23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Craven en Dougie Dyers het besluit om die

eerste veelrassige Craven-week op Coetzenburg-stadion

in 1980 aan te bied.

“Dit is alles dinge wat uit Stellenbosch se

hoek uitgekom het. Wat ná die Frankryk-wedstryd

gebeur het was baie insiggewend,"

vertel Snyman met verwysing na

die 1977-wedstryd tussen Stellenbosch se

rugbyklub en Coronations op Coetzenburg.

“Dit was die eerste klubwedstryd wat oor

die kleurgrense gespeel is. Dit was als ’n

gevolg van die wedstryd teen Frankryk. Die

een ding op die ander het gevolg, maar jy

kon nie net als oopmaak nie, want die Wet

op Groepsgebiede en die Paswette het nog

bestaan.”

Die eerste veelrassige Craven-week het

sonder die toestemming van die minister

van sport plaasgevind. “Ons het dit gedoen

omdat ons geglo het dis die regte ding om

te doen en omdat sport so ’n geweldige by-

draende faktor tot nasiebou is. Die verskille

verval als die oomblik as jy aan sport deelneem,

want jy het ’n gemeenskaplike vyand

aan die ander kant. Die span is alles en dís

die sosiaal maatskaplike waarde van sport.

Die oomblik dat jy ’n span bymekaar sit wat

die gemeenskap verteenwoordig en daar is

sukses, dan is die hele gemeenskap deel

van daai span. Dis presies wat ons met die

Wêreldbeker gesien het.”

Snyman beklemtoon weer die bydrae wat

Noble gelewer het. “Hy was die hero-figuur.

Hy was ’n baanbreker. Dit is absoluut baanbrekerswerk

wat hy gedoen het. Dit is alles

dinge wat deur dok Craven georkestreer is

sodat die bewustheid daar was. Craven wou

voortgaan met die gemengde span, maar het

nie die politieke ondersteuning gehad nie. Hy

het aanmekaar in toe deure vasgeloop. Ons

het egter elke keer ’n nuwe tree gegee.

Dok Craven se visie was die Springbokke.

Die oomblik dat hy ’n Springbok van kleur

op die veld sit wat met sukses daar kan

opereer, wat John wel kon doen as die geleentheid

daar was, dan het hy ’n groot wig

geslaan in die apartheidsideologie.”

Noble vandag

Noble werk tans as ’n taxibestuurder, ’n

loopbaan wat hy al voorheen vir 16 jaar

gevolg het. Hy was afgetree toe hy gevra is

om weer uit te help. “Ek geniet my tydjie

met die taxi’s. Ek is bevoorreg dat my

gesondheid nog baie goed is.” Hy sê daar

was al gemeenskapslede wat vir hom gevra

het hoekom hy nie oorsee gebly het nie om

rugby te speel. “As ek dit gedoen het, was

ek vandag dalk ’n ander tipe mens. Ek het

my rugby baie geniet in Suid-Afrika.” Volgens

Noble is hy ook aan Suid-Afrika

herinner toe hy toegang tot ’n restaurant

geweier is tydens ’n aand uit in Australië.

“Dit het my ook laat besef die gras is nie

noodwendig groener aan die ander kant nie,

maar dit het nie my spel geaffekteer nie. Ek

was nie ’n politikus nie. Ek wou net rugby

speel.”

Hy skud egter sy kop in ontevredenheid oor

die rugby wat vandag gespeel word. “In my

tyd kon jy speel soos jy wou. Jy kon ’n ou

hoog vat. Dit was nie gevaarlik in daai tyd

nie. Ons het die spel geniet. Vandag het die

reëls so verander dat jy nie jou rugby kan

geniet nie. Ons kleurling-rugby sukkel. Daar

is nie spelers nie. Oorsee kan jy baie geld

verdien en dit speel ’n groot rol.”

NOBLE - ’n

Van sinoniem met rugby

Die vier Noble-broers se pa, George, het vir

hulle ’n rugby-erfenis in Stellenbosch met sy

spel vir Blakes-rugbyklub nagelaat. “Ons het

die talent by ons pa gekry,” volgens Noble.

Hy vertel trots sy broers was almal uitblinkers

en beklemtoon die rol wat Blakes-rugbyklub

in hul loopbane gespeel het. “Blakes was ons

bouspan. Dit was daar wat ons ons talente

ontwikkel het.”

Soos Noble het sy drie broers ook vir Coronations,

die Federasie en WP-liga gespeel.

“Christie was die eerste Noble wat vir WP uitgedraf

het. Toe hy vir Natal gekies is, het hy

werklik groot naam gemaak en hom uitgeleef.”

Voor dit het Christie en Aubrey ook saam in

Frankryk rugby gespeel.

Die volgende generasie Noble-seuns het ook

byna almal rugby gespeel, insluitend John se

seuns. Aubrey se twee seuns, Dusty en

Howard, het onder meer vir die nasionale

7’s-rugbyspan gespeel. Wêreldrugbybeker-wenner,

JP Pietersen, is die vier Noble-broers se

susterskind. “Dis ons bloed, ons familie en ons

trots. Ons is trots op die hoogtepunt wat JP

bereik het en dat hy geleenthede kon kry wat

ons nie kon kry nie.”

Noble woon in Cloetesville met sy vrou, Lilian.

Hy het vier seuns, Rodney, Morné, Gilroy en

John Jr. sowel as twee dogters Carlene en

Lindsey. Hy is ook ’n oupa van 12 kleinkinders

en het een agterkleinkind.

12 | Stellenbosch Magazine | July Issue

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!