23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die wyse waarop jy hardloop, hoe jy kompeteer

en hoe jy mense behandel.”

Dit is om dié rede dat I2B, wat fokus op

jeugontwikkeling deur afrigting en mentorskap,

deur die twee broers in 2010 begin is.

Fanie vertel dat daar baie uitdagings tydens

die COVID-19-inperkings was, maar hulle is

weer op dreef en sien uit na die projekte wat

voorlê.

“Ons beoog om ons twee bene, Action Sport

en Atletiek vir mense met gestremdhede, te

verbreed en geleentheid vir ’n afrigter - Erik

de Villiers, wat vir jare lank al ’n getroue vrywiliger

by ons is – te gee om ’n rugby- en

krieketprogram deur I2B by behoeftige skole

bekend te stel. Ons is ook besig met die uitbreiding

van die I2B Skate Park en wil dit so

inrig om ook daar ’n vaardigheidsontwikkelings

program aan te bied. Hierdie nuwe programme

kort egter heelwat finansiering om dit lewensvatbaar

te maak. Deur individuele sessies by

my te bespreek ondersteun ’n mens ook

indirek vir Inspired2become.”

Buiten die opwinding van hierdie projekte vind

Fanie ook bevrediging in elke ander aspek

van sy lewe saam met Jenny, sy lewensmaat.

Hulle het mekaar in 2009 ontmoet, maar dit

was eers later dat die vlam van liefde al hoe

helderder begin brand het. “Ek onthou dit

was net voor die atletiek-wêreldkampioenskap

waartydens Usain Bolt sou deelneem. Ek

en ’n vriend moes dringend iemand kry met

DSTV, want as koshuisbrakke het ons nie

daai luukshede gehad nie, en toe soek ons

iemand met ’n TV wat DSTV het.” Jenny

vertel verder: “Op daardie stadium het ek in

Stellenbosch by my ouers gebly. My vriendin

het by my oorgeslaap en sy was goeie pêlle

met sy vriend. So, dis hoe hulle by my huis

opgedaag het.”

“So, vriende van vriende,” sê Fanie. Jenny

glimlag. “Ja, vriende van vriende. So, toe

klop hulle daar aan en toe kyk ons maar

‘‘Die drie

Paralimpiese

Speles was die drie

hoogtepunte van

my loopbaan’’

die race en daai aand het Usain Bolt die

rekord gebreek wat nou nog staan. Vir hom

as atleet is dit dus baie spesiaal dat dit die

manier is hoe ons ontmoet het, maar daar

was toe nog geen vuurwerke tussen ons nie.

Ons het mekaar van tyd tot tyd raakgeloop

oor die jare heen en toe twee jaar terug het

gemeenskaplike vriende ons oorgenooi vir

’n pizza-aand en die res is, soos hulle sê,

geskiedenis.”

Soos baie weet, het Fanie en Jenny nie ’n

tradisionele troue gehad nie. Ook die aanloop

daartoe was vreemd, aangesien hulle apart

gebly het tydens Vlak 5-inperkings verlede

jaar. Jenny het by haar ouers gebly omdat

sy nog heeltyds moes werk, terwyl Fanie

vrywilligheidsdienste by Stellenbosch Unite

wou doen. “Dit sou moeilik vir my gewees

het om ook te help, hoewel ek graag wou,

maar dit was die besigste tyd in die jaar

by die werk. Daardie vyf weke het soos ’n

ewigheid gevoel,” sê Jenny maar verduidelik

dat hierdie tyd van skeiding nie tussen hulle

kon kom nie.

“Ons het “ge-Zoom” vir ten minste ’n uur

elke dag. So, aan die een kant het dit

eintlik ons verhouding baie verdiep. Ons het

ook ’n virtuele date gehad waar ons albei

netjies aangetrek het. Hy het vir my kos

bestel wat hulle by my kom aflewer het,

tesame met ’n geskenkie. So, toe sit ek

daar by my ouers se huis met mooi liggies

wat ek opgesit het en ek het mooi aangetrek

en aan sy kant het hy kos gemaak. Dit was

net te spesiaal.”

Fanie voeg by: “Ek dink ook dit was ’n

maak-of-breek-tyd waar jy weet dat dié tyd

gaan getuig van wat werklik aangaan in die

verhouding. Ek het nie die geskenk vooraf

gesien nie en met die aflewering moes hulle

sê wat hulle daar het, en toe is dit ’n goue

hartjie. So, vir Jenny is ’n goue hart amper

haar simbool van purity.”

50 | Stellenbosch Magazine | July Issue

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!