05.05.2013 Views

Verlore Tien Stamme

Verlore Tien Stamme

Verlore Tien Stamme

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Sommige van die kere wanneer die Jode Jesus wou stenig was dit juis in

gevalle waar Jesus ronduit gesê het dat Hy en die Vader een was.

So bv: Johannes 10:30-33, 37-39;

30 Ek en die Vader is een.

31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32 Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my

Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?

33 Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ‘n goeie werk dat ons

U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ‘n mens is,

Uself God maak.

37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo

nie;

38 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan

erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.

39 Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het

uit hulle hand ontkom.

Lees ook: Joh. 1:1-2, 14, 18, 34, 49; Joh. 8:16; Joh.19:7; Hand. 3:13;

Rom. 8:3; 2 Kor. 1:3, 19; Gal. 4:4, ens.

Vanaf Sy Vaderskant, om dit so te noem, om ons argument verder te voer,

kan ons sê dat Christus God is op grond van die volgende Skrifte:

As HERE:- vgl. Jesaja 40:3 met Matthéüs 3:3:

Jesaja 40:3;

‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die

HERE; maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God!”

Matthéüs 3:3;

Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy

gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg

van die Here, maak sy paaie reguit!

As HERE - die Eerste en die Laaste:

Jesaja 44:6;

SO sê die HERE, die Koning van Israel (die volk) en sy Losser - - -

Vgl. Jes. 53:8;

- - - die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die

Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Met Openbaring 1:17-18;

17 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het

sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is

die eerste en die laaste

18 en die lewende: en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle

ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van

die dood.

Daar kan nie twee Eerstes en twee Laastes wees nie.

137

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!