05.05.2013 Views

Verlore Tien Stamme

Verlore Tien Stamme

Verlore Tien Stamme

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Gelykenis van die Mosterdsaad

(Matt 13:31-32).

In hierdie gelykenis praat onse Here Jesus van die wonderbaarlike groei

van sy koninkryk vanaf ‘n baie klein begin tot die omvang van wêreldwye

invloed en krag. Dit is ‘n verhaal van wonderwerke en bonatuurlike

voorsiening, beskerming en leiding.

God het hierdie koninkryk met een man begin - Abraham. Hy sou vader

word van ‘n uitverkore, magtige nasie, bestem tot leierskap en diens onder

die magtige hand van God. Een nasie sou die kern wees van die koninkryk

van God op aarde. (Terloops, dit is waarom Satan in sy woede sy laaste

uiterse poging nou aanwend om hierdie koninkryk te vernietig voor Jesus

kom).

‘n Mosterdsaad is ‘n baie gepaste simbool vir die begin van so ‘n koninkryk.

Die kerke weier om te aanvaar dat die koninkryk van God op aarde op

Israel gebaseer is; dit lyk vir hulle te onmoontlik en te “ongeestelik”.

Hierdie verhaal van die ontwikkeling en groei van daardie volk is die

wonderlikste van alle tye.

Die onmoontlike het gebeur, en hierdie klein volkie het ontwikkel in die

verwante groep van volkere wat tot heil en seën van die ganse wêreld

geword het. Hulle het die beskawing en Christelike Geloof gedra tot aan

die eindes van die aarde. Telkemale het hulle al die wêreld van

hongersnood en verslawing gered. Die “voëls van die hemel” het waarlik in

haar takke kom nesmaak.

Selfs in ons eie Suid-Afrikaanse verband waar ons nie-blanke volkere die

blankes met 4 teen 1 in getalle oortref, moet die nie-blanke erken dat dit die

blanke is wat hom eers van uitwissing onder mekaar gered het, en wat aan

hom ‘n bestaan, beskerming, opvoeding, mediese dienste, en so aan gee.

Maar ons het nog nie die einde daarvan bereik nie, want die gelykenis

praat van “as dit gegroei het” - (Matt 13:32), die Engels sê “when it is

grown”. Die koninkryk het nog nie volwassenheid bereik nie. Daar is nog

wonderlike ontwikkelinge aan die kom, ver bokant wat ons selfs aan kan

dink. Die boom sal nie ten volle uitgegroei wees voordat die koninkryk

onder die Koningskap van Jesus ten volle oor die aarde regeer nie en al

die nasies onder sy heerskappy insluit nie.

Let baie noukeurig daarop dat die boom in die land gegroei en dat die land

die wêreld is - (Matt. 13:38).

251

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!