'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
1.5 Wye Oorlegpleging

Hoewel dit baie tydrowend was, was die oorlegplegingsproses baie waardevol. Dit was vir ons ’n geleentheid om ons beleid

en strategieë te toets, om insette van ’n wye reeks belanghebbendes te verkry, om te besin oor wat ons benodig om ’n

implementeerbare en volhoubare strategie te bou, om ooreenstemming te bereik oor wat ons leweringsprioriteite moet

wees, en baie belangrik, om konsensus te bou oor ’n onderwys- en ontwikkelingstrategie vir die provinsie. Hoewel ons nie

onbeperk kan beraadslaag nie, moet ons beklemtoon dat die strategie nog kan verander en ontwikkel, soos wat omstandighede

in die provinsie verander.

Hierdie konsep van die strategie is die uitvloeisel van baie ure se oorlegpleging wat in Oktober 2003 begin het, waartydens

baie intensiewe debattering plaasgevind het. Afgesien van die oorlegpleging wat gedurende 2004 dwarsoor die provinsie

plaasgevind het, het die oorlegplegingsessie in 2005 ’n goed bygewoonde onderwyskonferensie in Maart 2005 ingesluit,

waar onderwysers, studente, ouers, NRO’s, unies, die hoëronderwyssektor, ens. verteenwoordig is. Dit is opgevolg deur

oorlegpleging in elke distrik (OBOS), samesprekings met individuele provinsiale departemente, onderwyser- en staatsdiensunies,

die hoëronderwyssektor, die Staande Komitee op Onderwys en die Provinsiale Ontwikkelingsraad. Elkeen van hierdie

interaksies het waardevolle insette voorsien, sommige meer as ander, en het heelwat uiteenlopende uitgangs-punte

opgelewer. Die belangrikste uitgangspunte sluit in:

• Ideologiese teenstand teen die konsep van Menslike Kapitaal en die onderwerping van onderwys aan die belange van

die ekonomie

• ’n Soortgelyke uitgangspunt wat ’n fokus wou verseker op gehalteonderwys

• ’n Uitgangspunt wat die behoefte aan vaardigheids- en kennisontwikkeling ondersteun het, maar met ’n sterker klem op

die voorsiening in die kort- en langtermyneise van die ekonomie en die arbeidsmark

Deur al die oorlegpleging heen was daar ’n aanhoudende refrein: watter waarborg kan die provinsiale regering gee dat

hierdie oorlegplegings ’n opregte poging was om insette van belanghebbendes te verkry en dat die insette oorweeg sou

word en by ’n finale strategie ingesluit sou word Hoewel die wantroue teenoor die regering en sy motiewe ’n rede tot

kommer is, moet dit begryp word teen die agtergrond van ons apartheidsgeskiedenis, en die sosio-politiese geskiedenis

van die Wes-Kaap in die besonder.

Ons antwoord hierop was eenvoudig: daar kan geen waarborg wees dat alle oogpunte ingesluit sou word nie. Die regering

moet die oogpunte van sy mense in ag neem en moet probeer om die uitgangspunte van die onderskeie sektore van

hierdie samelewing te balanseer wanneer ’n strategie ontwikkel word. Die regering het egter ook ’n verantwoordelikheid

om te lei en te regeer – en in daardie opsig moet strategiese besluite geneem word wat gebaseer is op behoorlike politieke

en ekonomiese analise van die groei- en ontwikkelingspotensiaal van die land en sy onderskeie provinsies, betroubare

inligting en statistiek, behoorlike navorsing en intensiewe strategiese beplanning, dapper prioritisering en toekomsprojeksie.

Erken met ander woorde insette en sluit dit in waar dit waarde kan toevoeg, maar voorsien ferm leierskap in die

finale ontwerp en implementering van die strategie.

Wat ook duidelik uit hierdie interaksie geblyk het, is dat die regering geen steen onaangeroer moes laat om vertroue in sy

voornemens, doelwitte en programme op te bou nie. Die Sosiale Kapitaalvormingstrategie is dus van die allergrootste

belang, net soos die nodigheid om ons mense gerus te stel dat die “Tuiste vir Almal”-visie en die iKapa Elihlumayostrategieë

handel oor die langtermyntoekoms van die provinsie. Die Premier het reeds baie in hierdie opsig bereik, maar

soos blyk uit onlangse voorvalle van onrus, moet ons ons pogings verskerp.

1.5.1 Implikasies van die Oorlegplegingsproses

Die meeste van die insette is mondelings ontvang, met ’n paar geskrewe insette tussenin, en ’n formele inset is deur die

hoëronderwyssektor ingedien. Die insette het oor die algemeen die analise en breë strategie, soos dit in die konsepdokument

omskryf is, ondersteun. Ernstige gapings is uitgewys, soos die huidige en beraamde impak van MIV/VIGS en

vaardigheidskole; die behoefte om ’n grondiger analise van die onderskeie belanghebbendes in die onderwys te voorsien

en om hulle individuele belange uit te lig; ’n dieper fokus op die rol en verantwoordelikhede van onderwysers; eksplisiete

analise van regstelling en gelykberegtigingsaangeleenthede en die provinsiale regering se reaksie daarop; die prioritisering

van ons programme en begrotings as ’n manier om ons geïdentifiseerde oogmerke en doelwitte te bereik.

Die inhoud en kern van die strategie bly dieselfde, maar met ’n klemverskuiwing in ’n paar van ons geïdentifiseerde

oogmerke en planne. Die basiese analise, struktuur en strategiese plan bly staan, buiten dat sommige aspekte in die inhoud

uitgebrei sal word, en sekere kort- en mediumtermynuitsette beklemtoon sal word. Wat absoluut duidelik is, is dat daar van

ons verwag word om ons prioriteite te identifiseer en hulle as sodanig uit te voer. Ons kan nie aanhou om die eindstreep

te skuif nie – skole, onderwysers, ouers en leerders moet weet wat binne ’n bepaalde tydsbestek van hulle verwag word, en

4 ’n Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap