29.12.2014 Views

'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap

'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap

'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.6 Sektorontleding: Leweringswyses

Die WKOD voer sy onderwysmandaat uit deur die volgende programme. Hierdie programme vorm ook die basis vir die

uitvoering van die Menslikekapitaalstrategie. Sommige kritici kan redeneer dat, ten einde te voldoen aan die dringende

vaardigheidsbehoeftes van die land, die stelsel “buite die grense” moet dink en “meer innoverend” moet lewer. Tipies

ignoreer hierdie kritici verskeie deurslaggewende kernkwessies, naamlik:

• Die ontwikkeling van ’n onderwys- en opleidingstelsel word strategies aangedryf, en is nie ingestel op voldoening

aan korttermyn- ekonomiese of ander eise nie. Natuurlik moet dit die vermoë vir spesifieke kennis- en

vaardigheidsontwikkeling, gebaseer op sowel kort- as langtermynprojeksies, insluit. In wese is enige onderwysstelsel

egter op holistiese nasionale ontwikkeling gemik, en moet dit ander aspekte as die ekonomie, soos sosiale

en kulturele ontwikkeling, insluit. Dit word die beste in ’n beplande formaat bereik, met inagneming van

veranderende toestande, veral die “net-betyds”-kennisbehoeftes van die inligtingsamelewing.

• Enige vaardigheidsontwikkeling- en opleidingsprogram moet op ’n stewige intellektuele basis gelê word. Dit

beteken dat kritieke kennisstelsels soos wiskunde, tale, ens. bemeester moet word om sekere tegniese vaardighede

te verkry. Intellektuele bemeestering van ons kennisstelsels maak dit ook moontlik vir die samelewing om

verdere ontwikkelings, veral op tegnologiese gebied, te genereer.

Dit moet egter moontlik wees om te bepaal watter van ons programme noodsaaklik is om ons ontwikkelingsprogram af te

skop en ons in staat sal stel om sekere ontwikkelingstadiums oor te slaan. Hier sal dit prioriteitsontledings wees wat bepaal

wat verwerp moet word en wat beklemtoon moet word. In hierdie verband sal ons krities moet gaan kyk of ons moet

voortgaan om VKO en BOOV te verskaf soos wat ons nou doen, en of ons as regering dit moet voorsien. Byvoorbeeld, as

ons redeneer dat ’n sterk algemene opvoeding ’n voorvereiste vir die verkryging van verdere kennis en/of vaardighede is,

dan ontstaan die vraag vanselfsprekend of die huidige belegging in VKO en BOOV die vereiste opbrengste oplewer of sal

oplewer

2.6.1 Vroeëkindontwikkeling (VKO)

VKO word tans deur middel van ‘n verskeidenheid standplase voorsien deur die WKOD, die departemente van Gesondheid

en Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting, sowel as die plaaslike regering. Onlangse gesprekke tussen hierdie

diensverskaffers het gelei tot die ontwikkeling van ‘n geïntegreerde verskaffingstelsel.

Hoewel onlangse (2004/5) navorsingsbevindings in die Verenigde Koninkryk daarop dui dat nie al die VKO-programme die

beoogde voordelige invloed het nie, veral as dit te vroeg aangepak word, is ons verbind tot die uitbreiding van die sektor,

in ooreenstemming met ons gemelde doel om menslike kapitaal van so ‘n vroeë ouderdom as moontlik te ontwikkel. Dit

sal ons in staat stel om ‘n kurrikulum van ‘n hoër gehalte te lewer, en om ons gehalteversekeringsinisiatiewe aan die een

kant te verbeter en om aan die ander kant te verseker dat moeders (gesinne) verantwoordelikheid vir die sosialisering van

hulle kinders neem.

Ons moet ons huidige leweringstelsels krities hersien om seker te maak dat hulle beide doelmatig en doeltreffend is. Ons

sal, as ‘n provinsie, die sektor in 2006 – 2008 uitbrei as deel van die UPWP deur die oprigting van meer standplase, die

voorsiening van addisionele leerondersteuningsmateriaal, die verbetering van die omstandighede van die VKO-praktisyns,

voorsiening van intensiewe opleiding van ongeveer 900 praktisyns op NKR-vlakke 1 – 4 en die hiersiening van die huidige

kurrikulum.

2.6.2 Basiese Onderrig en Opleiding aan Volwassenes (BOOV)

Op dieselfde trant moet ons die lewering van BOOV problematiseer. Hoewel BOOV grondwetlik voorgeskryf word, beteken

dit nie dat ons hierdie diens moet lewer soos wat tans die geval is nie. Hierdie sektor moet getransformeer word sodat dit

programme sal lewer wat diegene sal bevoordeel wat weens verskeie redes van die onderwysstelsel uitgesluit was. Ons

moet onder andere klem lê op toegang tot hierdie diens vir diegene wat uitgesluit was van enige vorm van formele, basiese

onderrig, terwyl ons ook voorsiening maak vir geleenthede vir herhalende matrikulante waar dit prakties moontlik is.

Gedurende 2006 sal ons ‘n intensiewe haalbaarheidstudie onderneem oor die lewering van BOOV in hierdie provinsie.

Hierdie studie sal onder andere kyk na die haalbaarheid van die oprigting van voltydse BOOV-sentra in teikengemeenskappe,

die hersiening van die huidige kurrikulum en die huidige versameling kursusse wat by bestaande sentra aangebied

word, die hersiening van die doeltreffendheid van huidige leweringsprogramme, en sal aanbevelings maak oor ‘n groter

betrokkenheid van die BOOV-NRO-sektor in die lewering en bestuur van BOOV in die provinsie. Hierdie studie wat lankal

reeds nodig was, sal verseker dat ons programme ooreenstem met die MEOS-voorstelle, en sal BOOV posisioneer as ‘n

sleutelrolspeler in die ontwikkeling van vaardighede in die provinsie.

’n Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap 21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!