13.02.2013 Views

Mormone Jehovah-getuies Ou/Nuwe ... - Kanaan Ministries

Mormone Jehovah-getuies Ou/Nuwe ... - Kanaan Ministries

Mormone Jehovah-getuies Ou/Nuwe ... - Kanaan Ministries

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Een geskiedkundige het gesê, “Die algehele Europese kontinent en Nuwe Wêreld sou

vandag Mithraïsties gewees het, as die Christendom nie tussenbeide gekom het nie.”

Ander geskiedkundiges het dit anders gestel: “Die Christendom het nie die Mithraïstiese

Heidendom oorwin nie. Mithraïsme het ingeskakel, en NAME VERANDER.”

Die doktrines, fees-datums, rituele, monderings en organisatoriese struktuur het feitlik niks

verander nie. Die godsdiens van Mithraïsme self, was die gevolg van ‘n samesmelting van

die astrologie van die Chaldeeuse priesters van Marduk (Baal), met die Indo-Iranese

priesters van Mithras.

Die songod Mithras, word genoem in die “heilige skrifte” van beide kultusse; die Avesta en

die Vedas. Die songod word in beide genoem “DIE HERE” . Die Hindu Krishna word

genoem DIE HERE – onthou die woorde in die lied, My Sweet Lord - deur George

Harrison waar vokaliste “hare Krishna” dreunsang, afgewissel met hallelu Yah? Die hele

tyd vermeng die lied hierdie konsepte onder die onpersoonlike, ongedefinieërde en vae titel,

“HERE”.

MITHRAïSTIESE DOKTRINE

1. Die middelpunt van die Mithraïstiese son-kultus was in Rome.

2. Die leier van die rituele diens is genoem pater, Latyns vir vader – oorgeneem deur

die priesterdom van Katolisisme (teen Mat. 23:9), en hulle het kruise as hangertjies

gedra, met swart kostuums met NEHRU krae, oorspronklik uit Indo-Iranese wortels.

3. Daar was ‘n Pater-Patratus oor die paters; ‘n papa, of pous.

4. Die hiërargie geïnisieërdes onder die pater, is genoem broers.

5. Slegs mans kon aan die kultus behoort.

6. Die kultus het ‘n Drie-eenheid gehad: Mithras, Rashnu, en Vohy Manah – 3

“persone”, maar slegs “een”.

7. Son-dag is geheilig tot eer van Mithras, die son, genoem Mithras Solis Invictus.

Vandaar ons gewilde naam vir die eerste dag van die week, Sondag.

Die gewoonte om op ‘n Son-dag te rus, kom direk na ons deur wat genoem word die

Blou Wette, eerste deur die Romeinse Ryk afgedwing, toe deur die westerse

tradisies tot in ons “Nuwe Wêreld”. Die edik is geïnisieër deur Konstantyn I, wat

amptenare, ambagsmanne of handelaars verbied het om enige werk te doen op die

Son-dag, om eer te gee aan die son, Mithras.

8. Daar was 5 vlakke binne die hiërargie.

9. Die 25e Desember is gevier as Mithras se Verjaardag, genoem ‘Natalis Invictus’,

die hergeboorte van die winterson, onoorwonne.

10. Geïnisieërdes moes ‘n rituele besprinkeling deurgaan, (begieting, onder ‘n bul, of

Taurus, wat keelafgesny is, en die geïnisieërde moes deurweek word. Die gebruik

van bloedige bulgevegte soos in Spanje dateer uit hierdie kultus. Die gebruik om

Christelike “dope” in die Lente uit te voer tydens Paastyd, sal ‘n groter betekenis kry

as die volgende inligting in ag geneem word).

11. Spesiale waarde is toegeskryf aan die morele deugde van godsdiens, egtheid,

reinheid en vrygewigheid.

12. Mithraïste sou die “paradys” binnegaan (‘n Persiese woord, ook genoem Eleusian

[Illusion?] Fields, Nirvana en ‘Nether World’) deur die Drie Stappe:

A. Die Goeie Gedagte

B. Die Goeie Woord

C. Die Goeie Daad

13. Die kultus het die goddelike reg van konings ondersteun (insluitende Keiseraanbidding)

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!