'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
maar daar was weinig respek vir epistemologie, filosofiese onderbou, verskillende metodologieë, en goeie onderwyseropleiding.

Die slotsom m.b.t. BOOV en VOO is soortgelyk. In ons stryd teen armoede sal die Menslikekapitaalstrategie die

onderwysers en onderwyseropleiding as die eerste linie waar reaksie nodig is, teiken.

Daar word veel gewag gemaak van die “wonderwerk van die Keltiese Tier”, en daar word dikwels beweer dat die welslae

van die Ierse ekonomiese hoogty aan sy hoogs opgeleide bevolking toe te skrywe is. Drie dekades van investering in die

onderwys het die aanbod van geskoolde arbeid verhoog, terwyl dit ook die aanbod van ongeskoolde arbeid verlaag het.

Terselfdertyd het die aanvraag na arbeid verander, met ’n beduidende toename in die aanvraag na geskoolde arbeid en ’n

afname in die aanvraag na ongeskoolde arbeid. Barrett, Callan & Nolan (1997) se ontleding van mikro-data aangaande

verdienstes toon dat die voordeel aan die onderwys tussen 1987 en 1994 toegeneem het, veral m.b.t. die premie wat vir

derdevlakkwalifikasies betaal is, wat daarop wys dat die aanvraag na geskoolde arbeid oor daardie tydperk toegeneem het.

Bradley e.a. (1997:52) kom tot die slotsom dat die groei in die voorraad van menslike kapitaal in die eerste helfte van die

1990’s ’n hoogtepunt bereik het, en dat die investering in menslike kapitaal in hierdie stadium meer as 0.6 persentasiepunte

tot die jaarlikse groeikoers bygedra het. Hulle ontleed ook vergelykende data wat toon dat arbeidkoste per eenheid in die

rekenaarsektor in Ierland laer is as in die meeste ander EU-lande, en dit lei tot die vermoede dat geskoolde arbeid in Ierland

relatief goedkoop is, en dat dit ’n faktor is wat daartoe lei dat groot beleggings na die hoë-tegnologie-sektor in Ierland

gelok word. ’n Bewering wat nie bevestig kan word nie, is dat investering in menslike kapitaal 30 jaar voor die ekonomiese

hoogty in afwagting van daardie ekonomiese hoogty gemaak is, veral aangesien die redes vir die ekonomiese groei veel

meer as slegs onderwys behels. ’n Soortgelyke patroon kan in die moderne China gevind word: terwyl dit waar is dat

Chinese onderwys op hoë investerings- en prestasievlakke in wiskunde en wetenskap toegespits is, kan daar nie beweer

word dat Chinese onderwysinstansies en hul kurrikulum vir die eise van die ekonomie en die arbeidmark gerat is nie. Eintlik

mag dit wees dat beleidsrigtings m.b.t. goedkoop arbeid, en hoë onderwysprestasies saamgevloei het om ’n hoë vlak van

ekonomiese groei te bereik.

Binne die Wes-Kaap het internasionale en nasionale regeringsbeleid die noodsaak om in hierdie rigting te beweeg,

onderstreep en beklemtoon. Wat beteken dit vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement Is ons besig om die soort

opvoedkundige ervaring, of behoorlik toegeruste indiwidue te lewer wat die ontwikkeling van ’n mededingende,

kennisgebaseerde ekonomie en samelewing benodig Hoe het ons ons organisasie, strukture en praktyke gewysig om die

Menslikekapitaalstrategie te bevorder Het ons ’n nuwe rol vir skole gedefinieer waardeur ’n kennisgebaseerde samelewing

gebou en gedien word

3. Menslike Kapitaal en die WKOD

Dis ’n uitgemaakte saak dat die Menslikekapitaalstrategie die grondslag vorm van alles wat die WKOD moet verrig. Nog

meer van belang is die erkenning en toewyding van die Departement om homself te posisioneer en te oriënteer sodat dit

die provinsiale visie van ’n Tuiste vir Almal en die iKapa-strategie ten beste kan verwesenlik. Die WKOD moet besef dat sy

strategie, program, en bedrywighede nie beperk word tot politieke ampstermyne nie; dat dit ’n paar belangrike

korttermynvoordele moet behaal wat sy langtermynprogram sal bevorder; en dis dan veral belangrik dat hierdie strategie

in die bewussyn van die mense van hierdie provinsie vasgelê word sodat hierdie regering en dié wat daarop volg, op

lewering aan die mense beoordeel kan word.

Die WKOD speel drie sleutelrolle in die Menslikekapitaalstrategie (MKS). Eerstens is die WKOD verantwoordelik vir die

opstel van, beraadslaging oor, byhou van en verslagdoening oor die Menslikekapitaal-strategie. Tweedens moet die

WKOD ’n beduidende rol speel as ’n verskaffer van onderwys- en opleidingsgeleenthede. Derdens het die WKOD meer

as 30 000 personeellede in diens. Dus het die WKOD ’n rol as werkgewer van mense wat regstreeks of onregstreeks

verantwoordelik is vir menslikehulpbronontwikkeling by skole, VOO-kolleges, VKO-persele en volwassenegemeenskapsentrums.

3.1 Die WKOD as ’n Leerorganisasie

Die ontwikkeling van menslike kapitaal in die provinsie is nie net van toepassing op die ontwikkeling van die jeug in hul

vormingsjare nie. Dit is ook van toepassing op die organisasie in die geheel en die groei en ontwikkeling van die interne

kennis en toekomstige vermoëns van die organisasie. Die ontwikkeling van ons organisasiekapitaal, wat begin met die

beoogde hergeniëringsproses, is dus nou verbind met die Menslikekapitaalstrategie self.

Die WKOD bestaan uit die Provinsiale Ministerie van Onderwys, gelei deur ’n Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) en die

Provinsiale Hoofkantoor. Die provinsiale hoofkantoor word onderverdeel in drie takke, naamlik Korporatiewe Dienste,

26 ’n Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap