'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Hier volg uittreksels uit dié dokument.

2.7.1 Hoër Onderwys en Ontwikkeling

Wêreldwyd word erken dat onderwys ’n kernfaktor is in die bevordering van groei en ontwikkeling, deur die voorsiening van

vaardighede en ook deur die uitwerking wat dit op ander maatskaplike kwessies, soos gesondheid, voeding, kindersterftes,

armoede tydens die kinderjare, ens. het. Onderwys is dus ’n kernfaktor aan die aanbodkant van die ontwikkelingsvergelyking.

Daar word nou wêreldwys aanvaar dat hoër onderwys ’n belangrike rol in menslikehulpbron-ontwikkeling,

ekonomiese groei en maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling speel. Voorts is daar nou wye erkenning vir die rol van hoër

onderwys in streeksontwikkeling. Dus behoort dit glad nie ’n verrassing te wees om te sien dat hoër onderwys in ’n streeksof

provinsiale strategiedokument oor menslikekapitaal-ontwikkeling voorkom nie.

Wat wel nuut is, is die veranderende karakter van die wêreldekonomie waarin Suid-Afrika, en veral die Wes-Kaap, moet

meeding. Kennis verdring fisiese kapitaal as die bron van huidige en toekomstige rykdom. Tegnologie is die eintlike dryfveer

van hierdie proses, met inligtingstegnologie, biotegnologie, en ander innoverings wat die wyse waarop ons leef en werk

dramatiese verander. Hierdie ontwikkelings bied ’n groot uitdaging vir die ontwikkelingsdoelwitte van sowel die provinsiale

regering as streeks- hoër onderwys in die Wes-Kaap. 13

Die Wes-Kaap (WK) is betreklik goed daaraan toe ten opsigte van die voorsiening van hoër onderwys (HO). Hoewel dit in

die omgewing van Kaapstad gekonsentreer is, met beperkte voorsiening in die res van die provinsie, bied die vier inrigtings

’n wye verskeidenheid onderrig- en navorsingsprogramme en uitreikbedrywighede. Ten opsigte van die huidige

herstrukturering van die stelsel, gaan die inrigtingsopset van die WK verander vanweë die samesmelting van die twee

technikons om die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie te vorm, deur die inlywing van tandheelkunde by die

Universiteit van Wes-Kaapland, deur die herstrukturering van voorgraadse verpleging, en deur die verklaarde nasionale

beleidsdoelwit van streeksamewerking en rasionalisering. Met hierdie proses is daar die geleentheid om die verskeidenheid

inrigtingsprogramme en aanbiedings só saam te stel dat hulle ’n toenemend doeltreffende bydrae tot die WK se

menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie, streeksontwikkeling en arbeidsmarkvereistes lewer.

Met betrekking tot strategiese ontwikkeling moet daar beklemtoon word dat hoër onderwys slegs sy rol kan vul, indien daar

’n sterk skoolstelsel asook ’n sterk na-skoolse kollegesektor is. Strategies moet onderwys stelselmatig bekyk word.

Daarbenewens moet ons ’n enge, instrumentele, vaardigheidsgebaseerde siening van ontwikkeling vermy wat ’n

kennisgebaseerde bespreking waarvan ware ontwikkeling en innovering afhang, probeer opsy stoot.

2.7.2 Oorhoofse Inskrywingspatrone

In 2003 14 was net meer as 82 000 koptelinskrywings in die vyf hoëronderwysinrigtings (HOI’s) van die Wes-Kaap (wat 11%

van die nasionale inskrywings verteenwoordig het). Hiervan was ongeveer 56 000 aan die drie universiteite en nog 26 000

aan die voormalige technikons wat nou saamgesmelt het om die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie te vorm.

2.7.3 Slaagkoerse per ras

Met betrekking tot die doeltreffendheid waarmee gegradueerdes voortgebring word, wys die data dat die slaagkoers 15 van

Wes-Kaapse inrigtings almal bo die nasionale gemiddeld van 15% was. Sowel die universiteite (23%) as die voormalige

technikons (20%) presteer goed in dié opsig. Dit is egter deur ras verwring, met die slaagkoers van wit studente in die WK

(26%) wat veel hoër is as dié van swart, bruin en Indiër-studente (19% in elke geval). Nietemin was die Wes-Kaap se

slaagkoers in elkeen van die rasgroepe hoër as die nasionale gemiddeldes van 19% vir wit studente, 15% elk vir bruin en

Indiër-studente en 14% vir swart studente.

13 Higher Education in Developing Countries: Peril and Promise (Wêreldbank, 2000)

14 Hierdie data is op HEMIS 2003 gegrond. Meer onlangse (2004) data gaan binnekort by die nasionale Departement van Onderwys beskikbaar wees.

15 In die afwesigheid van gedetailleerde kohortstudies van studente deur die stelsel, verskaf slaagkoerse ’n ruwe aanduider om deursetdoeltreffendheid te meet.

Dit word bereken deur die getal geslaagdes deur koptelinskrywings van dieselfde jaar te deel. Die koers word gedifferensieer volgens die duur van die

kwalifikasie en word geraak deur die aantal nuwe innames, uitsakkers en die deursetkoers, met ander woorde tyd nodig om die kwalifikasie te bekom. Let daarop

dat ’n ’perfekte’ slaagkoers vir ’n 3-jaarkwalifikasie 33% sal wees, as daar aangeneem word dat daar elke jaar dieselfde getal inskrywings is, en nie 100% nie. Die

Nasionale Plan verskaf normtoetse vir die verskillende kwalifikasievlakke wat afgelei is van studentkohortmodelle oor vyf jaar waarvolgens tipiese slaagkoerse in

Suid-Afrikaanse inrigtings geïdentifiseer is. Die nuwe befondsingsraamwerk het die Nasionale Plan se normtoetse aanvaar.

’n Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap 23