'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
'n Menslikekapitaal- ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Binne hierdie visie en strategiese raamwerk, is die onderwysstelsel in die provinsie strategies geposisioneer om die provinsie

se mense in staat te stel om die nodige kennis, gesindhede, waardes en vaardighede te bekom wat hulle in staat sal stel

om verantwoordelikheid vir die bestuur en verbetering van hulle lewens te neem en om aktief deel te neem aan die sosiale

en ekonomiese instellings van die provinsie. Dit is dus nodig om hierdie onderwysstelsel, en sy vermoë om hierdie hoë vlak

van sosiale kapitaal en menslike hulpbronne te genereer, onder die loep te neem.

Oor die algemeen word daar ooreengestem dat sosiale kapitaal verwys na die netwerke in gemeenskappe wat dit in staat

stel om verantwoordelikheid te neem vir, en om leiding te neem in projekte wat ontwerp is om die omstandighede van die

kollektief in daardie gemeenskap te verbeter. In sy pogings mobiliseer en eksploiteer die gemeenskap die verskeidenheid

beskikbare hulpbronne om die geïdentifiseerde doelwitte te bereik.

Die belangrikste oogmerk van enige sosialekapitaalprojek is waarskynlik die bou van vertroue – vertroue tussen individue,

en vertroue tussen individue en die sosiale en politieke instellings. Die motivering vir die najaging van hoë vlakke van sosiale

kapitaal is geleë daarin dat “…gemeenskappe met ’n goeie ’voorraad’ sosiale kapitaal meer geneig is om baat te vind by

laer misdaadvlakke, beter gesondheid, hoër onderwysprestasie en beter ekonomiese groei. Daar kan ook ’n beduidende

negatiewe kant wees. Groepe en organisasies met hoë sosiale kapitaal het die vermoë (en somtyds die motief) om te werk

sodat ander uitgesluit en ondergeskik gestel word.” 2

Ons weet dat, in die meeste van ons vooruitstrewende gemeenskappe, sekere tipes sosiale kapitaal reeds teenwoordig is.

Dit word weerspieël in die betrokkenheid van individue en gesinne in ’n verskeidenheid gemeenskapsaktiwiteite, sowel

gestruktureer en georganiseer as informeel. Staatsintervensie is nie noodwendig nodig nie, behalwe in gevalle waar die

sosiale kapitaal negatiewe tendense toon, soos byvoorbeeld gevalle waar Buurtwagkomitees ’n rassistiese toon aanneem.

In gevalle waar die stelsels en die weefsel binne gemeenskappe onomkeerbaar verbrokkel het, moet die staat intree om

daardie sosiale kapitaal te help fasiliteer, ontwikkel en te laat groei.

Dit is dus in hierdie opsig uiters belangrik dat, indien die regering ’n rol moet speel in die ontwikkeling van sosiale kapitaal,

die regering moet seker maak dat ’n behoorlike analise van die omstandighede in sy onderskeie gemeenskappe

onderneem word voordat programme geloods word vir die ontwikkeling van sosiale kapitaal. Dit is noodsaaklik omdat ’n

foutiewe analise van gemeenskapsomstandighede kan lei tot gebrekkige intervensiestrategieë wat, op hul beurt, eerder

skade kan berokken aan die gemeenskappe waar ons beoog om verligting te bring.

Hoewel die meeste literatuur die vlakke van huiseienaarskap, ras en etnisiteit identifiseer as kragtige faktore in die

ontwikkeling van sosiale kapitaal, word onderwys (as die grondslag van menslike kapitaal) beskou as ewe belangrik in die

skepping van sosiale kapitaal: “Onderwys is moontlik die kragtigste instrument wat die regering kan gebruik.” Glaeser

beweer verder dat, aangesien individue hulle sosiale vaardighede deur onderwys verkry, hulle na aanleiding van hulle vlakke

van onderwyskwalifikasies in vrywillige en nieprofessionele sosiale instansies soos kerke belê, en dat dit verantwoordelik is

vir hulle toekomsbeskouing. Die implikasie vir die regering lê dus in hoe hy bereid is om onderwys te struktureer en van

hulpbronne te voorsien. 3

Op ’n ander vlak beweer die Wêreldbank dat “…daar bewyse is dat skole meer effektief is as ouers en plaaslike inwoners

aktief betrokke is. Onderwysers is meer toegewyd, leerders behaal hoër uitslae en skoolfasiliteite word beter benut in

gemeenskappe waar ouers en inwoners ’n aktiewe belangstelling toon in kinders se opvoedkundige welsyn”. 4

Eve Parts 5 beweer verder dat “…sosiale kapitaal optree soos ’n filter waardeur menslike en finansiële kapitaal vloei van die

ouer en die gemeenskap na die kind, wat beter onderwysuitkomste gee en sodoende help om beter resultate met

ontwikkeling te bereik”.

Binne hierdie konteks moet ons die hoofelemente van ons onderwysstelsel nader bekyk en evalueer tot watter mate hulle

in staat is om tot die ontwikkeling van sosiale en menslike kapitaal in die provinsie by te dra.

2.5.1 Skole as Katalisators vir Verandering

Van die 1470 skole in die provinsie, is meer as ’n derde in landelike gebiede en op plase geleë. Die meeste van ons skole

akkommodeer die histories benadeelde gemeenskappe en is oor die algemeen swak toegerus, soos hierbo uitgewys is.

Die skoolonderwysstelsel in die Wes-Kaap bestaan uit histories benadeelde en bevoordeelde skole, wat verskillende taalen

rassesamestellings weerspieël (sien tabel hieronder). ’n Noukeurige ondersoek van hierdie samestelling sal ’n duidelike

idee gee van die vlakke van benadeling en ongelykheid tussen die skole en hoe dit met skoolprestasie gekoppel word.

2 Smith, M. K. (2001) ’Social capital', the encyclopaedia of informal education, www.infed.org/biblio/social_capital.htm

3 Edward L Glaeser, The Formation of Social Capital, Harvard University & NBER

4 The World Bank (1999) ’What is Social Capital', PovertyNet

5 Eve Parts, Interrelationships between Human and Social Capital: Implications for Economic Development in Transition Economies, University of Tartu, 2003

14 ’n Menslikekapitaal-ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap