05.05.2013 Views

Verlore Tien Stamme

Verlore Tien Stamme

Verlore Tien Stamme

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Onteenseglik staan Rusland aan die hoof van die Antichris kombinasie wat

hulleself klaarmaak om die Weste te oorrompel en die Christendom uit te

wis. Vir elkeen wat ‘n bietjie moeite wil doen om op die saak in te gaan, sal

dit ook baie duidelik wees dat die Jood baie prominent in die Kommunisme

is soos ons al in vorige hoofstukke in hierdie boek aangetoon het.

Fantasties soos dit dus vir u miskien mag klink, hoef dit nie baie moeilik te

wees om die Jood met Ámalek en dus met Esau te assosieer nie. Die

Jood is teen Christus, die Kommunisme is teen Christus. Volgens Ex.

17:16, sou dit Ámalek wees wat teen God sou wees van geslag tot

geslag, dus ook vandag.

Waar sou Esau ‘n beter plan kon vind om weer die eersgeboortereg van

Jakob af terug te kry, of om te verhoed dat Jakob die uiteindelike vrugte

daarvan sal pluk, as om aan die einde van die dae as Jakob te maskereer?

Veral in die tyd wanneer God se ware volk so gebrekkig is aan kennis -

(Hoséa 4:6)? So min het die verstand om na te gaan en ondersoek in te

stel na waar die bron lê van ons hedendaagse konflikte; of om na te vors in

die gesaghebbendste Boek van alle boeke, naamlik die Bybel, na wat van

die konflikte van nasies soos in die Bybel vermeld, sou word.

So spreek die HERE bv. vir die berg Seir (dit is Edom of Esau, en berg

staan vir ‘n koninkryk in profetiese taal) as volg aan:

Eségiël 35:4-5;

4 Ek sal jou stede ‘n puinhoop maak, en jy self sal ‘n wildernis word;

en jy sal weet dat Ek die HERE is.

5 Omdat jy ‘n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in

die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil,

in die tyd van uiteindelike afrekening,

En in Eség. 38:17 spreek die HERE vir Gog (wat baie duidelik as Rusland in

ons studie “Rusland in Profesie”, geïdentifiseer word) as volg aan:

17 So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek

het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae

geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?

Vergelyk weer Exodus 17:16.

Dus is Rusland as die leier van die Antichris kombinasie van vandag baie

duidelik met Ámalek geassosieer. En die leierskap in die Kommunisme is

baie nou aan die Jood gekoppel.

In Núm. 24:20 sê die huurling Profeet Bíleam aangaande Ámalek (en dit

het betrekking op die einde van die dae, Núm. 24:14) die volgende:

20 Toe hy Ámalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Ámalek

is die eersteling van die heidene (nasies), maar sy einde is

ondergang.

83

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!