyn was intens, aangesien die hele liggaam uitgestrek was, terwyl die hande en voete, wat ‘n

massa senuwees en spiere is, min bloed sou verloor. Na ‘n rukkie sou die are van die kop en maag

oorvol wees van bloed, wat ‘n kloppende hoofpyn veroorsaak het, en uiteindelik sou ‘n hoë koors

en klem-in-die-kaak ontwikkel. (The New Bible Dictionary [Grand Rapids, Mich.: Wm. B. Eerdmans

Publishing Co., 1962], bl. 281,282).

Vra: Hoe sou julle gevoel het as julle daar was en gesien het hoe hulle Jesus op hierdie manier

behandel? Watter gedagtes sou julle gehad het as julle een van die was wat aan ‘n kruis gehang

het? Kan julle julleself voorstel dat julle oor julle vriende se gevoelens bekommerd sou wees

gedurende ‘n tyd soos hierdie?

Opsomming

Indien die tyd dit toelaat, vra vir een of twee vrywilligers om hulle dagboekinskrywings te deel.

Vra: Watter aspek van die toneel lyk asof dit die meeste in hierdie joernaalinskrywings uitstaan?

Waarom? Het Jesus op Sy eie situasie gefokus? Hoe het Hy teenoor diegene rondom Hom

opgetree? Moes iemand vir Hom sê om besorg te wees oor die behoefte van andere? Hoe

bewys julle besorgdheid oor andere? Hoe bewys julle besorgheid vir andere wanneer julleself in

die moeilikheid is?

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

Bybelontdekking

U Benodig:

Bybels

papier

penne

Vra die studente, individueel, om voorbeelde van die volgende in Lukas 23:26-56 te vind: (1)

maniere waarop Jesus besorgdheid vir andere uitgespreek het; (2) voorbeelde van hoe andere

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 5

esorgdheid vir Hom gewys het.

Nadat hulle tyd gehad het om die gedeelte te bestudeer, vra hulle vir reaksies. Moontlike

antwoorde kan die volgende insluit (1) Jesus se besorgdheid oor die soldate wat Hom gekruisig

het, die dief aan die kruis, en Sy eie moeder se welstand; (2) Josef van Arimatea se aanbod van ‘n

graf om Jesus in te begrawe en die vroue wat Jesus se liggaam gaan salf het.

Kom ons onthou ons kragpunt wat sê

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

Scenario

Lees die volgende scenario hardop vir u studente:

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 6

3. TOEPASSING VAN DIE LES

Ram en Nada se pa is drie jaar gelede oorlede. Hulle moeder het daarin geslaag om tot op hede

die gesin bymekaar te hou en te versorg. Sy het egter vandag huis toe gekom en vir hulle gesê

dat mense by die werk afbetaal is en dat sy haar werk verloor het. Sy sal ‘n ander werk moet

soek. Totdat sy werk kry, sal Ram en Nada niks nuuts kan koop nie, of geld vir enige

skooluitstappies hê nie, ens.

Opsomming

Vra: Hoe dink julle kan Ram en Nada op hulle moeder se nuus reageer? Wat kan julle vir hulle sê

gebaseer op vandag se les? Watter soort verantwoordelikheid het Ram en Nada om hulle

moeder te help? Hoe kan hulle haar help? Weer eens, weet ons dat

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

OF

Vra die studente om pare te maak sê: (1) Met jou maat deel 'n tyd wanneer dinge was regtig

moeilik of stresvolle. (Laat 30 sekondes tot 'n minuut vir elkeen om te deel.) (2) deel nou met jou

maat wat jy gedink het die gedurende daarie tyd en wat jou bekommered gemaak het.(laat 30

sekondes tot 'n minuut elk.) (3) Na jy gehoor het wat Jesus gedink het en wat Hy gedoen het

terwyl hy op die kruis gehang, hoe kan jy die volgende keer wat jy in 'n moeilike situasie is

anders optree? (laat elke 30 sekondes te deel)

Opsomming

Vra: Hoeveel van julle sal ddarvan hou om dinge anders te doen die volgende keer as jy moeilike

tye in die gesig staar?

Vra: Is daar enigiemand wat julle ken wat julle nou ondersteuning kan gee, selfs al is julle dalk

self in ‘n moeilike situasie? Wat daarvan om ‘n vriend te wees vir iemand wat nie vriende het

nie? Onthou:

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

Leun Teen Mekaar

U Benodig:

Poskaarte of skryfbehoeftes

Kragpunt – Jaar B – Kwt 2 7

4. DEEL DIE LES

Laat die studente ‘n sirkel maak en hande vat (een groot sirkel of ‘n paar kleintjies om in die klas te

pas). Wanneer u sê “Gaan” moet almal in die groep stadig agteroor leun en staat maak op die

ander persoon se greep om hulle regop te hou. Herhaal die aksie ‘n paar keer en vra dan: Hoe

simboliseer hierdie sirkel ons afhanklikheid van mekaar? Sê: Selfs al het ons ondersteuning

nodig, kan ons nog steeds iemand anders ondersteuning gee.

Vra die studente om paartjies te maak. Sê: Jesus se volgelinge het hulle geloof uitgeleef deur

mekaar te ondersteun en saam deur die moeilike tye te gaan.

Laat die studente een of twee minute neem om vir hulle maats te vertel van die vrae of probleme

waarmee hulle worstel. Dan versprei poskaarte of skryfbehoeftes aan elke student laat hulle'n

nota van bemoediging aan hul maat skryf. Versamel al die notas en pos dit op Dinsdag, saam met

aantekeninge van julle aan die studente wat nie teenwoordig was.

Afsluiting

Wanneer die maats klaar gebid het, sluit af deur weer die sirkel te maak en mekaar ‘n groep

drukkie te gee om te wys dat hulle vir mekaar omgee. Sê die kragpunt hardop saam.

NET SOOS JESUS KAN ONS VIR ANDERE OMGEE SELFS AL STAAR ONS MOEILIKHEDE IN DIE GESIG.

(Aangepas uit Last Impressions: Unforgettable Closings for Youth Meetings [Loveland, Colo.: Group

Publishing, 1996], bl. 30, 31).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!