13.02.2013 Views

Mormone Jehovah-getuies Ou/Nuwe ... - Kanaan Ministries

Mormone Jehovah-getuies Ou/Nuwe ... - Kanaan Ministries

Mormone Jehovah-getuies Ou/Nuwe ... - Kanaan Ministries

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

In antieke Indië, Iran, en op ander plekke, was die ‘ideologie’ van ‘n driedelige skeiding van

gemeenskap parallel met ‘n driedelige klassifikasie van die gode, prominent onder die

Ariane, toe later die Indiërs,

• het Mithra en Varuna onderskeidelik die regterlike en magiese aspekte van die

eerste funksie verteenwoordig, die provinsie van priesters.

• Die tweede funksie, die gevegsgees of mag, was die gebied van die krygers en

die god Indra,

• terwyl die derde funksie, dié van vrugbaarheid of groei, die boere en telers van

diere se saak was.

Soos ander ontdekte tekste bewys het, is die Hetitiese godehemel eintlik ontleen van (of

deur) die Horiete. ‘n Spesifieke verdrag was tussen die Hetitiese Koning Shuppilulima en

Mattiwaza, koning van die Horitiese koninkryk van Mitanni circa 1350 vC, maar is egter gelys

tussen die goddelike getuies “Mithra-ash, Uruwana, Indra, en die Nashatiyanu gode, die

presiese Mithra, Varuna, Indra en die Nasatya gode van die Hindu godehemel! Zecharia

Sitchin, “The Wars of Gods and Men”.

Zoroaster noem homself ‘n zaotar (Indiese ‘hotar’) in die Gatas (Yasna 33.6). Hy het ook

die ou poëtiese vorm behou, want die afmetings van sy Gathas is dieselfde as dié van die

Vedas. Hy het verder die begrip van asha, ‘waarheid’, die rta van Indië, verhoog, en woorde

gebruik in dieselfde verband as in die Vedas.

Zarathustra was die seun van ‘n priester van ‘n pastorale stam. As seun het hy baie

besorgdheid getoon teenoor andere en was diep geinteresseerd daarin om die waarheid van

godsdiens te vind. Teen die ouderdom van 30, of bietjie ouer, het hy ‘n beslissende

godsdienstige ervaring gehad waarin hy die engel Vohu Manah (letterlik “Goeie Gedagte’

– ‘n aspek of afgesant van God) teëgekom het. Die engel het hom in geestelike vorm

vervoer na die groot gees ‘Ahura Mazda’, die ‘Wyse Heer’ – van toe af Zarathustra se

benaming vir God.

Die god wie hy aangespreek het as Ahura Mazda, het verskeie eienskappe gehad – eties

en hemels, van die god van die lug Varuna, ‘n sentrale figuur van Vediese godsdiens ....

maar die inheemse godsdiens van die vroeë Iran het ook geglo in ‘n horde ander gode en

geeste – Mithra, Vay, Yima, die fravashi, ens.

Zarathustra het die gode geëwenaar met bose geeste, wat mense verlei het van die ware

aanbidding van die een Gees. Hy het dikwels vir Druj genoem, die “Leuen”, wat ‘n bose

mag was in stryd met Ahura Mazda. Die hoof bose gees in diens van Druj, was Angra

Mainyu.

Zoroaster se kosmologie was gebaseer op die begrip van ‘n stryd tussen goed en sleg.

Zoroaster het gesê dat hierdie stryd oor ‘n periode van 12 000 jaar, verdeel in vier

stadiums, sou plaasvind.

• Die eerste stadium het bloot bestaan uit ‘n geestelike sfeer, waartydens ‘n hoofgod

die fisiese heelal ontwerp het.

• Gedurende die tweede stadium, is die materiële heelal geskape, gevolg deur die

ingang van die hoofgod se teenstander tot in die nuwe heelal met die doel om

probleme te veroorsaak.

• Die derde stadium het bestaan uit ‘n stryd tussen die hoofgod en sy vyande oor die

lot van die baie siele wat die heelal sou beset.

• In die vierde en finale stadium, sou die hoofgod ‘n groep redders stuur wie

uiteindelik die vyand sou verslaan en redding sou bring aan alle geestelike wesens in

die heelal. Volgens Zoroaster se model, is die wêreld nou in die vierde stadium.

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!